Anna se Kombuis

 
       
 

Kontakbesonderhede:   anna@minimax.cc  . of 0822946799

 
       
 

My vriendin, Anna Eksteen het 'n nuwe reeks besonderse eResepteboeke saamgestel.............

Hou in gedagte dat al die eBoeke in Word formaat is en per ePos uitgestuur word.  

Bestellings van oorsee is welkom en kan per Paypal betaal word.

Hier is kortliks hoe dit werk: 

Elkeen van die onderstaande samestellings bevat ongeveer 100 of bietjie meer resepte.
Elke samestelling se prys is R30 elk.
Ongelukkig is die minimum 2 boeke per bestelling.
Dit is nie vir haar die moeite werd om 1 @R30 te verkoop nie.

MAAR
. indien die koper meer as 4 boeke neem verlaag die prys na R25 per samestelling.

Tot Kersfees kry elke koper 'n gratis Kersfeesresepteboek!

Al wat jy nou hoef te doen is om vir jou 'n paar resepteboeke uit te soek en om vir my te laat weet watter jy in belangstel. Ek stuur hulle dan aan jou per epos tesame met betalingsbesonderhede, so maklik soos dit! Al die onderstaande boeke is onmiddelik beskikbaar!
My eposadres:
anna@minimax.cc

1.AFSKEEP KOS

Stampmielies, mielierys, mieliemeel, koeskoes, koring, gort.

2. BEESVLEIS VERRASSINGS

Allerhande lekker beesvleis geregte, insluitende “steak”

3. BREDIES EN KASSEROLGEREGTE

Maw. Stews en oondstowe geregte

4. BYKOSSE

Alles en nog wat om by etes te bedien o.a souffles

5. DRIE RRR’e

Rys, Risotto en Roerbraai geregte

6. EENBAK/EENPOT

Alle eenbak etes, hetsy oondgebak of bo-op die stoof in ‘n pan

7. ELKE DAG AARTAPPELS

Elke dag ‘n ander aartappeldis.

8. GROENTE RONDOMTALIE1

Aspersies, Broccoli, Ertjies, Groenboontjies, Blomkool, Knoffel Wortels, Preie en Patty Pans

9. GROENTE RONDOMTALIE2

Beet, Botterskorsie, Patats, Murgpampoentjies, Brusselse spruitjies, Avokado(eintlik ‘n vrug), Komkommer, Pampoen en gemengde groente.

10.GROENTE RONDOMTALIE3

Sampioene, Skorsies, Spinasie, Eiervrug, Kool, Mielies, Tamaties(eintlik ‘n vrug), Selderye en Soetrissies, Uie en een en ander onbekendes.

11.GROOT KOEKE TE KIES EN TE KEUR

Allerhande soorte en smake

12.HERINNERING AAN OUMA SE SPENS

Konfyte en piekels en ‘n paar ander verrassings.

13.KOEKBLIKKE VOL KLEINKOEKIES

Die naam sê dit als

14.KONINGSKOS

Beesstert, Skenkels, skaapnek, Beesnek

15.KOS UIT DIE SEE

Jy kan jouself indink- Garnale, calamari, mossels, koningklip en baie meer.

16.MENGELMOES

Alles wat nie iewers ingepas het nie, insluitend kaas en eier geregte.

17.OTTERTJIE OT

Allerhande lekker varkvleis geregte, insluitende ribbetjies en vele meer.”

18.PEULGROENTE

Ideal vir die vegetariers. Bone, lensies, spruitjies ens.

19.RUIK DIE GEUR VAN SPESERYE

Kerries en brandkos – Geure van die Ooste en nog meer.

20.SKAAP EN LAM TREFFERS

Allerhande lekker skaap en lamsvleis geregte.

21.SOET SOETER SOETSTE

Soet terte en kaaskoeke

22.SONDAG SE VLEIS

Duurder vleissnitte, soos skaapboud, tong, skof en “roasts”

23.SOUTTERTE EN QUICHE

Die naam sê als

24.TEETYD TREFFERS

Verskeidenheid muffins, skons en poffertjies.

25.VIR DIE SOETTAND

Lekkernye en allerhande soetgoed soos malvalekkers, noga, fudge en baie meer

26.VIS EN VLEIS UIT’N BLIK

Tuna, salm, makriel, sardiens, slakke en ander

27.WEESKINDERS

Lewer, afval, niertjies, hoenderlewertjies en een of twee ander

28.WORS EN WORSIES

Boerewors, frankfurthers, Russians, varkworsies en allerhande ander wat lyk soos wors.

Hieronder is van Anna se meer bekende eBoeke. Hierdie boeke bevat almal ongeveer 200 of bietjie meer resepte.

MAMMA MIA – LEKKER PASTA R70

Pasta is wonderkos: Dis baie gerieflik, goedkoop, altyd beskikbaar, vinnig gaar en lekker saam met enigiets. En die beste van alles, as jy pasta met die regte bestanddele meng, kry jy ’n voedsame gereg propvol energie. Hier is ’n verskeidenheid watertand-maaltye waarvan die meeste sommer tjop-tjop gemaak kan word – en só meer rusbanktyd vir die kok verseker! Sommige bekend, ander ‘n avontuur om iets nuuts op te tower.

SMULGEREGTE OPGETOWER UIT MAALVLEIS R70

Maalvleis is een van dié mees veelsydigste kossoorte. Selfs die mees onervare kok kan iets daarmee uitrig. Met 'n bietjie verbeelding en moeite kan 'n mens sommer smullekker geregte hiervan voorberei. Hierdie is ‘n samestelling van die sulke resepte. Die meeste van die geregte word 1-2-3 voorberei ander met bietjie meer moeite. Maalvleis bly ’n staatmaker, want jy kan dit op soveel maniere voorsit. Jy kan kerrie, frikkadelle of moesaka daarmee maak of dit by rys inroer vir ’n vinnige eenpotgereg.

HOENDER VIR ELKE DAG SE EET R70

Hoera vir hartlike, vullende hoendergeregte! In hierdie samestelling is daar vele maniere hoe om KIEP-KOS perfek gaar te maak en op splinternuwe maniere voor te sit. Moeg vir altyd dieselfde ou hoendergeregte? Beproef dan van hierdie opwindende nuwe maniere om dié klassieke gunsteling voor te sit, en is dit tyd om nuwe dinge te beproef.

RECIPES FOR VEGETARIANS R70

As jy besluit het om te leef met 'n groentekebab in plaas van 'n Karoo-tjoppie op die rooster, of ewig tevrede wees met 'n muesli-ontbyt, terwyl die res van jou gesin hulle aan spek-en eiers verlustig.Dié tipe leefwyse kan baie gesond wees, mits die voedselprodukte wat uitgeskakel word, met 'n plaasvervanger vervang word, en dus is hierdie boek dan vir jou, aangesien dit bondige samestelling is van Vegetariese disse. Beskikbaar in Engels.

ALWEER OP DIEET? R80

Hierdie is egter 'n boek met 'n verskil. Dit is nie 'n dieetboek nie. Dit is 'n boek oor GESONDE KOS en alles wat gepaard gaan met 'n gesonde eetpatroon. Hierdie boek bevat resepte en eetgoed wat goed is vir jou en jou gesondheid. Van die bestanddele word uiteengesit en word daar vir jou vertel hoekom dit noodsaaklik is dat jy dit moet inneem om gesond te kan lewe.Om 'n voorbeeld te noem: Watter voordele hou  roosmaryn, knoffel, neute en sade in vir jou gesondheid as jy dit in jou resepte gebruik? Die boek bevat baie resepte oor vars slaaie, groentes, varkvleis, visgeregte, pasta geregte, ligte etes ens. ens. 

EET JOU GROENTE R70

Word in dieselfde formaat as al my ander boeke aangebied. Dit is presies wat die titel sê.  'n Boek oor groente. Groente van A-Z. Verskillende maniere van groente voorberei. Kom ons erken dit nou maar. Groente is groente is groente en veral kinders dink die meeste van tyd JUGGGH.Miskien sing hulle en selfs jy 'n ander deuntjie as jy moontlik die kool, pampoen, brusselse spruitjies op 'n ander manier as die gewone voor te berei.  

PA SE BOEK (Soos beskryf in artikel in Rapport )R100

Hierdie baie spesiale boek bestaan uit heerlike BRAAIVLEIS, POTJIEKOS, WILDSVLEIS en “COCKTAILS” resepte en sommer net allerhande lekker sêgoed, grappies en interessanthede. Hierdie boek is opgedra aan alle mans wat 'n spesiale plek in iemand se hart besit. Dit was oorspronklik saamgestel vir Vadersdag 2006, maar het nog nie ophou belangstelling lok nie, en neem nog steeds toe in gewildheid. ‘n Ideale geskenk.

ONTHOU JY NOG? (Soos beskryf in artikel in Rapport )R100

Hierdie boek is propvol resepte uit ons kinderjare.Onthou jy nog? Hertzogkoekies, mosbolletjies, gemmerbier, repelsteeltjies? ens ens.Ek glo dat as jy deur hierdie boek begin blaai, die meeste resepte jou ‘n “TRIP DOWN MEMORY LANE” sal gee.

110 SPYSKAARTE VIR DIE WERKENDE VROU R80

Na baie navrae het ‘n boek saamgestel vir die werkende vrou wat saans nie ure voor die kospotte wil staan na ‘n dag se werk nie.  Die geregte is beplan vir Maandae tot Vrydae.Naweke verander ‘n mens se roetine as in die week en spyskaarte vir Sondag etes, ens is nie hierby ingesluit nie.  Hierdie boek bevat die volgende:

‘n Uitgewerkte spyskaart, met volledige resepte wat betrekking het tot die spyskaart.
‘n Lys van bestanddele wat daagliks benodig word vir die spesifieke dag se geregte.
‘n Verskillende toebroodjie vulsel elke dag. + Ekstra's !
 

MAKING DIABETIC COOKING EASY R60

'n Diabetiese boek in Engels wat bestaan uit 175 resepte.  Resepte dui voedingstabelle aan, bv. vesel, proteine ens. Wye verskeidenheid van onderwerpe vanaf peuselhappies tot poedings.  Alhoewel die boek in Engels is, is dit maklik verstaanbaar.