Lag jouself gesonder |
||
Stres is die reaksie van 'n persoon op sy aanname dat ‘n spesifieke situasie bedreigend is vir sy/haar fisiese, emosionele of persoonlike veiligheid. Dit is ‘n hoogs persoonlike aanname van bedreiging-werklik of onwerklik. Wanneer ‘n persoon stres ervaar skei die brein ‘n oorvloed van adrenalien en hormone af, veral kortisol, wat die normale liggaamlike funksionering tydelik verhinder. Op die lange duur ondergaan organe en die brein strukturele beskadiging as gevolg van hierdie chemiese stowwe-veral geheue en kognitiewe vaardighede word beperk. Wat kan jy doen om jouself en jou kind te beskerm teen hierdie negatiewe impak? Medikasie kan help gedurende ‘n intense moeilike tyd, maar dit behoort die laaste keuse van ondersteuning te wees. Daar is natuurlike en selfs prettige maniere om weerstand te bied teen die dodelike gevolge van stres. Die eerste vraag is om jouself te vra is: Is hierdie ding wat my bang maak rerig of oordryf ek? As die bedreiging eg is, is die volgende stap om dit te hanteer, om dit onskadelik te stel of om maniere te kry om dit gemakliker te hanteer. Ons kan onsself beskerm teen die kaping van stres. Byvoorbeeld: wanneer Immunoglobulin A (IgA) in die brein vrygestel word beskerm dit die liggaam teen bakterie en viruses. Vyf minute van die herroeping van ‘n situasie wat mens briesend van woede gemaak het onderdruk IgA vir ses ure. MAAR, vyf minute van ‘n vertroetelende omgee of ‘n gelukkige oomblik verhoog IgA vir ses ure in die liggaam. Let wel: mens hoef nie eers die versorging te ontvang nie, selfs al voel mens net die omgee-of dit van ‘n troeteldier of vriend of vreemdeling af kom-kan dit jou gesonder maak. Lag kan die beste medisyne wees. Die fisiologiese studie van lag het selfs sy eie naam…: “gelotogie”. Lag en glimlag se invloed op die menslike senuweestelsel en die res van die liggaam is nog nie heeltemaal uitgepluis nie. ‘n Nuwe studie veld genaamd neuro-immunologie bestudeer die interaksie tussen die brein en die immuunstelsel. Dit is ‘n wisselwerking wat die metodiek en tegnieke van sielkunde, neurowetenskap en immunologie saambind. Psigoneuro-immunologie se fokus is gewoonlik hoe stres die senustelsel beinvloed en siekt-toestande veroorsaak. Studies toon dat lag die outonome senustelsel, stres hormone en neuro oordragstowwe beinvloed. Byvoorbeeld, 60 minute van die kyk van ‘n snaakse fliek wys die verlaging van drie beskadigende brein chemiese stowwe, insluitend kortisol. Oefening is nog ‘n goedkoop, natuurlike manier om jou immuniteit, energie vlakke en positiwiteit te versterk. Dit kan enige oefeninge insluit van seks tot tuinmaak. Dit is beter as dit so bietjie inspanning verg-die brein en liggaam word dan oorspoel met positiewe energie vir die brein, liggaam en verstand. Voor jy ingee aan negatiwiteit, self verwyt, woede, angs en moedeloosheid: vra-“Is hierdie bedreiging werklik of oordryf ek?” Begin dan om die vrees te verwerk. Hou jou energie vlakke hoog en sterk deur positiewe gedagtes en aktiwiteite te beoefen, lag en oefen-dit kan jou gesonder en gelukkiger hou-en langer laat lewe! Vreudevolle gedagtes gaan uit van my na jou. |
||