Volwasse ADD ADHD |
||
Ons ken hulle: die warrelwind tipe of die persoon wat selde iets klaar maak wat hulle begin, die mense wie se lewens of werk of gedagtes ongeorganiseerd is en diegene wat kronies take uitstel. Miskien is jy selfs een van die “tipes”! Ons dink gewoonlik aan Aandag Afleibaarheid Sindroom (AAS) as iets wat met kinders te doene het, maar die waarheid is dat ‘n groot persentasie mense - tussen 30 en 70 persent – daaraan ly as volwassenes. Vir ‘n volwassene om as ‘n lyer van Aandag Afleibaarheid gediagnoseer te word moet die simptome reeds tydens die kinderjare begin het en deurlopend tot in volwassenheid aanwesig wees. Moontlike simptome is byvoorbeeld rusteloosheid, impulsiwiteit en fokus afleibaarheid wees. Die lewens geskiedenis van die persoon sal geneem word en inligting sal van ‘n familielid, kollega of vriend verlang word. Die sielkundige sal ook seker maak of daar enige ander ongediagnoseerde klagtes is (byvoorbeeld leerstoornisse, angs, of gemoedstoornisse wat gewoonlik saam met AAS persenteer). Die diagnostiese proses sal gewoonlik ‘n mediese ondersoek asook sielkundige assessering insluit. Volwassenes wat gediagnoseer word met AAS ervaar gewoonlik ‘n gevoel van verliging omdat hulle skielik sin kan maak van die simptome wat al vir so lank hulle en hulle families se lewens negatief beinvloed. Dit kan hulle help om skuldgevoelens en ‘n lae selfbeeld te begin omswaai. Dit help ook hulle families omdat dit klarigheid gee aan die onverklaarbare gedrag. Om hierdie groeiproses aan te help kan die persoon begin met psigoterapie. Medikasie help baie om die simptome van AAS te beheer, maar lyers kan ook baat by psigoterapie en die versameling van inligting. Om meer van die sindroom te weet, bemagtig lyers en hulle families. Gesamentlik kan tegnieke en nuwe lewensstylle aangeleer word wat die negatiewe simptome van ASS kan teëwerk. STRATEGIEE VIR VOLWASSE LYERS VAN AAS Natuur - Wees aktief ‘n paar keer per dag (minimum van 4 keer per week teen ‘n hartklop ritme van 80-90%, 45-60 minute) - Omegas 3, 6, 9 twee keer per dag. - Verminder koolhidraat inname en vermeerder proteiene met lensies, groente en eierwit. - Vermy nikotien, alkohol en kaffeine. Leefstyl - Lewensafrigting is belangrik om uitstel en ongeorganiseerdheid te verminder. - Slaap gemiddeld 8 uur per nag. - Menslike kontak is belangrik. Drukkies help - Moenie probeer redekawel as hulle honger of moeg is nie. Rus en eet voor jy konflik aanpak. - AAS lyers het lae selfbeelde en voel gereeld alleen. Laat weet hulle dikwels hulle is geliefd. - Meditasie, gebed of joga vermeerder die nodige neuro-oordragstowwe. Volgende keer sluit ons hierdie tema af met spesifieke strategiee vir ‘n gladder lewe-wat ook mense sonder ASS sal help. Tot dan, seënwense van hart tot hart. |
||