Onbeskaamd Afrikaans!

 

 

Nommer 122

Besoek my Webwerf

15 Maart 2008

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! Hier is sommer baie leesstof, so sit terug en geniet jouself.
Enige kommentaar?

Teen die tyd wat die volgende nuusbrief uitkom is ons al terug van so 10 dae in die Kgalagadi, een van my gunsteling uitspanplekke. Ons gaan tent opslaan (hoop nie dis te warm nie) en ek hoop om weer 'n paar goeie fotos te neem. Meer daarvan volgende keer.

Ek gaan verder met die alfabet met die resepte, gaan kyk maar verder na onder.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Hierdie keer plaas ek bydraes van nuwe skrywers, ons het sulke wonderlike skrywers en Afrikaans is so 'n lekker taal om in te skryf. So, as jy al pen op papier (of vinger op sleutelbord ) gesit het en nie weet wat om daarmee te maak nie, stuur gerus aan, ek het altyd plek vir iets in Afrikaans. Die gewone bydraers staan oor vir 'n rukkie, wil meer mense 'n geleentheid gee.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Doen met 'n miljoen

Ons gaan gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek, uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en probeer dan die regte ding. Probeer gerus,  
 Klik hier
 en geniet.

Marthie Taylor

Ek is innie moeilikheid, iemand stuur my 'n epos met hierdie storie van haar ma wat ek met graagte plaas. Maar dom ekke gaan staan en delete die epos en gaan staan en delete toe mos my deleted eposse ook, nou weet ek nie meer wie jy is nie? Skryf vir my seblief?

Soveel van ons mens velat die land vir 'n nuwe lewe oorsee. In baie gevalle bly die ouers agter, in die geval die ouma wat wag en hoop om haar kinders weer te sien. Ek wonder hoeveel sulke mense is daar. Ek vind die storie besonders mooi - Peter

Die verstandige Maagde

Tien maagde het hulle lampe voorberei en uitgegaan om die bruidegom te ontmoet. Hulle het nie geweet wanneer hy gaan kom nie. Miskien netnou, miskien nog baie lank, maar hulle het gegaan om te wag.
Vyf verstandige maagde het olie saam geneem in kannetjies, net vir ingeval die bruidegom nog lank gaan wegbly. Vyf dwase maagde het bietjie vergeet van olie.
Na die nagwaak het net vyf maagde nog olie gehad. Die ander wou by hulle leen, maar die verstandige maagde het geweier. Gaan koop liewers vir julle self olie. Toe die heer uiteindelik kom, kon net die vyf wyse maagde die bruilofsaal binnegaan, die ander was nog nie terug van die winkel af nie.
Ek hou my lampie aan die brand, net vir ingeval my ver kinders weer eendag gaan terug kom. Ek weet nie of hulle ooit weer gaan kom nie en as hulle gaan kom, wanneer nie. Intussen brand my lampie laag en die vlammetjie flikker soms gevaarlik. Dwaas wat ek is om die olie te vergeet? Nee, nie ek nie, daarvoor sien ek te veel uit na die terugkoms en herontmoeting. Ek moet die lampie brandend hou tot die laaste dag toe.
Nou waarom dan die angs? My lampie is baie oud, een van die soort wat mens nie meer kan koop nie. Die houertjie waaruit die pit opdraai is nog van regte koper en die skroefie se rand glad afgeslyt van jare se gebruik. Tot onlangs toe het ek dit nog gereeld opgepoets en die lampglas met warm seepwater gewas. Nou is dit aangeslaan en stowwerig. Die pit is opgedraai tot op sy verste punt. die koperhouer loop oor van olie, maar die pit het te kort geword………
Ek staan voor die lampie, ek weet dat vandag die dag van waarheid is. Ek moet die vlammetjie uitdoof en ‘n pit gaan koop. Een wat sal pas. Sal ek genoeg tyd oorhê om dit te gaan vervang voordat my kinders terug kom?
Oorhaastig doen ek alles vanoggend, angs laat my keel toeknyp.
Ek hou die lampie brandend tot die laaste minuut, dan skroef ek die houertjie met die verkoolde stukkie pit uit en drafstap winkel toe. Oppad, oor besige strate en winkels verby, onthou ek skielik Johanntjie se woorde. Ouma hoekom moet net ek skool toe gaan en jy bly by die huis? Hoekom is net jy lucky? Miskien is ek gelukkig vandag, net miskien kry ek nog ‘n pit vir die lampie.
By die groot afdelingswinkel, drafstap ek rak op en af langs die lampe verby. Kartonhouertjies met hope en hope pitte en goeters staan oral uitgestal. Ek gaan staan langs die deurwag. Asseblief sê ek, ek kom net by jou staan, want sien ek het my bril nodig en netnoutjies dink julle ek gooi iets in my sak as ek daarin begin vroetel.
Hy lag verleë, ja Tannie, ons vertrou niemand meer nie nê? Ek knik is so, maar ek probeer verstaan en dink dan aan ‘n plan om nie in die moeilikheid te beland nie. Nou haal ek maar altyd my bril voor die winkel deur uit, of as ek vergeet het soos vandag, van pure haastigheid, dan gaan ek maar na een van die winkelassistente toe.
Ek hou die koperhouerjie in my hand, maar daar is geen nommer op nie. Verskeidenheid was vroëëer nie ‘n noodsaaklik nie, en alle pitte heelwaarskynlik ewe lank, dik en breed. Dan los ek die gesnuffel en stap toonbank toe. Meneer, kan jy asseblief help. Ek soek ‘n nuwe pit vir my lampie. Die een sal nie meer lank kan brand nie.
Hy vat dit by my. Joe, my liewe Tannie, maar die ding is oud…waar kry jy dit nog? Nog al die jare myne se ek verskonend. Ek moet hom aan die brand hou tot my kinders weer terug kom.
Waar is hulle? Wil hy weet. In Australia se ek, ek weet nie of hulle gaan terug kom nie, maar ek moet uithou vir nog so ‘n rukkie…..vir solank ek kan, stamel ek agterna.
Weet jy ek het ook ‘n broer daar gehad…. Hy het terug gekom, laasjaar al.
Wat het gebeur? Vra ek, het hy sommer so vanself terug gekom. Ja glimlag die jong man, liefde is sterker as haat… jy sal sien.
Hy bekyk die pit noukeurig, dink nie ek sal kan help nie. Wil jy nie maar ‘n nuwe lampie koop nie? Hy sien die wanhoop in my oë. Ek kannie , sê ek, dis al so lank by my. Miskien sal dit nog ‘n rukkie hou, miskien as ek die vlammetjie laag hou….. Hy skud sy kop, hy sal nie weer brand nie, kyk sê hy, dit het nou verkrummel tot as.
Dan gooi hy die koperstukkie in die lug en vang dit baldadig weer met dieselfde hand. Ek het ‘n plan sê hy. … Wag net so bietjie, moenie loop nie, ek kom nou . Na so vyf minute kom hy terug. Hier Tannie, splinternuut. Die koper is blink gepoets en ‘n nuwe wit pit is ingeskuif en opgedraai, tot die hoogte wat ek dit self sou doen.
Waar kry jy dit? dit pas perfek. Ek het gaan soek tussen die rakke, daar is nog lampies met so ‘n pit, maar jy sal die glas mooi moet oppas, die sal jy nooit weer kan vervang nie.
Moet ek dalkies nog ‘n pit gaan haal? Daar is nog… Nee dankie sê ek, die lampie hoef nie meer so lank te brand nie. Dit sal hou tot die laaste dag toe.
Ek tel my handsak op die toonbank en haal my beursie uit, maar hy lui nie die bedrag nie. Los Tannie, sê hy met sy hand oor myne, so asof hy wil keer dat ek die geldjie uithaal, jy hoef nie te betaal nie, miskien was jy vandag net lucky.
NS
Ek pak my ver kinders se kaste reg. Stof weer die vergete leêrs af en bêre die breekgoed en klere wat hulle agter gelaat het. Baie daarvan sou ek weggooi as dit myne was, maar dis nie myne nie en ek vou dit weer mooi op en pak dit weer netjies weg. Die lêers is stowwerig en baie etikette pryk daarop. Projekte wat hulle gedoen het. Belastingvorms, ou motor registrasie papiere. Ek stof af en pak weer netjies op die rak.
Partykeer val daar los dokumente uit, dan skuif ek dit weer versigtig terug, Salaries strokies wat nie mooi gepons is nie en nou uitgly. Ek lees niks, bêre net weer mooi. Ja, ek was en is nog altyd nuuskierig, maar die dinge maak nie meer saak nie. Dis vir niemand meer belangrik nie, ook nie vir my nie.

