n Vaste Fondament

 
     
 
Lees: Kolossense 2:1-7

As tekenaar kry ek dikwels interessante versoeke, om geboue te ontwerp wat dikwels baie anders is as net die gewone woonhuis. So kry ek n klompie jare gelede n versoek van n lewensredderklub in Ballito om vir hulle n gebou op die strand te ontwerp, vanwaar hulle die mense wat in die see baljaar kan dophou. Hulle was nie tevrede daarmee dat die gebou LANGS die strand staan nie - nee, dit moes reg OP die strand staan! Ek het na allerhande kante toe begin wonder hoe n mens hierdie gebou so sou anker dat n rowwe see nie dalk sy fondasies sou ondergrawe nie, en uiteindelik gaan ek kers opsteek by n ingenieur. Hy het die saak net een kyk gegee, en toe s hy dat hy met niks minder tevrede sou wees nie, as dat die fondasies op rots gel word. 

Geld om die plek te bou was maar baie skraps, maar die man het voet by stuk gehou, en toe begin die groot grawe in die los sand vir n rotsbank. Na n groot gesukkel en baie swets deur die arme bouer, is die fondasies uiteindelik op n soliede rots gegooi, en toe kon die bouwerk begin.

Nie baie vr van hierdie geboutjie af nie, beplan iemand anders n paar jaar later n groot, duur gebou, baie naby aan die strand, maar hoog teen die bult op. Toe die konstruksie begin, kom l die stadsingenieur n besoek af, en hy beveel aan dat die gebou se fondamente moet rus op betonpilare wat tot op vaste rots gesink word. Vir die ontwikkelaar was dit net te veel moeite en geld, en boonop is die gebou mos veilig, vr bokant seevlak! En hy volg sy eie kop!

Ballito se berugte storm het gekom, en die lewensredders geboutjie is gepeper met reuse branders. Sy vensters is stukkend geslaan, en alles wat binne is, is verwoes, maar die gebou het stewig bly staan op sy rotsfondament. Die ander gebou was minder gelukkig, want die see het gekom en al die sand van die berg waarop hy gebou is, onder hom uit gespoel. Alhoewel nie n enkele golf eers die gebou geraak het nie, het hy inmekaar getuimel.

Met n mens se geloof is dit ook soos met n gebou. Die Heilige Gees gee vir jou daardie kosbare geskenk met die naam geloof. Met hierdie geskenk het jy n kaartjie na die ewige lewe, in Jesus Christus wat daarvoor betaal het. Hierdie geloof-geskenk is egter baie spesiaal, want jy kan hom nie maar net gaan toedraai en rens in n kas bre nie - nee, hy moet gebruik word, en behoorlik gevestig word. Al te dikwels bou Christene hulle geloofshuisie sommer so goedkoop-goedkoop, sonder om eers behoorlike fondasies te l. Om waarlik jou geloof te kan vestig, is nie maklik nie - dit kos harde werk. Ek kry baie briewe waar Christene hulle probleme bekla, en dikwels kan ek met die eerste oogopslag sien dat die grootste probleem is dat die persoon nie n fondament het onder sy geloofsgebou nie. 

Die vraag is: hoe bou ek daardie fondament? Daar is n paar elemente by betrokke: Die eerste, en belangrikste is gebed. Gebed is jou kommunikasiekanaal met God. Sorg dat daar n behoorlike verbinding is. Om te bid beteken nie noodwendig dat jy in jou binnekamer vir God aanbid nie - dit beteken dat jy dwarsdeur die dag, selfs by jou werk, oomblikke afknyp en stilletjies met Hom praat - gesels. Wees bewus van God se teenwoordigheid waar jy ookal gaan.

Die tweede element is om meer te wil weet van hierdie wonderlike God en Sy wil vir jou lewe. Maak n studie van Sy woord - daar is soveel wonderlike Bybelstudiegidse beskikbaar. Ek gebruik Die Bybellennium baie intensief, want dit is n alles-in-een studiegids. Dikwels moet ek egter baie verder gaan soek vir antwoorde. Om maar net elke dag n dagstukkie te lees, is nie Bybelstudie nie.

Die derde element in die bou van jou geloofshuis, is om die krag wat jy in gebed kry en die kennis en insig wat jy in jou Bybelstudie kry prakties uit te leef. Oefen die dinge wat jy geleer het. Hoe doen jy dit? Die eerste stap is om gereeld met ander Christene te kommunikeer en mekaar te versterk - dit doen jy by die kerk en selgroepe. Dit moet egter nie daar bly nie, want hierdie is slegs die werkswinkel waar jy leer en inspirasie kry. Jy moet ook skouer aan die wiel sit en jou kennis uitdra na ander. Leef jou Christelike liefde prakties uit na buite op jou eie unieke manier. Sodoende help jy nie alleen om die koninkryk van God uit te brei nie, maar die bonus is dat jy daarmee n vaste fondament vir jou geloof vestig.

Storms in die lewe is onvermydelik. Die Christen wie se geloofshuis sommer so goedkoop-goedkoop gebou is, gaan groot skade kry wanneer die storm kom, maar die een wat hard gewerk het aan daardie fondament, en dit op Christus gevestig het, sal staande bly.

Gebed:
Here, gee my asseblief vandag die ywer om diensbaar te wees in U koninkryk, en herinner my gedurig aan U teenwoordigheid.