|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
Wees gegroet! Welkom aan alle nuwe intekenare! Weereens het ek artikels deur Estelle de Bruyn en Annelie Botes, ek is seker julle sal dit geniet! Laaskeer het ek gevra watter disse sou jy beskou as Tradisioneel Suid-Afrikaans, die volgende persone kry elkeen een van my CD's:
Nandi
Kari
Miems van den Heever
Minette Lyk my Bobotie is maar die dis wat die meeste mense sien as Tradisioneel Suid-Afrikaans, hier is nog een:
Die tyd van die jaar krap mens gewoonlik kop oor wat om vir wie vir Kersfees te koop. Wat van 'n interessante eBoek of CD? Ek het nogal 'n verskeindenheid, klik gerus hier om te gaan kyk. My nuutste poging is 'n Engelse een, The FunkyMunky Christmas CD met 'n hele paar Kersresepteboeke en ook tradisionele Kersverhale.
Kom ons skop oudergewoonte af met Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle.
MELK EN HEUNING
Dankie, Mel, vir die volgende, nogal treffend..... Ek onthou die kersfeeste van so
lank gelede
Elke nou en dan kry ek die gier om te dig, hier is my jongste poging: Winter - deur Peterjasie Dis flippen koud!
Soos hulle in Engels, sê: 'Don't
quit your day job!' |
|
||||||||||||||||||||||||||||
| Annelie Botes | ||||||||||||||||||||||||||||||
| Baie dankie
vir jou bydrae, Annelie
DIE DOOD VAN ‘N MEESTERDIRIGENT
Met elke uitgawe fokus ek op 'n Afrikaanse webwerf.
Die Blou Hond
|
| Afrikaanse Lied |
Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek
ROKKIES WOU
SY DRA
Woorde: Tradisioneel: Vers 1; PIERRE MALAN: Vers 2, 3, 4
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN
Rokkies wou sy dra maar niemand kyk daarna,
en almal staan verslae oor sy die rokkies dra.
Oom Jannie se naam is Goggabie, Goggabie, Goggabie,
oom Jannie se naam is Goggabie. Mooi is sy, nie lelik nie.
Lokkies dra sy nou met strikkies bont en blou.
Sy vra oom Jannie gou of hy van lokkies hou.
Oom Jannie se naam is Goggabie, Goggabie, Goggabie,
oom Jannie se naam is Goggabie. Mooi is sy, nie lelik nie.
Met rok en lok getooi lyk die nooi nou baie mooi,
die kêrels kom flikflooi by die haarlok, rooirok nooi!
Oom Jannie se naam is Goggabie, Goggabie, Goggabie,
oom Jannie se naam is Goggabie. Mooi is sy, nie lelik nie.
Nou maak sy vir haar klomp kêrels bymekaar,
en kyk hoe staan hul daar na rok en lok te staar.
Oom Jannie se naam is Goggabie, Goggabie, Goggabie,
oom Jannie se naam is Goggabie. Mooi is sy, nie lelik nie.
| Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl |
Ek luister mos een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.
NORVALSPONT, Colesberg distrik,
Noord-Kaap Provinsie
Frans Palm; skryf:
My ouers het vanaf 1961 tot 1973 op Norvalspont gewoon. Ek was op Colesberg
in die skool. In daardie dae was die plekkie hoofsaaklik ‘n
spoorwegaansluiting vir Venterstad, en my pa het ook op die destydse
spoorweë gewerk. Die stasiemeester, of SM soos ons gesê het, was natuurlik
die baas van die plaas. My pa het die pompstasie by die Oranjerivier, of
Gariep, soos hy vandag bekendstaan, beman, want daardie dae was stoomtreine
aan die orde van die dag, en hulle moes water inneem.
Ewenwel, op Norvalspont was ‘n hotel, die Glasgow Pont Hotel, wat seker op
die Skotse herkoms dui. Daar was ook ‘n "trading store" wat aan oubaas
Lotter, die plaaslike polisiesersant, se vrou behoort het, ‘n poskantoor/sentrale,
‘n tweemanskooltjie wat deur die egpaar Stander bedryf is en oom Piet en
tant San wat die inwoners van vars melk voorsien het. Natuurlik was al die
huise tipiese spoorweg-skakelhuise en die gemeenskappie was klein en geborge
waar almal in almal se lief en leed gedeel het. Een maal per maand het die
predikant van Venterstad daar in die skool kom diens hou.
