Anna Eksteen

Kampkerriekos

500g boerewors, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
2 uie gekap
15ml kookolie
2ml rissiepoeier
15ml kerriepoeier
250ml vleisaftreksel
15ml tamatiepuree
30ml suurlemoensap
5ml sout
2ml vars gemaalde swartpeper
3 aartappels, in blokkies gesny
4 piesangs, in skywe gesny

Rooster wors tot byna gaar. Hou eenkant warm. Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie. Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens. Voeg verhitte vleisaftreksel, tamatiepuree, suurlemoensap, sout en peper by. Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute. Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik. Sit voor met gebotterde heelgraanbrood.


Peter Thomas

Die volgende dis het ons Bobby se Hoender genoem. Dit was 'n gunsteling van ons toe ons in Barclaysbank se enkelkwartiere in Mahalapye, Botswana gebly het. Ek sien nou weer die resep op die Voetspore webwerf, dis basies dieselfde as wat Bobby vir ons gemaak het.
Die doel van n eenskottelhoender is om alles meteens klaar te maak. Braai n bietjie uie, en natuurlik knoffel. Sit  ander speserye na smaak by. Bietjie rissies of kerrie kan nie pla nie. Bruin dan die hoender in die uiemengsel in n klein bietjie olyfolie. Sny aartappels in kleinerige stukkies, en voeg dit by. Sommer ook n koppie rys of twee, en genoeg water vir die rys. Sit nou die deksel op, en wag vir n uur of so tot alles saam gaar is.


Hierdie is nou koningskos, ek het dit vir die eerste keer by Aardklop in Potch geproe en my mond water nog steeds as ek net daaraan dink! - Peter

Lewer in Netvet

Bestanddele:
1 skaaplewer
n Bietjie fyngekapte ui
1 sny witbrood in melk  geweek
Kruie, asyn, sout en peper na smaak
1 Eier
Omtrent - lb Netvet

Metode:
Was en skraap die lewer goed fyn. Druk die brood fyn. Klits die eier op, voeg nou al die bestanddele by die lewer en meng goed. Gooi nou die mengsel in die netvet,vou nou mooi toe en steek vas met houtpennetjies. Bak in oond of braai in n pan, of nog beter braai oor die kole op n rooster


Jakes Jacobs
'n Niertjie-ontbyt met 'n verskil

Vir vier mense neem jy 12 skaap- of lamsniertjies wat in die helfte deurgesny is.
As die wit nierpypies in die middel nog nie uitgehaal is nie, moet jy dit liefs doen- diere se binnegoed is vol allerhande opwindende geure, maar skaappiepie is beslis nie een daarvan nie.
Maak 'n pan warm op die kole en gooi dan 1 groot eetlepel botter daarin.
As die botter gesmelt het, braai jy die niertjies vir 3-4 minute in die pan. Nie te lank nie, anders verloor die niertjies daardie heerlike sappigheid van hulle.
Gooi 'n glas rooiwyn in die pan saam met die niertjies, roer dit deur en haal die niertjies uit.
Gooi 2 bakhande vol sampioene, in skyfies gesny, in die pan saam met die wyn. Kook vir 1 minuut. Vra intussen jou handlanger om die niertjies in skywe te sny.
Gooi die skywe terug in die pan en roer die hele souserige spulletjie vir omtrent 'n minuut deur.
Maar wie wil die niertjies so bloots eet vroeg in die mre? Skep dit saam met jou lekkerrr sous oor vars roosterbrood of roosterkoek wat pas van die kole af gekom het. Strooi varsgekapte pietersielie bo-oor - weer 'n bietjie groenigheid om daardie vleisetende gewete effens te sus.


Susan Varnfield

Mykonos Vis

1kg Kingklip, in blokkies gesny
1 Ui fyngekap
2 huisies knoffel fyngedruk
60ml olyfolie
4 tamaties, geskil en fyngekap
80ml dro wit wyn
15ml gekapte origanum of 2ml dro origanum
30ml gekapte vars pietersielie
sout en vars gemaalde swart peper
75g fetakaas, gekrummel

Braai ui en knoffel in olie in gas skottel of braaipan.
Voeg tamaties, wyn, origanum, pietersielie en sout en peper by.
Laat bietjie kook tot dikkerige sous.
Voeg vis by en laat kook net tot gaar.
Strooi gekrummelde fetakaas bo-oor.

Vis kan vervang word met garnale, kreef of krap.


Phyllis Vorster

Ek noem die volgende sommer Phyllis se Konkoksie

Ek het iets lekker wat ek altyd maak as ek nie lus is vir braai nie en sommer ook n bietjie groente wil in kry. Ek het nie n spesifieke resep nie, ek pas dit aan na hoeveelhied mense en waarvoor ons lus is.
Dit is maar soos n stirfry in n groot pan.
Ek gebruik gewoonlik 'n 2 kg pak hoender . Sny die hoender in kleiner stukkies en sprinkel met sout en peper . Ek gebruik nie speserye nie, wel vars kruie na smaak.
Kook rys eenkant tot gaar, dit moet lekker los wees. Ek was altyd my rys na dit so rukkie gekook het. Vir afwisseling gooi ek dan klappermelk
 by, olie na smaak en rys-speserye, sout en ekstra water indien nodig en stoom gaar.

1 kg gemengde groente
uie dun gesny
knoffel
kool dun gesny
sout
peper
sojasous
Jy kan vars groente sny of gevriesde groente gebruik of dit meng
Ek braai die hoender in die pan met bietjie olie tot gaar en hou eenkant.
Braai nou die groente tot gaar, maar nog "crisp".
Gooi nou gaar rys saam met groente in pan en meng.
Voeg nou die gaar hoender by en meng. Indien sout kort sprinkel met sojasous.
Baie lekker saam met dit is "Soet Suur Braai sous" wat jy maar by die winkels koop. Die beste is dat elke ou maar sy eie sous meng na smaak. Dit is baie lekker en kom ver.
Hierdie resep kan jy aanpas en kan baie interesant raak. Jy kan rys afwissel met bruinrys, pasta ens.
Saam met die hoender kan jy ook ontbytspek braai vir afwisseling.
Maalvleis kan ook gebruik word. Vark en biefstuk werk ook baie goed.
Ek sny gewoonlik die vark of biefstuk in langwerpige stukkies, nie te dun en smal nie.
Marineer dit dan in die volgende:
Mieleblom gemeng met genoeg water en sojasous. Al die vleis moet bedek wees .
As jy dit dan braai bly die sousies in die vleis. Die vleis is dan ook baie sag en niks gaan verlore nie.
Jy kan nou maar self gou vir jou 'n resep opstel


Tuna pastagereg

Nog 'n kits, 1-pot pastagereg vir 'n vinnige kamp-ete.
1 pak pasta
1 blik tuna
1 blik tamatie-en-uiesmoor
1 pakkie kits kaassous
Kook pasta gaar, dreineer en gooi terug in pot. Maak souspoeier aan met kookwater. Gooi kaassous, gedreineerde tuna en smoor by pasta in pot. Verhit gereg en bedien dadelik. 4 - 6 porsies.


Sosasties en broodrolletjies

Maklik en vinnig vir die eerste aand as almal moeg gery is en kamp opgeslaan moet word.
20 hoendersosasties
20 beessosaties
40 'Hot dog buns'
Braai sosaties en bedien op gesmeerde broodrolletjies.


Hooimiedete

Hierdie ete is pret en die mense moet van alles in die regte volgorde skep:
1 kg rys - gaar gekook
2.5 kg maalvleis, gaar geroerbraai sonder sout of speserye
3 pakke Barbeque Frito's - effens fyngedruk
1 kg gerasperde cheddarkaas
2 pakke Chinese Chutney skyfies - effens fyngedruk
Slaai: 1 slaaikop (gekerf), 10 tamaties en 1 Engelse komkommer (albei in blokkies gesny)
Sous: 1 bottel 500g mayonnaise, klein bottel Chilli & knoffelsous, 1 liter melk. Meng sous.
Elkeen skep vir homself in di volgorde (pak die bakke so uit):
1. Rys
2. Maalvleis
3. Fritos
4. Kaas
5. Chutney Chips
6. Slaai
7. Sous


Potbrood en braaivleis

Braaivleis van jou keuse.
Potbrood:
2 kg Bruismeel
4 blikkies bier of 6 koppies langlewemelk
2 pakkies bruin uiesoppoeier of net sout
Meng alles saam en sit in platboompotte. Bak vir 1 uur.
Vir roosterkoek weergawe: Maak bolletjies, druk plat en rooster op foeliebedekte rooster vir 20 minute. Draai gereeld om.
Braaivleis en potbrood of roosterkoek met soet konfyt is 'n heerlike kombinasie. Boksie slaai kan ook daarby voorgesit word, bv beet/kerrieboontjies.


Elsabe van Zyl

Ons kamp byna elke naweek en beproef graag my resepte.
Ek stuur die paar resepte wat ek al beproef het.
Pasta a la Boere
Bestanddele
350 gram maalvleis
1 kleinerige ui, fyngekap
2 eetlepels olyfolie
250 ml dro witwyn
1 eetlepel botter
250 ml room - hoe dikker hoe beter
125 mg parmesan /cheddar
Metode
Knie die vleis tot dit so los as moontlik is. Braai die ui in die olyfolie en botter tot dit so 'n goue kleur begin kry. Voeg nou die maalvleis by en roer tot die vleis effe begin verkleur. Gooi nou die wyn by. Is dit nie die wonderlikste reuk in die wreld nie? Kook die wyn af, terwyl daar elke dan en wan geroer word. Dit behoort sowat 10 minute te neem. Nou is dit tyd vir die room: voeg by en gee die pot 4 tot 6 draaie van die pepermeul. Maak die kole meer en kook, totdat die room dikkerig begin raak. Haal af en gooi oor die pasta , soos conchiglie (skulpiepasta) of penne. Rond af met parmesan/cheddar. Heerlik


Chinese Braai

4 kg repies vleis (vark/bees/hoender)
4 kg 'Stir Fry' gevriesde groente
4 bottels 'Sweet & sour' sous en 1 bottel sojasous
sout en peper
5 koppies rys
Maak rys gaar in pot en roerbraai repies vleis en groente in skottelskaar. Bedien op rys en laat elkeen sous oorgooi volgens smaak.


Danie - Egafrikaans

Japtrap Ete

3 groot geskilde aartappels
1 ui fyn gekap
1 groen rissie fyngekap
olie
500 ml maalvleis
1 tamatie
2 ml neut
sout & peper

Kaassous:
15 ml margarien
250 ml melk
15 ml meel
250 ml kaas
30 ml sagte broodkrummels

Sny aartappel in 1 cm skywe. Ontvel tamatie en rasper
Kook aartappelskywe to sag. Plaas in 'n bak
Braai olie, uie en rissie en voeg maalvleis by
Voeg tamatie, geurmiddels, sout en peper by
Prut, skep oor aartappels
Gooi van die kaas in witsous en die res saam met die broodkrummels bo-oor vleis


Tanja van Papendorp

Ons vat gewoonlik 'n pakkie wors, wat in stukkies gesny word. Nie te fyn nie, lekker happiegrootte. Enige gemengde groente of pakke stirfry, hang af van jou smaak. Gooi dit op daai groot panne wat op die gasstofie gesit kan word. Ek sny baie klein aartappelblokkies ook in, klein genoeg dat dit vinnig gaar word, anders sit jy met rou aartappels. (Behalwe as jy dit voor die tyd wil gaarmaak - Ons wil gewonlik so gou moontlik maak)
Dan vat ek sommer 'n pakkie sop, gewoonlik groente, en maak dit met kookwater aan, ek skat maar, omtrent 'n koppie en meng dit by. Ek voeg maar blatjang en enige sous wat bietjie branderig is by, hang af wat ons saamneem.
Dan proe ek maar tot dit na my smaak lekker is. En dan natuurlik sout, peper, en speserye wat in die mandjie is.


Anka Grobler

Varkworsie-en-rysdis
560 ml water
310 ml rou witrys
5 ml sout
10 ml olie
25 g gerookte varkworsies
1 groen soetrissie, gekap
1 rooi soetrissie, gekap
2 klein knoffelhuisies, fyn gedruk
215 ml hoenderaftreksel
2 ml vars gemaalde swartpeper
3 klein uitjies, baie dun gesny
Verhit 500 ml van die water tot kookpunt en voeg die rys en sout by. Kook tot gaar, dreineer en stoom vir 10 minute. Hou eenkant. Terwyl die rys kook, verhit die olie in 'n swaarboompot en braai die wors daarin tot goudbruin en gaar. Skep uit en laat effens afkoel. Sny dan in bytgrootte stukkies. Braai die soetrissies in dieselfde pot tot sag. Skep die wors terug, voeg die knoffel by en braai vir 'n paar minute tot geurig. Voeg die aftreksel, swartpeper, uitjies en res van die water by en verhit tot kookpunt. Laat prut tot die vloeistof amper afgekook is en 'n geurige sous in die pot vorm. Voeg die rys by en meng deur. Sit warm voor. Genoeg vir ses mense


Nic Zwarts

My Pasta la Nicola was nog altyd n wenner.

Benodigdhede:
500g Penne pasta
500g Hoenderlewer
250 ml lemoensap
500ml melk
30g meelblom
30g margarien
Sout en peper na smaak
Hoender kruie en speserye
250ml vars room (Opsioneel)

Metode:
1. Maak hoenderlewer bietjie skoon (daar is soms nog galbuisies in die bevrore lewertjies)
2. Verbruin die lewer in n bietjie olie en kook dan in lemoensap met kruie, speserye, sout en peper.
3. Kook oor lae tot matige hitte totdat lewer gaar is en omtrent driekwart van vloeistof weggekook het.
4. Maak witsous van melk, meelblom en margarien: verhit meelblom en margarien tot sagte balletjie en voeg dan melk by. Roer totdat mengsel opgelos is en daar geen klonte in is nie. Die sous word dik as dit naby kookpunt kom.
5. Kook pasta volgens aanwysings.
6. Roer witsous en room in lewerpot in en skep oor pasta.

Genoeg vir 3 -4 mense. Smaaklike ete!


Bernadet Botes

Ons gaan kamp gereeld en dan maak ons die volgende.
Boeliebief en pap

1 blik boeliebief
1 blik tamaties gesny
1 ui
2 aartappels fyn gesny

Kook vir n paar minute tot die boeliebief fyn is en die uie en aartappels gaar.
Maak n potjie pap en eet dan die boeliebiefmengsel bo-oor.


Nonnie Erasmus

Maalvleis in kombersies

750ml olie
210ml koekmeelblom
knippie sout
8ml bakpoeier
1 groot eier geklop
80ml elk - melk en water, geklop
een derde basiese maalvleismengsel

Verhit olie in n diep kastrol. Sif meel, sout en bakpoeier saam. Voeg melkmengsel by en klop tot glad. Vorm klein, plat koekies van die vleis, doop dit in die beslag en braai bolletjies twee minute aan n kant in die warm olie of tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.


Nonnie Erasmus

Paelle a la Nonnie

Bestanddele
4 Gaar Hoenderborsies gevlok
2 Porsies Stokvis in blokkies gesny
1pk Seekosmengsel (Marinara)
750ml Gaar Geelrys
1 Ui in ringe gesny
3 Knoffelhuisies fyngedruk
1 Groen rissie in repe gesny
1 Groot ryp Tamatie in blokkies gesny
250ml Bevrore Ertjies
5ml Dro origanum
1pk Tamatiepasta
1tl Kerrie
Sout en Peper
Paar druppels Tabascosous

Metode

Berei in skottelskaar
Soteer uie, knoffel, kerrie en soetrissie in olie tot sag.
Voeg tamatie, stokvis en seekosmengsel by en prut tot sag.
Voeg hoender, tamatiepasta en ertjies by en roerbraai tot warm.
Voeg res van bestanddele by en roerbraai tot alles warm is.
Genoeg vir 6 - 8 persone.

Wenk
250ml rou rys lewer 500ml gaar rys.


Gerda de Swardt
Smullekker beesstert
Die beesstert word in n drukkoker gaargemaak om tyd te bespaar.

Bestanddele
1,25kg beesstert
4 - 6 aartappels (geskil en gehalveer)
2 uie
koppie gerasperde wortel (opsioneel)
Omtrent 250ml water
15ml margarien
10ml kerriepoeier
3ml sout & peper na smaak
60ml asyn
30ml blatjang
30ml tamatiesous
30ml heuning

Om die sous te maak
Meng die sout, peper, kerriepoeier, asyn, blatjang, tamatiesous, en heuning in n bak en hou eenkant tot benodig.

Gaarmaak
Braai beestert en uie in margarine tot bruin.
Voeg water by en drukkook vir omtrent een uur
Voeg aartappels & wortels by vleis
Voeg die sous by die vleis
Drukkook nog 15 minute
Haal deksel af en prut vir nog 20 minute die sous behoort nou al so lekker dik en bruinerig te wees by die vleis.

Bogenoemde kan ook gebak word in n swart ysterpot in die oond of selfs op die vuur.

Beide die volgende gaarmaakmetodes verg baie tyd. Dit is ideaal as jy ander dinge wil doen want jou vleis is in die oond besig om gaar te word en jy kan solank aangaan met die dinge wat jy moet doen. Jy kan so teen 11 uur in die oggend begin en teen skemer is die beesstert heerlik sag en sappig reg om te eet!

As jy die voorreg het om in die bos op op vakansie te wees, stel net iemand aan om die kole dop te hou en teen n konstante lae hitte te laat voortgaan, terwyl jy miskien n draai gaan ry of iets dergeliks. Moet net nie dat die vleis aanbrand nie.

In die oond Nadat jy die vleis en uie effens bruin gebraai het, voeg bietjie water by in die ysterpot en bak die vleis op n lae hitte vir omtrent 5 ure. Dit moet warm genoeg wees dat die vleis gaar en sag word maar nie so warm dat die vleis in die pot aanbrand nie. Die vleis moet baie stadig gaar word sodat dit lekker sag is. Plaas dan die aartappel, wortels en sous by, maak die deksel toe en bak op dieselfde stadige hitte vir nog omtrent een uur. Bak dan met lae hitte verder vir omtrent 15 minute met die deksel af.

Op die vuur Braai die beesstert effens bruin in klein bietjie olie in die driepoot-ysterpotjie, maak die deksel toe en laat die pot op die medium kole staan (hoog genoeg van die kole af sodat dit nie kan aanbrand nie. Sit van tyd tot tyd n paar kole bo op die deksel sodat daar hitte van bo af ook kan wees. Na omtrent 5 tot ses ure, sit die aartappels, wortels en sous by. Laat staan op die kole (met die deksel op) vir omtrent nog een uur jy kan weer n paar kole op die deksel plaas. Kook dan vir so 15 minute sonder die deksel.

Die belangrike ding van die gereg is dat die vleis sag moet wees en amper van die bene afval, sonder dat dit aangebrand het.


Gerda de Swardt
Rump steak flamb

As jy vir meer as twee persone moet kosmaak, gebruik meer as een pan en n helper of twee want jy gaan bontstaan.

Bestanddele
Een goed rypgemaakte Rump-steak of T-Bone-steak hang ook af van hoeveel mense gaan saam eet dan maak jy maar meer - soveel sodat almal genoeg kan eet
Uie in klein blokkies gesny
Knoffel omtrent soveel soos jou vroutjie se hand vol
Extra Virgin Olyf-olie
Sout
Peper
Dijon Mostert
Appelkooskonfyt
Brandewyn of Rum
Mash potatoes oftewel Kapokaartappels
Groente na jou keuse

Gaarmaak
Onthou om eers jou mash en groente gereed te kry want hierdie is n vinnige dis. Jy kan liewers voor die tyd vir jou en jou gaste so n koue enetjie ingooi as terwyl jy besig is met die dis, want dis kophou en vinnig gaarmaak. Ek s net weer, pasop vir die mense wat ook n Dikkes in hulle vriendekring het, want hy gaan inseil in daai brandewyn of rum. Sorg dus dat jy so n botteltjie wegsteek om die steak mee te flamb.

Nou ja, kom ons begin. Neem n lekker groot pan, want jy gaan mos n bul van n steak gaarmaak. As jy dit op die kole wil maak moet jou vuur al aangesteek wees en die kole moet reg wees, lekker warm. Die pan moet op n staander of rooster geplaas word so entjie bo die kole. Moet nou net nie n pan gaan staan en gebruik wat n plastiek handvatsel of iets dergeliks het nie, want dit gaan smelt. Gebruik n pan wat vir die buitelug gemaak is. Op die oondplaat is dit maklik. Sit die plaat net op warm.

Gooi bietjie olyf-olie in die pan, gooi die knoffel en uie in en sautee dit. Onthou dat die geheim is om nie die knoffel en uie toe te laat om te donker te kleur nie, want dit gaan bitter word. Dit moet so n goue kleur kry, dan is dit reg.

Neem nou die steak en gooi dit ook in die pan. Gooi onmiddellik die rum of brandewyn by - nie te veel nie dit moet omtrent so n derde van die steak toemaak van onder af. Steek dit aan die brand. n Maklike manier is om die pan so bietjie skuins te hou en dan die brandewyn of rum aan die brand te steek. Laat dit vir omtrent 30 sekondes brand, draai dan die steak om en brand weer vir omtrent 30 sekondes. Haal die pan af, neem die steak uit en smeer met n bietjie Dijon mostert en appelkooskonfyt aan beide kante. Plaas dan die steak weer terug in die pan, sit die pan weer op die warm plaat of warm kole en braai vir omtrent 3 minute aan beide kante vir medium rare afhangende van hoe jy jou steak wil gaar h, kan jy dit langer braai.

Haal die pan af en skep die steak op saam met jou mash en groente. As jy wil gooi bietjie sout en peper op die steak dis jou keuse. Die knoffel, uie en brandewyn of rumsous wat in die pan oorbly, gooi jy op jou steak en mash.

Jy kan natuurlik die steak eet saam met wat jy wil, so as jy aartappleskyfies of gekookte aartappel wil maak, doen so, sorg net dat dit bykans reg is wanneer jy met die steak begin want dit gaan vinnig.

Die kombinasie van geure laat jou mond sommer water as dit so braai en as jy eet, kan jy al die lekker bestanddele proe.


Ina Snyman

Cowboy kos

Uie
Maalvleis
1 blikkie gekapte tamatie
1 blikkie "baked beans"
1 blikkie bake beans
1 vars groen rissie (green pepper)
1 vars fyn knoffel
Rissie
koppie brandewyn
koppie rooiwyn

Soteer uie en knoffel
Voeg maalvleis by, braai liggies tot gaar
Voeg chilli by (1 teelepel)
Voeg brandewyn en rooiwyn by
Prut vir 20 minute
Voeg blikkies boontjies (sonder water) by
Voeg groen rissie by

Roer deur en prut 5 min


Gerbrecht van der Vyver

Hoenderpan

Gebruik 'n skottelskaar. Die een met die gas soos aan ons bekend.

2 kg Hoender
4 Groot uie in ringe gesny
2 Vars rooi rissies
1 pak Sampioene
200 ml Vars room
100 ml Brandewyn
Olyfolie
Knoffel

Verbruin 2 van die uie in 'n bietjie olie in die pan. Maak seker dat dit goed oor die pan geroer word om die hele pan te smeer. Sit die pan af en laat afkoel terwyl uie uitgeskep word vir later. Smeer die hoender liggies met olie en gooi baie liggies speserye. (as dit nou te veel is gaan dit die geur verander) Sodra die pan afgekoel het kan dit weer aangesteek word (hierdie uiegeur het nou in die pan ingetrek en die olie maak 'n lagie in die pan sodat dit nie vasbrand nie) Plaas nou die hoender in die pan en laat stadig prut tot amper gaar. (baie stadig - so 3 trekke) Gooi die rissies en knoffel en die reeds gaar uie by die vleis (daar gaan nie veel van die uie oorbly nie) Laat prut vir 10 min. Gee gas tot warm! Gooi die brandewyn by en steek aan met vlam. Wag tot die alkohol uitgebrand is en bring die hitte af. Gooi die rou uie en sampioene en room in. Braai tot die room weer begin skei. Skep op rys en eet voor die bure kom!


Gerbrecht van der Vyver

Lewer of steakgereg

Steak of lewer in repies gesny
1 Green Pepper
1 Geel Pepper
1 Rooi Pepper
1 pak Sampioene
2 groot Uie
1 houertjie Vars Room

Braai uie, sampioene en peppers saam en hou eenkant. Braai steak of lewer gaar. Meng alles saam in 'n skottelskaar, gooi room oor en prut vir 5 - 10 minute. Bedien met rys.


Susan Smith

Kampkerriekos
500g boerewors, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
2 uie gekap
15 ml kookolie
2 ml rissiepoeier
15 ml kerriepoeier
250 ml vleisaftreksel
15 ml tamatiepuree
30 ml suurlemoensap
5 ml sout
2 ml vars gemaalde swartpeper
3 aartappels, in blokkies gesny
4 piesangs, in skywe gesny

Metode:
Rooster wors tot byna gaar. Hou eenkant warm. Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie. Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens. Voeg verhitte vleisaftreksel, tamatiepuree, suurlemoensap, sout en peper by. Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute. Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik. Sit voor met gebotterde heelgraanbrood.

Viskoekies
1 groot blik sardientjies in tamatiesous
400-500 g kapokaartappels
1 ui, fyn gekap
10 ml olyfolie
45 ml vars pietersielie, gekap
15 ml vars suurlemoensap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
meel
1 eier
dro broodkrummels
Metode:
Vlok sardientjies in n mengbak. Voeg kapokaartappels by en meng. Braai ui oor matige hitte in olyfolie tot sag en deurskynend. Voeg by mengsel in mengbak saam met die pietersielie. Geur met suurlemoensap en sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas in yskas tot ferm of voeg bruin-broodkrummels by om dit hanteerbaar te maak. Vorm in koekies en doop in koekmeelblom, geklitse eier en dro broodkrummels. Braai in warm olie tot goudbruin aan weerskante. Lewer sowat 24 koekies.