Nommer 101

Besoek my Webwerf

21 November 2006

 
 

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

 
 

Argiewe

Resepte

Reisigersforum

GPS

 
 
 
 

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!

Weereens het ek artikels deur Estelle de Bruyn en Annelie Botes, ek is seker julle sal dit geniet!

Laaskeer het ek gevra watter disse sou jy beskou as Tradisioneel Suid-Afrikaans, die volgende persone kry elkeen een van my CD's:

Nandi
Skaapboud, papats, geelrys met rosyne:

Resep? Nee!! Die skaapboud gooi jy mos maar sout en lekker speserye en goete en prop die ding in die oond tot gaar en die hele ruik na gebraaide skaapboud. Patats foeter jy in 'n pot en kook tot sag, skil af en mash met bietjie suiker en botter. Rys kook jy en gooi bietjie borrie in vir die geel met rosyne [weet nie wanneer gooi jy die rosyne in nie] en whalla, daar het jy 'n ete. Met 'n lekker slaai of twee daarby!! :-))))


Kari

Ek het as klein dogtertjie (en ek bedoel baie klein) ek was ses weke oud - al saam met my oupa naweke gaan visvang. Ek was sy blue-eyed girl. Vandat ek kan onthou het hy vir ons vroegoggende op die gasstofie kondensmelk koffie gemaak en in die middae kondensmelk tee. Saam met dit moes daar natuurlik karringmelk beskuit geet word.

Ek weet nie of die resep wat ek het dieselfde is as daardie tyd nie, maar vir my is dit iets wat tot vandag nog by my bly en so eg Suidafrikaans as wat kan kom.

KARRINGMELK BESKUIT:

9x250ml volkoringmeel
4x250ml koekmeelblom
45ml vlapoeier
25ml koeksoda
15ml kremetart
20ml sout
500ml suiker 6x250ml (1.5liter) karringmelk
500ml olie 60ml druiwe asyn

Voorverhit die oond tot 180C. Spuit twee groot broodpanne van 34x11x7cm met kleefwerende kossproei of smeer goed met botter of margarien. Sprinkel n bietjie volkoringmeel op die boom en teen die kante van die pan. Sif die volkoringmeel, koekmeelblom, vlapoeier, koeksoda, kremetart en sout saam in n groot mengbak. Voeg die semels wat in die sif agtergebly het, weer by. Voeg die suiker by meelmengsel en meng goed. Meng die karringmelk, olie en druiweasyn en voeg by. Meng goed deur met houtlepel. Skep in voorbereide panne en maak gelyk bo-op. Bak 1 uur lank of tot gaar en ligbruin van bo en totdat n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom. Laat effens afkoel en keer uit of draadrakke om heeltemal af te koel. Sny in stukke en droog uit by 100C. Lewer ongeveer 110 stukke


Miems van den Heever

Bobotie
Dit is van die vroegste jare af al in die kaap bedien
My ouma het dit gemaak my ma en nou ek ook

Bobotie
2 uie
kookolie of botter
1 kg maalvleis
1 sny brood
1 koppie melk
2 eiers
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel suiker
2 teelepels sout
teelepel peper
teelepel borrie
2 eetlepels asyn of suurlemoensap
koppie pitlose rosyne
4 lourierblare of suurlemoenblare
3 eetlepels blatjang
6 amandels in kwarte verdeel opsioneel

voorverhit die oond tot 180 grade C
skil uie en kerf fyn braai dan t ot effens bruin
braai dan die maalveis saam met uie tot gaar
week die brood in melk en druk die melk uit maak die brood fun
meng al die bestandele behalwe n koppie melk 1 eier en die lourier blare
skep mengsel in gesemmerde oondbak
rol die blare op en steek in die mengsel in
bak n uur lank
klop die eier en oorblywende melkk goed en giet oor die vleis n halfuur voordat dit uit die oond kom
sit voor met blantjang en geelrys


Minette

O dis maklik. Paptert. Nee, ek lieg. Braaivleis. Of wag, 'n bord boerekos. Soos ouma dit op die plaas maak op 'n Sondagmiddag. Jip, dis hy daai. Ok, sal jy dan Minette se resep so laai:

Bord Boerekos:

Gebraaide hoenderdytjie
2 Skywe lamsboud
1 porsie Bobotie
Soetpatats
Geelrys SONDER DAAI DOOIE VLIEE (ok, sonder rosyntjies)
blomkool en brokkoli met kaassous
boontjies met aartappel, spek, uie, room en swartpeper
ordentlik gravy (nie die pakkiesoort nie)
skorsies met sweetcorn en baba ertjies
Goudbruin gebraaide aartappel wedges (sorry, maar wiggies klink stupid, wedges klink soos iets waarin jy jou tande kan slaat)
gerasperde kool, wortel en radys slaai met mayo(verdun met melk)
soetsuur beetslaai
mengelslaai
aartappelslaai SONDER EIER EN KONDENSMELK EN AL DAAI DONNERSE TRIMMINGS WAT EINTLIK IN "N BASAARTRIFLE HOORT

Ok, ek dink ek sal eers ok wees met so 'n outjie.
Wat dink jy?


Lyk my Bobotie is maar die dis wat die meeste mense sien as Tradisioneel Suid-Afrikaans, hier is nog een:


Wilna Geel 

Bobotie met geelrys en rosyne.

Ek kan nie 'n rede verskaf nie. Is net so Tradisioneel as kan kom.
Hier volg 'n resep:
BOBOTIE:
1 kg gemaalde skaap of beesvleis
2 uie
1 sny brood
1 k melk
2 eiers
1 3 kerriepoeier
1 e suiker
2 t sout
t peper
e borrie
2 e asyn of die sap van 1 suurlemoen
6 amandels in kwarte verdeel ( opsioneel )
ontpitte rosyne
4 suurlemoen- of lourierblare of die gerasperde geel skil van 1 suurlemoen
3 e blatjang
Dop die buitenste dro skilletjies van die uie af, sny die uie dan in dun skyfies en kerf dit fyn. Braai dit efffens bruin in warm vet en indien rou vleis gebruik word, braai dit saam met die uie tot dit effens gaar en los is.
Week die brood in die melk en druk weer die melk uit. Maak die brood fyn.
Meng al die bestanddele, behalwe 1 eier, melk en die suurlemoenblare.
Sit die mengsel in n gesmeerde, vuurvaste bakskottel en steek die blare in die mengsel sodat hulle regop staan.
Bak dit 1 uur lank in n matige oond by 180C as rou vleis gebruik word en 45 minute lank as gaar vleis vleis gebruik word.
Klop die oorblywende en koppie melk en gooi dit oor die vleis n halfuur voordat dit uit die oond gehaal word.
Dien dit op met gekookte rys en blatjang.

Gekenke?

Die tyd van die jaar krap mens gewoonlik kop oor wat om vir wie vir Kersfees te koop. Wat van 'n interessante eBoek of CD? Ek het nogal 'n verskeindenheid, klik gerus hier om te gaan kyk. My nuutste poging is 'n Engelse een, The FunkyMunky Christmas CD met 'n hele paar Kersresepteboeke en ook tradisionele Kersverhale.

Estelle de Bruyn

Kom ons skop oudergewoonte af met Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibi. Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle.

MELK EN HEUNING

WAT wou, n land van melk en heuning! Namibi is n land van tjops en lager f kreef en koedoebiltong. Waar kry jy nou lekkerder?
Die rede hoekom toeriste ons land wil besoek is velerlei. Groot oop spasies, strande waar jy van horison tot horison kan kyk en alleen wees, asemsnakkende vistas, wuiwende savanna grasvelde, golwende geel duine in die Namib woestyn, en n oorvloed van wilde diere. En natuurlik privaatheid.
Hoe dan anders in n land so groot soos Frankryk en Duitsland saam met n skamele bevolking van 1,8 miljoen mense. n Mens verwag dit en maak aanspraak op daardie wonderlike welluidende stiltes, weg van die Europese autobahns en die "ring roads". Ons eis die reg tot n wegkomskans op soos n eersgeboortereg wat nie vir n pot lensiesop verkwansel sal word nie.
Wat is dan nou lekkerder om op n luilekker middag in die pad te val en iewers buite die stad onder n boom stil te hou en sommer net die geur van vars veldgras in te asem en jou te verlustig in die natuur sonder dat n ander siel in die rondte is.
Windhoek self is n stad anders as enige ander. Dis die mooiste, skoonste hoofstad, so dink ek altans, ter wreld. Spitsverkeer, wat ons met n grynslag en hare op jou tande verduur, is niks in vergelyking met die verkeersdrukte wat stede soos New York of London op n stil Sondagmiddag ervaar nie. Selfs in Windhoek is die vredige stilte van n laatnag stoepsit en nabetragting hou oor die dag se gebeure terwyl jy uitkyk oor die stadsliggies, n anderster lekkerte as wat die belewenis in enige ander stad kan wees. Die stad en sy mense kom letterlik tot rus. Daar is niks van die gejaagsheid en haas van ander plekke nie. Nie eers n plek soos Pretoria, wat gemeet aan ander wreldstede maar n plattelandse ou plekkie is, kan saans so bedaar soos Windhoek nie.
Noem vir my nog n hoofstad van n land waar n mens saans uit jou voortuin na die sterre kan kyk en die melkweg kan identifiseer.
In Windhoek is die verkopers van handgemaakte tradisionele ware, houtsneewerk en mandjies soos professionele winkelassistente in boetieks in Parys en laat jou toe om rustig hul ware te besigtig en pryse te vra, teenoor smouse in ander dele van ons vasteland of die ooste wat jou bombardeer en intimideer met hul aanslag om jou beursie. Ek weet van mense wat byvoorbeeld in Marokko of Tunisi graag n mooi mat wou koop en op die ou end met le hande weg is sonder n enkele inkopie omdat die teistering en harde verkooptegnieke, die manier waarop smouse later op n mens skree hulle so ontsenu het, dat hulle liewer weggestap het, maak nie saak hoe mooi die mat was nie.
Ons leef inderdaad in n paradys, n Eden op aarde met soveel om voor dankbaar te wees. Vrede, stilte, braaivleis en sjokolade, stil smouse, groot uitspansels en bo alles lekker vriendelike mense wat dit n vreugde maak om jou alledaagse lewe hier op hierdie kolletjie aarde te lei.
Hou maar die melk en heuning. Ons is lekker net soos ons is, dankie.

Kersfees

Dankie, Mel, vir die volgende, nogal treffend.....

Ek onthou die kersfeeste van so lank gelede
Ek het versierings uit papier gemaak en die hele huis vol gehang
Dan het my ma snags kom gil oor die kind wat al weer nie luister nie
En net skade aanrig sover sy gaan
Dan het ek stywer teen ouma se boesem vasgekruip
In die fetusposisie so aan die slaap geraak
Met ouma se hand wat streel oor my sysagte blonde krulle
En haar fluisterstem wat sus toemaar, toemaar
En die volgende oggend het ek gevlug na die ou akkerboom
En daar die feetjies ingewag
Hulle het immers geweet die versierings was so mooi
En het my ure geneem om dit te maak en hang.


As ou Letia my geroep het vir ontbyt
Het die kaal, koue gestroopte mure binne my ingewag
Een kyk in Letia se donker broeiende o het my laat besef
Sy wat my ma is het al weer gewen
En stilletjies het ek gebid, angstig gewag vir my dag om te kom
Kersfeeste was altyd dieselfde
Net ek en ouma met die feesmaal wat Letia vir ons gelos het
Skaapboud met gebakte aartappeltjies
Fyn gekerfde boontjies, en bottersoet pampoen
Met regte egte krismiskoek.


En dan het ouma vir ons gelees van Jesus se geboorte
En as ek my o toemaak kon ek die ster sien
Met die herders wat dit volg, en die krippie met die baba
Ek kon selfs die engele sien met hul goue halos
En het ons saam gesing stille nag heilige nag
En ouma het so bewo geraak, en my styf vasgehou
Partykeer te styf
En ek het haar gepor om my te vertel van kersvader
Hoe hy heeljaar saam met die elfies werk in die noordpool
En dan op kersdag vir al die soet kindertjies geskenke bring
En dan kon ek my geskenk oopmaak
Altyd net een geskenk
En ek het die pop net so in die boks gelos
En in my kamer gaan sit
Want ek het geweet dat as die pop nie soos nuut lyk nie
Sou sy wat my ma is met my raas
En vertel hoe balhorig en stout ek is.

Dan het ek en ouma papierpoppe gesny
Ons het vir hulle kersfeesklere gemaak wat ek ingekleur het
En so het ons die dag verwyl
En soms, net soms sou sy vroeg kom
Nog voor ek die papiertjies kon optel en weggooi
En instede van 'n gesende kersfees
Sou ek al weer styf, styf teen ouma aankruip
Om so die aanslae van die lewe af te weer
Met die wete dat eendag sou my dag kom.

**geskryf deur Mara Swanepoel**
Hier is die skakel na haar blog, gaan kyk gerus.

Gedig

Elke nou en dan kry ek die gier om te dig, hier is my jongste poging:

Winter - deur Peterjasie 

Dis flippen koud!

Soos hulle in Engels, s: 'Don't quit your day job!'
 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

 
 
  Annelie Botes  
     
  Baie dankie vir jou bydrae, Annelie

DIE DOOD VAN N MEESTERDIRIGENT

Na n onlangse sakereis die Ooskaap in, het ek huis toe gekom vol beknelling. Want elke dorpie waardeur ek gereis het, het bakhand in sy floiingrige barmhartigheidsrok gestaan. Drovel. Tandloos. Wat het gebeur, het ek getob, dat di eens blommende dorpies so op sterwe l?
Synde n plattelander vir 40 jaar, verstaan ek die kleindorpse kultuur beter as psalm 23. Elke dorp het sy eie concerto. Soms majeur, soms mineur. Die dorpsmense komponeer dit sonder om te besef hulle is komponiste. En daar is altyd vele dirigente wat die ritme aangee.
Stadsmense glo die platteland is idillies; dat dit teen sonsak na koeimelk en kneusklawer ruik en dat almal een groot ondersteunende familie is. Soms s dit so, soms nie. Dis n leefwyse met min fasiliteite en winkels en vermaak. Jy bak-stik-soom-verf-skaaf self. Woensdae as die vars vrugte en groente opdaag, storm almal kafee toe. Die dorp juig as die Huisgenoot-lorrie opdaag en almal weet as Pep Stores se stoflappe op special is.
Almal weet alles van almal. Dit skinder, beswadder, bemin, verneuk, staan saam, breek weg soos wilde skape. Mre kom die musiekjuffrou met n skoolkonsert, of die skaapherder staan buffer, en die spulle trop maar weer saam.
Groot okkasies is stadsaaldanse, wyksbidure, kerkbasaar, musiekkonsert, Nagmaal, Kerssangdiens. Of mense geswore vyande is, maak geen saak. Hulle aanbid saam, stop wors vir die basaar, verkoop boerekerrie by die vendusie en sing Sondae Prys die Heer met blye galme. As hulle dit ni doen nie, bloei die dorp homself bleek.
Die n hondgetroue dirigent wat my plattelandse blyplekke se concertos meesterlik kon dirigeer, was die handsentrale. Jy draai net die slinger om te hoor waars die dokter, hoe ver trek die dominee met huisbesoek, wanneer word so-en-so geopereer. Of jy vra die sentrale moet rondbel om te hoor waar speel jou kind en hulle moet vir die kind s om huis te kry. Kom daar dood, siekte, geboorte of uitsonderlike tydings, gee jy n lysie by die sentrale af en hulle doen die belwerk.
Met di dat my man telkomtegnikus was, is hy altyd soggens sentrale toe om te hoor wie se fone moet in of uit; watter hokkies is verstop. Oor n sentralekoffietjie hoor hy dan die nagnuus. Wie se vrou het middernag skellend klub toe gebel. Wie het wie gebliksem in die kroeg. Waar het hulle die predikant se gesteelde fiets gekry. Presies hoe laat die kind gebore is en hoeveel steke die vrou moes kry.
Niks kleinlik nie. Dis bloot hoe die dorpsconcerto gekomponeer is.
So het die dorp gou geweet van die ruwe ontembare polisieman, Laurence van Zuidam, wat s graag saam met sy plle op Smoordrift wou gaan dans. Maar sy vrou s nee, hy moet n stoere vader wees vir hulle seuntjies. Jy scheme? vra Laurence. Een van sy standaard sgoed. Sy belowe om lekker aandkos te maak en dit op sy skoot voor die TV te bedien. Jy scheme? vra hy weer.
Sy kook in vrede, want Laurence het sy lieflingslied, Boesmanland, op repeat gesit. Ruiloffer vir Smoordrift se mieliemeelvloer. Trippelend dra sy die skinkbord in, maar Laurence is nrens. Net die wind bol die gordyn. Wragtig, toes hy lankal by die venster uit en weg Smoordrift toe. Dt hoor sy by die sentrale. Inluisterwerk.
Di verdwyning het weke se vermaak verskaf. Nes die keer toe Bruce Pringle teen middernag nog nie n bull kon gooi nie en sommer sy rewolwer uitpluk en een skit. En die sentralemans wat wou knak oor die dominee se kat wat knaend hulle nagdienstoebroodjies kom vreet. Toe vang hulle die pastoriekat, druk n snoer in sy fondament op en gee n kragtige lui tot in die kat se derms. Hy is soos n missiel deur die opskuifvenster, allegro presto, en het nooit weer kom aas nie.
S was daar vele leitmotivs en modulasies in die dorpsconcerto, a passionate gedirigeer deur die rugstring-dirigent van die dorp: Die sentrale.
Toe kom die tegnologie met outomatisering en kelder die komposisie. Vir sewe jaar n outomatisering het ek nog daar gebly. Met my eie o gesien hoe n dorpsorkes wegsterf en bedlend word sonder sy ervare dirigent.
Dan wonder mens: Moet sekere goed nie liefs vir altyd met die donkies geploeg en met die sekel gemaai word nie?

Webwerf Soeklig

Met elke uitgawe fokus ek op 'n Afrikaanse webwerf.

Die Blou Hond
Restaurant en teater van Philip Moolman & Susan Coetzer
Die Blou Hond is gele te Linden, Johannesburg. Sedert 2002 kom geniet kuiergatte van al om die lekker kos van Susan Coetzer en die verhoogtalent van Philip Moolman. Deesdae is daar egter ook 'n verskeidenheid buite-kunstenaars wat op ons werf kom blaf! Die Blou Hond kan vir tot 100 brakke stertplek bied. Kom tjank saam!

Afrikaanse Lied

Iemand wat in Melbourne woonagtig is stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere. Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons Blrkas van Afrikaanse Volksmusiek

ROKKIES WOU SY DRA

Woorde: Tradisioneel: Vers 1; PIERRE MALAN: Vers 2, 3, 4
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN

Rokkies wou sy dra maar niemand kyk daarna,
en almal staan verslae oor sy die rokkies dra.
Oom Jannie se naam is Goggabie, Goggabie, Goggabie,
oom Jannie se naam is Goggabie. Mooi is sy, nie lelik nie.

Lokkies dra sy nou met strikkies bont en blou.
Sy vra oom Jannie gou of hy van lokkies hou.
Oom Jannie se naam is Goggabie, Goggabie, Goggabie,
oom Jannie se naam is Goggabie. Mooi is sy, nie lelik nie.

Met rok en lok getooi lyk die nooi nou baie mooi,
die krels kom flikflooi by die haarlok, rooirok nooi!
Oom Jannie se naam is Goggabie, Goggabie, Goggabie,
oom Jannie se naam is Goggabie. Mooi is sy, nie lelik nie.

Nou maak sy vir haar klomp krels bymekaar,
en kyk hoe staan hul daar na rok en lok te staar.
Oom Jannie se naam is Goggabie, Goggabie, Goggabie,
oom Jannie se naam is Goggabie. Mooi is sy, nie lelik nie.
 
Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl

Ek luister mos een Saterdagoggend na Amor Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.

NORVALSPONT, Colesberg distrik, Noord-Kaap Provinsie
Frans Palm; skryf:
My ouers het vanaf 1961 tot 1973 op Norvalspont gewoon. Ek was op Colesberg in die skool. In daardie dae was die plekkie hoofsaaklik n spoorwegaansluiting vir Venterstad, en my pa het ook op die destydse spoorwe gewerk. Die stasiemeester, of SM soos ons ges het, was natuurlik die baas van die plaas. My pa het die pompstasie by die Oranjerivier, of Gariep, soos hy vandag bekendstaan, beman, want daardie dae was stoomtreine aan die orde van die dag, en hulle moes water inneem.
Ewenwel, op Norvalspont was n hotel, die Glasgow Pont Hotel, wat seker op die Skotse herkoms dui. Daar was ook n "trading store" wat aan oubaas Lotter, die plaaslike polisiesersant, se vrou behoort het, n poskantoor/sentrale, n tweemanskooltjie wat deur die egpaar Stander bedryf is en oom Piet en tant San wat die inwoners van vars melk voorsien het. Natuurlik was al die huise tipiese spoorweg-skakelhuise en die gemeenskappie was klein en geborge waar almal in almal se lief en leed gedeel het. Een maal per maand het die predikant van Venterstad daar in die skool kom diens hou.
Op daardie stadium was die Gariepdam nog nie gebou nie en die rivier, wat gedurende die winter laag gevloei het, kon tydens n vloed sterk afkom. Dit was niks snaaks om die water n paar voet onder die smal brug te sien deur vloei nie, met allerlei masjinerie en diere wat in die proses afgevoer is.
By die brug was n Engelse blokhuis wat vandag nog te sien is. Dit was n gewilde speelplek. Ek meen dit is vandag in n woonhuis omskep. Die Engelse moes seker die spoorlyn en ook die laagwaterbrug oppas. Die brug is enkele kere opgeblaas, want mens kon die blokke gedurende my kinderyd nog in die water sien l.
Daar was natuurlik n Anglo-Boereoorlog konsentrasiekamp ook. Di kamp se kerkhof is vandag nog daar te sien. Ek het gelees dat CM van den Heever in die betrokke kamp gebore is. Die veld rondom Norvalspont was ons rondloopplek en ons het heelwat potskerwe opgetel waar die kamp gele was.
Ons het daar naby, by Vaalkrans, dassies geskiet. Ons het ook naglyne in die rivier ingegooi om rivierbarbers te vang. Pa het groente- en vrugtetuine rondom sy werkplek aangel. Daar is menige kere geswoeg om lusern te sny, wat as voer vir die bokooi moes dien. Ek meen die pomphuis staan nog, maar die Ruston-Hornsby pompe is lank reeds verwyder, want diesellokomotiewe het die stoomlokomotiewe se werk oorgeneem.
Laas toe ek daar was, was talle huise al afgebreek, die skool gesloop, en die trading store bestaan ook nie meer nie. Die hotel was sonder bewoners maar die gebou het nog gestaan. Die stasie het ook verskuif.
Kry meer inligting oor die Norvalspont Anglo-Boereoorlog konsentrasiekamp by die volgende webblaaie:
http://www.mjvn.co.za/anglo-boer/consentration.htm en
http://www.waschbank.co.za/pages_march/history.html

Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos : info@explore-sa.com

Luister elke Saterdagoggend net na die agtuur nuus op die Afrikaanse radiodiens van RSG na Braham van Zyl en Amor Bekker se agterpad geselsies op die program Brkvis met Bekker. 

Glimlag!

Die skooljaar is weer in volle swang en dis Jannie se tweede dag op skool.

Tot sy ma se verbasing is hy 10 uur die oggend al terug by die huis

Waarom is jy nou al terug? vra sy ma

Die meneer en juffrou het gaan braai, vertel Jannie.

Gaan braai., op n Dinsdagoggend wanneer hulle moet werk? Hoe weet jy dit? vra sy ma

Meneer het vir juffrou oor die intercom geroep en gese sy moet haar rooster bring, toe kom ek maar huis toe want ek weet hoe lank vat n braai!


Die seuntjie van so Standerd Een gaan na sy ma

Seun: Ma, hoe spel mens boks?
Ma: Nee, my kind, die woord boks bestaan nie eintlik nie. Die korrekte woord is doos
Seun: Ok, dankie Ma

Die volgende dag kom die seun met dik gehuilde o van die skool af

Ma: Wat het gebeur my kind?
Seun: Ons moes vir vandag se Afrikaanse klas n opstel skryf oor sport en ek het net met die naam van my opstel begin toe meneer dit sien, my gryp, kantoor toe neem en my n pak slae gee
Ma: Wat was jou opstel se naam my kind?
Seun: Ek hou meer van Doos as van Rugby 

 
   
Laat jou wildste drome waar word, kry 'n kaartjie in die UK Lottery, klik net hier  Die boerpot is gereeld om en by  11 miljoen, ( R140,000,000), sjoe, dis darem maar baie nulle!! Maar dis nog NIKS! Die Euromillions Lotto staan huidiglik op 181 miljoen Euro, dis om en by R1,719,500,000. Eishhhhhh. Vat 'n kans, wie weet???
     
  Die Danville Hulpgroep  
     
 

Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsab, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf.

Vanoggend l die seninge sommer so lekker dik gesaai oor ons projek! Alles danksy ons Hemelse Vader se genade en sorg! Hoe wonderlik om te kan s "How Great thou Art - How Great thou Art!!"

Baie dankie aan al die ondersteuners van ons projek met GROOT naasteliefde in hulle harte. Dankie dat julle weereens bereid is om ook in 2006 'n reuse verskil in minderbevoorregte bejaardes en kinders se lewens te maak!

Die geskenke kom nou fluks in - Sondagoggend dou voor dag trek daar 2 groot bakkies met sleepwaens by my in en toe is dit sommer "Krismis" Die allerpragtigste geskenke, kos en klere word afgelaai en 'n mens voel die liefde en deernis aan wanneer jy die sorgvuldig, mooi versierde geskenkpakkies uitpak - jy kan sien dit is met liefde toegedraai - net die beste is goed genoeg vir ons bejaardes en kinders! Hoe dan anders want die skrif s tog duidelik in Romeine "As ons ander help , dan met blymoedigheid" nie ons slegste nie maar dit wat ons ook graag sou wou ontvang!

Deurentyd word pragtige geskenkies afgelaai en die vreugde en deernis van die mense wat dit aflaai is werklik 'n belewenis!

Ons kort nog baie geskenke - maar ek is nie bekommerd nie - ek weet dat dit betyds sal inkom! Ons het nou baie "los" items oor en het op hierdie stadium eintlik meer die fondse nodig om net te kan gaan aankoop wat ons nodig het asb.

Soos julle hieronder sal sien het ons projek so bietjie ekstra lyf gekry! - wat 'n lekkerte om te kan weet dat bo en behalwe vir ons eie groepe ons vir nog ander bejaardes en kinders vreugde kan bring hierdie jaar!

Ons staan nou op 1805 geskenke vir 2006 !! Ja jy lees reg - niks fout met die o vanoggend nie!! Lekker - lekker - lekker!!!

Dink net op Kersdag kan elke ondersteuner van ons projek saam met sy tafelgebed s "Dankie Here dat ons onder u leiding in 1805 mense se lewens 'n klein bietjie ekstra vreugde kon bring" Is dit nie ongelooflik nie!?

Op die oomblik lyk dit so:-

Rainbow kindergroep = 95 kinders
Emanuel kindergroep = 90 kinders
Pres. Kruger Kinderhuis = 70 kinders en 20 volwassenes (werkers)
Bloudakkies ouetehuis = 160 bejaardes
Andeon Projek = 35 persone van wie 4 kinders
Margaretha Ackermann tehuis = 180 bejaardes
Rainbow kleutergroep = 95 kinders
Emndinini kleuterskool = 60 kinders
Thulani Daycare centre = 25 kinders
Individuele gesinne = 30 persone
Riverside kinders = 324 kinders (Hierdie kinders het nog nooit n kersboom gehad nie!)
Skuiling vir kinders = 30
Die Woord = 30 kinders
NUUT - Skuiling = 400 mense
Noorderpark Ouetehuis (Wolmer) = 35 bejaardes
Beterskap Ouetehuis (Pta-Wes) = 88 bejaardes
Blesbok en Bosbok W/s Kinders = 68 kinders (Dit is ook hierdie kinders se eerste kersboom)

1805 geskenke! As dit nou nie soos 'n reuse fees lyk nie - dan weet ek nie so mooi nie ! ! !

As daar miskien so paar geskenkies oorbly sal ons nog uitreik na ander groepe toe ook wat hulp nodig het!

Funksie datums

Pres Kruger Kinderhuis - 21 November 2006 18:00
Rainbow Kindergroep - 22 November 2006 15:00
Emanuel Kindergroep - 23 November 2006 15:00
Die Woord Kindergroep - 24 November 2006 15:00
Margaretha Ackermann tehuis - 24 November 2006 18:00
Bloudakkies Ouetehuis - 25 November 2006 17:00
Rainbow Kleutergroep - 1 Desember 2006 18:00
Riverside Kinders - 2 Desember 2006 10:00 (Hierdie datum gaan verander)
Andeon Projek - 2 Desember 2006 15:00
Emndinini Kleuterskool (Lydenburg)- 4 Desember 2006 10:00
Thulani dagsorg (Lydenburg) - 4 Desember 2006 12:00
Skuiling kinders - 25 Desember 2006 10:00
Skuiling inwoners - 25 Desember 2006 12:00

Individuele gesinne sal inskakel by van die groepe

Noorderpark - Bosbok, Blesbok - Beterskap groepe se datums sal nog bepaal word.

Ons ondersteuners is meer as welkom om enige van die funksies by te woon en saam met die kinders/bejaardes te geniet. Laat weet my net voor die tyd asb sodat ons vir ekstra verversings kan rel.
 

Bankbesonderhede:

Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Aflewerings adres:-

286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

PS Bel asb voor jy ry
.
Koekieresepte

Dis nou tyd dat al daardie koekieblikke volgemaak word vir die Feesseisoen.  As kind was dit my gunsteling tyd van die jaar want ek kon die deegbakke uitlek en die 'flops' eet!

Hier is koekieresepte uit 'n vorige nuusbrief. Party van die respte is BAIE oud

KOFFIEKOEKIES

8 Koppies meelblom,
1 pond (500 g) maizena
1 ons (30 g)koeksoda
1 Koppie stroop
1 1/2 pond margarien
2 Koppies suiker
4 eetlepels koffie essence
1/2 teelepel sout
Melk indien nodig.

Meng botter, suiker, stroop. Voeg koffie essence by. Meng koeksoda met bietjie melk. Voeg by mengsel. Voeg dro bestanddele by en maak aan tot stywe deeg. Druk deur koekie masjien en bak in warm oond 200C. Sit 2 - 2 opmekaar met konfyt.


CONDENCED MELK KOEKIES
12 Koppies meel
4 eiers
1 pak cream of tartar
1 pak koeksoda
2 eetlepe1s stroop
1 blik kondensmelk
2 pond (1 kg )margarien
3 Koppies suiker
1 Koppie klapper

Meng Suiker en botter tot room. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop en melk by. Laaste word meel koeksoda, klapper en cream of tartar bygevoeg. Meng,druk uit en bak in oond 200C tot gaar.


BOERE SOETKOEKIES

15 Koppies mee1
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel .
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien

Meng die dro bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by, meng verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met drukkertjies. Bak in oond 200C tot ligbruin.

LEKKER SOETKOEKIES

2 Koppies klapper
3/4 pakkie cream of tartar
1/4 pond gesnipperde kersies
1 eetlepel goue stroop
14 Koppies meel
3 Koppies suiker .
1 3/4 Koppie botter
knippie sout.
1 blik gekondenseerde melk
6 eiers
1 pakkie koeksoda

Maak koeksoda en cream of tartar met een eetlepel asyn aan.
Meng meel, suiker en sout saam. Meng gekondenseerde melk, goue stroop,
koeksoda mengsel, asook geklitste eiers saam. Voeg nou alles bymekaar en werk sagte botter met hande deur mekaar.
Rol uit, druk af en bak (Moenie gesmelte botter gebruik nie).

OUMA SE GEMMERKOEKIES

(Lewer sowat 100 koekies)
250 9 botter
250 ml gouestoop
400 9 geelsuiker (500 ml)
2 eiers
750 9 koekmeelblom
40 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
5 ml sout
10 ml koeksoda
85-100 ml melk

Plaas botter in kastrol en smelt oor lae hitte. Voeg stroop en suiker by en roer tot suiker opgelos het. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Klits eiers en roer by botter mengsel. Sif dro bestanddele saam en voeg beurtelings met melk by bottermengsel. Meng goed. Bedek met kleefplastiek en plaas minstens 1 uur lank in yskas.
Vorm okkerneutgrootte-bolletjies en plaas op bakplaat. Druk effens met vinger en bak in voorverhitte oond by 190 grade C 10-12 minute lank lot
goudbruin en gaar. Verwyder uit oond, laat afkoel en sit voor.


OBLIETJIES

500 g bruinsuiker (625 ml)
2 eiers
250 g botter (gesmelt)
15 ml fyn kaneel
10 ml dro nartjieskil (fyn gestamp)
100-125 ml volroomsjerrie
480 g koekmeelblom (4x250 ml)

Klits suiker en eiers saam lot romerig. Voeg botter, kaneel en nartjieskil by en meng. Voeg sjerrie by en meng. Voeg gesifte meelblom by en meng tot stewige deeg.
Indien nodig voeg meer meel by.
Vorm bolletjies en plaas in middel van oblietjiepan. Maak toe en bak
sowat 30-40 sekondes aan elke Kant tot goudbruin en gaar. Rol dadelik
op deur gebruik te maak van dik steel van houtlepel op roomhorinkievorms. Vul met styf geklopte gegeurde room en sit voor.


AFRIKA'S KOEKIIS
Die resep het verskyn in Di Afrikaonse Koek en Poeding Boek Duer 'n
Frystaatse Dame, Paarlse Drukpers Maats. Beperkt. 1914

3 lb Flour, 1 lb witsuiker, 1 lb botter, telepel soda en 2 telepels
kremetat, met melk of water angemaak.
Dit is die hele resep.

Hiermee 'n variasie van Afrika-koekies in die jare 90.
(lewer 90 koekies)
120 g koekmeelblom (250 ml)
390 g volkoringmeel (750 ml)
120 9 mieliemeel (250 ml)
200 g sagte bruinsuiker (250 ml)
3 ml gemengde speserye
5 ml Kremetart
250 g botter
3 ml Koeksoda
225 ml melk
250 ml karringmelk

Meng meelblom, volkoringmeel en mieliemeel. Voeg bruinsuiKer, speserye
en kremetart by. Vryf botter daarby in tot mengsel soos broodkrummels
lyk. Los koeksoda op in melk en voeg by meelmengsel. Voeg karringmelk
by en meng tot sagte deeg. Skep lepelsvol vam mengsel op gesmeerde
bakplate en bak in voorverhitte oond by 180 grade C, 15-20 minute lank
tot gaar. Verwyder uit oond en laat afkoel op draadrak.

Variasies
. Maak holte in rou koekies en skep bietjie appelkooskonfyt daarin. Bak
soos bo.
. Drup gesmelte sjokolade oor vir 'n soeter koekie.

JAN SMUTS-KOEKIES

Hierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en van 1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika was. Die resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die koekies destyds baie gewild onder genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke opponente niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het.

Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by
kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits

Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt

Voorverhit die oond tot 190C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is. Voeg die suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels, 8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes van die kolwyntjie
panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en
meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol vulsel daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak. Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.

KORENTEKOEKIES

Nog 'n resep wat dateer uit 'n 1914 resepteboek

130 g botter
400 g suiker (500 ml)
4 eiers (geskei)
375 ml melk
2 ml koeksoda
480 g koekmeelblom (4 x 250 ml)
150 g korente (250 ml)
5 ml kremetart

Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een by terwyl voortdurend geklits word. Meng melk en koeksoda en voeg beurtelings met meelblom by bottermengsel. Roer korente daarby in. Klits eierwitte en
kremetart saam tot stYf en vou liggies by mengsel. Skep in gesmeerde kolwyntjiepanne en bak in voorverhitte oond by 200 grade C. 20-25
minute lank tot gaar.

MINETTE SE GEMMERKOEKIES

185g margarine
250ml stroop
700g koekmeel
20ml koeksoda
20ml kremetart
60ml gemmer
550g bruinsuiker
5ml sout
3 eiers

Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die eiers een vir een by die stroopmengsel. Gooi nou die bruinsuiker bo-oor en meng net tot die mengsel nat is. Sif droё bestandele en voeg by die die stroopmengsel en meng. Laat staan vir 2 ure, maak balletjies en bak 10 12 minute by 180ْ C. Die resep lewer omtrent 13 dosyn. Ek voeg maar altyd ń bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die is n regte outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer word.

Ou Boereraat

Terpentyn : Terpentyn is een fan di nuttigete artikels. Fer brandwonde is dit regte goed en neem dit di pyn weg. Fer blare op di hande is dit uitmuntend, ook fer liddorns, jig-pyn en seer keel. Ook is dit 'n goeie middel fer stuipe. As 'n mens 'n klyn bitji terpentyn in 'n klerekas gooi dan hou dit di motte daar uit, enige druppels tussen boeke op di houtwerk in di boekrakke en di spensrakke, hou di motte uit boeke, ferdryf rysmire  en ander insektes en hou hulle uit di rakke uit. Weegluise kan ook ferdrywe en weggehou worde deur 'n bitji terpentyn tussen di foegiis  fan di katels of ledekante te smeer en in diopenings fan di mure as dit daar is.

Resepte uit Anna se Kombuis
Al Anna se resepte is in eBoek formaat en maak dus ideale geskenke en word sommer met epos gestuur. Vir meer besonderhede, klik hier

Die resep hieronder kom uit Anna se eBoek - 101 Poedingresepte vir Kersfees. Skaf dit gerus aan!

BRANDEWYNPOEDING MET SOUS

5 ml koeksoda -
250 ml kookwater
125 g ('n halwe pakkie) ontpitte dadels, fyngekap
125 g drovrugte-koekmengsel
100 g glanskersies, gehalveer
125 g botter of margarien
250 ml geelsuiker
2 eiers
375 ml koekmeel
'n knippie sout
5 ml bakpoeier
100g pekan- of okkerneute, grof gekap

Sous:
375 ml suiker -
250 ml water
15 ml botter
5 ml vanieljegeursel
190 ml brandewyn

Stel die oond op 140 C. Spuit of smeer 'n vuurvaste bak van 35 cm x 22 cm x 5 cm. Los die koeksoda in die kookwater op en giet oor die dadels. Roer deur en laat afkoel. Roer die koekmengsel en kersies by. Hou eenkant. Klits botter en geelsuiker saam tot romerig en klits eiers een-een by. Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam en roer geleidelik by eiermengsel. Voeg neute en laastens afgekoelde dadelmengsel by. Meng goed. Skep in voorbereide bak en bak sowat 50 60 minute. Maak intussen die sous wat dadelik oorgegiet moet word sodra die poeding uit die oond kom.
Vir die sous:
Meng suiker met water, bring tot kookpunt en prut sowat 5 minute. Haal van stoof af. Voeg die res van die bestanddele by en giet oor warm poeding sodra dit uit die oond kom. Dien op met geklopte room.
.

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

6 besondere tekens wat die gehoor wil hoor

Die volgende ses tekens het ek gekry uit n Toastmasters omsendskrywe en is opgestel deur Marlene Ward in n kort artikel met die naam The Six Signals All Audiences Want To Hear. Ek voeg so n paar gedagtes van my eie by.

Ek deel hierdie tekens graag met jou want ek wil h dat jy suksesvol moet wees en jou volle potensiaal uitleef. Staan op vir jouself en spreek jou woord voor n gehoor:

Teken 1: Ek sal nie jou tyd mors nie. Gee hierdie teken vroeg in jou toespraak, sommer reg in die begin binne die eerste tien sekondes. Gaan direk na die punt hoekom jy daar is, wat jy verwag om in jou toespraak te bereik en motiveer jou gehoor om te luister. Sommige sprekers het n te langdradige inleiding sodat die gehoor nie dadelik weet waaroor dit gaan nie en verloor hul gehoor binne die eerste minuut. Ek het al geluister na sprekers wat op n troue n heildronk instel en dan met n laaaang inleiding n klomp nonsens praat tot almal se frustrasie.

Teken 2: Ek weet wie julle is. Jy moet nie net weet wie jou gehoor is nie, maar jy moet dit ook vir hulle vertel. Erken die groep mense voor jou en fokus in op hulle spesifieke behoeftes. Dit stel die toon en atmosfeer van jou praatjie. Wanneer jy op n begrafnis praat, s vir die aanwesiges dat jy weet hulle is familie en vriende van die oorledene en dat jy weet hulle is daar om hul laaste respek te kom betoon. Onmiddellik vind die gehoor dan aanklank met jou. Erken en respekteer die gehoor en hul behoeftes.

Teken 3: Ek is goed georganiseerd. Die gehoor moet vertel word die praatjie is goed agtermekaar en georganiseerd en hoe die praatjie gestruktueerd is. Dit help die toehoorders om hul eie denke en geheue te organiseer en in pas met die toespraak te kry. Daar is weinig dinge wat so n irritasie is as wanneer n spreker uit die vuis probeer praat en jy kom agter die persoon het nie werklik voorberei nie en hy gooi sommer los gedagtes en woorde in om effek te probeer skep. Moenie die gehoor se intelligensie onderskat met n deurmekaar spul van gedagtes. Struktureer jou toespraak goed, en sorg dat die gehoor weet hulle luister na n deeglike beplande en georganiseerde praatjie.

Teken 4: Ek ken my onderwerp. Die gehoor wil weet: Hoekom spesifiek jy praat en hoekom hierdie onderwerp. Vestig jou geloofwaardigheid en kundigheid dis nie spog nie maar vanselfsprekend dat jou gehoor dit graag sal weet. Moenie praat oor iets waarvan jy weinig kennis het nie. As jy wil praat oor Sterrekonstellasies in ons Hemelruim moet jy darem iets weet van die kosmologie. Verenigings of klubs het my al gevra om oor n onderwerp te praat wat ek nie op hoogte van is nie, en dan het ek die praatjie van die hand gewys. Gewoonlik stel ek egter n alternatiewe onderwerp voor en meesal vind dit goedkeuring. Praat oor n onderwerp waarmee jy vertroud is, doen navorsing om inligting te bekom en vul jou praatjie aan met nodige stastistieke en feite.

Teken 5: Hierdie is my belangrikste punt. Jy kan die belangrikste gedagte / idee beklemtoon deur te s: Dit kern van my betoog is of Die sleutel gedagte is Jy kan ook die belangrikste punt benadruk deur dit te herhaal. Die gehoor moet weet wat is die kruks van jou hele praatjie. Deur die kern van jou boodskap te verstaan, kleur die toehoorders jou boodskap in met jou ander woorde en feite. Jy moet daarom ook nie n spul kernpunte h nie, maar beperk jou fokus tot n belangrikste punt, byvoorbeeld: Dames en here die hele punt van my boodskap is dat matriekleerlinge moet beter beroepsvoorligting kry. Jy weef dan ander informasie rondom hierdie punt in deur verduideliking, en metodes en oplossings te bied.

Teken 6: Ek som op. Die opmerking moet lewendig en positief wees dit moet die gehoor aanwakker om vir oulaas aandag te gee. Dit gee geleentheid vir die aanwesiges om net die belangrikste punte weer vas te maak en die doel van die praatjie te onderskryf. Eindig met n sterk hoogtepunt opmerking of spreuk. Wanneer jy ges het jy maak klaar, maak klaar. Daar is sommige sprekers wat nou eers n tweede asem kry en tot ergernis van almal nie kan klaar kry nie. Punte wat jy vergeet het om te noem word nie nou ingedruk nie. Maak klaar en sluit sterk en positief af.

n Sprankie wysheid vir die dag

Die musiek wat die diepste reik, en al die siektes gesond maak, is die hartlike toespraak. Ralph Waldo Emerson

Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za

Skakels

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!

Skooltake?? Klik hier

Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, di mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Teken in /Teken uit / Kontak

Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.

Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposdres waaronder jy ingeteken is

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart!