|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe
intekenare!
Oor 'n paar dae
vertrek ons Mosambiek toe. Dit sal 'n eerste vir ons wees, ons gaan tuis
by 'n oord in Inhambane en gaan dan vir 'n paar dae kamp by Vilanculos
en oppad trug bly ons oor by XaiXai. Ek hoop om baie fotos te neem an
sal natuurlik deel met julle. Die volgende brief sal dus eers so teen 18
Junie beskikbaar wees.
Ek plaas weereens
ou resepte wat vernoem is na beroemde persone, plekke en
gebeurtenisse. As jy dalk van nog weet wat ek nie alreeds hier geplaas
het nie, stuur asseblief aan my
per epos,
baie dankie. Sodra ek genoeg van die resepte het sal ek dit in eBoek
formaat saamstel.
Ek sien ons
Lotto is nog steeds nie beskikbaar nie, probeer gerus die UK Lotto! Om 'n
kaartjie te kry is maklik en veilig, ek is al meer as 'n jaar doenig met
hulle en het nog nooit probleme opgetel nie. Hulle boerpot is nooit
minder as 3 miljoen pond nie en die klein bedraggies wat ek al gewen het,
het hulle in Rand in harde kontant aan my uitbetaal.
Klik hier om jou kaartjie te kry en droom GROOT.
Weereens het ek lekkerlees
Afrikaanse artikels deur onder andere
Estelle de Bruyn en Annelie Botes. Ek is seker julle sal dit geniet! Ook is daar
'n insiggewende artikel deur Dr. S T Potgieter. En dan is daar ook 'n
nuwe insetsel oor Suid Afrikaanse vlae.
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Ek is nou net
mooi g*tvol om te hoor van die arme
voorheen benadeeldes. Goeie tyd, hulle het darem nou al dertien jaar
gehad om hulle reg te ruk en iets vir hulleself te probeer doen. Maar
nee, die staat sal mos sorg en daarom sit en wag hulle net op beter dae!
En as ek weer moet hoor dat iets wat nou verkeerd is die skuld is van
die apartheid regime gaan ek siek word, net hier op die rekenaar
se sleutelbord! As iets nou nog nie, na dertien jaar, reg is nie, dan is
dit vir seker nie apartheid se skuld nie. Die gravy train
was nie goed genoeg nie, nou wag ons vir Gautrein.
Ai tog,
wanneer gaan politici hulle neuse uit sportsake hou en met hulle eie
sake bemoei?? Nou is daar selfs al wetgewing wat hulle die reg te gee om
in te meng. Ek voorspel niks goeds nie, die tyd sal leer.
Die kersie
oppie koek is dat motoriste nou 'n addisionele R30 moet betaal by
registrasie of hernuwing daarvan om te betaal vir die gemors van 'n nuwe
siteem wat hulle in werking probeer stel. In plaas van dat die mense wat
verantwoordelik is vir die gemors beboet word, word hulle vergoed! Net
in Suid Afrika. Seker weer gunsies vir maatjies.
Soja, nou voel
ek effens beter!

|
Die ideale
geskenk vir pa op Vadersdag. Nie enige man sal hou van ‘n
resepteboek as ‘n geskenk nie, maar hierdie is egter ‘n boek met ‘n
verskil. PA SE BOEK bestaan uit heerlike BRAAIVLEIS, POTJIEKOS,
WILDSVLEIS en “COCKTAILS” resepte en sommer net allerhande lekker
sêgoed, grappies en interessanthede. Hierdie boek is opgedra aan
alle mans wat 'n spesiale plek in iemand se hart besit. Indien jy
hierdie boek bestel kan jy enige van die ander boeke op die
webblad teen die
afslag prys van R50 aankoop. Jy kry ook 'n gratis Kampkosresepteboek met elke bestelling
PA SE BOEK en ONTHOU JY NOG? is 2 boeke wat baie
positiewe terugvoering ontvang en waaroor daar ‘n artikel geskryf
was in die Gauteng Rapport.
Boek word per epos gestuur, betyds vir Vadersdag.
Gaan kyk gerus
hier vir meer
besonderhede
|
Hier is iets nuuts, my
belangstelling in ons vlae het begin met 'n besoek aan Kaapstad waar en
verskillende vlae daar sien wapper het. Hierdie gaan van nou af 'n
gereelde insetsel wees, ek gaan navorsing doen oor al ons ou vlae met
bietjie geskiedenis en voorbeelde.