Op daardie stadium was die Gariepdam nog nie gebou nie en die rivier, wat
gedurende die winter laag gevloei het, kon tydens ‘n vloed sterk afkom. Dit
was niks snaaks om die water ‘n paar voet onder die smal brug te sien deur
vloei nie, met allerlei masjinerie en diere wat in die proses afgevoer is.
By die brug was ‘n Engelse blokhuis wat vandag nog te sien is. Dit was ‘n
gewilde speelplek. Ek meen dit is vandag in ‘n woonhuis omskep. Die Engelse
moes seker die spoorlyn en ook die laagwaterbrug oppas. Die brug is enkele
kere opgeblaas, want mens kon die blokke gedurende my kinderyd nog in die
water sien lê.
Daar was natuurlik ‘n Anglo-Boereoorlog konsentrasiekamp ook. Dié kamp se
kerkhof is vandag nog daar te sien. Ek het gelees dat CM van den Heever in
die betrokke kamp gebore is. Die veld rondom Norvalspont was ons
rondloopplek en ons het heelwat potskerwe opgetel waar die kamp geleë was.
Ons het daar naby, by Vaalkrans, dassies geskiet. Ons het ook naglyne in die
rivier ingegooi om rivierbarbers te vang. Pa het groente- en vrugtetuine
rondom sy werkplek aangelê. Daar is menige kere geswoeg om lusern te sny,
wat as voer vir die bokooi moes dien. Ek meen die pomphuis staan nog, maar
die Ruston-Hornsby pompe is lank reeds verwyder, want diesellokomotiewe het
die stoomlokomotiewe se werk oorgeneem.
Laas toe ek daar was, was talle huise al afgebreek, die skool gesloop, en
die “trading store” bestaan ook nie meer nie. Die hotel was sonder bewoners
maar die gebou het nog gestaan. Die stasie het ook verskuif.
Kry meer inligting oor die Norvalspont Anglo-Boereoorlog konsentrasiekamp by
die volgende webblaaie:
http://www.mjvn.co.za/anglo-boer/consentration.htm en
http://www.waschbank.co.za/pages_march/history.html
Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos : info@explore-sa.com
Luister elke Saterdagoggend net na die agtuur nuus op die Afrikaanse radiodiens van RSG na Braham van Zyl en Amoré Bekker se agterpad geselsies op die program Brêkvis met Bekker.
| Glimlag! |
Die skooljaar is weer in volle swang
en dis Jannie se tweede dag op skool.
Tot sy ma se verbasing is hy 10 uur die oggend al terug by die huis
“Waarom is jy nou al terug?” vra sy ma
“Die meneer en juffrou het gaan braai,” vertel Jannie.
“Gaan braai., op ‘n Dinsdagoggend wanneer hulle moet werk? Hoe weet jy
dit?” vra sy ma
“Meneer het vir juffrou oor die intercom geroep en gese sy moet haar
rooster bring, toe kom ek maar huis toe want ek weet hoe lank vat ‘n
braai! “
Die seuntjie van so Standerd Een gaan
na sy ma
Seun: Ma, hoe spel mens “boks”?
Ma: Nee, my kind, die woord boks bestaan nie eintlik nie. Die korrekte woord
is doos
Seun: Ok, dankie Ma
Die volgende dag kom die seun met dik gehuilde oë van die skool af
Ma: Wat het gebeur my kind?
Seun: Ons moes vir vandag se Afrikaanse klas ‘n opstel skryf oor sport en ek
het net met die naam van my opstel begin toe meneer dit sien, my gryp,
kantoor toe neem en my ‘n pak slae gee
Ma: Wat was jou opstel se naam my kind?
Seun: Ek hou meer van Doos as van Rugby
Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf.
