Onbeskaamd Afrikaans!

 

 

Nommer 123

Besoek my Webwerf

15 April 2008

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! Hier is sommer baie leesstof, so sit terug en geniet jouself.
Enige kommentaar?

Ek het 'n paar nuwe items wat ek van nou af gereeld gaan insit. Outydse speletjies en Afrikaanse gedigte, ek is seker julle gaan dit geniet. Enige voorstelle vir nog interessante tipies Afrikaanse inhoud is baie welkom., klik hier om epos te stuur.

Ons is sopas terug van 'n besoek aan die Kgalagadi. Ons het getent en dit was iets besonders. Die atmosfeer daar is uniek. Klik hier om 'n paar van die fotos te sien wat ek daar geneem het.

Ek gaan verder met die alfabet met die resepte, gaan kyk maar verder na onder.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Ek het 'n verskeidenheid skrywers wat bydraes lewer, gaan lees gerus ondertoe.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Doen met 'n miljoen

Ons gaan gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek, uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en probeer dan die regte ding. Probeer gerus,  
 Klik hier
 en geniet.

Marthie Taylor

Dit is vir my 'n voorreg om onbekende Afrikaanse skrywers se werk hier te plaas. Marianne de Klerk het vir my 'n paar stories gestuur wat deur haar ma geskryf is. Juweeltjies soos hierdie wat deur gewone mense (wat nie erkende skrywers is nie) geskryf word, moet bewaar word.

Jacquetjie

Kan iemand asseblief sy duim in die dyk gaan druk. Kan iemand asseblief die eindelose stroom van voertuie op ons paaie stop. Kan iemand asseblief ons hande vat en lei tot by ‘n staanplekkie van ons eie, waar ons net vir ‘n oomblikkie kan rus en vrede vind.
Weg van die werksplek probeer ons ‘n af aandjie reël. Gaan eet uit, staan in rye om ‘n tafel te kry, al bespreek jy. Êrens kuier iemand net langer en jy wag maar….Fliek toe, kom weg uit die beknopte sitkamer. Gaan kyk na ‘n splinternuwe uitreiking. Die resensie was goed. Goeie akteurs, mooi storie. Ons gaan. Parkeer plekke is vol en ons ry 5 minute in die rondte, dis aand. mens kan ook nie ‘n kilometer van die serntrum af parkeer nie. Donker moet jy kar toe stap en daar is net ‘n paar wagte hier en ‘n duisend skelms en moordenaars om elke ander hoek en draai.
Klaar moeg, sak jy uiteindelik op die sitplek neer, dan kom sit iemand langs jou. Eergister se drankwalm dam op om jou, luide uitroepe van “yes,yes,” spoor die personeel aan om die prent te begin draai en jy neem jouself voor, volgende keer wag jy tot die film op video uitkom, dan kyk jy dit in jou eie beknopte sitkamer.
Krieket en rugby, die dinge wat ons almal so na aan die hart lê. Ons koop duur kaartjies en bou spangees weke voor die tyd. Speel raai, raai. Wed tellings vir pakke biltong en ‘n bottlel sjampanje. Die wedstryd mis ons vir niks in die wêreld nie.
Dalkies die laaste een wat ons volkie in ‘n langtyd gaan wen.
Politiek word die sterkste keurder en ons spartel om uit die greep te kom van oorgewig, opgetof en opgepofde “agtergeblewenes” wat die lysels in swak, onbeholpe en onkundige hande vashou en stamelend om op tv ‘n verlore saak probeer regverdig.
Die wedstryd kan oupa en ouma ook saam. Net die éen keer veroorloof ouma haar die weelde. Die gees onder onse mense is oorweldigend, vertel my seun, beskaafde verdraagsaamheid en geduld, geen gesuip en vetrapping nie. ‘n Onvergeetlike fees! en ons gaan wen! ‘n Stampvol Loftusversfeld…….. Moenie so bekommerd lyk nie, troos hy, ons gaan nie net heel daar uitkom nie, maar wenners ook!
Vrydagaand vat ons die besige hoofweg Pretoria toe, maak dit sommer ook ‘n naweek kuier, verlang partykeer so baie…..
Ons twee kleinkinders wag ons in by die groot ysterhek. Nat mondjies en warm armpies om my nek. Dan wieliewalie in die rondte. Ons lag uitbundig, vergryp ons aan die weelde van saamwees.

Saterdagoggend is alles maar weer in rep en roer. Rugby dag of nie. Die week se inkopielys is eindeloos. ’n Paar skoene met gapende sool moet vervang word en ‘n te lang kerk broekie kort ‘n soom.
Die grasperk moet nog een keer voor die winter gesny word en dooie blare lê die wêreld vol. Die hele gesinnetjie werk saam en maak dit ook net om betyds ‘n paar koeldranke en broodjies in te pak.
Ons loop nie voor die tyd nie, wag liewer tot die meeste mense weg is en geniet die laaste feesvieringe ook nog. So is daar besluit en dan moet mens darem ietsie te ete inpak vir die wis en die onwis.
Dan beurte maak om by die bad of stort uit te kom. Ouma kry voorkeur, nie net omdat sy oud is nie, maar darem het jare se oefening met min tyd haar nogal ‘n spoedfaktor gemaak om mee rekening te hou. Dan kom die twee kleuterjies aan die beurt. As ek later op die bed sit en hare borsel, kom die kleine Jacques die kamer ingestorm. Poedelkaal en nog half nat van net effentjies afdroog.
Sy klere al slepende agter hom die deur in. Plat op twee boudjies gaan hy op die vloer sit. Ek sien hoe hy sy onderbroekie, rekkant bo al in die rondte draai. Wat maak jy? Wil ek weet, kan Ouma help? “Self “mompel hy onderlangs. As hy die etiket op die agterkant , steek hy met groot konsentrasie sy beentjies deur die rek en trek en steun totdat die onderstukkie uiteindelik op sy plek is. Met dieselfde ywer en konsentrasie word die langbroekie eers deeglik ondersoek vir die prentjie, wat agter moet kom en dan sokkies en skoene.
Die sokkies is maklik. Spiderman se groot rooi gesig en skrefie oë is onmiskenbaar bo en daar is hoeka net een gat waar die voetjie moet in, die res is kinderspeletjies. Ouma, kom dit half uitasem as hy vraend ‘n skoen langs sy voetjie hou… is die voet reg? Ja, glimlag ek, wie maak die veters vas. My ma doen dit. Kan ouma vandag help. Nee skud hy sy koppie heftig, my ma kan. Met skoenveters netjies geknoop is hy weer terug in die kamer. Nou die hemp.
Hy bekyk die kledingstukkie van al kante af. Vertel so onderdeur die bedrywige sessie dat die prentjie van Spiderman voor op sy magie kom. Met groot sorg lê hy die hempie op die bed neer, prentjie ondertoe.Dan gaan sy kop onder by die hemp in…. ‘n woeste gestoei ontaard as sy arm by die halskant uitkom. Weer uittrek en die hele petalje van vooraf. Prentjie soek, en rugkant boontoe op die bed neersit.
Die tweede en derde probeerslag werk ook nie en ouma se hulp word telkens met “sal self “van die hand gewys. Dan klink my dogter se stem van die sitkamer af, ons gaan ry!
Moeg staan die klein mensie voor sy ouma. “Help seblief,” teen die tyd is die hempie ook nou al met sy regte kant binnetoe gekoek en ouma moet vinnig regdraai en aantrek. Dankie ouma, soen hy my sommerso skuins op die wang en dan draf hy op stewige kleuterbeentjies die deur uit. Halfpad gangaf draai hy skielik om, verleë kyk hy in my oë op, Dit was nie baie oulik nie né, ounma. Ek volg hom buitentoe, sien hoe hy oor die grasperk huppel en in die motor verdwyn.
Dit was oulik Jacques, dit was baie oulik vir ouma.

