|
Koek-en
koekieresepte |
|
|
|
|
|
BLITSVINNIGE VRUGTEKOEK
2 pakkies Marie
beskuitjies (grof gebreek)
2 eiers
1 koppie (250ml) sagte bruin suiker
1 koppie (250ml) botter of margarien (verkieslik botter)
3 koppies (750ml) gedroogde vrugtemengsel (fruit mix)
75g glanskersies
2 sopies brandewyn of sjerrie
Smelt botter en suiker,
moenie kook nie. Voeg vrugte by en kook vir 3 minute. Voeg geklitste eiers
by. Roer vinnig na elke byvoegsel en kook vir nog 2 minute. Voeg Marie
beskuitjies, kersies, brandewayn of sjerrie by en roer goed. Roer goed tot
alles goed gemeng is. Plaas in gesmeerde broodpannetjie wat uitgevoer is met
waspapier wat ook gesmeer is. Druk mengsel stewig vas en laat afkoel.Keer
uit en strooi met versiersuiker voor bediening. |
|
|
|
|
|
SPESIALE
KERSKOEK
240
g Brasiliaanse neute (375 ml)
100 g pekannneute (250 ml)
75 g amandels (125 ml)
225 g dadels (grof gekap, 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glansvrugte (grof gekap, 125 ml)
120 g rooi en groen glanskersies 9200 ML)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout
3 ml
bakpoeier
105 g strooisuiker (125 ml)
3 eiers
12.5 ml brandewyn
Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif droë bestanddele
daaroor. Voeg suiker by en meng goed. Voeg eiers en brandewyn by en meng
weer goed. Skep mengsel in ’n gesmeerde eenbroodpan en bak in voorverhitte
oond van 150ºC oneveer 2 uur 30 minute tot goudbruin en gaar. |
|
|
|
|
|
LIGTE
VRUGTEKOEK
250 g botter (270 ml)
250 g strooisuiker (300 ml)
2 ml vanieljegeursel
knypie sout
12.5 ml rum
6 eiers
350 g koekmeelblom (730 ml)
5 ml bakpoeier
400 g sultanas (665 ml)
50 g gemaalde amandels (85 ml)
100 g versuikerde lemoenskil
100 g gepelde amandels (gehalveer, 65 ml)
Voer ‘n 230 mm ronde koekpan met vetpapier uit. Verhit oond
tot 150ºC. Klits strooisuiker, botter, vanieljegeursel, sout en rum tot lig
en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Indien mengsel skif, voeg 12.5 ml meelblom by. Sif meelblom en bakpoeier en
meng. Voeg sultanas, gemaalde amandels en gekapte skil by. Vou
meelblommengsel liggies in romerige mengsel in. Giet in voorbereide koekpan,
rangskik amandels bo op en bak in voorverhitte oond vir 4 uur 30 minute.
Toets met ’n vleispen of koek gaar is. Laat koek vir 15 minute in pan afkoel
en keer dan uit. |
|
|
|
|
|
BRANDEWYNKERSKOEK
225 g koekmeelblom (465 ml)
knypie sout
3 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde neut
450 g sultanas (750 ml)
350 g rosyntjies (580 ml)
225 g glanskersies (375 ml)
100 g gepelde amandels (gesnipper, 165 ml)
60 g versuikerde skil
gerasperde skil van ’n halwe suurlemoen of lemoen
180 g botter (195 ml)
180 g donkerbruin suiker (225 ml)
4 eiers, geklits
25 ml brandewyn of sjerrie
50 ml brandewyn
Sif koekmeelblom, sout en speserye goed saam en plaas
eenkant. Plaas sultanas, rosyntjies, glanskersies, amandels, versuikerde en
gerasperde skil in mengbak en meng liggies. Plaas eenkant.
Klop botter tot romerig, voeg suiker by en klop tot lig en goed gemeng. Voeg
geklitste eiers bietjiesgewys by en klop goed na elke byvoeging. Voeg
gesifte koekmeelblommengsel geleidelik by en meng. Voeg vrugtemengsel en
brandewyn by en meng. Skep mengsel in voorbereide koekpan en bak in
voorverhitte oond van 160ºC vir 2 uur. Verlaag temperatuur tot 150ºC en bak
nog 1¼ uur. Haar uit oond, giet brandewyn oor en laat effens afkoel in pan
voor dit uitgekeer word. |
|
|
|
|
|
LIGTE KERSKOEK
200 g koekmeelblom (420 ml)
2 ml sout
5 ml gemengde speserye
200 g botter (215 ml)
200 g strooisuiker (240 ml)
6 eiers
50 ml brandewyn of sjerrie
100 g glanskersies (165 ml gekap)
50 g gemmerkonfyt (gekap)
50 g okkerneute (125 ml)
200 g korente (330 ml)
200 g sultanas (330 ml)
150 g'pitlose rosyntjies (250 ml)
75 g gemengde, gesnipperde skil (125 ml)
Sif meelblom, sout en speserye. Klits botter en suiker tot lig en
romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg brandewyn of sjerrie by en klits goed. Voeg gekapte vrugte, neute,
skil en gesifte meelblom by. Giet mengsel in gevoerde koekpan en bak in
'n voorverhitte oond van 160 grade C vir 45 minute. Verlaag hitte tot
150 grade C en bak 1 uur. Verlaag hitte verder tot 140 grade C en bak
nog 1 uur tot gaar. Laat in pan afkoel.
|
|
|
|
|
|
SJERRIEKERSKOEK
100 g okkerneute (250 ml)
240 g Brasiliaanse neute (375 ml)
75 g amandels (125 ml) '
225 g pitlose pruimedante (grof gekap, 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glanspynappel (125 ml)
120 g glanskersies (200 ml)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout
3 ml bakpoeier
100 g bruin suiker (125 ml)
3 eiers
12,5 ml sjerrie
Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif droë bestanddele daaroor.
Voeg suiker by en klits goed. Voeg eiers en sjerrie by en meng goed.
Skep mengsel in 'n gevoerde eenbroodpan. Bak in 'n voorverhitte oond
van 150 grade C vir 2 uur 30 minute tot gaar. Laat koek in pan afkoel
en keer dan uit. |
|
|
|
|
|
OUMA SE VRUGTEKOEK
75 g ontpitte pruimedante (125 ml)
75 g droëvye (125 ml)
175 g droëpere
50 g rosyntjies (85 ml)
50 g korente (85 ml)
50 g gekapte, gemengde ski!
300 ml warm, swart tee
50 g suiker (60 ml)
3 ml gemaalde kaneel
knypie elk wonderpeper, sout en gemmer
25 ml rum
25 ml suurlemoensap
200 g koekmeelblom (415 ml)
50 g haselneute (fyn gekap)
50 g okkemeute (fyn gekap)
Suurseldeeg
25 ml melk
50 ml water
5 ml olie
5 ml droë gis
25 ml warm water
5 ml strooisuiker
10 ml sout
50 g koekmeelblom (100 ml)
50 g broodmeel (100 ml)
Versiering
25 g gepelde amandels (gehalveer)
glanskersies
engelwortel
Maak eers suurseldeeg. Meng melk,50 ml water en olie in 'n kastrol en
verhit tot kookpunt. Laat afkoel. Meng gis met 25 ml warm water en voeg
suiker by. Laat staan vir 5 minute. Voeg by melkmengsel en roer sout by.
Voeg hierdie mengsel by brood-en-koekmeelblommengsel en klits goed.
Bedek en laat staan vir 12-18 uur.
Kap pruimedante, pere en vye. Plaas in 'n mengbak saam met rosyntjies,
korente en gemengde skil en giet tee oor. Bedek en laat oornag staan.
Voeg suiker, speserye, sout, rum en suurlemoensap by vrugte. Klits alle
bestanddele goed saam, bedek en laat staan vir nog 30 minute.
Voeg vrugtemengsel by suurseldeeg saam met gesifte meelblom en neute.
Meng alles goed saam en plaas in 'n gesmeerde koekpan (200 mm). Versier
met amandels, kersies en engelwortel. Bak in 'n voorverhitte oond van
180 grade C vir 1 uur 10 minute. |
|
|
|
|
|
RYK,
GEKOOKTE VRUGTEKOEK
1.2 kg gemengde droëvrugte
25 ml gouestroop
40 ml brandewyn, sjerrie of rum
187 ml water
250 g botter (270 ml)
265 g bruinsuiker (330 ml)
5 eiers
300 g koekmeelblom (625 ml)
70 g bruismeel (125 ml)
2 ml sout
10 ml gemengde speserye
2 ml gemaalde kaneel
2 ml gemaalde neut
Plaas gemengde vrugte, gouestroop, rum, sjerrie of brandewyn
en water in ’n kastrol. Verhit tot kookpunt. Giet in ’n bak en laat oornag
staan.
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en
klits goed na elke byvoeging. Sif droë bestanddele saam en sif dan oor
kokende vrugtemengsel. Meng goed. Roer bottermengsel by. Skep in gevoerde
230-mm ronde koekpan en ban in voorverhitte oond van 150ºC vir 3 uur 45
minute. |
|
|
|
|
|
KITS
VRUGTEKOEK
150 g botter
1 bottel droëvrugtevulsel
150 g sagte bruin suiker (187.5 ml)
250 g bruismeel (450 ml)
2 groot eiers
Smelt botter in kastrol en roer die res van die bestanddele
daarby. Meng goed. Skep in gesmeerde, gevoerde koekpan en bak in oond van
160ºC vir 1 tot 1¼ uur of tot gaar.. Haar uit oond, laat effens afkoel en
keer uit. Laat goed koud word en bewaar in lugdigte houer tot benodig |
|
|
|
|
|
AMARULA SJOKOLADEKOEK
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade
Stel oond op 180 grade Celsius.
Beslag:
Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen skoon
uitkom.
Stroop:
. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg
Amarula by. Roer goed. .
Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
Versier:
Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf
geklopte room oor.
Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit
belemmer die smaak). Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly.
WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies. |
|
|
|
|
|
KERSBROOD
400 g droëpere
300 g pruimedante (500 ml)
400 g droëvye (665 ml)
150 g okkerneute (375 ml)
100 g rosyntjies (165 ml)
125 g sultanas (210 ml)
75 g gemengde, gesnipperde skil (125 ml)
200 g strooisuiker (240 ml)
15 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde naeltjies
5 ml wonderpeper
3 ml sout
25 ml rum
1 kg koekmeelblom
40 g geperste suurdeeg
Brooddeeg
900g broodmeel
150 ml warm melk
25 g geperste suurdeeg
10 ml strooisuiker
5 ml sout
25 g gesmelte botter
12,5 ml olie
Week pere en pruimedante in 900 ml water. Sit deksel op en kook tot
sag. Dreineer en hou vloeistof. Ontpit pruimedante en kap pere, vye en
okkerneute. Voeg rosyntjies, sultanas, gemengde skil, suiker, speserye,
sout en rum by en bedek.
Klits 300 ml van warm water en 50 g van broodmeel saam om meeldeeg te
vorm. Bedek en laat staan vir 1 uur 30 minute.
Voeg dan warm melk by en klits goed. Meng suurdeeg, 150 ml warm water
en suiker en laat staan vir 10 minute. Voeg by meeldeeg. Voeg sout,
botter en olie by. Meng res van broodmeel by. Bedek en laat staan tot
uitgerys.
Sit koekmeelblom in 'n groot bak en maak 'n holte in middel. Klits 40 g
suurdeeg met 400 ml koue vrugtevloeistof en suiker en giet dit in
meelholte. Strooi 'n bietjie meelblom oor en laat staan tot skuimerig.
Voeg vrugte-enneutemengsel by en klits tot 'n deeg gevorm word. Laat
staan vir 15 minute. Verdeel vrugtedeeg in vier ovaal brode. Verdeel
brooddeeg in vier en rol elke deel uit tot 'n groot ovaal gevorm is.
Plaas vrugtebrood op uitgerolde deeg. Bestryk vrugtebrood met water en
draai in brooddeeg toe. Plaas op 'n gesmeerde bakplaat en verf met
water. Laat staan vir 15 minute. Bak in voorverhitte oond van 190 grade
C vir 1 uur en 20 minute.
. Hierdie gereg is nie geskik om lank te hou nie. Eet dit binne 'n week
nadat dit gebak is |
|
|
|
|
|
OUTYDSE
KONFYTKOEKIES
5 K Meel
2 t koeksoda
2 k suiker
2 t kremetart
¾ k melk
2 eiers
125 g margarien
sout
910 g Appelkoos of Perske Konfyt
1. Klop botter en suiker tot room
2. Roer eiers in
3. Voeg melk wat in koeksoda opgelos is by
4. Voeg res van bestanddele by
5. Rol dun uit
6. Druk met wynglas sirkels uit
7. Meng die konfyt met 'n bietjie MAZIENA dit help dat die konfyt nie
uitkook as dit gebak word)
8. Plaas konfyt op deeg. Sit nog 'n deegsirkel bo-op, druk vas met vingers
in die rondte
9. Bak 10 min op 180º C of tot mooi bruin |
|
|
|
|
|
KOFFIEKOEKIES
8 Koppies meelblom,
1 pond (500 g) maizena
1 ons (30 g)koeksoda
1 Koppie stroop
1 1/2 pond margarien
2 Koppies suiker
4 eetlepels koffie essence
1/2 teelepel sout
Melk indien nodig.
Meng botter, suiker, stroop. Voeg koffie essence by. Meng koeksoda met
bietjie melk. Voeg by mengsel. Voeg droë bestanddele by en maak aan tot
stywe deeg. Druk deur koekie masjien en bak in warm oond 200ºC. Sit 2 - 2
opmekaar met konfyt. |
|
|
|
|
|
KONDENSMELK
KOEKIES
12 Koppies meel
4 eiers
1 pak cream of tartar
1 pak koeksoda
2 eetlepe1s stroop
1 blik kondensmelk
2 pond (1 kg )margarien
3 Koppies suiker
1 Koppie klapper
Meng Suiker en botter tot room. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop en
melk by. Laaste word meel koeksoda, klapper en cream of tartar bygevoeg.
