Minette Brink

 
 

Ek fletter soos 'n vlinder in my nuwe kaftan
 

 
 
TOE die derde persoon binne 'n week my nie met “Hallo, Minette” begroet nie, maar wel met, “LIEWE D…., WAT HET JY INGESLUK,” toe weet ek.
Dit is tyd om die waarheid in die spieël en aan die bas te aanvaar en iets te begin doen.
Ek moet erken ek het die afgelope weke agtergekom die broeke sit al hoe stywer, die hemde al hoe knapper, maar ontkenning is 'n lelike ding.
En daar is altyd 'n groter nommer wat iewers in die kas rondlę.
Maar selfs die grootste paar jeans sit deesdae soos 'n stovepipe.
Ek ken min mense met skale (hey, ek weet hoe om my vriende te kies), maar die anderdag sien ek Bets het sowaar een verskuil in haar badkamer.
Waag toe maar die kans en klim suutjies op. Ek wil tog nie die ding met my logge liggaam breek nie.
Maar ek kan nie die syfertjies sien nie en suig toe maar asem op. Dit help niks en twee arms moet toe maar help om die stuk pens in te hark.
Ek dog ek word flou en moes aan die bad se rand vasgryp om nie myself teen die yskoue teëls te pletter te val nie. Yskoud soos my hart.
Want op 85 kilogram was ek laas so swaar soos op die vooraand van my laaste kraamslag…
Ek doen nie die diet-ding nie. Dis 'n pyn, dit mors net geld en tyd en baie min mense is suksesvol, daarvan is ek die beste voorbeeld.
Maar dié keer het ek beswaarlik 'n keuse en 'n beangste soektog op die internet gee darem weer so 'n bietjie moed.
Nadat ek veertig verhale van “hoe ek 256 kilogram in twee dae verloor het en ek het geëet wat ek wil” gelees het, is ek ready Freddy.
Gewapen met die koolsopdieet, gevolg deur die proteďendieet, dan Nataniël se lensiedieet, die vrugtevas en afgesluit met 'n weeklank van net water – die hele bedryf sal my drie maande vat waarna ek 12 kilogram gaan weeg.
Perfek.
En daar begin ek en raak amper naar, want koolsop vir brekfis is nie spek en eiers nie.
En daar hou ek dieselfde aand op, want my kop gaan ontplof en my vel lyk soos die oppervlak van die maan.
Nou goed, dan kyk ons hoe lyk ons mediese fonds se beperkings op spesiale operasies. Maar helaas, nęrens, maar nęrens word een enkele woordjie genoem dat liposuction in die Minette-lid se geval wel uitgevoer sal word synde dit bevorderlik vir haar geestesgesondheid sal wees nie.
Tekkies aan en ek maak maar of ek nie hoor hoe blęr die kinders van die lag toe ek oor my skouer sę: "Mamma gaan om die blok draf. Wees soet, moenie die deur vir enige iemand oopmaak nie, behalwe vir Mamma, onthou hoe’t ons laas baklei en Mamma tot donker buite in die koue sit en smeek het om in te kom. Anyway, Mamma sal seker so 'n uurtjie weg wees."
En ek draf vuur en vlam die hele 15 treë tot by die motorhek, draai net daar om en sleep myself blasend, hygend, rooiwarm en natgesweet tot by die voordeur.
Klop met my laaste asem flou aan die deur en krys skaars hoorbaar: "Mamma is terug, maak oooooopp……"
"Nee," sę die kind agter die deur, "ons mag vir NIEMAND oopmaak nie…"
Die volgende oggend toe Chinatown se eerste stalletjies oopmaak, staan ek stywebeen voor die deur.
"Ek soek kaftans. In bulk. En terwyl julle my nuwe rokke laai, sal ek by die restaurant sit en myself verdiep in die menu."
Daar kom 'n tyd in elke vrou se lewe…