Onbeskaamd Afrikaans!

 
 

Nommer 114

Besoek my Webwerf

2 Julie 2007

 
 

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!

Ek sal van nou af die brief aan die einde van elke maand uitstuur en my Engelse een in die middel van die maand. Dit sal my die geleentheid gee om meer aandag daaraan te skenk en meer interessante inhoud te probeer kry. 

Ek het nou al 'n hele paar ou resepte wat vernoem is na mense, gebeurtenisse en plekke, binnekort sal ek almal in 'n eBoek saamvat en dit dan in daardie formaat deurgee vir intekenare.

Ek wonder wat gaan aan met ons Lotto? Ek sien dis nog steeds nie beskikbaar nie, probeer gerus die UK Lotto! Om 'n kaartjie te kry is maklik en veilig, ek is al meer as 'n jaar doenig met hulle en het nog nooit probleme opgetel nie. Hulle boerpot is nooit minder as 3 miljoen pond nie en die klein bedraggies wat ek al gewen het, het hulle in Rand in harde kontant aan my uitbetaal. Klik hier om jou kaartjie te kry en droom GROOT.

Weereens het ek lekkerlees Afrikaanse artikels deur onder andere Estelle de Bruyn en Annelie Botes. Ek is seker julle sal dit geniet!  Ook is daar 'n insiggewende artikel deur Dr. S T Potgieter. En dan is daar ook 'n  insetsel oor Suid Afrikaanse vlae.

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Peterjasie sê

Gisteraand het dit hier by ons in Alberton gesneeu! Die laaskeer wat ek sneeu beleef het was toe ek in 1964 in Matriek op Koster was. Die dag was daar nie veel skool nie ons kinders was toegelaat om die sneeu te geniet. Ek het nog altyd gedroom oor 'n sogenaamde Wit Kersfees. Die sneeu is nou wel mooi, maar as dit eers begin smelt is dit 'n koue gemors. Nee wat, gee my eerder 'n Somerkersfees in die Krugerwildtuin of in die Namib!

Speletjies

Ek kan onthou dat ek as jong seun speletjies soos giffie, kennetjie en bok-bok gespeel het. Die reëls kan ek nie so mooi onthou nie. Ek weet dat daar ander speletjies ook is wat ek op die oomblik nie aan kan dink nie. Ek wil al die ou speletjies weer laat herleef in eBoek formaat maar ek het hulp nodig met name van speletjies asook die spelreëls. Stuur my epos as jy kan help

Ek het alreeds 'n bydrae van Sharon du Plessis ontvang, baie dankie, Sharon.

Wie van julle kan blik-as-paai onthou?

Blik-as-paai

Ons het 'n koeldrankblikkie/bierblikkie geneem en dit so kwart vol klippies gegooi en dan 'n groter klip in die bek van die blik ingekap. Almal het bymekaar gestaan en dan is die blik geskop en daar is deur almal geskreeu BLIK-AS-PAAI! Almal het dan weggehardloop en gaan wegkruip, terwyl die een wat aan is die blik moes gaan haal en op die oorspronklike plek teruggeplaas het. Dan het hy begin om almal te soek. Sodra hy iemand gesien het, het hy teruggehardloop na die blik toe en geskree, BLOK VIR PIET!. Piet het dan by die blik gaan staan. So het die persoon wat aan is een vir een geblok. Iemand wat nog nie geblok is nie, kan dan hardloop en weer die blik wegskop en dan kan al die wat al geblok is weer weghardloop en gaan wegkruip. So hou dit aan tot almal geblok is. Baie lekker gespeel op die plaas, bring baie herinneringe terug.

Blanke Ekonomiese Forum - Waar Blankes mekaar ondersteun

Die BEF het kennis gekry van verskeie studiebeurse en werksgeleenthede wat beskikbaar is, vir meer besonderhede, kontaknommers is hieronder.

Regs klik ook hier om die nuutste nuusbrief af te laai.

Sluit nou aan. Maak 'n verskil. Klik hier vir meer inligting

Kontakbesonderhede:
Mnr. Andre Groenewaldt – 082 633 2920 & landlyn: 012 548 6118
Mnr. George Pienaar – 082 338 3295
Faks: 012 548 7242

Boeremusiek baanbrekers

Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....

Manie Bodenstein

Manie Bodenstein is seker on belangrikste na-oorlogse konsertinaspeler. Nico van Rensburg noem hom die Doyan van Boeremusiek. Oom Hendrik Susan het vir sy kinders vertel dat hy net drie mense ken met 'n perfect pitch, Manie, Flippie van Vuuren en Taffy Kikillis. Manie sal seker beste onthou word vir die manier wat hy die ou veterane se musiek vir hulle gepoleer het . Dit  is nie moeilik om te verstaan hoekom Manie 'n ereleid van die Boeremusikgilde is nie. Manie is nie net 'n virtuoos met die konsertina nie, maar hy geniet dit ook om 'n basviool te tokkel! 

Bron: 15 Goue Jare:  1989-2004  Boeremusiekgilde

Dial Direct

Die verhoogde brandstofprys affekteer almal van ons. Hoekom laat jy nie dat jou korttermynversekeraar vir die verhoging betaal nie? Ek het R400 per maand bespaar deur my korttermynversekering na Dial Direct te verskuif. En die R400  sorg vir my verhoogde maandelikse brandstofrekening! Jy het niks om te verloor nie, Klik hier  vir 'n gratis aanlyn kwotasie en kyk self hoeveel jy kan bespaar!

Pasella

Hierdie resepte was aan my gestuur om en by 'n jaar gelede toe ek bydraes gevra het vir my Wille Samie resepteboek. Regs klik hier om die resepte (Happies en Poffers) af te laai.

Geskenke?

Peterjasie se Groot Afrikaans CD

Ek het my mees populêre eBoeke op een CD saamgevat. Die Tradisionele SA Resepte, die Kampkosresepte, die Wille samies en die Boererate is almal daar. Die CD maak 'n ideale geskenk maar ook 'n besonderse aandenking.

Die CD verkoop vir R100, posgeld ingesluit, stuur vir my 'n epos vir betalingsbesonderhede

Estelle de Bruyn

Kom ons skop oudergewoonte af met Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle.

Nuwe sewe wonders

AL ooit gewens jy kan iets merkwaardigs doen, 'n sê hê in die geskiedenis? Wel, nou is jou kans. 'n Wêreldwye verkiesing word op die internet gehou om die nuwe sewe wonders van die wêreld te kies en almal is welkom om hul kruisie te trek agter sewe van die 21 kandidate.
Toe Philon van die Bisantyne in 200 voor Christus sy lysie van die sewe wonders van die wêreld opgestel het, het hy die tempel van Artemis, die hangende tuine van Babilon, die kollossus van Rhodes, die mausoleum by Halikarnassus, die vuurtoring by Alexandrië, die piramides by Giza en die standbeeld van Zeus gekies. Van al hierdie wonders staan net die piramides vandag nog en ons kan maar net droom oor hoe die ander wonders gelyk het wat ou Philon so aangegryp het.
Die kandidate vir die nuwe sewe wonders van die wêreld is inderdaad internasionaal en verteenwoordig die mensdom se gedeelde kulturele erfenis. Twee van die kandidate is in Afrika en dit maak my besonder trots. Die piramides is natuurlik daar, maar ook Timboektoe in Mali, wat in die 12de eeu tot stand gekom het en waar soveel soos 20 000 studente op 'n slag studeer het.
Op 1 Januarie vanjaar het die paneel deskundiges vir die nuwe sewe wonders van die wêreld onder die voorsitterskap van die vorige hoof van Unesco, prof. Federico Mayor, 'n kortlys opgestel van potensiële wonders uit die 77 top nominasies wat ontvang is. Nou is dit in die hande van die mensdom om te stem vir die top sewe uit die kortlys wat bestaan uit die Akropolis in Athene wat beskawing en demokrasie simboliseer; die Alhambra in Spanje wat waardigheid en dialoog uitbeeld; die tempels by Angkor Wat in Kambodja vir skoonheid en heiligheid; die Christus-standbeeld in Rio de Janeiro wat verwelkoming en openheid simboliseer; die Colosseum in Rome wat staan vir vreugde en lyding; die Paas-eilande in Chili met hul standbeelde wat mistiek en oorweldiging uitbeeld; die Eiffeltoring in Parys wat uitdagings en vooruitgang simboliseer; die Groot Muur van China wat uithou- en aanhouvermoë verteenwoordig; die Hagia Sophia in Turkye vir geloof en respek; die Kiyomizu-tempel in Japan wat helderheid en kalmte uitbeeld; die Kremlin en St. Basil- katedraal in Moskou vir standvastigheid en simboliek; Machu Picchu in Peru wat die gees van gemeenskap en toewyding verteenwoordig; Neuschanstein in Duitsland vir fantasie en verbeelding; Petra in Jordanië vir ingenieursvernuf en beskerming; die “Statue of Liberty” in New York vir vrygewigheid en hoop; Stonehenge in Engeland vir verwondering en uithouvermoë; die operahuis in Sydney vir abstraksie en kreatiwiteit, die Taj Mahal in Indië vir liefde en passie en Timboektoe vir intellek en mistiek.
Op 7 Julie 2007 sal die nuwe sewe wonders van die wêreld aangewys word.
Ai, dit is moeilik om te kies. Ek maak lysies en trek kruisies en sukkel om een uit te laat. Maar ek sou darem graag die Witvrou van die Brandberg ook op daardie lysie wou gesien het. Vir my sou dit die mens se oeroue skeppende vermoë en 'n strewe na skoonheid en kuns simboliseer.
Vir diegene wat belangstel om ook hulle kruisies te gaan trek, besoek die webtuiste www.new7wonders.com en stem vir jul gunstelinge.
 
