Fien?? Nou wie is Fien??

Wel, Fien was die skuilnaam waaronder my ma, Esther Anderhold, geskryf het in die 1950's toe ons in die ou Wes Transvaal in "my" dorpie, Koster, gewoon het.  Ja, daar het ek grootgeword, skoolgegaan en my kinderjare geniet.

Nou, bykans 40 jaar later, was ek besig om "skoon te maak" en daar kom ek op my ma se "My Through the Ages" boek af en ek begin lees, en daar is ek weer terug as jong seun en ek herleef my "jongmens" dae.

Wat ek hier gaan doen is om 'n paar van Fien se artikels weer te gee. Ek wonder of iemand op Koster ooit hierdie sal lees, ek weet nie eers of die Internet of ePos Koster al bereik het nie, in daardie geval hoop ek dat iemand wat daardie dae onhou eendag wat hier volg sal lees en met 'n glimlag sal terugdink.... 

...en as een van die 1964 Matrieks van Koster hierdie lees, stuur my 'n ePos asb!

Die Kappiekommando Kompeteer

Geniet Jouself Nou!

Te BÍre of te Begrawe

Die Duif