DEEL 1 van ANKERS EN SEILE vir FAMILIES

 
     
 
n Seilboot het n anker vir veilighed en seile om dit voort te dryf. Dit is n feit dat as n seilboot se seile sterk is, dit selfs tn die wind kan seil. Die anker hou dit veilig as die stormwinde dreig om dit te verwoes.
Wie weet watter woeste water jou gesin, en veral jou kinders, in 2009 sal ervaar? Hierdie uitdagings wat jou kind moet trotseer, gee jou n kans om hom/haar te bemagtig met vaardighede en ook om n bondgenootskap met hom/haar te vorm.
Vandag wil ek jou graag herinner aan die volgende waardes wat jou kinders kan help en inspireer. Ek noem hulle die ankers van gesinne. Dit is betroubaarheid, konsekwentheid en sagtheid.
Om sekere waardes deel te maak van jou kind se karaktereinskappe moet dit konsekwent toegepas word.
Dit bied n soort voorspelbaarheid en gevoel van veiligheid vir kinders. Waardes kan jou gesin help om n eie identiteit te h deur mekaar gereeld te herinner dat ander gesinne is dalk openlik oneerlik, geniepsig, skinder of vloek maar in ONS gesin doen ons dit nie.
Ons verkies om dit anders te doen.
Gesinstradisies wat gereeld en konsekwent toegepas word skep n samehorigheidsgevoel. Verjaarsdae, Kersfees of selfs die einde van die eksamens kan so gevier word. Dit kan in die vorm wees van n gesinsspeletjie, spesifieke manier om vakansies deur te bring, stories lees of vertel teen bedtyd of ietsie kleins soos n roomys. n Vriendin van my noem hierdie soort aktiwiteite die gom van gesinne.
Deel van konsekwentheid is betroubaarheid. Die Bybel s laat jou ja jou ja wees en jou nee jou nee. Ek vermoed n makliker manier om dit te verstaan is om te s dat n ouer sy beloftes moet hou. Vermy dus om te vinnig beloftes te maak, jy mag dalk jou kind teleurstel of in die steek laat as jy nie die belofte kan nakom nie. En wanneer jy wel n belofte maak moet jy jou uiterse bes doen om dit na te kom. Betroubaarheid gee aan jou (en jou kind) n reputasie van geloofwaardigheid.
Sagtheid is soos n koelte boom op n warm dag. Dit behoort van mas en pas te kom. Dit kan ietsie kleins soos oogkontak en n glimlag wees wanneer jy hom/haar by die skool optel. Dit kan n drukkie of n sagte aanraking wees wanneer julle langs mekaar staan. Dit kan n rugkielie of in-die-bed-invou wees. Of dit kan beteken dat wanneer jy hom n vraag vra, jy stil wag vir die antwoord. Sagtheid is veral belangrik wanneer jy jou kind dissiplineer of betig. As jy jou kind wil laat skrik, skree op hom. Maar as jy verandering wil teweegbring of seker maak hy luister mooi, dan moet jy sagter praat. Sagter en stadiger.
As jy ook n Groot Navigator het wat duidelike en betroubare riglyne gee, sal dit baie verligting aan jou en jou gesin verleen. Dan het jy n Bron om jou te lei en te onderskraag.
Slegs dan kan jy die hawe wees waar jou kind glo sy is veilig maak nie saak watter storm dreig nie.