 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

Dial Direct Insurance

 
  Annelie Botes  
  Nog 'n lekkerlees storie deur Annelie.  
 


Die Vyfde Kwart

Meeste vrouens haat strykwerk. Ek hou daarvan. Want mens kan sién hoe word iets glad onder jou hand, en die toring ál laer. En strykgoed ruik na son en versorging. As alles weggepak is, voel ek vol, al pyn my tennis-elmboog. Omdat ek in die sweet van my aanskyn kon voorsien vir my nabymense.
Die pluspunt van staan en stryk, is dat dit dinktyd afdwing. Maar partykeer wil ek nie dink nie, dan sit ek die radio aan. Luister sinneloos na die markverslag en vir hoeveel boerpampoen en kopkool verkoop. ‘n Tyd gelede, terwyl ek onaandagtig na vark-en beesvleispryse luister, hoor ek ‘n term wat ek al duisend maal gehoor het, maar nog nooit oordink het nie: Die vyfde kwart.
En ek wonder wat presies ís ‘n vyfde kwart?
Albert Einstein het gesê: I have no special talent, I’m just passionately curious. In daardie opsigte is ek en Einstein eenders. Só bel ek Karoo Osche kwart oor sewe in die oggend en kom by ‘n man met ‘n bariton boerestem uit.
“Dis die afval,” sê hy.
Week ná anderweek staan ek en stryk. En die vyfde kwart bly in my refrein. Hoe is dit dat juis die afval die eer kry om as die breuk bokant 100% gereken te word?
Of dit toeval of vooruitbestem was, weet ek nie. Maar eendag terwyl ek spartel met my ou gryskop se harde Telkombroek met die baie sakke, bel my vriendin, Cobie Bolhuis, van Plet, om te sê sy kom Baai toe en wil hoor of ek tweedehandse klere het wat sy kan kom oplaai.
Cobie is ‘n Hollander; ‘n formidabele vrou vir wie gee en omgee ‘n gebod is.
Ek sorteer en maak ‘n groot boks vol. Flenter koffer vol suf lakens, onpaar slope en gaterige handdoeke. Nie omdat ek wil géé nie, maar omdat ek gemors wil uitsmyt. Só kom dit toe dat Cobie nie haar passies gedans kry nie en haar Baaise dogter kom haal die gemors. Ons drink tee en ek vra haar na die tweedehandse kleremark in Plet. Dis dan ‘n rykmansnes, wie sal nou dáár ou klere koop?
Nee, sê sy, haar ma het nie ‘n winkel nie; meer van ‘n voorraadstoor waar die lewe se swerwers en agterryers klere vir R2 en R5 kan kry. Of meesal verniet.
Oor die tweede pot tee vertel sy iets wat my dae lank kopseer gegee het. Van die boemelaars op Plet. Hoedat Cobie elke week hulle klere en komberse en kouse en onderbroeke oplaai en dit by háár huis met háár wasmasjien was. Self met háár yster stryk. Knope aanwerk, nate toestik. Vou en stapel; in swart sakke toedraai en dan die rondte van aflewering doen.
Hergent hemele, ék sal nie met ‘n bloudraad aan ‘n boemelaar se onderbroek raak nie. Wat nog te sê …? Bliksem. Hoe lyk en ruik daardie waswater? Buitendien, dit hoef nie mý gewete te pik nie; dit was nie my keuse om ‘n boemelaar te word nie.