Dan val daar weer ‘n los bladsy uit ‘n klein swart lêertjie As ek buk om dit op te tel lees ek die groot opskrif…. Sweet Surrender By John Denver.
Ek weet van die sanger, het ook ‘n baie ou bandjie wat ek nog soms speel. Ek ken ook die liedjie, maar lees dit vir die eerste keer met konsentrasie. Die koortjie bly my by, draai in my kop;

Live, live without care
Like a fish in the water
Like a bird in the air.

Is dit die oplossing vir vrede? Absolute vryheid? Die losmaak van alles wat eers kosbaar was. Jou so self wegsluit van hartseer, verlange , angs? Ek stoot dit terug in die omslag, stof klaar en bêre die laaste lêer op die rak.

Ek maak my werkies vir die dag klaar, vergeet van John Denver en sy liedjie. Vergeet van baie dinge wat nog gedoen moet word. Ontspan met ‘n glasie wyn in die hand. Witwyn….. rooiwyn, hoe duur en reg verouderd, staan my nie aan nie. Mense wat nie rooiwyn drink nie, het nie klas nie, het ek eenmaal gehoor. Ek het nie klas nie, dis nie vir my lekker nie, smaak soos olywe in botteljies, dis ook nie vir my lekker nie, ek eet dit nie.

Die telefoon lui ‘n paar weke later. My susterkind wat bel. Môre Tannie, hoe gaan dit? Ek glimlag, my seun in Australia sê die klomp daar praat altyd so dat enige sin wat hulle gebruik, altyd op ‘n hoë noot eindig… Dan klink elke sin na ‘n vraag. Sy sal goed daar inpas.
Ons gesels maar oor haar familie daar vêr . Dan vertel sy dat hulle beplande kuierjie in Australia binnekort, nou eintlik in permanente imigrasie verander het.
Ons sou liewer hier wou bly sê sy, my land is so mooi, maar ons het nou klaar besluit, dinge loop maar nie so lekker hier nie. Elke man nou vir homself, sluit sy af.
Ek gaan staan voor die tafeltjie waarop my lampie staan. Die vlammetjie brand hoog en helder. Dan lig ek die ragfyn glas af en blaas die vlam dood. Die een hoekie smeul rokerig, maar aan die ander kant brand hy nog. Ek trek weer my asem in, die keer met mening. Voordat ek weer kan blaas, sprei die vlam weer eweredig oor die hele pit.
Ek glimlag weemoedig, miskien moet ek maar los, ek is omgekrap vandag, more voel ek anders en dan is ek jammer. My buurman, onthou ek skielik, is 23 jaar ouer as ek, en hy hou nog goed. Miskien maak ek en die lampie dit nog ‘n paar jaar.
Ek draai om, gaan koffie maak, dit troos en versterk. Dan skielik klink Sweet Surrender helder in my kop op. Live, live without care, like a fish in the water Like a bird in the air!
Vryheid en vrede vir elkeen wat weggaan, ek kan nie weggaan nie, so baie mense vir wie ek lief is bly hier. Miskien sal hulle ook later gaan, hulle het klein kinderjies en is nog jonk. Ons nie, die jare het al amper uitgeloop vir my.
Dan draai ek vasberade om. Ek hou die koper olie houerjie styf in my hand vas en draai die pit heeltemal af. Ek hoor die vlam sissend doodgaan in die oorvloedige olie….’n Dun straaljie blou rook hang in die lug, verwaas en sprei tot heeltemal weg. So, dan is dit nou tot hiertoe en nie verder nie, dink ek.
‘n Swaar olie reuk hang in die lug… wil nie weggaan nie… bly daar, een dag twee dae. Dan gaan haal ek die buitekamer se sleutel van die hakkie af. Met die lamp in my hande stap ek die paar tree buitentoe. Ek maak die kosbare besitting staan om die stowwerig rakkie, stap uit sonder om weer om te kyk en sluit die deur agter my.

