I Korinthiers 13 vir Ouers soos verwerk deur Terblanche Jordaan soos verwerk deur myself.

 
     
 

Al sou ek die mooiste huis in die buurt hê en met die duurste 4x4 ry, maar my kinders geniet nie die weelde van my teenwoodigheid nie, dan is ek so waardeloos soos ‘n bankkrediet met ‘n nul-saldo.
Al het ek die gawe van woorde sodat ek ‘n direksie met my argument kan swaai, maar ek het nie die geduld om na my kind te luister, doen ek meer kwaad as goed. Al kan ek met diemoeilikste klient kan werk, maar ek het nie die geduld om aan die verhouding met my lewensmaat te werk deur die praktiese uitleef van konflikhantering en liefde teenoor hom/haar nie, dan is ek so nutteloos soos ‘n sigaretstompie, om dit vir my kinders te leer.
Al ken ek die geheimenisse van die Beurs en die Reserwebank; en besit ek al die kennis van elke biblioteek se boeke; en het al die geloof om ons land met geloof te verander, maar ek het nie die liefde om my kinders die gevare van die lewe te leer, langs die baan te staan as hulle speel of hulle te leer bid nie, dan het ek niks bereik nie.
Al gee ek ‘n dubbele tiende, dien op die bestuur van talle liefdadigheidsorganisasies en ek offer my vakansie en my gesondheid op om in malariagebiede sendingwerk te doen, en ek is te moeg om saans vir my kinders ‘n boek te lees, of naweke saam met hulle te speel, baat alles my niks
‘n Pa en ma se liefde is geduldig met kinder swat sukkel met skoolwerk; ‘n pa en ma se liefde is vriendelik met ‘n kind wat nie rugby of klavier wil speelnie; hulle is nie afgunstig op ander ouers met slimmer of mooier kinders nie. Hulle is nie grootpraterig en verwaand oor hul kinders se prestasies nie.
‘n Pa en ma se liefde handel nie onwelvoeglik deur op mekaar jaloers te wees nie, soek nie hul eie belang deur die ander te wil manipuleer nie; is nie liggeraak en nukkerig as ‘n kind bietjie ekstra aandag soek nie.
‘n Pa en ma wat hul kinders lief het, hou nie boek van die foute nie en bestook hulle nie met verwyte nie; verbly hulle ook nie oor ‘n kind se foute met ‘n: ”Ek het jou gewaarsku, maar jy wou nie luiser nie!” Maar hulle is verheug as hulle hul kinders die waarheid hoor praat-selfs tot hulle eie nadeel.
Daarom bedek hulle hul kinders se skande met liefde; daarom glo hul in hulle; hoop die beste vir hulle, en verdra hul kleredrag, klaery en kritiek met liefde. Nou kyk ons nog vas teen tienerrebelsheid, maar eendag wanneer hulle groot is, sal hulle vestaan dat hul ouers hulle wou leer soos op dieselfde liefdevolle manier soos God ons leer.
Dus: Geduld, aanmoediging en liefde bly, maar die waardevolste hiervan is die onvoorwaardelike liefde.
Seënwense van hart tot hart.