Meng,druk uit en bak in oond 200ºC tot gaar. |
|
|
|
|
|
BOERE
SOETKOEKIES
15 Koppies mee1
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel .
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien
Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by, meng
verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met drukkertjies. Bak
in oond 200°C tot ligbruin. |
|
|
|
|
|
LEKKER
SOETKOEKIES
2 Koppies klapper
3/4 pakkie cream of tartar
1/4 pond gesnipperde kersies
1 eetlepel goue stroop
14 Koppies meel
3 Koppies suiker .
1 3/4 Koppie botter
knippie sout.
1 blik gekondenseerde melk
6 eiers
1 pakkie koeksoda
Maak koeksoda en cream of tartar met een eetlepel asyn aan.
Meng meel, suiker en sout saam. Meng gekondenseerde melk, goue stroop,
koeksoda mengsel, asook geklitste eiers saam. Voeg nou alles bymekaar en
werk sagte botter met hande deur mekaar.
Rol uit, druk af en bak (Moenie gesmelte botter gebruik nie).
|
|
|
|
|
|
OUMA SE
GEMMERKOEKIES
(Lewer sowat 100 koekies)
250 9 botter
250 ml gouestoop
400 9 geelsuiker (500 ml)
2 eiers
750 9 koekmeelblom
40 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
5 ml sout
10 ml koeksoda
85-100 ml melk
Plaas botter in kastrol en smelt oor lae hitte. Voeg stroop en suiker by en
roer tot suiker opgelos het. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Klits
eiers en roer by botter mengsel. Sif droë bestanddele saam en voeg
beurtelings met melk by bottermengsel. Meng goed. Bedek met kleefplastiek en
plaas minstens 1 uur lank in yskas.
Vorm okkerneutgrootte-bolletjies en plaas op bakplaat. Druk effens met
vinger en bak in voorverhitte oond by 190 grade C 10-12 minute lank lot
goudbruin en gaar. Verwyder uit oond, laat afkoel en sit voor. |
|
|
|
|
|
OBLIETJIES
500 g bruinsuiker (625 ml)
2 eiers
250 g botter (gesmelt)
15 ml fyn kaneel
10 ml droë nartjieskil (fyn gestamp)
100-125 ml volroomsjerrie
480 g koekmeelblom (4x250 ml)
Klits suiker en eiers saam lot romerig. Voeg botter, kaneel en nartjieskil
by en meng. Voeg sjerrie by en meng. Voeg gesifte meelblom by en meng tot
stewige deeg.
Indien nodig voeg meer meel by.
Vorm bolletjies en plaas in middel van oblietjiepan. Maak toe en bak
sowat 30-40 sekondes aan elke Kant tot goudbruin en gaar. Rol dadelik
op deur gebruik te maak van dik steel van houtlepel op roomhorinkievorms.
Vul met styf geklopte gegeurde room en sit voor. |
|
|
|
|
|
JAN
SMUTS-KOEKIES
Hierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en van
1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika was. Die
resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die koekies destyds
baie gewild onder genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke opponente
niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het.
Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits
Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met kleefwerende
middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien
met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is. Voeg die
suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels,
8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes van die
kolwyntjie
panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en
meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die
eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol vulsel
daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak. Keer
hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel. |
|
|
|
|
|
KORENTEKOEKIES
Nog 'n resep wat dateer uit 'n 1914 resepteboek
130 g botter
400 g suiker (500 ml)
4 eiers (geskei)
375 ml melk
2 ml koeksoda
480 g koekmeelblom (4 x 250 ml)
150 g korente (250 ml)
5 ml kremetart
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een by
terwyl voortdurend geklits word. Meng melk en koeksoda en voeg beurtelings
met meelblom by bottermengsel. Roer korente daarby in. Klits eierwitte en
kremetart saam tot stYf en vou liggies by mengsel. Skep in gesmeerde
kolwyntjiepanne en bak in voorverhitte oond by 200 grade C. 20-25
minute lank tot gaar. |
|
|
|
|
|
GEMMERKOEKIES
185g margarine
250ml stroop
700g koekmeel
20ml koeksoda
20ml kremetart
60ml gemmer
550g bruinsuiker
5ml sout
3 eiers
Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die eiers
een vir een by die stroopmengsel. Gooi nou die bruinsuiker bo-oor en meng
net tot die mengsel nat is. Sif droё bestandele en voeg by die die
stroopmengsel en meng. Laat staan vir 2 ure, maak balletjies en bak 10 – 12
minute by 180ْ
C. Die resep lewer omtrent
13 dosyn. Ek voeg maar altyd ń bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die
is ’n regte outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer
word. |
|
|
|
|
|

|
|