Hulp vir Maggie

Ek gee gewoonlik en vra maar min, maar hierdie is 'n geval na aan my hart. Maggie is 'n dierbare vriendin wat in Melbourne woon. Sy het van haar spaargeld gebruik om 'n Suid Afrikaanse man oor te vlieg Melbourne toe waar hulle 'n paar jaar gelede getroud is. Hy was so te sê op straat hier in SA. In alle geval, hy het nou groener wyvelde gaan soek by 'n vrou in Amerika en Maggie sit met 'n hoop skuld. Klik hier om na haar webwerf toe te gaan (Engels) en lees oor hierdiue merkwaardige vrou wat rystoel gebonde is maar nog vol veggees is. Klik hier as jy bereid is om 'n klein donasie te maak. Maggie sal jou per epos bedank en dan ook 'n eBoek oor kruie stuur. Klik hier om 'n donasie te maak, dis heeltemal veilig, ek het dit ook gedoen. Komaan, 'n paar Rand sal jou nie seermaak nie en dis om iemand spesiaal te help. Dis 'n Suid Afrikaner wat hierdie vrou amper haweloos gelaat het, kom ons help haar om weer op die been (al is sy aan 'n rystoel gekluister) te kom. Baie dankie!

Lize Kuhn se Briewe uit Singapoer

Nog iets nuuts, lees van Lize se wedervaringe in Singapoer. Julle kan haar kontak by lize.e.kuhn@gmail.com

Hallo julle,

Hierdie goeie nuus moet ek nou eers deel. Ons het vandag ons karretjie gekry en nou kan ons baie beter rondbeweeg, maar dít is nie die goeie nuus nie ! So gaan ons na 'n winkel vir so paar inkopies en ons loop die heerlikste pruime en druiwe reg uit die Kaap uit raak !!!. Nou voel "huis" skielik nie meer so vêr nie. Ons het ook al Appletizer en Grapetizer van Suid Afrika in restaurante gekry ! Heerlik. Net jammer dat 'n 'mango' se prys nog steeds $6 of R30 is.

Ons wou Saterdag na die lugskou toe gaan wat die klomp beloof het om iets uit 'n ander wêreld te wees. Ons koop ons kaartjies op die internet, nogal R100 per kaartjie wat gratis busvervoer vanaf die treinstasie insluit. Toe ons by die busstop kom, en ons loop teen hierdie swart see van die Chinese agterkoppies vas, kon ons net vir mekaar kyk. Woorde was onnodig want ons twee het geweet dat as ons onself in hierdie massas begeef kom ons beslis maalvleis anderkant uit. Ons weet so goed dat elke liewe saamtrek van die klomp 'n dobbelspel met 'n ou se lewe is, maar tog het ons gehoop dat ons wel die kans sou kry om eenkeer gelukkig te wees om 'n saamtrek te oorleef. Ons het ons skoolgeld betaal en sal van nou af liewer op TV kyk wat hier onder ons neuse aangaan.

Later die aand op die nuus het hulle berig dat die naaste wat 'n taxi die mense kon aflaai by die lugskou 3 kilometer was en selfs dit het twee ure geneem vanaf die naaste treinstasie wat andersins 'n vyf minute rit is . Die gratis busdiens het twee en 'n half uur geneem om jou by die hekke van die lugskou te besorg. Min van ons sou kans hiervoor gesien het.

Ek was met Kabous by 'n veearts omdat hy heeltemal gek word as hy alleen gelos word by die huis. Die veearts, 'n oulike Chinese meisie bepaal dat dit trauma is en sy behandel hom nou vir stres en trauma !!! Ek het julle mos gesê hierdie mense doen dinge anders, my arme hond is nou op "antidepressante" en homeopatiese medisyne om die "trauma" te verwerk. Stuur asb vir my die gewone kalmeerpille wat 'n mens by die veearts kry !!!

Andersins gaan dit goed met ons en ons probeer nog steeds om aan te pas. Dit lyk darem of hier nou 'n stilte neergedaal het na die gedoente met die Chinese New Year, amal werk weer en die kinders is al 6 uur in die oggende uit op die busse en kom soms na 7 in die aande by die huis. Kan die skoolure dalk in Suid Afrika voorgestel word ? Die strate sal darem vir jou erger lyk as die klomp Chinese by die lugskou soos hulle sal toi toi né.

Groete vir eers.
Liefde
Lize

Bene op die bus

Kyk of jy hierdie een kan oplos. As jy hier regs klik kan jy 'n Excel file aflaai. Die antwoord op die raaisel is die kode om die file oop te maak.

Hier is hy:

Daar is 'n bus met 7 meisies op.
Elke meisie het 7 sakke
Elke sak bevat 7 groot katte
Elke groot kat het 7 klein katjies
Elke kat het 4 bene
Hoeveel bene is daar op die bus?

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans.

Sias van De Venter

Die Asbak.

In Pretoria waar ek vakleerling was het ek vir Oosie ontmoet, sy regte naam was Gert Oosthuizen maar almal het hom Oosie genoem. Ons was saam by dieselfde plek vakleerlinge, het by dieselfde losieshuis gebly, en het baie groot vriende geword. Soos n moderne Dawid en Jonathan was ons twee vir die volgende klomp jare. Aan die einde van ons vakleerling skap het ons saam aansoek gedoen om na Klerksdorp uitgeplaas te word, wat ook so gebeur het.

In Klerksdorp het ons weer by dieselfde losies plek n buitekamer gedeel. Oosie het by sy Pa n paar rand geleen en n ou Volkswagen Beetle gekoop. Die Volla het baie beter dae geken, maar dit was ons eerste ryding en ons het al sy kwale maar verduur. In die hoofstraat het ons nou elke aand op en af gery, petrol geld was maar skaars maar die het ons betaal, die olie wat Volla gebruik het ons begroting egter lelik seergemaak, en met sy rokery ons beeld baie skade aangedoen. Iets moes gedoen word.

