Nommer 104

Besoek my Webwerf

23 Januarie 2007

 
 

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

 
 

Vorige Nuusbriewe

 
 
 
 
 
 
 

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! Hier is ons al amper aan die einde van Januarie, ek dink die jaar gaan soos blits verbysnel.

Kry jou Droomkaartjie! Die UK Lotto betaal nooit minder as 3 miljoen pond uit nie (en gereeld veel meer!), kan jy dit bekostig om NIE 'n kaartjie te kry nie? Dis maklik en veilig! Klik hier!

Dozi tree op Valentynsaand (14 Februarie) by die Albertonse Burgersentrum op. Kaartjies by Computicket beskikbaar. Kom ondersteun die geleentheid asseblief as julle in die omgewing is. Dis fondsinsameling vir ons kerk.

Weereens het ek lekkerlees Afrikaanse artikels deur onder andere Estelle de Bruyn en Annelie Botes, ek is seker julle sal dit geniet! Mara Swanepoel lewer ook 'n bydrae, ek hoop dis die eerste van vele meer.

Geskenke?

Dis gewoonlik 'n gesukkel om geskenke te koop, ek het 'n paar idees wat jy dalk in sal belangstel, klik gerus hier om te gaan kyk. Daar is bv. 'n CD met 50 resepteboeke op (Engels), jy hoef nooit weer 'n respteboek te koop nie!

Estelle de Bruyn

Kom ons skop oudergewoonte af met Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle.

Daar’s ‘n slang in die gras in die nuwe, groen Genesis

AS ek Eva was, het ek self my vyeblaartjies gepak en uit die Paradys padgegee. Dis nou te sê ná die episode met die slang.
Tydens my luilekker vakansietjie hang ek een oggend maar rond en begin in my studeerkamer vroetel en regpak en weggooi. Met ’n bondeltjie weggooigoed in my arms stap ek op pad deur die kombuis na die buitenste asblik in die garage.
Met die intrapslag in die kombuis steek ek vas. Iets is fout. Ek is beslis besig om te hallusineer, want die teëlvloer in die kombuis beweeg. Ek knip-knip my oë, fokus mooi en sien dis nie die vloer wat beweeg nie, maar ’n lang slang wat besig is om daaroor te seil in die rigting van die garage.
Ek weet ek het nie gevloek nie, maar ’n oerkreet van verskrikking en walging het uit my binneste ontsnap en toe dit my ore bereik, my teruggeruk het na die werklikheid. Gevries, versteen het ek bly staan tot die slang uit die kombuis en in die garage was. Soos ’n regte Liquorice All Sorts-mannetjie rek ek my byna uit lid uit en kry die deur toe waardeur die slang weggeseil het.
Met bewende vingers bel ek my slimme kollegas by Republikein wat ver beter as ek weet wat om in krisisse te doen. Hulle stuur onmiddellik die dapper Dirk Heinrich van Allgemeine Zeitung, wie ’n natuurkenner by uitnementheid is, tot my redding. Ek wip by die voorhek uit om hom in die straat in te wag en daar kom ek wederom vir slang se kind teë. Dié het intussen onder die garagedeur uitgeseil en lê voor die deur in die oggendson. Ek koers straat toe om Dirk te keer dat hy nie moet inry en die slang weer binnetoe jaag nie.
Minute later stop Dirk en Minette voor my deur. Bewend, grillend wys ek waar ta lê en die dapper Dirk stap kordaat nader en vang die slang met sy kaal hande.
My hele lyf van kop tot tone is die ene hoendervleis, ek gril soos ’n mens maak wanneer iemand met sy naels oor ’n swartbord krap. Dirk stap die berge in en laat die slang vry.
Gmf! dink ek, laas toe ek Genesis gelees het, sou die slang jou aan die hakskeen byt en jy moes sy kop vermorsel. Maar nou ja, Genesis is voor eko-vriendelikheid eers ’n gedagte by die eerste bewaringsbewuste was, geskryf.
"Dis ’n baba-sweepslangejie," paai Dirk. "Hy kan jou niks aandoen nie en is waarskynlik banger vir jou as wat jy vir hom is."

Tuiswerk - laat jou handwerk stokperdie betaal

Bewonder almal altyd jou handewerk? Nou hoekom verdien jy nie iets daaruit nie? Ek het 'n stel van 5 eBoeke (in Engels) wat baie behulpsaam sal wees. Die boeke bevat handige inligting oor die keuse van produk, hoe om korrek te prys, advertensies , bemarking, jou eie katalogus, verspreiding van jou katalogus en nog vele meer. Net R50 vir al 5 boeke, klik hier vir meer besonderhede. Die boeke is onmiddelik beskikbaar en word per epos gestuur (in Acrobat formaat .pdf)

Mara Swanepoel

'N NAG IN DIE STAD

Hierdie verhaal is opgedra aan Marc Bredenkamp. Marc was 'n dwelmverslaafde en het sy lewe vir die Here gegee en lei vandag baie harte na die Here. Hy is die stigter van Reacout Ministries, en ek skryf hierdie verhaal na aanleiding van 'n getuienis wat hy eenkeer gebring het. Al die name behalwe Marc is fiktief. - Julle kan Marc se storie hier oplees: http://www.reachout-int.com/builder.php?loadpage=about_marc

31 Oktober 2006. Vandag is halloween dag in Amerika. En ook die dag wat baie Christene in ons land vrees. Want hierdie nag sal duisende sataniste uit die closet kom. Hulle sal vergader in donker hole. Hulle sal offers bring. Hierdie offers sal die grootste offers wees waaraan jy kan dink. Mense. Hulle sal babas en kinders offer. Onskuldige mense.

Ek kyk op my polshorlosie. 15:00. En bid saggies “Here, help my asseblief vanmiddag en vannag in my stryd. Dat ons hierdie rituele in ons stede kan uitroei, vaarwel kan toeroep. Here, al kan ek vandag net een siel red. U ken my goeie vriend Braam. U ken hom al jare, al ken Hy U nie, al maak Hy asof Hy U nie nodig het nie. Here, hy het U vanaand so nodig.” Hierdie deel van die stad was nog nooit baie skoon nie. Ek kom tot stilstand aan die bokant van die trappe in skemerte gehul. Die gang wat lei na die woonstelle vol skaduwees. Stuur 'n koue rilling langs my ruggraat af. Ek het tot hier gekom en kan nie nou omdraai nie.

Woonstel 214. Dis Braam wat die deur oopmaak. Goeie ou Braam. Vaagweg onthou ek ons tye saam, onthou ek hoeveel joints ons saam gerook het, hoeveel fixes ons saam geneem het. Inspuitings in voos gesteekte arms en bobene. Net om nog een maal eufories saam te verkeer. Elkeen in sy eie klein wêreldjie vasgevang. Net nog een fix. Liggame wat slap op die vloer lê, so 'n bekende prentjie en tog so vêr verwyderd van my huidige bestaan. Was dit nie maar net gister wat ons saam hier gechill het nie? Dit voel soos gister, al weet ek dit was lank gelede.

Hoe lank smeek ek nie al by Braam nie. Net een keer Braam, kom net een keer saam met my kerk toe. En telkens kry ek dieselfde antwoord: “Ou Marc, enige tyd maar gee my net jou boombox.” Hoeveel keer was ek nie al op hierdie kruispad in my lewe nie? Hoeveel keer het Braam nie al gesmeek vir my boombox nie?

Enige iets Here, net nie my boombox nie. Dis my enigste besitting Here. Toe ek U aangeneem het in my lewe het ek niks besit behalwe hierdie boombox nie, op my weë was dit my enigste companion. Hoe kan ek dit sommer net so vir Braam gee. Dan het die stemmetjie in my, my geskud “Wat is 'n boombox nou vir 'n siel?” Maar dit was nie sommer enige boombox nie, dit was MY boombox. En as ek dan na so 'n gesprek met Braam in my bed gelê het, het U my berispe.

Pupille so klein dat ek dit skaars kan sien. “Braam jy het belowe. Hoe kon jy? Jy probeer nie eens nie. Luister na my, wil jy nie vanaand asseblief saam met my kom nie. Ek smeek jou my vriend.” En nes die vorige jaar is sy antwoord 'n besliste nee. Lag hy my liewer uit. “Here, vergewe hom, hy weet nie wat hy doen nie.” “Markie-boy, het jy my boombox gebring? Jy weet sonder dit is my antwoord nee.”

Later terug in my woonstel trek ek my swart jas aan. Ek dwaal doelloos deur die klein vertrekke. Tob. Tob. Tob. Stap tot by die kas, vryf oor die verrineweerde boombox. Ek aanbid mos nie my besittings nie, maar ek kan myself nie losskeur van hierdie boombox nie. Ek worstel lank met myself. Wat is 'n boombox vir 'n siel? 'n Siel wat dors en smag sonder om dit te besef. 'n Siel wat al te lank op die verkeerde weë wandel. 'n Siel wat gered moet word.

Alles is donker en stil. Ons stap deur die duikweg na die verkeerde deel van die stad. Stap al langs die spoorlyn met ons kruise in ons hande en ons sing. Van Hom wat verlossing bring. Ons dra ons kruise met trots. Dit is volmaan. En weet ek nie hoe perfek dit is vir die rituele wat hom vannag in die donkerste donkertes van ons stad gaan afspeel nie.

Die flou flikkeringe van kersliggies by die brug kom al nader. Ons sing harder nou. Gedryf deur iets bokant ons verhewe. Kruise wat die maanlig weerkaats voor ons uitgestrek. Ons sang word deur die wind op hoogtes meegevoer.

By die brug gaan staan ons. Van hier af kan ek silhoette uitmaak. 'n Paar kerse gooi floutjies hul skaduwee teen die muur.

Onheilspellend.

Grotesk.

Amper soos die ritueel wat hom hier voor my oë afspeel. Ek herken die hand wat die mes omhoog hou. As hy opkyk herken Braam my, deins hy terug toe hy die kruis in my hande gewaar. Ek wil skree. Gil. Maar oor my lippe is dit stil.

Een sekuur beweging is al wat nodig is. Dan verkleur die geofferde se klere rooi. Bloed. Stadig sypel die lewe uit hom uit.

