Dinge van Gister

 
 

Sanet Opperman - opperman@orcon.net.nz

 
 

Ek kyk na die pad wat voor my uitstrek en ek dink dis seker maar hoe die lewenspad ook loop. Dit strek voor jou uit en in jou depressie sien jy nie kans vir dit nie, maar voor jy joe o kan uitvee, is dt ook verby. Jy raak oud of jou lewensdraadjie word afgeknip en jy wou eintlik nog so baie dinge gedoen het waarvoor jy nie kans gesien het toe jy depressief was nie, maar dan is dit te laat.
Ek voel na die bekendheid van Anton se hand wat gerusstellend op my knie rus. Hoe het dit ooit gebeur dat ek myself so met hom kon misgis het? Waarom het ek hom nie maar net vertrou toe ek die kans gehad het nie?
Wat beteken wysheid op die naakte ouderdom van sewentien? Wat weet n kind dan tog?

Haastig haastig! Oppad na nog n afspraak wat belangrik is.
Die telefoon lui, wie kan dit tog wees, daar is nie nou tyd nie.
Mag ek asseblief met Mevrou de Vries praat? Die damesstem is rustig, dog professioneel.
Dis Mevrou de Vries wat praat? Tik-tik ongeduldig op die tafel, o op die horlosie.
Mevrou Haneke de Vries, voorheen nooi Naud?
Ja-ja, wie is dit wat praat?
Ag ekskuus tog, dis Mevrou Cloete hier van die Kinderwelsyn. Ek is verskriklik jammer om u hierdie tyd van die oggend te hinder, maar het u n oomblik om n belangrike sakie met my te bespreek?
Kinderwelsyn.
Waarmee kan ek help Mevrou Cloete? Lamheid in die bene, sak neer op n stoel, die horlosie nou vergete.
Mevrou, ons het n jongman hier wat volgens rekords u seun mag wees, en ek het inligting van u nodig om dit te bevestig.
Ek onthou nie waneer ek die telefoon neersit nie, en dis met die tweede oproep dat ek my stem terugkry.
Is dit enigsins moontlik om mekaar te ontmoet?
Ontmoet? Nee, nee. Die situasie is onmoontlik. Ek kan dit nie doen nie, wat gaan die mense s? Wat gaan Anton s?
Maar teen my wil hoor ek myself instem om haar in haar kantoor te ontmoet, en n dag later word my grootste vrees waar. Ek sit en luister hoe n vreemdeling my vertel van my klein seuntjie wat ek dertig jaar terug moes afstaan vir aanneming. Ek sit en luister hoe verskriklik desperaat hy is om my te ontmoet, my te ken en heel moontlik deel van my lewe te word.
Ek word n paar dae gegun om oor die saak na te dink voor ek my keuse maak. Dink, dink. Dink daaroor wanneer ek my o snags toemaak vir slaap wat ek so verskriklik nodig het, dink wanneer ek soggens opstaan en deur die huis stap kombuis toe vir n hoofpynpil.
Dis omdat ek nie meer kon dink nie dat ek die pad voor my gevolg het met my voet op die pedal, en aangehou het totdat ek die motor voel ruk het. Waar die pad my heen gevat het, het ek nie geweet nie. Wat die tyd op daardie stadium was, het ek nie geweet nie. Wat ek wel geweet het, is dat my seun my na dertig jaar wou ontmoet. Na dertig jaar sou my lewe heeltemal deurmekaar gegooi word met die dinge van gister.
Hoe maak mens jou foute reg? Hoe draai mens die tyd terug na die onskuldige jeug van n sewentien jarige toe, om nee te s vir daardie aantreklike jongman tydens jou matriekafskeid?
Die geknars van die grond onder my voete het my weereens laat besef ek weet nie waar ek is nie. Ek moes ophou dink vir n oomblik, want my motor was sonder brandstof, my selfoon by die huis, ek kon dit nie in die motor vind nie, en al sou ek dit by my gehad het, sou dit nie gehelp het nie, want ek het nie geweet waar ek was nie.
Die hitte van die son het my gedryf onder die bome in waar ek skuiling kon vind, en dit was daar waar ek dit vir die eerste keer gesien het.
Onder my voete was n afgrond met n pad wat uitgel was met rotse en bosse. Dit het deur my gedagtes gemaal en gemaal, my seun, my enigste wie ek dertig jaar gelede opgegee het, wou my ontmoet. Ek het die pyn gevoel. Die pyn van skuldgevoel. Skuldgevoel teenoor my kind en Anton wie my nog altyd onvoorwaardelik vertrou het. Hoe gaan hy my ooit hiervoor kon vergewe?
Hoe absoluut swak het ek nie gevoel nie. Mevou de Vries met die onberispelike reputasie, die sterk een, staan voor n afgrond.
Ek het meteens die stemmetjie in my gedagtes gehoor, Jy weet, as jy nou spring, hoef jy nie meer die pyn te voel nie en niemand sal ooit weet van jou verlede nie. Jy sal ook nie vir Anton die waarheid hoef te vertel nie, want jy is die enigste een na aan hom wat daarvan weet
My voet was alreeds oppad om een stappie vorentoe te gee toe ek meteens die stem agter my hoor.
Wat n pragtige dag is dit nie!
Ek het verskrik omgeswaai, half vies vir die vreemdeling wat inbreuk gemaak het met my gedagtes en my ruimte so ongevraagd gebreek het.
O, ek sien jy het dit ook gewaar, het hy eenvoudig aangegaan asof hy nie die afkeuring op my gesig kon sien nie. dis een van die wilde blomme hierdie tyd van die jaar, sekerlik die mooiste as jy my vra.
Wie het hom gevra?!
Watter blom? My stem het half skaap-agtig geklink . Hy het daardie stappie gegee wat ek wou gee en afgebuk om die blom te pluk wat reg voor my o helder geblom het. Waarom het ek dit dan nie raakgesien nie?
