Onbeskaamd Afrikaans!

 
 

Nommer 117

Besoek my Webwerf

30 September 2007

 
 

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!

Ons is sopas terug van 'n lekker naweek in Kruger waar ek 'n "Wildlife Photographic Workshop" gerel deur go! tydskrif bygewoon het. Baie aangename groep mense, vreeslik baie geleer en myself gate uit geniet. Maak gerus 'n plan om so 'n werkswinkel by te woon as dit weer aangebied word, dis oor en oor die moeite werd!

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.Tuisgebakte brood so warm uit die oond is darem maar BAIE lekker, ek het so 'n paar broodrespte wat julle kan gaan probeer, gaak kyk gerus verder na onder....

Nog geen Lotto nie? Probeer gerus die UK Lotto! Om 'n kaartjie te kry is maklik en veilig, ek is al meer as 'n jaar doenig met hulle en het nog nooit probleme opgetel nie. Hulle boerpot is nooit minder as 3 miljoen pond nie en die klein bedraggies wat ek al gewen het, het hulle in Rand in harde kontant (of tjek in pond) aan my uitbetaal. Klik hier om jou kaartjie te kry en droom GROOT.

Weereens het ek lekkerlees Afrikaanse artikels deur onder andere Minette Brink, Estelle de Bruyn en Annelie Botes. Ek is seker julle sal dit geniet!  Ook is daar 'n insiggewende artikel deur Dr. S T Potgieter.

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Peterjasie s

Ons het verlede naweek gaan kampeer en weereens het die ablusieblokke veel te wense oorgelaat. Wanneer gaan bestuurders van kampeerterreine/woonwaparke leer dat skoon ablusieblokke van uiterste balang is. Sommige kampeerterreine het voltyds iemand aan diens om die plek skoon te hou. Dis oor en oor die moeite werd! By die plek waar ons was, was bestuur en skoonmaakpersoneel nie voor 8 in die oggend te siene nie, teen daardie tyd het meeste van die kampeerders al die ablusieblokke besoek wat nog nie sedert die vorige middag skoongamaak was nie. Dan was daar ook nie drukking by die storte nie, mens kan tog nie drupsgewys stort nie? Ons was 'n groep van om en by 40 gesinne wat nie een weer sal teruggaan nie.

Dan nog iets, as mens deesdae met vakansie gaan, is daar gewoonlik 'n Ultra City of soortgelyke plek waar mens kan stilhou en 'n skoon toilet gebruik. Maar ry bietjie met die agterpaaie en hou in die klein dorpies stil en kyk die verskil. Ek stel voor dat die brandstofmaatskappye in die kontrak met die vulstasie eienaar 'n klousule inbou dat daar skoon toiletgeriewe aangebring moet word (wat skoon gehou moet word). As ek weet dat in bv. Sannieshof by die Shell vulstasie skoon geriewe is, gaan ek mos elke keer daar volmaak?

Lekker in Suid Afrika

Wat is tipies en wat is uniek en wat is lekker van Suid-Afrika?
Kom ons maak 'n ABC van ons land! Ek en 'n groep vriende het  begin en julle kan gerus byvoeg dan kyk ons aan die einde hoe lank die lys is van wonderlike dinge en mense en gebeure wat eie is aan ons wonderlike land, Suid-Afrika. Daar word deesdae te veel gefokus op die minder goeie en minder mooie terwyl daar soveel positiewe dinge is.
Laat waai! Stuur julle bydrae hier.

A: Afrikaans, Agapante, All Gold Tamatiesous, Aardklop, Afval, Adoons-hulle, Agterosse, Anton Goosen, Afrikanerbees, Africana, Afrikaanse koerante, Antjie Somers, Albasters

B: Boerewors, Biltong, Black Label Bier, Bloubergstrand, Boeremusiek, Braaivleis, Bobotie, ,Bosloeries, Blouwillem, Bloubulle, Blouapies, Bok van Blerk, Boerekos, Bosveld, Boeresport, Boesmans, Boesmantekeninge, Bobbejaan, Biggy Best, Boererate, Bakkies, Blouwildebees, Bitteraalwyn

C: Ceres vrugtesappe, Chris Barnard, Castle bier, Comrades marathon, CNA, Cheetahs

D: Dozi, Donderstorms, DNA Strings, De la Rey!, Dowwe Dolla, Driepootpotte, Durban, Donkiekarre

E: Eikestad, Eishh, Evita Bezuidenhout, Egoli,

F: Fynbos, Frikkadelle

G: Grafsteensangers, Gasvryheid, Geloftedag, Gary Player, Golden Gate, Gariepdam, Goud, Groot vyf, Gemmerbier, Gewelhuis

H: Haas Das, Huisgenoot, Husse met lang ore, Hartebeespoortdam

I: Ingrid Jonker, Inniebos, Indaba, Impalas

J: Jukskei, Jakarandastad, Johnny Clegg

K: Kreepy Krauly, KKNK, Kaapstad, Karoo as dit gereen het, Kultuur, Kennetjie, Konsertina, Klippies en Coke, Kiewiet, Kampvuur, Koeksisters, Kasterolie, Kweperlat, Klipwerf, Krygkor, Krummelpap, Kulula.com, Kiewiet,
Kruger Rande, Kerke, Kleilat gooi, Krieket, Kampeerplekke, Karavane, Kremetartboom, Koshuise, Kafees, Kasterolie, Kaapse Klopse

L: Leeus, Louis die Bosveldleeu, Landbou Weekblad, Liewe Heksie, Leon Schuster, Laurika Rauch, Leeuloop. Lepell, Laeveld, Luiperd, Lapa

M: Madam & Eve, Mrs. Ball's blatjang, Madiba, Melktert, Mampoer, Moskonfyt, Matjiesfontein, Minibus taxi's, Melkkos

N: Namakwaland se blomme, Nasionale parke, Noot vir Noot, Ngunibees, Noem-noems

O: Olifante, Oppikoppi, Ouma Grietjie, Orania, Oop velde, Ouvrou onder die kombers, Ouma beskuit, Oumeide met knopkieries

P: Pampoenkoekies, Pannekoek, Piet Botha, Proteas, Pofadder, Pierneefskildery, Potjiekos, Perlemoen, Pelindaba, Peppadews, Paternoster, Plaasbotter, Poetoepap, Paplepel, Pep Stores

Q: Quadbikes, Qualijuice, Queenstown

R: Rugby, Rooibostee, Richtersveld, Robbeneiland, Rooi Rose, Roosterkoek, Racheltjie de Beer, Riksjas, Riaan Cruywagen, Ricoffy

S: Springbokke, Spitbraai, Sonsondergange, Sneeu op die berge, Somer oggende na die winter, Sjokolade koek, Steve, Sonja Herholdt, Slaptjips, Sonneblomme, Slaphakskeentjies, Spanspek, Sewende laan, Snoek, Sangoma, Sokkiejol, Souskluitjies, Saartjie Baartman, Spur, SAUK, SAL, Sjoebroekies, Serenades, Sharks, Stormers, Samboksalf, Safaripak, Samoesa

T: Tafelberg, Tokkelossie, Tsitiskamma area, twintigtien, Tutu, Tuinroete, Tretchikoff, Tolla, Trompie, Tameletjie, Tollietjiebrei, Toi-toi, Toutrek, Telkom, Afrikaanse Taalmonument (Paarl)

U: Uilhuis, Ubuntu, Unieke humorsin, Unisa, Uniegebou

V: Volkspele, Volksiebus, Vetkoek, Voortrekker Monument, Voortrekkers, Visarend, Vlooimark, Vannermerwe grappe, Vyekonfyt (heel)

W: Wynplase en Wynproe, Waterblommetjies, Wildtuin, Weskus, Witkruisarende, Wildsplaas, Waenhuiskrans, Waatlemoenstukke, Wolraad Woltemade, Windpomp

X: Xhosas, Xhoisan

Y: Ystervark, Yskor

Z: Zoeloekuns
 

Resepteboek

Die resepte-eboek waarmee ek nou al 'n rukkie mee besig is vorder heel goed.

Die boek sal resepte bevat wat vernoem is na mense, plekke en gebeurtenisse, as jy 'n bydrae kan maak, laat weet en jy kry 'n gratis afskrif sodra die boek gereed is.

Hier is die resepte wat ek sover het:

Patriot Koek, Patriot Poeding, Afrikaner Bond Koek, Jan Smuts-koekies, Jan Ellis poeding, Generaal De la Rey's koek,  Paul Krugerkoek, Vrystaatse Melktert,  Hertzoggies, Generaal Smutskoekies, Victoria Sponskoek,  Stormjaers, Ounooienspoeding, Ou Jonkmanspoeding,  Soldaatpoeding, Afrika's Koekiis, Boere Soetkoekies,  President Steyn-koek,  Koningin's Poeding,  Voortrekker Poeding, Oorlog Poeding,  Boerewors, Biduurtert, Bredasdorp poeding.

Biltong en Boerewors - Wreldwyd!

Klik hier vir verdere besonderhede  (boereword net in Europa beskikbaar)

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin va Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou. Klik gerus hier en kyk na haar resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! As jy besluit om van haar boeke te bestel en jy noem dat jy daarvan hier te hore gekom het, sluit sy my Kampkosresepteboek gratis in!

Peterjasie skryf!

Nou en dan kry ek 'n bevlieging en dan probeer ek oot iets skryf. Ek kan nie sing nie, so ek probeer maar skryf! Ek hoop nie ek verloor teveel intekenare nie, laat maar weet wat julle dink!

Die Jagluiperd
Peter Thomas

Elke nou en dan haak Doreen uit. Ek weet nie of uithaak die regte terminologie is nie, maar as uithaak beteken dat sy iets buitengewoons aanvang, dan is uithaak die regte woord.
n Voorbeeld van so n uithaak was toe ons, ek en sy en haar suster en haar man, destyds Sun City toe was om David Essex te gaan sien.
Nou David Essex doen niks vir my nie, maar daar was Doreen en haar (ouer) suster reg voor die verhoog tussen die Teeny Boppers aant gil vir David Essex.
Ek en my swaer het maar afgesak in ons stoele gesit en gemaak of ons hulle nie ken nie.
Die uithaak waarvan ek nou wil vertel het in die Kruger Wildtuin plaasgevind. Lorraine het sopas haar bestuurslisensie gekry en sy het die eer gehad om in die wildtuin te bestuur. After all, mens kan tog nie veel skade teen maksimum 50km/h veroorsaak nie?
As daar een dier is wat Doreen totaal en al laat uithaak, dan is dit n jagluiperd. Ek bedoel totaal.
En dit gebeur toe so dat ons op n lang reguit stuk grondpad ry, hy maak so n lekker dippie en klim dan n hoogtetjie uit. Doer op die horison beweeg iets oor die pad.
Jagluiperd! skree Doreen en ons wip soos ons skrik vir die skielike lawaai hier by ons in die kar. Mens kruie mos so droom-droom aan in die Wildtuin en verwag nie so n luide kreet hier by jou nie.
RY! skree sy Lorraine toe en di sukkel om in n ander rat te kom sodat sy kan versnel.
Net toe sy haar Schumacher posisie agter die stuur inneem verskyn daar n trop tarentale voor ons in die pad en hulle beweeg so draf-draf vooruit, so n Sondagmiddagtarentaaldraffie.
Die jagluiperd doer voor in die pad het teen die tyd al in die gras verdwyn en Doreen freak uit.
As ek s RY dan RY jy! skree sy vir Lorraine.
Maar ek KAN nie, daar is tarentale voor my en die tarentale beweeg op n tarentaaldrafstappie reg voor ons in die pad.
Trap die blrrie goed kom dit weer van Doreen die ouderling af. Ons besef dat as sy sulke tal begin gebruik is dit ernstige sake! Lorraine gee stadig vet maar die tarentale versnel ook maar bly voor ons in die pad.
Dis die laaste keer wat jy hier bestuur Doreen is nou goed boos.
Ek kon amper nie meer die tarentale hier voor die kar sien nie so naby was ons aan hulle. Een tarentaal besluit toe dat hy genoeg oefening vir die dag gehad het en draai af van die pad in die gras in en die res volg hom.
Toe ons by die plek kom waar ons dink die jagluiperd oor die pad geloop het, is daar niks te sien nie. Hy is lankal weg in die lang gras.
Die res van die pad kamp toe was in stilte, een ding wat ek geleer het is dat jy nie probeer slimpraatjies met twee dikbek vroumense maak nie!

Minette

Minette het so baie artikels geskryf dat ek elke nou en dan een op my hardeskyf raakloop. Ek het dit daar gebre sodat dit nie moet wegraak as ek 'n rekanaar "crash" sou beleef nie, en toe vergeet waar ek dit so mooi gebre het, net om eendag (soos vandag) weer opgespoor te word! In alle gaval, hier is hy:

Lekker lees!

Feelgood

VIR die vroumense (en die twee oopkop mans in die land n terwyl my goeie bui nog hou):
In vandag se tye moet n mens die lewe vir jouself so aangenaam moontlik maak met die minimum geld. Dis nie so moeilik nie, glo net in die ou sding van dis die klein dingetjies wat die verskil maak.
Sodra jy soggens jou o oopbeur, moenie bly l en sug oor die opstaan nie. Spring uit die bed en sit dansmusiek so hard as wat die bure dit sal toelaat aan. Hop dansend in die gang af en kook water vir die koffie, tee, suurlemoen-en-heuningkonkoksie, net waarvoor jy lus is. Kielie die kinders wakker, dis al hoe jy hulle met n glimlag uit die bed gaan kry. Sing kliphard vir hulle oor watter heeeerlike dag vol verrassings dit gaan wees en gooi die vensters oop, al is dit minus 20 grade buite. Suig die lug tot by jou tone in totdat elke weefsel in jou lyf gloei van lekkerkry en krummel ou brood vir die duiwe in die tuin.
Kies bont uitrustings waaroor mense moontlik gaan lag en smeer die make-up so dramaties moontlik aan so tussen die dansery deur.
Bekyk die eindproduk met n goedkeurende oog en sien net die goeie raak. S dan drie keer vir die stunner (met die gesplete haarpunte en die duisend plooie) in die spiel: Jy is ba-joe-ti-foel, jy is die gelukkigste mens op aarde, jy is skatryk. (As die kinders vra met wie jy praat, s hulle moet dieselfde gaan doen, jy sal vanaand verduidelik.)
Net voor die kind om die skool se hoek verdwyn, skree kliphard EK IS LIEF VIR JOU en waai vir die suur mense wat jou kopskuddend betrag. By die werk, moontlik die plek waar jy die vinnigste n depro sal slaan, moet jy nooit die base te persoonlik opneem nie en altyd onthou hulle is ok-maar-net-mens.
Glip tussen een en twee uur by die boekwinkel in, en blaai deur al die nuutste publikasies oor dinge waarin net jy belangstel en dinge waaroor jy meer wil weet. Maak n lys van die boeke waarmee jy jouself Kersfees gaan bederf (al gaan jy dit nooit kan bekostig nie) en vertel met entoesiasme vir jou gerriteerde kollegas oor die verstommende insigte waartoe jy oor die etensuur gekom het.
Bombardeer jou vriende en selfs vae kennisse met al die mees belaglike, opbeurende en filosofiese e-posse met n boodskap wat s onder geen omstandighede moet iemand dit waag om dieselfde strooi vir jou te stuur nie. Hou die hele dag daarmee aan totdat iemand die telefoon optel om jou uit te dinges en op di manier ordentlik met jou kommunikeer deur te PRAAT.
Die aande, wat dikwels baie lank en donker voor n mens l, word vinnig opgehelder met DIE SKUIMBAD. Voeg n klomp kerse vir ekstra effek by en by tye kan die ou glasie wyn wondere verrig. Moet nou nie dink ek is stapelgek nie, maar probeer die volgende: hou die glas voor jou o en kyk hoe maak die kerslig sulke toorstrepe deur die wingerdvog. Magic!
En dan die heel, heel lekkerste deel van die dag. Die wegsak in die honderde kussings, toegespin in die duvet. So ver weg dat die kinders jou nie kan opspoor om te vra hoekom die mense in hierdie huis met hulleself in die spiel moet praat nie. En waar is die sogenaamde verrassingsmaar jy is lankal in droomland.

Africana en ander boeke

Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Laai gerus hulle nuutste katalogus af en kyk daardeur. Hulle het 'n besonderse versameling boeke. Ek het al self van hulle bestel en hulle diens is uimuntend. Regs klik hier om die katalogus af te laai

Blanke Ekonomiese Forum - Waar Blankes mekaar ondersteun

Die BEF het kennis gekry van verskeie studiebeurse en werksgeleenthede wat beskikbaar is, vir meer besonderhede, kontaknommers is hieronder.

Regs klik ook hier om die nuutste nuusbrief af te laai.

Sluit nou aan. Maak 'n verskil. Klik hier vir meer inligting

Kontakbesonderhede:
Mnr. Andre Groenewaldt 082 633 2920 & landlyn: 012 548 6118
Mnr. George Pienaar 082 338 3295
Faks: 012 548 7242

Boeremusiek baanbrekers

Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....

Nic Potgieter

Die omstrede Nic Potgieter. Omstrede in die sin dat hy snaakse nommers op plaat gesit het en snaakse opmerkings gemaak het, maar ten spyte van alles was hy 'n baie goeie konsertinaspeler met 'n baie fyn oor. Hy was ook 'n talentvolle akteur wat in 80 rolprente gespeel het! Daarbene-wens wou hy sy kennis oordra en het 'n boeremusiekskool begin wat op 'n stadium 2000 leerlinge gehad het! Baie van sy leerlinge presteer tans in die Boeremusiek-arena. Sy weduwee bied steeds Nic se konsertinalesse aan met die hulp van Kobus Fourie.



 

Bron: 15 Goue Jare:  1989-2004  Boeremusiekgilde  

Pasella

Oor minder as drie maande is dit Kerfees, hoekom bak jy nie NOU daardie Kerskoek nie, dan hoef jy nie op nommer 99 rond te spring nie, regs klik hier om 'n Kerskoekresepteboek af te laai. Stuur vir my ook 'n snytjie!

Geskenke?

Peterjasie se Groot Afrikaanse CD

Ek het my mees populre eBoeke op een CD saamgevat. Die Tradisionele SA Resepte, die Kampkosresepte, die Wille samies en die Boererate is almal daar. Die CD maak 'n ideale geskenk maar ook 'n besonderse aandenking.

Die CD verkoop vir R100, posgeld ingesluit, stuur vir my 'n epos vir betalingsbesonderhede

Estelle de Bruyn

Kom ons skop oudergewoonte af met Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibi. Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle.

Ek besef dat Kersfees nog drie maande vorentoe is, maar daar is niks mee verkeerd om die "Krismis-gevoel" nou al te kry nie.

KERSFEES

"HET jy al die Krismis-gevoel?" vra Gene nou die dag. Ek skud my kop. "Ek ook nie," s Gene.
Ek dink terug aan 'n leeftyd se Kersfese en hoe die tye verander het.
Kleintyd was dit maklik om di gevoel te kry. Ons het kalenders gehad waarvan jy van die begin van Desember af daagliks venstertjies oopgemaak het en so die dae afgetel het tot Kersdag. Die Krismis vrugtekoek was gebak en ge-brandewyn, die kalkoen het in die yskas gewag. Saans het my pa die flikkerende liggies van die kersboom aangeskakel en ek kon vir ure sit en my vergaap aan die kleurespel.
Die afwagting vir die geskenke wat ons eers Kersoggend oopgemaak het, was tasbaar. Kersvader het in die nag gekom as jy slaap en as jy Kersoggend jou o oopmaak was die hele voetenend van die bed toegepak met geskenke.
Na die lekkerte van die persente se oopmaak, is ons kerk toe. Ons het kersliedere gesing en die dominee het uit die evangelie van Lukas die verhaal van Jesus se geboorte en die wyse manne uit die ooste gelees.
Na kerk het ons blomme op my oupa se graf in die begrafplaas gaan sit en dan terug by die huis lekker dik snye vrugtekoek saam met ons tee geniet.
Middagete was 'n feesmaal van lekkernye met kersfeesklappers en simpel papierhoedjies wat almal verplig gevoel het om op te sit.
Toe my kinders klein was, het ek opnuut weer die wonder van Kersfees deur hulle o beleef. Die eerste keer wat hulle die flikkerliggies van die kersboom aanskou het, die eerste keer wat hulle die verrassing van 'n berg persente op 'n Kersoggend ontdek het, en my eie huiwerige pogings om in my ma se voetspore te volg en 'n kersete van my eie vir my gesin probeer voorberei het.
'n Leeftyd van Kersfese het gekom en gegaan.
Di Kersfees gaan op sy eie manier uniek wees, maar die deurlopende tema sal tog weer daar wees. Ek het my gesin by my. Ons sal Kersoggend ons geskenke, hoe klein en nederig ook al, maar met liefde en deernis vir mekaar uitgesoek, vir mekaar gee. Ons sal kerk toe gaan en ons sal aansit vir 'n Namibiese kersete. Krewe uit Luderitz as voorgereg, 'n Grootfontein skaapboud en heerlike Swakopmund aspersies is op my spyskaart.
By die vrugtekoek bak het ek nie vanjaar uitgekom nie, maar ons sal roomys en sjokoladesous eet vir nagereg.
Ons sal terugdink aan Kersfese van ouds, Kersfese wat ons in die sneeu baljaar het en Kersfese wat ons byna van die hitte vergaan het. Alleen Kersfese en Kersfese met 'n magdom familie en vriende wat hande gevat en ons Hemelse Vader bedank het vir die Grootste Geskenk wat die mensdom nog ooit ontvang het.
So, nee, ek het nie die Kersfeesgevoel nie. Eerder 'n diep dankbaarheid en 'n deernis vir die voorreg om weer eens 'n besondere eiesoortige Kersfees tegemoet te gaan, tuis, met my dennekersboompie, en my ma en my kinders by my.
Mag die vrede en vreugde van Kersfees vanjaar vir elke Namibir waar word. Mag die betekenis van Kersfees nooit verlore raak tussen die geskenkpapier en gestopte kalkoene nie. Mag die Lig van die wreld nooit gedemp word deur die kersfeesliggies nie.
Gesende Kersfees!
 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

Dial Direct Insurance

 
  Annelie Botes  
  Nog 'n lekkerlees storie deur Annelie.  
 