Vanoggend lê die seëninge sommer so
lekker dik gesaai oor ons projek! Alles danksy ons Hemelse Vader se genade
en sorg! Hoe wonderlik om te kan sê "How Great thou Art - How Great thou
Art!!"
Baie dankie aan al die ondersteuners van ons projek met GROOT naasteliefde
in hulle harte. Dankie dat julle weereens bereid is om ook in 2006 'n reuse
verskil in minderbevoorregte bejaardes en kinders se lewens te maak!
Die geskenke kom nou fluks in - Sondagoggend dou voor dag trek daar 2 groot
bakkies met sleepwaens by my in en toe is dit sommer "Krismis" Die
allerpragtigste geskenke, kos en klere word afgelaai en 'n mens voel die
liefde en deernis aan wanneer jy die sorgvuldig, mooi versierde
geskenkpakkies uitpak - jy kan sien dit is met liefde toegedraai - net die
beste is goed genoeg vir ons bejaardes en kinders! Hoe dan anders want die
skrif sê tog duidelik in Romeine "As ons ander help , dan met blymoedigheid"
nie ons slegste nie maar dit wat ons ook graag sou wou ontvang!
Deurentyd word pragtige geskenkies afgelaai en die vreugde en deernis van
die mense wat dit aflaai is werklik 'n belewenis!
Ons kort nog baie geskenke - maar ek is nie bekommerd nie - ek weet dat dit
betyds sal inkom! Ons het nou baie "los" items oor en het op hierdie stadium
eintlik meer die fondse nodig om net te kan gaan aankoop wat ons nodig het
asb.
Soos julle hieronder sal sien het ons projek so bietjie ekstra lyf gekry! -
wat 'n lekkerte om te kan weet dat bo en behalwe vir ons eie groepe ons vir
nog ander bejaardes en kinders vreugde kan bring hierdie jaar!
Ons staan nou op 1805 geskenke vir 2006 !! Ja jy lees reg - niks fout met
die oë vanoggend nie!! Lekker - lekker - lekker!!!
Dink net op Kersdag kan elke ondersteuner van ons projek saam met sy
tafelgebed sê "Dankie Here dat ons onder u leiding in 1805 mense se lewens
'n klein bietjie ekstra vreugde kon bring" Is dit nie ongelooflik nie!?
Op die oomblik lyk dit so:-
Rainbow kindergroep = 95 kinders
Emanuel kindergroep = 90 kinders
Pres. Kruger Kinderhuis = 70 kinders en 20 volwassenes (werkers)
Bloudakkies ouetehuis = 160 bejaardes
Andeon Projek = 35 persone van wie 4 kinders
Margaretha Ackermann tehuis = 180 bejaardes
Rainbow kleutergroep = 95 kinders
Emndinini kleuterskool = 60 kinders
Thulani Daycare centre = 25 kinders
Individuele gesinne = 30 persone
Riverside kinders = 324 kinders (Hierdie kinders het nog nooit ‘n kersboom
gehad nie!)
Skuiling vir kinders = 30
Die Woord = 30 kinders
NUUT - Skuiling = 400 mense
Noorderpark Ouetehuis (Wolmer) = 35 bejaardes
Beterskap Ouetehuis (Pta-Wes) = 88 bejaardes
Blesbok en Bosbok W/s Kinders = 68 kinders (Dit is ook hierdie kinders se
eerste kersboom)
1805 geskenke! As dit nou nie soos 'n reuse fees lyk nie - dan weet ek nie
so mooi nie ! ! !
As daar miskien so paar geskenkies oorbly sal ons nog uitreik na ander
groepe toe ook wat hulp nodig het!
Funksie datums
Pres Kruger Kinderhuis - 21 November 2006 18:00
Rainbow Kindergroep - 22 November 2006 15:00
Emanuel Kindergroep - 23 November 2006 15:00
Die Woord Kindergroep - 24 November 2006 15:00
Margaretha Ackermann tehuis - 24 November 2006 18:00
Bloudakkies Ouetehuis - 25 November 2006 17:00
Rainbow Kleutergroep - 1 Desember 2006 18:00
Riverside Kinders - 2 Desember 2006 10:00 (Hierdie datum gaan verander)
Andeon Projek - 2 Desember 2006 15:00
Emndinini Kleuterskool (Lydenburg)- 4 Desember 2006 10:00
Thulani dagsorg (Lydenburg) - 4 Desember 2006 12:00
Skuiling kinders - 25 Desember 2006 10:00
Skuiling inwoners - 25 Desember 2006 12:00
Individuele gesinne sal inskakel by van die groepe
Noorderpark - Bosbok, Blesbok - Beterskap groepe se datums sal nog bepaal
word.
Ons ondersteuners is meer as welkom om enige van die funksies by te woon en
saam met die kinders/bejaardes te geniet. Laat weet my net voor die tyd asb
sodat ons vir ekstra verversings kan reël.
Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926
Aflewerings adres:-
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
PS Bel asb voor jy ry
.
| Koekieresepte |
Dis nou tyd dat al daardie koekieblikke volgemaak word vir die Feesseisoen. As kind was dit my gunsteling tyd van die jaar want ek kon die deegbakke uitlek en die 'flops' eet!
Hier is koekieresepte uit 'n vorige nuusbrief. Party van die respte is BAIE oud
KOFFIEKOEKIES
8 Koppies meelblom,
1 pond (500 g) maizena
1 ons (30 g)koeksoda
1 Koppie stroop
1 1/2 pond margarien
2 Koppies suiker
4 eetlepels koffie essence
1/2 teelepel sout
Melk indien nodig.
Meng botter, suiker, stroop. Voeg koffie essence by. Meng koeksoda met
bietjie melk. Voeg by mengsel. Voeg droë bestanddele by en maak aan tot
stywe deeg. Druk deur koekie masjien en bak in warm oond 200ºC. Sit 2 - 2
opmekaar met konfyt.
CONDENCED MELK KOEKIES
12 Koppies meel
4 eiers
1 pak cream of tartar
1 pak koeksoda
2 eetlepe1s stroop
1 blik kondensmelk
2 pond (1 kg )margarien
3 Koppies suiker
1 Koppie klapper
Meng Suiker en botter tot room. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop en
melk by. Laaste word meel koeksoda, klapper en cream of tartar bygevoeg.
Meng,druk uit en bak in oond 200ºC tot gaar.
BOERE SOETKOEKIES
15 Koppies mee1
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel .
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien
Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by, meng
verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met drukkertjies. Bak
in oond 200°C tot ligbruin.
LEKKER SOETKOEKIES
2 Koppies klapper
3/4 pakkie cream of tartar
1/4 pond gesnipperde kersies
1 eetlepel goue stroop
14 Koppies meel
3 Koppies suiker .
1 3/4 Koppie botter
knippie sout.
1 blik gekondenseerde melk
6 eiers
1 pakkie koeksoda
Maak koeksoda en cream of tartar met een eetlepel asyn aan.
Meng meel, suiker en sout saam. Meng gekondenseerde melk, goue stroop,
koeksoda mengsel, asook geklitste eiers saam. Voeg nou alles bymekaar en
werk sagte botter met hande deur mekaar.
Rol uit, druk af en bak (Moenie gesmelte botter gebruik nie).
OUMA SE GEMMERKOEKIES
(Lewer sowat 100 koekies)
250 9 botter
250 ml gouestoop
400 9 geelsuiker (500 ml)
2 eiers
750 9 koekmeelblom
40 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
5 ml sout
10 ml koeksoda
85-100 ml melk
Plaas botter in kastrol en smelt oor lae hitte. Voeg stroop en suiker by en
roer tot suiker opgelos het. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Klits
eiers en roer by botter mengsel. Sif droë bestanddele saam en voeg
beurtelings met melk by bottermengsel. Meng goed. Bedek met kleefplastiek en
plaas minstens 1 uur lank in yskas.
Vorm okkerneutgrootte-bolletjies en plaas op bakplaat. Druk effens met
vinger en bak in voorverhitte oond by 190 grade C 10-12 minute lank lot
goudbruin en gaar. Verwyder uit oond, laat afkoel en sit voor.
OBLIETJIES
500 g bruinsuiker (625 ml)
2 eiers
250 g botter (gesmelt)
15 ml fyn kaneel
10 ml droë nartjieskil (fyn gestamp)
100-125 ml volroomsjerrie
480 g koekmeelblom (4x250 ml)
Klits suiker en eiers saam lot romerig. Voeg botter, kaneel en nartjieskil
by en meng. Voeg sjerrie by en meng. Voeg gesifte meelblom by en meng tot
stewige deeg.
Indien nodig voeg meer meel by.
Vorm bolletjies en plaas in middel van oblietjiepan. Maak toe en bak
sowat 30-40 sekondes aan elke Kant tot goudbruin en gaar. Rol dadelik
op deur gebruik te maak van dik steel van houtlepel op roomhorinkievorms.
Vul met styf geklopte gegeurde room en sit voor.
AFRIKA'S KOEKIIS
Die resep het verskyn in Di Afrikaonse Koek en Poeding Boek Duer 'n
Frystaatse Dame, Paarlse Drukpers Maats. Beperkt. 1914
3 lb Flour, 1 lb witsuiker, 1 lb botter, telepel soda en 2 telepels
kremetat, met melk of water angemaak.
Dit is die hele resep.
Hiermee 'n variasie van Afrika-koekies in die jare 90.
(lewer 90 koekies)
120 g koekmeelblom (250 ml)
390 g volkoringmeel (750 ml)
120 9 mieliemeel (250 ml)
200 g sagte bruinsuiker (250 ml)
3 ml gemengde speserye
5 ml Kremetart
250 g botter
3 ml Koeksoda
225 ml melk
250 ml karringmelk
Meng meelblom, volkoringmeel en mieliemeel. Voeg bruinsuiKer, speserye
en kremetart by. Vryf botter daarby in tot mengsel soos broodkrummels
lyk. Los koeksoda op in melk en voeg by meelmengsel. Voeg karringmelk
by en meng tot sagte deeg. Skep lepelsvol vam mengsel op gesmeerde
bakplate en bak in voorverhitte oond by 180 grade C, 15-20 minute lank
tot gaar. Verwyder uit oond en laat afkoel op draadrak.
Variasies
. Maak holte in rou koekies en skep bietjie appelkooskonfyt daarin. Bak
soos bo.
. Drup gesmelte sjokolade oor vir 'n soeter koekie.
JAN SMUTS-KOEKIES
Hierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en van
1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika was. Die
resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die koekies destyds
baie gewild onder genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke opponente
niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het.
Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by
kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits
Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met kleefwerende
middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien
met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is. Voeg die
suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels,
8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes van die
kolwyntjie
panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en
meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die
eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol vulsel
daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak. Keer
hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.
KORENTEKOEKIES
Nog 'n resep wat dateer uit 'n 1914 resepteboek
130 g botter
400 g suiker (500 ml)
4 eiers (geskei)
375 ml melk
2 ml koeksoda
480 g koekmeelblom (4 x 250 ml)
150 g korente (250 ml)
5 ml kremetart
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een by
terwyl voortdurend geklits word. Meng melk en koeksoda en voeg beurtelings
met meelblom by bottermengsel. Roer korente daarby in. Klits eierwitte en
kremetart saam tot stYf en vou liggies by mengsel. Skep in gesmeerde
kolwyntjiepanne en bak in voorverhitte oond by 200 grade C. 20-25
minute lank tot gaar.
MINETTE SE GEMMERKOEKIES
185g margarine
250ml stroop
700g koekmeel
20ml koeksoda
20ml kremetart
60ml gemmer
550g bruinsuiker
5ml sout
3 eiers
Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die eiers
een vir een by die stroopmengsel. Gooi nou die bruinsuiker bo-oor en meng
net tot die mengsel nat is. Sif droё bestandele en voeg by die die
stroopmengsel en meng. Laat staan vir 2 ure, maak balletjies en bak 10 – 12
minute by 180ْ C. Die resep lewer omtrent 13 dosyn. Ek voeg maar altyd ń
bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die is ’n regte outydse harde
gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer word.