Iemand gil. Ek swaai om. Te laat. 'n Skoot klap. 'n Dowwe plofgeluid. “hande in die lug, polisie”, skree iemand. Ek storm nader, lig Braam se kop op waar hy neergeval het. Ek sien hoe hy sterwe in my arms. Die lewe wat stukkie vir stukkie uit sy oë verdwyn. 'n Roggelgeluid. Ek bring my traanbenatte gesig nader na syne, en hoor hom fluister: “Markieboy, jou boombox . . . “

Een nag in die stad. Van Sodom en Gomorra.

©Mara 2006
Mara se Blog

 

Click Here Now!

Click Here Now!

 
 
  Annelie Botes  
  Nog 'n lekkerlees storie deur Annelie.  
 


Wat beteken jou vlag dan, Suid-Afrika?

‘n Ma se hart is soos ‘n verslete bruin skoolkoffertjie waarin sy haar mementos bêre. Soms gaan sy eenkant toe om dit oop te knip om die onthougoed in die koffertjie aan te raak, dan ontdek sy dat haar traanfontein daarin gebêre is. Dan knip sy dit weer dig, want ‘n ma kan nie heeldag betraand wees nie.
As die dagbreek deur die dennebome langs ons kompleks begin skif, steek ek twee kerse op my klavier aan. Draai my toe in my wit tjalie en gaan tuinbank toe. Met die koffertjie waarin ek my seun en my dogter bêre. My ver kinders wat so ma-loos in England swerf.
Surrey, 12 Grange Road. Weymouth, 21 Wesley Street. Dis net name. Maar dis name wat ek seën, want dis my kinders se ander huise. Iewers in daardie strate lê hulle Afrika-spore. Getrap, onbewus van die engel-metgesel wat hulle Afrika-ma teen dagbreek op die tuinbank van die Groot Reisiger afgesmeek het.
Nou die dag nog was hulle onskuldmensies wat pophuise en damme gebou en met my spensgoed winkel-winkel gespeel het. Op hulle driewiele Bedford-biblioteek toe is. Bewend gewag het vir Pinnochio en Tarzan. ‘n Gestorwe liewensheersbesie in ‘n vuurhoutjieboks begrawe het. Snags by ons kom invroetel het as daar glo diewe en spoke in hulle kamers was.
Sedert ‘97 het ek ‘n weersin in die Baai se lughawe. Ek moes my al té veel kere daar van ‘n kind losskeur. Iemand wat nie dié sweephou oor sy eie rug gevoel het nie, sal nie begryp nie. Hoe hy jou styf vashou; jou rug met sy plathand vryf. Die borspyn voor hy deur die sekuriteitsdeur stap. Dis asof jy val en val, maar nooit land nie. Iets ín jou spat aan skerwe.
Met doodse bene klim jy die trappe op en druk jou gesig teen die boonste vloer se vensters. Jy sien jou kind oor die teerblad stap. Braaf, rugsak oor die skouer. Hy klim die vliegtuigtrappe op; draai om en waai vir oulaas na waar hy dink sy pa en ma moet wees. Dan verdwyn hy in die maag van die wegneemvoë1. Daar peul ‘n skor roggel uit jou bors; jou lyf is waternat gesweet.
Here, sê nou jy sien hom nooit weer nie? Wat as hy die karma moet verreken vir die Hollandse uitruilstudent wat vermoor is in die Tredouxpas? Wat as dit jóú beurt is om met sy haarborsel London toe te vlieg ná ‘n frats treinongeluk? Dit druis in jou kop van ongesêde dinge. Jy wou nog vir hom vetkoek bak, toe kry jy nie tyd nie. Jy wou nog dit; jy wou nog dat. Maar dis verspeel.
As die vliegtuigstippel verdwyn, draai jy om huis toe. Jy loop van kamer na kamer; jy soek hom. Jy wil nie sy beddegoed was nie, want jy wil hom bewaar. Jy kry ‘n maatlose kous onder die bed en druk dit teen jou gesig. Jy raak aan sy lorrietjie in die vensterbank. En jou gewete praat jou aan oor die keer toe jy hom byna vermink het omdat hy sy wiskundeboek by die koshuis vergeet het. Geweier het om hom geld te gee vir Hartenbos se wipmatte. Toe jy te moeg was om te gaan kyk na sy spogplaas wat hy in sy sandgat gebou het. Toe jy sy sywurm-eiers weggegooi het, en amper sy ore afgeskeur het omdat hy met jou kleingeld ‘n R2-beertjie gevang het.
Jy leef op kriptiese sms’e en e-posse; soms ‘n laatnagoproep. Maar jy hou nie op om jou ma-kerse te brand en met jou traankoffertjie op die tuinbank te sit nie. Elke dag stuur jy die helfte van jou engele om hom te begelei daar gunter in Weymouth.
Stadigaan bedaar jou gewete. Omdat jy weet jy het hom grootgemaak na jou beste wysheid. Tog, as jy die Sondagkos opdra, of die braaivleisvuur aansteek, onthou jy sy lyfreuk, sy lag-oë, hoe hy die karringmelkbeskuit in die koffie doop. Jy herroep die laaste groet aan die bopunt van die vliegtuigtrappe.
Jy kan nie help om met ‘n tikkie bitterheid te refrein nie: Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra: Wat beteken jou vlag dan, Suid-Afrika?
Want al sal ál die vlae halfmas wapper, sal jou moedervlag hoog gehys bly. En jy weet die dag sal kom dat hy die trappe sal afklim en oor die teerblad na jou toe sal terugstap. Jou be-engelde kind daar doer uit Weymouth.

Webwerf Soeklig

Met elke uitgawe fokus ek op 'n Afrikaanse webwerf.


Laat jou stem hoor....
 
Minette Brink

Van julle sal nog onthou van die lekkerlees artikels wat Minette Brink vir my aangestuur het. Wel, sy het al die artikels in een eBoek saamgevat, meer as 70 van hulle. Hierdie is Afrikaans op sy beste en lekkerste en die eBoek maak ook die ideale geskenk. Die hele versameling artikels verkoop vir net R40, klik hier vir betalingsbesonderhede. Die boek is onmiddelik beskikbaar en word per epos gestuur. Kopers kry 'n gratis resepteboek by.
 
Afrikaanse Lied

Iemand wat in Melbourne woonagtig is stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere. Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek

KOFFIE, KOFFIE

Woorde: Tradisioneel
Musiek: Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT

Koffie, koffie, anders val ek om, jo-ho!
Koffie, koffie, anders val ek om!
Bly die koffie in die rugsak
sal ek net hier inmekaar sak.
Koffie, koffie, anders val ek om, jo-ho!
 
Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl

Ek luister mos een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.

BAINSKLOOF SPOOKHUIS; Wellington distrik: Wes-Kaap
Uit: Die Burger, 2 Desember 1989, geskryf deur Braham van Zyl
BAINSKLOOFPAS is vandag ‘n bekende toeristeroete in Wes-Kaapland. Vandag se reisiger weet seker nie eers dat daar vroeër hoog teen die kranse ‘n herehuis oor die pas getroon het nie. So halfpad met die afkomslag Wellington se kant toe, het dit reg voor die reisiger opgedoem.
Hierdie indrukwekkende gewelhuis is gedurende die jare van die Tweede Wêreldoorlog deur boumeester Charl Marais vir die bekende konfytfabriek-pionier van Wellington, mnr PJ Hugo, gebou.
Volgens oorlewering is die huis met groot moeite tussen die kranse gebou en ‘n bergpas in die kleine moes as toegangsroete gebou word. Dié pad is later verder die bergvallei in gemaak om die beplande plaasontwikkeling te bedien. Vandag groei daar egter net gras en bosse waar daar eens ‘n huis was.
Die dubbelverdieping gebou met sy imposante gewels, rietdak en lang spiraal-versierde skoorstene, was op die oog af ‘n tipiese sir Herbert Baker-ontwerp. Dit het van ver onder in die pas af ‘n beeld van ‘n ware bergvesting geskep – en ‘n bergvesting was dit gewis.
Die storie van die huis en die plaas Oostenberg, waarop dit geleë is, strek terug tot 1839, toe JJ van der Merwe (jr) as eerste eienaar van die stuk berggrond besit geneem het. Dit was goed tien jaar voor Andrew Geddes Bain begin het om die voetpad, wat as toegangsroete vir sy konstruksiespanne tydens die bou van Bainskloofpas moes dien, oor die berg te bou.
Dit wil voorkom asof die belangstelling in dié ruwe bergwêreld iets te doen gehad het met ‘n versoek wat reeds in 1815 aan Lord Charles Somerset gerig was om die Witterivier se water oor die berg na die droeë Bo-vlei vallei aan die Wellington kant van die berg te bring. Dié projek is dan ook rondom 1860 met groot moeite en ‘n dreigende bankrotskap deur ‘n klomp Wellington boere voltooi – vandaar die bruisende stroom water wat vandag by “Gawie se Water” onder die pad deurspoel.
Na Van der Merwe het die private elektrisiteitsvoorsieningsfirma, Wellington Electric Light Power Syndicate die plaas in 1892 gekoop. ‘n Groep bekommerde Wellingtonners het die idee van die beoogde elektrisiteitsvoorsiening deur middel van waterturbines kort daarna met die hulp van die destydse Kaapse owerheid gekelder.
Sewe jaar daarna het De Beers Consolidated Mines die plaas gekoop met die oog op elektrisiteits- en watervoorsiening aan die destyds beoogde plofstoffabriek op die plaas Houtbaai buite Wellington. Met die hulp van die Kaapse owerheid is dié projek ook gou in die kiem gesmoor.
Na al die vrese en bohaai oor die onderskeie projekte by Oostenberg was die Wellingtonners seker in 1938 verlig toe Hugo besit geneem het van die grond met die idee om sy droomhuis daar hoog in die berg te bou. Hy het die eiendom na Paradise Valley Estate herdoop. Ongelukkig het Hugo nooit daar gewoon nie, want hy is vroeg in 1941 oorlede.
Na Hugo het die Paarlse Munisipaliteit die eiendom in 1946 gekoop met die idee om ‘n dam op die bergvlakte agter die huis te bou. Die dam moes dan water aan die inwoners van die Paarl voorsien.
Na die voltooiing van die Wemmershoekdam en die gevolglike voldoende watervoorsiening aan die Paarl, is die saak vir eers met rus gelaat.
Op 22 Februarie 1949 het vonke vanaf ‘n veldbrand die rietdak van die bekende Hugo-huis in die berg aan die brand gesteek. Die Paarl Post van 27 Februarie 1949 berig hoedat die brandweer die lang pad vanaf die Paarl, deur Wellington en teen die pas op, sonder welslae gespoed het – die huis het tot op die grond afgebrand. Daarna het die oorblyfsels van die huis vinnig begin verval.
Die laaste oorblyfsels van dié reüne, later bekend as “Die Spookhuis”, is in 1979 gesloop, na die tragiese dood van ‘n Ikey student en sy vrou. ‘n Ontsnapte bandiet het eers die man by Junction Pool, hoër op langs die Witterivier, vermoor en toe sy vrou in die ou murasie. Vandag is alles toegegroei onder gras en bosse en net ‘n klipmuur vertel van een of ander bouwerk van vroeër.
Oor die teenwoordigheid van spoke in dié spookhuis is al baie bespiegel. Ek kan egter getuig dat die nagte wat ek as bergklimmer in die ou murasie deurgebring het, maar bra grillerig en onrustig verloop het; veral wanneer die wind saggies deur die leë kamers gefluit en die dooie waboomblare oor die vloere heen geritsel het.

Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos : info@explore-sa.com

Luister elke Saterdagoggend net na die agtuur nuus op die Afrikaanse radiodiens van RSG na Braham van Zyl en Amoré Bekker se agterpad geselsies op die program Brêkvis met Bekker. 

Glimlag!

Dis Sondag en baie kerke gee deesdae mos spesifieke Sondae voor die gewone diens 'n kort kinderdiens. Die dag vertel dominee van Daniël en die leeukuil en al die kinders moet kom voor sit. Baie dramaties vertel die dominee:
"En die koning vat vir Daniël en GOOI hom in die leeukuil. !" Die kerk is tjoepstil en die een seuntjie het hom so ingeleef in die storie, hy haak kliphard af: "So 'n bliksem!"
[Die dominee het blykbaar so gelag hy kon nie verder preek nie.. Het een van die ouderlinge gevra om net af te sluit en na die tyd vir die ouers gevra om asseblief nie die kind pak te gee nie want hy was die enigste een wat regtig geluister het! ]

 
   
Laat jou wildste drome waar word, kry 'n kaartjie in die UK Lottery, klik net hier  Die boerpot is gereeld om en by  £11 miljoen, ( R140,000,000), sjoe, dis darem maar baie nulle!! Maar dis nog NIKS! Die Euromillions Lotto staan huidiglik op 181 miljoen Euro, dis om en by R1,719,500,000. Eishhhhhh. Vat 'n kans, wie weet???
     
  Die Danville Hulpgroep  
     
 

Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf. 

Bankbesonderhede:

Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Aflewerings adres:-

286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

PS Bel asb voor jy ry
.
Resepte

Die volgende resepte kom voor in 'n resepteboekie wat deur Shell in n1949 uitgereik is.

Voortrekker-Resepte
Tradisionele Suid Afrikaanse Geregte


Swartsuur Soep Nr 1
Bestanddele:
3 pond Skaapribbetjie
6 Naeltjies
1 Wit Ui
12 Peperkorrels (fyn gekneus)
2 Onse Tamaryn
1 Eetlepel Bruinsuiker
Eende of hoenderbloed
Sout na smaak

Metode:
Kap ribbetjie in netjiese stukkies en stowe stadig in omtrent 3-4 koppies koue water. Na ‘n uur of wat word 1 koppievan die sous uitgeskep en meelblom word in die kokende sous ingeroer totdatdit ‘n stywe deeg vorm. Laat afkoel. Klits nou 2 eiers op en roer by die deeg in. Vorm nou balletjies met twee teelepels so groot soos albasters.Tamaryn word in twee groot koppies kokende water geweek. Sny die ui fyn en smoor in ‘n bietjie botter. Sodra die koppie sous uitgeskep is,word die water van die tamaryn afgegooi en by die soep op die stoof gevoeg, ook die eende of hoenderbloed. Voeg nou al die bestanddele ook by,indien nodig voeg nog water by. Laat die soep goed deurkook. Sout word na eie smaak bygevoeg. Kluitjies word net ‘n half-uur voor die soep opgedis word, en moet baie vinnig opkook.
Let Wel :- Asyn kan na eie smaak in die plek van tamaryn gebruik word.

Swartsuur Soep Nr2
In plaas van skaapribbetjies word nou hoendervlerkies,-boudjies,-beentjies,en bloed gebruik. Vir die res is die resep net dieselfde as in Swartsuursoep Nr 1, behalwe dat korente by die kluitjies gevoeg word.

Outydse Bonesoep:
Bestanddele:
2 pond Beesvleis
1 Blaartjie Foelie
¼ pond Varkspek
1 Bossie Suring
1 pond Witbone
Omtrent 3 kwarte koue water
1 Ui
Sout en peper na smaak
1 Bossie Pietersielie

Metode:
Bone word oornag in koue water geweek. Sny vleis in mooi stukkies, maar nie die spek nie. Sny ui in ringe en smoor in botter. Kap suring en pietersielie fyn. Kook nou al die bestanddele goed tesame omtrent 3 – 4 uur. Roer af en toe. Indien nodig voeg meer water by.

Kluitjiesoep
Bestanddele:
2 pond Beesvleis
4 – 6 pinte koue Water
2 blaartjies Foelie
6 Naeltjies
Sout na smaak
1 bossie Suring
Omtrent ½ - ¾ pond Meelblom vir die maak van die kluitjies, asook 1 eetlepel sagte vet en ‘n weinig droë tiemie.
Metode:
Sny die vleis in stukkies, sit op in die koue water, voeg nou al die ander bestanddele by, behalwe die kluitjies, laat goed kook omtrent 3 – 4 uur lank. ‘n Gesmoorde ui kan ook bygevoeg word.
Meng nou die meelblom met die tiemie en sout na smaak, maak ‘n holte in die middel en gooi die vet daarin. Skep nou van die kokende vloeistof uit die soeppot en maak die kluitjies daarmee aan. Kluitjies moet ‘n “slap deeg” wees. So vinnig as moontlik moet nou gewerk word. Vorm kluitjies met twee teelepeltjies en gooi dadelik in die soep. Maak teelepeltjies af en toe nat in die kokende soep. Sodra kluitjies opkom, is hulle gaar en moet soep dadelik opgedis en bedien word.
Let wel – Die oumense het gewoonlik die vleis in die soep bedien.

Ingelegde Vis
Bestanddele:
6 – 8 pond vars geelbek of enige
1 baie klein Rissie, fyn gekap
ander geskikte soort vis
12 Naeltjies
6 groot wit Uie
2 eetlepels goeie Blatjang
2 onse Kerrie
Sout
1 teelepel Borrie
2 – 3 pinte goeie Asyn
2 eetlepels Suiker

Metode:
Maak vis skoon en sny in mote. Sprinkel sout oor en bak in warm vet. Sny uie in ringe en smoor. Meng al die ander bestanddele en kook op in die asyn, voeg ook die gesmoorde uie by om sag te kook. Sit nou die gebakte vis in in erdekan of iets dergeliks en gooi die gekookte asynmengsel oor.
Let wel – Vis moet goed bedek wees met die asynmengsel.

Smoorvis
Gesoute snoen word hiervoor gebruik. Sny vis in mote en laat lê in koue water om uit te vars. Haal uit die water sodra vis genoeg uitgevars het, kook nou sag en verwyder al die grate. Sny 1 – 2 uie in ringe en smoor in botter, voeg nou die vis daarby asook 2 – 3 gaar aartappels in skywe gesny en ‘n goeie klont botter. Bedien saam met rys.
Let wel – Hoeveelheid van uie en aartappels hang af van die hoeveelheid vis wat gebruik word.

Andoeltjie
Neem die pens van ‘n vark, keer dit om en lê in soutwater; dit help om die slymerigheid maklik te verwyder. Maak die pens baie goed skoon en laat lê in skoon water totdat dit nodig is. Gebruik nou sewel al die afvalstukkies bees – en varkvleis as die stukkies spek en speksooltjies. Sny in dobbelsteentjies en meng met die volgende: Fyn koljander, wonderpeper, naeltjies, peper en ‘n weinig geelsuiker asook ‘n weining salpeter. Stop die mengsel nou in die pens, naai mooi toe, maar behou die fatsoen. Lê in pekelbalie 1 – 2 dae lank (hang af van grootte van pens). Haal uit en pers tussen twee planke met gewig op. Hang op in die skoorsteen om goed te laat berook. Kook soos southame.

Let Wel – Hierdie gereg het die oumense altyd in die winter maande gemaak, wanneer hulle gewoonlik bees en vark geslag het, soos die gewoonte in daardie dae was. Skaapvleis kan ook bygevoeg word. Onghou salpeter moet so min wees dat dit nie die vleis rooi maak nie! Nadat “Andoeltjie” onder die pers uitgehaal is, moet dit eers opgehang word om winddroog te word voor dit berook word.


Gebraaide Soutribbetjie
Slag bene mooi uit aan die binnrekant. Sny nou dwars en kruid strepe op die vet aan die buitekant. Meng nou sout, peper, ‘n weinig salpeter, fyn koljander, wonderpeper, naeltjies en foelie. Sprinkel ribbetjie nou goed met die mengsel, rol en bind vas, laat nou 1 – 2 dae lê. Die ribbetjie word n ou in koue water opgesit om sag te kook. Haal die pot van die stoof af en haal die ribbetjie uit, maak los en lê plat uit op ‘n plank om koud te word. Braai nou o die rooster oor gleoiende kole en bedien warm. Die ribbetjie kan ook eers ‘n paar dae lank in die skoorsteen gehang word om dit te berook voor dit gebraai word.


Bobotie
Bestanddele:
2 pond gemaalde Vleis
Suurlemoensap of Asyn na smaak
12 gestampte Amandels
1 teelepel Suiker
2 Uie, fyn gekap
1 eier
2 eetlepels Botter
6 Lemoenblare
1 sny Witbrood
Melk om die Brood in te week
2 eetlepels Kerrie

Metode:
Week die brood in die melk totdat dit sag is en maak dan fyn met ‘n vurk. Smoor die uie in die botter. Klits die eier op en meng nou al die bestanddele saam met die vleis. Smeer ‘n bakkie, gooi die vleismengsel daarin, steek nou die lemoenblare oral bo-op die mengsel in. Bak totdat dit byna gaar is, en gooi dan die volgende vla-mengsel oor:
Klits 3 eiers goed o, voeg 1 ½ koppie melk by, sout en peper na smaak. Gooi dit nou oor die bobotie en steek terug in die oond.

Ouderwetse Lampastei
Bestanddele:
4 pond Lamsvleis (rugstring is heerlik)
1 glas Wit Wyn
2 wit Uie (in ringe gesny)
1 eetlepel Sago
1 blaartjie Foelie
2 hardgekookte eiers en 1 rou eier
2 onse Botter
‘n Paar skyfies Ham
Sap van 1 Suurlemoen
‘n Bietjie Wonderpeper
Sout en Peper na smaak

Metode:
Sny vleis in netjiese stukkies, smoor die uie in die botter, voeg nou al die bestanddele by, behalwe die eiers, sago en suurlemoensap. Sstowe nou die vleids tot dit heerlik sag is. Voeg nou 1 eetlepel sago en ‘n goeie klont botter by; roer tot die sago gaar is. Klits geel van eiers goed op, klits bietjie water by en dan die suurlemoensap, voeg by die vleis. Gooi nou dign miengsel in ‘n pasteiskottel. Sny hardgekookte eiers in skyfies en sit op die mengsel. Gebruik skolferkors vir die kors van die pastei en smeer oor met wit van eier. Bak.
Let Wel - 1. Lamsvleis en hoender kan saam gebruik word.
2. Hoender kan ook alleen vir die pastei gebruik word.

Huspot
Bestanddele:
4 pond Skaapblad
1 klein Koolkop
1 wit Ui
1 koppie Groenertjies (gemeet na dit uitgedop is)
4 Aartappels
Sout en Peper na smaak
4 Geelwortels

Metode:
Kap die vleis in netjiese stukkies, sny die uie, aartappels en wortels in ringe. Sny die kool stukkend. Maak ‘n bietjie vet warm in ‘n kastrol en smoor die uie en vleis daarin. Sit nou die groente in lae oor die vleis, voeg sout en peper na smaak by, voeg ook bietjie kookwater of ekstrak by en stowe 2 – 3 uur.

Kotelet-Boud
Bestanddele:
1 Skaapbout
1 eetlepel fyngekapte Pietersielie
‘n Paar snye Witbrood
2 blaartjies Foelie goed fyngemaak
Melk om brood in te week
Bietjie fyn Neut, en Naeltjies
1 glasie goeie Wyn
Sout en Peper na smaak

Metode:
Week die brood in die melk, haal uit en maak goed fyn, voeg nou al die bestanddele daarby, behalwe die wyn. Neem nou die boud en sny diep snye tot op die been, maar moet nie die snye uitsny nie. Stop nou die aangemaakte vulsel tussen die snye in en naai die snye aanmekaar. Vrywe boud nou goed oor met sout en peper, gooi nou ‘n glas wyn oor, laat wyn goed intrek in die vleis. Maak boud nou in ‘n bakpot op die stoof of in ‘n bakpan in die oond gaar. Bedien ‘n dik vleissous by.

Lewer in Netvet
Bestanddele:
1 Skaaplewer
‘n Bietjie Fyngekapte Ui
1 Sny Witbrood in melk
Kruie, asyn, Sout en peper na smaak
geweek
1 Eier
Omtrent ½ - ¾ lb Netvet

Metode:
Was en skraap die lewer goed fyn. Druk die brood fyn. Klits die eier op, voeg nou al die bestanddele by die lewer en meng goed. Gooi nou die mengsel in die netvet,vou nou mooi toe en steek vas met houtpennetjies. Bak in oond of braai in ‘n pan, of nog beter braai oor die kole op ‘n rooster

Beesvleis Boerwors
Bestanddele:
8 pond Beesvleis
Omtrent 3Eetlepelf fyn koljander
2 ½ - 3 pond Beesvet
1 Eetlepel gemaalde pimente (all spice)
Sout en peper na smaak
1 teelepel fyn naeltjies

Metode:
Maal die vleis en kap die vet in dobbelsteentjies, meng nou al die bestanddele goed tesame.Heg die worsstopper agteraan die vleismeuel, trek die derm daaroor en stop. Moenie te styf stop nie.

Let wel: - 1.As die derms te droog is,laat hulle ‘n ruk in die water lê
2. Die ou mense het nooit vet vir wors gemaal nie, maar altyd in dobbelsteentjies gekap.

Ou Boereraat

Sooibrand

Een mespunt magnees in 'n half kelki water 3 maal per dag, 5 of 5 amandels per dag te eet is oek goed.

'n Half telepel jamaika gemmer met een telepel soda op 'n glas water nou en dan te drink.

'n Kwart telepeltji gerasperde neut of so 'n stukki in di mond kou en insluk.

Resepte uit Anna se Kombuis
Al Anna se resepte is in eBoek formaat en maak dus ideale geskenke en word sommer met epos gestuur. Vir meer besonderhede, klik hier

Die resep hieronder kom uit Anna se eBoek - Pa se boek. Skaf dit gerus aan!

Ek kry gereeld navraag oor wildsvleisresepte, so hier is een vir julle:

GEVULDE WILDVLEIS RIBBETJIE

2kg wildsvleis rib, ontbeen en gesout
250ml gedroogde appelkose
200g bees maalvleis
5ml sout
1 knoffelhuisie, gekneus
3 repies spek, opgesny
5ml gekapte tiemie
100g margarien
200ml appelsap

Meng die appelkose, maalvleis, sout, knoffel en tiemie om die vulsel te vorm. Smeer aan die binnekant van die rib en rol dit op. Bind dit vas met tou. Plaas die rib in 'n braaipan, smeer margarien oor die rib en gooi die appelsap oor. Bedek die rol met tinfoelie om te verhoed dat dit uitdroog wanneer dit bak. Bak vir 2-2½ uur met die deksel op teen 180ºC. Bedruip gereeld met die appelsap in die bak. Sny die tou en sny die vleis in porsies. Bedien met bruin rys en en droëvrugte slaai. Koop die boek vir die smaaklike slaairesep en nog vele ander resepte

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

Koop die tyd uit

Gereelde lesers van my nuusbrief weet dat ek heel dikwels klem lê op doelwitte. En dat jou drome en doelwitte vir jou rigting en betekenis aan jou lewe bied.

MAAR, hoekom kom so baie mense nie by daardie drome uit nie? Sekerlik sal jy vir my vele redes kan opnoem.

Een van die belangrikste redes is dat ons nie die tyd uitkoop nie.

Dink maar aan hoeveel van jou tyd verlore gaan met onbenullighede. Wanneer ek met mense gesels oor hul lewe en doelwitte is ek telkens verstom oor hoe mense hul tyd spandeer. Hulle het hul doelwitte, maar die gebruik van hul tyd wys die teenoorgestelde - hulle is nie regtig ernstig is oor hul drome en doelwitte nie.

Vele mense se tyd gaan in om televisie te kyk. Asof dit nie genoeg is nie, word dvd’s en videos addisioneel uitgeneem, soms ‘n hele stapel om oor die naweek te kyk. Sal die ure en dae wat jy nutteloos voor die kassie deurbring jou nader aan jou doelwitte bring? Verseker nie.

En dan die voortdurende uithang met vriende. Vandag kuier ons heeldag, drink ‘n klompie biere, hou ‘n braai en kom laatnag in die bed. En volgende naweek maak ons weer so. So gaan die naweke om in weke, en die weke in maande en die tyd loop uit om jou doelwitte te bereik. Nou het ek niks teen partytjies en braai’s nie – ek het dit immers al veel in my lewe gedoen. Dis waarom ek ook uit ondervinding kan sê dat soveel van my gekuiery het my nêrens gebring nie. Ek kan nie eers onthou waaroor ons gepraat het nie, want gewoonlik was dit sommer ‘n klomp nonsens. [Vriende en kuier is wel nodig – maar fokus eers op jou doelwitte.]

Wanneer jy aktiwiteite aanpak, vra jouself die vraag af: “Hoe bring dit my nader aan my doelwitte en drome?”

‘n Mens kom voor die keuse te staan of jy byvoorbeeld op ‘n Saterdagmiddag iets lekker ontspannends gaan doen of jy eerder iets produktiefs ten opsigte van jou doelwitte gaan doen. Soveel mense kies dan die maklike uitweg, doen die lekker dinge; dikwels ten koste van jou doelwitte.

Soms moet jy net ‘n belangrike oproep maak om iets rondom ‘n kontrak te doen. Of jy moet ‘n kwotasie indien. Maar jy wag en wag en doen eerder iets lekkerder. Aan die einde van die dag verloor jy die kontrak en verloor daardeur dalk heelwat geld of verbeur ‘n geleentheid. Vra my, dit het al ‘n paar keer met my gebeur.

Hierdie een insident kos jou geld en ontneem jou ‘n geleentheid. Vermenigvuldig nou hierdie insident met 5 jaar se insidente en jy sien hoever raak jy agter omrede jy eerder met meer aangename “nikwerd” dinge jou tyd verkwis.

Vandag is die tyd vir jou herstel van hierdie slegte gewoonte.

Kry vir jou ‘n doelwit – kom ons sê iets wat jou 20 ure gaan neem om te doen. Skakel alle versoekings uit. Los jou geliefde televisieprogram uit, sê vir vriende dat hulle nie kan kom kuier nie, want jy het werk om te doen. Konsentreer dan al jou energie vir daardie tyd op jou doelwit.

Wanneer jy dit bereik, sal jy die diepe tevredenheid ervaar wat geen televisieprogram, gekuier of braaivleisvuur vir jou kan bied nie. Inteendeel, na die bereiking van ‘n doelwit is dit soveel lekkerder om vir ontspanning iets te doen wat jy werklik kan geniet en met ‘n goeie vriend te kuier.

‘n Sprankie wysheid vir die dag

“Wat ek met vandag doen, is baie belangrik. Ek koop dit immers met 24 uur van my lewenstyd.” – AM Wells

Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za

Skakels

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!

Skooltake?? Klik hier

Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Teken in /Teken uit / Kontak

Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.

Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposdres waaronder jy ingeteken is

Kontak my hier.

Jy kan ook nou kommentaar lewer op die nuusbriewe, klik net hier en laat jou boodskap

Druk jou speld op my besoekerskaart!