|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe
intekenare!
Ek is nog steeds
op soek na ou tradisionele Suid-Afrikaanse resepte wat vernoem is ne
beroemde persone, plekke of gebeurtenisse, soos bv. Hertzog koekies en
Generaal Smutskoekies. Ek het al 'n paar gekry maar nie genoeg om in 'n
boek saam te vat nie. In die resepteafdeling hieronder plaas ek nog 'n
paar sulke resepte. Dankie aan diegene wat alreeds bydraes gemaak het.
As jy dalk so 'n resep het om by te dra stuur dit aan my
per
epos.
Besoek Perkal en word aangenaam verras!
Klik Hier
Na aanleiding van my webwerf naam -
Peterjasies - ontvang ek die volgende van Hannes Cilliers:
Ek het eens op 'n tyd onderstaande geskryf toe êrens op 'n poslys
verneem is na die betekenis van die woord "fieterjasie". Dalk kan jy "f"
deur 'n "p" vervang en dit op jou webwerf gebruik vir 'n stukkie humor.
Fieterjasies? Ek weet al dekades wat dit is. Hier in die vyftigerjare
van die vorige eeu, toe ek so al om die hawerklap die trein moes haal
Bloemfontein toe ter wille van hoghere geleerdheid, beland ek op 'n dag
op die melktrein tussen Villiers en Bethlehem saam met 'n man wat beweer
het hy kén fieterjasies.
So 'n spitsbaardjie, deurmekaar hare en 'n rooi neus. Hy sit kiertsregop
in die middel van die treinbank. Kyk voor hom uit, sprak geen sprook nie
en steur hom nie aan die studenterumoer om hom nie. So af en toe raak hy
eensklaps gespanne, staar stip voor hom uit en dan - skielik - gryp hy
hier voor hom in die lug soos iemand wat 'n vlieg vang. Dan knel hy sy
hand styf toe dat sy kneukels spierwit staan. Wat ook al in daardie vuis
was, moet dood wees.
Ná so 'n paar minute verstar sy lyf weer, sy oë flits heen en weer, en
sy hand skiet uit soos 'n verkleurmannetjie se tong. Die vuis word
gemaak, spierwit.
"Oom, wat dóén jy?" vra een van die eerstejaars toe almal al bars van
nuuskierigheid.
Die spitsbaardjie bewe so 'n slaggie. Toe die ou begin praat, had hy g'n
tand in sy mond nie. "Ek vang fieterjathies,' sê hy.
Dis baie lank stil voor die eerstejaar huiwerig vra: "Fieterjasies? Hoe
lyk 'n fieterjasie?"
Die spitsbaardjie wip weer wild, die hand skiet uit en gryp voor hom in
die lug.
"Ek weetie, ek het noggie een gevang nie..."
Weereens het ek lekkerlees
Afrikaanse artikels deur onder andere
Estelle de Bruyn en Annelie Botes en Des Erasmus, ek is seker julle sal dit geniet! Ook is daar
'n insiggewende artikel deur Dr. S T Potgieter
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Eers Hansie
Cronjé en nou Bob Woolmer. Ek het al lankal die idee in my agterkop dat
Hansie se ongeluk dalk nie 'n ongeluk was nie, en nou Bob ook. Hoe is
dit dan dat geld en beroepswedders so 'n groot rol in sport speel
deesdae. Met Bob se dood word daar ook wedstrydknoeiery genoem. Is geld
dan deesdae so belangrik dat menselewens nie meer tel nie? Dalk moet
mens
jukskei begin ondersteun!
Ons staar alweer 'n groot verhoging
in die brandstofprys in die gesig. Dit maak al hoemeer sin om te kampeer
met vakansie. Dis goedkoop, gesellig en basies al waarvoor jy hoef te
begroot is die brandtsof. En jy hoef ook nie so ver te ry nie, meeste
van ons het kampeerplekke in die omgewing! So pak daardie tent en laat
waai!
Meeste van ons het diere "kinders"
in die huis. Ons kry hulle as klein wollerige bondeltjies, hulle word
groot, oud, en eendag moet ons aan hulle vaarwel sê. Dit het onlangs 'n
vriendin van my, Nandi, oorgekom.
Hier is wat sy skryf:
Tjombie
Een middag in 1992 kom sy my lewe
in. ‘n 6 weke oue bondeltjie wol. In ‘n massiewe grote boks. Jy moet
haar amper soek in die boks. Ek tel haar uit die boks en dadelik trap
daai ou pootjies haar trappe diep in my hart.
Net daar het ‘n jare lange verhouding van byna 14 jaar begin. Sy kry
haar naam. Tjombie.
Ek dink, sjoe, hoe gaan ons deur nagte se wakkerlê kom met tjank en mors
in die huis! Ons sit haar in haar boks die eerste nag en ons ander hond
Robbies gaan lê voor haar en ons het nie van Tjombie geweet nie. Sy het
geslaap.
Nie een keer het sy in die huis gemors nie. Sy het gevra om uit te gaan.
Sy was die maklikste babatjie om groot te maak ooit.
So het sy groter geword. Deur haar ou lelike langbeen stadium en toe net
mooier en mooier geword. So ‘n volmaak geskepte wesentjie uit God se
Hand!
As sy wil gaan stap en sy sien ek trek my skoene aan, spring sy op en af
en die hele ou lyfie swaai omtrent in die rondte van vreugde. Sy was so
lief vir stap. Dan hardloop sy sommer sulke ver ente voor my uit. As ek
uit haar sig is, draai sy om, stap tot waar sy my sien en as sy sien ek
kom nog, spring sy weer om en dan hardloop sy verder. So het ons
kilometers ver gestap.
Van die werk smiddae, kom haal sy my by die motor en dan “perdjie” ons
huis toe. Sy spring omtrent soos ‘n perd op en af. So bly haar “mamma”
is tuis.
As sy haar vir jou gewip het as jy iets gedoen het wat nie na haar sin
is nie, kry jy die vuilste kyk denkbaar. Sy gaan staan stil en gee jou
so ‘n dwars kyk voor sy stert in die lug wegstap. En moet dan nie
probeer witvoetjie soek nie, sy het haar gewip en sy sal besluit wanneer
sy weer iets met jou te doen wil hê. Sy ignoreer jou geheel en al.
So stap die jare ongesiens aan en my ou kinnerkie word ouer. Haar ou
bekkie word grys. Die stap is nie meer so flink nie. Sy is gewillig,
maar die vlees is swak. Die ou magie swel boep en die veearts doen
bloedtoetse en word bevestig daar is ‘n lewerdefek. Sy is nou op
pilletjies om die pyn ligter te maak. Sy begin blaf en tjank en dan ruk
die hele ou magie.
