|
Groentegeregte |
||
|
AARTAPPELGEBAK MET GEKARAMELLISEERDE UIE
30ml olyfolie
Voorverhit die oond tot 220C. Verhit die olyfolie in 'n braaipan en soteer die uie oor matige hitte tot sag en glansend. Gooi die balsemiekasyn en bruinsuiker by en roerbraai dit vir omtrent 5 minute of totdat die uie begin karamelliseer. 2 Pak 'n laag aartappelskyfies in 'n gesmeerde vuurvaste oondbak (sowat 32 x 21 cm), geur dit met sout en swartpeper en pak 'n lagie gekaramelliseerde uie bo-op. Herhaal die lae met die orige aartappels en uie en eindig met 'n laag aartappelskyfies. Gooi die room oor, sprinkel parmesaan of pecorinoskaafsels oor en bak dit vir sowat 30-45 minute of totdat dit goudbruin en gaar is. Sny dit in porsiegrootte blokkies en sit voor. Lewer 4-6 porsies. |
||
|
UIE GEGEURDE AARTAPPELGEBAK
6 groot aartappels
Was die aartappels skoon en sny in skywe, maar nie regdeur nie. Smeer botter mildelik tussen die skywe in. Sprinkel die soppoeier tussen die skywe. Plaas die aartappels in 'n vlak, oondvaste bak en bedek met aluminiumfoelie (dowwe kant na bo). Bak 'n uur lank in 'n voorverhitte oond teen 180C. Sprinkel gerasperde kaas oor en bak nog 15 minute lank totdat die kaas gesmelt het. Garneer met pietersielie. Lewer 4-6 porsies. |
||
BLOMKOOL EN FETAKAAS GEREG
300g blomkool
Breek blomkool en broccoli in klein blommetjies. Kook ‘n bietjie water in ‘n kastrol. Voeg die blomkool, broccoli, sampioene en knoffelhuisies by die kokende water. Kook die groente mengsel tot net gaar maar nie pap nie. Dreineer. eng eiers en maaskaas. Skep groente mengsel in ‘n bakskottel. Strooi peper, tiemie, pietersielie en fetakaas oor die groente mengsel. Bak teen 180C vir 60 minute of tot gestol. Laat 10 minute afkoel voor die gereg bedien word. |
||
|
GEBAKTE BOTTERSKORSIE MET FETAKAAS
1 middelslag botterskorsie, in blokkies gesny
Stoom die botterskorsie tot sag. Geur met sout en voeg die botter by. Voeg fetakaas en uitjies by en meng liggies deur. Skep mengsel in 'n gesmeerde oondskottel. Klop die eiers en karringmelk of room saam en giet oor die groente. Bak in 'n voorverhitte oond by 180C vir 35 -40 minute of tot mooi bruin en pofferig. Sit voor met 'n tamatie-en-uieslaai en 'n bros groenslaai as 'n vegetariese ete of as 'n bygereg. |
||
|
BOTTERSKORSIE GEBAK MET LEMOEN EN SJERRIE
500g botterskorsie, geskil en in skywe gesny
Rangskik die botterskorsieskywe in 'n vlak oondvaste bak. Sprinkel lemoensap, sjerrie en bruinsuiker eweredig oor. Stip met die botter of margarien. Geur met kaneel en sout. Bedek met foelie (blink kant na binne) en bak 'n uur lank in 'n voorverhitte oond by 180C. Verwyder die foelie en bak oop vir nog 20 minute tot effens bruin. Sit dadelik voor. |
||
|
ERTJIES MET SPEK EN UITJIES
4 spekvleisrepies, gekap
Indien bevrore ertjies gebruik word, laat dit eers ontdooi. Braai die spek tot bros en bruin. Skep dit met 'n gaatjieslepel uit en hou eenkant. Voeg die margarien by die uitgebraaide vet en laat dit smelt. Braai die uie tot goudbruin. Skep die uie met 'n gaatjieslepel uit en voeg dit by die spek. Roer die koekmeelblom, sout en peper by die vet in die pan. Meng tot glad. Roer die hoender aftreksel geleidelik by en verhit dit tot kookpunt. Voeg die kruiesakkie, spek en uie by, asook die ertjes. Laat dit stadig prut totdat die ertjies sag is, ongeveer 6-8 minute lank. Verwyder die kruiesakkie en skep die ertjies op 'n warm opskepskottel. Bedien dit dadelik. |
||
|
ROERBRAAIGROENTE MET APPELSAP EN KNOFFELBOTTER
45ml sonneblomolie
Verhit die olies in ‘n groot braaipan. Voeg die uie, knoffel, wortels en murgpampoentjies by en roer aanhoudend oor medium hitte vir ongeveer 5 minute. Voeg die sampioene, spruite en mangetout by en roer nog vir 5 minute of tot alles glansend en gaar, maar nog bros is. Meng die appelsap, mielieblom en sojasous en voeg by. Roer tot die sous begin dik word en kook. Skep die groente uit in ‘n groot, warm opdienskottel en strooi sesamsaad oor. |
||
|
GEROOMDE GROENBONE EN SAMPIOENE
1
ui
Soteer die ui, peper en knoffel. Voeg die boontjies by en roerbraai 5 minute. Voeg die aftreksel en geurmiddels by, bedek en prut 15 minute tot die boontjies sag is. Voeg die sampioene by en prut nog 5 minute. Skep in ‘n bedienbak, gooi die room en neute oor en bedien. |
||
|
KOOL EN AARTAPPELGEREG
300g koue kapokaartappel
Meng die kapokaartappel, kool, sout en peper goed. Verhit die botter oor matige hitte. Voeg die kool-en-aartappelmengsel by en roerbraai dit 5-6 minute lank totdat die groente deurwarm is. Sprinkel die asyn bo-oor en skep die groentemengsel uit in ‘n warm opskepskottel. Bedien dit dadelik. |
||
|
MIELIE EN KAAS GEREG
250ml melk
25ml botter
250ml droë
broodkrummels 2 eiers geskei
Meng alles saam behalwe die eiers. Klop eierwitte en gele apart. Voeg eers geel van eiers by, vou wit liggies in. Bak in gesmeerde bak in matige oond vir ongeveer 30 minute. |
||
|
HEUNING MURGPAMPOENTJIES
15ml olyfolie
Halveer murgpampoentjies in lengte. Sny soetrissies in repe. Halveer sampioene. Verhit olie en roerbraai groente tot sag en ligbruin. BEREI DIE SOUS: Meng mosterd, heuning en asyn in ‘n toeskroeffles en skud goed. Giet die sous oor die groente en dien op. |
||
|
PAMPOEN GEBAK IN PORT
250ml donkerbruin suiker
Smelt die botter. Meng die suiker, botter, Port, sout en peper saam. Plaas die skywe of blokkies in 'n oond skottel. Gooi die mengsel oor die pampoen en strooi kaneel oor. Bak vir 1 uur teen 180C. |
||
|
LEMOEN PATATS
2
lemoene se sap Stel die oond op 180C. Meng die lemoensap, lemoenskil, patats, suiker, sout, sultanas, smeer en eier saam. Skep in ‘n gesmeerde oondskottel met ‘n inhoudsmaat van 1 liter. Strooi die gesnipperde spek bo-oor. Bak 30 minute lank in die voorafverhitte oond. Bedien dadelik. |
||
|
SOETRISSIE MET KNOFFEL EN VARS TAMATIE
2 rooi soetrissies
Halveer en ontpit die soetrissies en sny dit in dun repies. Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die soetrissies liggies vir 3 minute, roer gereeld. Voeg die knoffel by en laat vir nog 3 minute braai. Kap die tamaties en voeg dit by die soetrissiemengsel, geur en laat prut vir ongeveer 15 minute totdat die soetrissies sag is en die tamatiesous verdik het. Indien die sous nie dik genoeg is wanneer die soetrissies gaar is nie, verwyder die soetrissies met ‘n gaatjieslepel en kook die res van die sous vinnig totdat dit verminder en verdik, en plaas dan die soetrissies terug in die mengsel. |
||
|
GEBAKTE ROOMSPINASIE
1,3kg vars spinasie, die dik, wit
ribgedeeltes verwyder Voorverhit die oond tot 180C. Was die spinasie en stoom dit net met die druppels wat daaraan kleef tot sag en verlep. Dreineer, druk die oortollige vloeistof met die hande uit en kap dit rofweg fyner. Klits die eiers en room en gooi die parmesaankaas, neutmuskaat en geurmiddels by. Wees versigtig met die sout omdat die kaas ook sout bevat. Gooi die roommengsel by die spinasie en roer dit deur. Giet die mengsel in 'n medium gesmeerde oondbak van sowat 5 cm diep en bak die spinasie in die boonste helfte van 'n voorverhitte oond vir 30 minute of totdat die bokant bros en goudbruin is. Die middel moet romerig wees. Lewer 6 porsies. Sit dit voor as bygereg. |
||
|
TAMATIE EN FETAKAAS GEBAK Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag. Skep uit en hou eenkant. Braai die tamatieskywe in olie tot amper sag, maar die skywe moet nog heel wees. Skep uit op handdoekpapier en hou eenkant. Pak die gebraaide uie en tamatieskywe in lae in die voorbereide bak. Geur elke laag met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak. Geur daarna met suiker en basielkruid en strooi ook ‘n laag fetakaas oor elke laag. Eindig met ‘n laag tamatieskywe en sprinkel laastens die fetakaas oor. Klits die eiers en maaskaas goed saam. Giet oor die lae. Bak 20-25 minute lank of tot die eiermengsel gestol en gaar is. Dien dadelik op. |
||