Ná die vrou weg is met die afvalgoed, sluk ek twee Panado’s, draai die radio harder. Omdat ek nie wíl dink nie. Weer wis ek nie of dit vooruitbestem was nie, maar dis die vleisprysverslag. Soveel en susveel, lewend of geslag. Die vyfde kwart …
Dis asof ‘n pyl in my kopbeen vasskiet. Vir die eerste keer besef ek: Al is die vyfde kwart ‘n stink grilding, het dit waarde. Nes boemelaars. Wie is ek om regter te speel? Wat weet ek van die storms en stampe wat hulle tussen die dryfhoute laat uitspoel het? Was daar dan nie ‘n Man wat met tollenaars en prostitute omgegaan, en die geleerdes van sy tyd uitgetrap het nie: Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid.
Op ‘n mistige oggend het ek by Schoenmakerskop vir al die Cobie Bolhuise op aarde ‘n witklip-altaar gepak. Omdat hulle formidabele mense sonder selfwaan is.
Knaend kats die markverslag my op strykdag, sê ek is ‘n witgepleisterde graf.
Want ín my het ver-mense nog nie naby-mense geword nie. En is die vyfde kwart steeds nikswerd weggooigoed.  

Webwerf Soeklig

Met elke uitgawe fokus ek op 'n Afrikaanse webwerf.  

 

Afrikaanse Lied

Iemand wat in Melbourne woonagtig is stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere. Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek

DIE MANNETJIE

Woorde: JAN POHL
Musiek: JAN POHL; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie;
hy is so klein en so skraal.
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
en stap na sy werk vir die honderdste maal.
Langs die bome en blink watervore
sing hy so ver as hy gaan,
want gister is 'n baba gebore,
en hy is die vader daarvan.
Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;
hy dink aan 'n naam vir sy seun.
Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,
maar Gotliep Antonie staan hom beter aan.
Ongelukkig verwag sy ou vader
dat die kind na sy oupa moet heet:
Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
en daarby Kasparus Bart Keet. 
Boeremusiek ens.

Wat's nuut op Kalie se Boeremusiek webwerf?! Ons het nou 'n eie domein - dis nou vir die wat nie die blad onlangs besoek het nie. Gaan loer gerus by http://kalie.boeremusiek.net

Hierdie webblad is spesifiek daarop toegespits om die: Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Die konsertina
Kalie se navorsing het daartoe gelei dat daar begin is met 'n Nasionale Konsertinabewaringsregister waarin ALLE konsertinas in Suid Afrika gelys word. So, as u 'n konsertina besit, of weet van iemand wat een het, maak seker dat hy in die register kom! Die kontak nommers vir die register is: Kalie de Jager by 082 578 8907 of Flip Delport by 082 809 3990.
 
Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl

Ek luister mos een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.

DIE VAALWATER omgewing van die 1950s en 1960s; Limpopo
Kobus Nagel van die Strand, skryf:
Ek deel graag met jou ‘n klompie interessante wetenswaardighede oor die Vaalwater van my kinderdae. Dié onthou kom van 1951 en later toe ons op die familieplaas, Krokodilrivier in Vaalwater se omgewing gebly het.
• Dit was aanvanklik saai- en beeswêreld, maar vandag word daar hoofsaaklik met wild geboer.
• Die SAS & H (dit was die Suid-Afrikaanse Spoorweë & Hawens) het weekliks in verskillende rigtings vanaf Vaalwater ‘n busdiens laat loop. Dit het goedere en passasiers vervoer. Ons bushalte was Rysmierkop, presies 15 myl vanaf Vaalwater op die Melkrivier pad.
• Natuurpraal was die eerste vakansieoordjie in daarde omgewing. Dit was net so ‘n paar kilometer vanaf Melkrivier.
• Ek was in ‘n tweemanskool op Palmietfontein. Ons is met oom Daan van Niekerk se Austin skoolbus skool toe aangery.
• Melkrivier het ‘n sesmanskooltjie gehad en mnr Jannie Nel was vir jare die hoof daar.
• Vaalwater se NG Kerk het aanvanklik op Nooitgedacht begin, en het eers in 1962/63 na Vaalwater geskuif.

VAALWATER VAN VANDAG
Kobus se vertelling oor Vaalwater het my met nostalgie aan my besoek van November 2005 aan die Vaalwater omgewing laat terugdink.
Ek het op ‘n Sondagoggend vroeg daar aangeland. Lidmate van die APK gemeente het my twee dae lank daar onthaal en rondgewys, en heelwat van hulle het goeie vriende geword.
Vaalwater is ‘n dorp waar seker min ontbreek. Dit is klein, maar daar is lewe. Dis boomryk. Onthou, Vaalwater is trouens in die hart van die Bosveld. Die huise is tussen die bome gebou. Alles is groen daar. Dis by uitstek ‘n jag- en toerismedorp.
Ek het een nag by Louis Nel van Melkrivier in die Vaalwater distrik oorgebly en daar ‘n bietjie van die hart van ‘n beesboer leer ken. Ons het die aand saam op sy huis se stoep die Bosveld geluide sit en bewonder. Vir my was dit ‘n Afrika ervaring sonder weerga.
As daar nou een plek is waarnatoe ek weer en weer sal wil teruggaan, dan is dit Vaalwater.
 

Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos : info@explore-sa.com

Glimlag!
 
 

Ek wonder met hoeveel van julle het die volgende gebeur?

Soos die Engelse sê, never a dull moment!
Hier by ons is altyd iets aan die gebeur, laat ek van die nuutste episode vertel.
Ons besluit toe mos om geld te bespaar en dat ons my hare sommer tuis sal sny.
Ons soek toe spesiaal na ‘n nommer 8 kam om aan die knipper te sit. Die knipper kom met kamme van 1 tot 5, maar ek soek en kry toe ‘n nommer 8 want die nommer 5 is darem te kort!
Die tuishaarsny storie loop toe heel goed, tot vanoggend!
Ek het twee haarskeerders, een is een se lemme is effens stomper as die ander en ons begin met die stomper een, sit die nommer 8 kam aan en daar gaan ons, vroutjie is die knipper operateur.
Na ‘n rukkie kom ons agter dat die knipper darem nou te stomp is en ek stel voor dat sy die ander een begin gebruik, wat sy ook doen.
“Die ding sny happe!” laat sy verontwaardig weet.
“Gee hier dat ek sien” kap ek boos terug en ontplof amper toe ek sien wat sy gedoen het. Sy het nie gedink nie (wat’s nuut!) en vergeet om die nommer 8 op die knipper te sit.
Nou sit ek daar met mooi netjiese nommer 8 met ‘n 8cm by 2cm streep van -1 lengte. Lyk skoon of ek ‘n breinoperasie gehad het.
Die hond laat spaander by die deur uit, weet nou nie mooi of ek vir haar kwaad is of wat verkeerd is nie. Nog nooit sulke taal gehoor nie.
Nou wat nou, bring die nommer 5, sê ek vir haar, en sy laat waai met die nommer 5. Die breinoperasie is nog sigbaar toe kom nommer 3 aan die beurt. Die gesig wat vir my terugstaar as ek in die spieël kyk begin al hoe vreemder lyk.
Die nommer twee werk ook nie, nou is daar net een genade oor, die nommer 1!!!
Hier is ekke nou, op die koudste dag van die jaar met my nommer 1 haarsny!
Dit sal ‘n rukkie wees voordat ek vir haar heeltemal vergewe het!
Die predikant, van alle mense, kom maak ‘n draai.
Sy kommentaar? “Lyk my jou vrou het jou hare probeer sny sonder om ‘n kammetjie in die knipper te sit!”
Die mussie wat ek op het is darem lekker warm.
En toe was die baard ook nog uit proporsie met die nommer 1 hare, toe moes dit ook getrim word!

Filemon het 'n hoenderplaas gekry deur die staat se grondhervormings-ding. Sy buurman was ook 'n hoenderboer en het kom kennis maak.
"Hoenderboerdery is nie maklik nie," verduidelik hy. "Ek sal jou 100 kuikens gee om te help begin."
Filemon was baie dankbaar. Die buurman kom loer weer in, so twee weke later, om te hoor hoe dit gaan.
"Hau, nie te goed nie. Al die kuikens hy het gavrek !! Die buurman sê: "Ek kan dit nie glo nie. Ek het nog nooit
probleme gehad nie. Laat ek jou nog 100 kuikens gee." Twee weke later ontmoet hulle weer, en Filemon sê weer: "Ek kan det nie verstaan nie....almal die kuikens hy het weer gavrek..." Verstom vra die buurman:
"Wat het verkeerd gegaan? Wat het jy aan hulle gedoen?"
Filemon: "Eish, ek weet nie eintlik nie. Miskien ek plant hulle te diep of te naby aan mekaar !!!!"

 

Laat jou wildste drome waar word, kry 'n kaartjie in die UK Lottery, klik net hier  Die boerpot is gereeld om en by  £11 miljoen, ( R140,000,000), sjoe, dis darem maar baie nulle!! Maar dis nog NIKS! Die Euromillions Lotto staan huidiglik op 181 miljoen Euro, dis om en by R1,719,500,000. Eishhhhhh. Vat 'n kans, wie weet???

     
  Die Danville Hulpgroep  
     
 

Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf.  

Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Aflewerings adres:-

286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

PS Bel asb voor jy ry

.
Resepte

Baie dankie aan almal wat vir my hierdie resepte aangestuur het, ek dink ons gaan binnekort 'n lekker versameling bymekaar hê.

In Patriot #108: Patriot Koek, Patriot Poeding, Afrikaner Bond Koek, Jan Smuts-koekies, Jan Ellis poeding, Generaal De la Rey's koek.

In Patriot #109:  Paul Krugerkoek, Vrystaatse Melktert

In Patriot #110: Hertzoggies, Generaal Smutskoekies, Victoria Sponskoek

In Patriot #111: Stormjaers, Ounooienspoeding, Ou Jonkmanspoeding

In Patriot #112: Soldaatpoeding, Afrika's Koekiis, Boere Soetkoekies

In Patriot #113: President Steyn-koek,  Koningin's Poeding

Voortrekker Poeding

1/2 lb. margarien (250 g)
2 eiers
4 eetlepels appelkooskonfyt
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
3 koppies kookwater
2 teelepels gemaalde gemmer
2 teelepels koeksoda

Gooi suiker in 'n diep bakpan, voeg kookwater by en roer tot die suiker opgelos is.
Room die margarien en konfyt, voeg meel, bakpoeier en gemmer, (saam gesif)  alternatief met geklitste eiers by. Voeg nou die koeksoda, opgelos in 'n bietjie melk by.  Voeg laaste van die melk by.  Voeg lepelsvol van die mengsel in die stroop en bak in 'n matige oond tot donkerbruin. Die poeding maak sy eie sous, maar kan ook met vla of room geniet word.