Klein Vrystaat
Vanaf 1876 het 'n aantal Boere grond by die Swazi koning Umbandino
gekoop.'n Amptelike regering en grondwet was saamgestel in 1886. Klein
Vrystaat was by die Zuid-Afrikaansche Republiek ge-inkorporeer op 2
Augustus 1890
Blanke
Ekonomiese Forum -
Waar Blankes mekaar ondersteun |
Regs
klik hier om Nuusbrief nr, 20 af te laai. Die brief bevat nuus
artikels, beleggingsmoontlikhede, studiebeurse, vakante poste en nog baie meer.
Die BEF het kennis gekry van
verskeie studiebeurse en werksgeleenthede wat beskikbaar is, vir meer besonderhede,
kontaknommers is hieronder.
Regs klik ook hier om
die nuutste nuusbrief af te laai.
Sluit nou aan. Maak 'n verskil.
Klik hier
vir meer inligting
Kontakbesonderhede:
Mnr. Andre Groenewaldt – 082 633 2920 & landlyn: 012 548 6118
Mnr. George Pienaar – 082 338 3295
Faks: 012 548 7242
Hierdie gaan
nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek
tradisie nog so sterk staan....
Joe Hooneberg
Joe was die leier van Die
Baanbrekers en het die vierry Engelse konsertina gespeel. Sy
orkeslede was Rupert Meyere en Dan Scholtz. Die bekende
trekklavierspeler Theo Erasmus se pa was bevriend met Joe en het dikwels
kitaar saam met hom gespeel maar was nie lid van Die Baanbrekers
nie. Hierdie groep het die Pietersburg Settees op plaat opgeneem.
Die nommer is ook bekend as die Resiesbaan Settees.
Bron: 15 Goue
Jare: 1989-2004 Boeremusiekgilde
Die verhoogde brandstofprys
affekteer almal van ons. Hoekom laat jy nie dat jou
korttermynversekeraar vir die verhoging betaal nie?
Ek het R400 per maand bespaar deur my korttermynversekering na Dial
Direct te verskuif. En die R400 sorg vir my verhoogde maandelikse
brandstofrekening! Jy het
niks om te verloor nie,
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie en kyk self hoeveel jy kan bespaar!
Boeredans
Kamp 25–27 Mei 2007 Willem Prinsloo Museum, Rayton |
Kom beleef
‘n
stukkie an ons Afrikaner kultuur!!!
(soos baie voor jou reeds gedoen het)
R250 per persoon
Is jy in Graad5, 6, 7 of 8?? Lief vir
dans? Wil jy leer? Dis die kamp vir jou!!!!
Ondersteun deur:
Johannesburg
Theatre Acadamy of Dance
Inskrywingsvorms en verdere inligting:
Hannetjie du Toit - 084 652 8061
Ek het 'n hele afdeling op my
hardeskyf vol resepte wat mense aan my gestuur het,
regs klik hier om een
van die Word dokumente met resepte af te laai.
Dis gewoonlik 'n
gesukkel om geskenke te koop, ek het 'n paar idees wat jy dalk in sal
belangstel,
klik gerus hier om te gaan kyk. Daar is bv. 'n
eBoek met omtrent 2000 Boererate, 'n CD met 50 resepteboeke op (Engels), jy hoef nooit weer 'n
resepteboek te koop nie! Ek het nou ook 'n eBoek oor kruie (in Engels,
het nog nie tyd gehad om dit te vertaal nie) vir net R50.
Klik hier vir betalingsbesonderhede. Ook ander eBoeke en CD's
beskikbaar.
Kom ons skop oudergewoonte af met
Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die
Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië.
Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle.
Instandhouding
ARGITEKTUUR is een van die wonderlikste getuigskrifte van die mens se
prestasie op sowel skeppende as strukturele gebied. Dit is die kuns en
wetenskap van die ontwerp en struktuur van geboue.
Argitektuur manipuleer ruimte, volume, tekstuur, lig en skadu ten einde
iets te skep wat prakties asook esteties is.
Ek koester 'n diep, diep bewondering vir die argitekte van ons land. As
ek net in Windhoek rondkyk na die pragtige geboue wat sedert
onafhanklikwording hier verrys het, kan ek nie anders as om al die
argitekte se voete te soen nie.
