|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Hier is sommer baie leesstof, so sit terug en geniet jouself.
Ek gaan verder
met die alfabet met die resepte, gaan kyk maar verder na onder na
Resepte.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Ek het 'n verskeidenheid skrywers
wat bydraes lewer, gaan lees gerus ondertoe.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum
boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis
heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Ons gaan
gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek,
uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker
manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit
sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en
probeer dan die regte ding. Probeer gerus,
Klik hier
en geniet.
Dit is vir my 'n
voorreg om onbekende Afrikaanse skrywers se werk hier te plaas. Marianne de Klerk
het vir my 'n paar stories gestuur wat deur haar ma geskryf is.
Juweeltjies soos hierdie wat deur gewone mense (wat nie erkende skrywers
is nie) geskryf word, moet bewaar word.
Wens ma was my
sussie.
Lana vryf saggies oor die ronde magie. Amper tyd dat die baba kom dink
ek, dis moeilik so teen die einde se kant. Sit of staan of lê, ongemak
in elke beweging. Jy staan moeg op van min slaap en gaan slaap moeg van
‘n rustelose dag. Die baba is groot het die dr gese, jy moet weer oor
twee weke kom, dan kan ons weer oor ‘n datum praat.
Ek kriewel, niemand het nog ‘n babatee gereel nie. Dis winter een van
die koudste winters in my heugenis en die tyd loop uit.
Sy is een van my pasella kinders. Die wie ek nie nodig gehad het om
groot te maak nie.Ek moes haar nie dokter as sy siek was nie, was nie
daar in haar moeilike tienderjare, met al sy deurmekaar emosies en
hartseer nie. Haar eie ma was daar…………ek het net die meisiekind bygekry,
so sonder dat ek daarvoor moes werk en opoffer.
Haar swangerskap is groot vreugde vir ons, die kleinste enetjie al vier
jaar oud, ons mis ‘n baba in die familie. Dan waag ek dit….. het iemand
al ‘n babatee gereel? Vra ek.
Dis eintlik ‘n verassing vir my, sê sy. Het my broer se vrou of my ma
nog nie gebel nie? Nee sê ek as ek my tong, wat ek vasgebyt het,
uiteindelik laat los. Ek is jammer, het maar net gewonder, Marianne het
ook al gevra…..
‘n Dag later bel haar ma, oor en weer vra hoe dit gaan, dan reel sy die
baba tee, daar is min tyd sê sy, volgende naweek is te gou en die een
daarna gaan ons Groet die Grotman kyk. Ek het maande gelede al die
kaartjies gekoop.
Die derde naweek van nou af word uiteindelik besluit, waar? Daar by jou,
dis nader vir almal. My oë gly oor die beknopte sitkamertjie, hoeveel
dames? Wil ek weet, so drieentwintig…………… Die manne sal bring en braai
hou daar by Lana se huis.
Ek bel my meisiekind in Pretoria, die naweek van 15 Julie, kan jy dit
maak? Stilte, ja, sal plan maak., Buks het ‘n motorfiets rit aan, maar
ek en die seuns sal vroeg kom. Wat bak ons? Weet ma ek het al ‘n sak vol
babaklere gekoop. Weet ma wat is nog nodig, dan kry ek dit.
Ek sluk, sy is nie ‘n pasella kind nie, ek het haar gedra en getroos as
sy siek was. Ek was daar toe sy haar eerste paar sykouse probeer het.
Wankelrig op hoë hakskoene haar balans en waardigheid probeer behou
het.Ek was daar met haar eerste liefdes teleurstelling.
Ek was daar toe ek meer as eenkeer jammer moes se oor misverstande en
ongeduld aan my kant. Sy was daar toe ek haar nodig gehad het, sy was
altyd daar, my enigste meisiekind.
Ons klets verder oor haar werk, die kinders. Dit gaan rof se sy, ek was
alleen op kantoor. Een klerk het verlof, my baas is afsiek en die ander
klerk het nie opgedaag nie.
Die verkeer was erg op pad huistoe. Ek hoor hoe moeg sy is, wens ek was
daar om te help, lekker slaap, lief jou.
Ek staan vroeg op, maak skoon en bak ietsie vir die partyjie, soos altyd
hou ek die pad dop, wag dat hulle moet kom. Bronkhorsspruit, kry ek die
sms, nog so ander uur dan is sy hier….. ek wag.
Tienuur hou sy voor die deur stil. Koffie vra sy, ons doen dit soos
altyd. Kuier lekker, opgewonde oor die baba wat kom Haar kinders is
albei op hoërskool. So lus om weer ‘n klein lyfie vas tehou, droom sy
ons altwee se gedagtes.
Elfuur…… ma? waag sy dit, wie gaan die tafel dek? Die mense kom
twaalfuur. Ek weet nie, sê ek . Niemand het niks gerëel nie. Ek het die
koppies en koekvurkies en alles gewas. Koffie en tee alles is reg. Ek
weet nie hoe hulle die plek wil opmaak nie.
Kom ons dek die tafel, hulle kan maar kom skuif as dit nodig is. Ons
maak reg….eers die koekbordjies en dan die koppies. Sy praat met my en
met haarself. Vier hande ons vat soos een.
Die gaste begin opdaag, ons ken nie regtig die mense nie. Ek mis
Marianne hier langs my, glimlag as ek sien hoe sy ‘n stil, eenkant
vroutjie geselskap hou.
Lana se skoonsuster kom met ballonne en eetgoed. Koeke en alles wat
lekker is. Almal dra aan. Ek geniet dit om te kyk wat elkeen bring en
later om te sien wat elkeen opskep. Die soettand bring koeke en terte
die wat nie van soetgoed hou nie bring vleisrolletjies en broodjies en
elkeen eet min of meer wat hulle gebring het.
Strammerig is die geselskap, ons praat later oor ons kleinkinders, dit
werk,. Ons is amper almal mas of oumas en elkeen het ‘n storie om te
vertel.
Waar is jou ma, hoor ek iemand vra. Sy het gebel, sy sal bietjie laat
wees, het eers haar naels laat doen. Sy kom later en ons skink en eet
koek en kuier.
Die geskenkies is ‘n hele wasgoed mandjie vol, ons pak dit onder die
tafel weg en kuier nog ‘n rukkie.
Dan begin die dames groet. Lekker gekuier sê hulle, dit was goed om
julle te ontmoet. Ons help die geskenkies in die kar pak. Die baie koek
wat oor was.
Dan is ons twee weer alleen soos vanoggend.
Ek tap water in die opwasbak. Sy vra nie wie gaan was of afdroog nie.
Warm, seepskuim, ek was. Sy hak die vaddoek van die hakkie af en begin
afdroog.
Ek wens sê sy na ‘n rukkie, ek wens ma was my sussie……… Wanbegrip op my
gesig en in my oë…….Dan kon ma baie langer by my bly. Die nat vaddoek
gly uit my hande en vedwyn onder die seepskuim. Ek druk my oë teen my
trui se mou vas. …. My ma het my geleer, mens vee nie jou trane met ‘n
vaddoek nie.
Sy sit haar afdroog vadoek op die kas neer … loop agter my verby……. Ek
kom nou weer. My ma het gesê ek mag nie in my vaddoek huil nie, fluister
sy.
Estelle is werksaam by die
Republikein,
die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Sy het spesial versoek dat ek
die volgende plaas, ek doen dit met graagte:
Herfs
DIE herfs het vanjaar saggies gekom. Ongemerk het hy in die nanag deur
die kamervenster gekruip en op my kussing kom sit.
Herfs in Namibië is 'n skaam seisoen. Anders as in Europa en Amerika
waar die herfs ronddans in 'n veelkeurige gewaad van goud, oranje, geel,
bruin en koper, is die plaaslike herfs maar inkennig. G'n niks
opspraakwekkends of vertonerig nie. Sku en effe windverwaai is ons herfs.
Hier by ons verander die seisoene met 'n geleidelike, skalkse beweging
wat jy skaars merkbaar uit die hoek van jou oog kan sien, al let jy
noukeurig op en konsentreer jy so wat jy kan.
Aan die beweging van die blare en die ritseling tussen die takke van die
frangipani in die vroeë oggendure, voel jy die herfs. In die verlate
voëlnessies sien jy hom. In die smaak van heuning proe jy hom en in die
geur van vars kruisement, marjolein en tiemie in die kruietuin ruik jy
die herfs soos hy suutjies sy intrek in jou tuin neem. En in die klank
van 'n onverwagte reënbuitjie op die sinkdak kort voor sonsonder hoor jy
hom.
Sonder ophaal en trompetgeskal het die somer plek gemaak vir die herfs.
Ek lees weer opnuut John Keats en sy ode aan die herfs. Dit is
asembenemend mooi in 'n noordelike halfrond konteks, maar vreemd,
oningelig en onvanpas vir ons suidelike Afrika herfs. Ek sien 'n Engelse
landelike herfs as ek Keats se woorde oor my tong laat spoel en ervaar
nie die plotseling koel nasomer-briesie wat my onverwags op 'n
Donderdagoggend verras as ek my voordeur in Windhoek oopmaak nie.
Skielik besef jy, weet jy sonder wonder: die herfs is hier.
Het ek tog maar die woorde van 'n digter of 'n romanskrywer wat
timmerend voor sy spreekwoordelike stuk marmer kon sit en die nuanses
van die seisoen uit die klip terg! Kon ek maar net die letters vind
sodat ek die woorde kon bou om die varsheid in my gemoed met die koms
van die herf vas te pen! As ek net die skanse, wat daaglikse harde,
feitelike verslaggewing oor koue gebeure en politieke geradbraak in my
skryfvingers ingebou het, soos onkruid uit my tuin kon pluk, sou die
woorde dalk kom.
Maar hier sit ek, vasgenael voor die klawerbord van my rekenaar met my
vingers wat stram teen die sleutels beur in 'n magtelose poging om die
ligte fladdering van die herfs in my hart op skrif te stel en met ander
te deel.
Ek dans in die herfs, ná die versengende wit en blou somerdae bes gegee
het en voor die winter jou kom toevou met sy dik jasse en versmoor met
sy kunsmatige hitte. Ek draai tiekie om die hoek van die seisoene en
klik my skoene se hakke op die houtvloer sodat ek die klank van die
herfs in my gebeendere kan ervaar. Ek gooi sommer vir niks my arms in
die lug en snuif gulsig die smaak van die herfs in as ek douvoordag
uitstap op my stoep.
Dit is goed dat jy weer gekom het, Herfs, net toe ek dink die somer gaan
nooit einde kry nie en die hitte nooit wyk nie. Dit is lekker om jou
hier te hê. Bly asseblief lank vanjaar. Die winter kan wag.
Hulp vir die
mense bt Coronation Park - Krugersdorp dam |
Ek het ondersoek ingestel en het vasgestel dat
hierdie nood werlik bestaan - Jakob Zuma was nou die dag verbaas
oor die haglike omstandighede van die blankes by Andeon in Pretoria,
hierdie is nog so 'n geval -Peter
Vir die wat nie
bewus is daarvan nie hiermee besonderhede van die blanke plakkerskamp by
die Krugersdorpdam. Ek was Saterdag weer daar en word elke keer opnuut
bewus van die aaklige omstandighede van hierdie mense. As jy enigsins
kanhelp kontak my groot asseblief ... ONS MOET HIERDIE MENSE HELP.
Tans is daar 83 gesinne en omtrent 60 kinders betrokke. Ons wag vir
gesinne lys vanaf Hugo die persoon wat die park/kamp ordelik te probeer
bestuur, en sy skoonpa (een op 'n tyd die hoofkok op die bloutrein van
transnet) is verantwoordelik vir die sopkombuis. Hugo se vrou Irene sorg
dat die ablusieblokke skoonbly,sien om na die siekes. Die algehele
omstandighede daar is benard en bly die mense in haglike omstandighede.
Daar het intussen nog drie gesinne ingekom.. Chris, Riekie en Marietjie
(4) het in hul motor gebly totdat vriende 'n tent verskaf het Saterdag...
ons het ook komberse gegee en kussings, maar hulle benodig alles waarmee
mens huis moet hou... hulle het niks, niks, niks. So ook Jan (52 +
large) en Santi (43 + 38) het ook niks, niks niks. (hulle bly tans in
die stoorkamertjie maar moet plek maak sodat kos en klere gestoor
kanword. Geen kos word uitgedeel aan die mense nie, en dit word gehou
vir die sopkombuis. As daar ekstra brood, groente en vrugte is word dit
wel uitgedeel.
Ons het dringend die volgende artikels nodig. Hierdie mense is baie en
meer as bereid om baie van die werk sal te doen. Hulle oorleef
wonderbaarlik onder hierdie haglike omstandighede....
Die ablusie blokke het slegs 2 baddens, 2 storte en 3 toilette in, vir
die mans en dames afsonderlik., met slegs sementvloer. En hierdie 230
mense moet dit elke dag gebruik.
Die brood nodigste om mee te begin:- (Ja die lys is baie lank, want daar
is niks., niks niks.)
· Tente of enige seile om tente waterdig te maak.
· Ou karavane.
· Zozo hutte.
· Enige beskutting waar kleuters gehuisves kanword om te speel en in te
kleur. (Ren het rol draad om dit te omhein) Sonja van St Mary's
kinderhuis het ook klimraam vir die kleintjies geskenk)
· Enige speelgoed vir die kinders. (daar is omtrent 60. ek wag vir 'n
lys met name en ouderdomme vanaf Hugo.
· Enige hout, spykers en skroewe. (daar is 3 skrynwerkers wat nie werk
het nie en hulle kanhutte of beskuttings hiermee bou.)
· Sinkplate.
· Enige staal (Hugo het sweismasjien om tafels en beskuttings mee te
maak.)
· Ou hout pallets om in skuilings te sit om te dien as 'n vloer... die
grond bly nat en koud).
· komberse en kussings.
· enige wol en breipenne (meeste van die dames kanbrei, en sal vir die
kinders en oumense bedsokkies kanbrei.)
· Naaldwerkmasjien en gare ( baie dames kanklere maak, en sal help met
die heelmaak van klere wat stukkend is.)
· sement. ( in die lapa en die vloer voor die kombuisie. huidiglik net
grond en modder)
· Beligting. Ligte om buite op te sit vir die nag as iemand toilet toe
moet gaan asook veiligheid..
· Hulle benodig 10 florecent ligte 4vt, 5vt en 6 vt.
· Een van die groot geyser het gebars - kanheeltgemaak word, maar
dalkies het iemand 'n ander geyser om te skenk. (ander benodig ons 16
Brazing Rods. Hugo reken hy sal die geyser kanregmaak..
· Plasiese tafels en stoele.
· As iemand weet van afdak om voor die sopkombuis op te sit.
· Skoonmaakmiddels. Die badkamers is groot gesondheisrisiko..
· Enige baba badmiddels, medisyne, poeier, weggooidoeke ens. (babas is 1
maand 3mde, 4mde, 1half jaar, een dame gaan oor 'n maand baba he, baie
kleuters en laerskoolkinders.....
· Kinderklere.
· Elektriese draad en trip skakelaars. (vir nuwe bedrading.)
· Gas bottels. en stofies. Hulle ondervind oneindig baie
kragonderbrekenings...
· Enige medikasie, hoesgoed en pleisters, Savlon, rome. Daar is nie geld
vir hospitaal as iemand seerkry nie... en met die 60 kinders daar is dit
groot probleem. Iemand het noodhulpkissie voorsien.. maar ons het nodig
om dit gedurig op te vul.
· Babakos en melk. Purity No 1 (melk) Ryspap (nestle No 1.) NANNo 1.
· Sambrele vir skaduwee.
· Enige kos, blikkies, sop, pasta, groente en vrugte ens vir die
sopkombuis. dit word daar toegesluit en word beheer deur die kok Simon.
Tans kry die inwonders net elke tweede dag kos.
· teels en teelsement.... as ons die badkomers kanteel sal dit ook meer
higenies wees. Tans is dit 'n masiewe probleem.
· Energie besparings gloeilampies.
· Swartsakke vir gemors en skoonmaak van terrein.
· Enige ou tuingereedskap, grasmasjiene en kantsnywers... Die
munisipaliteit maak nie die terrein skoon nie.
Hugo het 'n bakkie en is bereid om enige skenkings te gaan afhaal indien
die skenker nie kan nie.
Hugo benodig 'n borg. die kinders se skoolfonds is groot probleem. Die
eerste R350.00 van elke kind moet betaal word en is vir boekgelde. Die
res word afgeskryf. Die ouers het bloot net nie die R350.00 nie. Daar is
enkeles wat wel werk maar dit word gebruik vir oorlewing.
Ek hoop regtig dat ons so 'n klein bietjie die nood van verlig... ons
sal dit nooit nooit heeltemal kan verander nie.
Die kinders en oumense is die grootste prioriteit.
Dankie vir jou tyd..ek waardeer dit opreg. Maar gepraat van waardeer
moet jy daardie gesigte sien as ons goedere soontoe neem. Die kinders
het saterdag elkeen 'n groot pakkie smarties gekry, en dit was
Kersfees!.
Lekker dag verder... praat later.
Baie liefde.
Petra Swiegers
Saturn Consultants
Member of Masterhead
FSB 10548
Tel: 011 794 9819
Fax: 011 794 3885
Cell: 083 267 7707
petren@iafrica.com
Sopas verneem dat Huisgenoot nog twee van my stories
onder Blaaskans gaan publiseer, ek dink die eerste een is in die
Vadersdag-uitgawe van 5 Junie. Kyk maar uit daarvoor!
Lize Kuhn
se Briewe uit Singapoer |
Nog iets nuuts,
lees van Lize se wedervaringe in Singapoer. Julle kan haar kontak by
lize.e.kuhn@gmail.com
Lize het vir my een van haar komiese vertellings
gestuur en my dood voor die oë gesweer as ek dit sou publiseer, as julle
nuuskierig is vra haar maar self.
Volkskultuurdag te Paardekraalmonument op 31 Mei 2008 |
Vir meer
inligting,
klik hier.
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans.
Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort
dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is
betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by
jou.
Klik gerus hier en kyk
na haar resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! As jy
besluit om van haar boeke te bestel en jy noem dat jy daarvan hier te
hore gekom het, sluit sy my Kampkosresepteboek gratis in!
Groot nuus! Anna het sopas nog drie
samestellings die lig laat sien!
(1) n Bordvol peuselhappies
(2) Japtrap etes-Sonder al die sjlep
(3)Souse, doopsouse, smere en botters.
Prys R50 elk.
Indien sy bewys van betaling ontvang, stuur sy n samestelling van 15
verskillende blatjang resepte.
Kontak
sommer dadelik vir Anna en plaas jou bestelling:
anna@minimax.cc
.
of 0822946799
Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Ek het hulle nuutste katalogus
sopas ontvang.
Regs klik hier om dit af te laai.
Daar is ook 'n groot versameling Africana te
kry by
www.abebooks.com . Tik net Africana in die soekblokkie
Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die
Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....
Dirk Laas
Oom Dirk is
natuurlik Johan Laas — een van ons voorste musikante — se pa. Johan
was leier van die eerste Musiekfabriek op TV 2 voordat Johan Stemmet
oorgeneem het as programaanbieder.
Oorlede oom Dirk was veral bekend vir sy opbou en speel van akkoorde.
Hy het gesang 12 so verwerk dat selfs Flippie van Vuuren nie die
wysie kon identifiseer nie! Hy was so versot op Boeremusiek dat hy
baie duisende myle afgelê het om saam met boeremusiek-vriende te
wees. Hy het selfs met Manie Erasmus oor Boeremusiek gekorrespondeer.
Dit is dan dalk ook nie toeval dat oom Dirk met sy konsertina in die
hand gesterf het nie. Dirk Laas is aan 'n hartaanval oorlede tydens
'n optrede van sy orkes op Nuwejaarsdag. Hy het op oom Alwyn Gouws
se voete gesterf. Oom Alwyn het vir hom trekklavier gespeel en is
een van die Gilde se staatmakers in die Vrystaat.
|
 |
Bron: 15 Goue
Jare: 1989-2004 Boeremusiekgilde
Regs klik hier
om 'n dokument met 'n verskeidenheid lekker Afrikaanse resepte af te
laai.
Peterjasie se
Boererate eBoek |
eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur
sommer per epos en jy betal dan die bedrag in my rekening in, so maklik
soos dit.
Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat
my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate
en Verbruikerswenke" eBoek
|
|
|
Nog iets nuut, ek skryf ook nou en
dan en op sy tyd kan ek poësie ook lees. Ons Afrikaanse onnie op skool was
besonders en het my 'n liefde daarvoor laat aankweek. Dit wys net weerens
hoe 'n mooi taal Afrikaans is. Ek begin met een van my gunstelinge:
In die Hoëveld
Toon van den Heever
In die Hoëveld,
waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar 'n mens nog vry kan asemhaal en aan 'n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.
En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
Sawens as ek bees of skaap toe ry.
Op die Hoëveld
waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(Die ylblou bring 'n knop dan in jou keel)
Staan my huisie nog en wag vir my, wag al 'n jaar of tien,
Waar die bokkies op die leigrafstene speel.
Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gamaak het as 'n kind.
Kos stories -
Frik Lombaard |
Kaap Maleiers en hulle kos
Alles wat in hierdie artikel is kom uit die boek getiteld The Culture and
Cuisine of the Cape Malays deur Cass Abraham’s. Dit is nie net ‘n kookboek
nie, maar ‘n boek wat hulle kultuur ook vir ons beskryf.
Kos speel ‘n belangrike rol in die Maleisiese gemeenskap en dit staan
sentraal in hulle geloof en familie feeste. Wanneer ‘n Maleier mense uitnooi
vir ‘n ete sal hy niyyat uitspreek. Op die feeste kan mense dan van die kos
in servette toedraai en huistoe neem.
Anders as ons Westerlinge beskou hulle dit nie as ongeskik as mense dit doen
nie. Volgens hulle tradisie behoort die kos nie aan die gasheer nie maar aan
die gaste. Hulle sê dit nie maar ek dink hulle sal dit as ‘n kompliment sien
wanneer ‘n gas van hulle kos huistoe neem.
Hier volg ‘n paar wenke uit die boek oor hoe om die perfekte bredie to kook.
• Die beste vleis om te gebruik is lam robbetjies wat in 2 cm stukke gesny
is.
• Verbruin die vleis saam met die uie en speserye voordat groente bygevoeg
word.
• Groente moet altyd gekap of gesny word en rou bygevoeg word.
• Moet nie die vleis kook in water of vleissous nie want dit maak die vleis
taai.
• Hou die temperatuur konstant, medium hitte, sodat die bredie vir ‘n paar
uur kan staan en kook.
• Moet nie vloeistof bygooi nie, want die sous van die groente is genoegsaam.
• Bedien bredies saam met rys. (EK ken ‘n paar mense wat nie sal skroom om
bredie en pap saam te eet nie).
• Nog iets wat ek gesien het in hulle bredie resepte is dat hulle die uie,
peper korrels en knoffel eers kook in sowat 250 ml water. Die mengsel moet
kook totdat al die water opgekook is en dan word olie bygevoeg en dit
gebraai.
Bredies word almal op dieselfde basiese manier gemaak. Dit is egter die
verskillende speserye wat die smaak verander. Bredies moet ook liefs eers ‘n
dag nadat hulle gemaak is bedien word. So kan die smake dan goed met mekaar
trou. Bredies wat op ‘n oop vuur gemaak word smaak nog die beste. Dit noem
ons Potjiekos.
Ek plaas nie resepte op die nuusbrief nie maar hier gaan ek ‘n uitsondering
maak. Hierdie resep het my oog gevang.
Vinnige Vis Kerrie
1 Groot ui gesny
1 e Olie
5 huisies knoffel
1 Groen Chillies
2 Groot Tamaties gekap
1 t elk Masala, Komein en Koljander
2 ml Borrie
3 Klein blikkies sardientjies in olie, gedreineer
6 Hardgekookte eiers gehalveer
25 ml Vars gekapte koljander
Braai uie in olie tot sag
Maak rissie en knoffel fyn en voeg by die uie
Voeg tamaties en speserye by uie mengsel
Prut vir 10 minute totdat sous dik word
Voeg sardientjies en eiers versigtig by
Skep van die sous oor die sardientjies en eiers
Sprinkel Koljander blare oor en bedien met rys
Agterpad Reisnotas -
versamel deur Braham van Zyl |
Ek luister mos een
Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met
Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg
een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te
kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief
uit.
GRAVELOTTE & LEYDSDORP; Limpopo
Provinsie
My en Amore se gesels oor een van die sirkelpaaie wat vanaf Tzaneen en terug
loop, naamlik dié na Leydsdorp en Gravelotte, het heelwat reaksie by
luisteraars na RSG uitgelok.
Sarel Botha van Pietersburg vertel dat hy in 1962 op Gravelotte in standard
5 was. Hy skryf, “ Gedurende daardie jare was daar nog ‘n bietjie lewe in
Leydsdorp en daar was toe nog ‘n polisiestasie, ‘n hof, ‘n hospitaal en ‘n
hotel. Vandag is nog net die hotel oor”.
Susie Brink van Tzaneen het geskryf en vertel dat haar vader, CJ Oosthuizen,
wie in 1947 van Calitzdorp af na Gravelotte verhuis het, op ‘n tyd die
eienaar van die plaas waarop die ou groot kremetartboom tussen Gravelotte en
Leydsdorp staan was. Sy sê dat daar op ‘n tyd ‘n kroeg en ook ‘n poskantoor
uit daardie kremetartboom se uitgeholde stam bedryf is.
Ds Louis Pienaar van Ellisras skryf en vertel, “Gravelotte is ryk aan
allerhande goete. Die ou JCI-myn [hy het nou ‘n ander naam] produseer
grotendeels antimoon, en byna net soveel goud. Daar is baie smarag in die
omgewing en ook pragtige leiklip met die wonderlikste groen daarin. Vir die
res is dit beeswêreld, met nog ‘n klomp wild tussen-in. Dis mopaniewêreld.
Die boomblare is baie goeie voer vir wild en vee. Die mopaniewurms, wat ook
die mopanieboom se blare vreet, is weer ‘n proteïenryke kos vir die
plaaslike bevolking. Die binnegoed word uitgedruk en dan gebraai. In die
winkels word dit in gemaalde vorm verkoop. Die Selatirivier wat bo in die
Drakensberge in die huidige Lekgalametsi Natuurreservaat ontspring, loop in
daardie wêreld en word baie vir besproeiing gebruik.”
BPJ Erasmus se boek On route in South Africa, meld dat Gravelotte se naam
vanuit die Frans Pruisiese Oorlog (1870 – 1871) kom, toe ‘n ene Fritz Reuter
by die Europese Gravelotte ‘n belofte gemaak het dat hy sy lewe aan die
sending sou wy indien hy hierdie veldslag sou oorleef. Hy het, en het toe
die Medingen sendingstasie 10 km noord-oos van Duiwelskloof gestig, maar
later ‘n plaas naby die huidige Gravelotte gekoop en dit toe na die veldslag
waar hy die gelofte gemaak het, vernoem.
Jan de Welzim het na die program uitgesaai is geskryf en vertel dat sy
oupagrootjie en twee maats na hierdie Frans Pruisiese Oorlog na Suid-Afrika
gekom het, en hy wonder of dié Reuter nie dalk sy oupa kon wees nie. Ek kon
hom ongelukkig nie met inligting help nie.
Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy
reisbeskrywings direk van hom af! e-pos :
info@explore-sa.com
|
|
|
Ek is betrokke by
hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae
kan maak nie, besoek ook hulle
webwerf.
Lees asseblief die nuusbrief en kyk of jy kan help.
Nuusbrief 2 Mei 2008
Goeiemôre vriende,
Ek hoop en bid dat almal geseënde paastyd en Hemelvaartdag beleef het. Al
ons eer en dank aan ons Hemelse Vader wat vir ons sondes gely, gesterf en
weer opgestaan het. Sonder HOM is ons nietig. Die sukses van ons projek is
slegs te danke aan ons getroue Vader se werking in die harte van al ons
ondersteuners. Daarvoor kan ons nie genoeg dankie sê nie.
BLOUDAKKIES OUETEHUIS (Danville ouetehuis)
Die afgelope weke was daar weer sterfgevalle, wat almal diep geraak het. Ons
harte gaan uit na die bejaardes en glo dat hulle vertroosting sal vind. Met
tannie Martie ons regterhand en staatmaker se gesondheid gaan die ook glad
nie goed nie, sy het erge rugprobleme, maar sy doen meer as haar deel elke
dag tenspyte van konstante pyn.
OUERDAGFUNKSIE (Moedersdag/Vadersdag saam) 160 Bejaardes
Op kort kennisgewing het ons besluit om die funksie Dinsdag die 6e Mei om
10:30 te hou. Ons beplan 'n braaivleis en daar sal ook 'n sanger wees om die
bejaardes te onthaal. Hierdie is dan ook op dieselfde dag wat ons gewoonlik
vir die 160 bejaardes kos gee. Die bejaardes sien alreeds baie uit na die
funksie.
Ons benodig die volgende items as daar iemand is wat kans sien om ietsie by
te dra sal dit meer as welkom wees asb.
(Vir 160 persone)
Wors
Tjops
Mieliemeel
Tamaties
Uie
Blaarslaai
Aartappels
Mayonaise
Eiers
Blikkies vrugte
Vla
Roomys
120 liters vrugtesap
ALGEMEEN
Ons het geen kruideniersware meer om uit te deel nie. As daar mense is wat
dalk ou klere het wat ons kan verkoop om fondse in te kry vir die aankoop
van kos sal ek baie dankbaar wees. Enige goeie bruikbare, heel items is meer
as welkom asb. Ek het nie 'n bakkie op die oomblik nie - help my asb deur
die items by my huis af te lewer.
Ons benodig ook warm klere en komberse. Dink maar aan die projek wanneer die
kaste skoongemaak en geruil word vir die winter.
Dit dan vinnig die belangrikste nuus in 'n neutedop.
Ek vertrou dat almal wat met vakansie was weer veilig terug by die huis is.
Mooi loop
Elsab Blignaut
Sel: 0828282551
Huis: 012 991 3914
Faks: 0129912073
Webwerf: wwwdanvillehulp.co.za
E.pos: elecnet@mweb.co.za
Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926
Aflewerings adres:-
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
PS Bel asb voor jy ry.
Hier is resepte van 'n Word dokument wat iemand my lank gelede gestuur het,
ek begin sommer heel voor en werk deur die alfabet:
Ertjie Slaai
1 x Blik ertjies
1 x Blik botterbone (Die wit groot bone)
1 x Medium ui
1 x Medium Green pepper
¾ koppie mayonaise
½ koppie gedroogte saltanas \ 2 x Piesangs \ Geblikte perskes - vyn opgesny
¼ koppie kondensmelk
1 Tee lepel mosterd poeier opgelos in 2 x Tee lepels asyn
Sout en suurlemoen pepper na smaak
Kap nou die ui en green pepper vyn op en meng eenvoudig al die bestandele
saam.
Let wel jy kan die saltanas \ Piesang \ Geblikte perskes nie saam gebruik
nie, maar jy kan dit om die beurt probeer en elke keer is jou slaai 'n
wenner.
As jy die piesangs gebruik, voor jy dit in die res van die bestandele meng
gooi net eers 'n bietjie suurlemoen sap oor sodat die piesangs nie verbruin
nie. Kan meer piesangs bysit om die slaai te rek.
Bedien 6 tot 8 mense gemaklik.
Ertjieslaai
1kg gevriesde ertjies
1 ui, fyn gekap
250g ham
125g kaas
Mayonaise
Kook die ertjies tot net gaar (ek sit dit sommer in die sak in die mikrogolf
oond, ek is net nie seker hoe lank nie) Laat afkoel
Sny intussen die ham en kaas in klein blokkies. (die ham kan deur gebraaide
bacon vervang word)
Meng alles saam, gebruik net genoeg mayonaise om die bestanddele aan te klam.
Plaas in yskas om lekker koud te word. (maar dis net so lekker by
kamertemperatuur ook)
Franse Slaaisous
Gooi die volgende bestanddele saam in 'n leë oliebottel:
2 Koppies olie
1 Koppie asyn (Skud die bottel totdat die mengsel wit word)
Voeg dan verder by:
2 Teelepels Aromat
2 Teelepels Sout
3 Lepels Suiker
1 Teelepel Tiemie
2 Teelepels Droë Pietersielie
1 Teelepel Swart Peper
1 Knoffelhuisie fyn gesny
Skud die mengsel goed en plaas in die yskas. Hoe langer dit staan hoe
lekkerder word die sous en is heerlik oor mengelslaai
Gebakte Groenbonegereg
500g groenboontjie stukkies (nie die french cut nie)
250g fyn spek (bacon)
1 groot ui, grof gekap
1 pakkie sampioene, gekap
½ groot pak Niknaks
1 pakkie aanmaak kaassous
1 houer (250ml) room
Ongeveer 125ml gerasperde kaas
Meng alles saam behalwe die kaassous en room.
Gooi kaassous (gemaak van room en kaassous poeier) bo-oor.
Gooi kaas oor en bedekmet foelie.
Bak vir 1 - 1½ uur by 180 grade Celsius.
Gebakte Vrugteslaai
(lekker as soetkos)
1 x 2 lb blik pere
1 x 2 lb blik perskes
1 x 1 lb tertappels
4 piesangs
Dreineer en snipper die vrugte
Voeg by
1 t kerrie
1 t borrie
¼ k geelsuiker
1 e botter
sout
Bak vir 45 minute 180°C
Geglasuurde Wortelkoek
Glasuurbestanddele:
½ Koppie suiker
¼ Teelepel bakpoeier
Koppie karringmelk
Koppie botter
1 Eetlepel ligte goue stroop (Corn Syrup)
½ teelepel Vanielje-ekstrak
Meng al die glasuurbestanddele, behalwe die Vanielje-ekstrak, in kastrol op
stoof terwyl jy dit roer tot kookpunt.
Voeg Vanielje-ekstrak by en meng goed. Laat mengsel afkoel terwyl die koek
voorberei word.
Koekbestanddele:
2 Koppies koekmeel
1 Eetlepel Vanielje-ekstrak
1 Koppie suiker
2 Koppies fyn gerasperde wortels
1 Teelepel bakpoeier
1 Koppie gekapte neute
¾ Teelepel sout
1 Koppie strooi klapper ("Coconut")
1 Eetlepel anys
½ Koppie goue rosyntjies
3 Eiers
1 Koppie gedreineerde fyn pynappels
½ Koppie olie
¾ Koppie karringmelk
Geklopte room (opsioneel)
Meng koekmeel, bakpoeier, anys en sout deur 'n sif in een bak.
Neem 'n ander bak en roer/meng die eiers, karringmelk, olie en
vanielje-ekstrak saam. Voeg die wortels, pynappels, klapper, rosyntjies en
neute by hierdie mengsel en meng goed.
Meng nou sowat die helfte van die koekmengsel goed daarby. Voeg dan orige
helfte van koekmengsel by en meng ook goed deur.
Smeer 'n groterige oondbestande glasbak (Pirex) en gooi die deeg daarin.
Sprei die deeg om die pan te vul. Bak in oond teen 350 grade C vir 40
minute.
Wanneer koek uit die oond kom, steek baie gaatjies oral in koek met 'n
stokkie. Gooi nou die afgekoelde glasuurmengsel eweredig oor koek en laat
sous intrek vir sowat een uur.
Sny in redelike blokkies om te bedien. Strooi anys en/of strooisuiker oor of
bedien met room.
Gemmer Yskastert
1½ pakkie gemmerkoekies (200 g elk)
¾ koppie gouestroop
3 eetlepels vlapoeier
1½ koppie kookwater
Kook stroop en water saam. Meng die vlapoeier by stroop.
Breek gemmerkoekies in stukke.
Meng alles en gooi in 'n gesmeerde vorm en laat stol. Bedien met geklopte
room.
Gemmerbier
10 liter water 1,5 kg (7 ½ x 250 ml) witsuiker
1 koekie (25g) saamgeperste gis 50 ml rosyntjies met pitte
1 bottel (750 ml) lemoen- of suurlemoenkwas
750 ml sodawater
50 ml gemaalde gemmer
Gooi die water in die houer waarin die bier aangemaak moet word.
Roer die suiker daarin totdat dit opgelos is. Verkrummel die suurdeeg daarin.
Voeg die rosyntjies, lemoenkwas, sodawater en gemmer by en roer tot gemengm
Laat die mengsel 24 uur lank by kamertemperatuur staan. Roer dit af en toe
om.
Suig die mengsel na 24 uur deur en gooi dit in houers. Spoel die rosyntjies
af en gooi 'n paar in elke houer, indien verkies. Laat die bier 12 uur lank
by kamertemperatuur staan en plaas dit dan in die koelkas.
Lewer 13 liter gemmerbier.
Gemmerbier 1
Kneus 60g gemmer en kook in 10 liter water. Giet in 'n vaatjie en voeg 1
kg suiker, 30g kremetart en 2 dungesnyde suurlemoene by. Wanneer die mengsel
afgekoel het tot lou, voeg 30g suurdeeg by en laat 12 uur staan. Syg deur,
gooi in erdekanne of bottels en kurk toe. Na 36 uur sal dit gereed wees vir
gebruik.
Gemmerbier 2
4 x 500 ml suiker 20 x 250 ml kookwater
5 ml droë gis 50 ml rosyntjies, gekneus
10 ml Jamaica gemmer 12,5 g kremetart ('n halwe pakkie)
Los die suiker in die kookwater op en laat afkoel tot dit lou is.
Week die surrdeeg in 'n bietjie water (lou) en voeg saam met res van
bestanddele by.
Laat 6 ure staan. Syg deur en bottel - kurk toe.
Na 12 uur is die bier gereed vir gebruik. Verkoel voor opdiening.
Gemmerkoekies
8 k (1kg) meelblom
250 g (1/2 pd) botter
1 k suiker
1 eier
500 g (1 pd) goue stroop
4 t fyn gemmer
3/4 e koeksoda
1/2 k melk
1/2 t sout
Klop die botter en saam tot dit goed gemeng is. Voeg die eier en die melk by
en meng deeglik Voeg die goue stroop by.
Sif die meelblom, die koeksoda en gemmer saam. Voeg dit om die beurt met die
melk by die bottermengsel.
Meng alles goed saam en knie tot dit 'n gladdy stywe deeg vorm.
Vorm balletjies so groot soos okkerneute en druk hulle met die duim effens
plat op 'n gesmeerde bakplaat.
Bak 8 tot 10 minute in 'n matige oond 180 grade C (350 grade F).
Hierdie resep is voldoende vir omtrent 10 dosyn koekies
Fer slym op di Bors by Kinders:
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog gevleuelde
woorde van ST:
My kinders
emigreer
Onlangs het 'n joernalis Leoni Benghiat my genader vir my siening rondom
kinders wat oorsee emigreer en hoe ouers dit moet hanteer. Die volledige
artikel kan in die Mei-uitgawe 2008 van die tydskrif LIG gelees word. In
vandag se nuusbrief plaas ek my antwoorde op van die vrae wat Leoni aan
my gestel het. Wanneer jy nou die antwoorde lees moet jy onthou dis
onder groot druk en spoed gedoen (die media het altyd spertye) en 'n
mens sou sekerlik nog meer en beter kon sê. Stuur gerus hierdie artikel
aan vir mense wat kinders en familie het wat oorsee woon
Kan 'n mens jou siening hieromtrent verander?
Wanneer jy negatief en met 'n depressiewe oog na die situasie kyk
wanneer jou kinders emigreer, dan vererger jy die situasie. Die antwoord
lê daarin om met 'n positewe, 'n kreatiewe en 'n dankbare oog na die
situasie te kyk.
Wanneer jy positief kyk na die situasie kyk verander jou hele benadering
ten opsigte van jou kinders wat oorsee gaan. Jy is bly vir hulle vir
nuwe geleenthede wat aan hulel gegun word. Moenie in selfbejammering
verval nie, wees wees sterk en 'n voorbeeld vir jou kinders van moed,
kalmte en sterkte.
En wanneer jy met 'n kreatiewe oog na die situasie kyk, ontdek jy nuwe
moontlikhede. Ek het byvoorbeeld in my praktyk met middeljarige mense
gesels wat die eerste keer oorsee is om hulle kinders en kleinkinders te
gaan besoek - iets wat hulle nooit sou doen nie indien hul kinders nie
ge-emigreer het nie. En dan kom die middeljarige mense terug en vertel
my die interessantste stories van hulle oorsese besoek. En sommige word
gemotiveer om selfs ander wêrelddele te besoek. Kreatief ten opsigte van
kommunikasie. Maak van meer as een metode kontak gebruik, byvoorbeeld
moenie net e-pos gebruik nie, maar sms en bel soms. Jy kan selfs dink om
'n webcam op jou rekenaar te sit en dan kan julle mekaar sien wanneer
julle praat.
Moenie kyk na wat jy verloor het nie, kyk eerder met 'n dankbare oog na
die dinge waarvoor jy dankbaar kan wees. Jy kan hulle steeds kontak, jou
kinders is nie dood nie, jy kan hulle oosee gaan besoek ens. 'n Klompie
jare sou gereelde kontak nie moontlik wees nie, wees dankbaar vir al die
moderne tegnologie wat die moontlike maak op met jou kinders oorsee
kontak te hou.
Kan jy positief wees omdat jou kinders verkies om die land te verlaat?
Jy kan dankbaar wees dat jou kinders die geleentheid het om nuwe
horisonne te verken en nuwe moontlikhede te ondersoek. Jou kinders sou
dalk nie dieselfde geleenthede in Suid-Afrika had nie, en nou maak 'n
oorsese land vir jou kind die deure oop om sy / haar talent en beroep
tot hoër hoogtes te voer. Wees positief daaroor dat verandering tot
groei lei - indien jou kind nooit verandering in sy lewe ervaar het nie,
waar sou hy vandag wees. Verandering in my lewe het vir my nuwe
geleenthede geskep. Sien dit in die lig van daar word vir jou kind 'n
nuwe geleentheid gebied, 'n verandering wat hy maak wat tot sy
persoonlike groei gaan lei. Jy het jou geleenthede in die lewe gehad,
gun nou jou kind die reg en voorreg om ook sy of haar keuse te maak.
Hoe kan jy die gepaardgaande depressie beheer?
Depressie gaan dikwels hand aan hand met 'n verlies. En hier ervaar die
ouer nou 'n verlies van 'n kind wat ver weggaan. Jy moet egter jou
gedagte hieroor verander, jou denksisteem aanpas. Kyk na die positiewe
aspekte en dinge waarvoor jy dankbaar behoort te wees. Moenie fokus op
die negatiewe, die verlies en slegte van die saak nie, maar kyk uit na
die voordele, geleenthede, moontlikhede wat dit aan jou kind bied
wanneer hy oorsee gaan. Instede daarvan om op jou eie hartseer te fokus,
skuif die fokus na jou kind en die nuwe uitdagings en geleenthede wat
vir hom oopgaan. Deel in sy opgewondenheid en uitsien na die nuwe
uitdaging wat vir hom en sy gesin voorlê.
Soms is die ook goed om 'n sielkundige of berader te gaan sien. 'n
Gesprek met 'n sielkundige kan baie help sodat jy deur jou emosies en
verlange kan werk. Kry perspektief op die situasie en hoe jy dit moet
hanteer.
Is dit dieselfde as om 'n kind aan die dood af te staan? (Vir sommige
ouers wat nie geld het nie, is dit onmoontlik om ooit by daardie kinders
te gaan kuier, wat beteken dat hulle mekaar dalk omtrent nooit weer gaan
sien nie).
Dit is nie dieselfde as om 'n kind aan die dood af te staan nie. Soms
mag dit so voel, maar dit is nie dieselfde nie. Dit is juis hierdie tipe
uitkyk van "dis so goed ek staan my kind aan die dood af" wat die saak
bemoeilik. Kyk eerder na die positiewe - was dit 30 jaar gelede sou jy
nie so maklik in voortdurende kontak met jou kind kon wees nie. Jy sou
jou oor 'n hoek gesukkel het, briewe het lank geneem om die oorsese
bestemming te bereik, en oorsese telefoonoproepe was onsettend duur.
Wees dankbaar vir die nuwe tegnologie wat kontak soveel makliker maak:
epos, web cams, smse, selfoon, internet, facebook ens is van die
tegnologiese kommunikasie 'tools' wat 'n paar jaar gelede nog nie
bestaan het nie en relatief goedkoop is. Jy kan op daaglikse basis met
jou kinders kommunikeer. Ja, jou kinders mag ver wees, maar nuwe
tegnologie maak kontak soveel makliker.
Daar is ouers en kinders wat beter kwaliteit kommunikasie en meer kontak
het met hulle kinders wat oorsee is, as wat sommige ouers en kinders het
wat in dieselfde dorp woon. Dit hang alles af van hoe jy jou verhouding
met jou kinders hanteer.
Te arm om jou kind te gaan besoek? Maar dis nou juis die uitdaging om
geld bymekaar te maak en te spaar om 'n slag oorsee te gaan. Stel vir
jouself 'n doelwit vir 'n vliegtuig kaartjie en werk daaraan. Jou
kinders kan dalk so goed oorsee doen, dat hulle vir jou kan kom kuier.
Ek het al heel dikwels mense in my praktyk gesien waar die kinders vir
hulle ouers vliegtuigkaartjies gekoop het. Die oomblik wat jy in 'n
fatalistiese gemoedstemming verval, droog jou kreatiwiteit en
moontlikhede op. Kyk met 'n optimistiese en positiewe oog en jy sien
moontlikhede raak vir meer kontak en besoeke met jou kinders as wat jy
dalk besef het.
Moet nooit "nooit" sê nie - dis 'n cliché, maar daar steek waarheid in.
Jy mag dalk dink jy gaan jou kinders nooit weer sien nie. Maar nie ek of
jy weet wat die toekoms inhou nie. Soveel kinders wat 'permanent' oorsee
vertrek het, het weer na Suid-Afrika teruggekeer. Ek weet van 'n hele
paar gevalle. Dinge kan in 'n dag verander - moenie sê 'nooit' en daarin
verval nie, kyk eerder hoe jy vandag jou kontak en kommuniksie en
verhouding met jou kinders kan verbeter.
Vra vir die Here krag om jou verlange na jou kinders draaglik te maak en
jou sterk te maak. Bid vir geleenthede om wel jou kinders te gaan besoek
of hulle vir jou.
Wat is jou raad aan ouers wat in SA agterbly?
Ondersteun jou kinders.Moenie dat jou verlange 'n swart demper op hulle
nuwe vooruitsigte plaas nie. Behou kontak, skep geleenthede om mekaar te
besoek. Stuur fotos per epos aan, skryf epos briewe, skerp die
kommunikasie op. Die emigrasie van jou kinders skep 'n ander wyse om op
'n nuwe manier jou kinders te leer ken. Sommige ouers begin nou die
eerste keer werklik met hul kinders kommunikeer. Verhoog dus die
kwaliteit van julle verhouding eerder as om in sak en as te gaan sit oor
jou kinders wat ver is.
Kahlil Gibran het die volgende oor ouers en kinders gesê: "Julle is die
boë waaruit julle kinders soos lewende pyle geskiet word. Die
Boogskutter (met ander woorde God) sien die doelwit op die pad van die
oneindigheid, en Hy buig julle met Sy mag sodat Sy pyle vinnig en ver
mag trek. Laat julle tot blydskap in die hand van die Boogskutter gebuig
word; want net soos Hy die pyl wat vlieg liefhet, so het Hy ook die boog
lief wat bestendig is."
En dis so waar, God het jou as ouer gebruik om as bestendige boog om jou
kinders soos pyle te skiet om ver en wyd te gaan. Gee hulle dan oor aan
God en verhinder nie die pyle om ver te skiet na hulle doelwit nie. Jy
kan nie jou kinders aan jou bind nie, God het vir hulle ook 'n roeping
en weg beplan. Wees jy egter altyd daar as 'n toevlugsoord wanneer jou
kinders van watter uithoek in die wêreld weer wil terugkeer, kom kuier,
raad vra of die kleinkinders wil kom wys.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Kommer plaas jou in 'n doodloopstraat. Nuwe denke ontsluit nuwe
geleenthede." - Cullen Hightower -
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry,
klik net hier.
Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans -
Klik hier
Lees alles oor
Bloedrivier:
Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop
@ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus
Roelof of Ronel by 012-3332932
Teken in /Teken uit / Kontak |
Teken hier
in op die poslys en lees ook die argiewe.
Om uit te teken, stuur vir my 'n
epos
en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder
jy ingeteken is
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart!
|
|