YALLA Habibi

 
 

Minette Brink
 

 
 
Twee woorde wat haar lewe sou verander.
Yalla, Habibi, het hy sy laaste brief afgesluit. En toe sy die betekenis gaan opsoek, het die woorde iets in haar yskoue hart laat beweeg.
Hoekom sou hy dit sÍ, het sy gewonder. Na jare se skryf oor die weer en die werk en nikseggende oppervlakkigheid, hoekom nou dit sÍ?
Dit maak haar deurmekaar, diť anders as die gewone. Hy weet van haar vrese. Hy verstaan tog dat vriendskap beter as liefde is.
Ek moet gaan, het sy iewers in die middel van die nag geweet. Na ure en ure van wakkerlÍ, van wonder, van twyfel, het sy opgestaan, die leersak afgestof en begin pak.
Een sak is genoeg vir een mens. Genoeg vir Ďn ewigheid se reise, onbekende plekke, het sy vir die vrou in die spieŽl verduidelik.
Die spieŽlvrou het gefrons.
Jy weet nie wat jy doen nie, het sy gemaan. Jy maak die grootste fout van jou lewe, het sy gewaarsku. Jy ken hom nie.
Miskien, het sy geantwoord, maar na al diť tyd dink ek ek weet wie hy is. En ek wag al Ďn leeftyd vir hierdie oomblik.
Die spieŽlvrou het begin lag. Werklik, het sy gesnou, dink jy regtig hierdie een is anders? Dink jy regtig jy gaan diť keer heel anderkant uitkom?
Syít op die mat gaan sit en in die dowwe skynsel van die maan haar voorkop teen die spieŽlvrou sín gedruk.
Ek weet nie baie nie, het sy gesug, maar hierdie een Ūs anders. Hierdie een is wys, maar alleen. Hierdie een ken die skaduwees beter as ek.
Toe die spieŽlvrou niks sÍ nie, kry sy nuwe moed.
Onthou jy nie meer nie, het sy gefluister, bang dat die ander vrou haar soos altyd sal onderkry.
Onthou jy nie toe jy nog jonk was en nog gedroom het nie? Van vreemde plekke met towername, van skadumense wat om vure dans, van musiek met oer-oue ritmes en speseryreuke wat jou bedwelm en deelmaak van die droom nie?
Die spieŽlvrou het haar kop laat sak. Ja, het sy na Ďn rukkie gesÍ, natuurlik onthou ek.
Drome van Ďn prins wat my sou ontvoer en vir ewig soos goud sou oppas. Kelims en tente in Ďn spierwit woestyn, dansende vrouens met fyn enkelklokkies en geheimsinnige oŽ gitswart omlyn.
Syít begin lag.
En wat van die duisende ander fantasieŽ, die goue draadjies van hoop, wat ten spyte van die hartseer en die pyn en die eie alleen, jou laat bly glo het dat alles eendag sal wees soos dit moet?
Die stilte het swaar asemgehaal.
Toe sy uiteindelik opkyk, het die vrou in die spieŽl se oŽ onnatuurlik in die maanlig geblink. Huil jy, het sy gevra en verbaas oor haar eie wange gevoel.
Nee, het die een in die spieŽl gesÍ, ek het skielik my hart gevoel, vir die eerste keer vandat ek kan onthou.
Sy het opgestaan en die leersak oor haar skouer gehang, vir oulaas haar oŽ oor die skielik onbekende kamer laat gly.
En voor sy die deur finaal agter haar toetrek, wou sy tog vir die spieŽlvrou tot siens sÍ, vir jare se regophou dankie sÍ, maar diť was lankal weg.