Op die vloer tussen ons twee beddens het ons die Volla se enjin uitmekaar gehaal, met geleende gereedskap en geen kennis, maar baie moed. Nuwe ringe is ingesit en die aanmekaarsit het begin, die kamer het vol onderdele gelê met net n paadjie na die beddens en tafel toe. Soos die aanmekaarsit gevorder het, het die onderdele al hoe minder geword. Eindelik was ons klaar, die kamer was weer leeg behalwe vir die enjin en een klein spaar onderdeel. Soos n kleinerige metaal piering het hy gelyk met twee gaatjies vir skroewe. Vir aande het ons die plek vir die doppie gesoek oral aan die enjin is hy probeer maak pas, maar pas wou hy nie. Tyd was daar nie meer, die Volla moes loop, die doppie het op die tafel gebly waar hy gou n asbak geword het, elke keer as ons n stompie dood gedruk het, het ons opniet gewonder waar sy plek dan nou was.

Na bietjie sukkel het ons enjin ingekry en aan die loop. Die Volla het splinter nuut geklink, ons was nie min trots nie. As jy in die sewentiger jare n jong man met n Volla was , het jy dadelik drie dinge gedoen aan die Volla . Die eerste was die agterwiele is omgedraai sodat die Volla nou wydsbeen loop, die ander was die "baffels" is uit die uitlaat pype gehaal sodat hy nou n diep stem het, amper soos n Ferrari. Die laaste was om op sy enjin kap n naam te verf, ons naam was Vrystaat Ferrari in groot rooi letters.

Aand na aand het ons nou in die hoofstraat op en af gery tot die tweede sessie by die inry begin het, dan het ons elkeen met n halwe brood en n pakkie slap tjips en n bottel coke in die veld oorkant die inry gaan sit en fliek sonder klank ge-kyk.

Een so aand terwyl ons van robot na robot in die hoofstraat ry het ek my lang bene bietjie reguit gemaak voor in die Volla, skielik het hy soos n pyl uit n boog op die rooi robot afgepeil , Oosie het n paar krag woorde laat los en alles gelyk probeer doen ,briek en koppelaar gelyk en ook die handrem die selfde tyd. Dit was die begin van die einde van my eentonige aande en die begin van Oosie se nagmerries. Nou het ek geweet waar die doppie se plek was, dit was om te verhoed dat die passasier die armpie wat van die petrol pedaal af reguit na die linkerkant kom en met n kabel na die enjin agter gaan, toevallig kon raak trap, ons het in ons onkunde dit afgehaal om die petrol kabel uit te trek wat nie nodig was nie.

Elke aand was nou vir my n nuwe prettige ondervinding, ek gaan net so paar van die bestes noem. By die robot het ons gestaan en wag, n ou tannie met kierie in die een hand en die oom aan die ander hand het baie stadig oor beweeg, ek het die Volla so ge-revv en weer ge-revv die tannie het die Volla een kyk gegee en los getrek met haar kierie op die neus van die Volla , die oom het omgestap na Oosie se kant wat al lankal die deur gesluit en die venster opgedraai het, die oom was baie kwaad as die mense agter nie ongeduldig geraak het nie was daar groot moeilikheid. Oosie was n senuwee wrak " sien jy nou ek het jou al lankal vertel die kar gaan nog maak dat die mense my op moer" Van hierdie insidente was daar baie, Oosie was nou al baie opsy senuwees en het almal wat wou luister van die Volla vertel wat n karakter(spook) van sy eie gehad het. Robotte het hy nou stadig bekruip om eers te sien wat gaan die Volla doen. As n groot motor met nog groter ouens in langs ons stop het ek ge-revv en ge-revv terwyl Oosie so onskuldig as moontlik probeer lyk of baie doenig met die radio raak.

Die beste was egter een aand toe ons toevallig agter die dorp se mees gevreesde spietkop op sy blink motorfiets by n rooi robot beland, hy was berug vir sy groot boetes en bombastiese houding, met sy bloed rooi hare en snor het hy geen nonsens van enige persoon gevat nie. Revv en weer revv ek die volla, die spietkop kon sy ore nie glo nie, hy het stadig omgekyk oor sy skouer en vir n lang ruk vir ons gekyk of hy nie seker was wat hy gehoor het nie. Toe hy weer vorentoe kyk toe revv en revv ek, net daar wys hy sonder om te kyk vir Oosie hy moet vorentoe aftrek. Met n benoude H.K.G.K het Oosie hom gevolg tot oor die robot. Terwyl ons agter hom stop het ek veroulaas die volla goed ge-revv. Met afgemete tree het hy op Oosie afgestap gekom. Die gesprek het so verloop " Mannetjie wat die hel dink jy doen jy"

Oosie "oom spietkop asseblief tog oom dit is nie ek nie, die kar maak van self so ! oom spietkop, regtig oom kan my maat ook vra, die kar revv hom self !" "jy moet nie vir my probeer k.k vertel nie, en jou maat sal net soos jy lieg, hoe kan die kar weet die robot is rooi, of as jy agter my stop, ek gaan jou nou n boek vol kaartjies skryf" Oosie "Oom spietkop groot asseblief ek lieg nie, ek gaan hom nou start en uitklim miskien doen hy dit, dan kan oom spietkop self sien". Oosie start die volla en klim uit, vir n paar sekondes het ek getwyfel maar toe ek sien hoe pateties arme Oosie lyk toe rev ek die volla maar so bietjie. Vir die tweede keer die aand kon die spietkop sy ore nie glo nie, met al wat n waarskuwing in die boek is het hy ons laat gaan. Toe ons weg ry kon ek sien hoe hy skud van die lag. Die volla is later verkoop maar Oosie het nooit uitgevind wat regtig fout was nie.


Nog iets oor Vollas. Baie jare na die episodes het ek vir my jongste seun wat student in Bloemfontein was ook n volla gekoop as transport, miskien was dit net nostalgie wat my dit laat doen het. Die volla was egter meer trane as sport en het hom gereeld in die pad gelos, waar ons hom dan moes gaan insleep. Eendag was dit weer so en duskant Barklywes moes ek hom gaan haal waar die volla hom weer gelos het. Toe ek die enjin kap wil oop maak sien ek n baie duidelike skoen spoor op die enjin kap. Iemand (ook nie n baie ver iemand ) het die volla n ordentlike skop onder sy gat gegee, net daar het ek besluit dat dit miskien tyd is dat hy n ander motor kry. Was dit nie vir die skop merk het hy dalk vandag nog met volla opgeskeep gesit.  

Kontak Sias by: siasvd@tiscali.co.za

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou. Klik gerus hier en kyk na haar resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! As jy besluit om van haar boeke te bestel en jy noem dat jy daarvan hier te hore gekom het, sluit sy my Kampkosresepteboek gratis in!

Groot nuus! Anna het sopas nog drie samestellings die lig laat sien!
(1) n Bordvol peuselhappies
(2) Japtrap etes-Sonder al die sjlep
(3)Souse, doopsouse, smere en botters.
Prys R50 elk.
Indien sy bewys van betaling ontvang, stuur sy n samestelling van 15 verskillende blatjang resepte.

Kontak sommer dadelik vir Anna en plaas jou bestelling:   anna@minimax.cc . of 0822946799

Africana en ander boeke

Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Laai gerus hulle nuutste katalogus af en kyk daardeur. Hulle het 'n besonderse versameling boeke. Ek het al self van hulle bestel en hulle diens is uimuntend. Regs klik hier om die katalogus af te laai. Daar is ook 'n groot versameling Africana te kry by www.abebooks.com . Tik net Africana in die soekblokkie

Boeremusiek baanbrekers

Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....

Kobus Fourie

Jan Odendaal het die regte benadering tot Boeremusiek: hy bevorder die musiek, nie die mens nie.Hy bied Boeremusiek-byeenkomste op eie stoom aanen hy en sy vrou reël dit eiehandig by hulle privaat woning! Dit is verblydend dat Jan onlangs by die Gilde aangesluit het! Ons het lede van sy kaliber nodig! 
 

Bron: 15 Goue Jare:  1989-2004  Boeremusiekgilde  

Pasella

Hier is iets wat altyd handig te pas sal kom, regs klik hier om 'n boek met Boererate en Verbruikerswenke af te laai.

Peterjasie se Groot Afrikaanse CD

Ek het my mees populêre eBoeke op een CD saamgevat. Die Tradisionele SA Resepte, die Kampkosresepte, die Wille samies en die Boererate is almal daar. Die CD maak 'n ideale geskenk maar ook 'n besonderse aandenking.

Die CD verkoop vir R100, posgeld ingesluit, stuur vir my 'n epos vir betalingsbesonderhede.

Dan het ek ook 'n resepte CD in Engels. Die CD bevat meer as 50 volledige resepteboeke en maak die ideale geskenk. Dink net, die ontvanger hoef nooit weer 'n respteboek te koop nie. Prys is R100 wat uitwerk op R2 per resepte eBoek, is dit nou 'n winskopie, of wat? Klik hier vir betalingsbesonderhede. 
 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

Dial Direct Insurance

 
Webwerf Soeklig

Met elke uitgawe fokus ek op 'n Afrikaanse webwerf.  Daars amper niks lekkerder as die reuk van varsgebakte brood nie:

Afrikaanse Lied

Iemand wat in Melbourne woonagtig is stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere. Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek

SAAM MET DIE WA (1938), Opgedra aan almal wie se hart in Suid-Afrika is

Woorde: J.C. EYSSEN
Musiek: STEPHEN H. EYSSEN; verwerk: D. HYMAN

Saam, na die Noorde, saam met die wa.
Malie my liefling, vra jou ma;
staan net 'n oomblik stil en laat jou gedagte gaan.
Malie, my liefling, kom kyk hoe loer die maan.

Jan, bring die braaivleis; Piet, bring die wors.
Malie my liefling, ek voel dors.
Bring maar die koffiekan en laat jou gedagte gaan.
Malie, my liefling, kom kyk hoe lag die maan.

Saam in die mode, saam met die wa.
Malie my liefling, vra jou pa;
kyk net van naby en sê my na wie ek aard.
Malie, my liefling, kom voel hoe groei my baard.
Hoogste piek in elke provinsie

KZN: Mafadi - 3451 m (Drakensberg)
Vrystaat: Namahadi - 3291 m (Maluti)
Ooskaap: KwaDuma - 3019 m (Transkei)
Mpumalanga: Die Berg - 2331 m (Steenkampsberg)
Weskaap: Seweweekspoort-piek - 2325 m (Klein Swartberg)
Noordkaap: Kriegersbaken - 2156 m (Sneeuberg)
Limpopo: Ysterkroon/Iron Crown - 2126 m (Eskarpment)
Gauteng: Toringkop - 1913 m (Suikerbosrand)
Noordwes: Nooitgedacht-Wes - 1805 m (Magaliesberg)

Kos stories - Frik Lombaard

Braaivleis

Die manier van vleis gaarmaak oor ‘n oop vuur is al so oud soos die berge. In die Bybel is daar al beskrywings aan die Israeliete gewees hoe om offers te bring. Vandaar kan mens maar sê is die vet in die vuur. Die Voortrekkers het ook die kuns bemeester om potjie te maak en om vleis te braai.

So is die kuns en die smaak van braaivleis aan ons oorgedra. Maak nie saak waar in die wêreld is daar Suid Afrikaners nie, ‘n mens sal orals die reuk van braaivleis kry. In Amerika moet mens nie te opgewonde raak wanneer jou buurman jou uitnooi na ‘n Barbeque toe nie. Want hulle braai net hamburger patties en Hot Dog worsies.

Die Amerikaners ken die kuns van braaivleis natuurlik aan hulle self toe. Volgens hulle is braaivleis gereeld geëet deur die Cowboys wat rondgetrek het met hulle beeste. Die lande waar braaivleis ook in hulle kulture ingegrawe is, is Argentinië en Australië.

Elke mens wat braai het sy eie geheime manier en slag. Mense verskil en party sal se jy moet jou vleis bv 1 minuut aan die een kant braai en dan ‘n minuut aan die ander kant om dit te seël. Ander braai net en draai die vleis om wanneer hulle dink dat dit reg is om te doen. Ek het al op baie maniere gebraai en ek weet nie of dit my verbeelding is nie, maar ek proe nie eindelik verskille nie.

Vir my lê die groot geheim by kwaliteit van die vleis wat jy braai. Indien jy goedkoop vleis braai kan jy verwag dat jy taai en onsmaaklike braaivleis gaan kry. Daar is ook mense wat beweer dat jy nie sout moet oorgooi terwyl jy braai nie anders gaan die braaivleis heeltemal taai wees. Ek kan hier ook nie ‘n verskil agterkom nie.

Maar vir die wat graag wil iets anders probeer of iets nuuts wil probeer hier is vir julle ‘n paar wenke.

• Maak ‘n mengsel van Olyf olie, speserye sout en peper aan en marineer jou vleis daarin vir sowat 4 ure. Terwyl jy braai hoef jy nie sout en peper oor te gooi nie.
• Wanneer jy ‘n soet marinade gebruik moet jy meer gereeld omdraai anders sal jou marinade brand.
• Om te keer dat jou vuur opvlam sny ‘n koeldrank blikke (ons drink mos net koeldrank as ons braai) se deksel af en maak so ¾ vol water. Plaas in die middel van die kole. Die water sal kook en die stoom sal die vlamme onder beheer hou.

Elkeen hou mos daarvan om so ‘n bietjie te spog wanneer hy braai. Hier is so twee “spog” wenke. Hierdie wenke werk baie lekker wanneer die manne genoeg koeldrank gedrink het en daar so een of twee klein weddenskappe gemaak kan word.

• Wanneer jy klaar gebraai het maak ‘n 2 L Coke bottel vol water en plaas in die middel van die kole. Pak sommer ‘n paar kole om die bottel en wag. Die water sal kook en jy sal kan koffie maak met die water. Die Coke bottel sal nie smelt nie.

• Niemand sal jou glo as jy sê dat jy ‘n eier kan kook sonder water op ‘n vuur nie. Terwyl jy braai kan jy ‘n eier of twee op die rooster gooi en dan gereeld omdraai. Wanneer dit eier gaar is sal die dop kraak. Dit gee die eier nogal ‘n redelike unieke smaak.

Braaivleis is lekker en uniek. Eksperimenteer met verskillende soorte en snitte vleise. Doen wat vir jou lekker is en waarmee jy gemaklik is.

Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl

Ek luister mos een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.

HERINNERINGE AAN ELLISRAS: Limpopo Provinsie
Magriet Veiga skryf:
“Ek het op Ellisras grootgeword, lank voor dit Lephalale geword het, en beswaarlik op 'n padkaart aangeteken was. Yskor se uitbreidings en die Matimba kragsentrale was nog nie eens op iemand se beplanningslys nie.
Die spoorlyn het op Vaalwater gestop, waarvandaan die nodige met spoorwegbusse verder noord-wes vervoer is. Die enkele passasiers kon ons "dorpie" twee keer per week met 'n passasiersbus vanaf Ellisras bereik. Dit was 'n grondpad, en stofjasse was 'n essensiële deel van jou reistoerusting.
Dis 'n lieflike bosveldwêreld met die Magolrivier [deesdae Mokolo] as die lewensaar. Voordat die dam in die rivier gebou is, het ons elke jaar met die reënseisoen oorstromings beleef. Orals langs die rivier is uitlope wat die vloed nog meer aanskoulik gemaak het. As kinders het ons stokkies ingesteek om te sien hoe die water styg of sak. Ek dink dit was in 1955 toe ons totaal van die buitewêreld afgesny was, en 'n vliegtuig vir ons sjokolade afgegooi het - 'n heerlikheid vir ons kinders !
My broer is nou al vir jare in New Zealand. Ellisras se hoërskool het saam met hulle klas gegroei; 'n hoër standerd per jaar. Dis was erg! Hulle was altyd die oudstes in die skool.
 
Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos :
info@explore-sa.com

Glimlag!
 
 


1. Hy het 'n oop bek soos 'n gaar vis.
2. Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op.
3. Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.
4. Ek is nou so opgewonde soos ìn budgie op steroids!
5. Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam.
6. 'n Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet.
7. Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.
8. Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig gehad het.
9. Ek is so de moer in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek.
10. As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag.
 

Afwesigheidsbriefies

* Verskoon asseblief Lisa se afwesigheid. Sy was baie siek en die dokter het gesê sy moet dit afslaap, en toe het ek haar laat uitsit.
* Geagte Skool, Dawie was afwesigheid gewees op Maart 29, 30, 32, 32 en ook 33.
* Joylene was nie by die skool nie, want hulle het haar verstaantande geslaag.
* Verskoon asseblief vir Pierre, dis sy pa se skuld.
* Santie was nie by die skool nie, want ek is 'n enkelouer en was in die bed met Giep.
* Maryann was awesig van die 11e tot die 16e. Sy het 'n keel, 'n maag en 'n kop. Haar sussie ook. Daar moet iets aan die gang wees, want hulle pa was ook gisteraand warm.
* My dogter was gister afwesig, want sy was moeg. Sy was op 'n KJV kamp en het 'n rowwe naweek gehad.
* Sally wil liewers vandag na 'n begrafnis toe gaan.
* Jennifer was gister nie by die skool nie, want ons het gedink Maandag is Sondag.
* Vir wie ook al hierdie moet lees - Janco sal nie more skool toekom nie, hy en sy pa is op jag.
* Jan-Jan het nie sy huiswerk gedoen nie, nou dwing hy my om 'n verskoning uit te dink. U is sy klashoof, dink u liewers een uit. Ek het vyf kinders en 'n man en is op gedink.

Van: http://skoongrappies.com
 

  Die Danville Hulpgroep  
 

Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf.   Lees asseblief die nuusbrief en kyk of jy kan help.

Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Aflewerings adres:-

286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

PS Bel asb voor jy ry
.

Resepte

Hier is resepte van 'n Word dokument wat iemand my lank gelede gestuur het, ek begin sommer heel voor en werk deur die alfabet:

Abrahampies

650g (5 x 250ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
15ml kremetart
12,5ml sout
400g (500ml) suiker
250g botter of margarien, by kamertemperatuur
250ml karringmelk
10ml koeksoda
1 eier
Voorverhit oond tot 200C (400F). Smeer 'n rolkoekpan van 45x30x2 cm, of bespuit met kleefweende middel.
Sif die koekmeelblom, kremetart en sout saam. Voeg die suiker by en mengm Vryf die botter of margarien met die vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is.

Meng 25ml van die karringmelk met die koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel.
Klits die res van die karringmelk en die eier saam. Hou 25ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel. Meng goed tot 'n deeg.
Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke. Fatsoeneer elke stuk op 'n meelbestrooide deegplank in 'n wors van 28cm en druk dit effens plat. Sny elke wors in 4 ewe lang stukke. Plaas die stukke effens uitmekaar in die pan.
Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite. Bake hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelste oondrak.
Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle oop en droog op die draadrakke in 'n koel oond uit.

Appeltert 1

Koekmengsel:
1 k koekmeelblom
Knippie sout
2 eiers
1 t bakpoeier
¼ k melk
¾ k suiker
1 klein blikkie tertapples (425 g)
Klits eiers goed. Voeg suiker by en klop.
Sif meelblom, bakpoeier en sout. Voeg by eiermengsel om die beurt met melk. Klop goed.
Gooi in gesmeerde tertbord.
Rangskik tertappels eweredig in die koekmengsel.
Bak vir 'n halfuur teen 180°C.
Stroop:
¾ k suiker
1 k room
1 t karamelessens
Kook bogenoemde saam vir 5 minute.
Gooi kokend oor gaar koekmengsel
.
Appeltert 2

Kors:
500ml ongesifte koekmeelblom
250ml suiker
10ml bakpoeier
2ml sout
250g margarine
Vulsel:
1 x blik onversoete tertappels, fyngekap (385 g)
125ml suiker
75g koekmengsel-droëvrugte (½ koppie) (125 ml)
2ml kaneel
1ml fyn naeltjies
knyppie sout
1 teelepel hoogvol vlapoeier aangemaak met 'n bietjie water
Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarine met die vingertoppe hierin totdat dit 'n deeg vorm. Bedek die deeg en laat dit 'n rukkie rus.
Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
Druk die helfte van die deeg teen die wand en op die boom van 'n oondvaste tertbord.
Meng die tertappels, suiker, droëvrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam.
Skep dit in 'n kastrolletjie en verhit stadigm Roere vlapoeier by mengsel totdat dit begin verdik. Laat afkoel.
Skep op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg grof bo-oor.
Bak die tert 20 minute of totdat die deeg begin verbruin. Sit dit louwarm of koud voor. Die tert vries ook goed.


Appeltert 3

1 koppie Suiker
3 Eetlepels Botter/Margarien
1 teelepel Bakpoeier
'n knippie Sout
3 Eiers
1 koppie Koekmeel
1 koppie Room of Ideal Melk
1 koppie Suiker
1 blikkie Tertappels
Klits die Suiker en Botter baie goed saam tot lekker dik. (Hoe dikker, hoe lekkerder).
Voeg die eiers een vir een by.
Vou die Meel, Bakpoeier en Sout met 'n houtlepel in. (As jy dit klits, gaan die rys uit).
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde plat bak.
Pak die tertappels bo-op die mengsel en bak by 180° tot gaar.
Kook intussen die Room en Suiker saam.
Wanneer die tert gaar is, gooi dit bo oor en sit terug in die oond vir so 3 minute.
Dis al en baie lekker. Jy kan dit ook gebruik vir 'n poeding met vla en roomys daarby.

Armman se Poeding

1 Koppie meel
1 Eetlepel botter
3/4 Koppie suiker
1 Desertlepel appelkooskonfyt
1 Eier
1 Teelepel asyn
1 Gelyk teelepel koeksoda
Sout
1 Koppie melk
Meng meel en suiker en vryf botter in. Klits eier en konfyt saam. Voeg by eerste mengsel.
Meng melk met koeksoda en asyn en voeg by mengsel. Bak vir 1/2 uur by 180º C.
Sous:
1 Koppie room
3/4 Koppie suiker
1/4 Koppie botter
1/2 Koppie kookwater
Kook alles saam. Gooi warm oor poeding wanneer uit die oond kom. Bedien warm of afgekoel met vla

Armmanspoeding

3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop
Sout
Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer in. Sif meel en sout in en meng deeglik.
Stroop:
Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in 'n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook. Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.
Dit is presies soos ek onthou my ma sin geproe het.


Aspersietert

Kors:
1 koppie meelblom
1/4 teel sout
1 1/2 eetl melk of eier
1/2 koppie olie
1 teel suiker
1 teel bakpoeier
Sif droë bestanddele saam. Klits eier of melk met olie en meng met droë bestanddele. Druk vas in tertpan en bak vir 10 minute. teen 200 Grade C.
Vulsel:
1 blik aspersies
2 eetl gerasperde kaas
4 eetl krummels
1 1/2 kopie vloeistof van aspersies en melk
2 eetl botter
1 eetl meel
Maak witsous van meel, botter, sout en vloeistof. Pak aspersies in kors. Strooi kaas en broodkrummels oor en skep witsous bo - oor.
Nog kaas en krummels bo - oor. Bak teen 190 Grade C vir 10 - 15min

Basiese Resep vir 'n Soufflé

200ml dik witsous
3 eiers, geskei
100g (200ml) geurige bestanddele
2ml sout
peper / paprika (slegs vir geurige soufflés)
Plaas oondrak 2/5 van onder af in die oond en stel oond op 180°C.
Maak witsous.
Klts eiergele tot liggeel en dik. Meng eiergele met die res van die bestanddele, behalwe die eierwit. Klits die witte tot stywe stadium en vou die eiermengsel daarby in.
Skep mengsel in oondskottel waarvan net die boom gesmeer is. Die oondskottel moenie meer as ¾ vol wees nie.
Sit die oondskottel in die oond in 'n pan met warm water en bak +/- 45 minute lank.
Dien dadelik op.
Variasies:
Geurige soufflé: Meng gaar, gemaalde ham en gesorteerde sampioene / gebruik fyngemaakte vis, gemaalde gaar hoender, kalkoenvlies of gar, fyn groente.
Kaassoufflé: Meng 200ml Cheddarkaas by die witsous totdat dit gesmelt het. Voeg ook 1ml mostert by.

Beet Blatjang

Meng en bring tot kookpunt:
2 koppies bruin asyn
3 koppies suiker
Meng die volgende saam: Voeg bymekaar
6 koppies gaar beet in blokkies gesny
2 uie gekap
Meng die volgende en voeg by die kokende mengsel:
3 teelepels kerrie
1 teelepel sout
Kook vir sowat 10 minute.
Voeg die volgende by:
45 ml Mazeina gemeng met bietjie water
Voeg by die kokende mengsel en kook deur.
Bottel in gesteriliseerde bottels terwyl nog warm is.
Geniet hierdie blatjang !!!!

Beetatjar/Beetblatjang

2 groot bossies beet
8 - 10 uie
6 eeteel Sterk kerriepoeier
1.5 kgm Suiker
1.5 liter bruin asyn
sout en peper na smaak
3 eeteel Olie
4 eeteel Maizena
Kook beet tot sag en rasper
Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg by beet.
Voeg kerriepoeier, suiker, asyn, sout en peper by. Bring tot kookpunt
Meng maizena in water en voeg by. Prut tot verdik.
Bottel warm en bêre.

Beskuitjie Fudge

1 x 200g Marie Beskuitjies/Tennis Beskuitjies in stukkies gebreek
1 x 250g Margarien
1 eier
Sif saam: 75ml kakao
500g versiersuiker
1 handvol Amandels
1 dop Kahlua
Smelt margarien. Voeg kakao en versiersuiker by. Roer. Klits eiers baie vinnig by.
Haal van stoof af. Roer Kahlua by. Voeg koekies en amandels by. Laat stol 'n rukkie in yskas.
Rol in rolletjies in waspapier. Laat stol. Sny in skyfies en bedien saam met koffie. Hou in yskas.

Bierbroodjie

(Hierdie broodjie is heerlik saam met mengelslaai en Braaivleis)
500 Gram Bruismeel
5 ml Sout
1 Blikkie (340 ml) Bier
Sif die droë bestanddele saam. Voeg die bier by.
Knie effens totdat die deeg glad is. Maak 'n vorm van brood en plaas dit in 'n gesmeerde broodpannetjie. Laat dit rys vir 20 minute.
Bak vir ±45 minute by 180°C.

Biltongblokkies

1 koppie geurige dik wit sous
57 g (2 onse) gerasperde kaas
113 g gerasperde biltong
2 eiers
Klop warm witsous by eiergele. Vou kaas en biltong in mengsel.
Vou styfgeklopte eierwitte in mengsel. Proe en voeg nodige by.
Skep in gesmeerde vierkantige bak.
Bak 15 minute of tot goudbruin in matige oond.
Sny in blokkies en sit dadelik voor.

Blatjang Aartappels

6-8 middelslag aartappels
sout
250ml vrugte blatjang
250ml kook water
125ml mayonaise
1 pakkie dik wituiesoppoeier
Kook aartappels in skil net tot sagm Verhit die oond tot 180 grade C
Dreineer aartappels en halveer elkeen met skil en al oorlangs.
Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo in 'n vlak oondvaste bak met 'n inhoudsmaak van +- 2,5 liter
Meng die res van die bestanddele en skep dit oor die aartappels en bak vir 'n halfuur lank. Bedien warm.

Ou Boereraat

Vir verkoudheid: Neem 'n handvol blougomblare, gooi 'n koppie kokende water daarop, laat trek soos tee, en drink dit, of kouwe 'n bietji van di blare is oek goed, anders stamp van di blare fyn en drink die sop daarvan, is oek goed.

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

Om die pad saam te stap

Het ek dan nie besluit om op te staan nie? Ja, ek het die reg opgeneem om myself te wees. Nie toe te laat dat die onreg van gister my hierdie dag se geleentheid ontneem nie. Hierdie dag was die ontwaking van my eie-ek.

Maar sal ek dan alleen net vir myself opstaan? Sal ek soveel probeer haal uit die lewe vir myself as wat ek kan?

Kyk, hier is my hand. Laat ek jou optrek. Staan op en kom staan by my. Dan kan ek en jy die pad saam loop. Onthou jy die dae toe ons mekaar vertrou het en saam ‘n taak kon aanpak. Kon lag en vreugde kon deel. Wat het verkeerd gegaan? Laat die gisters egter aan die verlede behoort. Vir my en jou is daar ‘n vandag wat wag om geleef te word.

Sal ek dan alleen opstaan? Nee, ek vra jou om op te staan en die pad saam met my te loop. Ek weet ek kan jou nie dwing nie. Jy het die reg tot eie keuse, maar ek is daar wanneer jy my nodig het. Wanneer jy gereed is om ook vir jouself te wil opstaan. Dan sal ek daar wees, my hand uitsteek en my hart oopmaak vir jou.

Is ‘n span dan nie sterker as ‘n enkel persoon nie? Wanneer die probleme en gevare aankom, dan is ek daar vir jou. En jy vir my. Bekruip die vyand my van agter, is jy die oë wat dit sien en die stem wat waarsku. Struikel en val jy, dan is ek weer daar om jou te bemoedig en op te help.

Sal jy dan nie opstaan, sodat ons die pad saam kan loop nie? Ek in my volle vryheid van menswees en jy dieselfde. Nie die een oorheers die ander een nie. Ek wil nie jou ruimte in besit neem nie, maar net my hand vir jou uitsteek en sê dat ek hier is wanneer jy my nodig het.

Ek weet die een belangrike ding is dat ek eers vir myself moes opstaan. Hoe anders sal ek jou kan optrek wanneer ek self nog in die stof bly lê?

Die tyd het egter aangebreek, die oomblik is nou. Dit is jou keuse, maar ek is hier vir jou. Wil jy dan nie opstaan en saam met my die pad loop nie? Ons weet nie wat vorentoe wag nie, maar een ding weet ek: - saam is ons sterker en beter toegerus om die probleme en gevare van môre aan te durf.

‘n Sprankie wysheid vir die dag

“Hy wat ophou om ‘n vriend te wees, was nooit een nie.” – Griekse spreekwoord -

Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za

Skakels

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans - Klik hier

Lees alles oor Bloedrivier: Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop @ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus Roelof of Ronel by 012-3332932

Teken in /Teken uit / Kontak

Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.

Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart!