Minette Brink

 
 


Eksamenvlatirs
 

 
 
EK is nie aldag seker waar die sogenaamde ‘eksamenflaters’ vandaan kom en of iemand nie maar net die goed opmaak nie.
Maar hoe ookal die geval, dankie aan vriend AW wat my dag met dié e-possie opgekikker het:
“Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het opgehou om met die hand te reproduseer en met masjiene begin reproduseer.
Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van riviere laat ontstaan.
Johann Bach het baie musiekkomposisies geskryf en ook baie kinders. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe.
Bach was die beroemdste komponis in die wêreld en Händel was ook. Händel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels. Hy was 'n baie groot man.
Ou Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal in hierdie griewe geskryf. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon. Die klimaat was só erg dat al die inwoners op ander plekke moes bly.
Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is.
Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.
Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd byekorwe gehad.
Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder hulle sou ons nie 'n geskiedenis gehad het nie. Die Grieke het ook mites gehad.
'n Mite is 'n motwyfie.
Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid wat rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is dood aan 'n oordosis willekeur.
Ná sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.
In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en disnis gegooi.
Julius Caesar het homself op die slagvelde van Gallië onderskryf.
Toe hy doodgaan, het hy gesê: 'En toe, Boetie?'
Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf.
Koning Elizabeth was 'n sukses. Sy het haar volk se probleme aangetrek en wanneer sy haar so aangetrek het voor haar soldate, het hulle almal geskree: 'Hoera!'
Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings.
Gutenberg het die wynpers en die Bybel uitgevind.
Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop.
Peter Stuyvesant is 'n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook.
Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare.
Hy is in die jaar 1564 gebore en party mense dink dit was op sy verjaardag.
Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomieë geskryf.
Romeo and Juliet is een voorbeeld.
Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword. Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n babatjie was en hy is gebore in 'n houthut wat hy met sy eie hande gebou het.
Hy is later doodgeskiet deur John Wilkes Booth, wat hulle sê 'n mal akteur was. Dit het Booth se loopbaan heeltemal geruïneer.
Beethoven het musiek geskryf al was hy doof.
Hy was só doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep.
Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is.
Louis Pasteur het 'n manier uitgevind om dol honde gesond te maak.
Charles Darwin was 'n natuurkundige wat die Organ of the Species geskryf het.”
Daar het jy dit nou.