Kies jou reaksie

 
     
 
Ek en ‘n kliënt sit gister en reflekteer oor die hoeveelheid emosionele groei en onafhanklikheid wat sy oor die afgelope jaar ervaar het sedert ons sessies begin het-en sy sę huiwerig:100%?
En jy weet wat - sy is reg – sy het gegroei van ‘n oorgewig, rokende, finansiële skuld belaaide en oor-emosionele alleenloper tot ‘n fikser, rookvrye, skuld-vrye jong vrou wat in ‘n verhouding met ‘n ondersteunende jongkęrel is. En in alle eerlikheid was ek net ‘n saamloper op hierdie pad; sy het die moeilike werk self gedoen.
Kom ek verduidelik die stappe wat sy geneem het. Eerstens het sy ‘n lys van al haar skuld gemaak en ‘n doelwit met mylpale tussenin gestel om binne ‘n jaar skuldvry te wees. Sy het haar kredietkaarte opgesny, haar bankbestuurder gevra om haar skulde direk van haar bankrekening te verhaal in paaiemente nog voor sy haar hande daarop kon lę. Hierdie doelwit het sy het sy afgehandel binne 9 maande en sy was so geďnspireerd deur haar sukses dat toe sy begin stap het in die middae, het sy ‘n vriendin saamgenooi en later het sy Pilates begin doen in die privaatheid van haar woonstel. Hier het sy die selfdissipline aangeleer om stadigaan terug te sny op nikotien en ek het haar gehelp met plaasvervangende positiewe gewoontes in plek van al die negatiewes wat met die rook saam gegaan het. Sy het binne 4 maande sigarette se houvas op haar verslaan. Sy het die krag van haar entoesiasme, selfdissipline en positiewe houding ontdek, ten spyte van die trauma van haar pa se selfmoord toe sy 9 was en haar ma se oormatige afhanklikheid van haar. Sy het haar kerk se jeugsessies begin bywoon en ‘n getroue vriendekring opgebou. En kortvoorlank het sy ‘n kęrel ontmoet wat haar vreugdes van die buitelug gedeel het …
Dit is nie ‘n Mills en Boon storie of ‘n outydse feeverhaal nie-dit is die ware verhaal van my kliënt. Hoe het sy dit reggekry? Deur gedurig haar gedagtes en aksies te bestuur deur twee tegnieke: haar selfgesprek te bestuur en om teenoor omstandighede met nadenke te reageer (“respond”) eerder as om slegs daarop te reageer (“react”) (of selfs te oorreageer).
Ek het al baie gesels oor hierdie basiese beginsel van emosionele intelligensie: reageer met nadenke (“respond”) eerder as net reageer (“react”). Al wat dit vra is om ‘n paar sekondes te dink oor wat gebeur nou in myself, die situasie, die ander mense teenwoordig, die moontlike konsekwensies van jou aksie en die aksie wat nodig is. Dit te oorweeg en DAN eers op te tree. Dit kan jou help om slegte besluite, negatiewe woorde en dade te keer; dit help jou om die situasie te beheer deur jouself te beheer. Dit sal jou help om op te hou tydmors, uit te stel, verskonings te soek-in kort: dit help jou om jou oog te hou op jou doelwit-wat dit ook al is.
Volgende keer verduidelik ek die ander kragtige tegniek: hoe om jou selfgesprek (“self-talk”) te bestuur.
Mag jy die beste week tot nog toe hę, van my hart aan joune.