Estelle de Bruyn

Estelle is werksaam by die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Sy het spesial versoek dat ek die volgende plaas, ek doen dit met graagte:

Huis Paleis

HUIS, paleis, pondok, varkhok. Dit was een van daardie kleintyd gelukspeletjies wat ons gespeel het en hoe die kikkertjie val sou bepaal wat jou toekoms hou.
Ek was dié week vir die tweede keer in my lewe by ‘n paleis, ‘n regte egte paleis waar ‘n regte egte lewendige koning of koningin woon.
Paleise soos Hampton Court waar oorle Henry VIII honderde jare gelede al om die beurt met sy ses vrouens gewoon en hulle óf geskei, onthoof óf aan die dood aan natuurlike oorsake afgestaan het, óf selfs Versaille tel nie, want hul heersers is lank terug onder die kluite.
Die eerste paleis wat ek besoek het was dié van die Zulu koning, Goodwill Zwelithini, op Ulundi in Kwa-Zulu Natal, Suid-Afrika. Dit was indrukwekkend, wit geverf en westers met elektriese veiligheidshekke en wagte in kraakvars kaki uniforms.
Ons stomme joernaliste het buite rondgehang, soos ons maar gewoond is, en gewag dat die BBP’s (baie belangrike persone) ure later hul verskyning maak vir ‘n vlugtelike erkentenis van ons teenwoordigheid.
Dié week was ek vir die tweede keer by ‘n paleis, ‘n regte egte paleis met ‘n regte egte Koningin wat daarin woon. Dié keer was dit die paleis van Koningin van die Oukwanyama, Meekulu Martha Mwadinomho Kristian Nelumbu naby Engela in die Ohangwena streek in die noorde van Namibië.
Nie net was ons by die paleis nie, maar ons is binne genooi, het die Koningin ontmoet en sy self het ons op ‘n begeleide toer deur die paleis geneem.
Waar begin ek tog in simpel woorde om die emosies te beskryf ? Indrukke eerder: Stilte. Kalmte. Rustigheid. Waardigheid. Statigheid. Orde. Vertroue. Koninklikheid. Die paleis: Majestieus.
Dis mooi, mooier as wat woorde kan beskryf. In die sin van interieur is dit kleur gekoördineer met die grys hout pale in skrille kontras met die asuurblou lug oorhoofs. Dis groot: die grys pale strek hoog sterk en trots, beskermend en terselfdertyd koesterend hemelwaarts.
Vir die wag vir ‘n oudiënsie met die Koningin was ons onder ‘n riet en gras beskutting. Ons sit op afgekapte boomstompe: glad en gemaklik en die stilte is die grootste indruk. Ons fluister en ek voel skuldig dat ons enigsins klank in die perfekte harmonie van die oomblik instuur.
Na ‘n kort rukkie word ons nader genooi, in die binneste privaatkamers van die paleis, ‘n plek waar ons kan praat met die Koningin. Dis eenvoudig, g’n niks prag en praal nie. Sementvloer, plastiekstoele, ystertafel. Maar toe Meekulu Martha Mwadinomho Kristian Nelumbu, die Koningin van Oukwanyama instap, verval die mure, die vloer en die meubels en jy weet: jy is in die teenwoordigheid van koninklikes.
Sy is kleiner en groter as wat ek gedink het. Sy is jonger en ouer as wat ek gedink het. Ek voel haar charisma, die krag en die verantwoordelikheid wat sy op haar tenger 73 jarige oue skouers dra.
Sy het ‘n swaar las. Haar mense is die slagoffers van die swaarste vloed wat dié gebied in menseheugenis geteister het. Hulle lot is haar verantwoordelikheid. Haar lot. Sy vra hulp.
Dis nie maklik vir ‘n koning of koningin om hulp te vra nie.
Sy vra.
Kos. Klere. Komberse. Matrasse. Enige iets.
Enige hulp kan by haar paleis afgelewer word. Sy sal sorg dat dit by die mense wat dit die nodigste het, kom. Sy ken haar mense. Sy weet wie het wat nodig.
Help haar.
Asseblief.
• Vir meer inligting skakel Republikein se kantoor in Oshakati en praat met ons korrespondent, ‘n onderdaan en vriend van die koningshuis, Placido Hilukilwa. Sy e-pos adres is: oshakati@republikein.com.na

Hulp vir Maggie

Ek gee gewoonlik en vra maar min, maar hierdie is 'n geval na aan my hart. Maggie is 'n dierbare vriendin wat in Melbourne woon. Sy het van haar spaargeld gebruik om 'n Suid Afrikaanse man oor te vlieg Melbourne toe waar hulle 'n paar jaar gelede getroud is. Hy was so te sê op straat hier in SA. In alle geval, hy het nou groener wyvelde gaan soek by 'n vrou in Amerika en Maggie sit met 'n hoop skuld. Klik hier om na haar webwerf toe te gaan (Engels) en lees oor hierdiue merkwaardige vrou wat rystoel gebonde is maar nog vol veggees is. Klik hier as jy bereid is om 'n klein donasie te maak. Maggie sal jou per epos bedank en dan ook 'n eBoek oor kruie stuur. Klik hier om 'n donasie te maak, dis heeltemal veilig, ek het dit ook gedoen. Komaan, 'n paar Rand sal jou nie seermaak nie en dis om iemand spesiaal te help. Dis 'n Suid Afrikaner wat hierdie vrou amper haweloos gelaat het, kom ons help haar om weer op die been (al is sy aan 'n rystoel gekluister) te kom. Baie dankie!

Huisgenoot

Ek is al skoon trots op myself, het nou al twee stories in Huisgenoot gepubliseer gekry, hier is die een wat in die Huisgenoot van 27 Maart verskyn het, dis die oorspronklike weergawe, die een wat hulle gepubliseer het is so effens ge-"panelbeat" :

Die ander vrou
Peter Thomas

Ons is met vakansie. Die bakkie se wiele suis op die teerpad. Gunsteling vakansie CD bring ons in ‘n vakansiestemming.
“Draai by die volgende afdraaipad links,” wederhelf het die kaartboek op haar skoot en sy is op haar pos met die aanwysings. Nogal trots daarop, en, dit moet ek erken, meeste van die tyd nogal reg ook.
Ek het egter ‘n goeie idee van die rigting wat ons moet inslaan.
”Is jy seker?” vra ek effens huiwerig, ek wil nou regtig nie die vakansiestemming laat ontspoor nie.
“Maar natuurlik,” antwoord sy, ‘n tikkie ergernis in haar stem, “dit sê so op die kaart, kyk daar!” en met die daar druk sy op die kaart dat haar vingernael eintlik ombuig. Uit ondervinding bewaar ek maar die vrede en ry verder nou meer oortuig as ooit dat ons verkeerd is.
Na tien minute hou ek stil.
“Mag ek die kaart sien, asseblief?” vra ek vreeslik beskaafd.
“Jy kan my maar glo,” sê sy, “kyk daar.”
Ek sien onmiddellik waar die fout is. Sy hou die kaartboek onderstebo en waar sy links gesien het is dit eintlik regs.
Dit is nou die tyd vir uiterste diplomasie, en geduldig draai ek die kaartboek om en wys vir haar waar sy fouteer het. Sy brommel iets van onduidelike kaarte; ek draai om en ons is weer oppad. Vir ‘n lang tyd is daar stilte.
Aangekom by ons bestemming het ek baie tyd om te dink en teen die einde van die dag het ek besluit, daardie GPS wat ek al so lank dophou, is myne. Sodra ons tuiskom.
Twee maande later is dit weer sulke tyd. Die bakkie is gepak. Die tuinmossies hoes-hoes en die son sukkel om deur die laag rook te op die horison deur te breek. Dit pla my egter nie vanoggend nie, want ons is mos oppad Mapungubwe toe!
Wederhelf wag al in die bakkie; vir ‘n verandering is sy eerste gereed. Ek sluit die voordeur en skuif langs haar in..
“Ag nee,” laat sy verontwaardig hoor, “gaan daardie ding tog nie saam nie?”
Die daardie ding waarvan gepraat word, is toe die nuwe speelding, ‘n GPS. Hoe meer knoppies en funksies ‘n ding het, hoe groter bekoring hou dit vir my in. Nou waaroor vroulief se ontevredenheid dan? Eenvoudig. Sy is nou nie meer die enigste wegaanwyser nie. Sy het kompetisie.
En nie net sommer enige kompetisie nie. Daar is ‘n ander vrou in my lewe. Dié een gee aanduidings op ‘n helder skerm waar sy teen die voorruit vassuig, en sy doen dit ook met ‘n stemmetjie wat Maggie van Koert se stem soos ‘n rasper laat klink. En sy het ook ‘n naam, vir een of ander rede het die naam Suzy net reg vir haar geklink.
Begin julle nou vroulief se antagonisme teen arme Suzy te verstaan?
Geen roete is meer vervelig nie. Met een oogopslag sien ek ons gemiddelde spoed, die hoogste spoed wat ek gery het (oeps), die afstand wat ons gery het asook die tyd wat ons die eindbestemming behoort te bereik. Ek kan skaars wag vir die volgende afdraaipad sodat ek weer daardie stem kan hoor.
Ons besluit om die snelweg by Polokwane te verlaat en oor Alldays na Mapungubwe te ry. Suzy hou nie van hierdie idee van my nie. Sy is geprogrammeer om die beste pad uit te wys en die pad oor Alldays is volgens haar nie die beste een nie. Tipies vroumens, weet sy van beter.
“Off route, recalculating,” laat sy in ‘n stroopsoet stem hoor. Ek ignoreer haar en laat haar maar haar “recalculating” ding doen.
Net buite die dorp is daar padverleggings en nou raak arme Suzy die kluts skoon kwyt. Vroulief sit met die padkaart en ek sien sy glimlag effens, wagtende natuurlik vir Suzy om droog te maak en ons te laat verdwaal.
“Jy moet by die volgende pad regs draai,” laat wederhelf weet. Ek maak eers gou uit die hoek van my oog seker dat die kaart nie weer omgedraai is nie. Suzy wys ek moet reguit ry, wat nou gemaak. Volg ek Suzy se aanwysings, en dis verkeerd, hoor ek dit vir die res van die vakansie. Volg ek vroulief se aanwysings en sy is reg, hoor ek dit ook vir die res van die vakansie en boonop het vroulief dan ook bewys dat geen Suzy-kontrepsie wat teen die voorruit vasgeplak is beter as sy kan pad aanwys nie.
Ek is gelukkig al lank genoeg getroud om te weet wanneer om bes te gee, en by die volgende bordjie besluit ek op die pad wat regs afdraai. Suzy kom weer met ‘n “Off route, recalculating” die keer laat ek haar maar in haar glorie in “recalculate”. Sy werk toe vir my ‘n nuwe roete uit en ons ry voort.
‘n Paar kilometer vêrder is ‘n t-aansluiting en groot en duidelik staan daar “Alldays”. Vroulief was reg en haar glimlag is nou net so groot en duidelik soos die padteken. Sy vryf dit in deur minagtend na arme Suzy te kyk en te sê, ” Ons is tog op die regte pad, sien, Alldays links”.
Ek mompel iets van “Meer geluk as wysheid” maar vroulief het haar punt gemaak, en sy neurie opgewek, net om my te vermaak, natuurlik.
Suzy hou haarself nou hardekwas en wil met alle geweld met elke afdraaipad terug snelweg toe. Ek ry by elke afdraaipad reguit aan want ek weet ek is op die regte pad Alldays toe.
Suzy hou aan met “Offroute, recalculating” en ek kan sien vroulief begin geïrriteerd te raak. Die goue reël met elke nuwe speelding is “Lees die handleiding”. Ek belowe myself om by die eerste en die beste geleentheid die handleiding te gaan bestudeer. Daar moet ‘,n manier wees om Suzy se bek toe te kry, behalwe natuurlik om haar af te skakel.
Ons ry vêrder, die gunsteling vakansie CD speel en vroulief neurie saam.
Suzy se volume is heel afgedraai, die soet stemmetjie is tjoepstil. Darem kan ek nou sien dat ons oor net meer as ‘n uur by ons bestemming behoort te wees en dat ek teen presies120 km/h ry.
Vroulief 1, Suzy nul.
Suzy sal haarself nog bewys. Wag maar, julle sal sien!

Lize Kuhn se Briewe uit Singapoer

Nog iets nuuts, lees van Lize se wedervaringe in Singapoer. Julle kan haar kontak by lize.e.kuhn@gmail.com

Hallo julle,
Hierdie goeie nuus moet ek nou eers deel. Ons het vandag ons karretjie gekry en nou kan ons baie beter rondbeweeg, maar dít is nie die goeie nuus nie ! So gaan ons na 'n winkel vir so paar inkopies en ons loop die heerlikste pruime en druiwe reg uit die Kaap uit raak !!!. Nou voel "huis" skielik nie meer so vêr nie. Ons het ook al Appletizer en Grapetizer van Suid Afrika in restaurante gekry ! Heerlik. Net jammer dat 'n 'mango' se prys nog steeds $6 of R30 is.

Ons wou Saterdag na die lugskou toe gaan wat die klomp beloof het om iets uit 'n ander wêreld te wees. Ons koop ons kaartjies op die internet, nogal R100 per kaartjie wat gratis busvervoer vanaf die treinstasie insluit. Toe ons by die busstop kom, en ons loop teen hierdie swart see van die Chinese agterkoppies vas, kon ons net vir mekaar kyk. Woorde was onnodig want ons twee het geweet dat as ons onself in hierdie massas begeef kom ons beslis maalvleis anderkant uit. Ons weet so goed dat elke liewe saamtrek van die klomp 'n dobbelspel met 'n ou se lewe is, maar tog het ons gehoop dat ons wel die kans sou kry om eenkeer gelukkig te wees om 'n saamtrek te oorleef. Ons het ons skoolgeld betaal en sal van nou af liewer op TV kyk wat hier onder ons neuse aangaan.

Later die aand op die nuus het hulle berig dat die naaste wat 'n taxi die mense kon aflaai by die lugskou 3 kilometer was en selfs dit het twee ure geneem vanaf die naaste treinstasie wat andersins 'n vyf minute rit is . Die gratis busdiens het twee en 'n half uur geneem om jou by die hekke van die lugskou te besorg. Min van ons sou kans hiervoor gesien het.

Ek was met Kabous by 'n veearts omdat hy heeltemal gek word as hy alleen gelos word by die huis. Die veearts, 'n oulike Chinese meisie bepaal dat dit trauma is en sy behandel hom nou vir stres en trauma !!! Ek het julle mos gesê hierdie mense doen dinge anders, my arme hond is nou op "antidepressante" en homeopatiese medisyne om die "trauma" te verwerk. Stuur asb vir my die gewone kalmeerpille wat 'n mens by die veearts kry !!!

Andersins gaan dit goed met ons en ons probeer nog steeds om aan te pas. Dit lyk darem of hier nou 'n stilte neergedaal het na die gedoente met die Chinese New Year, amal werk weer en die kinders is al 6 uur in die oggende uit op die busse en kom soms na 7 in die aande by die huis. Kan die skoolure dalk in Suid Afrika voorgestel word ? Die strate sal darem vir jou erger lyk as die klomp Chinese by die lugskou soos hulle sal toi toi né.

Groete vir eers.
Liefde
Lize   

Wat my ma my geleer het

Ma het my geleer hoe om te bid:
"Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"
en
Elke aand, nadat sy my in die bed gesit het, het sy gesê:
"Dankie Here hy is in die bed"

Sy het my geleer van "time travel":
Ek sal jou tot in volgende week in klap!

Sy het my geleer pa's is ryker as ma's:
Gaan vra jou pa!

Sy het my geleer oor fotosintese:
Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?

Sy het my geleer om altyd nederig en Klein te wees: Mannetjie !!!

Sy het my van die weer geleer:
Dit lyk of 'n donerse orkaan jou kamer getref het

Sy het my geleer van fauna en flora:
Moenie vir my vertel pêrredrolle is vye nie!

Sy het my geleer om myself te ontdek:
Hou op om jou soos jou pa te gedra!

Sy het my die wetenskap van osmose geleer:
Maak toe jou mond en eet jou kos!

Sy het my geleer van uithouvermoë:
Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeeet het!

Sy het my geleer van sintuie:
Kinners word gesien en nie gehoor nie!

Sy het my geleer van humor:
Hou aan lag, Dan gee ek jou iets om oor te huil ook!

Sy het my van jaloesie geleer:
Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!

Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is:
As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nounet hier skoongemaak!

Sy het my wiskunde geleer:
Sit jy alweer en tanne tel!

Sy het my logika geleer:
Want ek sê so, dis hoekom!

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:
Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!

Beste Mnr. Mbeki

Iemand stuur my die volgende, dis goed geskryf :-)

Beste Mnr. Mbeki

Verskoon my verwaandheid. Maar ek gaan vandag met die deur in die huis val. Wel, dis wat die diewe Saterdagaand met my agterdeur gedoen het. Of u my brief gaan lees, weet ek nie. Moontlik is u iewers in 'n verre land, besig om buitelandse beleggers te oortuig dat SA nes Kanaan van ouds, die land van melk en heuning is. Min weet hulle dat die melk so suur is, jy kan joghurt daarmee maak.

En die heuning, wel, dit gebruik ons om gawe mense soos Robert Mugabe se mond mee blink te smeer. Of dalk, meneer die president, is u iewers by 'n mediese kongres. Besig om 'n aangrypende toespraak te lewer oor 'n sakie wat u tog so na aan die hart lê. Die vigs probleem, u weet, daardie siekte wat 'n mens kry as jy nie agter jou ore was nie.

Mnr Mbeki, ek is nie 'n bitterbek nie. Ek is nie emosioneel nie. Ek ly nie aan post-traumatiese stres nie. Ek is net wat 'n mens sal noem ordentlik en indringend de donner in. Na 'n rustige naweek keer ek terug na my tuiste in Yeoville. My ou huisie daar wat reeds 3 jaar in die mark is. Maar niemand wil dit koop nie.
Want:

(a) Hulle wil nie in 'n voorstad van Lagos woon nie,
(b) hulle wil dit so na aan verniet hê moontlik,
(c) die banke weier om 'n verband te gee (of vra 'n belaglike deposito).

Die hek staan oop. Die hond is weg. My hart sit in my keel. Voor in die tuin lê my tennisraket. Toe weet ek. Statistieke het my ingehaal.

Ek is nie verknog aan 'n TV-stel of 'n CD-speler of 'n rekenaar of 'n M-Net-dekodeerder of 'n videomasjien of 'n ketel of 'n verwarmer of 'n haardroer of 'n selfoon of 'n kamera of tasse of 'n strykyster of klere of beddegoed of handdoeke of skoene of juwele of parfuum of 200 CD's of enigiets waarop die bliksems nog hul hande kon lê nie. Die gevriesde vegetariese worsies inkluis.... En (sonder enige versekering) sal dit 'n wyle duur voordat ek weer enige van bogenoemde kan vervang. Maar, dink ek, terwyl ek my bene onder my invou en op my kniee neersak tussen die gemors wat oor die vloere gestrooi lê - dat hulle my Energade gedrink het, dis nou my dinges se deksel. 'n Vriend vertel my van 'n prostituut wat by hom gekla het dat een van haar klante haar besteel het: "Maar weet jy, Francois," sê sy hoogs verontwaardig, "die geld is nie so erg nie. Maar die vark het al my Tab uitgedrink." En dis hoe ek nou voel.

Verontwaardig. Ontnugter. Teleurgesteld. Moedeloos. Soos der duisende ander mense. Wit en swart. Wat al moes deurloop. En die hemel weet, soveel het reeds met hul lewe daarvoor betaal. Mnr. Mbeki, ek wil nie u probleme myne maak nie. Ai, hoe glip my pen nou. Ek is ook nie iemand wat erg het aan betogings of enige verrigtinge van demonstratiewe aard nie. Dus huil ek maar op u denkbeeldige skouer. Elke enkele laai in my huis is uitgepluk. Die inhoud sorgvuldig deurgesoek vir enigiets waardevols. Pille, hoesstroop, sjampoe... alles is soos confetti rondgestrooi op die vloer. Net die stof het hulle gelos.

In Essex het diewe onlangs in 'n huis op 'n sak poeier afgekom, gemerk Charlie. Dog toe hulle val met hulle neuse in die botter. En "snuif" tog te lekker aan die wit dwelm. Min wetend dat dit die stoflike oorskot van die huiseienaar se hond was. Gelukkig kan niemand jou sin vir humor steel nie.

Oral lê daar gebruikte kerse. En op my bed, 'n kombuismes. Ingeval iemand onverwags instap of wakker word? Volgende dag bel ek die polisie se noodnommer. "Ek is besteel!", verduidelik ek. "Kan jy my dalk help?" Met wat?, vra die konstabel. Ek is nie seker wat om te antwoord nie. My kennis van misdaadtaal is beperk. Miskien moet ek sê: "Met kaartjies vir die kriekettoets." Maar ek tel tot tien en begin van voor.

Dalk moet ek my laat herdoop. In Birmingham, Engeland het 'n Mej. Nutting onlangs met mnr. Toulouse getrou. Sy heet nou: Mevrou Nutting-Toulouse.

Eintlik mnr Mbeki, wil ek net my verligting teenoor u uitspreek.
Want hulle kon:
1) my vermoor het,
2) vermink het,
3) verkrag het.
Maar deur die genade is ek net beroof.

Paraguay is die agtste mees korrupste land ter wereld. 'n Ruk terug is die hoof van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem. Hy is aangekla op negentien aanklagte van korrupsie. Maar ek is 'n burger van SA, 'n pragtige demokratiese land waar eerbaarheid aan die orde van die dag is. Waar diewe moet rekenskap gee van hul dade. Vra maar vir Hansie en dr. Boesak.

Ek groet u in 'n gees van patriotisme.

NS. My beste wense aan mevrou. As sy dalk 'n ekstra paar nr 7-tekkies het, stuur gerus aan. Twee linkervoete sal ook doen. Die diewe het vir my twee regtervoete gelos.
 

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans.

Outydse speletjies 

Nog iets nuuts. As kind het ons kinders altyd buite op die grasperk speletjies gespeel terwyl die grootmense gekuier het. Ek het al heelwat navrae gehad oor daardie speletjies, ek sal nou elke keer 'n ander speletjie beskryf:

Die Dief

Die deelnemers staan hand aan hand in 'n groot sirkel. In die middel van die kring lê 'n sakdoek of ander geskikte voorwerp. Een persoon is die dief en hy staan opsy. Terwyl hy weg is, word enige ander persoon as die "eienaar" van die voorwerp aangewys. Die dief kom dan terug om die voorwerp te kom steel. Hy besluit eers waar hy by die sirkel sal ingaan om die voorwerp te gaan gryp. Hy is verplig om by dieselfde plek uit te gaan waar hy ingekom het. Hy moet probeer om die kring met die voorwerp te verlaat voordat die eienaar  van die voorwerp hom vang.
Die dief weet natuurlik nie wie die eienaar is nie en kan dus straks die fout begaan om vlak langs die eienaar die kring binne te gaan.
Die dief mag hoogstens een keer mik na die voorwerp om te probeer vasstel wie die eienaar is. Die tweede keer moet hy die voorwerp gryp. Die eienaar mag nie die dief storm voordat hy die voorwerp werklik geraak het nie. Die eienaar staan natuurlik doodstil tot die dief die voorwerp gegryp het, dan probeer hy die dief vang voordat hy die sirkel verlaat. Vir elke herhaling word 'n nuwe eienaar en nuwe dief gekies.
 

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou. Klik gerus hier en kyk na haar resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! As jy besluit om van haar boeke te bestel en jy noem dat jy daarvan hier te hore gekom het, sluit sy my Kampkosresepteboek gratis in!

Groot nuus! Anna het sopas nog drie samestellings die lig laat sien!
(1) n Bordvol peuselhappies
(2) Japtrap etes-Sonder al die sjlep
(3)Souse, doopsouse, smere en botters.
Prys R50 elk.
Indien sy bewys van betaling ontvang, stuur sy n samestelling van 15 verskillende blatjang resepte.

Kontak sommer dadelik vir Anna en plaas jou bestelling:   anna@minimax.cc . of 0822946799

Africana en ander boeke

Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Ek het hulle nuutste katalogus sopas ontvang. Regs klik hier om dit af te laai.
Daar is ook 'n groot versameling Africana te kry by www.abebooks.com . Tik net Africana in die soekblokkie

Boeremusiek baanbrekers

Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....

Fanie Bosch

Fanie Bosch was 'n besondere begaafde speler wat geen bekendstelling by huidige Boermusikante nodig het nie. Reeds van kleins af het hy kennis gemaak met o.a. Cissie en Willie Cooper en Oom Joe Hooneberg. Cissie en Wille het hom reeds op 'n baie jong ouderdom, 10 jaar, saamgevat SAUK toe. Dit was op hierdie ouderdom dat hy saam met Oom Joe kitaar gespeel het en waardevolle ondervinding opgedoen het. Sy Jakaranda Vastrap het 60,000 eksemplare verkoop enkele dae nadat dit vrygestel is. Fanie se nommers is so gewild onder konsertina-spelers dat hulle vandag nog steeds by Boeremusiek-kompetisies gespeel word
 

Bron: 15 Goue Jare:  1989-2004  Boeremusiekgilde  

Pasella

Hou jy van koekies? Regs klik dan hier om koekiedrukker-resepte af te laai

Peterjasie se Groot Afrikaanse CD

Ek het my mees populêre eBoeke op een CD saamgevat. Die Tradisionele SA Resepte, die Kampkosresepte, die Wille samies en die Boererate is almal daar. Die CD maak 'n ideale geskenk maar ook 'n besonderse aandenking.

Die CD verkoop vir R100, posgeld ingesluit, stuur vir my 'n epos vir betalingsbesonderhede.

Dan het ek ook 'n resepte CD in Engels. Die CD bevat meer as 50 volledige resepteboeke en maak die ideale geskenk. Dink net, die ontvanger hoef nooit weer 'n respteboek te koop nie. Prys is R100 wat uitwerk op R2 per resepte eBoek, is dit nou 'n winskopie, of wat? Klik hier vir betalingsbesonderhede. 
 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

Dial Direct Insurance

 
Webwerf Soeklig

Zalome is ook iemand wat die gebruik van Afrikaans op die internet wil uitbrei, sluit gerus by haar groep aan.

 

Afrikaanse Gedigte

Nog iets nuut, ek skryf ook nou en dan en op sy tyd kan ek poësie ook lees. Ons Afrikaanse onnie op skool was besonders en het my 'n liefde daarvoor laat aankweek. Dit wys net weerens hoe 'n mooi taal Afrikaans is. Ek begin met een van my gunstelinge:

Die dans van die reën
Eugéne N Marais

O die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies.
En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy.
Sy vertel van die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.

Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies:
"Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"

En haar krale skud,
En haar koperringe blink in die wegraak van die son,
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;
die aem van die wind raak weg.
o, die dans van ons Suster!

Gee my skoon hoendervleis! - Peter 

Kos stories - Frik Lombaard

Begrafnis maal

Iemand wat baie tyd op sy hande gehad het, het eendag uitgewerk dat ‘n mens in sy leeftyd sowat 20 000 ure spandeer aan eet. Dit is ongeveer 834 dae, net meer as 2 jaar van jou lewe eet jy. Dit is eintelik astronomies as mens daaraan dink. Dit is geen wonder dat die dag as ons die tydelike met die ewige verwissel mense ook eet nie.

In die ou Germaanse tye is daar offergawes op die grafte geplaas. Hierdie dode-offers is later vervang met lijkmaal. Die Germaanse lijkmaal is by die graf gehou. So is die gebruik ook oorgedra Nederland toe. Teen die 17de eeu is daar buitensporige en uitspattige begrafnis male gehou. By vername boere is die maal sommer 2 dae lank gehou.

So het die tradisie ook oorgewaai na Suid Afrika toe. Adam Tas maak in sy dagboek melding van ‘n Stellenboschse begrafnis op ‘n buurplaas. Hy het die volgende na die buurplaas gestuur : 5 emmers wyn, 1 ham, 3 stukke skaapvleis en 3 brode. Hy het gemeen dat die oorledene in “goed fatsoen” begrawe is. Die verskeidenheid voedsel en veral die hoeveelheid het aangestoom hoe welaf die oorledene was.

Daar is verskeie begrafnis rekeninge in die Kaapse argief wat aantoon dat brood en koekies ook geëet is tydens begrafnisse. In die begin van die 18de eeu is die etes by die sterfhuis gehou met brood en wyn. Tydens die 18de eeu is daar ook begin om begrafnis rys, rys gekook met borrie en rosyne, saam met vleis voor te sit.

Daar is natuurlik ook nie net by eet gehou nie maar waar kos is drank ook. Gewoonlik is by die etes wyn en bier gedrink. Later het wyn begin om ‘n al hoe belangriker rol te speel, soveel so dat die mense beskonke (wat ‘n mooi woord) huistoe gegaan het

In die ou dae is daar aangevoer dat die mense van ver gekom het en na die begrafnis en dan na die begrafnis is hulle dan vir ‘n ete genooi by die oorledene se huis. Die ete is ook gesien as eerbetoon aan die oorledene en dan is daar ook nog gevoel dat die oorledene dit so sou wou gehad het aangesien die mense sou dink hy is suinig as daar nie ‘n ete by sy huis was nie.

In latere tye het die begrafnis maal sommer in ‘n feesmaal ontwikkel. Met ‘n begrafnis is skape geslag en bure het eetgoed saamgebring. Die tafels het gekreun onder die frikkadelle, sousboontjies, rys en aartappels. Dit was ook tradisie dat ‘n goeie beleë wyn saam met die ete bedien moet word. So het mense dan ook vaatjies wyn bo op die solder saam met hulle kiste gebêre. In 1907 is daar gemeld dat ‘n Kotze van Redelinghuys se begrafnis wyn 53 jaar gestaan en verouder het.

Blykbaar in daardie jare het die predikante gesukkel om die mense te oorreed om nie wyn saam met die maal te bedien nie. Want blykbaar het dit te lekker gegaan op die etes.

Soos die tye verander het die begrafnis etes ook verander. Aangesien mense nie meer dae lank moet rys na ‘n begrafnis toe nie, word daar nog geëet maar op ‘n baie kleiner skaal. Maar eet moet ons eet op ‘n begrafnis al is dit net ‘n toebroodjie.

Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl

Ek luister mos een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.

NAUDESNEK, Rhodes, Noord-Oos Kaap
John Parsons van die Kunsmark op Graaff-Reinet het geskryf om op my en Amore se gesels oor die Naudesnekpas te reageer.
“For me, the best attraction to Rhodes was, and still is, Naude’s Nek Pass. This wonderfully scenic pass, the highest in South Africa at 2159m, climbs 600m in bends and hairpins and ups and downs. For every kilometer there are half a dozen panoramic and spectacular views. The Pass ends in a sharp turn right at the edge of the road over a dizzying drop to the hills below. The view from there is imposing; a panorama of smaller peaks and hills. You must stop to take it in since it seems that you can see as far as a hundred kilometers or, perhaps, more. Far below are glimpses of the road by which you will descend as a white ribbon winding along until it disappears among the hills.”
Naudesnekpas is volgens TV Bulpin se Discovering Southern Africa, op 2920 meter bo seespieël die hoogste bergpas in Suid-Afrika.
Ek het in 1997 tydens ‘n besoek aan Rhodes by Hanna Rheeders se Rubicon Gastehuis oorgebly. Sy het toe ‘n 1891- 1991 Rhodes eeufeesboek wat sy geskryf het, aan my geskenk. Daarin is drie briewe oor die Naudesnekpas opgeneem.
In een brief vertel Oom Koos Botha in 1962 hoe moeilik hulle in November 1895 per ossewatrek oor die Drakensberg getrek het. Die tog het op die plaas Dunley van S Naude begin. Is dit dalk die Naude na wie die pas vernoem is?
Die volgende inligting oor Naudesnekpas kom uit ‘n brief vanaf die Kaapse Argiefbewaarplek, met verwysingnommer 16/5/5/18, maar sonder ‘n datum: Dit sê dat die pad vanaf Rhodes het aanvanklik net tot by die noordelike grens van die plaas Glentilt geloop. Die deel pad vanaf Glentilt na Naudesnek het as “Lehana’s Pass Road” bekend gestaan en was voor 1894 nog net ‘n voetpad. In 1894 het die Depertement van Openbare Werke ‘n pad vanaf Glentilt na Naudesnek begin maak. Dié deel is waarskynlik voor 1900 voltooi. In 1906 het die regering na ‘n versoek van die Rhodes omgewing se Afrikanerbond begin aandag skenk aan die verlenging van hierdie pad vanaf Naudesnek na Maclear. Hierdie deel van die pad is waarskynlik kort na April 1909 vir verkeer oopgestel.
In ‘n ongedateerde brief vanaf ‘n ene Kootjie word gesê dat die pad aan die Maclear kant van die berg en teen Potrivier se berg af deur ‘n mnr Gellatley gemaak is. Hierdie Potriviervallei is op sy eie al klaar ‘n besondere besienswaardigheid.
Leendert Schoeman van Somerset-Wes verken ons land se agterpaaie per motorfiets en hy vertel in ‘n brief aan my dat jy op ‘n helder dag werklik met ‘n verkyker die blou see en wit sand teen die Transkei se Wildekus van Mooidraai in die Naudesnekpas af kan sien. 
 
Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos :
info@explore-sa.com

Glimlag!
 
 


Met apologie aan die meer sensitiewes onder julle:

Nuwe Afrikaanse woorde

Kuberknippie
Dit is darem nou 'n lekker woord vir cybersex.

Vingergeaktiveerdegasaangedrewetabakrolletjieontbrandingstoestelletjie
'n lighter.

Boosdoos
Die Engelse noem dit die dogbox.

Rimpelkring
As iemand regtig 'n @rshole is kan jy hulle 'n rimpelkring noem.

Knaterflater
Soos die Engelse sal se is dit 'n balls-up

Bekotsenswaardig
As iets regtig sleg is.

Wolfdrol
'n Lekker woord vir 'n patat.

Melk-en-koekie-doekie
'n Bikini .

Kombikraal
'n Ander woord vir 'n taxirank

Hoerboer
'n pimp.

Flaterwater
'n Mooi Afrikaanse woord vir Tippex.

Plooipleister
'n Minder mooi woord vir 'makeup'.

Strikkie griep
HIV/VIGS.

Gemoedsbekakking
Dit is as jy depressief is.

Hoerberoerte
Dit kry 'n mens as jy verby jou skarnier kwaad is.

Bergieparfuum
Brandewyn.

Koerhoere
Back-up sangers.

Ponkerlong
'n Ander woord vir liefdemaak.

Doefpoef
'n Plaas toilet of longdrop

 

  Die Danville Hulpgroep  
 

Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf.   Lees asseblief die nuusbrief en kyk of jy kan help.

Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Aflewerings adres:-

286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

PS Bel asb voor jy ry
.

Resepte

Hier is resepte van 'n Word dokument wat iemand my lank gelede gestuur het, ek begin sommer heel voor en werk deur die alfabet:

Boereworspastei

(Bedien ses)
500 g boerewors (oorskiet van braai werk goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas
Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met 'n klont botter en 'n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in 'n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.


Braai-Broodjie

1 pak vetkoek deeg (die wat jy by die supermarkte of bakerye koop)
1 gekapte ui
1 teelepel gekapte knoffel
'n keuse van biltong of 'bacon' (Opsioneel)
1 koppie kaas in blokkies gesny
Plaas deeg (nog in plastieksak) vir ± 1 minuut in mikrogolfoond (Mikrogolf- oond moet op DEFROST gestel wees).
Haal deeg uit plastieksak en maak dit sommer met die hand redelik plat.
Sprinkel uie, knoffel, kaas en biltong/ 'bacon' oor die deeg.
Rol deeg toe en plaas in gesmeerde broodpan.
Bak ± 1 uur by 180ºC in oond.
Haal uit en geniet.
Broodjie is heerlik terwyl nog warm, en heerlik saam met braaivleis.


Brandrissieblatjang

3 uie
10 ml kerriepoeier
2 knoffelhuisies
5 ml mosterdpoeier
500 ml opgesnyde brandrissies/peppadews
5 ml fyn gemmer
250 ml bruin asyn
5 ml gemengde kruie
750 ml appelkooskonfyt
5 ml sout
Skil uie en knoffel en maal saam met die rissies. Voeg asyn by en kook dit ‘n paar minute lank.
Roer res van die bestanddele by, verhit stadig tot kookpunt.
Laat kook +- halfuur tot dik; roer gereeld
Bottel warm en verseël dadelik.


Broccoli Kasserol

10 onse (in die ou taal) gaar broccoli
3 eierwitte
1 blikkie sampioenroomsop
1 koppie vetvry mayonnaise
halwe koppie gerasperde lae vet cheddar kaas
2 eetlepels gemaalde uie
swart peper
6 lae vet fyngemaakte soutkoekies (Salticrax / Bacon Kips)
Meng die broccoli, eierwitte, sop en mayonnaise.
Roer die kaas, uie en peper daarin. G
ooi die mengsel in 'n gesmeerde pan en sprinkel die fyngemaakte koekies bo-oor. Bak by 180 grade tot die sous borrel - omtrent 30 minute. Bedien 6 persone. Geniet dit!


Broccolli Slaai

Broccolli
Spek
Feta kaas
Mayonnaise
Ui
Suiker
Die aand voor ek die slaai maak, was ek die broccolli en sit dit dan in 'n ziplock sakkie, die volgende dag is die broccolli kraakvars en stewig.
Rasper ui en gooi suiker in die gerasperde ui (so 1 eetlepel suiker per ui). Laat vir minstens 'n halfuur staan.
Roer mayonnaise by die ui en suiker mengsel.
Braai spek tot gaar en hou eenkant om af te koel.
Breek broccolli in eetbare blommetjies, probeer die stingeltjies hou - dis die voedsaamste van die hele lot!
Sny fetakaas (of enige kaas indien jy nie van feta hou nie) in blokkies.
Meng alles saam en geniet.
My man eet nie broccolli nie, "never mind" rou, maar hy le nogal weg aan die slaaitjie.


Brood-en-Botterpoeding

10 snye wit brood, korsies afgesny en in groot blokke gesny
½ (125 ml) koppie suiker
3 eetl. botter
4 k (1 liter) melk
4 eiers
Pak blokke brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bak en strooi die suiker bo-oor.
Smelt die botter in die melk.
Klop die eiers goed en voeg die melt-en-bottermengsel daarby. Roer goed deur.
Gooi melkmengsel oor die brood en laat week vir sowat vyf minute.
Bak vir 40min op 180° (tot gestol)
Intussen, maak die bolaag:
1 k (250 ml) botter
2 k suiker
2 eiers
2 tl. vanilla-geursel
Gebruik ‘n elek menger (of voedselverwerker) en meng die botter en suiker tot goed gemeng. Voeg die eiers een vir een by. Klop tot romerig. Voeg vanilla–geursel by.
Smeer oor die gebakte poeding sodra dit uit die oond kom. Werk vinnig want die smeer smelt. Plaas terug in oond en bak vir ‘n verdere 20 min teen 180°.
Bedien met vla indien verkies.


Bruinpoeding Sonder Eiers

3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop
Sout
Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer in.
Sif meel en sout in en meng deeglik.
Stroop:
Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in 'n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook.
Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook.
Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.


Butternut Slaai

1 rou butter nut gerasper
Blikkie perskes of ingelegde mango fyn opgesny
meng met mekaar en laat oornag in die yskas (toegemaak)
Net voor opdiening voeg jy een pakkie aangemaakte pynappel of perske jellie by en meng goed (die jellie moet nie gestol wees nie so waterig is reg, jy hoef ook nie alles te gebruik nie net soveel as wat jy wil). en dis hoe maklik dit is.


Cremora Yskastert

500g sakkie Cremora
1 koppie yskaswater
2 blikkies kondesmelk
250ml suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies
Gooi Cremora in mengbak. Voeg yskaswater by (dit moet yskaswater wees) en klits tot glad. Voeg kondesmelk bly en hou aan klits.
Voeg nou die suurlemoensap by, nie alles op een slag nie, anders word dit nie styf nie. Klits die heel tyd en gooi so kort-kort 'n spuit suurlemoensap by. Dit moet so ongeveer 15 min neem om die hele botteltjie in te spuit. Teen die tyd is die mengsel baie dik.
Pak tennisbeskuitjies in bak uit en skep mengsel bo-oop, en krummel beskuitjies bo-oor. Dit kan dadelik geëet word of in die yskas gebêre word vir later. 

Baie ou Boereraat

Fer slym op di Bors by Kinders: Kook een hand vol wynruit, 'n hand vol als, 'n hand vol boego, gooi daarop 3 bottels water, as dit op die helfte gekook is gooi der, neem dan 1 lb. suiker, doet dit by die water en kook 'n mooi stroop daarfan. Gé 1 télepel fol 3 maal op 'n dag.

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

Die geheim vir vyf wonderlike dinge in die lewe

Wil jy graag die volgende hê:

· Wanneer nare en slegte dinge met jou gebeur word jy daarvan gered.
· Jou lewe word beskerm.
· Jy is gelukkig waar jy woon, werk en leef.
· Jou vyande soek jou bloed en wil jou vernietig, maar hulle kry dit nie reg nie.
· Jy kry bystand en ondersteuning in tyd van siekte.

Jy kan hierdie vyf dinge kry, en ek deel in hierdie artikel hoe jy dit kan bekom.

Jy sal met my saamstem dit sal nogal lekker wees wanneer 'n mens sou kon staatmaak op hierdie vyf punte. Dink maar net aan die mense wat oor jou loop, jou beskinder, jou wil vertrap, jou net die slegte toewens, maar hulle kry dit nie reg nie. Jou vyande raak magteloos, want hul bose planne werk nie uit om jou te vernietig nie. Sal dit nie absoluut fantasties wees nie?!

Dink net, jy beland in die ergste van slegte situasies. Jy weet nie hoe om daaruit te kom nie, 'n donker wolk sak oor jou toe, en jy voel selfmoord is al uitweg. Jy kom by die einde van jou kragte; daar is geen hoop oor nie. En dan word jy uit hierdie omstandighede gered!

Doen die volgende proefneming: vra vir mense wat wil hulle in die lewe wil hê. Nege uit tien mense sal vir jou sê dat hulle net gelukkig wil wees. Niks hiermee verkeerd nie, want jyself streef om gelukkig te wees. Mense soek op allerlei plekke en maniere geluk. Meeste mense glo veral 'n gesonde finansiële posisie is bepalend om gelukkig wees. Dink wanneer jy 'n ernstige geldelike benoudheid ervaar hoedat jy oorloop van bekommernis en angstigheid. Mense se alledaagse lewe draai om geld en geld en geld. Mense sê dikwels ek wil nie 'n miljoenêr wees nie, ek wil net genoeg geld hê vir die nodige dinge en my nie daaroor bekommer nie. Ek wil net genoeg geld hê om gelukkig te wees. Net genoeg geld hê om vir my kinders te sorg. Hoe jy ookal daarna kyk, meeste mense maak 'n redelike direkte verband tussen geld en gelukkig wees.

Gelukkig wees word verder bepaal deur jou verhoudinge. Wanneer dinge tussen jou en jou lewensmaat verkeerd loop, voel jy nie lekker nie. Is die verhouding met jou kind nie reg nie, bekommer dit jou. Gebeur iets by die werk en 'n kollega tree verkeerd op teen jou, versuur dit jou dag. In die laat nag rol jy rond en probeer oplossings vind.

Wil jy gelukkig wees - regtig egtig gelukkig wees? Wel, vandag gee ek jou die geheim hiervoor.

Vyf aspekte wat jou lewe raak en ons smag almal daarna: om gered te word van slegte dinge, jou lewe word beskerm, jy is werklik gelukkig, jou vyande wil jou vernietig maar kry dit nie reg nie, en bystand wanneer jy deur siekte geteister word.

Ek weet wat jy nou gaan sê, "dit sal goed wees indien dit so kan wees, maar in hierdie lewe werk dit nou eenmaal nie so nie."

Maar wag, ek het nog meer vir jou in vandag se verrassingspakket. Daar is 'n BONUS! En die bonus is 'n waarborg.

Die vyf dinge is nie net moontlik nie, maar word goedgekeur en gewaarborg deur die Skepper van hemel en aarde. WOW! - dis nou 'n 'deal of a life time!'

Jy kan dit kry. Maar hoe? - wag ek gaan jou nou van die geheim, sowel as van die waarborg, vertel.

Hierbo het ek vir jou vyf van die beste en wonderlikste dinge neergeskryf wat biljoene mense op aarde begeer en nooit werklik vind nie. Vandag deel ek met jou die geheim, die metode om daarby uit te kom. En nee, jy hoef nie 'n program by my aan te koop nie, jy hoef ook nie my wonderlike self-help boek hiervoor aan te skaf nie. Vandag, gee ek hierdie geheim gratis en verniet aan jou, want dis gratis en deur genade aan my gegee.

Die geheim tot hierdie vyf mees fantastiese beloftes is...

Jy moet omsien na die swakke en na die arm mens.
Dis reg, dis wat jy moet doen.

Dis al, eenvoudig en reguit op die punt af: Jy moet omsien na die swakke en na die arm mens en hierdie vyf wonderlike beloftes sal jy ontvang.

Hoeveel gee jy om en hoeveel doen jy vir arm mense? 'n Bedelaar kom vra jou 'n geldjie en jy sê vererg: "Ek het nie nou geld by nie. Nee, loop ek is haastig, ek het nie nou tyd nie."

Hoeveel arm mense het jy die afgelope week gehelp? Hoeveel keer het jy die afgelope jaar uit jou pad gegaan om 'n arm mens tegemoet te kom en by te staan?

Ly jy ook aan die 'ek-wil-hê-sindroom'? In die tydsgewrig waarin ons lewe, wil almal net hê en hê en nog meer hê.

Wie is dit egter wat moet gee?

Wil jy graag die vyf beloftes in jou lewe laat waar word? Jy sal moet leer om te gee. Jou hande kan eers oopgaan om te ontvang wanneer jy gee.

Hoeveel mense is in nood rondom jou? Draai jy elke keer die koue skouer, want jy is self so vasgvang jou eie wêreld van bekommernis, kwelling, werk en geld verdien, probleme, veg vir oorlewing, dat jy eenvoudig nie tyd en krag vir sukkelende mense oor het nie. In hierdie nuwe Suid-Afrika is dit elkeen vir homself en die duiwel vir die res.

Daar is baie swakkes onder ons. Mense wat dit in hierdie lewe nie maak nie. Hulle ploeter voort en dit gaan swaar met hulle. Die sterkes vertrap die swakkes met woorde, meerdere kennis en magsdade. Die rykes word net ryker en met die armes gaan dit al meer ellendig. Doen jy ook mee om die swakkes deur jou woorde en houding verder te vertrap? Of is jy bloot net ongeïnteresseerd en passief teenoor hulle?

Is jy bereid om af te buk, hulle aan die hand te vat en uit die ellende op te trek? Hoeveel keer het jy al goed aan swakkes gedoen? Een keer, tien keer, honderd keer... maar is dit genoeg?

"Ja maar, ek sukkel self so om kop bo water te hou, ek kan regtig nie nou nog vir ander ook gee nie." Wel, iemand het by geleentheid gesê: "As jy ontevrede is met dit wat jy in jou lewe ontvang het, help iemand wat minder as jy het."

Kan jy werklik 'n goeie lewenskwaliteit verwag wanneer jy die ellende en hartseer van mense rondom jou raaksien, en dit ignoreer en niks daaraan doen nie? Adrio König het gesê: "'n Lewe gelewe vir ander: dít bepaal lewenskwaliteit."

Die geheim: Sien om na die swakke en na die arm mens.
Die waarborg:

*Psalm 41:2-4: "Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke en arme, want (1) die Here sal hom red in die dag van onheil en nood;

(2) die Here sal hom bewaar, beskerm en in die lewe hou;
(3) hy sal gelukkig gemaak word en die hele land sal praat oor hoe goed dit met hom gaan.
(4) die Here sal hom nie oorgee aan die begeertes en wraaksug van sy vyande nie;
(5) die Here sal hom ondersteun in sy siekbed en genees."

*[1933/53 en 1983 Afrikaanse Vertaling; New International Version]

Verwag jy werklik dat dit met jou goed moet gaan wanneer jy net wil kyk hoeveel jy kan inpalm sonder om na jou naaste om te sien?!

Jy wil graag van slegte dinge gered geword en jou lewe beskerm word. Jy wil gelukkig wees. Jy wil beskerming kry teen jou vyande, sodat hulle dit nie regkry om jou te vernietig nie. Wanneer siekte jou teister wil jy graag die Here se bystand ondervind.

Al hierdie dinge is moontlik, maar eerstens het jy 'n roeping en verantwoordelikheid teenoor swakkes en die arm mense wat jou nodig het. Ja, dit gaan inderdaad goed met die mens wat omsien na sy naaste in nood.

Nóú het jy 'n keuse, jy kan dit doen en kyk of dit werk óf jy kan reken dis belaglike voorstel en dit nie doen nie. Maar waarom probeer jy nie 'n keer nie? Kyk of dit werk, gee jou beste vir die swakke en arme en kyk wat gebeur. Jy kan immers nie veel verloor nie, maar indien dit werk, wen jy soveel van hierdie vyf wonderlike beloftes wat aan ons gemaak word.

'n Sprankie wysheid vir die dag

"Ek is net een, maar ek is één. Ek kan nie álles doen nie, maar ek kan iets doen." - Moeder Teresa -
  

Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za

Skakels

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans - Klik hier

Lees alles oor Bloedrivier: Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop @ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus Roelof of Ronel by 012-3332932

Teken in /Teken uit / Kontak

Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.

Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart!