Gedrag

 
 
Hierdie artikel is vir al die lesers - dit is vir Jeanette, Susan, Petrus en al die ander grootouers, ouers en onderswysers wie hulle lewens met my deel via die internet. Spesiaal vir jou. Die volgende waarhede sal op hou lewensmaat en jou baas ook werk!
“Poefiekop!" Dit is wat Michael, 5 jaar oud, my genoem het tydens my eerste sessie met hom en sy ma. Gefrustreerd, omdat hy nie in ‘n sielkundige se kantoor wou wees nie, het hy sy misnoeë op die enigste manier getoon wat hy van weet.. Alhoewel ek bly was om die gedrag in my kantoor te sien wat tuis probleme skep, was sy ma skaam en het hom betig. In ons derde sessie het Michael weer kwaad geword, maar in plaas om my name te noem, het hy my vies aangegluur, toe skielik weggedraai en na die muur gekyk. Sy ma was ontsteld. “Ek weet hy dryf jou die mure uit,” het ek aan Mamma gesê, “maar hierdie gedrag is die kinder weergawe van self-toegediende afkoeltyd (time-out). Eintlik is dit meer aanvaarbaar as skelname.”
Babatreetjies om jou kind te help
Kinders en tieners met leerhindernisse, en veral die met AD/HD, het meestal gedragprobleme te same met hulle leer-en aandagstoornisse. Gevolglik word die meerderheid groot met die idee dat die wêreld maar hulle ongeskikte gedrag sal aanvaar. Ons pogings om hulle te help om meer aanvaarbare gedrag te kies word deur twee foute gekelder: eerstens beloon ons nie die klein verbeteringe wat hulle wel in in slaag nie, en tweedens leer ons hulle nie watter gedrag wel aanvaarbaar is nie, maar straf ons eerder net die onaanvaarbaar gedrag.
Wanneer ‘n kind sy Wiskunde druip, verwag ons nie hy moet sommer in die volgende toets ‘n A-simbool kry nie. Ons weet dit is billik om eers ‘n D-simbool te verwag – ‘n geleidelike beweging in die regte rigting is aanvaarbaar. Maar met swak gedrag verwag ons dat kinders dadelik ‘n 100% verbetering moet toon. Hierdie onrealistiese verwagtinge sorg dat ons baie keer die klein verbeteringe nie prys nie, maar liewer hulle onvermoë kritiseer-‘n sekere resep tot slegter gedrag. Kinders moet spesifiek weet wat ons van hulle verwag. Die maklikste manier om by die aanvaarbare gedrag uit te kom is om die kleinste beweging in die rigting van die verwagte gedrag, raak te sien en te prys .
Baie ouers haat die nors manier waarop hulle tieners soms met mense praat. “Hoe kry ek hom om mense in die oë te kyk en met respek te praat?” vra ouers. In plaas om jou tiener te beveel om “nie so met my te praat nie”, wag vir die oomblik wat hy wel na jou kyk en met respek praat en sê dan, “Ek hou van hoe jy nou met praat, dit maak dat ek makliker na jou luister. Dit sal lekker wees as jy meer gereeld so met my praat.” Selfs al praat hy op daardie oomblik oor rekenaarspeletjies of rugby, is hy duidelik dan minder aggressief en verdedigend-hy sal beter kan verstaan hoe dit is om aanvaarbaar met mense te kommunikeer, sodat hy later die gedrag kan herhaal.
Om een keer goeie gedrag raak te sien en aan te prys, sal nie jou kind se gedrag verander nie. Onthou, kinders gaan nie van F na A-simbole in ‘n paar dae nie. Maar dit gebeur deur deursettingsvermoë, aanmoediging en na gelang van tyd. Jy sal oor ‘n tydperk die aanvaarbare gedrag moet raaksien. Jy kan dit aanprys ; selfs net deur te luister en positief te reageer; deur ‘n oogknip of aanraking kan jy erkenning gee aan die aanvaarbare gedrag en dit sodoende versterk.
Klein verandering raak later groot verbeteringe
Alhoewel beter gedrag nie gou plaasvind nie, vertraag ons soms die verbetering deur nie die klein veranderinge in die regte rigting, raak te sien nie. Deur geleidelike verandering te verwag, verbeter ons die kanse dat ons kinders die verwagte gedrag suksesvol baas sal raak.
Laastens, ek is al erger name as “poefiekop” genoem!.
Met warmte van my na jou.