Hierdie blom. Hy het dit vir my uitgehou en die glimlag wat sy o bereik het, was aansteeklik.
Ek het die blom by hom geneem en half verle deur my hare gevee.
My motor het sonder brandstof gaan staan Meneer, en ek weet nie waar ek is nie, om die waarheid te s.
O, maar jy weet. Jy is net bang om terug te gaan.
Nee regtig, ek het verdwaal
Waarom hardloop jy weg? Die sonstraal o was nou baie ernstig.
Wat bedoel jy?
Wel, jy sou nie verdwaal het as jy nie probeer weghardloop nie, sou jy? Voor ek iets verder kon s het hy my my hand geneem en my terug gelei na die veiligheid van die koelte onder die bome. Dis soms goed om daaroor te praat.
Wat in my ingevaar het daardie dag, sou ek nooit weet nie, maar dit was uit voor ek kans kon h om daaroor te dink. Uit soos n waterpyp wat meegee en uitspuit, verlig om van die druk ontslae te wees.
Die vreemdeling het gesit en luister, asof ek uit n boek uit voorlees, en sy kop geknik toe ek uiteindelik stilgebly het. Vir n oomblik wou ek omverskoning vra, s dat ek nie simpatie soek nie, maar toe ek opkyk in sy o het al my vrese en skaamte verdwyn. Al die dinge van gister, al die hoekoms en waaroms het soos ys in die helder sonlig se warmte verdwyn.
Ek het hom vertel van die kind wat ek gehad het toe ek maar nog self n kind was, en dat ek die kind weggegee het. Ek het hom vertel van die skuldgevoel wat ek al dertig jaar saamdra en wat nou te swaar geword het omdat my liewe man wie my al negentien jaar as sy vrou onvoorwaarlik vertrou, daarvan sou uitvind. Ek het hom vertel dat die kind my wil ontmoet en dat ek nie kans sien daarvoor nie omdat ek skaam is vir my foute van gister.
Waarom het ek en Anton nie kinders nie, wou die vreemdeling weet. Ons het nie kinders nie omdat Moeder Natuur dit so beskik het. Ondanks alle toetse deur die jare was dit nie moontlik nie. Ons het opgehou probeer met die laaste toets. Ek het die uitslag gekry wat Anton die een gemaak het wat ons kinderloos hou, maar daardie aand het ek Anton vertel dat ek die een is wat ons harte onvervuld gehou het. Ek was altyd die sterk een in ons verhouding en ek kon dit nie oor my hart kry om hom die waarheid te vertel nie.
Nou probeer jy weghardloop, eerder as om hom te vertel van jou kind, want jy weet hy sal weet dat jy vir hom leuns vertel het oor die toetse wat julle gedoen het?
Hy sal my nooit weer vertrou nie.
Jy het jou man verskriklik lief. Dit was verkeerd wat jy gedoen het, maar jy het dit uit onselfsugtigheid gedoen. Jy het eerste aan jou kind gedink toe jy nie self vir hom kon sorg nie, en jy het weereens eerste aan jou man gedink toe jy geweet het sy hart sal breek as hy weet wat die ware uitslag van daardie toets was. Jy stel altyd ander voor jouself, wanneer gaan jy iets vir jouself begin doen? God het jou jare gelede klaar vergewe, maar jy moet begin om jouself te vergewe. Vrede begin met selfvergifnis, en jy kon dit nog nooit doen nie.
Hoe weet jy God het my vergewe?
Ek weet dit. Ek weet ook dat jy n goeie hart het. Ek kan dit in jou o sien. Gaan, vertel jou man die waarheid, gaan ontmoet jou seun. Die waarheid gaan jou vry spreek, en eers dan sal jy vrede kry.
Ek voel so skaam en skuldig vir wat ek gedoen het.
Jy voel skaam en skuldig omdat die vyand jou dit wil laat glo. Hy het daarin geslaag om jou al die jare te laat glo dis onmoontlik om die waarheid uit te bring, en juis daarom het hy daarin geslaag om jou vrede van jou weg te hou. Dis tyd dat jy dit terugneem.
Hoe leef mens met jou foute saam? het ek gevra.
Jy leef nie daarmee saam nie. Dit was weer daardie glimlag wat die kalmte in my hart laat brand het. Jy bely dit voor God, en jy vra nederig omverskoning. Dan gaan jy aan met jou lewe, sonder daardie foute, want jy weet in jou hart dat jy vergeef is omdat jy dit opreg bedoel het toe jy omverskoning gevra het, en jy weet ook in jou hart dat jy die pad verder baie ligter kan aandurf, omdat Sy genade onbeperk is."
Ek het hom nie dadelik geantwoord nie, net stil gesit en wag dat dit wat hy ges het kon insink. Ek het gewag dat my honger hart versadig kon word aan al die waaroms en hoekoms wat my al so lank najaag. En toe dit stil word in my het ek dankbaar opgekyk en sy hand geneem sodat hy my kon ophelp.
Dit was toe ek wegstap motor toe, dat die gedagte by my opgekom het dat ek nie sy naam weet nie, maar toe ek terugkyk, was hy weg.
Die vreemdeling het net so vinnig verdwyn as wat hy opgedaag het. My o het na hom gesoek oor die kaal veld heen, onder die koelte boom waar ons nog oomblikke terug gesit en gesels het, af na waar die afgrond was, maar sonder sukses.
Waarheen hy so vinnig kon verdwyn het, sou ek nooit kon weet nie. Was hy ooit daar? Dis nie asof ek hom gesien aankom het in die eerste plek nie.
Terug by my motor het ek my selfoon half onder die passasierssitplek sien uitsteek. Ek was dan seker ek kon dit nie vind nie.

Anton was binne n halfuur by my. Ek het skielik besef waar ek was toe ek n bord met n naam op gesien het. Ek het in verblinde emosies dit nie die eerste keer daar gesien nie.
Met Anton se arms veilig om my, het alles soveel ligter gevoel.
My liefling, het hy gefluister, ek wag al negentien jaar vir jou om my hulp te vra. Dis was nog altyd net ek wat jou hulp vra, maar vandag het jy my nodig gehad, en dit voel wonderlik.
Dit was waar. Ek was altyd die sterk een in ons verhouding, die hoekpilaar in ons huwelik.
Ag, hoe wonderlik was dit om die swak een te wees! Nog kleiner het ek gevoel toe Anton my vertel dat hy reeds alles weet. Hy weet van my kind al die jare, en hy weet van die toets wat aangedui het van sy onvermo om n kind te verwek. Hy het daarvan uitgevind, en ek, ek was altyd so besig om sterk te wees vir ons albei dat ek dit nie kon raaksien nie.
Dit was duidelik dat hy na alles tog die sterkste van ons twee was, en ek die swakker een. Ek was swak vir die eerste keer in my lewe, maar het nie omgegee nie. Dit het goed gevoel om swak te wees, met n sterk, liefdevolle man langs my.
Die trane van vreugde en vrede het teen my gesig afgehardloop toe ek na hom opkyk, die vols in die bome het mooier as ooit gesing, en die lied in my hart het my geluk uitgebasuin toe ek my man hoor s Kom, ons moet ons seun op die lughawe gaan haal.