Aanvanklik het argitektuur ontwikkel uit die mens se behoefte na
skuiling, veiligheid en aanbidding. In plekke soos Europa waar die
klimaat genadeloos kan wees, moes mense, ná die grotte te klein geword
het om almal te huisves, vinnig plan maak om skuilings teen die koue te
bou.
In Egipte het die bouwerk van die Farao's nuwe hoogtepunte bereik en
strukture soos die piramides en tempels van ouds beïndruk ons vandag nog.
Volgens die Bybel se beskrywing was Salomo se tempel in Jerusalem ook
iets om te aanskou en dit is jammer dat die Israeliete so gesondig het
dat hul bure besluit het om hulle 'n les te leer en die tempel te
vernietig. Ek sou wat wou gee om dit te kon gesien het.
Die Griekse en Romeinse beskawings het weer nuwe tendense na vore laat
tree en die oorblyfsels van hulle vernuf laat snak ons nou nog na ons
asems.
In die vorige eeu het argitekte soos Charles-Edouard Jeanneret, wat
homself tot Le Corbusier herdoop het; Mies van der Rohe, wat goed gesê
het soos "minder is meer" en "God is in die besonderhede" en Renzo Piano
wat die Pompidou-sentrum in Parys ontwerp het, 'n hele nuwe draai aan
die spreekwoordelike argitektoniese bal gegee. Hul geboue is kunswerke
wat vandag nog die verbeelding aangryp.
Hoe sou hulle moes voel as hulle vandag by een van hul lewende kunswerke
sou instap en sien dat die teëls op die vloere gekraak is, die panele
van die mure afgeval het en so stukkend-stukkend daar eenkant lê. Ek ken
hulle nie, maar glo my vry, as dit my meesterstuk is wat so
traak-my-nieagtig deur die mensdom behandel word, sou ek wippend van
woede gewees het.
Om dié rede gaan my hart uit na Namibië se argitekte wie se kreatiewe
denke en maande se bloedsweet om die fynere besonderhede van 'n
spoggebou te ontwerp, so argeloos deur diegene wat verantwoordelik vir
die instandhouding is, verwaarloos word.
Ek praat in die besonder van die Hooggeregshof in Windhoek. Dié
aangrypende gebou, wat so onlangs soos Oktober 1997 amptelik geopen is,
is in 'n gehawende toestand van verwaarlosing. Hoe het dit gebeur, vra
ek myself af, toe ek verlede week 'n hofsaak daar moes bywoon. Dit is
skokkend om te aanskou. Dis teleurstellend om die minste te sê.
Is ons land so bankrot dat ons nie die teëls wat gekraak het of die
panele wat van die mure afgeval het, kan vervang nie of bietjie
Polyfilla meng en 'n kraak kan toestop nie? Miskien het dit met 'n
gebrek aan waardering vir die mooi en die estetiese te doen.
Miskien moet ons argitekte ophou om mooi geboue te ontwerp en sommer net
'n blikgehuggie oprig wat jaarliks vervang kan word as dit begin roes.
As ons só omsien na ons argitektuur, kan ek my net indink hoe die nuwe
“State House” na 'n paar jaar gaan lyk.
|
|
|
Is daar ooit ‘n tyd vir oorlog?
So daag Pretty Nomvula, boorling van ‘n gehuggie op die grasvlaktes van
die Transkei, op vir haar 3de skof by Granny. Ek is kwartpad trap-op vir my
rustyd. Die foutsoekerige landlady laat Pretty in; ek sien die spanning aan
haar wringende hande. Ek groet in Xhosa en haar oë smeek my trap-af. Ek is
verskeur tussen Pretty se roep-oë en die landlady se vroeëre dwarsklap om
Pretty nié te help nie.
“She’s supposed to be a competent carer and that’s what she gets paid for.”
Koudhartig. Meet alles in silwerlinge. Twee trappe boontoe hoor ek sy praat
van blueberry pie. Ek ys. Hoe sal sy begryp dat Pretty van die Transkei kom,
en nie weet hoe om blueberry pie te maak nie. Ewe min as wat ek kan dolos
gooi, of as wat die landlady ‘n melkbok aan die agterbeen kan vang en
uitmelk. Pretty sê net yes, yes, yes. En knie haar uniform se borspant
tussen haar bleekgeel handpalms.
Die slaap bly weg. Pretty spook by my. Hoe het sy hier beland? Is daar ‘n
familie wat wag vir haar ponde? Kyk haar mama na haar kinders? Leef haar man
nog, of het die Afrika-siekte hom gevat? Verlang sy na die laatdaggeur van
klam doringhoutvure waarop die waswater en aandkos kook? Mis sy die roep van
die hadidas? Papbolletjies gedoop in dunsous. Wasgoed uitvryf by die rivier,
singend. Mielies stamp terwyl die Afrika-son op haar skouerblaaie bak.
Fynhoutjies optel in die veld. Om haar kindjie te abba.
Nee, liewer opstaan en by die pers fluweel linnekis kniel. Nie om te bid nie;
om te buig. Want al weet ek min van Pretty Nomvula, is daar één ding wat ek
weet: Sy is baie siele se môrester. Waar sy die moed getap het om van die
Transkei tot hier te kom, sal ek net begryp as ek baie lank by die pers
linnekis buig.
Toe die landlady se skeermesbek stilraak, seil ek trap-af. Net vinnig beduie
van die blueberry pie, maar ek sal nié toekyk hoe word ‘n leeuin uit die
Transkei afgeknou nie. En dít deur ‘n kwaadvrou wat nog nooit mielies
gestamp het, of hadida-taal verstaan nie.
“Isapa, mama, kom hier. Baleka, hardloop.” Ek lag en wink kombuiskant toe.
Toe maak ek soos tannie Bonnie Marais van Bedford. Tannie Bonnie het geroem
sy kon vlot Xhosa praat. Terwyl sy in der waarheid nie kon nie. Sy het net
‘n ie-klank vooraan gelas. Ie-kitchen. Ie-tea. Ie-ironing. Ie-brush. Só sê
ek Pretty moet mooi en vinnig luister, want die landlady mag my nie betrap
nie. Ek ie-egg, ie-pastry, ie-mix en ie-oven, hopende Granny se Alzheimers
sal inskop, sodat sy nie oorskinder nie.
“Ie-understand?”
Die leeuin kyk op. “Ja, ek verstaan bietjie baie mooi,” sê sy in Afrikaans
en rank haar vingers om my voorarm. “Die Jirre seën vir jou, Nonnatjie.”
Nonnatjie. Mooie naampie in ruil vir die bewaring van haar waardigheid.
Toe breek die ween uit my los in my Englandkombuisie. Oor Pretty. Oor
myself. Oor blueberry pie en tannie Bonnie Marais. Oor geelwit handpalms en
blankwit oumas. Oor ‘n verdomde geskiedenis waaruit niemand wil leer nie.
Die karma van ‘n volk; die karma van die opvolgers. Boereoorloë.
Kafferoorloë. Alle oorloë van alle tye. En omdat niemand op die ou end gewen
het nie.
Tussen die snikke sirkel Pretty se hand op my skouerblad. “Tula, mama,” en
iewers uit haar lyfvoue kom die moederritme van Afrika tot in my murg. “Als
is nou-nou weer bietjie beter,” en sy vee haar neus met haar uniformkraag af.
“Tula … tula …”
Gaan kyk gerus by hierdie internet boekwinkel, daar is fantastiese ou boeke
(in Afrikaans ook!),
ek sal my kredietkaart hier lekker kan verniel!
Klik hier en gaan kyk rond.
Nou nog meer boeke bygekry, heelwat baie ou, baie interessante boeke in
Afrikaans ook.
Die Groot Verseboek wat ek bestel het, het intussen hier aangekom en ek is
mal daaroor! Gaan kyk gerus na die verkskeidenheid skaars boeke wat
beskikbaar is!
Met elke uitgawe fokus ek op 'n
Afrikaanse webwerf. Hierdie is my gunsteling tydskrif!
Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek DE WET!
Woorde: DANIE THERON; gewysig: P. MCLACHLAN
Musiek: W. TOLSMA; verwerk: CHRIS LAMPRECHT
Wie is die dapper generaal? De Wet!
Wie stry so dapper in Transvaal? De Wet!
Wie is dit wat die trotse Brit so telkens in die stof laat sit?
De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet!
Wie kom, wie gaan net soos 'n gees? De Wet!
Wie word deur Tommie meer gevrees? De Wet!
Wie is dit wat so elke slag verskyn waar hul hom nie verwag?
De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet!
Wie ken die pad om koers te hou? De Wet!
Wie is dit wat die moed behou? De Wet!
Wie laat hom van geen vyand paai? Wie toon hom immer ewe taai?
De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet!
Wat's nuut op
Kalie se Boeremusiek webwerf?! Ons het nou 'n eie domein - dis nou vir
die wat nie die blad onlangs besoek het nie. Gaan loer gerus by
http://kalie.boeremusiek.net
Hierdie webblad is spesifiek daarop toegespits om die: Versameling...Bewaring...en
Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Hier sal u meer te wete kom oor die ontstaan en ontwikkeling van
Boeremusiek, musikante van toeka en nou, byeenkomste en aktiwiteite van
Boeremusiekliefhebbers en sommer alles wat Boeremusiek so lekker maak!
Ek wil u aanmoedig om noue kontak met my te behou en om aktief met my te
skakel oor wyses waarop ons Boeremusiek lewendig kan hou vir sovele
mense wat plesier vind in hierdie besondere aspek van ons Suid-
Afrikaanse kultuurerfenis.
Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl |
Ek luister mos
een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met
Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een
van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres
onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.
NAMAKWA NASIONALE PARK, Kamiesberge:
Noord-Kaap
EMMERENTIA DE KOCK, emmerentiad@sanparks.org, skryf:
“Vanjaar is die plante hier by ons in die Namakwa Nasionale Park so geil en
groot soos wat hulle in lang jare nie was nie. Op ons buurman se plaas lyk
dit asof die veldplante gesaai is. As die weer soos nou hou, en ons so elke
2de week reën kry en die oostewind nie te warm waai nie, kan ons ‘n lekker
lang blommeseisoen hê. Daar is baie wat nog kan blom, of weer blom. Ons
reënval vir die Skilpad afdeling lyk tot dusver soos volg: April-Mei 210 mm,
Junie 68 mm, tot 14 Julie 35 mm”.
“Die volgende plante toon reeds goeie belofte vir vanjaar se blomseisoen:
STRUIKE: Asparagus sp., Peperbos, Fluitjiesbos, Sjielingbos, Skilpadbessie,
Wilde roosmaryn, Melkbosse, Taaibos, Salies, Kalwertaaibos, Kloe-kloekie,
Lycium sp., Solanum sp., Perdebos, Pokbos, Hermania sp., Skilpadbos,
Grootsaadklappiesbrak
BOLLE EN KNOLLE: Blougif, Ramblom, Varkiesknol, Chlorophytum sp.,
Bobbejaantjie (B. sinuata) en (B. dregei), Uintjie
KRUIDE EN KLEIN STRUIKIES: Kokerdoosblom, Beesblom, Veldkool, Haassuring,
Wit en blou sporrie, Indigofera sp., Boesmankers, Oxalis sp., Aandblom (L.
tristis), Jamesbrittenia sp., Drumsticks, Felicia sp., Knoppiesopslag,
Stinkkruid, Meidestert, Bobbejaantjie, Kappie-blommetjie, Jonkmansknoop,
Ramhorinkie
VYGIES: Fyn t’nouroebos, Donkievy, Donkiebos, Swartstamvyebos,
Soebatsfontein se vygies
SLINGERPLANTE: Bokhorings
GOUSBLOMME: Namakwaland gousblom, Dassiegousblom, Skaapbos, Bittergousblom,
Arctotis sp. (wit), Soetgousblom
AALWYNE Bitteraalwyn, En vele meer !!!!!!”
Namakwa Nasionale Park, Tel/Faks: 027-672-1843
Skryf vir Braham
en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings
direk van hom af!
e-pos : info@explore-sa.com
|
|
|
Ek is
betrokke by hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie
ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle
webwerf.
Nuusbrief 11 Mei 2007
Goeiemôre vriende,
Gou-gou bietjie terugvoer gee.
BLOUDAKKIES OUETEHUIS
Ek het besluit om Moedersdag en Vadersdag te kombineer en 'n spesiale "Ouerdag"
funksie by die ouetehuis te hou volgende Woensdag die 16e Mei 2007. Dit sal
goedkoper wees as om 'n funksie vir Moedersdag en Vadersdag apart te hou!
Daar is baie bejaardes wat so alleen is en ek glo dat ons op hierdie manier
weer bietjie vreugde in hulle lewens kan bring.
Wat hierdie funksie nog meer besonders gaan maak is dat Manual Escorsio vir
oumense gaan kom sing!! Dit is 'n groot voorreg en ek glo dat ons hierdie
dag baie spesiaal vir die bejaardes gaan maak!
Ek wil graag 'n lekker gesellige braaivleis vir hulle gee met 'n klein
geskenkie vir elkeeen. Almal is welkom om die oggend saam met ons te kom
geniet.
Ons kan dit slegs doen met hulp van ons getroue ondersteuners!! Hiervoor het
ons natuurlik heelwat vleis nodig wat nogal 'n duur item is. As daar mense
is wat hulle weg kan oopsien om vir ons met bydraes hiervoor te help sal ek
baie dankbaar wees. Merk net asb by die donasie "ouerdag" dan weet ek waar
om dit aan te wend.
PRES. KRUGER KINDERHUIS
Die klein kindertjies kamp hierdie naweek. Dit gons glo by die kinderhuis -
die ene opgewondenheid hieroor! Ek moet sê dat ek self ook baie uitsien na
hierdie kamp. By die kleintjies is daar drukkies en liefies in oorvloed (anders
as by party van die groot kinders).
Ek deel graag hierdie briefie wat ek ontvang het van 'n dame wat jare terug
in die Pres. Kruger Kinderhuis was......
More, aan een en elke wat hier lees.
Ek wil net sê, ek was een van die kinders in die Presedent Kruger Kinderhuis.
Dankie vir elkeen van julle wat sy hulp bied en aan elkeen wat nog so getrou
sy finansiele hulp bied.
Na tien jaar in die wye wereld kan ek nog elke dag dankie sê op my knie aan
die opvoeding ( in daai tyd nie altyd lekker nie) wat aan ons gegee is,
wandag maak dit van my 'n beter en sterker mens!!!
KRUIDENIERSWARE
Ons kaste is leeg en die winter is hier! HELP asb! enige kruideniersware is
meer as welkom.
Ons vra nie vir luukse kossoorte nie, net die basiese, soos meel, suiker,
pasta, soya ens.
Indien u 'n donasie sou wou gee - merk asb by verwysing "kos"
WARM WINTER PROJEK
Daar is alreeds 'n groot aanvraag vir warm klere en komberse. Ons het 'n
paar komberse ingekry wat alreeds geallokeer is. Maar ons gaan honderde
nodig hê!
Indien u 'n donasie sou wou gee - merk asb by verwysing "komberse"
Gooi maar die ou klere uit. Enige klerasie/artikels wat in 'n goeie
bruikbare kondisie is, is meer as welkom asb!
ALGEMEEN
Ek doen hierdie werk alleen en wil net vra dat mense asb maar bietjie geduld
met my sal hê!
Dit is nie altyd vir my moontlik om onmiddellik goed te gaan oplaai of e.pos
briewe te beantwoord nie! maar ek probeer my beste.
Ek wil vra dat mense - sovêr moontlik - asb donasies by my huis sal aflewer.
Ek is darem nou al meer as 'n halwe eeu oud en sukkel werklik somtyds om
baie swaar items op en af te laai!
Help my asb om die ander minderbevoorregte mense te kan help!
LIEF 'N OUMA/OUPA projek
Ek het al 'n paar mense gekry wat belangstel - maar ons kort nogsteeds
heelwat mense wat 'n oumens wil "aanneem".
Sodra ek die name en al die info reg het - sal ek 'n nuusbrief stuur met al
die inligting.
Ek gee volgende week terugvoer oor die Kinderhuis kamp en die Ouerdag by
Bloudakkies Ouetehuis.
Groete
Elsabe
Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926
Aflewerings adres:-
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
PS Bel asb voor jy ry
.
Baie dankie aan almal wat vir my hierdie resepte aangestuur het, ek dink ons
gaan binnekort 'n lekker versameling bymekaar hê.
In Patriot #108:
Patriot Koek, Patriot Poeding, Afrikaner Bond Koek, Jan Smuts-koekies,
Jan Ellis poeding,
Generaal De la Rey's koek.
In Patriot #109: Paul Krugerkoek, Vrystaatse Melktert
In Patriot #110: Hertzoggies, Generaal
Smutskoekies, Victoria Sponskoek
In Patriot #111:
Stormjaers, Ounooienspoeding, Ou Jonkmanspoeding
Soldaatpoeding
Neem ½ lb. niirfet, ½ lb. broodkrummels, ½ lb. klam suiker, di skil fan 'n
groot suurlimoen, kap di niirfet fyn, meng dit met di krummels en suiker,
kap di limoenskil en giit deur die sop, roper dit by die ander en meng baing
goed, sit di mixtuur in klyn koppiis, bak fer 20 minute, keer dit op 'n
skotel en gé limoensous daarby.
Afrika's Koekiis
Die resep het verskyn in Di Afrikaanse Koek en Poeding Boek Duer 'n
Frystaatse Dame, Paarlse Drukpers Maats. Beperkt. 1914
3 lb Flour, 1 lb witsuiker, 1 lb botter, telepel soda en 2 telepels
kremetat, met melk of water angemaak.
Dit is die hele resep.
Hiermee 'n variasie van Afrika-koekies in die jare 90.
(lewer 90 koekies)
120 g koekmeelblom (250 ml)
390 g volkoringmeel (750 ml)
120 9 mieliemeel (250 ml)
200 g sagte bruinsuiker (250 ml)
3 ml gemengde speserye
5 ml Kremetart
250 g botter
3 ml Koeksoda
225 ml melk
250 ml karringmelk
Meng meelblom, volkoringmeel en mieliemeel. Voeg bruinsuiKer, speserye en
kremetart by. Vryf botter daarby in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
Los koeksoda op in melk en voeg by meelmengsel. Voeg karringmelk by en
meng tot sagte deeg. Skep lepelsvol vam mengsel op gesmeerde bakplate en
bak in voorverhitte oond by 180 grade C, 15-20 minute lank tot gaar.
Verwyder uit oond en laat afkoel op draadrak.
Variasies
. Maak holte in rou koekies en skep bietjie appelkooskonfyt daarin. Bak
soos bo.
. Drup gesmelte sjokolade oor vir 'n soeter koekie.
Boere
Soetkoekies
15 Koppies mee1
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel .
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien
Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by,
meng verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met
drukkertjies. Bak in oond 200°C tot ligbruin.
Fer brandsiikte
onder bokke
Neem 2 lb. grease teer en 1 lb. bokfet, smelt deurmakaar, smeer
di bokke daarme. Pas op dat dit ni in di oge kom ni.
Fla poeding
Neem 9 yers (eiers),
9 lepels meel, ¼ pond suiker, 1 bottel melk, klop goed deur, smeer 'n doek,
sit di deeg daarin en kook fris fer 'n uur in kokende water.
Resepte uit Anna se Kombuis |
Al Anna se resepte is in eBoek formaat en maak dus ideale
geskenke en word sommer met epos gestuur. Vir meer besonderhede,
klik hier
Geurige Beesskenkelpotjie
'n No 3 pot word aanbeveel
30ml kookolie
6 beesskenkelskywe, ongeveer 15mm dik
8 lamsniertjies, gehalveer, vlies verwyder
2 uie in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
350ml vleisaftreksel
50ml tamatiepasta
2.5ml suiker
sout en varsgemaalde peper na smaak
10 geel vlapampoentjies
6 groot aartappels, in 10mm dik skywe gesny
100g mini suikerertjies
100ml suurroom
30ml brandewyn
Verhit die olie in die pot en braai die vleis en niertjies oor matige hitte
tot bruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer totdat die uie deurskynend
is. Geur met sout en peper. Verhit die aftreksel en tamatiepasta saam en
voeg saam met die suiker by die vleis. Sit die deksel op en prut vir 2 uur
of totdat die vleis byna sag is. Pak die aartappels, vlapampoentjies en
suikerertjies in lae bo-op. Sit die deksel op en prut nog 45 minute tot 'n
uur lank of totdat die vleis en groente gaar is. Meng die suurroom en
brandewyn en voeg by die potjiekos net voordat dit voor gesit word. Steek
die steel van 'n houtlepel versigtig op 'n paar plekke in die potjiekos en
wikkel liggies sodat die suurlemoen-en-brandewynmengsel goed kan deurloop.
st
se pitkos
Klik hier
om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Hoe om ongemaklike
stiltes in gesprekke te hanteer
So baie van ons raak ongemaklik en ook benoud wanneer ons in gesprekke
met mense nie meer weet wat om te sê nie. Jy beland op ‘n funksie langs
‘n vreemdeling en wat moet jy sê? Of jy het met die passasier in die
sitplek langs jou ‘n gesprek begin voer en skielik is daar ‘n stilte en
jy sit met ‘n mond vol tande. Jy weet op dees aarde nie waaroor om
verder te praat nie!
Klink dit bekend? Wel hier is raad om jou uit die ongemaklik situasie te
kry en jou sosiaal meer vaardig in die geselskap van vreemdelinge te
maak: vra die regte vrae.
Ja, dis so maklik soos dit. Vra die regte vrae. Hiermee kry jy ‘n
gesprek maklik aan die gang, en oorkom jy ongemaklike stiltes wat intree.
Nou watter soort vrae kan jy vra? Ek gee vir jou ‘n paar voorbeelde:
1. Vra die persoon uit oor sy werk. Moenie net vra waar werk hy nie. Vra
meer oor die aard van sy werk. Probeer ‘n interessante vraag stel.
Byvoorbeeld die persoon is ‘n trokdrywer. Vra hom wat sal hy maak as die
remme onklaar raak op ‘n steil afdraand. Of wat gebeur by ‘n weegbrug
wanneer ‘n trok afgetrek word en ingaan om geweeg te word. Of hoekom het
hy die beroep gekies.
2. Vra die persoon oor sy familie. Wanneer hy praat oor sy kinders vra
uit oor hulle sport, skole, musieksmaak, maats ens.
3. Vra vrae oor belangstellings. Miskien is hy ‘n mens wat hou van die
buitelewe en staptogte. Vra waar het hy al gestap. Watter staproete is
sy gunsteling. Is dit nog veilig om op ‘n staproete te gaan. Watter
staproete het hy die meeste geniet. Watter interessante staaltjies kan
hy vertel wat gebeur op ‘n staproete.
4. Vra die persoon uit oor sport. Watter sport doen hy. Kyk hy sport.
Watter span ondersteun hy. Wie dink hy gaan die naweek die krieket of
rugby wen. Wat dink hy van konkelary in sport. Daar is letterlik
duisende vrae wat jy oor sport kan vra wat ‘n gesprek vir ure aan die
gang sal hou.
Ek is seker dat jy aan nog ‘n hele klompie vrae kan dink om te vra. Deur
vrae te stel prikkel jy die persoon om te dink en om deel te neem aan
die gesprek. Mense hou daarvan om vrae te beantwoord, veral as dit iets
is wat vir hulle lekker en van belang is. En wanneer jy vrae daaroor
stel voel mense geëerd en meer belangrik.
Jy sal verbaas wees oor hoe gou jy hierdie tegniek kan baasraak en jy
meer gemaklik in geselskap sal optree. Jy moet dit net inoefen. Moenie
langer wegskram om met ‘n vreemdeling te gesels nie. Jy hoef nie langer
dat die gebrek aan selfvertroue jou verhinder om kontak met ander mense
te maak nie. Deur van hierdie tegniek gebruik te maak, ontwikkel jy in
‘n goeie geselser en kommunikeerder.
Meeste mense raak moeg van mense wat net oor hulself kan gesels. Wanneer
jy nou belangstelling in ‘n ander mense se doen en late toon, is jy ‘n
welkome gespreksgenoot en raak jy gou bemind as iemand wat kan luister
en verstaan.
Ek is seker daar is lesers wat nog wenke het oor hoe om gemakliker in ‘n
sosiale konteks met mense te kommunikeer. Hoe oorkom jy die vrees om met
mense te kommunikeer en gesprekke aan te knoop? Stuur asseblief jou
idees, gedagtes en wenke oor makliker kommunikasie aan my by st@pitkos.co.za
– ek hoor graag van jou.
‘n Sprankie wysheid vir die dag
“Om te verstaan is moeilik. Sodra jy wel verstaan, is aksie maklik” -
Sun Yat-sen -
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd
'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry,
klik net hier.
Teken in /Teken uit / Kontak |
Teken hier
in op die poslys en lees ook die argiewe.
Om uit te teken, stuur vir my 'n
epos
en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart!
|
|