Ek het dadelik gesê, as dit ooit moet gebeur, moet ek asseblief nie die
een wees wat haar moet neem om te laat uitsit nie. Iemand moet haar tog
net neem. Maar my grootste gebed was dat ek net een oggend moet opstaan
en sy is weg. Die Here moet haar asseblief tog net in haar slaap neem as
Hy haar nodig het in sy Koninkryk.
My hart skeur vir my ou kinnerkie. Sy wil nog gaan stap smiddae, maar
ons kom nie meer ver nie, dan sak sy neer en moet ons eers rus. Sy wag
smiddae vir my tot ek van die werk kom en sodra sy my motor sien om die
draai kom, hardloop sy met daai ou moeë beentjies ondertoe en so stap
ons met haar oumenslyfie boontoe. Sy doodmoeg as ons bo kom. Dan moet sy
eers rus.
 |
Klik op die foto vir 'n groter weergawe |
En intussen begin sy al hoe meer
blaf en tjank, veral bedags en begin die mense langsaan irriteer en
hulle kon haar nie meer hanteer nie. Op die oggend van 12 Julie 2006 bel
my man my, Tjombie tjank en blaf so, ek moet asseblief iets gaan doen.
Ek neem haar veearts toe en die dokter sê vir my ek moet nou besluit of
ek haar maar nie liewer permanent aan die slaap wil laat sit nie.
Tjombie is moeg ... Daar staan ek met daai ou ronde vet lyfie in my arms
en die ou lekkies aan my hand en ek moet besluit oor die lewe van die
grootste geskenk in my lewe ooit. Hoe doen mens dit!!! Wat is nou die
belangrikste? Tjombie of ek? Ek het net deur die trane vir hom gesê doen
wat gedoen moet word!!!
Die dag wat ek gevrees het, breek uiteindelik aan. Vandag het my maaikie
my verlaat en is sy na ‘n plek waar geen meer pyn en ongerief is nie.
Dit is noual amper 14 jaar dat sy ‘n deel van my lewe was en ek gaan
haar vreeslik mis. Dankie vir haar vir die aangename herinneringe, die
lewe gaan leeg wees sonder haar!!!
En toe was ek die een wat daar staan in die ondersoekkamer van die
veearts toe hulle haar wegneem om haar nooit weer vas te hou nie. Om
haar nooit weer te sien nie.
Ek mis haar vreeslik. Ek huil my dae en nagte om. Haar plekkie is so
leeg. Ek hoor haar voetstappies. Ek hoor haar hoe sy die deure oopstamp
as sy uit was. Ek voel haar. Ek mis haar so verskriklik! Hoe hanteer
mens hierdie seer hier diep binne jou? Hoe “cope” mens sonder daai ou
brakkie wat jou lewensbestaan was? Sy was nie net ‘n hond nie ...
Tjombie se addendum:
Moenie my te veel mis nie
Die uitsig van hierbo is asemrowend
My herinneringe wat in jou hart is
Sal jou troos terwyl ons apart is
Ek glimlag op jou van hierbo en sê
“dankie”
Vir al die jare van vriendskap en liefde
Liefste Tjombie, my beste maaikie ooit!
Vandat ek jou as ses weke oue bondeltjie vasgehou het
Tot jy van my weggeneem is, was jy ‘n plesier, vriend, vertroueling en
maat!
Vaarwel, my kinnerkie, ek sal jou nooit vergeet nie!
Eendag speel ons weer saam.
Ek sluit met die volgende wat ek in ‘n kaartjie van die veearts gekry
het:
Dierehemel
Duskant die Hemel is ‘n brug by die plek met die naam Reënboogrif.
Diere wat ‘n spesiale plek in hul eienaars se hart het, gaan hierheen
wanneer hul laaste dae aanbreek.
Hier is groen gras en heuwels waar al ons spesiale dierevriende kan
baljaar.
Kos en water is volop en die diere is goed versorg.
Siek, seer en ou diere word hier weer springlewendig, bloedjonk en
gesond.
Presies soos ons hulle onthou uit die dae toe hulle ons geliefde
troeteldiere was.
Almal speel en hardloop saam. Maar skielik, eendag, staan een stil en
kyk die verte in. Haar oë verhelder en haar liggaam begin bewe. Dan
spring sy met ‘n vaart daar weg en hardloop al vinniger en vinniger oor
die groen gras. Sy het jou raakgesien ... julle omhels mekaar in bly
weersiens. Jy streel oor die geliefde kop en kyk in die getroue oë. Jy
is herenig met die vriend van wie jy so lank geskei was, maar wat jy
nooit vergeet het nie.
Dan stap julle saam oor die brug by die Reënboogrif ...
As julle 'n soortgelyke ervaring
meegemaak het, stuur gerus vir Nandi 'n
epos.
Klik hier om die bladsy te sien wat ek vir Tjombie gemaak het
Siembamba
en Vat jou goed en trek, Ferreira |
'n Rukkie
terug wou ek mos meer uitvind oor die oorsprong van Siembamba. Na vele
navrae kry ek toe net soveel verskillende verklarings,
lees meer hier daaroor. Die
anderdag kry ek toe ook in my epos iets oor doe liedjie Vat jou goed
en trek, Ferreira. Nogal heel interessant, ek plaas dit hier. Maar
voor ek dit hier plaas, ek gaan van die veronderstelling uit dat
enigiets wat op die internet rondswerf is tog alreeds deur soveel mense
gesien dat kopiereg lankal nie meer van toepassing is nie. As die
skrywer dus 'n probleem het dat ek dit plaas,
laat my weet en ons kan
daaroor praat.
Vat jou goed
en trek Ferreira
Maar wat van Ferreira wat moes trek? Na 'n jarelange soektog na die
oorsprong van die liedjie stuur mev. Marianne Jooste van Orania aan my
die volgende inligting wat sy raakgeloop het in hulle biblioteek. Daar
is 'n boek met uittreksels uit Die Boervrou - 'n tydskrif wat in die
twintigerjare van die vorige eeu verskyn het. In die Oktober
1926-uitgawe verskyn die volgende verstommende inligting onder die titel
Liedjies uit die vergetelheid gehaal:
'Ons lees verlede week in die Sunday Times van die dood van mev. Annie
Molony, die skryfster van Vat jou goed en trek, Ferreira.
'Mevr. Molony het 84 geword, was die moeder van 20 kinders en was die
eerste vrou wat saans by feestelikhede klavier gespeel het in
Johannesburg, 40 jaar gelede.
'Toe sy eers in Suid-Afrika gekom het, was sy tuis by 'n ryk boer, mnr.
Van Aardt, in die distrik Somerset-Oos.
'Naas Van Aardt het Ferreira gewoon - sy bynaam was "Hoepelbeen", omdat
sy een been korter was as die ander. Van Aardt het Ferreira se plaas vir
kontant gekoop, maar kon hom nie beweeg om dit te verlaat nie! Dit was
later 'n grap deur die hele buurt en Van Aardt was verleë oor die plaery
van die bure. Toe het Annie Molony en Ada van Aardt (dogter van die ryk
Van Aardt) 'n plan gemaak.
'Ada het Vat jou goed en trek, Ferreira, ens., geskrywe en mevr. Molony
het die musiek daarop gemaak. Toe nooi hulle die hele buurt na 'n dans -
almal was daar, ook die Ferreiras.
'Mevr. Molony het die liedjie gespeel en gesing - almal het die grap
begryp en die vrolike deuntjie gou geleer en hartlik meegesing.
' "Hoepelbeen" het in woede die dans verlaat en vroeg volgende dag toe
die Van Aardts opstaan, sien hulle hoe trek die stofwolke op Ferreira se
plaas! Ferreira en sy "goed" was besig om te trek, daartoe gedwing deur
die deuntjie wat hulle in die lewe geroep het.
Ons is tog alte bly om verder in die verhaal te lees dat toe mev. Molony
wegtrek uit die distrik het Van Aardt vir haar £1,000 persent gegee!'
Blanke
Ekonomiese Forum -
Waar Blankes mekaar ondersteun |
Regs
klik hier om Nuusbrief nr, 18 af te laai. Die brief bevat nuus
artikels, beleggingsmoontlikhede, studiebeurse, vakante poste en nog baie meer.
Sosiale Funksie
Datum: 21 April 2007
Tyd: 11h30 vir 12h00
Plek: In die bosveld atmosfeer van Zoetendal in die Pelindaba vallei, 20
km. buite Pretoria. 012-3719256
RSVP: Anastasia Theron 073 059 43 42 -
anastasia@blankeekonomieseforum.org
Studiebeurse
Daar is 120 studie beurse beskikbaar
vir wit studente wat in Ingenieurswese of studeer of wil studeer of
voltydse na-uurse studie wil onderneem.
Punte moet ten minste 50% wees.
Kontak dringend vir Nerina Begg -
beggn@escom.co.za
Escom Skills and Talent Management bestuurder
Escom Holdings Company.
Sluit nou aan. Maak 'n verskil.
Klik hier
vir meer inligting
Hierdie gaan
nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek
tradisie nog so sterk staan....
Faan Harris
en sy Vier Transvalers
Faan Harris
was die konsertinaspeler en leier van die Vier Transvalers. Die
Vier Transvalers het bestaan uit Faan Harris, Frans Ebersohn,
Bossie Bosman en Piet Bosman. Faan het ook saam met ander musikante
plate gemaak naamlik Faan Harris en sy Kêrels en Faan Harris
en sy Boslansers. Manie Bodenstein was ook ' Kêrel en het konsertina
op een van die opnames gespeel! Fotos van Faan Harris is besonders
skraps en al wat beskikbaar was is 'n foto van Faan met die Vier
Transvalers. Die gehalte van die foto is ook nie van die beste nie
maar besonder interessant.
Klik hier vir 'n foto.
Bron: 15 Goue
Jare: 1989-2004 Boeremusiekgilde
Ek sien al vir 'n geruime tyd die Dial Direct
advertensies in tydskrifte en op due internet, het my nooit daaraan
gesteur nie aangesien ek gelukkig was by my korttermyn versekeraar. Ek
wou toe Dial Ditect se stelling van goedkoper premies toets en ek klik
toe op die skakel vir 'n aanlyn kwotasie. Die uitende van die saak was
dat ek nou amter R400 per maand minder vir versekering betaal! Jy het
niks om te verloor nie,
Klik hier en kyk hoeveel jy kan bespaar!
Boeredans
Kamp 25–27 Mei 2007 Willem Prinsloo Museum, Rayton |
Kom beleef
‘n
stukkie an ons Afrikaner kultuur!!!
(soos baie voor jou reeds gedoen het)
R250 per persoon
Is jy in Graad5, 6, 7 of 8?? Lief vir
dans? Wil jy leer? Dis die kamp vir jou!!!!
Ondersteun deur:
Johannesburg
Theatre Acadamy of Dance
Inskrywingsvorms en verdere inligting:
Hannetjie du Toit - 084 652 8061
'n Rukkie geled stuur Emelda vir my 'n respteboek,
onder andere ook vir grootmaat respte wat baie handig te pas sal kom vir
kermisse ens. Regs
klik hier om die boek af te laai. Baie dankie, Emelda
Dis gewoonlik 'n
gesukkel om geskenke te koop, ek het 'n paar idees wat jy dalk in sal
belangstel,
klik gerus hier om te gaan kyk. Daar is bv. 'n CD met 50
resepteboeke op (Engels), jy hoef nooit weer 'n
resepteboek te koop nie! Ek het nou ook 'n eBoek oor kruie (in Engels,
het nog nie tyd gehad om dit te vertaal nie) vir net R50.
Klik hier vir betalingsbesonderhede. Ook ander eBoeke en CD's
beskikbaar.
Kom ons skop oudergewoonte af met
Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die
Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië.
Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle.
Brood
WARM tuisgebakte witbrood, vars uit die oond met regte egte geel
plaasbotter wat so smelt - dis waarvoor ek nou lus is.
Ja, ja, ja. Ek weet dit is nie die gesondste van kosse nie. Ek besef
terdeë dat 'n volgraanbrood baie meer vesel bevat wat goed is vir 'n
mens se binneste en ek onthou van my cholestrol wat eerder tevrede moet
wees met vetvrye vaal margerien as botter, maar ai, so eenkeer elke dan
en wan behoort 'n mens tog seker ook na die vleeslike genot om te sien
en vir 'n wyle vergeet van die omtrek van jou middel of jou cholestrol
vlakke.
Ek het al hoeveel keer probeer om self brood met suurdeeg te bak, maar
dit nog nooit reggekry nie. Dis kluitjie, dit wil nie rys nie en telkens
beland dit in die asblik. Dis so sleg dat selfs my honde hulle koppe in
weersin wegdraai en stert tussen die bene wegsluip as ek dit vir hulle
aanbied.
Nou die naweek op Otjisazu het ons weer die heerlikste tuisgebakte brood
geëet. Net so, brood en botter, sonder konfyt of kaas of ander soet of
sout smeersels. Die baasbaksters sê almal dit is heel eenvoudig. Meel,
water, sout en suurdeeg en daar het jy dit, maar glo my vry, dis nie so
maklik nie.
Gesondheidbroodjies waar 'n mens net al die bestandele meng en in 'n
gesmeerde broodpan gooi, kry ek reg, maar die perfekte witbrood ontwyk
my.
Net hoe belangrik brood in ons lewens is, blyk uit die belangrike rol
wat brood in ons idiomatiese uitdrukkings en gesegtes speel. Dink maar
aan uitdrukkings soos: werp jou brood op die water; met iemand brood
breek; om den brode; die een se dood is die ander se brood; wie se brood
'n mens eet, dié se woord 'n mens spreek; kla met die witbrood onder die
arm; 'n mens kan nie van brood alleen lewe nie; broodnodig;
mooibroodjies bak en jou brood in die sweet van jou aangesig verdien.
Christene bid al vir meer as 2000 jaar: "Gee ons vandag ons daaglike
brood", wat wys net hoe belangrik brood vir die mensdom is.
Brood is een van die oudste voorbereide kossoorte van die mensdom en die
grotbewoners wat in die neolitiese steentydperk geleef het, was glo die
eerstes wat dit reggekry het om 'n brood aanmekaar te slaan. Soos die
geval met braaivleis, is dit nie bekend of hulle dit per ongeluk
reggekry het en of dit 'n paar eksperimente was wat uiteindelik die ding
gedoen het nie. Die Sumeriërs het plat garsbrode gebak en die Egiptenare
het so lank terug soos 12 eeue voor Christus brood gebak dat die meel
sulke wolke staan. Hulle was ook die eerstes om suurdeeg by te gooi wat
die brode laat rys het.
Pizza, tortilla, baguette, pita, pretzel, naan en roti is almal maar
blote variasies van die oer-oue bekende brood.
Nou wonder ek so by myself, as ons grotbewoner voorsate en die inwoners
van die antieke wêreld, mense wat nie oor broodpannetjies of
oondskottels, elektriese stowe en temperatuur gereguleerde oonde beskik
het nie en boonop aangewese was op 'n oop vuur, dit kon regkry, wat is
fout met my?
Dit is
skrumtyd vir verbroude geleenthede
met
vergunning van Des Erasmus -
Republikein |
DANA Niehaus sal vir my die vader van boerekrieket bly. Dis
nou die Dana wat in die eerste na-oorlogse jare as sportomroeper by die
destydse SAUK in Suid-Afrika opgetree het.
In die dae van Boer en Rooinek het hy die gevaarlike terrein betree en as
kommentator in Afrikaans opgetree vir die tradisionele sportsoort van die
Engelssprekendes. Dit was die dae toe Ken Viljoen die enigste verdagte
Afrikaanssprekende in Suid-Afrika se nasionale span was. Deesdae wemel dit.
En lig die hoed vir die De Wet-kêrel van die Leeus (Lions) wat Gerald de
Kock se vrae onlangs op Engels in 'n suiwer Afrikaans beantwoord het.
Deesdae wemel dit van goeie omroepers wat die boodskap in Afrikaans oordra.
Fanie de Villiers is 'n uitstekende aanbieder van BVP en Jeremy Fredericks
het nie sy gelyke wanneer dit by padlangse Afrikaans kom nie. ("'n Span wat
sulke vrotsige krieket soos Pakistan speel, hoort nie in Wes-Indië waar om
die Wêreldbeker meegeding word nie.").
Maar eers terug na Dana wat die jong boertjies met sy uitsendings op die
krieketvelde gelei het. Niel Adcock was 'n blitsbouler in die
Suid-Afrikaanse span. In sy aanloop tot sy eerste aflewerings in 'n
toetswedstryd het Dana dit dan so beskryf: "Daar kom Niel Adcock met die
rooi pampoentjie in sy regterhand uit die kombuisdeur aangestorm".
Afrikaans het pragtig bygehou namate krieket die kulturele grense van sport
oorgesteek het. Dink maar aan veldwerkposisies soos grenswag, verneukhalfby,
dekpunt, goëlbal en 'n bal wat aapstert maak. Middebaan bly ook 'n mooie. En
hoe lekker klink treftempo nie vir die pas waarteen 'n kolwer lopies
aanteken nie?
Nou dreig alles weer om deurmekaar te vloei. Dit is nou met die stortvloed
sport wat ná 'n maer voorjaar op die kassie aangebied word. Daar word nie
meer soos jare gelede elke dan en wan in die landerye of onder doringbome
met bloudraad as lugdrade vir draradio's na kort uitsendings geluister nie.
Nee, die verloop van die spel in verre lande word in die gemak van 'n
voorkamer bal vir bal of drie vir drie gevolg. Die wêreld word in 'n klein
vierkant van die TV-skerm saamgepers: Ierland, Frankryk, Engeland, Wes-Indië,
Australië en Suid-Afrika. Met die druk van 'n knoppie word van een vasteland
na 'n ander oorgewip of die see van eiland tot eiland oorgesteek.
Vat nou maar die afgelope naweek se sport op die kassie. 'n Lewensmaat met
sterk klem op produksie het uitgewerk. As al die sport van Vrydagoggend
voordag tot werktyd Maandag op bande opgeneem en saam ingepas sou word, sou
deurlopend van Vrydagoggend tot Maandagoggend sonder slaap sport gekyk kon
word.
En dan was dit feitlik net rugby en krieket met so 'n hier en daar 'n
steelgleufie vir tennis of iets anders.
Dis genoeg om met enige man se kop te smokkel.
Buurman Joe kla immer oor sy swak oë. Selfs dit het hy in 'n bate omskep
deur nie meer op die betaalkanaal in te teken nie. Nou kom kyk hy altyd by
my as buurman. Twee goed is opvallend. Sy kuiertjies word so ingepas om 'n
etensuur mooi in die middel te kry. Die tweede is dat hy glad nie so sleg
sien as wat hy voorgee nie. Hy neem die fynste detail waar. Ewe waar is dat
sy sportsoorte hom deurmekaar gemaak het. Namate die spanning styg, gesels
hy met die omroepers en die spelers.
Nou die aand laat val 'n veldwerker in krieket die bal.
"Skrum daar," sê ou Joe.
'n Bal of twee later hardloop twee kolwers teen mekaar vas. "Accidental
off-sides," skreeu die ou.
Die omroeper praat van hoog en suiwer (vir 'n doelskop).
"Ses van die beste," kuier hy saam.
Dan kondig 'n Engelse omroeper 'n waterdrinkery met "drinks" aan. "Kan jy
dan nie hoor wat die man sê nie," sê-vra my buurman terwyl hy vertrouend in
die rigting van die wynrak knik.
Dit gaan nog lank wees voordat hy uitgekuier gaan wees, want Wimbledon, Pro
20 se Wêreldbekerreeks, rugby se Wêreldbekerreeks, motorwedrenne en veel
meer moet nog onder oë gekry word.
Geleenthede kom wanneer tennis se kishoue met ou Joe se "rooi kaart!"
begroet gaan word.
Maar hy sal moet leer om sy eie spanning te verwerk. Ek is nie sy omroeper
nie. Kom senuwees se breekpunt gaan sit hy in die kombuis by die kan en moet
ek uit die voorhuis vir hom skreeu wat op die veld gebeur. Hy kry glo nie
die spanning verwerk nie.
Dan stap hy laataand huis toe met sy afskeidswysheid: "Van sit en staan word
min gedaan."
|
|
|
|
Broodsonde
‘n Tyd terug speel ek orrel by die krematorium. Laaste groet aan ‘n ma
met 3 kinders. Vigs. Manloos, geldloos, moederloos. Met net st. 6 was haar
werksmoontlikhede skraler as die winterwind. Haar liggaam was haar
geleerdheid. Om den brode. Ter wille van haar kleine kinders.
Dis maklik om te sê sy het ander keuses gehad. Sy kon vloere skrop in
Shoprite, rose smous. Biljette uitdeel; bedel. Sy kon seker, maar hoe sal
ons weet?
As mens by baie begrafnisse speel, raak jy hard. Jy is net die orrelis. Maar
soms is daar ‘n begrafnis wanneer ‘n brandhartseer deur my sny. Soos dáárdie
dag. Terwyl ek my mineurpsalms aan die vrou opdra, wonder ek of sy regtig
verkeerd gedoen het. Dis maklik om te sê: “Gaan heen en sondig nie meer nie.”
Maar waarheen? Soms raak mens so sonblind en gedonkieklap terwyl jy teen die
opdraand beur, dat jy ‘n afdraai miskyk. Dan loop en loop jy net, al weet jy
jy is op pad Sodom toe.
Só is die diens verby. Terwyl die mense uitloop, speel ek So deep is the
night. Toe ek buite kom, is die begrafnisgangers weg en die predikant is
besig om sy motor oop te sluit. Ek keer hom voor.
“Dominee,” en ek kyk hom waterpas, “presies wát is sonde nou eintlik?”
Nodeloos om te sê, kom hy met ‘n katagismiese rympie vol liturgiese woorde
wat g’n sin uitmaak. Van krone, trone, regterhande, smal en breë paaie. Van
redding, verlossing, belydenis. Klink of hy ‘n referaat lewer. En net daar
in die twaalfuurson erg ek my amper ‘n beroerte. En die engel van
tongbewaring vlieg weg uit my mond.
“Dominee,” en ek steek tartlik ‘n sigaret aan, “jy’s mos geleerd genoeg om
te weet jy praat nou die grootste bondel str--t op aarde. Of hoe?”
Ek dog die man van die kleed byt my. Waar tel ons daar voor die krematorium
‘n stry der strye op. Want sy onbuigbare uitspraak is dat die afgestorwe
vrou hel toe is, tensy sy haar op die laaste sekond bekeer het. En dat ek –
sou ek op pad huis toe in ‘n ongeluk sterf sonder om my opinie te verander –
óók in die hel sal brand. Ek het my derde sigaret onder my skoen vermorsel
en gery sonder om te groet. Voordat daar ‘n bloedklont deur my kop skiet.
Al wat ek wou hê, was dat hy my help sorteer: Wat ís sonde? En: Wanneer is
iets Godswil en wanneer is dit mensewil? Dis sulke eenvoudige sake wat
kerkgangers uitgespel wil hê. Of altans só dink ek. Praktiese doengoeters
wat ons agter ons lessenaars en kospotte en stuurwiele kan toepas sodat ons
nie bloedvergiftiging optel omdat ons ons ooreet aan die slegte vrugte van
die gees nie.
Maar van Sondag tot wyksbiduur tot Pinkster word ons ingedril oor ons
sondige natuur en verwerplikheid; hoe ons verdien om met een Godsklap
platgevee te word. Seilende adders. Lasarusse wat die krummels oplek.
Koningskinders – voorwaardelik - want wee jou, of jy land in die vagevuur
waaruit jy nóóit kan ontsnap nie. God hét jou lief, maar … maar … maar. Soos
gee met die een hand en gryp met tien ander.
Of verstaan ek die meerderheid van kanselboodskappe verkeerd?
Indien wel, moet die kanselmeesters die werfbesem vat en blare ophark; seker
maak hulle preke is verstaanbaar. Nie net clichés wat in melodramatiese
sirkels voorgedra word nie. Sodat ‘n st. 6-mens ook kan begryp. As ‘n
kanselmeester nie dáár kan bykom nie, hoort hy van die kansel af te klim en
te oefen tot hy sy rug na alle kante toe kan buig. Dan sal die kerk nie
leegloop nie. En ek, en baie ander, sal nie gedurig holrug koes voor die
sweep van God wat van die kansel af agter ons hakskene geklap word nie.
Ek staan by my krematorium-argument: ‘n Liefdevolle God sou verstaan het
waarom die ma van drie gedoen het wat sy het. Nie goedkeur nie, maar
verstáán. En as Hy verstaan het, hoekom sou Hy haar vagevuur toe stuur? Maak
vir my min sin.
Só laat ek dit dan nou aan die geleerdes, ongeleerdes, skrifgeleerdes,
Fariseërs en dissipels oor om my kopbeen met die werfbesem te vergruis as
hulle wil.
Gaan kyk gerus by hierdie internet boekwinkel, daar is fantastiese ou boeke
(in Afrikaans ook!),
ek sal my kredietkaart hier lekker kan verniel!
Klik hier en gaan kyk rond.
Nou nog meer boeke bygekry, heelwat baie ou, baie interessante boeke in
Afrikaans ook.
Met elke uitgawe fokus ek op 'n
Afrikaanse webwerf.
Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek DIE VAALHOND
Woorde: Tradisioneel
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN
Die jakkals die draai, die jakkals die swaai,
die vaalhond die gryp hom dat die hare so waai.
Daar onder, onder in Seekoei se vlei,
daar het die vaalhond vir vossie gekry.
Wat's nuut op
Kalie se Boeremusiek webwerf?! Ons het nou 'n eie domein - dis nou vir
die wat nie die blad onlangs besoek het nie. Gaan loer gerus by
http://kalie.boeremusiek.net
Kalie het ook onlangs begin om DVD's te maak en is tans besig om die
destydse Boeremusiek kompetisies wat op TV aangebied was op DVD
beskikbaar te stel. Klik op die skakel vir DVD's op die webblad
(
http://kalie.boeremusiek.net/dvd.html ) om te sien wat reeds te koop
is. Ons het egter reeds meer DVD's omdat Kalie ook privaat DVD's maak en
onder andere heelwat van Nico van Rensburg se TV en ander optredes nou
op DVD het.
Polkadraai, die nuusbrief van die Pretoria Tak van die Boeremusiekgilde
sal van nou af ook op die web bekikbaar wees (Wia is die redakteur van
hierdie nuusbrief). Gaan loer by
http://polkadraai.boeremusiek.net as u belangstel om u naam op
die poslys vir hierdie nuusbrief te kry. Ouer weergawes van die
nuusbriewe sal binnekort geplaas word.
Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl |
Ek luister mos
een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met
Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een
van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres
onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.
DIE 1916 BAVIAANSKLOOF VLOED:
Oos-Kaap
Adina Joubert van Lydenburg, skryf:
“My oupa en ouma Terblanché en hulle sewe kinders het in die westelike deel
van die Baviaanskloof gewoon. My oom Hans het ongeveer 23 myl laer af in die
kloof by Kleinpoort by sy neef Robert Cambell gebly, om daar te kon
skoolgaan.
Die nag van 5 Mei 1916 het vir hulle na swaar reën in die gebied in ‘n
nagmerrie ontaard toe die rivier afgekom het en omtrent die hele kloof vol
water gestoot het. Mense moes na hoër gedeeltes vlug. Die Cambells het
besluit hulle huis was veilig en het dus nie gevlug nie.
Nadat die water vensterbankhoogte bereik het, het die voordeur oopgebars en
die Cambells het solder toe gevlug, maar hulle moes ook gou weer daarvandaan
vlug. Robert het ‘n tou aan die huis se skoorsteen vasgemaak en dit vandaar
na die wildedruifboom gespan. Robert en my oom Hans het toe vir Robert se
pa, sy ma en sy twee susters tot in die boom gehelp. Robert en oom Hans het
toe hoër die boom ingeklim.
Die huis het kort daarna onder die water verdwyn en net daarna is die boom
deur die geweld van die vloedwater omgeruk. Die Cambell ouers en die twee
dogters is uit die boom geslinger en hulle lyke is die volgende dag gekry.
Die twee seuns het oorleef.
Oom Hans het 75% van sy gehoor weens daardie nag se ontberinge verloor. Hy
het in sy tagtigste lewensjaar die verhaal van daardie nag se drama aan sy
neef, die skrywer P H Nortjé vertel. Nortjé het dit toe verwerk en ‘n boek
met die naam, Die wildedruif val geskryf.
Hierdie belhambraboom, of wildedruif, waarin die drenkelinge skuiling gevind
het, het laer af in ‘n sandbank vasgespoel, weer wortel geskiet en verder
gegroei. Die nuwe spruit het ‘n groot boom geword en staan vandag daar teen
die pad, waar ook ‘n gedenkteken opgesit is om die gebeure van 5 Mei 1916 in
herinnering te roep.”
Skryf vir Braham
en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings
direk van hom af!
e-pos : info@explore-sa.com
Luister elke Saterdagoggend
net na die agtuur nuus op die Afrikaanse radiodiens van RSG na Braham
van Zyl en Amoré Bekker se agterpad geselsies op die program Brêkvis
met Bekker.
|
|
|
Ek is
betrokke by hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie
ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle
webwerf.
Nuusbrief 27 Maart
2007
Goeiemôre vriende,
So lekker om goeie terugvoer te kan gee.
Die President Kruger Kinderhuis se senior seunskamp was ook 'n reuse sukses!
Dit is so lekker om met goed gemanierde kinders te kamp!....Raak nou
heeltemal bederf!
Die seuns het die naweek so geniet - dat jou keel sommer toetrek van
lekkerte! Vandat hulle Vrydagmiddag daar aangekom het was dit 'n fees vir
hulle. Nadat hulle afgelaai het en hulle beddens uitgesorteer het was dit
reguit damme toe! Ek dink die forelle het die grootste skok van hulle lewens
gehad en as hulle nog leef - verdien hulle dit!!
Binne 'n oogwink kon jy net die oë sien uitsteek - besmeer van die modder en
kleilat in elke hand (party het sommer 2 gehad) Toe is daar gejol, lekker
lag so diep uit die keel met so nou en dan 'n pynkreet as die modder jou
kolskoot tref!! Plastiekbaddens en sandput skulpe is vir bote gebruik.
Vrydagaand moes hulle ook self vleis braai en soos gewoonlik was dit nou
volgens hulle sommer "sha na na"! Natuurlik het die groot rammetjies
gedeurnag met hasiemelk en lekkers! (goed "ge-pep" met al die suiker). Maar
Saterdag oggend was hulle net na 5 buite om die plaas net weer gou so
bietjie te verken!
Die oggend was vol watersport aktiwiteite maar die grootste lekkerte was die
"Qads" en toe die fietse land was dit sommer feestelik!
Daar is "gespin - gejaag - broadies gekap en nog meer" ek het nie altyd die
terme verstaan nie maar het aanvaar dat alles great is! Maar net toe hulle
dink dat alles net lekker speel gaan wees kom die ontnugtering. "Kom manne
julle moet leer potjiekos maak" Nou ja anders as met my generasie mans was
hierdie manne heeltemal te vinde daarvoor. Vuur is gemaak - groente is
voorberei - gebraai en gekook. En toe kom die "tafeldek" gedeelte. Daar
verstom hierdie seuns my toe heeltemal. Met groot finesse is die tafels
gedek en versier - te pragtig!
