|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Hier is sommer baie leesstof, so sit terug en geniet jouself.
Ek gaan verder
met die alfabet met die resepte, gaan kyk maar verder na onder na
Resepte.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Ek het 'n verskeidenheid skrywers
wat bydraes lewer, gaan lees gerus ondertoe.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum
boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis
heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Ons gaan
gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek,
uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker
manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit
sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en
probeer dan die regte ding. Probeer gerus,
Klik hier
en geniet.
Estelle is werksaam by die
Republikein,
die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Sy het spesial versoek dat ek
die volgende plaas, ek doen dit met graagte:
Vrydag die Dertiende
EK glo nie aan tokolossies óf dat swart katte ongeluk bring nie. Ek dra
nie knoffel om my nek om die vampiere weg te hou nie. As die weer swaar
is, gooi ek ook nie my spieëls met lakens toe nie. Oor die algemeen kan
ek met ’n skoon gewete sê dat ek my min steur aan bygelowe en
ouvroustories.
Tog sal ek nie sommer willens en wetens onder ’n leer deurloop nie, maar
dis ’n ander saak, want die ou op die leer kan dalk ’n verfblik op jou
kop laat val. Dus niks sinistêrs aan die leer-lopery nie, bloot
praktiese redes.
Vrydae is nog altyd lekker want dit beteken die begin van die naweek, en
nie eers as dié dag op die 13de van die maand val, sal dit my afsit nie.
Maar verlede week het die Vrydag-die-dertiende spook behoorlik geloop.
Dit begin met ’n aanvanklike oënskynlik mindere irritasie toe Boeta se
motor se battery pap is toe hy moet ry. Dit vererger toe die motor
ingesleep moet word vanweë ’n swetterjoel ander probleme en die tjêrrie
op die koek is die astronomiese rekening wat die motorpetalje
uiteindelik oplewer.
Maar, soos my Ouma sou sê, nog is het einde niet. Die groot hond is
kruppel toe ek by die huis kom. Sy steun en kreun as sy moet opstaan en
huppel pynlik op drie pote om te kom groet. Die veeartspille kos meer as
’n besoek aan die skoonheidstegnoloog en die haarkapper saam.
Na diè spulletjie Vrydag-die-dertiende wedervaringe, is ek bang om agter
my lessenaar by die werk op te staan en vir my in die kombuis te gaan
teemaak, want ek vrees dat ek die kookwater oor my hande gaan uitgooi of
dat my voet aan my stoel sal vashaak en ek sal neerslaan. Ek skrik elke
keer as die telefoon lui, want ek weet nie wie nou weer bel om watter
slegte nuus oor te vertel nie.
Dis sulke tye wat ’n mens teen 20 kilometer ’n uur huis toe ry; by elke
stopteken en robot baie seker maak van die aankomende verkeer; by
voorbaat benoud is as jy die afstandbeheerdrukkertjie wat die garagedeur
moet oopmaak, druk omdat jy nie weet of die wonderlike reënweer dalk
meegebring het dat die motortjie nat geword het nie.
Tuis maak jy seker al die deure en vensters is toe en dat alles in orde
is voor jy versigtig jou sit voor die TV kry, vas van voorneme om so min
moontlik te doen om die reeds wankelrige ekwilibrium van die dag verder
te treiter. En net as jy dink: nou sien ek diè vermeende ongeluksdag reg
en niks kan verder skeefloop nie, begin die eerste sagte druppels op die
dak val en ..... weg is die TV-sein.
Jy gooi handdoek in, sit die TV en die ligte af en stap sleepvoet kamer
toe om jou kop te gaan neerlê en in die welverdiende vergetelheid van ’n
droomlose slaap die laaste ure van die dag uit te sien.
Maar, die muses lag lekker en knipoog vir mekaar. Langs die bed,
ongesiens deur jou vaak oë in die donker, het die kat ’n reuse dooie
duisendpoot vir jou kom neersit waarop jy trap en dan soos ’n wafferse
paalspinger die lug in seil om weg te kom van die krakerige gruwel onder
jou voetsool.
Met ’n slaak van verligting trek jy uiteindelik die duvet oor jou kop en
sê dankie dat Vrydag die dertiende net af en toe verbykom.
En voor jy aan die slaap raak, wonder jy oor swart katte en of jy maar
tog in die toekoms ’n stringetjie knoffel om jou nek moet hang nie.
Hulp vir die
mense by Coronation Park - Krugersdorp dam |
Ek het ondersoek ingestel en het vasgestel dat
hierdie nood werlik bestaan. -
Goeie dag aan almal,
Ek gaan sommer met die deur in die huis val, die belangstelling, die
hulp, die oproepe en die e-posse was absoluut oorweldigend. Voordat ek
verder gaan wil ek eerste ons Hemelse Vader dank vir sy wonderlike
seeninge oor hierdie projek, en aan ieder en elk baie baie dankie. Ek
het in my wildste drome nie gedink dat ek hierdie soort belangstelling
sou ontlont nie, dit is met een woord wonderlik, en ek sal nooit genoeg
dankie kan se vir julle mense wat so goedhartig en bedagsaam is wat my
in hierdie reuse taak wil bystaan nie, nogmaals baie baie dankie.
Ek wil tweedens net omverskoning vra, omdat ek nou eers by julle kan
uitkom, verstaan asseblief dat ek nie elke e-pos individueel kan
beantwoord nie, ek sou dit baie graag wou doen, maar dit sal ‘n
onbegonne taak wees. Die meeste van my tyd spandeer ek fisies by die
kamp, daar word baie donasies afgelewer, ek wil ek baie graag ieder en
elk ontmoet… maar selfs dit word ‘n onmoontlike taak, Hugo, sy vrou
Irene, Thea en Simon, die twee kokke neem ontvangs van goedere, en elke
skenker moet ‘n boek teken.
Jammer ook vir die ongerief, ek kan ongelukkig nie altyd julle oproepe
neem nie… al probeer ek hoe hard, daarom sal e-pos kommunikasie net
maklike wees indien jy wel die fasiliteit besit. Huidiglik hanteer ek en
vrywilligers, ongeveer 120 oproepe/navrae per dag tussen 3 fone, en
ongeveer 150 tot 250 e-posse per dag. Ek sal op latere stadium vir elke
skenker weer wil dankie se.
Net so ongelooflik soos die nuus oor hierdie kamp vir julle aanvanklik
geklink het, het ons intussen van nog heelwat ander BLANKE kampe verneem,
en is besig om hulle te besoek en alreeds voorsien ons van die
oortollige klere, komberse en kos. Dan is daar ook ‘n totaal van 26
sopkombuise in Krugersdorp alleen, en so voorsien ons ook aan hulle waar
en wanneer ons kan. Die jongste is ‘n klompie blankes in Nelspruit wat
tussen die bosse woon, en geen heenkome het nie. Sodra ek meer inligting
het, en sodra ek by al hierdie kampe besoeke afgele het, sal ek u meer
inligting kan verskaf… Ek vertrou dat u my handeling sal goedkeur, en
met my sal saamstem dat ons nie net aan Coronation/Kroningspark in
Krugersdorp kan voorsien as daar soveel ander nood in ons midde is nie.
Ek se weer ONS MOET ONS MENSE HELP.
Sedert my oorspronklike e-pos uitgestuur is, wil ek net meld dat daar
intussen (veral die laaste 2 weke) nog sowat 30 mense by die kamp
ingeneem is.
Die goeie nuus is dat daar al verskeie persone uitgeplaas is om te gaan
werk op plase en elders, en dit gaan goed met hulle.
Die mees algemene inligting wat julle egter verlang gaan ek kortliks
hieronder uit een sit.
FISIESE ADRES:
Coronation Park/ Kronings Park
Coronation weg,
KRUGERSDORP.
Aangesien spasie en stoorplek baie beperk is in ‘n woonwa park, sal ons
dit waardeer indien soveel en sover dit moontlik is, enige skenkings na
die volgende depot gestuur en afgelewer kan word… So is dit dan ook net
makliker om van hieraf die verspreiding te doen.
HOOF DEPO POSADRES
128 BOUNDERY RD cor. JUICE STREET POSBUS 5928
(JUST OFF BEYERS NAUDE DRIVE) CRESTA
HONEYDEW 2118
DEPOT’S vir skenkings:
• KEMPTON PARK Stefni van Zyl -- 083 268 3330 (Laai donasies asb by haar
af aangesien sy dit nie kan gaan optel nie)
• SASOLBURG Elsie Theunissen -- 084 555 4884 of 016 973 2813
• RANDFONTEIN –Paula Prinsloo - 011-821-3321 Botha Plotte, Randgate.
• ORANGE GROVE – Lori Richter – 082 459 1962 of 011 805 3080
• RUSTENBURG – Annelie/ Whitey Henning – 079 494 5020 /041 590 1552.
• RUSTENBURG - Andre en Annie de Jager 072 140 4771.
• CARLTONVILLE: Robbie Black – 082 655 8822 – Silverton Radiators se
perseel, Bothastraat 29, Carltonville.
• RANDBURG – Mara Scholtz 083 309 1154 (Na ure asb. 17h00 tot 19h00)
• NELSPRUIT – Jaco en Debbie 082 560 3036 of 013 741 1734
• NABOOMSPRUIT – Niek Botha 083 271 7019 -- Plot 20 Woodlands
• PIETERSBURG – Corrie Willemse 015 297 0946
• RANDPARK RIF – Petra Swiegers (woning) 35 Adelaar Crescent,
Randparkrif. 083 267 7707
‘n Laaste versoek, wees asseblief net bietjie verdraagsaam indien ons
nie gou genoeg by julle kan uitkom nie. Dit is ‘n enorme projek, die
Here is net so goed vir ons, en te dankie aan julle natuurlik. Dit verg
groot organisasie, beheer uit oefen, moed, genade en baie geduld.
Vervoer is tans ‘n groot probleem, daarom sal dit ons lewens baie
maklike maak indien die goedere afgelewer kan word (net ‘n versoek, nie
‘n vereiste nie.)
Nogmaals baie baie dankie,
Vriendelike groete,
PETRA SWIEGERS.
083 267 7707. (8vm tot 4nm)
petren@iafrica.com
Die volgende storie wat ek geskryf het, het sopas ook
in Huisgenoot verskyn, vir die van julle wat nie Huisgenoot kry nie,
hier is dit:
Ek sal mooi kyk, Pa.
Peter Thomas
My ma se voorliefde vir ʼn spesifieke lied van Neil Diamond was vir my
opvallend en dit het my altyd verstom. Veral as ek sien hoe sy die trane
probeer wegsteek telkens as sy dit hoor. Die lirieke gaan oor ‘n ou man
wat alleen sonder kinders sterf, maar ‘n geskenk nalaat:
Morningside, the old man died
And no one cried
They simply turned away
And when he died
He left a table made of nails and pride
And with his hands he carved these words inside:
For my children
My ma se sterk emosies oor die lied het my diep geraak, maar ek het nie
geweet hoekom nie. Dit sou ek eers veel later uitvind…
My storie begin toe ek op vierjarige ouderdom ‘n stiefpa kry: ʼn lang,
lenige, saggeaarde “oom” met sielvolle oë. Hy het vinnig “pa” geword en
ek en hy het goed oor die weg gekom . Hy het nooit veel emosie gewys nie,
sy emosie was in sy oë. Daar kon jy agterkom of hy onder andere opgewek
of treurig was. Ek kan nie onthou dat ek hom ooit kwaad gesien het nie.
Dis die besonderse mens wat hy was.
Ek kon nooit verstaan hoekom my ma sy van aangeneem het, maar aangedring
het dat ek my van behou nie. Dit was nie vir my reg nie. Dis dalk die
rede hoekom dit soms vir my gevoel het iets skort so ʼn bietjie met ons
pa-seun-verhouding. Dié ding met die van wat dan nou anders was.
Hy het goed vir ons gesorg. Een keer per jaar het hy vir my en my ma vir
twee weke Margate toe gestuur vir ‘n sorgelose alsbetaalde vakansie. Hy
self het nooit vakansie gehou nie; was te besig om dag in en dag uit sy
winkel aan die gang te hou.
Sy passie was sy houtwerk. In sy kamertjie, in die agterplaas. Hy het
die mooiste goed gemaak: leeslampe, staanlampe, tafeltjies,
kombuisornamente. Vra maar en hy kon dit maak. ʼn Mens kon ook die liefde
waarmee hy elke item spesiaal vir jou gemaak en met trots oorhandig het,
duidelik aanvoel.
Dis om en by die tyd dat my ma my vertel het hoekom die liedjie
Morningside haar so bewoë maak. Dit het haar aan my pa herinner. Net
soos in die liedjie, maak hy hierdie mooi goed, en net soos in die
liedjie het hy niemand om dit aan na te laat nie. Hy het geen kinders
van sy eie nie en ek is mos sy stiefkind. Min het ek geweet…
Ek was veertien toe ons een nag kennis kry dat die winkel besig was om
af te brand. Teen dagbreek het my pa tuisgekom en nie veel gepraat nie,
maar, aan die verslae uitdrukking in sy oë, kon ons sien dat alles tot
niet was. Die versekering het verval en Pa, toe al in sy vyftigs, moes
van vooraf begin. Die verskaffers was hom goedgesind en vasberade het hy
weer die besigheid op die been gebring, die keer op ‘n baie kleiner
skaal.
Elke middag na hy tuisgekom het, is hy na sy werkskamer waar hy
ontvlugting gesoek het en wonderlike houtwerk opgetower het.
Na skool het ek my ouerhuis verlaat en die lewe het sy gang gegaan. Ek
het maar selde gaan kuier. Soms het selfs maande verby gegaan. Maar elke
keer, na ʼn besoek, is ek met ‘n stukkie unieke houtwerk van hom daar weg;
ʼn lamp, ‘n tafel of iets besonders vir die huis.
My ma is ʼn paar jaar later oorlede en ek is intussen getroud. My pa het
baie lief geraak vir ons dogtertjie. Sommer gou het hy vir haar die
pragtigste handgemaakte popmeubels opgetower.
Hy was al diep in sy tagtigs toe ‘n niggie hom oorreed om by hulle te
gaan woon. Ek was die dag daar toe hy sy meubels, wat hy nie kon
saamneem nie, verkoop het. ‘n Boer van die omgewing het sy geliefde
houtwerkmasjiene kom oplaai en ek het ‘n treurige uitdrukking in sy oë
gesien asof hy besef het dat daar nou ‘n einde aan sy passie gekom het.
Sy skouers het vir my sommer ewe skielik baie meer geboë gelyk, daardie
dag.
Ons het probeer om so dikwels moontlik te gaan kuier. Hy het nou meestal
maar gesit en lees om die dae om te kry. Tog het sy oë dadelik liefdevol
geglinster elke keer as hy ons sien.
‘n Jaar later kry ons tyding van ‘n beroerte-aanval. Sy voltydse tuiste
was nou die siekeboeg van ʼn ouetehuis. Toe ons weer gaan kuier, is hy in
ʼn rystoel en net een kant van sy gesig praat met ons. Met ons vertrek
het daardie emosievolle oë het ons stil agterna gekyk.
Toe kom die tyding van die tweede beroerte. Hierdie keer was hy in die
hoësorg afdeling en permanent bedlêend. Geskok het ons na die eens lang
man gekyk waar hy klein en in ʼn patetiese bondeltjie onder die komberse
gelê het. Hy kon nie praat nie. Ek het stil by hom gaan sit en sy hand
vasgehou.
Toe dit tyd was om te vertrek het ek sy hand ‘n drukkie gegee en net
gesê: “Dankie, Pa, dankie vir alles wat Pa vir my gedoen het.”
Hy het my hand saggies terug gedruk en sy oë het warm en opreg na my
gekyk. Sy liefde was voelbaar en ek het gesukkel om my emosie vir hom te
verberg. ‘n Traan het oor sy wang gerol en op die kussing geval.
Skielik het ek geweet wat hy probeer sê. Ek het in sy oë gelees dat hy
my van die eerste dag af as sy eie seun beskou het! Ek het gewens my ma
was daar om die liefde en emosie in sy oë te sien toe hy my probeer laat
verstaan dat hy graag al sy houtwerkgoed aan my nalaat.
Toe ons terugry was my hart baie seer, maar ook vol onverklaarde emosies.
Emosies wat ʼn seun vir sy eie pa voel. En ek, ek het ‘n eie pa gehad!
Ek het geweet dat ek hom nie weer lewend sou sien nie. Dit was ook so.
Ons was net vier mense by sy verassingsdiens wat in die eetkamer van die
ouetehuis plaasgevind het.
Die woorde van die liedjie Morningside het weer by my opgekom:
Morningside, the old man died
And no one cried
They simply turned away
By die huis aangekom, het ek van vertrek na vertrek gestap en al die
goed wat hy oor die jare gemaak het, met deernis aangeraak.
“Dankie, Pa, ek sal mooi na jou goed kyk, Pa”
Lize Kuhn
se Briewe uit Singapoer |
Nog iets nuuts,
lees van Lize se wedervaringe in Singapoer. Julle kan haar kontak by
lize.e.kuhn@gmail.com
Hier is die brief wat Lize my die dood voor die oë gesweer as ek dit sou publiseer,
sy het toe maar ingestem dat ek dit plaas, hier is dit nou, ongesensor!
Baie dankie, Lize!
Ek het vandag 'n hele paar antwoorde
gekry waaroor ek gewonder het as ek in 'n publieke toilet kom. Ek weet
nou waarvoor die spesiale troggie daar is waarin mense hulle voete was
as hulle uit die toilet kom. Ek weet ook hoekom die plakate agter
toiletdeure geplak is wat jou waarsku dat jou voet kan gly as jy op die
toiletsitplek probeer staan en hoekom die Chinese eintlik hul skoene
voor die deur uittrek voordat hul die huis binnegaan en hoekom die
vloere altyd papnat is.
Gewoonlik werk die knypers baie goed, goed genoeg sodat daar genoeg tyd
is om eers die toilet skoon te maak voordat ek dit gebruik of om te kan
uithou totdat ek by die huis is. Vandag was egter anders, ek moes toilet
toe. Ek snol die trappe op in die winkelsentrum en ek bid stilletjies
dat daar tog nie 'n lang tou mense moet staan nie.........daar gekom en
ek sê dankie tog daar is nie 'n tou nie, maar die enigste twee toilette
is beset. Ek wag, begin naderhand op en af loop in die toilet en skree
hardop in my binneste : "maak tog net gou, die nood is hoog". "n Deur
gaan oop en ek storm binne, steek vas en wil net omdraai om liewer vir
die ander toilet te wag maar besef ek kan nie langer wag nie .......en
gaan maar binne. Voor my is die gat in die grond, maar voordat ek by
daardie gat kan uitkom is daar eers twee trappies wat ek moet op. Lankal
is my omgewing ge "scan" .........geen toiletpapier, vloer papnat en uit
my handsak ruk ek my pakkie natlappies in dieselfde beweging wat ek hom
oor die hak agter die deur hang. ( Natlappies moet ek hê want ek sien
nie kans om die waterpyp wat spesiaal vir afspuit is te gebruik nie..........vandaar
die papnat vloere en die afwesigheid van toiletpapier. )
Ouma..........waar is jy nou !!! jy het my nooit geleer van hierdie gate
in die grond nie, en hier staan ek vandag voor een helse toets. Ouma het
my geleer dat dogtertjies baie saggies moet piepie, so sag dat jy
jouself nie kan hoor nie..............geen probleem tot nou toe nie,
maar het Ouma nie van hierdie gate in die grond geweet nie of hoekom het
sy my nie geleer hoe om hierdie affêre te gebruik nie, of was gate in
die grond te fênsie in haar tyd? .......... Kom suster, daar is nie tyd
vir dink nie, af met daai broek............nee o hel........die vloer is
nat en my broekspype gaan natword.
Skielik het ek te min hande want ek het nie neersitplek vir natlappies
nie!! Die lappies word onder my ken vasgeknyp, die broekspype word tot
amper hier bo in my lieste getrek, ook maar goed ek het nie 'n stywe
kniebroek aangetrek vanoggend nie. Nou is dit die optog met die twee
trappies om mooi netjies wydsbeen te gaan staan op die spesiale voetjies
wat vir jou op die grond gemerk is. Dankie, nou weet ek ook ek moet muur
toe kyk en nie deur se kant toe soos met 'n gewone toilet nie. Ek het
laaaankal gedurende hierdie paar vlietende oomblike gewonder watter kant
toe 'n mens nou eintlik moet gaan sit. Dankie tog bid ek verder dat ek
nie 'n lang top of oorhemp aan het nie want ek sou nie genoeg hande hê
om dit óók nog vas te hou nie.
Nou moet hierdie vyftigjarige bene wydsbeen sak............ag hel, ek is
nie 'n gimnas nie en ek kan verdomp nie sien nie want ek moet die
natlappies onder my ken vasknyp en ek skeur omtrent my oogspiere om
vorentoe te kan sien. Ek kan nie behoorlik sien nie maar probeer my bes
tussen die gespat en geraas en woeps..........daar het ek dit nou!!! Nou
weet ek hoekom hulle voete was as hul uit die toilet kom en hoekom
skoene voor die deur uitgetrek word !! Wonder wat Ouma van die petalje
sou sê. En dankie tog die deur kon sluit want ek wou nie die iemand wees
wat per ongeluk die deur oopmaak met die lomp vrou daarbinne nie.
Nou die aftog..........klere regrek sodat ek die lappies onder my ken
kan uitkry om my voete droog te maak. "Like hell" sal ek my voete in
daardie trog gaan was...........sodat almal kan weet wat gebeur het !!!
Not even, not me!! Beurtelings balanseer ek my op een been sodat ek elke
voet kan droogmaak met my lappies.............sjoe en nog 'n dankie dat
ek genoeg lappies by my gehad het.
Ek stap daar uit soos 'n kat met 'n piering room want ek het vandag iets
reggekry waarvoor ek nog altyd bang was. Buite wag Dolf ewe geduldig
soos altyd en ons begin aanstap. Na 'n paar minute kon ek hierdie
oorwinning nie langer vir myself hou nie en sê vir hom : Pappa.............vandag
het ek ge squad...........gewat..... vra hy. Ge "squad" man......... op
daardie simpel gate van hulle in die grond. Ek kon nie sy kommentaar
hoor nie want toe tref die werklikheid my en ek lag sonder ophou, ek
dink hy het saam begin lag.
Hoekom moet dit nou so moeilik wees !! Die lekkerste en maklikste
'squad' bly maar in die veld in die droë grond toe ons kinders was. Eers
slaan die stoffies op en daarna kom die warm stoom so lui-lui uit die
grond gekruip en daar was geen geraas waaroor Ouma kon baklei nie.
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans.
Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort
dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is
betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by
jou.
Klik gerus hier en kyk
na haar resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! As jy
besluit om van haar boeke te bestel en jy noem dat jy daarvan hier te
hore gekom het, sluit sy my Kampkosresepteboek gratis in!
Groot nuus! Anna het sopas nog drie
samestellings die lig laat sien!
(1) n Bordvol peuselhappies
(2) Japtrap etes-Sonder al die sjlep
(3)Souse, doopsouse, smere en botters.
Prys R50 elk.
Indien sy bewys van betaling ontvang, stuur sy n samestelling van 15
verskillende blatjang resepte.
Kontak
sommer dadelik vir Anna en plaas jou bestelling:
anna@minimax.cc
.
of 0822946799
Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Ek het hulle nuutste katalogus
sopas ontvang.
Regs klik hier om dit af te laai.
Daar is ook 'n groot versameling Africana te
kry by
www.abebooks.com . Tik net Africana in die soekblokkie
Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die
Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....
Neels Mattheus
Die man van
die Baai. Soos oorlede Nic Potgieter altyd gesê het: “Hy het te gou
gegroet.” Neels was die eerste wenner in die 1980-94 TV Boeremusiek
kompetisiereeks. Hy het 'n nuwe dimensie aan Boeremusiek gegee wat
slaafs deur baie orkeste later in die kompetisie nagevolg is. Neels
was 'n fyn kenner van musiek en dit het ten volle in sy
konsertinaspel tot uiting gekom. Hy was ook 'n goeie organiseerder
en het wonderlike Boeremusiekfeeste vir die Gilde in die Baai
georganiseer. |
 |
Bron: 15 Goue
Jare: 1989-2004 Boeremusiekgilde
Regs klik hier om 'n resepte eBoek met allerlei resepte af te laai
Peterjasie se
Boererate eBoek |
eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur
sommer per epos en jy betal dan die bedrag in my rekening in, so maklik
soos dit.
Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat
my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate
en Verbruikerswenke" eBoek
|
|
|
Gaan kyk gerus hier,
jy gaan lank hier besig bly! Lekker Afrikaans en alles Afrikaans. |
 |
Nog iets nuut, ek skryf ook nou en
dan en op sy tyd kan ek poësie ook lees. Ons Afrikaanse onnie op skool was
besonders en het my 'n liefde daarvoor laat aankweek. Dit wys net weerens
hoe 'n mooi taal Afrikaans is.
Hier is iets wat op die internet rondswerf:
Uit Hemelhout
Is Ons Gesny
Uit hemelhout is ons gesny,
'n klein ou skippie ek-en-jy.
Met liefde is ons neergesit,
Op golwe groot en kruine wit.
Dit is 'n onbekende see,
Waar HY vir ons die rigting gee.
Met toringsliefde langs die pad,
Sal HY ons om die rotse vat.
HY het vir ons ook vis gevang.
Ons vasgehou in die stormbang.
HY het 'n hawe voorberei,
Waar al SY skippies veilig bly.
Skippies ek skippies jy...
Uit hemelhout is ons gesny!
Kos stories -
Frik Lombaard |
Maak daardie foute reg
Dit gebeur baie dat ’n mens, terwyl jy met kos besig is, jou aandag afgetrek
word en jy nie seker is wat jy laas gedoen het nie of jy gooi sout in die
bredie en die soutpot se deksel kom af en daar daal ’n ton (dit proe so)
sout na benede. Jy hoor jou gunsteling liedjie speel op die radio wat in die
kamer staan, en wanneer jy terugkom in die kombuis dan het die rys wat 3
minute gelde nog reg was aangebrand. Sulke dinge gebeur mos net wanneer jy
dit nie kan bekostig nie. Jy het die laaste groente en vleis gebruik om sop
te maak of jy kry gaste vir ete.
Daar is ook natuurlik foute wat jy nie kan regmaak nie. Dit is foute soos om
’n appeltert te bak en as jy die tert sny dan is dit kluitjie en jy kom
agter jy het vergeet om die eiers in te gooi. Vra my dit het my al oorgekom.
Iemand anders in my huisgesin het eendag ’n piesangbrood gebak. Nadat die
piesangbrood uit die oond gekom het sien sy die piesangs lê op die tafel.
Vir sulke foute het ek nie raad nie maar vir die glipsies is daar wel raad.
Wanneer jy te veel sout in die sop of bredie gegooi het kan jy altyd nog
water byvoeg om die sout te verdun. Dit kan dalk probleme veroorsaak
aangesien jou bredie dan ’n waterige sous sal hê. Die ander en maklikker
manier is om ’n aartappel te neem, af te skil en dan net so in die bredie of
sop te gooi. Die aartappel sal die meeste van die sout intrek. Wanneer die
meeste van die sout so ingetrek is in die aartappel kan jy dan net die
aartappel uithaal en weggooi. Dit is mos nou maklik genoeg.
As jy dalk eendag patats of wortels te sag kook is dit die einde niet. Gryp
jou Kook en Geniet nader en soek dadelik ’n soufle resep. Die saggekookte
patats en wortels maak ’n heerlikke soufle. Dit sal ook ’n heerlikke
verandering maak van die daaglikse gewone groente. Miskien begin die kinders
dan hulle groente eet.
Almal ken seker daardie reuk van gebrande kos. Dit gebeur as jy net gou iets
anders wil doen. Terwyl jy nog so rustig is met die ander dinge dan tref
daardie reuk jou. As jy eers die snuf in die neus gekry het is dit al te
laat. Jy sal wat jy ook al gekook het moet van nuuts af weer kook, want die
brand smaak kry jy nie uit die kos uit nie. Maar wat gemaak met die pot of
pan ? Laat die pot of pan eers goed afkoel. Ek het al probeer om sout en
asyn oplossing in die pan of pot te sit vir ’n lang ruk, maar dit werk nie
altyd so goed nie. Maar gelukkig is hier ander raad. Nadat jy die meeste van
die gebrande kos verwyder het moet jy water en materiaal sagmaak (Fabric
Softner)middel in die pot of pan gooi. Laat dit oornag staan en maak dan die
pan moeiteloos skoon.
As jy nou per ongeluk die brood nie geberê het nie en dit is effens hard kan
jy darem nog iets daarmee maak. Sit dit in die mikrogolf vir ’n paar
sekondes. Smeer die een kant met margarien en sit kaas daarop en rooster in
die oond. Die huismense sal nie eers agterkom dit os drie dae gelede se vars
brood wat hulle eet nie. Sny die brood in blokkies en rooster in die oond.
Jy kry dan heerlikke croutons. Wat ek kan onthou is dat my Ma die snye brood
redelik dik gesny het. Sy het dit dan elke snytjie brood in drie of vier
repe gesny. Dit het dan oond toe gegaan om teen ’n lae hitte uit te droog.
So het sy menigmaal vir ons regte “Ouma” beskuit gemaak.
Muf in kos kan jou redelik siek maak. As jy muf op kaas kry kan jy net die
muf afsny en weggooi. Die res van die kaas is nog reg om te eet. As jy die
maag daarvoor het kan jy gerus ’n stukkie van die muwwerige kaas eet. Dit
gee die kaas nogal ’n heerlikke smaak. Muf op kaas is mos medisyne en kan
jou nie skade aandoen nie. Met die ander kosse is daar net een raad en dit
is asblik toe.
Ek hoop die raad gaan julle eendag help.
Agterpad Reisnotas -
versamel deur Braham van Zyl |
Ek luister mos een
Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met
Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg
een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te
kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nuubrief
uit.
GEOLOGIE in die toerismebedryf
Danie Barnardo is ‘n geoloog wat op ons Vredefort-Koepel gesels van 23
September gereageer en ‘n hele klomp interessante inligting aangestuur het.
Hy skryf, “Daar is so baie geologiese interessante plekke in ons mooi land.
Dis iets waaroor ek passievol is.
As ons SA se grootte in ag neem, bevat ons land 'n feitlik volledige
geologiese geskiedenis van die aardkors, van 3500 miljoen jaar gelede (die
Baberton area) tot die mees onlangse (die duine langs ons kus). Daar is ook
die Bosveldkompleks (waar al die chroom en platinum gemyn word en wat die
grootste sg. gelaagde stollingskompleks in die wêreld is), en die
Witwatersrand se goudafsettings (by verre die grootste ter wereld), die
Karookom met sy ongelooflike fossielrekord, die Kaapse plooiberge en
Tafelberg, en nog baie meer. Ons behoort baie meer te maak van ons land se
ongelooflike geologie, want dit kan toerisme geweldig bevorder.”
Hy skryf dan verder dat daar in Suid-Afrika verskeie meteoriet-impakkraters
is. “Vredefort s’n is die grootste en, met ‘n ouderdom van 2 020 miljoen
jaar, die oudste daarvan ter wêreld. Dit was aanvanklik ongeveer 300 km in
deursnit, maar vandag is die grootste deel van die oorspronklike krater
wegverweer. Net die sentrale deel is nog redelik sigbaar, en dit is ongeveer
60km in deursnit. Hierdie oorblywende deel is te sien in die sirkelvormige
randjies wat jy rondom Parys sien. Die Parysgraniet, wat in die sentrum van
die koepel voorkom, is baie gesog as 'n graniet vir geboue, vloere en
kombuisblaaie.
Sowat 50 km noord van Pretoria se middestad is die Tswaing krater. Dit is
met ‘n deursnee van net meer as 1 km baie kleiner, maar dit is baie meer
indrukwekkend as die Vredefortkoepel, omdat jy met een oogopslag die hele
krater kan sien. Hierdie krater is sowat 200 000 jaar oud en is veroorsaak
deur 'n meteoriet van so 50 meter in deursnit (ongeveer so groot soos 'n
halwe rugbyveld). Tswaing is een van die jongste en bes bewaarde
meteorietkraters in die wereld. Daar is 'n wandelpaadtjie wat jou tot onder
in die krater lei (dis sowat 50 meter diep) en waar jy ook soms van die wild
wat daar is, kan sien Dit is geleë op 'n plaas van sowat 2 000 hektaar en
word as 'n museum bestuur. Jy kom daar deur die Onderstepoortpad te volg en
dan met die Soutpanpad deur Soshanguve tot by die krater aan te hou.
Naby Graaff-Reinet is nog 'n klein impakkrater, met die naam Kalkkop. Op die
grens met Botswana in die Noord-Wes Provinsie is die Morokweng krater, wat
ook 'n meteoriet-impakkrater is, maar wat minder bekend is en nie baie
duidelik sigbaar is nie, omdat dit grootliks deur Kalaharisand bedek word.”
Die publikasie Meteorite Impact! The danger from space and South Africa's
mega-impact the Vredefort Structure deur Reimold & Gibson (2005) is 'n goeie
bron van inligting oor sulke kraters. Kyk op die Raad vir Geowetenskap
(Council for Geoscience) se webblad by www.geoscience.org.za of bel Thelma
Swart by 012 841-1017 vir inligting oor nog meer soortgelyke publikasies van
hierdie organisasie.
BOEKE OOR GEOLOGIE vir die leek.
Geoloog Danie Barnardo het twee interessante geologie boeke wat ook vir die
leek verstaanbaar is, aanbeveel.
Die eerste het so pas verskyn en is Geological Journeys : A traveller’s
guide to South Africa’s rocks and landforms, deur Norman & Whitfield. Dit is
in ‘n toerismestyl geskryf en gaan juis oor interessante landvorme wat die
geskiedenis van die aardkors vertel, en waarvan die vindplekke boonop maklik
langs ons toerisme roetes bereikbaar is.
Die tweede boek is The story of earth and life: A South African perspective
on a 4.6 billion year journey" deur McCarthy & Rubidge wat op ‘n bietjie
meer ernstige geologie konsentreer, maar waarvan die inhoud tog ook deur ‘n
leek verstaan sal kan word.
Ek het hierdie twee boeke by Exclusive Books in die Tygervallei Sentrum
raakgeloop. Dit kos R194 en R204 onderskeidelik.
Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy
reisbeskrywings direk van hom af! e-pos :
info@explore-sa.com
|
|
|
Hier is resepte van 'n Word dokument wat iemand my lank gelede gestuur het,
ek begin sommer heel voor en werk deur die alfabet:
Gepeperde Hoederlewers
Braai 1 gesnyde ui in 30 ml olyfolie tot sag
Voeg 2 fyngekapte knoffelhuisies en 225 g hoenderlewertjies by en soteer tot
lewers gaar is
Voeg 2 ml droë salie, 5 ml sout, 5 ml peper en 'n knippie pimento (allspice)
by
Druk grofweg fyn met 'n vurk
Spek op snytjies geroosterde brood en rond af met ekstra gebraaide uie en
grasuie
Gemmerkoekies
500 g margarien
1 kg geelsuiker
5 eiers
500 g goue stroop - maak lou in kookwater
1,5 kg koekmeel
15-20 g koeksoda
15-20 g kremetart
50 ml fyn gemmer
5 ml sout
Room margarien en suiker. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop by.
Meng droë bestandele saam. Voeg droë bestandele by margarien mengsel.
Los oornag in yskas.
Maak balletjies - druk met vurk plat.
Bak by 180-200°C maak barsies waar gedruk is met vurk.
Gesondheidsbeskuit
Smelt saam en laat afkoel:
500 gm margarine
2 koppies suiker (of 1 koppie suiker en 1 koppie heuning)
Meng saam:
3 koppies meel
1 koppie wheatbix
1 koppie semels
2 koppies oats
3 koppies nutty wheat
2 teelepels koeksoda
50 ml bakpoeier (10 teelepels)
1 teelepel sout
500 ml karringmelk
1 koppie klapper
Gekapte neute (opsioneel)
Meng karringmelk by gesmelte botter/suiker.
Meng al die droë bestanddele. (Dit is nie 'n stywe deeg nie maar dit is wel
klewerig).
Druk met hande in 2 groot oondpanne.
Bak in oond van 180°C vir 10 minute.
Stel oond af na 160°C en bak vir verdere 30 minute.
Sny in repe (liniaal-breedte) en dan in vingerlengte.
Droog uit in oond by 100°C vir 4-5 ure (eie keuse).
Gesondheids-Koringslaai
3 k koring gekook
1½ k vars of ingemakte geel perskes gekap
1½ k vars pynappel gekap
1 k fyn gekapte selery
½ k fyn gekapte groenrissie
¼ k fyn gekapte ui
3 E gekapte pietersielie
½ k rosyne
½ k sonneblomsaad
Meng ("toss") alles saam
Sous
½ k sonneblomolie
2 E suurlemoensap
1 t kerriepoeier + ½ t borrie
1 t Sojasous of 'worcester' sous
1 E heuning
Meng bestanddele en gooi oor slaai.
Gestolde Wortelslaai
1 medium blik 'crushed' pynappelstukke
4 koppies gerasperde wortels
1 pakkie pynappeljellie
3 teelepels gelatine (aangemaak met 2 eetlepels lou water)
halwe teelepel sout
kwart koppie suiker
2 teelepels suurlemoensap
1 blik Nestle Room
Gooi sap van pynappelstukke af, 1 koppie. Voeg 2 koppies water by 1 koppie
pynappelsap en laat kook.
Haal af van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout, gelatine
en suiker by.
Laat afkoel tot dikte van wit van 'n eier. Rasper 4 koppies wortels by.
Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel.
Voeg geklopte room by. Gooi in vorm en laat stol.
Grenadella Yskastert
1 blik Ideal melk
½ koppie strooisuiker
1 blik grenadellamoes
1 pakkie lemoenjellie
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 koppie kookwater
Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel. Klop verkoelde melk tot styf.
Vou suiker geleidelik by. Klop goed. Vou moes en jellie by.
Klop tot romerig. Pak laag beskuitjies en gooi laag vulsel. Herhaal tot
klaar.
Rasper beskuitjies en strooi bo-oor. Plaas in yskas.
Grenadella-Kaaskoek
In die resep is daar nie 'n gesukkel met deeg of krummels nie. Meng net die
bestanddele in 'n voeselverwerker, gooi dit in 'n tertbak en bak in die oond.
Genoeg vir: 8-10
Bereidingstyd: 15min, plus verkoeltyd
Oondtemperatuur: 160 grade C
200 g ricotta
500 g vetvrye gladde maaskaas
3 groot eiers
200 g strooisuiker
15ml suurlemoensap
100ml grenadellamoes
Spuit 'n ronde 20cm tertbak met kleefvrye kossproei.
Sit die kaas, eiers, strooisuiker en suurlemoensap in 'n voetselverwerker en
pols tot die mengsel glad is. Oppas dat jy dit nie te veel meng nie.
Gooi die mengsel in die bereide tertbak en bak dit in 'n voorverhitte oond
vir sowat 35 - 40 minute, of tot dit gestol het. Haal uit die oond en laat
heeltemal afkoel.
Smeer die grenadellamoes bo-oor die kaaskoek sodra dit afgekoel het. Verkoel
in die yskas tot etenstyd.
Griekse Klappertert
Room die drie bestanddele baie goed:
125 g margarien
250 ml suiker
3 eiers
Voeg saam en meng by eerste drie bestanddele:
500 ml klapper
250 ml meelblom
3 tl bakpoeier
'n knippie sout
250 ml lou melk
Gooi mengsel in twee gesmeerde tertpanne en bak vir 35 minute by 180º.
Berei intussen die stroop:
250 ml suiker
250 ml water
1 tl vanielje
Kook saam vir 5 minute.
Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die sousie oor en siedaar! Dit is
nog verleideliker as jy 'n homp room bo-op skep.
Heerlike Broodjie
1 pak vetkoek deeg (die wat jy by die supermarkte of bakerye koop)
1 gekapte ui
1 teelepel gekapte knoffel
'n keuse van biltong of 'bacon' (Opsioneel)
1 koppie kaas in blokkies gesny
Plaas deeg (nog in plastieksak) vir ± 1 minuut in mikrogolfoond (Mikrogolf-
oond moet op DEFROST gestel wees).
Haal deeg uit plastieksak en maak dit sommer met die hand redelik plat.
Sprinkel uie, knoffel, kaas en biltong/ 'bacon' oor die deeg.
Rol deeg toe en plaas in gesmeerde broodpan.
Bak ± 1 uur by 180ºC in oond.
Haal uit en geniet.
Broodjie is heerlik terwyl nog warm, en heerlik saam met braaivleis.
Hoender Pastaslaai
1 Heel hoender
Sprite
pasta van jou keuse
hoenderspeserye
blatjang
sout/peper na smaak
knoffel (ops)
mosterd
uie
Wit sampioene
Kook hoender in sprite tot sag, ontbeen en sny in stukkies, moenie sous
weggooi nie.
Sny sampioene in skyfies. Soteer uie en sampioene in bietjie olie.
Plaas hoenderstukkies terug in kastrol, voeg al die ander bestanddele
behalwe pasta by, voeg nog Sprite by indien nodig.
Bring tot kookpunt en prut tot sappig.
Kook pasta soos normaalweg, dreineer, voeg hoender mengsel by en meng goed.
Bedien met 'n mengelslaai.
Hoenderbredie
1 kg Hoender
Sout & Peper
1 Pakkie Sampioensop
250 ml macaroni
125 g botter of margarien
2 uie in blokkies gesny
4 tamaties in blokkies gesny
125 ml ongesifte koekmeelblom
200 ml Water
250 ml Kaas
Geur hoender met sout & peper en kook tot sag. Ontbeen en sny vleis in
stukke.
Vul hoendersous met water aan tot 625 ml. Voeg soppoeier by, roer gereeld &
kook tot dik.
Kook macaronistukkies in soutwater to sag & dreineer.
Smelt botter in 'n groot kastrol. Voeg uie by & braai tot sag. Voeg tamaties
by & kook 'n rukkie.
Meng meel met water en roer by tamatiesous. Voeg sop by & roer tot gemeng.
Voeg hoender, kaas & macaroni by, meng en laat 'n paar minute prut.
Sit warm voor met rys en 'n slaai. (6 - 8 persone.)
Sooi-brand:
1 Mespunt magnesia in 'n halfkelki water 3 maal op 'n dag. Eet 4 of 5
amandels elke dag, dit is oek goed.
My Boererate eBoek
bevat bykans 2000 Boererate en kos maar net R60, ek stuur dit sommer per
epos.
Kontak my vir besonderhede
peter@peterjasie.co.za
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog gevleuelde
woorde van ST:
10 Praktiese
dinge vir gelukkig-wees
Hoe kan 'n mens 'n hunkering na "om gelukkig te wees" bevredig? Hoe
ervaar jy 'n gelukkige tevredenheid in jou lewe? Filosowe, sielkundiges,
teoloë, dokters, motorwerktuigkundiges en karavaankampeerders het elkeen
sy eie siening en filosofie hieromtrent.
Maar in hierdie artikel wil ek nou nie te diep filosofies raak nie, maar
tien praktiese dinge kortliks bespreek wat ek glo gaan help om van jou
'n meer gelukkige mens te maak.
1. Kyk na die sterrehemel
Jy moet ten minste een maal 'n maand op die grasperk op jou rug gaan lê
en vir 'n halfuur na die sterrehemel kyk. Nog beter as jy uit die stad
kan kom en dit iewers op die platteland doen waar die sterrehemel meer
helder en groots is. Hier in die stad verdof duisende liggies die sterre
sodat jy die nagtelike hemelruim nie werklik in volle glorie kan ervaar
nie.
2. Gee gereeld vir liefdadigheid
Maak 'n punt daarvan om op 'n gereelde basis vir 'n
liefdadigheidsorganisasie van jou keuse geld (of wat benodig word) te
skenk.
3. Gaan fliek
Lees resensies en hou jou ore oop vir 'n goeie fliek. Probeer een maal
'n maand 'n lekker fliek te gaan kyk. Sommige van die Hollywood flieks
is prul en nie die moeite werd nie - indien jy geleentheid het - gaan
kyk na van die skitterende kunsflilms wat vertoon word. 'n
Fliek-geleentheid moet 'n lekkerkry ondervinding wees met springmielies
en koeldrank en pret.
4. Besoek plekke
Besoek plekke wat jy nog nie voorheen besoek het nie. Indien jy vir nóú
nie ver kan reis nie, gaan kyk in jou omgewing na plekke wat jy nog nie
besoek het nie, soos museums, kunsgalerye, 'n rivier of berg,
natuurreservaat, 'n dam, winkeltjies in die stil deel van die dorp. Hier
is byvoorbeeld mense wat in Kaapstad hul lewe lank bly, en nog nooit
voet op Tafelberg gesit het nie. Beplan en spaar geld vir jou oorsese
reis na verre lande waarvan jy nog altyd net gedroom het.
5. Ontwikkel jou politieke siening
Dink na oor die geskiedenis en die lewe van mense en volkere en
ontwikkel jou visie hieroor. Verkry 'n siening oor hóé die wêreld 'n
beter plek gemaak kan word.
6. Gaan kerk toe
Daar is min dinge so goed as om op 'n aanbiddingsdag in 'n kerk te sit
en deel van 'n gemeenskap van gelowiges te wees en die Skepper te
lofprys en te aanbid.
7. Doen iets anders
Doen iets wat jy nog nooit voorheen gedoen het nie. Dit is sieldodend om
altyd dieselfde dinge te doen jaar in en jaar uit. Doen iets anders,
probeer iets anders - komaan, jy het net een lewe om die verskeidenheid
van alles rondom jou te ervaar. Kry waardering vir die feit dat jy die
geskenk van lewe ontvang het, en begin dinge doen.
8. Verbeter jou voorkoms
Skaf vir jou nuwe parfuum aan. Sny jou hare in 'n aantreklike styl wat
jou mooier en pragtig laat lyk. Koop vir jou 'n kledingstuk wat jou op
jou beste laat vertoon. Betaal eerder twee keer soveel vir dit wat jy
regtig wil hê as vir iets wat nie eintlik in jou smaak is nie. Lyk goed,
voel goed.
9. Luister na musiek
Luister gereeld na musiek waarvan jy hou. Speel - veral op 'n
wintersaand voor die kaggel - jou ou gunsteling musiek. Onthou, 'n mens
behoort ook ten minste een maal 'n jaar 'n popkonsert of
musiekuitvoering by te woon.
10. Stap in die natuur
Dit is kos vir die siel om in die natuur wees. Pak 'n rugsak, trek jou
stapskoene aan en tel daardie wandelstok op vir 'n dag in die berge en
bosse en riviere. Of gaan hou piekniek onder die groot akkerbome. Gaan
swem in die waterpoel onder die waterval. Ruik en leef en geniet die
natuur.
As jy hierdie tien dinge gedoen het en jy voel nie meer positief en
gelukkig nie, gaan terug na Mars waar jy vandaan kom.
Ek dink daaraan om 'n boekie saam te stel oor dinge wat jou gelukkig
maak, en hoé om gelukkig te word. Stuur jou gedagtes, wenke en idees vir
my aan en ek neem dit moontlik op en gee jou erkenning daarvoor.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Geluk is 'n soort aksie." - Aristoteles -
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry,
klik net hier.
Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans -
Klik hier
Lees alles oor
Bloedrivier:
Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop
@ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus
Roelof of Ronel by 012-3332932
Teken in /Teken uit / Kontak |
Teken hier
in op die poslys en lees ook die argiewe.
Om uit te teken, stuur vir my 'n
epos
en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder
jy ingeteken is
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart!
|
|