Die 7 lesse van die houtkappers

 
     
 
Eendag was daar 2 houtkappers wat langs mekaar gewoon het. Elke dag het albei in die woud gaan bome afkap en dan verkoop.
Pieter het baie hard gewerk. Hy voor sonsopkoms al woud toe gestap en sommer sy kos ingepak. Hy het dan vir ses ure sonder ophou gewerk.
Hy het dan ‘n kort etensuur gehad en dan weer aanhou werk tot sonsonderg.
Paul , aan die ander kant, het baie later as Pieter begin werk, hy het baie keer gerus, ‘n goeie etensuur gehou en sommer bietjie skuins gelę ook. Hy was ook al teen sonsonder terug by die huis.
Maar tog het Paul gewoonlik meer bome afgekap as die ewigdurende werkende Pieter. Paul het minder ure as hy gewerk, meer ruskanse benut en ook nie hulp gehad nie. HOE het PAUL dit reggekry ?
Eendag roep Pieter na Paul:”Hei, Paul-hoe doen jy dit? Jy werk korter ure as ek en jy maak voor my klaar. Jy neem ruskanse en tog kap jy meer bome af as ek.”
Paul het glimlaggend geantwoord: “Hei Pieter, jy moes fyner gekyk het-ek het my byl altyd skerp gemaak voor ek begin werk het, en gereeld gestop om dit weer skerp te maak.”

Hierdie eenvoudige storie hou 7 baie belangrike lesse vir elke mens:
1. Hou op te veel DOEN en begin DINK ook.
2. Verbeter jou vaardighede konstant.
3. Dit is nie die ure wat jy werk nie; dit is die werk wat jy gedoen kry in die beskikbare ure.
4. Elke aksie/aktiwiteit verskerp jou vaardighede of stomp jou af.
5. Voorbereiding is die voorloper tot sukses.
6. Moenie aktiwiteit verwar met vordering nie.
7. Sit jou outomatiese ratte af en skakel jou geleentheids-radar aan.

Finale woord: Niks gebeur vanself nie-skryf jou drome en doelwitte neer. Skryf ook idees en die stappe wat dit gaan benodig tot sukses neer. En werk dan stadig maar seker na jou doelwitte. Reik uit na die sterre-maar hou jou voete op die grond.
Entoesiasties van my aan jou.