|
Slaairesepte |
||
|
AVOKADO SLAAI
1 groot avokado, fyngedruk
Maak suurlemoenjellie aan met die kookwater. Voeg avokado, ui en mayonnaise by. Meng goed en laat stol. |
||
|
MAYONNAISE BEETVORM
80g braamjelliepoeier
Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer. |
||
|
NOEDELSLAAI 1 pak Skroef of skulpnoedels 1 Ui 125 ml Asyn 200 ml Suiker 1 Green peper 250 ml Tamatiesous 125 ml Olie 25 ml matige kerriepoeier METODE Kook die noedels tot sag Laat dit goed dreineer Ontpit die green peper en sny fyn Skil en kap die ui fyn Meng die noedels, ui en soetrissie in ‘n slaaibak Meng die tamatiesous, asyn, olie, witsuiker, kerriepoeier, en green peper saam Giet dit oor die noedelmengsel en meng liggies. Laat afkoel |
||
| TUNA
SLAAI 500 ml Gaar rys (koud) 250 ml Gerasperde wortels 25 ml Gekapte ui 37 ml Blatjang 10 ml Suurlemoensap 200 g Tuna (gedreineer en gevlok) 250 ml Gekapte selderye 250 ml Mayonaise 5 ml Kerriepoeier Sout en peper METODE Meng die rys, tuna, wortels, seldery en uit Meng die Mayonaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, en sout en peper saam Voet die sous net voor opdiening by die slaai en meng liggies Bedien koud |
||
| WARM
KAAS EN AARTAPPEL SLAAI 4 Groot Aartappels 2 Repe Spekvleis (gebraai en gekap) 120 g Soetvlei kaas (in blokkies gesny) 125 ml Franse slaaisous METODE Kook aartappels in kookwater tot sag Trek skil af en sny in blokkies Plaas in bak Voeg kaas blokkies by en meng Sprinkel spekvleis oor Verhit slaaisous maar moenie kook nie Giet oor slaai Sprinkel grasuie oor en bedien dadelik |
||
| GEBAKTE
AARTAPPELSLAAI 30 ml Botter 310 ml Melk Swart peper 6 Medium aartappels (geskil en sag gekook) 30 ml Meelblom (koekmeel) 125 ml Mayonaise Sout METODE Verhit die oond tot 180ºC Smeer oondbak Smelt die botter in ‘n pan Voeg die koekmeel by en roer tot glad Voeg die melk geleidelik by en roer tot die sous kook en verdik Geur na smaak met sout en swartpeper Verwyder van hitte en roer mayonaise by Sny die aartappels in skywe en plaas in die gesmeerde oondbak Giet die sous oor die aartappels |
||
|
BROS
AARTAPPELSKIL SLAAI |
||
| AVOKADO
EN MAASKAAS SLAAI 2 avokado’s 150ml korrelrige maaskaas 2 pynappelringe, in die helfte gesny slaaiblare 2 hardgekookte eiers Halveer en ontpit die avokado’s Skep gelyke hoeveelhede maaskaas in die avokado helftes. Plaas ‘n halwe pynappelring bo-op elkeen. Plaas die avokado helftes bo-op slaaiblare en garneer met eierskywe. |
||
| WARM
KAAS EN AARTAPPEL SLAAI 4 groot aartappels 120g Zoetvlei kaas, in blokkies gesny 2 repe spekvleis, gebraai & gekap 125ml Franse slaaisous gekapte grasuie Kook aartappels in kookwater tot sag. Trek skil af en sny in blokkies. Plaas in opdien-bak. Voeg kaasblokkies by en meng. Sprinkel spekvleis oor. Verhit slaaisous maar moenie kook nie. Giet oor slaai, sprinkel grasuie oor en dien dadelik op. |
||
|
AVOKADOSLAAI MET SPEK EN NEUTE 1 pak gemengde slaaiblare 6 sprietuie, in ringe gesny met groen lowwe 8 repe swoerdlose streepspek 4 snye witbrood sonder korsies 1 groot, ryp avokado 125 ml pekanneute, grof gekap 125 ml Franse slaaisous Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie. Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in 'n bietjie olie tot bros. Haal uit en dreineer op kombuis papier. Sny die brood in blokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin. Voeg 'n bietjie ekstra olie by indien nodig. Haal uit en dreineer. Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare. Bedek met slaaisous. Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening. |
||