|
Nagereg |
||
|
KOUE KERSFEESPOEDING
1½ koppies fyn gerolde
Marie beskuitjies Meng krummels, vrugte, neute, skil en speserye. Verhit die lemoensap en los die malvalekkers daarin op. Voeg die suiker by en gooi oor die krummels en vrugte. Klop die room styf en vou dit by die mengsel in. Plaas die nagereg in die yskas om styf te word. |
||
|
BRANDEWYNPOEDING MET SOUS
5 ml koeksoda -
Stel die oond op 140 °C. Spuit of smeer 'n vuurvaste bak van 35 cm x 22 cm x 5 cm. Los die koeksoda in die kookwater op en giet oor die dadels. Roer deur en laat afkoel. Roer die koekmengsel en kersies by. Hou eenkant. Klits botter en geelsuiker saam tot romerig en klits eiers een-een by. Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam en roer geleidelik by eiermengsel. Voeg neute en laastens afgekoelde dadelmengsel by. Meng goed. Skep in voorbereide bak en bak sowat 50 — 60 minute. Maak intussen die sous wat dadelik oorgegiet moet word sodra die poeding uit die oond kom. Vir die sous: Meng suiker met water, bring tot kookpunt en prut sowat 5 minute. Haal van stoof af. Voeg die res van die bestanddele by en giet oor warm poeding sodra dit uit die oond kom. Dien op met geklopte room. |
||
|
KERSFEES DROOMPOEDING
1
pakkie aarbeijellie
Plaas ingedampte melk oornag in die yskas. Los die jellie op in ‘n koppie kookwater en voeg nog ¾ koppie koue water by. Laat goed koud word. Voeg die wyn by die jellie. Klits die ingedampte melk tot styf en voeg die jellie by. Klits die eierwitte goed en vou dit by die poeding in. Voeg die neute en kersies by en meng goed. Gooi in ‘n poedingbak en plaas in yskas om te stol. Versier met geklopte room en aarbeie. |
||
|
OUTYDSE ASYNPOEDING
Sous
Verhit die bestanddele vir die sous saam tot
kookpunt. Laat prut vir 5 minute en laat afkoel. Voorverhit die oond tot
180C en smeer 'n oondbak van 26 cm met botter. Verroom die botter en suiker
tot lig en romerig. Klits die eiers een vir een by. Sif die droë
bestanddele saam en roer dit by. Roer die appelkooskonfyt by tot goed
gemeng. Skep in die gesmeerde bak en giet die afgekoelde sous bo-oor. Bak
vir 30-40 minute tot goudbruin. Sit voor met vla of roomys. |
||
|
BESKUITJIE STRUIF
1 pakkie aarbei
jelliepoeier Los die jelliepoeier in die kookwater op. Voeg die koue water by en meng. Gooi in biedjie van die jellie in ‘n diep glasbak met ‘n volume van 1.5 L . laat dit in die koelkas stol. Laat die oorblywende jellie afkoel totdat dit dik is, maar nie gestol nie. Smeer ‘n dik laag karamelkondensmelk op die beskuitjies. Plaas ‘n laag beskuitjies op die gestolde jellie in die bak. Gooi ‘n laag vlasous oor. Skep van die vrugte daarop en strooi van die neute oor. Bedek dit met ‘n laag jellie. Herhaal die lae totdat al die bestanddele opgebruik is. Plaas die beskuitjiestruif in die koelkas sodat die jellie kan stol. Dien dit yskoud op. Roomys of geklitste room smaak lekker hierby. |
||
|
DOEKPOEDING Room botter en suiker saam en voeg die geklitste eiergele by. Voeg die appelkooskonfyt by. Snipper die dadels en voeg die rosyne by. Los die koeksoda op in die melk en gooi dit oor die vrugte. Voeg dit by die bottermengsel. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die mengsel. Klop die eierwitte styf en vou dit in die mengsel in. Smeer ‘n linnedoek met botter en sprinkel meelblom oor. Skep die mengsel daarin en bind die doek toe. Los egter genoeg spasie vir die poeding om te rys. Plaas die poeding in kokende water en plaas die deksel van die kastrol op. Stoom vir 3 uur lank. Bedien met ‘n sous van jou keuse, maak ‘n lekker wynsous smaak heerlik hierby. |
||
|
GESTOOMDE VRUGTEPOEDING
Vulsel:
Deeg:
Vulsel:
Deeg: |
||