| Ou Boereraat |
Terpentyn : Terpentyn is een fan di nuttigete artikels. Fer brandwonde is dit regte goed en neem dit di pyn weg. Fer blare op di hande is dit uitmuntend, ook fer liddorns, jig-pyn en seer keel. Ook is dit 'n goeie middel fer stuipe. As 'n mens 'n klyn bitji terpentyn in 'n klerekas gooi dan hou dit di motte daar uit, enige druppels tussen boeke op di houtwerk in di boekrakke en di spensrakke, hou di motte uit boeke, ferdryf rysmire en ander insektes en hou hulle uit di rakke uit. Weegluise kan ook ferdrywe en weggehou worde deur 'n bitji terpentyn tussen di foegiis fan di katels of ledekante te smeer en in diopenings fan di mure as dit daar is.
|
Resepte uit Anna se Kombuis Al Anna se resepte is in eBoek formaat en maak dus ideale geskenke en word sommer met epos gestuur. Vir meer besonderhede, klik hier |
Die resep hieronder kom uit Anna se eBoek - 101 Poedingresepte vir Kersfees. Skaf dit gerus aan!
BRANDEWYNPOEDING MET SOUS
5 ml koeksoda -
250 ml kookwater –
125 g ('n halwe pakkie) ontpitte dadels, fyngekap
125 g droëvrugte-koekmengsel
100 g glanskersies, gehalveer
125 g botter of margarien –
250 ml geelsuiker
2 eiers
375 ml koekmeel
'n knippie sout –
5 ml bakpoeier
100g pekan- of okkerneute, grof gekap
Sous:
375 ml suiker -
250 ml water –
15 ml botter
5 ml vanieljegeursel –
190 ml brandewyn
Stel die oond op 140 °C. Spuit of smeer 'n vuurvaste bak van 35 cm x 22 cm x
5 cm. Los die koeksoda in die kookwater op en giet oor die dadels. Roer deur
en laat afkoel. Roer die koekmengsel en kersies by. Hou eenkant. Klits
botter en geelsuiker saam tot romerig en klits eiers een-een by. Sif die
koekmeel, sout en bakpoeier saam en roer geleidelik by eiermengsel. Voeg
neute en laastens afgekoelde dadelmengsel by. Meng goed. Skep in voorbereide
bak en bak sowat 50 — 60 minute. Maak intussen die sous wat dadelik
oorgegiet moet word sodra die poeding uit die oond kom.
Vir die sous:
Meng suiker met water, bring tot kookpunt en prut sowat 5 minute. Haal van
stoof af. Voeg die res van die bestanddele by en giet oor warm poeding sodra
dit uit die oond kom. Dien op met geklopte room..
| st se pitkos |
st se pitkos
Klik hier
om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog gevleuelde woorde van ST:
6 besondere
tekens wat die gehoor wil hoor
Die volgende ses tekens het ek gekry uit ‘n Toastmasters
omsendskrywe en is opgestel deur Marlene Ward in ‘n kort artikel met die
naam ”The Six Signals All Audiences Want To Hear.” Ek voeg so ‘n paar
gedagtes van my eie by.
Ek deel hierdie tekens graag met jou want ek wil hê dat jy suksesvol
moet wees en jou volle potensiaal uitleef. Staan op vir jouself en
spreek jou woord voor ‘n gehoor:
Teken 1: “Ek sal nie jou tyd mors nie.” Gee hierdie teken vroeg in jou
toespraak, sommer reg in die begin binne die eerste tien sekondes. Gaan
direk na die punt hoekom jy daar is, wat jy verwag om in jou toespraak
te bereik en motiveer jou gehoor om te luister. Sommige sprekers het ‘n
te langdradige inleiding sodat die gehoor nie dadelik weet waaroor dit
gaan nie – en ‘verloor’ hul gehoor binne die eerste minuut. Ek het al
geluister na sprekers wat op ‘n troue ‘n heildronk instel en dan met ‘n
laaaang inleiding ‘n klomp nonsens praat tot almal se frustrasie.
Teken 2: “Ek weet wie julle is.” Jy moet nie net weet wie jou gehoor is
nie, maar jy moet dit ook vir hulle vertel. Erken die groep mense voor
jou en fokus in op hulle spesifieke behoeftes. Dit stel die toon en
atmosfeer van jou praatjie. Wanneer jy op ‘n begrafnis praat, sê vir die
aanwesiges dat jy weet hulle is familie en vriende van die oorledene en
dat jy weet hulle is daar om hul laaste respek te kom betoon.
Onmiddellik vind die gehoor dan aanklank met jou. Erken en respekteer
die gehoor en hul behoeftes.
Teken 3: “Ek is goed georganiseerd.” Die gehoor moet vertel word die
praatjie is goed agtermekaar en georganiseerd en hoe die praatjie
gestruktueerd is. Dit help die toehoorders om hul eie denke en geheue te
organiseer en in pas met die toespraak te kry. Daar is weinig dinge wat
so ‘n irritasie is as wanneer ‘n spreker uit die vuis probeer praat en
jy kom agter die persoon het nie werklik voorberei nie – en hy gooi
sommer los gedagtes en woorde in om effek te probeer skep. Moenie die
gehoor se intelligensie onderskat met ‘n deurmekaar spul van gedagtes.
Struktureer jou toespraak goed, en sorg dat die gehoor weet hulle
luister na ‘n deeglike beplande en georganiseerde praatjie.
Teken 4: “Ek ken my onderwerp.” Die gehoor wil weet: “Hoekom spesifiek
jy praat en hoekom hierdie onderwerp.” Vestig jou geloofwaardigheid en
kundigheid – dis nie spog nie maar vanselfsprekend dat jou gehoor dit
graag sal weet. Moenie praat oor iets waarvan jy weinig kennis het nie.
As jy wil praat oor “Sterrekonstellasies in ons Hemelruim” moet jy darem
iets weet van die kosmologie. Verenigings of klubs het my al gevra om
oor ‘n onderwerp te praat wat ek nie op hoogte van is nie, en dan het ek
die praatjie van die hand gewys. Gewoonlik stel ek egter ‘n alternatiewe
onderwerp voor en meesal vind dit goedkeuring. Praat oor ‘n onderwerp
waarmee jy vertroud is, doen navorsing om inligting te bekom en vul jou
praatjie aan met nodige stastistieke en feite.
Teken 5: “Hierdie is my belangrikste punt.” Jy kan die belangrikste
gedagte / idee beklemtoon deur te sê: “Dit kern van my betoog is…” of
“Die sleutel gedagte is…” Jy kan ook die belangrikste punt benadruk deur
dit te herhaal. Die gehoor moet weet wat is die kruks van jou hele
praatjie. Deur die kern van jou boodskap te verstaan, kleur die
toehoorders jou boodskap in met jou ander woorde en feite. Jy moet
daarom ook nie ‘n spul kernpunte hê nie, maar beperk jou fokus tot ‘n
belangrikste punt, byvoorbeeld: “Dames en here die hele punt van my
boodskap is dat matriekleerlinge moet beter beroepsvoorligting kry.” Jy
weef dan ander informasie rondom hierdie punt in deur verduideliking, en
metodes en oplossings te bied.
Teken 6: “Ek som op.” Die opmerking moet lewendig en positief wees – dit
moet die gehoor aanwakker om vir oulaas aandag te gee. Dit gee
geleentheid vir die aanwesiges om net die belangrikste punte weer vas te
maak en die doel van die praatjie te onderskryf. Eindig met ‘n sterk
hoogtepunt opmerking of spreuk. Wanneer jy gesê het jy maak klaar, maak
klaar. Daar is sommige sprekers wat nou eers ‘n tweede asem kry en tot
ergernis van almal nie kan klaar kry nie. Punte wat jy vergeet het om te
noem word nie nou ingedruk nie. Maak klaar en sluit sterk en positief af.
‘n Sprankie wysheid vir die dag
“Die musiek wat die diepste reik, en al die siektes gesond maak, is die
hartlike toespraak.” – Ralph Waldo Emerson
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
| Skakels |
Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!
Skooltake?? Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.
| Teken in /Teken uit / Kontak |
Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.
Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposdres waaronder jy ingeteken is
Kontak my hier.