Seksuele mishandeling

 
     
 
7
de Laan is een van Suid-Afrika se gewildste televisie sepies. Ons word hier deel van die lief en leed van die mense wat in 7de Laan, rens in Johannesburg, woon . Onlangs het een van die karakters, Christelle, baie vreemd begin optree. Sy het nagvrese gehad dat iemand haar wil kwaad aandoen-sy het selfs haar ma aangeval. Sy was verward en onseker van waar werklikheid en delusies aanmekaar vloei-sy het amper n tweed persoonlikheid ontwikkel. Die geluid van n ou man wat hoes het haar in n bondel angs en haat laat verander. Geleidelik het kykers agterkom dat Christelle besig was om terugflitse te ervaar van die tyd as klein dogtertjie toe haar oupa haar seksuele gemolesteer het-en dat sy vermoed het dat haar ma deurentyd bewus was van die vreeslike ding wat met haar gebeur.
Navorsing toon dat slegs 2 uit elke 10 seksuele wandade met kinders ooit bespeur word. Alhoewel statistiek toon dat die misbruik meestal vanaf n manlike oortreder teenoor n vroulike slagoffer plaasvind, dit ook waar is dat seuns baie meer seksueel gemolesteer word as wat ons vermoed. Kinders sal selde oor die wandade praat omdat hulle te jonk is om dit te verwoord, bang is vir dreigemente of omdat hulle self skuldig voel. Ongelukkige is dit ook waar dat kinders die aaklige geheim vir hulle self hou omdat hulle iemand probeer vertel het, maar dat hulle nie geglo is nie.
Suid-Afrikaanse wetgewing verplig mediese personeel, sielkundiges, maatskaplike werkers en onderwysers om enige mishandeling teenoor kinders te rapporteer as hulle dit enigsinds vermoed. Enige landsburger wat n vermoede het dat n kind seksueel, emosioneel of fisiese mishandel word moet dit aan die polisie of maatskaplike werke rapporteer. Moenie redeneer dat dit tog niks sal help nie; ons moet die geweldenaars laat weet dat dit verkeerd is en dat die samelewing dit nie sal duld nie.
Die volle waarheid is dat ons nie slegs ons seuns en dogters moet beskerm en weerbaar maak teen seksuele misdrywe nie, maar dat dit amper belangriker is om ons seuns te leer en te lei hoe om vroue te respekteer en hulle eie seksualiteit positief te bestuur. Ons moet hard en baie praat oor mishandeling, die tekens en die negatiewe impak wat dit het in die samelewing. Landsburger moet bewus wees van hulle plig om te beskerm, te rapporteer en deur hulle eie mishandeling te werk. Dit is die enigste manier hoe die samelewing die geweldadige sirkel kan breek.
Liewe Leser, as jy n slagoffer van seksuele of enige ander mishandeling was-kry hulp by maatskaplike werk, kerke, FAMSA of n sielkundige. Moenie toelaat dat die sonde van ander jou potensiaal en vreugde bind nie.
Daar is hulp vir slagoffers van mishandeling en daar is hoop vir diegene wat die vernedering deur gemaak het-verander jou toekoms en reik uit na die hand wat jou wil ophelp.
Alhoewel die lit-teken altyd sal bly, sal die pyn verwater sodat jy vry van woede en wrokkigheid jou toekoms tegemoet kan stap.
Senwense van my hart aan joune.