Be-oordeeltyd was die lekkerste - die potjiekos was heerlik, die senior
seuns het die kos deel gewen en die juniors se tafel was definitief die
mooiste gedek. Stoele was vir ons uitgetrek en vadoek oor die arm is ons met
styl bedien . Daarna was dit tyd vir nagmars! Dit was donkermaan en ons het
die hele plaas se ligte afgeskakel - die manne moes behoorlik kop en rigting
hou in die stikdonkerte met net die stêrre as rigting. Ons vrouens wou hulle
skrikmaak en het soos leeus probeer brul - maar wat 'n fiasko - ons het meer
gelag vir die geluide wat uitgekom het as iets anders! Dit het hulle nogal
'n hele tyd gevat om die lantern te kon bekruip en die junior outjies het so
bietjie "afgedwaal" en in die "Blackwattle bos" ingeloop! Maar Christo het
hulle gou gaan "red" en so teen 11 uur was almal stokflou in die bed!
Sondagoggend was ontbyt - opruim - oppak en afsluiting van die kamp. Christo
het die wenspan belowe dat hy hulle vir 'n jagtog sou neem - EN - dat elkeen
'n rooibok kon skiet! Toe ons die punte bereken sien ons dat die twee spanne
GELYK-OP geëindig het !!
Nou ja - die lank en die kort daarvaan is dat 14 seuns nou op 'n jagtog gaan
en dat 14 seuns elkeen 'n bok mag skiet! Arme Christo - hy gaan bankrot wees
hierna! - Hy gaan hulle voor die tyd eers skietbaan toe neem om te leer
skiet! en dit gaan ook 'n ervaring op sy eie wees. Die seuns was uit hulle
velle!!!!
Ons sluit die kamp af met 'n dankbare gebed en loof en prys ons Vader vir
die veilige en wonderlike kamp wat die kinderhuis seuns kon hê. Ons sê ook
dankie dat HY so getrou is en dat hy in die mense se harte werk wat help om
hierdie kampe moontlik te maak.
BAIE DANKIE weereens aan almal wat bygedra het.
BLOUDAKKIES OUETEHUIS
Baie dankie aan almal wat bygedra het om die 2 oumense te help om 'n
woonstel te kry. Hulle is in en ons het die noodsaaklikste vir hulle kon
gee. Hulle kort nog baie meubels en huishoudelike artikels maar dit sal nog
inkom. Hulle was ongelooflik dankbaar en kon nie genoeg dankie sê nie.
Slegte nuus daar is dat Tannie Martie Venter wat ons staatmaker
organiseerder en werker daar is - baie siek is. Sy is aanvanklik verlede
week opgeneem in die Hospitaal met nierversaking. Nadat daar toetse gedoen
is het hulle gevind dat daar ook 'n gewas aan haar pankreas is en sy het ook
nou geelsug. Sy is gister oorgeplaas na die Unitas Hospitaal vir verdere
ondersoeke en behandeling. BID asb vir tannie Martie se spoedige en algehele
herstel. Sy is 'n dierbare mens en 'n 2e ma vir my!
ALGEMEEN
Die kinderhuis jeugkampe se fotos sal teen die einde van die week op die
webwerf wees www.danvillehulp.co.za Gaan kyk gerus.
Verder het ons nou begin met die insamel van wintersklere en komberse. Maar
enige ander klere en huishoudelike artikels is ook meer as welkom.
Kruideniersware bly maar 'n krisis. Help ons asb hiermee.
KINDERHUIS-KAMER PROJEK
Daar is 'n paar kamers by die meisies wat "oorgedoen" moet word. Ons het
borge hiervoor nodig. Onthou julle nog hoe lekker hierdie projek so 2 jaar
gelede was? Hier is nou weer kans vir vriende, selgroepe, of besighede wat
dalk 'n kamer wil mooi maak. Ek gaan môre kinderhuis toe - sal dan al die
detail kry en met die volgende nuusbrief bekendmaak. Laat weet maar wie
belangstel asb.
Dit dan vir eers die belangrikste nuus.
Mooi dag
Elsabe
Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926
Aflewerings adres:-
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
PS Bel asb voor jy ry
.
In Patriot #108:
Patriot Koek, Patriot Poeding, Afrikaner Bond Koek, Jan Smuts-koekies,
Jan Ellis poeding,
Generaal De la Rey's koek.
Stormjaers
875 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
5 ml fyn gemmer
3 eiers
250 ml suiker
375 ml dikmelk of melk
500 ml pitlose rosyne
5 ml vanielje essens
olie vir diepvetbraai
Sif koekmeel, bakpoeier, sout, suiker en gemmer saam. Klits eiers en suiker
saam. Voeg melk by en klits goed. Voeg die gesifte droë bestanddele
geleidelik by en meng goed. Voeg rosyne en geursel by. Verhit die olie in
die kastrol en bak lepelsvol beslag daarin. Dreineer en rol in 'n
kaneelsuikermengsel. Bedien warm of koud.
Paul Krugerkoek
500 g botter
625 ml bruinsuiker
10 eiers, geskei
750 g koekmeel
5 ml koeksoda
5 ml sout
5 ml kaneel
8 ml foelie
5 ml fyn naeltjies
5 ml gemengde speserye
300 ml brandewyn
2 ml amandelgeursel
500 g korente
250 g gemengde skil, gesnipper
Klop botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een by en
meng goed na elke byvoeging. Sif droeë bestanddele saam. Voeg geursel by die
brandewyn. Voeg droë bestanddele om die beurt met brandewynmengsel by
bottermengsel. Skud korente en gemengde skil saam met 'n bietjie koekmeel in
'n sakkie.Voeg by mengsel. Meng goed. Klits die eierwitte styf en vou in.
Gooi in goedgesmeerde uitgevoerde pan. Sprinkel bietjie melk bo op om barste
te voorkom. Bak 2½ uur by 180ºC. Plaas bruin papier bo op koek nadat
dit 1 uur lank gebak het.
Vrystaatse melktert
1 Koppie meel
1 Koppie suiker
1 Teelepel bakpoeier
2 Eetlepels botter
1 Teelepel Vanilla
3-4 Koppies melk (afhangende van hoe groot die eiers is)
3 Eiers
Skei eiwit en eiergeel. Klits die witte styf en die gele goed.
Smelt botter en roer die suiker en die eiergeel by. Sorg dat die botter nie
so warm is dat die eiergeel gaar word nie.
Meng goed. Meng die droë bestandele. Roer dit so om die beurt met die melk
by die botter-en-eiergeel-mengsel.
As alles gemeng is, roer die eierwitte by en laastens die vanilla.
Giet in gesmeerde, ge-oliede of gespuite pan.
Bak 35 minute teen 375 grade F.
Geniet....hak vrystaat!!!
Lippe (seer)
'n Wynig
kamferbrandewyn en kersfet uitgebrand en an di lippe smeer.
Ek weet nie hoe
oud hierdie een is nie, maar dit klink lekker! Sommer 'n lekkr kampeerresep
ook!
Volgende bydrae
van Ria Tribelhorn, baie dankie! Ek is mal oor enige poeding.....
Ou Jonkmans koek
2 lb meel
1 lb fyn wit suiker
1 lb korente
½ lb botter
1 lepel fet
½ lb fyn amandels
20 gestampte nageltjiis
1 gerasperde neut
1 télepel kaneel
1 télepel soda
amper 1 bottel melk
Meng bestanddele
goed en bak 2 uur langsaam
Resepte uit Anna se Kombuis |
Al Anna se resepte is in eBoek formaat en maak dus ideale
geskenke en word sommer met epos gestuur. Vir meer besonderhede,
klik hier
Biltong, kaas- en uie-potbrood
500g bruismeel
1 bier
1½ koppies gerasperde Cheddarkaas
250ml fyn (nat!) biltong
125ml fyn, bruingebraaide uie
Meng die meel en bier goed. Voeg 1 koppie kaas, die biltong en ui by en meng
alles saam. Plaas dit in jou gesmeerde pot en bedek met die res van die kaas
Bak tot gaar. Toets met 'n skoon mes of totdat hy onderkant mooi hol klink.
Eet warm met plaasbotter en konfyt
st
se pitkos
Klik hier
om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Geskiedenis
van oorwinnings
Miskien het jy al op ‘n sekere tydstip in jou lewe of op ‘n
spesifieke dag sommer net moedeloos gevoel en gedink jy beteken nie veel
nie.
Jy weet ‘n mens fokus so dikwels op al die foute en mislukkings wat jy
maak dat jy soms vergeet van al jou oorwinnings en suksesse. Ek wil jou
aanmoedig om ‘n sukses joernaal te maak.
Dis reg, skryf neer alles wat jy reeds bereik het en op trots kan wees.
Oorwinnings wat jy behaal het in dalk moeilikste van omstandighede.
Wanneer jy dan weer in ‘n situasie beland waar jy moedeloos voel en wil
tou opgooi, haal jy hierdie sukses joernaal van jou uit. Dit sal jou
bemoedig en vir jou vertel van tye in jou lewe waar jy struikelblokke en
probleme oorwin het.
Hierdie is die een geskenk wat jy vir jouself moet gee.
Wanneer jy begin om jou sukses joernaal te skryf moet jy sover terug op
jou lewenspad gaan as wat jy kan dink. Dek al die areas in jou lewe.
Jy kan byvoorbeeld dink aan jou skooljare. Watter prestasies het jy op
skool behaal. Miskien was jy klaskaptein. Of het jy hard geoefen en goed
gevaar in ‘n sportkompetisie. Dalk het jy hard geleer in ‘n moeilike vak
en bo verwagting goed gedoen. Miskien was jy gekies vir ‘n klaskaptein
of vir die leerlingraad. Waarvoor het jy ‘n sertifikaat of beker gekry –
kan jy nog onthou?
Nog ‘n area is verhoudinge. Dink aan ‘n wonderlike vriend wat jy gehad
het – die goeie tye wat julle gedeel het. Of die meisie / ou waarmee jy
uitgegaan en jy vir jouself gesê het:- WOW!! dis darem ‘n fantastiese
voorreg dat so ‘n wonderwerk met my gebeur het! Dink aan ‘n moeilike
kliënt waarmee jy moes deel, en hoe suksesvol jy die netelige situasie
hanteer het. Dink aan die komplimente wat jy al ontvang het – mense wat
vir jou gesê het jy is bekwaam, oulik, interessant, slim, mooi en dis
lekker om in jou geselskap te wees.
Dink aan jou werk. Die suksesse wat jy behaal het. Bevorderings wat jy
ontvang het. Erkennings vir goeie werk gelewer. Die keer toe jy so hard
moes werk en jy die taak met sukses voltooi het. Die keer toe die hoof
jou ingeroep het om vir jou dankie te sê.
Skryf al die klein dingetjies neer – dis nie net die groot goed wat saak
maak nie. Ek het jare terug ‘n toesprakie gemaak waarvoor ek erkenning
gekry en die mense gesê hoe hulle dit geniet het. Vandag as ek daaraan
terugdink moedig dit my aan wanneer ek weer gevra word om ‘n praatjie te
hou.
Ek onthou toe ek destyds die eerste keer op die Suidwes Stadion in
Windhoek rugby gespeel en die enigste drie van ons span gedruk het.
En so kan jy aangaan en al jou suksesse in die verskillende areas van
jou lewe neerskryf, dit bêre en wanneer nodig haal jy dit uit en dit
lees weer. Dit sal jou bemoedig, motiveer, aanspoor.
Hierdie beginsel gebruik sielkundiges (altans ek gebruik dit) om vir
mense in terapie weer moed te gee wanneer hulle in die diepste van
ellendes vasgeval sit en nie meer enige moed oor het vir die dag van
môre nie. Te dikwels word in terapie gefokus op negatiewe en slegte
ervaringe en word vergeet van ‘n persoon se goeie en positiewe
eienskappe en suksesse.
Deur herinner te word aan jou suksesse en oorwinnings skep jy ‘n
platform waarop jy selfvertroue kan herbou.
Ek wil jou graag aanmoedig om hierdie sukses joernaal vir jouself te
skep. Dis ‘n geleentheid om te gaan delf in jou verlede en die goeie en
positiewe dinge in jou lewe op te diep.
Doen dit en jy sal verstom staan oor wat jy reeds bereik het. Jy is nie
sommer ‘n hierjy nie, jy is ‘n skepsel van die Here wat hemel en aarde
gemaak het.
Jou taak is om dit neer te skryf en uit dankbaarheid te leef vir die
groot genade wat jy ontvang het om oorwinnings te behaal.
Opgeteken in gister se oorwinnings lê die krag en hoop vir jou toekoms.
‘n Sprankie wysheid vir die dag
“Wie sy herkoms vergeet, het sy toekoms verspeel.” G. Schuman
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd
'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry,
klik net hier.
Teken in /Teken uit / Kontak |
Teken hier
in op die poslys en lees ook die argiewe.
Om uit te teken, stuur vir my 'n
epos
en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart!
|
|