10 redes |
||
Ek het baie terugvoer van lesers ontvang op die vorige skrywe, getiteld Groei nader aan die Liefde, waar ek gedagtes gedeel het hoe om ‘n verhouding te versorg en versterk oor tyd. Vandag wil ek ‘n betwisbare stelling maak: Meeste paartjies betree ‘n egskeiding te gou. In der waarheid glo ek dat daar ‘n verpligte twee jaar tydperk van verwydering behoort te wees voordat ‘n huwelik ontbind kan word. Neem asseblief kennis dat die volgende stellings veralgemenings is, wat ek op grond van my professionele werk met kinders wat geraak word deur egskeidings, maak. Elke eggenoot behoort binne ‘n verhouding steeds grense te hê om sy/haar self respek en dit na aan die hart, te beskerm. Ongelukkig dwing eerlike lewensstyl en selfbehoud mens soms om weg te stap van ‘n verhouding. Geen eggenoot behoort toe te laat dat hy/sy of hulle geliefdes blootgestel word aan gedurige geweldadige en afbrekende gedrag of woorde nie. Maar voor iemand hulself in ‘n egskeiding begewe behoort hulle die volgende te weet en te oorweeg: Albei eggenote is gewoonlik finansieël slegter daaraan toe na ‘n egskeiding. Die geldelike druk dwing geskeides dan om onvanpaste lewensmaats te kies. Die lewenskwaliteit van beide eggenote, en die kinders is gewoonlik laer na ‘n egskeiding. Die konflik wat gewoonlik voor die egskeiding plaasvind, gaan aan tydens en vererger soms selfs, na die egskeiding. Dan word kinders as emosionele afpersing gebruik in die geveg van “myne en joune”. ‘n 11-jarige kind vertel verlede week aan my: “dis asof my pa en ma mekaar met klippe bestook, maar ek is die een wat hulle in die middel raakgooi’. Statistiek toon dat meer tweede huwelike misluk as eerste huwelike. Jy kan natuurlik kies om in ‘n saambly-verhouding te wees, maar jy sal saamstem daar is self nog minder sekuriteit in so verhouding is. Die reëlings om kinders by die ander ouer te kry en die gedeelde verantwoordelikheid is ‘n nagmerrie. Dit is ‘n mynveld van verbreekte beloftes, misverstande, verlore items en wroeging van die eks en die kinders. Ouers en kinders dra gewoonlik letsels lewenslank na ‘n egskeiding. Selfs grootouers, die uitgebreide familie, vriende en selfs troeteldiere voel die stertk, negatiewe gevolge van ‘n egskeiding. Egskeidings is deesdae so algemeen dat dit maklik is vir paartjies om weg te skram van die harde en moeilike werk om ‘n huwelik te probeer red. En daarom gee hulle dan moed op tydens die stadium wanneer hulle emosionele reserwes juis so laag is. Nie die ideale gemoedstoestand om groot besluite te neem nie. Ek betoog nie dat ‘n mens nooit moet skei nie, ek pleit slegs dat paartjies alles in hulle vermoë moet doen om die verhouding te herstel en liefs ‘n lang verwyderingstydperk, by voorbeeld twee jaar, sal hê voordat hulle die huwelik tot niet verklaar -want soms vernietig mens iets wat jy nooit weer sal vind nie. Egskeiding verander alles in ‘n mens se lewe en meestal verloor mens meer as wat jy voorsien het. Met respek van my hart na joune. |
||