Minette Brink

 
 


Huisvrougids
 

 
 
DAMES, hier volg die laaste woorde oor die volmaakte huisvrou en eggenote. Baie dankie aan Estelle wat goedgunstiglik dié kosbaarheid per e-pos aangestuur het.
‘Hou aandete vir manlief gereed. Beplan vooruit, selfs die vorige aand al, om ʼn smaaklike ete gereed te hę wanneer hy van die werk af kom. Dit is die manier waarop jy wys dat jy die hele dag aan hom gedink het en so besorg is oor sy behoeftes. Die meeste mans is rasend van die honger wanneer hulle tuiskom en die vooruitsig van ʼn warm bord kos (veral sy gunsteling gereg) is die deel van die vereiste hartlike verwelkoming tuis.
Maak jouself mooi. Rus vir 15 minute sodat jy verkwik is wanneer mangoete huis toe kom. Knap jou grimering op, druk ʼn strik in jou hare en lyk vars. Onthou hy het die heeldag saam met ʼn klomp werksmoeë mense deurgebring.
Wees opgeruimd en ʼn bietjie meer interessant vir hom. Sy vervelige dag het ʼn ligpuntjie nodig en een van jou pligte is om daarin te voorsien.
Ruim die gemors op. Maak ʼn laaste draai deur die huis net voor liefie huis toe kom. Tel skoolboeke, speelgoed en papiere op en gly ʼn stoflap oor die tafels.
In die koeler maande moet jy ʼn kaggelvuur aansteek waarby hy kan ontspan. Jou eggenoot moet voel asof hy ʼn veilige hawe van rus en orde bereik het. Dit sal jou ook goed laat voel. Om in sy gemak te voorsien, sal jou geweldige persoonlike genot verskaf.
Kry die kinders gereed. Was hulle handjies en gesiggies, kam hulle hare en trek skoon klere aan. Hulle is klein skatte en manlief wil sien hoe hulle die rol vertolk. Beperk geraas tot die minimum. Sodra hy tuis kom, skakel die wasmasjien, droeër en sofsuier af. Moedig die kinders aan om stil te wees.
Wees verheug om hom te sien.
Groet hom met ʼn innemende glimlag en wees opreg in jou begeerte om hom te plesier.
Luister na hom. Jy mag dalk ʼn dosyn belangrike dinge hę om hom te vertel, maar sy tuiskoms is nie die aangewese tyd nie. Laat hom eerste praat- onthou, sy onderwerpe van bespreking is baie belangriker as joune.
Maak dit sy aand. Moenie kla as hy laat is, sonder jou uitgaan vir ete of na ander plekke van vermaak nie. Probeer eerder om sy węreld vol stres en druk en behoefte aan ontspanning tuis te verstaan.
Jou doelwit is om jou huis ʼn plek van vrede, orde en kalmte te maak waar jou man homself na liggaam en gees kan verkwik.
Moet hom nie inwag met klagtes en probleme nie.
Moenie eens kla al kuier hy die hele aand elders nie. Beskou dit as die minste in vergelyking met alles wat hy die dag moes deurmaak.
Maak hom gemaklik. Laat hom terugsit in ʼn gemaklike leunstoel of teruglę op die bed. Hou ʼn warm of koue drankie byderhand.
Druk sy kussing in plek en bied aan om sy skoene uit te trek. Praat in ʼn lae, strelende en koesterende stem.
Moenie hom oor sy dade uitvra of sy integriteit veroordeel nie. Onthou, hy is die baas van die huis en sal as sulks sy wil met regverdigheid en waarheidsin uitvoer. Jy het geen reg om hom teen te staan nie.
En laaste, maar nie die minste, ʼn goeie huisvrou ken altyd haar plek.

Die artikel het in die Housekeeping Monthly van 13 Mei 1955 verskyn.

Presies 50 jaar later wil ek graag daarop kommentaar lewer:
Hahahahahahahahahaaaaaa….asemnood….hahahahahaaaa….