Nou en dan kry ek 'n bevlieging en ek skryf self iets, hier is een van daardie bevliegings....  
 

 

 
 

Haarsny

 
 

Peter Thomas

 
     
  Soos die Engelse s, never a dull moment!

Hier by ons is iets altyd aan die gebeur, laat ek van die nuutste episode vertel.

Ons besluit toe mos om geld te bespaar en dat ons my hare sommer tuis sal sny.

Ons soek toe spesiaal na n nommer 8 kam om aan die knipper te sit. Die knipper kom met kamme van 1 tot 5, maar ek soek en kry toe n nommer 8 want die nommer 5 is darem te kort!

Die tuishaarsny storie loop toe heel goed, tot vanoggend!

Ek het twee haarskeerders, een is een se lemme is effens stomper as die ander en ons begin met die stomper een, sit die nommer 8 kam aan en daar gaan ons, Doreen is die knipper operateur.

Na n rukkie kom ons agter dat die knipper darem nou te stomp is en ek stel voor dat sy die ander een begin gebruik, wat sy ook doen.

Die ding sny happe! laat sy verontwaardig weet.

Gee hier dat ek sien kap ek boos terug en ontplof amper toe ek sien wat sy gedoen het. Sy het nie gedink nie (wats nuut!) en vergeet om die nommer 8 op die knipper te sit.

Nou sit ek daar met mooi netjiese nommer 8 met n 8cm by 2cm streep van -1 lengte. Lyk skoon of ek n breinoperasie gehad het.

Die hond laat spaander by die deur uit, weet nou nie mooi of ek vir haar kwaad is of wat verkeerd is nie. Nog nooit sulke taal gehoor nie.

Nou wat nou, bring die nommer 5, s ek vir Doreen, en sy laat waai met die nommer 5. Die breinoperasie is nog sigbaar toe kom nommer 3 aan die beurt. Die gesig wat vir my terugstaar as ek in die spiel kyk begin al hoe vreemder lyk.

Die nommer twee werk ook nie, nou is daar net een genade oor, die nommer 1!!!

Hier is ekke nou, op die koudste dag van die jaar met my nommer 1 haarsny!

Dit sal n rukkie wees voordat ek vir Doreen heeltemal vergewe het!

Die predikant, van alle mense, kom maak n draai.

Sy kommentaar? Lyk my jou vrou het jou hare probeer sny sonder om n kammetjie in die knipper te sit!

Die mussie wat ek op het is darem lekker warm!