Eergister, toe dit oormre was

Ek kry baie skrywes van rigtinglose raadsoekers met skryf. Behalwe vir tydrowendheid, kry ek dit nie oor my hart om hulle met n paar rammelsinne dieper die duister in te stuur nie. Want n halwe waarheid is gelyk aan n volle leuen. Toe reken ek om n hoofstuk of 3 te offer vir almal wat offertyd vra.
Ek beskou myself nie as n skrywer nie. Eerder n storieverteller. As mens n storie met die mond vertel, hoor 5 of 15 mense. As mens dit skryf, kom dit by 1000de uit. En n storielose volk is n dooie volk, dis al hoekom ek my stories neerskryf. Ek gaan net praat soos dit in my kop opkom; geen eerstens en tweedens nie. En julle moenie alles glo wat ek s nie. Ondersoek self. Wat vir my waar is, is vir anderman myle daarvandaan.
So te s elke mens het die droom om sy storie te skryf. Niemand wil in die verskiet verdwyn en nrens bly n voetspoor agter nie. Alreeds as pikkie met n poniestert, het woorde my beheks. En summier gaan ek die eerste rel neerl: Moenie jou gedagtebane in n tematiese raampie vasmaak nie. Laat jou kop loop soos hy wil. Uiteindelik sal jy kom waar jy wil wees, en die skilderdoek sal pas by die voorgrond.
So, hier ontglip ek nou my raampie en vlieg jare ver. Omtrent 1960. My ma moes Kaap toe vir n galsteenoperasie in die Karl Bremer. Daardie jare was dit n groot ding en die Kaap het amper in Karo gel. Drie weke hospitaall was normaal. Ek en Marietjie was maar so 3 en 2, en ons moes by Tannie agterbly. Tannie was my pa se suster, en sy was nie Tannie-iemand nie; sy was net Tannie. Hulle het op die buurplaas geboer en haar huis was donker en vol spoke en drake. Snags het daar n afkop-bobbejaan om die huis geloop. As mens fyn luister, kon jy sy ketting oor die nabankklippe hoor sleep. Maar my pa het ges hy bring vir ons regte slaappoppe saam, as ons soet is.
Met die groetslag moes Tannie my losskeur van my ma en by die huis inhardloop, en toe die Chev ry, wegger en wegger, wou ek oom Renier se rotgif soek. Ewentwil. Elke oggend trek Tannie ons aan. Nie in speelklere nie; in stywe Sondagrokke wat Ma op haar Singer gemaak het, kompleet met bobby-socks en gespe-skoentjies. Bitter, bitter. Ergste was die bypassende broekies. Die een wat ek vurig gehaat het, was die rooi ferweel een, want die broeknaat het skeef gesit op my boudnaat. Bleddie ongemaklik. Van die gerem om die naat middel toe te skuif, het Tannie gedink ek krap in my agteroond, en gedreig met wurmmedisyne.
Net daar in die donker gang onder die bolglasportret van die stroewe ouma Basson, bedink ek n plan. Staan wydsbeen, buig my knietjies en druk n frikkadel in die broek. Toe gaan sit ek, sodat die affre oopgepars is. Tannie was kwaad, maar ek was ontslae van die pestilensie. Vir die res van die dag kon ek frustrasieloos onder die pruimboom by die watertenk sit. Die sand gelykvee en met n krismisroosstokkie vir my verweg-ma n sandbrief skryf. Dat sy nie moet doodgaan nie; dat sy n galsteen en Kaaplekkers moet saambring. Eergister, toe dit oormre was, het dit geren en my brief was weg. Al kon ek nog nie skoolskryf nie, het ek presies geweet wat elke krulletjie, strepie en kolletjie op die sandbrief s.
Miskien was dit my debuutpublikasie?
Miskien is dt hoe skryf werk ? Om 45 jaar later hier by Granny in England te sit met my skootrekenaar op n antieke tafel langs haar bed, en kwansuis n referaat te lewer oor skryfsake. Dan spontaan weggeruk te word na die lankvergange helmaand by Tannie toe die oor en oor skrywery van n sandbrief my behoud was. My groot behoud was dat ek geglo het die Here wys elke nuwe brief vir my ma in die Kaap-hospitaal. Daar was by my gn naelbreedte se twyfel nie dat sy elke woord en nuanse daarvan kon lees en ten volle verstaan.
Dalk is vandag se skryfles vir n aspirantskrywer niksseggend. Indien so, moet hy n pruimboom en n krismisroosstokkie soek en eenkant gaan; begin by die begin: Skryf n sandbrief en glo aan die Goeie Posmeester. Eergister, toe dit oormre was, sal jy die les begin verstaan.

Webwerf Soeklig

Met elke uitgawe fokus ek op 'n Afrikaanse webwerf.  

Spierwit.co.za

Afrikaanse Lied

Iemand wat in Melbourne woonagtig is stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere. Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons Blrkas van Afrikaanse Volksmusiek

DIE WA GAAN ZASTRON TOE

Woorde: Tradisioneel
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978

Die wa gaan Zastron toe,
die wa gaan Zastron toe,
die pad is nat en die modder die spat,
maar die wa gaan Zastron toe.
Die wa gaan Zastron toe,
die wa gaan Zastron toe,
die pad is nat en die modder die spat.
Die wa, die wa, die wa gaan Zastron toe.

S.A. Volkswysie, soos opgeteken deur H. Pieter van der Westhuizen by 
die huis van mev. M. Laurence (gebore Malan), Bellville 
Kos stories

Die Dag Daarna deur Frik Lombaard

Daar is seker baie min mense wat op moeder aarde loop wat nie een of ander tyd in hulle lewe een oggend wakker geword het en gevra het Watter trein het my getrap. Dit is wanneer jy wakker word met daardie onbeheerbare kloppende hoofpyn, wat erger word met elke geluid wat jy hoor. Wanneer jy so snaakse nasmaak in jou mond proe en jou maag wat omgekrap is, dan weet jy, jy het n meneer van n babbelas.  

Daar is natuurlik baie teorie oor wat die oorsaak van n babbelas is, maar die geharde manne wat weet s natuurlik vir my dat dit die Coke wat in die dop is wat die babbelas veroorsaak. Dit is ook heerlik om te kyk na mense wat te veel coke gedrink het om te sien wat hulle aanvang. Vandag wil ek nie oor die oorsake of die gevolge van veel drink praat nie, want ons almal besef wat die gevare daaraan verbonde is, maar vandag wil ek kyk wat veroorsaak die babbelas en hoe dit vermy kan word. 

Ek het al die uitdrukking gehoor Die drankie het teen my hakskene vasgeslaan en is nou reguit na my kop toe. Dit gebeur natuurlik wanneer jy iets drink op n le maag. Die alkohol word binne minute in jou bloedstroom opgeneem. Wanneer jy dus weet dat jy n drankie of twee gaan geniet, eet iets vetterigs soos bv. sardientjies, kaas of vleis. Wat dan gebeur is dat die alkohol eers die vet moet afbreek voordat dit in die bloedstroom kan inkom. Alles word dan ook nie gelyk in die bloedstroom opgeneem nie.  

Alkohol is mos geneig om jou redelik gereeld te laat gaan water afslaan. Dit veroorsaak een of ander onuitspreekbare reaksie in jou liggam. Die volgende oggend sit die brein uit om die gaping te vul wat die water wat uit die liggaam is agter gelaat het.  

Die liggaam het natuurlikke meganisme teen alkohol wat kan help om die inname van alkohol te beperk. Wanner mens 'n skoon brandewyn drink, kry jy daardie brandgevoel in jou keel. Wanner jy agslaan op die brandgevoel sal jy natuurlik ophou drink. Maar nou het ons mense maar ons eie idees. Om die probleem van die brandende keel te oorkom gooi ons coke of vrugtesap of enige ander koeldrank by die drankie. Wanneer ons dit doen dan omseil ons hierdie belangrike meganisme. 

Om te voorkom dat daardie babbelas jou die volgende oggend tref moet jy net die volgende in gedagte hou : Eet iets voordat jy begin drink. Drink een drankie per uur. Drink baie water tussen drankies. Probeer om jou drankies nie te meng nie. Hier kom koeldrank ook ter sprake. Gas koeldrank het 'n geneigheid dat wanneer dit saam met alkohol gedrink word, jou maag om te krap. Probeer eerder om dro wyne te drink. Hou by dieselfde tipe drankie. Bestel en drink rock shandys. Dit lyk eksoties maar die paar druppels alkohol wat daarin is kan jou geen skade aanrig nie. En die beste van alles is jy kan heerlik heelaand daarop kuier sonder dat iemand agterkom dat jy eintelik niks drink nie. 

Elke mens het maar sy eie geneesmiddel teen die babbelas maar tyd is die enigste geneesmiddel wat 'n babbelas laat verdwyn. Van die kure wat gedrink word is natuurlik n Bloody Mary. Party mense drink Lemon Twist en alle ander snaakse konkoksies. Een wat ek nie uitgetoets het nie maar wat blykbbar werk is Yogurt. Drink n glas yogurt die aand net voor jy gaan slaap en dit sal verhoed dat jy met die hoofpyn sal opstaan. Maar die beste geneesmiddel teen babbelas is bly weg van die drankies af of andersins hou matigheid voor o.

Boeremusiek ens.

Wat's nuut op Kalie se Boeremusiek webwerf?! Ons het nou 'n eie domein - dis nou vir die wat nie die blad onlangs besoek het nie. Gaan loer gerus by http://kalie.boeremusiek.net

Hierdie webblad is spesifiek daarop toegespits om die: Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Boeremusiek - Ons Kultuurerfenis

Ek hoor iemand nou die dag s dat as iemand nog nie n taal of musiek vorm aangeneem het nie, dan is hy nog nie n mens nie! Ons beskou Boeremusiek as deel van die Boerekultuur omdat dit spontaan onder die Afrikaner ontstaan het met sy eiesoortige styl en wysies hoofsaaklik gespeel op die konsertina, traporrel, mondfluitjie en die viool.. Presies wanneer boeremusiek die lig gesien het, is nie so maklik om vas te stel nie. Daar is egter genoeg bewys dat dit reeds op die Groot Trek gespeel is. Daar moet in gedagte gehou word dat die plat plaat (78 opm), eers in 1899 ontwerp is en dat die eerste opnames van Boeremusiek eers in 1928 op die Regal etiket opgeneem is! Daarvandaan is dit maklik om die spoor van Boeremusiek te volg.

So het ons gedokumenteerde Boeremusiek begin.

Dit was dan ook n uitgemaakte saak dat die onthaal by troues in die 18e en begin 19e eeu met Boeremusiek opgevrolik is en waar die mense sommer 'n week lank partytjie gehou het as gevolg van die lang afstande wat afgel moes word! My oupagrootjie se broer Rooi Albertus de Jager, was 'n konsertinaspeler wat op die meeste van hierdie troues in die Verre Noord Transvaal, (Limpopo), gespeel het.

Dit was in hierdie tyd wat die Soutpansberg- settees en -polka die lig gesien het. Sy broer Rooi Chris was weer deel van die Hooggekraal orkes. Oom Hannes Buitendach het hulle goed geken!

Dit is dan ons erfenis. Nou wat doen ons daarmee?! Is dit nie ons plig om dit te bewaar vir die wat na ons kom? Die feite s vir ons daar is al minder musikante wat Boeremusiek speel en die jong mense wat dit wel speel slaan baie maal oor na n ander musiek genre. So die taak is nie s maklik nie maar dit maak ons net meer vasberade.
 
Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl

Ek luister mos een Saterdagoggend na Amor Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.

DIE OUKRAALLIEDJIE en Paarlberg; Wes-Kaap GEBRUIK

Danie du Plessis van Durbanville het geskryf om te vertel hoe die Oukraalliedjie sy ontstaan gehad het. Dit is n storie wat op Paarlberg afspeel en Danie se vertelling het sommer my gedagtes ook teruggevoer na die tyd toe ek n student aan die eertydse Paarlse Onderwyserskollege was.
Uit daardie gesels, gaan kuier ek toe een oggend vir Danie, en daar wys hy my toe n ou koerantuitknipsel van die Paarl Post wat vermoedelik uit die jaar 1951 kom. Die stuk wat hy my toe wys, is geskryf deur Manas de Villiers en die titel daarvan is, Ou Oukraal: Beroemde uitkampplek op Paarlberg.
Manas vertel hierin van sy kinderjare, toe motorkarre nog maar skaars artikels was, en hoedat van die Paarliete toe met Kersfees- en Nuwejaarsvakansies op Paarlberg gaan uitkamp het. Soms was daar tot 60 tente op n plek met die naam van Oukraal bymekaar opgeslaan.
Hy vertel dat die tyd daar verwyl is met jukskei en krieket speel, skyfskiet en deur sommer net gesellig onder mekaar te verkeer. Saans het hulle om die kampvuur saamgetrek. Dit was die tyd vir voordragte, grappies vertel en saamsing. Oukrismisaande het hulle vuurwerke afgeskiet.
Ek haal eintlik Manas se storie op omdat hy die skrywer was van die baie bekende Oukraalliedjie wat gedurende die 1960s deur die sangers Sias Reyneke en Gert van Tonder, wat toe as Groep Twee bekend was, so gewild gemaak is. Manas vertel in sy artikel van 1951 dat hulle hierdie liedjie ook tydens hulle bergbyeenkomste gesing het. Hy gee dan die woorde van nog sewe ander eieskeppinge wat hulle ook daar by Oukraal gesing het.
Wat vir my baie interessant is, is dat Manas in daardie 1951 artikel soos volg vertel, So was daar byvoorbeeld die welbekende Oukraalliedjie, wat al dikwels oor die radio uitgesaai was. Nou wonder ek maar net wie dit toe oor die radio gesing het, want ek het altyd gedink dit was Groep Twee wat dit vir die eerste keer gewild gemaak het.
Ek is natuurlik goed bekend met Oukraal, en het reeds in 1973 die eerste maal daar gaan kuier toe ek n eerstejaarstudent aan die eertydse Paarlse Onderwyskollege was. Hierdie kollege het in 1989 gesluit en bestaan nou nie meer nie.
Ons het daardie tyd self vir naweke daar bo gaan kamp en die hele berg vol geloop. Daar was natuurlik toe reeds rypaaie, maar ons het nie motors gehad nie.
Die Oukraal waarvan ons hier praat, l omtrent reg in lyn met Pleinstraat, bo-op die berg. Aan die Taalmonument se kant van die berg is daar weer Krismiskamp. Dis waar die Paarlse Perold en Grundlingh families so rondom 1908 gewoonlik gaan uitkamp het.
In lyn met die Toringkerk, reg die berg uit, l Meulwater, waar die natuurtuin vandag is. Dit is weer waar die Duitse pastoor en sy familie gedurende daardie vroe jare saam met die Du Preez familie en ander gekamp het.
Ons moet hier in ag neem dat die Jan Phillips Bergpad, wat jou vandag die berg uit neem, eers in 1928 gemaak is. Die ouens wat daar bo gaan kamp het, moes dus alles die berg uit dra. Daardie dae se kampeertoerusting was nie so lig en kompak soos vandag sn nie.
Besoekers wat vandag by Oukraal uitkom, sal n reusagtige wapen van die Oukraal Klub op n granietrots daar uitgekap kry. Dit is in 1950 deur Hentas du Plessis gedoen. By Krismiskamp is weer n groot klok op so n granietrots geverf. Dit is in 1908 deur mev Helen Perold gedoen. Hier is grafiti nou deel van die kultuur, al sou sommige dit as besoedeling van die omgewing wil beskou.
Feitlik die hele Paarlberg is vandag deel van n natuurreservaat. Daar is n hele netwerk paaie op die berg waar jy met n gewone voertuig kan ry. Krismiskamp is wel per motor bereikbaar, maar jy moet n entjie stap om by Oukraal te kom. Dan is daar ook nog die berggrootte granietrotse, by name Paarlrots, Bretagnerots en Gordonrots waarna jy kan gaan kyk.
Die Paarlse inligtingsmense behoort jou by tel 021 872-3829 nog meer inligting oor die berg en wat daar alles te sien is, te kan gee. Ry daar uit, en gaan sing dan die Oukraalliedjie daar bo.

Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos : info@explore-sa.com

Nog Siembamba

Ek het 'n tydjie gelede ondersoek ingestel oor die oorsprong en betekenis van die woorde van doe Volksliedjie "Siembamba"

Johan skryf: Ek kry nou die dag 'n skrywe van Johan Terblans van Lichtenburg. Hy fokus meer op die konsentrasiekampe, lees gerus. Dankie hiervoor, Johan, dalk moet ek meer oplees oor die konsentrasiekampe, ons weet veels te min daaroor!

Die Slang verklaring is baie algemeen, seker omdat dit op die oog af die meeste sin maak, maar tog is daar iets meer aan die liedjie. Die vraag moet seker nie wees wat die oospronklike doel van die liedjie was nie, maar wat se betekenis dit later gekry het.

Ek tob baie oor die Vroue en kinders in die Konsentrasie kampe. Dit is 'n roof op my hart om aan hulle smarte te dink. Die atmosfeer in die kampe moes een van bittere smarte gewees het met die dood meer as self allerdaags.

24 000 Kinders + 3000 Vrouens TOTAAL 27 000. Die totale Boere bevolking Vrystaat en Transvaal was ongeveer 270 000 in daardie tyd.

Sonder om geskiedkundig heeltemal korrek te wees so 'n vinnige som:

Tydperk van Anglo-Boere Oorlog 1899-1902

Die Konsentrasie kampe was nie oor die hele tydperk nie. Dit is later begin om weerstand te breek en die Boervolk uit te wis!
Argumentsonthalwe van begin 1900.

Tydperk van kampe : 870 dae
Kinders Dood: 27 000
Sterftes (moorde) per dag: 31 per dag!!!!

Tydperk in Kampe : 870 dae
Vrouens dood: 3000
Sterftes (moorde) per dag : 3.4 per dag!!!!

Mens moet in ag neem dat ligaamlik dit 'n ruk gaan neem voordat siektes en wanvoeding sy to begin eis. Hiervoor het ek geen syfers nie. Dalk 'n maand of twee self drie!
So, as die tydpek verkort word word die moorde per dag meer. Neem ook in ag dat na Emily Hobhouse se humanitere werk die sterftes verminder het.

Ek reken dat op die piek (Koue winter voor enige verbetering in kampe) van die Volksmoord daar dalk tot 70 sterftes of self meer kon voorkom per dag. Daar was ongeveer 45 konsentrasie kampe waarvan party uiters sleg af was (tipies die areas waar boere weerstand die grootste was en die wat reen rivierbanke was) en wat ook groter bevolkings gehad het. In die kampe kon per kamp daar heewat meer kinder en vrouens per dag omgekom het, hele gesinne in 'n kort tydperk.

Die onstaan en oorsponlklike samesteller van die liedjie kon selfs dalk in die Konsentrasie Kamp gesterf het. Die liedjie kon dalk voor die oorlog bestaan het met 'n ander betekenis en is dalk toe geneem vir die situasie van Moord en doodslak in die kampe. C.Louis Leipoldt moes geweet het wat die betekenis was voor hy die Liedjie verwerk het. Ons sal seker nie beslis weet nie.

Siembamba (troetelnaam, iemand waarvoor die ma uiters lief is, saggies en teer, en klein) mama se kindjie (elke ma het dit gevoel, ander selfs al hulle kinders aan die dood afgestaan) draai sy nek om (sou dalk genadiger gewees het as die Engelse maar eerder die kinders se nekke omgedraai het as om hulle van honger en siektes te laat sterf) gooi hom in die sloot (massa graffies vir die hande vol kinder ligaampies wat begrawe moes word en wat die vrouens self moes grou. Die Engelse het die Kinders en Babas nie as mense geag nie maar iets wat weggegooi UITGEWERP en vernietig moes word!) trap op sy kop dan is hy dood (Daar was geen genade en geen hoop vir die kinders gewees nie. Hulle sou vir dae en weke al reeds geweet het dat 'n kind sou sterf.

Die liedjie in vandag se opset klink wreed en ondenkbaar, maar gesien in die agtergrond was dit 'n produk van die omstandighede. Die oorsprong was nie belangrik geag nie omdat die omstandighede so uiters was! Stel jou voor hoeveel maand, 3 maande, half jaar en jong kinders in hulle moeders se arms gesterf het.

Vegelyk met Sarie Marais wat deur 'n Boere Krysgevangene geskryf is. Die fokus was op die Vrou en Plaas. Siembamba se fokus beslis op KIND, DOOD, GRAF!!!

Dit getuig vir my dat die oorsprong van die Konsentrasie kamp / kampe af moes gewees het of daar 'n nuwe betekenis gekry het.

Groete
Johan Terblans
Lichtenburg

Glimlag!
 
 
Olifant en Kameel
Olifant: "Kameel, hoekom is jou borste op jou rug?"
Kameel: "Dit is `n goeie vraag vir iemand wie se tottie tussen sy o sit!!"

Hoe om vrouens te kies
Die manne het opgehou om ABSA bank meisies uit te neem: Today, Tomorrow, together.
Hulle neem nou Standard Bank meisies uit: Simpler, Better, Faster.

Definisie van 'n tiener
Wat is die definisie van 'n tiener? Iemand wat alles weet, behalwe hoe om eksamen te skryf.

Parasiet
Juffrou in die biologieklas: "Wie kan vir my s wat is 'n parasiet?"
Jannie antwoord: "Juffrou dit is 'n meisiesfiets se saal.."

Dronkbestuur
Koos word gearresteer vir dronkbestuur deur 'n vroulike polisiebeampte.Sy noem dit vir hom dat enige iets wat hy s teen hom gehou mag word.
Koos skree: "Tiete!"

Nou Minirokkie
Blondie staan en wag by 'n baie besige busstop.
Toe die bus uiteindelik opdaag, besef sy dat sy nie met haar baie nou minirokkie op die eerste trappie van die bus kan kom nie.
Sy glimlag verle terwyl sy die rits van haar mini so bietjie aftrek agter haar rug.
Sy probeer weer maar met dieselfde resultate.
Weereens laat skiet sy haar rits so bietjie en probeer weer op die bus kom.
Die volgende oomblik vat 'n groot boerseun haar om die middeltjie en tel haar moeiteloos tot op die boonste trappie.
Vererg draai Blondie om en skree onsteld: "Hoe durf jy aan my liggaam raak - ek weet nie eers wie jy is nie!"
Die boerseun glimlag en s: "Normaalweg sou ek met jou saamstem maar nadat jy my gulp tweekeer afgetrek het, het ek gedog ons is vriende!"

Blondine
Blondine sit vir 4 ure en kyk na haar huweliks sertifikaat.
Haar man vra wat sy doen en sy antwoord : "Ek soek na die vervaldatum!!"

Blonde epos
Die Brunet sien haar blonde buurvrou trippel elke vyf minute na haar posbus toe.
"Verwag jy 'n belangrike brief?" vra die Brunet.
"Nee," s die Blondine, "maar my rekenaar hou aan s ek het pos."

Ek kry die volgende sms:  ABSA is besig om bankrot te speel, toe ek wou gaan geld trek by hulle OTm kry ek die boodskap: Onvoldoende fondse!
 

Laat jou wildste drome waar word, kry 'n kaartjie in die UK Lottery, klik net hier  Die boerpot is gereeld om en by  11 miljoen, ( R140,000,000), sjoe, dis darem maar baie nulle!! Maar dis nog NIKS! Die Euromillions Lotto staan huidiglik op 181 miljoen Euro, dis om en by R1,719,500,000. Eishhhhhh. Vat 'n kans, wie weet???

     
  Die Danville Hulpgroep  
     
 

Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsab, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf.  

Van Elsab:

Met net drie  maande oor voor kersfees besef 'n mens hoe vinnig die tyd vlieg en hoe min tyd daar eweskielik is voor die einde van 2007!

Na die "dip" vroer in die jaar kan ons met groot dankbaarheid s dat dinge werklik drasties verander het! Baie dankie aan almal wat hulle harte vir ons projek oopgemaak het en help om die swaarkry en nood van die minderbevoorregte mense te verlig.

Tot op hierdie stadium was dit nog nie weer nodig om vir fondse te vra nie en kon ons, ons verpligtinge goed nakom. Nou het ons kruideniersware vir 2 weke oor en die bankrekening is bitter laag. Dus moet ek nou op groot skaal weer inspring en vra en werk vir fondse/kruideniersware/klere ens. Nie-bederfbare kosse is meer as welkom asb. Vars vleis is 'n absolute luukse en so skaars soos "hoendertande" asook vars groente. Fondse vir die aankoop daarvan is nou baie nodig asb.

Onthou ook asb dat ons enige huishoudelike items en klere wat nog in 'n goeie bruikbare kondisie is nodig het.

Ons probeer funksies hou om fondse in te samel sodat mens nie altyd hoef te vra nie! Ek vra werklik net wanneer dit nodig is, en wanneer dit goed gaan gee ek ook terugvoer oor oor al ons doen en lates. 'n Mens moet nie net vra nie daar is tye wat jy ook net dankie moet s!

Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Aflewerings adres:-

286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

PS Bel asb voor jy ry
.

Resepte

Rosyne brood.

480 g koekmeel
8 ml sout
50 ml suiker
10 g kitsgis
30 g botter
200 ml louwarm melk
1 eier, geklits
100 ml louwarm water
150 g rosyne
melk
suiker

Meng die meel, sout en suiker saam. Voeg die gis by.
Smelt die botter in die melk en laat effens afkoel. Voeg die melkmengsel by die dro bestanddele, saam met die eier en genoeg water om n sagte deeg te vorm.
Knie die deeg vir 10 minute tot glad en elasties. Plaas die deeg op n meelbestrooide oppervlak, bedek met gesmeerde plastiek en laat vir 15 minute rus.
Knie die deeg af en voeg die rosyne by. Knie goed sodat die rosyne versprei is. Verdeel die deeg in 2 dele en vorm n brood van elke deel.
Plaas in 2 broodpanne, bedek weer met gesmeerde plastiek en laat 25-30 minute rys.
Bestryk met melk, besprinkel met suiker en bak vir 20 minute in voorverhitte oond teen 200 C.

Volkoringpotbrood.

650 g volkoringmeel
10 g kits gis
10 ml suiker
10 ml sout
250 ml gerolde koring
100 ml water
350 ml warm melk
250 ml louwarm water
25 ml heuning
25 ml botter

Meng die dro bestanddele saam. Week die gerolde koring in 100 ml water. Meng die warm melk, water, heuning en botter en voeg by die dro bestanddele om n sagte deeg te vorm. Voeg die geweekte gerolde koring by. knie goed vir 10 minute tot glad en elasties. Bedek met plastiek en laat rus vir 15 minute.
Knie af, vorm n bol en plaas in n gesmeerde ysterpot.
Bedek met plasties en laat rys vir 45 minute.
Plaas die deksel wat ook gesmeer is, bo-op en bak in n voorverhitte oond by 200 C vir 60 minute.

Tuna kaasbroodjie.

1 ui, fyn gekap
15 ml botter
200 g tuna, gedreineer
500 ml fyn broodkrummels
1 eier
250 ml melk
250 ml gerasperde kaas
sout en vars gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 180 C.
Bespuit m oondpannetjie met kleefwerende middel. Soteer die ui in botter tot sag.
Verwyder van die hitte en voeg die vis by en meng deur. Voeg die res van die bestanddele by.
Meng liggies deur en skep in die bereide pan. Bedek met foelie en bak 1 uur lank. Verwyder die foelie en bak nog 10 minute lank.
Dien warm of koud op.

Lewer en perske-broodjie.

250 g ontbytspek
1 ui, gekap
20 g botter
250 g hoenderlewers
250 g gemaalde beesvleis
sout en peper na smaak
410 g perskeskywe, gedreineer
50 g vars broodkrummels
20 ml fyn gekapte pietersielie
1 eier, geklits
4 ontbeende hoenderborshelftes

Voorverhit die oond tot 180 C en smeer n broodpannetjie en voer dit uit met die spekvleis, hou die wat oorbly. Braai die ui in die botter tot sag en laat afkoel.
Meng die hoenderlewers en oorblywende spek met die ui en maal dit saam in n voedselverwerker. Voeg die maalvleis by en geur met die sout en peper.
Kap die perskeskywe in stukkies en voeg dit by die maalvleismengsel. Voeg ook die broodkrummels, pietersielie en eier by.
Meng alles saam met n groot vurk. Skep die helfte van die vleismengsel in die bereide pan. Sny die hoendervleis in stukkies en plaas dit bo-oor die vleismengsel.
Skep die oorblywende vleismengsel bo-op.
Bak die broodjie 1 uur lank of tot gaar. Laat afkoel en plaas liefs n rukkie in die vrieskas voor dit gesny word.

Semel piesangbrood.

90 g botter
160 g sagte bruinsuiker
5 ml suurlemoensap
1 eier
250 ml fyngemaakte piesangs
100 ml melk
190 g koekmeelblom
15 g spysverteringsemels
7 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2 ml sout
50 ml rosyntjies
50 ml gekapte neute

Verroom die botter en bruinsuiker. Voeg die suurlemoensap en eier by en meng goed.
Voeg die res van die bestanddele by en roer tot gemeng.
Skep die deeg in n mikrogolfvaste bak wat met kombuispapier uitgevoer is. Plaas die pan op n omgekeerde piering in die mikrogolf.
Mikrogolf dit 10 minute by 90% krag. Laat staan 10 minute.
Keer die brood uit en verwyder die papier. Laat heeltemal afkoel.

Bier-potbrood.

250 g swoerdlose spekvleis-repies
500 g bruismeel
2 ml sout
30 ml suiker
1 eier
340 ml bier
100 ml water
100 g gerasperde kaas

Voorverhit die oond tot 150 C. Smeer n plat gietysterpot met botter.
Voer die boom en kante uit met die spekvleis. Sif die bruismeel, sout en suiker saam in n mengbak.
Klits die eier en bier en voeg by die bruismeelmengsel.
Meng goed, voeg net genoeg water by om n sagte deeg te verkry.
Voeg die kaas by. Skep versigtig in die bereide pot en vou die spekvleis oor die deeg.
Plaas die deksel op en bak 60-70 minute lank. Verwyder die deksel die laaste 10 minute sodat die brood kan verbruin.

Groenvyebrood.

30 ml botter
80 ml groenvyekonfytstroop
300 ml koekmeelblom
1 eier, geklits
10 ml bakpoeier
1 ml sout
2 ml gemmer
125 ml gesnipperde groenvyekonfyt
80 ml gekapte neute

Voorverhit die oond tot 160 C. Meng die botter en konfytstroop.
Voeg 50 ml van die meel by en meng. Voeg die eier by die mengsel.
Sif die orige meel, bakpoeier, sout en gemmer saam en roer geleidelik by die mengsel.
Voeg die konfyt en neute by en skep mengsel uit in gesmeerde broodpannetjie.
Bak vir 40 minute of tot die brood gaar is.

Ou Boereraat

Brand salf: Neem een lepel kalkwater en een lepel lynoli, skud dit deurmakaar en sit op fyn lappiis op di brand plekke

Ou Resep

Skurwe Abrahams

650 g koekmeelblom
15 ml kremetart
12,5 ml sout
400 g suiker
250 g botter, by kamertemperatuur,
250 ml karringmelk
10 ml koeksoda
1 eier
Voorverhit oond tot 200C. Smeer 'n rolkoekpan van 45x30x2cm of bespuit dit met kleefwerende middel. Sif die koekmeeblom, kremetart en sout saam. Voeg die suiker by en meng. Vryf die botter met die vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is. Meng 25 ml van die karringmelk met die koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel. Klits die res van die karringmelk en die eier saam. Hou 25 ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel. Meng goed tot 'n deeg. Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke. Fatsoeneer elke stuk op 'n meelbestrooide deegplank om 'n wors van 28 cm en druk dit effens plat. Sny elke wors in 4 ewe lang stukke. Plaas die stukke effens uitmekaar in die pan. Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite. Bak hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelste oondrak. Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle oop en droog in 'n koel oond uit.

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

n Kwessie van Erkenning

n Hele tyd terug het ek n epos ontvang van die soort epos wat almal na almal forward. Die epos het vertel van n iemand wat gedroom het hy is in die hemel en n engel wys hom rond.

In een afdeling naamlik die Ontvangs Departement het baie engele hard gewerk om die talle versoeke wat as gebede instroom te hanteer gebedsversoeke van regoor die wreld. In n volgende afdeling was daar net so baie engele hard aan die werk, dit was die Versending Departement. Hier word der duisende gebedsversoeke verwerk en word die genadegawes en seninge verpak en versend aan almal wat daarvoor gevra het.

Aan die einde van n lang gang was daar nog afdeling. Hierdie was egter n klein kamer met een verveelde engel wat daar rondsit. Die man vra aan sy toergids engel wat gebeur dan hier dat hier niks aangaan nie. Die engel was half in n verleentheid. Dit is die Departement van Erkenning, antwoord hy, dis waarheen erkennings gestuur word van al die mense wat genadegawes en seninge ontvang het op hul gebede.

George Washington, die eerste president van die VSA, het by geleentheid ges: Ek is seker daar was nooit mense wie meer rede gehad het om die Hor Hand se ingryping in hul sake erkenning te gegee as juis die mense van die Verenigde State nie. Dit bedroef my, want ek glo dat hulle hierdie tussenkoms vergeet wat so dikwels gedurende ons revolusie gemanifesteer het, of dat hulle misluk om die alvermo van God te oorweeg wat alleen instaat is om hulle te beskerm. Ek wonder wat Washington vandag sou s oor die erkenning wat die Amerikaners aan God gee soos wanneer hulle die Bybel en gebed uit hul skole verban?

Nader aan ons eie huis, is die ingryping van God in ons geskiedenis onlosmaaklik deel van hierdie land. Maar wat maak ons van God en sy gebod in ons samelewing, volkslewe, skole, huise, persoonlike lewe, verhoudinge? Gee ons aan die Here erkenning vir groot en magtige dade wat Hy doen en vir alles wat Hy so mildelik voorsien?

Ek weet nie van jou nie, maar ek is so skuldig. Hoeveel erkenning gee ons aan die Here vir al ons genadegawes en die oorvloed van seninge. Ons gesondheid, ons werk, die feit dat ek vanoggend wakker geword het, nog kan asemhaal en leef, goeie vriende en familie het wat omgee. Ons aanvaar baie dinge so vanselfsprekend. Ons maak die yskas oop en daar is kos, ons draai die kraan oop en daar is water, ons stap by n winkel in en daar is n verskeidenheid van produkte, ons kry seer en daar is dokters en hospitale. Ons het soveel om voor dankbaar te wees en die Here te prys en te loof.

Hoeveel erkenning gee ons aan ons familie en vriende vir wat hulle vir ons beteken. Ons aanvaar mekaar so vanselfsprekend en daardeur verloor ons opregte waardering vir mekaar. Waardeer ons regtig die mense wat vir ons iets doen en beteken. S jy dankie vir daardie persoon wat uit liefde en opregtheid uit sy of haar pad gaan om vir jou tot hulp te wees.

n Mens wat nie erkenning gee nie, is iemand wat na binnegerig is. Sy lewe draai gewoonlik om sy eie belange. Simptomaties van hierdie ek-gee-geen-erkenning-nie sindroom is ondankbaarheid, ontevredenheid, klagtes oor klein dingetjies en inhaligheid.

Een oorsaak van om nie erkenning te gee nie, is wanneer jy te maklik te veel kry. Jy begin alles vanselfsprekend ervaar. Dis eers wanneer dinge van jou weggeneem word dat jy besef hoe belangrik dit is. Dis waarom mense wat dit nie so breed het nie, dikwels veel meer erkenning gee vir wat hulle ontvang as die wat in oorvloed lewe.

Dis dalk net nodig om weer rondom jou te kyk en te sien hoeveel seninge en voorregte jy het waarvoor jy dankbaar behoort te wees en waardering moet toon. Gee erkenning aan die Here vir al jou genadegawes. Reik uit na jou naaste, gee erkenning aan elkeen wat ietsie - al is dit ook hoe klein vir jou doen en beteken.

Niemand wat sukses bereik doen dit sonder erkenning van die hulp van ander nie. Die mens met selfvertroue en wysheid erken hierdie hulp met dankbaarheid. (Alfred North Whitehead)

Nie net maak jy n verskil in ander mense se lewens wanneer jy vir hul erkenning gee nie, maar jy verryk jou eie lewe en verdiep jou menswees.

n Sprankie gedagte vir die dag:

Wil jy graag dat jou meriete bekend word, erken dan ander mense se meriete. Spreekwoord -


Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za

Skakels

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!

Skooltake?? Klik hier

Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, di mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans - Klik hier

Teken in /Teken uit / Kontak

Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.

Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart!