|
|
Onbeskaamd Afrikaans! |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Wees gegroet! Welkom aan alle nuwe intekenare! Ons is sopas terug van 'n lekker naweek in Kruger waar ek 'n "Wildlife Photographic Workshop" gereël deur go! tydskrif bygewoon het. Baie aangename groep mense, vreeslik baie geleer en myself gate uit geniet. Maak gerus 'n plan om so 'n werkswinkel by te woon as dit weer aangebied word, dis oor en oor die moeite werd! Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.Tuisgebakte brood so warm uit die oond is darem maar BAIE lekker, ek het so 'n paar broodrespte wat julle kan gaan probeer, gaak kyk gerus verder na onder.... Nog geen Lotto nie? Probeer gerus die UK Lotto! Om 'n kaartjie te kry is maklik en veilig, ek is al meer as 'n jaar doenig met hulle en het nog nooit probleme opgetel nie. Hulle boerpot is nooit minder as 3 miljoen pond nie en die klein bedraggies wat ek al gewen het, het hulle in Rand in harde kontant (of tjek in pond) aan my uitbetaal. Klik hier om jou kaartjie te kry en droom GROOT. Weereens het ek lekkerlees Afrikaanse artikels deur onder andere Minette Brink, Estelle de Bruyn en Annelie Botes. Ek is seker julle sal dit geniet! Ook is daar 'n insiggewende artikel deur Dr. S T Potgieter. En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.
Ons het verlede naweek gaan kampeer en weereens het die ablusieblokke veel te wense oorgelaat. Wanneer gaan bestuurders van kampeerterreine/woonwaparke leer dat skoon ablusieblokke van uiterste balang is. Sommige kampeerterreine het voltyds iemand aan diens om die plek skoon te hou. Dis oor en oor die moeite werd! By die plek waar ons was, was bestuur en skoonmaakpersoneel nie voor 8 in die oggend te siene nie, teen daardie tyd het meeste van die kampeerders al die ablusieblokke besoek wat nog nie sedert die vorige middag skoongamaak was nie. Dan was daar ook nie drukking by die storte nie, mens kan tog nie drupsgewys stort nie? Ons was 'n groep van om en by 40 gesinne wat nie een weer sal teruggaan nie. Dan nog iets, as mens deesdae met vakansie gaan, is daar gewoonlik 'n Ultra City of soortgelyke plek waar mens kan stilhou en 'n skoon toilet gebruik. Maar ry bietjie met die agterpaaie en hou in die klein dorpies stil en kyk die verskil. Ek stel voor dat die brandstofmaatskappye in die kontrak met die vulstasie eienaar 'n klousule inbou dat daar skoon toiletgeriewe aangebring moet word (wat skoon gehou moet word). As ek weet dat in bv. Sannieshof by die Shell vulstasie skoon geriewe is, gaan ek mos elke keer daar volmaak?
Wat is tipies en wat is uniek en
wat is lekker van Suid-Afrika?
Die resepte-eboek waarmee ek nou al 'n rukkie mee besig is vorder heel goed. Die boek sal resepte bevat wat vernoem is na mense, plekke en gebeurtenisse, as jy 'n bydrae kan maak, laat weet en jy kry 'n gratis afskrif sodra die boek gereed is. Hier is die resepte wat ek sover het: Patriot Koek, Patriot Poeding, Afrikaner Bond Koek, Jan Smuts-koekies, Jan Ellis poeding, Generaal De la Rey's koek, Paul Krugerkoek, Vrystaatse Melktert, Hertzoggies, Generaal Smutskoekies, Victoria Sponskoek, Stormjaers, Ounooienspoeding, Ou Jonkmanspoeding, Soldaatpoeding, Afrika's Koekiis, Boere Soetkoekies, President Steyn-koek, Koningin's Poeding, Voortrekker Poeding, Oorlog Poeding, Boerewors, Biduurtert, Bredasdorp poeding.
Klik hier vir verdere besonderhede (boereword net in Europa beskikbaar)
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin va Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou. Klik gerus hier en kyk na haar resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! As jy besluit om van haar boeke te bestel en jy noem dat jy daarvan hier te hore gekom het, sluit sy my Kampkosresepteboek gratis in!
Nou en dan kry ek 'n bevlieging en dan probeer ek oot iets skryf. Ek kan nie sing nie, so ek probeer maar skryf! Ek hoop nie ek verloor teveel intekenare nie, laat maar weet wat julle dink!
Die Jagluiperd
Minette het so baie artikels geskryf dat ek elke nou en dan een op my hardeskyf raakloop. Ek het dit daar gebêre sodat dit nie moet wegraak as ek 'n rekanaar "crash" sou beleef nie, en toe vergeet waar ek dit so mooi gebêre het, net om eendag (soos vandag) weer opgespoor te word! In alle gaval, hier is hy: Lekker lees!
Feelgood
Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Laai gerus hulle nuutste katalogus af en kyk daardeur. Hulle het 'n besonderse versameling boeke. Ek het al self van hulle bestel en hulle diens is uimuntend. Regs klik hier om die katalogus af te laai
Die BEF het kennis gekry van verskeie studiebeurse en werksgeleenthede wat beskikbaar is, vir meer besonderhede, kontaknommers is hieronder. Regs klik ook hier om die nuutste nuusbrief af te laai. Sluit nou aan. Maak 'n verskil. Klik hier vir meer inligting
Kontakbesonderhede:
Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek tradisie nog so sterk staan.... Nic Potgieter
Bron: 15 Goue Jare: 1989-2004 Boeremusiekgilde
Oor minder as drie maande is dit Kerfees, hoekom bak jy nie NOU daardie Kerskoek nie, dan hoef jy nie op nommer 99 rond te spring nie, regs klik hier om 'n Kerskoekresepteboek af te laai. Stuur vir my ook 'n snytjie!
Peterjasie se Groot Afrikaanse CD Ek het my mees populêre eBoeke op een CD saamgevat. Die Tradisionele SA Resepte, die Kampkosresepte, die Wille samies en die Boererate is almal daar. Die CD maak 'n ideale geskenk maar ook 'n besonderse aandenking. Die CD verkoop vir R100, posgeld ingesluit, stuur vir my 'n epos vir betalingsbesonderhede
Kom ons skop oudergewoonte af met Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle. Ek besef dat Kersfees nog drie maande vorentoe is, maar daar is niks mee verkeerd om die "Krismis-gevoel" nou al te kry nie.
KERSFEES |
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Annelie Botes | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Nog 'n lekkerlees storie deur Annelie. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Met elke uitgawe fokus ek op 'n Afrikaanse webwerf.
Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
DIE WA GAAN ZASTRON TOE Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978 Die wa gaan Zastron toe, die wa gaan Zastron toe, die pad is nat en die modder die spat, maar die wa gaan Zastron toe. Die wa gaan Zastron toe, die wa gaan Zastron toe, die pad is nat en die modder die spat. Die wa, die wa, die wa gaan Zastron toe. S.A. Volkswysie, soos opgeteken deur H. Pieter van der Westhuizen by die huis van mev. M. Laurence (gebore Malan), Bellville
Die Dag Daarna – deur Frik Lombaard Daar is seker baie min mense wat op moeder aarde loop wat nie een of ander tyd in hulle lewe een oggend wakker geword het en gevra het “Watter trein het my getrap”. Dit is wanneer jy wakker word met daardie onbeheerbare kloppende hoofpyn, wat erger word met elke geluid wat jy hoor. Wanneer jy so snaakse nasmaak in jou mond proe en jou maag wat omgekrap is, dan weet jy, jy het n meneer van n babbelas. Daar is natuurlik baie teorieë oor wat die oorsaak van n babbelas is, maar die geharde manne wat weet sê natuurlik vir my dat dit die Coke wat in die dop is wat die babbelas veroorsaak. Dit is ook heerlik om te kyk na mense wat te veel “coke” gedrink het om te sien wat hulle aanvang. Vandag wil ek nie oor die oorsake of die gevolge van veel drink praat nie, want ons almal besef wat die gevare daaraan verbonde is, maar vandag wil ek kyk wat veroorsaak die babbelas en hoe dit vermy kan word. Ek het al die uitdrukking gehoor “Die drankie het teen my hakskene vasgeslaan en is nou reguit na my kop toe.” Dit gebeur natuurlik wanneer jy iets drink op n leë maag. Die alkohol word binne minute in jou bloedstroom opgeneem. Wanneer jy dus weet dat jy n drankie of twee gaan geniet, eet iets vetterigs soos bv. sardientjies, kaas of vleis. Wat dan gebeur is dat die alkohol eers die vet moet afbreek voordat dit in die bloedstroom kan inkom. Alles word dan ook nie gelyk in die bloedstroom opgeneem nie. Alkohol is mos geneig om jou redelik gereeld te laat gaan water afslaan. Dit veroorsaak een of ander onuitspreekbare reaksie in jou liggam. Die volgende oggend sit die brein uit om die gaping te vul wat die water wat uit die liggaam is agter gelaat het. Die liggaam het natuurlikke meganisme teen alkohol wat kan help om die inname van alkohol te beperk. Wanner mens 'n skoon brandewyn drink, kry jy daardie brandgevoel in jou keel. Wanner jy agslaan op die brandgevoel sal jy natuurlik ophou drink. Maar nou het ons mense maar ons eie idees. Om die probleem van die brandende keel te oorkom gooi ons coke of vrugtesap of enige ander koeldrank by die drankie. Wanneer ons dit doen dan omseil ons hierdie belangrike meganisme. Om te voorkom dat daardie babbelas jou die volgende oggend tref moet jy net die volgende in gedagte hou : Eet iets voordat jy begin drink. Drink een drankie per uur. Drink baie water tussen drankies. Probeer om jou drankies nie te meng nie. Hier kom koeldrank ook ter sprake. Gas koeldrank het 'n geneigheid dat wanneer dit saam met alkohol gedrink word, jou maag om te krap. Probeer eerder om droë wyne te drink. Hou by dieselfde tipe drankie. Bestel en drink rock shandy’s. Dit lyk eksoties maar die paar druppels alkohol wat daarin is kan jou geen skade aanrig nie. En die beste van alles is jy kan heerlik heelaand daarop kuier sonder dat iemand agterkom dat jy eintelik niks drink nie. Elke mens het maar sy eie geneesmiddel teen die babbelas maar tyd is die enigste geneesmiddel wat 'n babbelas laat verdwyn. Van die kure wat gedrink word is natuurlik n Bloody Mary. Party mense drink Lemon Twist en alle ander snaakse konkoksies. Een wat ek nie uitgetoets het nie maar wat blykbbar werk is Yogurt. Drink n glas yogurt die aand net voor jy gaan slaap en dit sal verhoed dat jy met die hoofpyn sal opstaan. Maar die beste geneesmiddel teen babbelas is bly weg van die drankies af of andersins hou matigheid voor oë.
Wat's nuut op
Kalie se Boeremusiek webwerf?! Ons het nou 'n eie domein - dis nou vir
die wat nie die blad onlangs besoek het nie. Gaan loer gerus by
http://kalie.boeremusiek.net
Ek luister mos een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.
DIE OUKRAALLIEDJIE en Paarlberg; Wes-Kaap
GEBRUIK Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos : info@explore-sa.com
Ek het 'n tydjie gelede ondersoek ingestel oor die oorsprong en betekenis van die woorde van doe Volksliedjie "Siembamba" Johan skryf: Ek kry nou die dag 'n skrywe van Johan Terblans van Lichtenburg. Hy fokus meer op die konsentrasiekampe, lees gerus. Dankie hiervoor, Johan, dalk moet ek meer oplees oor die konsentrasiekampe, ons weet veels te min daaroor! Die Slang
verklaring is baie algemeen, seker omdat dit op die oog af die meeste sin
maak, maar tog is daar iets meer aan die liedjie. Die vraag moet seker nie
wees wat die oospronklike doel van die liedjie was nie, maar wat se
betekenis dit later gekry het.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Olifant en Kameel Olifant: "Kameel, hoekom is jou borste op jou rug?" Kameel: "Dit is `n goeie vraag vir iemand wie se tottie tussen sy oë sit!!" Hoe om vrouens te kies Die manne het opgehou om ABSA bank meisies uit te neem: Today, Tomorrow, together. Hulle neem nou Standard Bank meisies uit: Simpler, Better, Faster. Definisie van 'n tiener Wat is die definisie van 'n tiener? Iemand wat alles weet, behalwe hoe om eksamen te skryf. Parasiet Juffrou in die biologieklas: "Wie kan vir my sê wat is 'n parasiet?" Jannie antwoord: "Juffrou dit is 'n meisiesfiets se saal.." Dronkbestuur Koos word gearresteer vir dronkbestuur deur 'n vroulike polisiebeampte.Sy noem dit vir hom dat enige iets wat hy sê teen hom gehou mag word. Koos skree: "Tiete!" Nou Minirokkie Blondie staan en wag by 'n baie besige busstop. Toe die bus uiteindelik opdaag, besef sy dat sy nie met haar baie nou minirokkie op die eerste trappie van die bus kan kom nie. Sy glimlag verleë terwyl sy die rits van haar mini so bietjie aftrek agter haar rug. Sy probeer weer maar met dieselfde resultate. Weereens laat skiet sy haar rits so bietjie en probeer weer op die bus kom. Die volgende oomblik vat 'n groot boerseun haar om die middeltjie en tel haar moeiteloos tot op die boonste trappie. Vererg draai Blondie om en skree onsteld: "Hoe durf jy aan my liggaam raak - ek weet nie eers wie jy is nie!" Die boerseun glimlag en sê: "Normaalweg sou ek met jou saamstem maar nadat jy my gulp tweekeer afgetrek het, het ek gedog ons is vriende!" Blondine Blondine sit vir 4 ure en kyk na haar huweliks sertifikaat. Haar man vra wat sy doen en sy antwoord : "Ek soek na die vervaldatum!!" Blonde epos Die Brunet sien haar blonde buurvrou trippel elke vyf minute na haar posbus toe. "Verwag jy 'n belangrike brief?" vra die Brunet. "Nee," sê die Blondine, "maar my rekenaar hou aan sê ek het pos." Ek kry die
volgende sms: ABSA is besig om bankrot te speel, toe ek wou gaan geld
trek by hulle OTm kry ek die boodskap: Onvoldoende fondse! |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Laat jou wildste drome waar word, kry 'n kaartjie in die UK Lottery, klik net hier Die boerpot is gereeld om en by £11 miljoen, ( R140,000,000), sjoe, dis darem maar baie nulle!! Maar dis nog NIKS! Die Euromillions Lotto staan huidiglik op 181 miljoen Euro, dis om en by R1,719,500,000. Eishhhhhh. Vat 'n kans, wie weet??? |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die Danville Hulpgroep | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf. Van Elsabé:
Met net drie maande oor voor kersfees besef 'n mens hoe vinnig
die tyd vlieg en hoe min tyd daar eweskielik is voor die einde van 2007!
Bankbesonderhede:
Rosyne brood.
Brand salf: Neem een lepel kalkwater en een lepel lynoli, skud dit deurmakaar en sit op fyn lappiis op di brand plekke
Skurwe Abrahams
st se pitkos
Klik hier
om st
se webwerf te besoek Nog gevleuelde woorde van ST: ‘n Kwessie van Erkenning ‘n Hele tyd terug het ek ‘n epos ontvang – van die soort epos wat almal na almal “forward”. Die epos het vertel van ‘n iemand wat gedroom het hy is in die hemel en ‘n engel wys hom rond. In een afdeling naamlik die “Ontvangs Departement” het baie engele hard gewerk om die talle versoeke wat as gebede instroom te hanteer – gebedsversoeke van regoor die wêreld. In ‘n volgende afdeling was daar net so baie engele hard aan die werk, dit was die “Versending Departement”. Hier word der duisende gebedsversoeke verwerk en word die genadegawes en seëninge verpak en versend aan almal wat daarvoor gevra het. Aan die einde van ‘n lang gang was daar nog afdeling. Hierdie was egter ‘n klein kamer met een verveelde engel wat daar rondsit. Die man vra aan sy toergids engel wat gebeur dan hier dat hier niks aangaan nie. Die engel was half in ‘n verleentheid. “Dit is die Departement van Erkenning,” antwoord hy, “dis waarheen erkennings gestuur word van al die mense wat genadegawes en seëninge ontvang het op hul gebede.” George Washington, die eerste president van die VSA, het by geleentheid gesê: “Ek is seker daar was nooit mense wie meer rede gehad het om die Hoër Hand se ingryping in hul sake erkenning te gegee as juis die mense van die Verenigde State nie. Dit bedroef my, want ek glo dat hulle hierdie tussenkoms vergeet wat so dikwels gedurende ons revolusie gemanifesteer het, of dat hulle misluk om die alvermoë van God te oorweeg wat alleen instaat is om hulle te beskerm.” Ek wonder wat Washington vandag sou sê oor die erkenning wat die Amerikaners aan God gee soos wanneer hulle die Bybel en gebed uit hul skole verban? Nader aan ons eie huis, is die ingryping van God in ons geskiedenis onlosmaaklik deel van hierdie land. Maar wat maak ons van God en sy gebod in ons samelewing, volkslewe, skole, huise, persoonlike lewe, verhoudinge? Gee ons aan die Here erkenning vir groot en magtige dade wat Hy doen en vir alles wat Hy so mildelik voorsien? Ek weet nie van jou nie, maar ek is so skuldig. Hoeveel erkenning gee ons aan die Here vir al ons genadegawes en die oorvloed van seëninge. Ons gesondheid, ons werk, die feit dat ek vanoggend wakker geword het, nog kan asemhaal en leef, goeie vriende en familie het wat omgee. Ons aanvaar baie dinge so vanselfsprekend. Ons maak die yskas oop en daar is kos, ons draai die kraan oop en daar is water, ons stap by ‘n winkel in en daar is ‘n verskeidenheid van produkte, ons kry seer en daar is dokters en hospitale. Ons het soveel om voor dankbaar te wees en die Here te prys en te loof. Hoeveel erkenning gee ons aan ons familie en vriende vir wat hulle vir ons beteken. Ons aanvaar mekaar so vanselfsprekend en daardeur verloor ons opregte waardering vir mekaar. Waardeer ons regtig die mense wat vir ons iets doen en beteken. Sê jy dankie vir daardie persoon wat uit liefde en opregtheid uit sy of haar pad gaan om vir jou tot hulp te wees. ‘n Mens wat nie erkenning gee nie, is iemand wat na binnegerig is. Sy lewe draai gewoonlik om sy eie belange. Simptomaties van hierdie ek-gee-geen-erkenning-nie sindroom is ondankbaarheid, ontevredenheid, klagtes oor klein dingetjies en inhaligheid. Een oorsaak van om nie erkenning te gee nie, is wanneer jy te maklik te veel kry. Jy begin alles vanselfsprekend ervaar. Dis eers wanneer dinge van jou weggeneem word dat jy besef hoe belangrik dit is. Dis waarom mense wat dit nie so breed het nie, dikwels veel meer erkenning gee vir wat hulle ontvang as die wat in oorvloed lewe. Dis dalk net nodig om weer rondom jou te kyk en te sien hoeveel seëninge en voorregte jy het waarvoor jy dankbaar behoort te wees en waardering moet toon. Gee erkenning aan die Here vir al jou genadegawes. Reik uit na jou naaste, gee erkenning aan elkeen wat ietsie - al is dit ook hoe klein – vir jou doen en beteken. “Niemand wat sukses bereik doen dit sonder erkenning van die hulp van ander nie. Die mens met selfvertroue en wysheid erken hierdie hulp met dankbaarheid.” (Alfred North Whitehead) Nie net maak jy ‘n verskil in ander mense se lewens wanneer jy vir hul erkenning gee nie, maar jy verryk jou eie lewe en verdiep jou menswees. ‘n Sprankie gedagte vir die dag: “Wil jy graag dat jou meriete bekend word, erken dan ander mense se meriete.” – Spreekwoord - Dr ST Potgieter Tel: 021 949 5007 Sel: 083 227 3683 Epos: st@pitkos.co.za
Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier! Skooltake?? Klik hier Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier. Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans - Klik hier
Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe. Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is Kontak my hier. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|