Oorlog poeding
Resep kom uit die era van die Eerste Wêreldoorlog

30 ml tapioka
250 ml melk
5 ml koeksoda
62.5 ml water
500 ml broodkrummels
200 g suiker
150 g dadels of rosyne
15 ml botter

Laat tapioka oornak in die melk staan. Meng koeksoda met water en voeg al die bestanddele saam, giet dan in 'n gesmeerde oondvaste bak. Bak teen 180ºC vir 30-45 minute en bedien met vla.

Ou Boereraat

Om piano op te frywe: 2 lepels asyn en 2 lepels parrafin oli, fryf met 'n sagte lap

Makkelike meubel polish: 1 groot eetlepel asyn in 'n bottel water. Maak 'n siimsleer nay en frywe finnig daarmee de meubels

Ou Resep

Goedkoop pasty kors: Fiir eetlepels flour, 1 goeie télepel botter, 1 goeie télepel fet, meng met 'n klyn bitji water, rol dun uit

Resepte uit Anna se Kombuis

Al Anna se resepte is in eBoek formaat en maak dus ideale geskenke en word sommer met epos gestuur. Vir meer besonderhede, klik hier

Anna het die beste "gesond eet" resepteboek (Al weer op dieët) saamgestel wat ek nog gesien het, letterklik honderde resepte wat mense soos ek wat hulle cholesterol moet dophou onmisbaar sal vind, hier is een voorbeeld:

HOENDER-BOTTERSKORSIE EN BLOUKAAS GEBAK

2 ontbeende hoenderborsies, vel verwyder, in repe
40ml olyfolie
300g botterskorsie, geskil en in blokke gesny
1 fyngekapte ui
2 fyngekapte knoffelhuisies
30ml botter
125g bloukaas
5ml sout en peper
2ml neutmuskaat
250ml laevet melk
5 groot eiers

Voorverhit oond op 180C. Plaas die stukke botterskorsie op 'n bakplaat, smeer dit met helfte van die olyfolie en geur met sout en peper. Plaas dit in die oond en bak totdat 'n mespunt maklik tot in die middel van die botterskorsie kan deurdring. Verwyder en laat afkoel. Meng die hoenderrepies met die res van die olyfolie en geur met sout en peper. Braai dit op die stoof in 'n kleefvrye dikboompan. Braai die hoender slegs aan die een kant tot dit goudbruin is, aangesien dit verder in die oond gaan gaarbak. Braai daarna die uie en knoffel in die botter totdat dit goudbruin en gekaramelliseerd is. Meng nou die hoender, botterskorsie, uie en knoffel saam sonder om die botterskorsie te veel te breek. Spuit 'n oondbak met kleefwerende sproeimiddel. Skep hoender en botterskorsie mengsel in bak en sorg dat die botterskorsie en hoender mooi versprei word. Sprinkel die bloukaas oor. Meng die melk, eiers en neutmuskaat saam en gooi dit bo-oor. Bak vir 25-30 minute, of totdat die eiermengsel gestol is. Verwyder en laat die quiche afkoel. Bedien met 'n slaai as ligte middagete.

Kontak gerus vir Anna en kry jou afskrif! 

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

Kies jou rolmodel reg

Wie is jou rolmodel?
Die lewe bied soveel moontlikhede van rolmodelle. Ons sien suksesvolle sakemanne soos Bill Gates, Donald Trump, Mark Shuttleworth, Sol Kerzner, Richard Branson en Raymond Ackermann. Ons sien rolmodelle in die sportswêreld soos Ryk Neethling, Natalie du Toit, Bruce Fordyce en Ernie Els. Oral rondom ons sien ons rolmodelle wat dien as inspirasie vir ons.

Ons lees van mense en die wonderlikste suksesse wat hulle behaal. Mense wat in die aangesig van probleme en ellende nie moed opgegee het nie. Mense wat feitlik bomenslike struikelblokke oorkom en in die aangesig van groot teenstand besondere bydraes vir die mensdom gelewer het. Dink maar aan ‘n Helen Keller, Moeder Theresa, Ghandi, Oscar Pistorius (die Suid-Afrikaanse atleet wat albei sy bene verloor maar tog die wêreld verower), Beethoven en Handel die komponis van “The Messiah”.

Dit is goed dat ons leer by hierdie mense. Immers is hierdie mense ook maar net vlees en bloed soos ons, en tog het hulle wonderlike en grootse prestasies behaal. Dikwels is hierdie mense helde wat onder die moeilikste omstandighede denkbaar nie moed opgegee nie, maar aangehou en uitgehou het. Mense wat alles opgeoffer het om ‘n droom en ideaal te bereik. Mense wat vir ons dien as inspirasie.

Maar daar is ook ‘n anderkant van die muntstuk. Soms voel ‘n mens minderwaardig teenoor sulke presteerders, helde, suksesvolle mense. En jy weet binne jou omstandighede en binne jou talente en vermoeëns gaan jy nie kan bereik wat die held van jou drome reggekry het nie. Dan voel jy nie goed genoeg nie, so half moedeloos en betekenisloos wanneer jy jou vergelyk met diesulkes.

Kies vir jou rolmodel wat ‘n superster is – dit kan vir jou dien as motivering. Maar kies ook vir jou ‘n rolmodel wat jy kan navolg. Kies ook vir jou ‘n rolmodel met die nodige realisme. Kies iemand by wie jy kan leer, iemand wie se leiding en voorbeeld jy kan navolg en wat jou inspireer om ook sukses in die lewe binne jou bepaalde omstandighede te behaal. ‘n Superster as rolmodel kan tot frustrasie en mismoedigheid lei omrede jy nie daar kan uitkom nie – jy voel minderwaardig, talentloos, suksesloos, ondergeskik. Daarteenoor kan ‘n realistiese rolmodel dien as effektiewe inspirasie en voorbeeld.

Byvoorbeeld, ons almal kan nie in ons besighede ‘n multi-biljoenêr op 27-jarige ouderdom wees nie – maar ons kan realistiese doelwitte stel waar ‘n goeie toepaslike rolmodel vir ons tot praktiese motivering dien en ons van positiewe riglyne voorsien.

Sulke rolmodelle is oral rondom ons. Dit kan ‘n onderwyser wees, jou vader of moeder, jou oom, jou broer of suster, jou kollega by die werk, jou vriend, ‘n familielid wat ‘n entrepreneur is, die vrou in die kerk, jou buurman. Kyk rondom jou en jy sal ‘n rolmodel vind.

Het jy ‘n rolmodel nodig? Ek weet nie van jou nie, maar ek het rolmodelle nodig in my lewe. Meer as een – want by die een leer ek dit en die ander persoon dien weer as rolmodel op ‘n ander terrein. Dis so fantasties as jou rolmodelle nie iemand daar bo iewers hoog verhewe is nie, maar iemand wie jy kan bel, saam met wie jy gaan koffie drink, en iemand met wie jy kan vriende wees.

Het jy ‘n rolmodel nodig? Ek dink so – baie mense met wie ek te doen kry is moedeloos, rigtingloos, besluitloos, bang, sonder kennis, sonder leiding. ‘n Rolmodel kan vir jou fantastiese leiding en onderskraging gee. Kry vir jou ‘n rolmodel as jy nie een het nie.

Maar… net so belangrik. Is jy ‘n rolmodel vir iemand? Dalk besef jy dit nie eers nie, maar daar mag mense wees wat na jou opkyk en jou sien as inspirasie en voorbeeld. Tree dan so op met waardigheid, respek en liefde dat jy ook jou rol as rolmodel na die beste van jou vermoë nakom. Jou nalatenskap as rolmodel vir mense – soos vir jou kinders - met wie jy saamleef en in aanraking kom, is meer werd as die goud en silwer wat jy agterlaat.

‘n Sprankie wysheid vir die dag

“Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.” - Spreuke 27:17 - 
 
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za

Skakels

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!

Skooltake?? Klik hier

Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Teken in /Teken uit / Kontak

Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.

Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart!