Onbeskaamd Afrikaans!

 

 

Nommer 128

Besoek my Webwerf

15 September 2008

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! Hier is sommer baie leesstof, so sit terug en geniet jouself.

Hierdie brief het klein begin en toe met die jare is daar aangelas en aangelas tot dit amper 'n monster begin word het. Teveel van 'n goeie ding is ook nie goed nie. Ek gaan dit nou weer kleiner maak en begin met goed wat ek dink hier moet wees, altyd resepte, Boeremusiek, goeie storie of twee. 'n grappie of twee natuurlik, 'n Afrikaanse gedig, Boererate. Sien, daar gaan ons alweer! Laat ek begin dan sien ons hoe eindig hy op! Daar is net soveel lekker Afrikaanse goed om in te sit, mens weet nie wanneer om op te hou nie!

Ek gaan verder met die alfabet met die resepte, gaan kyk maar verder na onder na Resepte.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Ek het 'n verskeidenheid skrywers wat bydraes lewer, gaan lees gerus ondertoe.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Estelle de Bruyn

Estelle is werksaam by die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Sy het spesial versoek dat ek die volgende plaas, ek doen dit met graagte:

Biltongfees

DIS weer sulke tyd. Die Hervormde Kerk hou Biltongfees en van heinde en verre kom biltongmakers hul beste van die bestes aanbied vir ons lekkerbekkige biltongboere se genot.
Van kleins af het ons grootgeword met die vaste tradisie dat rugby kyk en biltong eet sinoniem is.
Stap maar op enige Saterdag tydens die Super 14 reeks, die Curriebeker seisoen of wanneer die Springbokke speel in enige biltongwinkel in en daar sal jy die rugbygeesdriftiges aantref. Die gesprekke gaan ook elke Saterdag min of meer dieselfde: "Yes, is jy reg vir vanmiddag?" "Ja-nee, kom net die proviant aanskaf vir die game. En jy?". "Selle hier. Paar pêlle kom oor en 'n man moet darem mos maar iets hê om te knaag." "Gooi maar so 'n handvol chilly bytes en 'n hoop droëwors ook by," word die winkelassistent meegedeel, so tussen die geselsery deur.
Tot elke Blou Bul ondersteuner se vreugde, kon die Bulls vanjaar met die Super 14 al kouend voor ons TV's die genot van 'n wenspan ervaar. Hoe sê iemand nou die dag so raak: Om 'n bloubulwedstryd te kyk is soos om 'n lekker stuk biltong te eet; jy weet hoe hy gaan proe, maar dit bly lekker. En net om sout in die wonde van die Haaie en hul ondersteuners te smeer: Om na 'n Sharks wedstyd te kyk is soos om die fliek Finding Nemo te kyk: jy cheer hom net aan omdat jy hom jammer kry. En wat van die Cheetahs: daar is sterk ooreenkomste tussen die Cheetahs en Escom; jy weet daar is krag, maar die ligte is nie aan nie. O ja, en amper vergeet ek van daai spannetjie doer onder in die Weskaap, Stormers, heet hulle glo. Ja-nee, hulle is soos Robbeneiland: 'n mens lees so af en toe van hulle in die geskiedenisboeke.
Nou dat ek almal wat nie Bul ondersteuners is nie, lekker kwaad het, wil ek vertel van my biltongkerwer. My oupa Andries is dood voor ek gebore is maar volgens al die stories wat ek van hom gehoor het, was hy maar 'n ou korrelkop. Sterk soos 'n bees (soos almal se oupa's mos maar daai tyd was) en 'n man wat geglo het hy koop niks in 'n winkel wat hy self kan maak nie, al was hy nou nie so handig soos wat hy graag wou wees nie. Gevolglik het my ma haar eerste paar winkelskoene eers gekry toe sy hoërskool toe gegaan het. Ek het vandag nog in my huis twee riempies eetkamerstoele wat hy self gemaak het van die hout van 'n appelkoosboom wat uitgekap moes word. Krom en skeef en nie vreeslik esteties aanmekaar gesit, maar van groot sentimentele waarde vir my.
Maar my trotste stukkie oupa-erfgoed is my biltongkerwer wat hy ook met die hand gemaak het. Dis 'n baie elementêre kontrêpsietjie met 'n hout voetstuk, 'n semi-ronde blok en 'n halwe skaapskêr wat skerpgemaak is as lem. Met die jare het dié biltongkerwertjie al seker tonne biltong gekerf en is deesdae maar lendelam. Tog voel dit so in my binneste of biltong wat ek self met die stukkie antiek kerf, net lekkerder smaak as winkel-gekerfte biltong.
As ek my biltong uithaal en die kerwer uit die kas haal en die klank van die kerwery klink in my huis op, kom al my honde stertswaaiend aangedraf, want hulle weet daar sal iewers 'n droë puntjie of skewe stukkie hulle kant toe kom.
Mag vanjaar se biltongfees oudergewoonte vir groot vreugde en 'n lekker smullery sorg; mag ons almal ons vrieskaste vol koop vir die rugbyseisoen wat nog voorlê en sodoende ook nog 'n goeie saak ondersteun.  

Alleenloper  Samekoms -  24 September - Centurion

Kuier gesellig saam met ander Alleenlopers van oraloor.
Ontmoet nuwe vriende en vriendinne. Ook hulle wat Peterjasie se resepte
uittoets....
Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Tel 012 667 5317  - 076 105 7747 nie sms asb
meetamatch@telkomsa.net 
 

Lawwe Boererate

Ek glo vas dat meeste van ons ou Boeterate regtig werk, maar daar is party van hulle wat darem 'n bietjie dik vir 'n daalder is, in die volgende paar uitgawes gaan ek 'n paar hier weergee.

Mens gaan nogal sukkel om deesdae van die bestanddele te kry:

FYT ..Maak 'n pap van knoffel of perdemis en sit op vinger
FYT...In vinger…Steek 'n groen padda stukkend en steek die vinger daarin.
HONDBYT…Pluk van die hond se hare uit en verbind op bytplek
LINTWURMS… Eet vir 'n dag niks om die wurms uit te honger, plaas dan op jou nugter maag 'n stukkie brood op die tong om hule na bo te lok, neem dan 'n sopie brandewyn om hulle dronk te maak en dan pergasie om hulle uit te werk.

My Boererate eBoek bevat bykans 2000 Boererate en kos maar net R60, ek stuur dit sommer per epos.
Kontak my vir besonderhede  peter@peterjasie.co.za

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf Ek het onlangs nog Cheetah fotos bygesit.

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou. Klik gerus hier en kyk na haar resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! As jy besluit om van haar boeke te bestel en jy noem dat jy daarvan hier te hore gekom het, sluit sy my Kampkosresepteboek gratis in!

Groot nuus! Anna het sopas nog drie samestellings die lig laat sien!
(1) n Bordvol peuselhappies
(2) Japtrap etes-Sonder al die sjlep
(3)Souse, doopsouse, smere en botters.
Prys R50 elk.
Indien sy bewys van betaling ontvang, stuur sy n samestelling van 15 verskillende blatjang resepte.

Kontak sommer dadelik vir Anna en plaas jou bestelling:   anna@minimax.cc . of 0822946799

Africana en ander boeke

Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Ek het hulle nuutste katalogus sopas ontvang. Regs klik hier om dit af te laai.
Daar is ook 'n groot versameling Africana te kry by www.abebooks.com . Tik net Africana in die soekblokkie

Die Danville Hulpgroep

Gaan asseblief na die webwerf en kyk dan of jy moontlik kan help.
 

Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Aflewerings adres:-
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
PS Bel asb voor jy ry

Boeremusiek baanbrekers

Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....

Pierre Retief

"Waar is die 224 Meneer"? Jare terug toe Pierre die SWOT program aan die Gilde kom voorstel het, het die Westelike Provinsiestreek in die Hotel 224 gebly. Hulle het so lekker musiek gemaak dat die bestuur hulle daar wou hou! Pierre was dit die Boerekonsertina of die Wheatstone wat jou so gewild gemaak het in Pretoria? Pierre is nog baie bedrywig in die Kaap en sy nuutste orkes noem hy Distrik Sewe.
 

 

Bron: 15 Goue Jare:  1989-2004  Boeremusiekgilde  

Pasella

Al julle wat van kampeer hou, soos ek, regs klik hier om 'n boek vol Karavaanresepte af te laai;
 

Peterjasie se Boererate eBoek

eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur sommer per epos en jy betal dan die bedrag in my rekening in, so maklik soos dit. Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate en Verbruikerswenke" eBoek
 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

Dial Direct Insurance

 
Afrikaanse Gedigte

Nog iets nuut, ek skryf ook nou en dan en op sy tyd kan ek poësie ook lees. Ons Afrikaanse onnie op skool was besonders en het my 'n liefde daarvoor laat aankweek. Dit wys net weerens hoe 'n mooi taal Afrikaans is.

VOS EN DIE KRAAI

Behandel elkeen goed. Verneuk nie. Moenie sê: “Fonteintjie, ek sal nie weer uit jou drink nie.”

Vos nooi kraai na ʼn eetmaal toe,
Hy sit die kos in ʼn vlak bord, so,
Sodat kraai glad niks kos kon kry
Moes huis-toe gaan en honger ly.

Toe nooi kraai ook vir vos eendag,
Gou na die fees loop vos en lag,
Lekker te kry is hy te bly,
Hy sal gou sien wat hy sal kry.

Kraai sit kos in klein flessie,
Uit flessie kan vos nie eet nie,
En kraai eet self al die kos op,
Flessie steek vas aan vos se kop.

Nou weet as jy ander verneuk,
In selfde strik sal jy vas steek,
Die vos dog hy alleen is slim,
Dat hy kan doen net soos hy wil.

Doen aan ander soos jy begeert
Dat hul goed doen in hulle beurt.
Dink nie of sê nie: “Fonteintjie,
Ek sal nie weer uit jou drink nie.”
 

Dankie aan  Woorde.co.za

Kos stories - Frik Lombaard

Die program op TV nou die aand het my weereens die belangrikheid van reg eet laat besef-Peter

Knoffel

Seker die eerste of vroegste verwysing na knoffel kom in die Bybel voor waar die Israeliete kla dat hulle moes trek van Egipte af waar hulle vleis en knoffel geet het. Ons geagte minister van gesondheid beweer dat knoffel goed is om die vigs teen te werk. Sy het blykbaar hierdie uitlating gemaak sonder dat enige navorsing gedoen is. Baie kundige mense sê dat dit nie waar kan wees nie. Maar ek wil graag saam met ons geagte minister stem, dat as iemand Knoffel geeet het wil en sal niemand saam met hulle slap nie en sodoende sal hulle ook nie aids kry nie.

Die opmerking van my is meer tong in die kies, maar knoffel het baie meer in hom as net ‘n slegte asem die volgende oggend. As jy knoffel nie as voorbehoed middle gebruik het nie, kan jy gedurende jou swangerskap gerus so ‘n teelepel of twee knoffel eet, dit sal sorg dat jy en jou baba gesond bly, want knoffel verlaag jou bloeddruk as jy hoë bloeddruk het en dames wat knoffel op ‘n daaglikse basis eet se babas is ook gesonder en hulle weeg ook ‘n bietjie meer as die ander babas. Hierdie is nie net versinsels nie maar feite wat verkry is met navorsing.

Daar is ook bewyse dat persone met hoë cholesterol ook baat vind by die gereelde eet van knoffel. Hulle slegte cholesterol verlaag drasties binne die bestek van 16 weke. Soos ek ook alreedse gesê het is dat mense wat aan hoë bloeddruk ly baie baat vind by knoffel, want knoffel verlaag ook bloeddruk. Wat ook nog gebeur is dat wanneer jy knoffel eet dit jou bloedsirkulasie verbeter. Daar is ook bewyse dat ‘n mense wat geneig is om bloedklonte te kry ook baat kan vind by die wondermiddel. Knoffel liefhebbers kry ook nie sommer verkoue en griep nie. Ek dink ook dat die stank hulle weghou.

Die stank kom van ‘n ensiem en ‘n suur wat meng sodra die knoffelhuisie gebreek word. Wat nou gedoen as jy knoffel geeet het ? Tyd is maar die beste om jou van ‘n reukende asem te genees. Daar is tydelikke kure en dit is om peperminte te eet asook om pietersielie te kou, maar dit hou nie lank nie. Wat ook blykbaar werk is om suurlemoen tee vroeg in die oggend te drink. Ander mense beweer wat hulle help is om koffiebone of karmodansade te kou.

Met al die voordele is daar ook nadele wat mens in gedagte moet hou wanneer jy baie knoffel eet, en die nadele is omgekrapte maag, gas en in mans se geval ‘n lae sperm telling. Maak nie saak watter kant toe nie, knoffel is en bly maar lekker.

Geniet die week verder.  

Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl

Ek luister mos een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nuubrief uit.

PANNE: hoe word dit gevorm?
‘n Luisteraar na my en Amore se “Brêkvis met Bekker” program skryf:
Julle praat oor die Vredefort-koepel en van die Tswaing-krater en nog ander, maar daar is letterlik duisende van hulle reg oor die land. Sou jy oor die land vlieg sal jy sien dat baie panne of kraters oor Suid Afrika lê. Jy sien dit veral in die Noordwes en Noord-Kaap provinsies. Sou mens dit mooi bekyk, sien jy dat die een kant redelik hoër as die ander kant is, wat dalk daarop dui dat die meteoriet die aarde teen 'n hoek moes getref het.
Wanneer mens met die hoofpad tussen Johannesburg en Kimberley reis, sien jy baie van dié "panne". Ek is oortuig dat Barberspan ook deel van die metorietimpakte is. In Noordwes is daar letterlik honderde van hulle en al die hoë walle lê aan die suidekant. Vir my lyk dit uit die lug asof 'n tros meteoriete die aarde getref het.

Ons Brêkvis met Bekker geoloog vriend, Danie Barnardo, antwoord:
Meteorietimpakte is baie spesifiek. Wetenskaplikes het tot nog baie onlangs geglo dat Tswaing 'n ou vulkaankrater is. Ook het geoloë vir baie jare oor Vredefort gedebatteer, totdat Uwe Reimold met die bewyse vorendag gekom het. Dit het te doen met kwartskorrels wat by sogenaamde impakteksture ontstaan. Dit kan net voorkom by hoë-energie botsings, waar ook baie hitte gegenereer word, soos wat gebeur wanneer 'n meteoriet die aarde tref. Hierdie teksture is net onder mikroskope sigbaar. (T sien Geological Journeys bl 54). Volgens hierdie bewyse is daar dus net die vier bekende bewese meteorietimpakte in Suid-Afrika by Vredefort, Tswaing, Kalkkop en Morokweng (T sien Agterpad Reisnotas 8, Okt 2006).
Die panne in Noordwes, die Vrystaat en Noord-Kaap het 'n heel ander oorsprong (T sien Geological Journeys bl 237). Hierdie panne vorm net in huidige droë gebiede, of waar dit voorheen droog was. Panne het, volgens Geological Journeys, 'n tweeledige oorsprong, nl. klimatologies en geomorfologies. Kortweg gestel is geomorfologie die proses waardeur landvorme (riviere, heuwels, berge en vlaktes) ontstaan. Die panne ontstaan a.g.v. soutverwering en winderosie. Die sout kom algemeen voor in Kalaharisand en Ecca skalies van die Karoo Supergroep, waarop hierdie panne algemeen gevorm word. (interessant is dat die groot steenkoolneerslae wat in Suid-Afrika ontgin word, ook in die Ecca voorkom). Die sout neem water op en sit uit, wat die verwering van die skalie veroorsaak. Die wind waai dan die verweerde sediment (in die vorm van fyn sand of slik) weg om die depressies of panne te vorm. Wanneer dit reën, versamel die reënwater in die panne, wat natuurlik die erosie van die sout verder versnel. Dis dan ook die rede waarom sout (natriumchloried) vir industriële en huishoudelike gebruik in heelparty van hierdie panne ontgin word.
Omdat die wind meestal uit 'n bepaalde rigting waai en die sedimente nie ver weggewaai word nie, versamel die sedimente aan 'n spesifieke kant van die pan, wat dan die "hoë walle aan die suidekant" van die panne vorm waarna jou briefskrywer verwys (die wind moet dus hoofsaaklik uit die noorde waai). Die walle is dus eintlik duine.
Verder vorm sulke panne ook in die ou rivierlope van byvoorbeeld die ou vloedvlaktes van die Harts- en Vaalrivier in die Noord-Kaap. Dié dat dit lyk of sommige van die panne in rye lê.”

Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos :
info@explore-sa.com

Glimlag!
 
 


Ek dink hierdie een is klassiek! dankie, Adri!

Jannie het elke oggend met ‘n blou oog by die skool aangekom. Die juffrou het vir hom gevra hoekom sy oog blou is. Jannie se antwoord was:
” Ons bly in ‘n klein huisie en ek en my ma en my pa slaap in een bed.
Elke aand vra my pa vir my, ” Jannie, slaap jy al? ” , dan sê ek ” Nee, pa ” en dan slaan my pa my en gee my ‘n blou oog ” .
Die Juffrou se toe vir Jannie, ” As jou pa jou weer vra, dan bly jy doodstil. ” Die volgende dag het Jannie nie ‘n blou oog nie, toe sê hy vir die Juffrou dat hy stil gebly het. Maar die dag daarna het Jannie weer ‘n blou oog. Die juffrou vra toe vir Jannie
” Hoekom het jy dan weer ‘n blou oog? ”
Hy vertel toe vir die Juffrou:” Pa het gevra…’Jannie slaap jy’?, maar toe bly ek doodstil. Pa en ma het toe gewoel in die bed.
Toe vra pa vir ma: ” Kom jy? ” toe se ma, ” Ja… kom jy ook? ” , toe se pa ” Ja ” , en toe sê ek:
” Wag vir my, ek kom ook, ek wil net gou my slippertjies aantrek. “
 
Ons Afrikaner kinders dans tot heelbo!

Die Wapadrand Boeredansgroep bestaande uit kinders het onlangs deelgeneem aan die Nasionale Eisteddfod in die Volksdans kategorie.

Van vroeg die middag is hare gevleg, skoene blink gemaak en klere reggetrek vir hierdie kompetisie. Tussen die glimlagte deur het die senuwees geknaag maar Danette het geglo in haar groep kinders en hulle het geglo hulle kan dit doen. Nie eens ’n groot verkoue kon dansers weg hou van hierdie geleentheid nie. ’n Gebed voor die optrede het die kinders die selfvertroue gegee om op die verhoog te stap en te dans dat die stof staan.

Met swaaiende rompe en die klanke van opgewekte boeremusiek, het die groep dit reggekry om ’n diploma te verwerf – die hoogste moontlike toekenning in die kategorie. In ag genome dat hierdie groep ’n buitemuurse aktiwiteit is en dat die kinders uit verskillende skole en areas in Pretoria en selfs verder kom, is dit ’n uitsonderlike prestasie.

Danette Smith, die groepleier sê dat die groep hierdie kompetisie benader het as ’n geleentheid om die boeredanse, as deel van die Afrikaner kultuur na mense te bring op visuele vlak. „Ons diploma was ’n groot bonus maar die visuele impak en gedagtes wat ons agtergelaat het, was die grootste toekenning!“. „Ons wil kinders nie net aan die praat kry oor boeredanse nie maar wil hulle ook op die dansvloer kry.“

„As ek kyk na hoe die gesigte gestraal het, ten spyte van die senuwees, op die verhoog en hoe hulle entoesiasme en meelewing die gehoor aan hulle voete gehad het, was die oefen als die moeite werd.“

Die beoordelaar het hulle geluk gewens met ’n afgeronde en opgewekte vertoning waardeur sy kon ervaar dat hulle geniet wat hulle doen.

Daar is nog baie kinders wat kan deel in hierdie vreugde en een van die geleenthede waar hulle dit kan doen is tydens die groep se jaarlikse danskamp van 16 – 18 Januarie 2009 by die Voortrekker Monument. As jy lus is vir dans en Graad 5 en ouer is, is jy baie welkom.

Kursusse vir volwassenes kan oor gereël word.

Kontak Danette Smith by 082 923 6177 of danna.smith@resbank.co.za  vir enige verdere inligting.
 

 
Resepte

Hier is resepte van 'n Word dokument wat iemand my lank gelede gestuur het, ek begin sommer heel voor en werk deur die alfabet:

Mieliebroodjie

(Dit is heerlik saam met gebraaide snoek of braaivleis.)
500 Gram Bruismeel
500 ml Karringmelk
1 Blikkie Heelpitmielies
Knippie Sout
Meng alles saam, plaas in 'n gesmeerde broodpannetjie, en bak vir 30 - 45 minute by 'n voorverhitte oond van 180 °C.

Mieliepap In Mikrogolf

3 koppies mieliemeel
1200 ml kookwater
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels sout
4 eetlepels margarien of botter
Plaas mieliemeel in mikrogolfbak (omtrent 2,5 liter bak) en mikrogolf onbedek op hoog vir 5 minute.
Voeg bakpoeier en sout by en meng deeglik.
Roer margarien by kookwater tot gesmelt.
Voeg kookwater met gesmelte margarien by mieliemeel en roer deeglik totdat daar geen droë meel meer oorbly nie.
Mikrogolf met deksel op, op hoog vir 8 minute.
Haal uit en roer deeglik.
Plaas terug in mikrogolf met deksel op en mikrogolf vir 'n verdere 8 minute op hoog.

Mikrogolf Fudge

Hier is 'n resep wat regtig werk en baie, baie lekker is:
1 blik Kondensmelk
2 k Strooisuiker
125 g Margarine/ Botter
1 t Vanilla Essence
Voeg Kondensmelk, Strooisuiker en Margarine/ Botter saam in 'n groot glasbak (ongeveer 15 cm hoog - mengsel borrel hoog gedurende kook proses!).
Kook op "High" vir 2 minute.
Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op "High".
Haal uit; voeg 1 t Vanilla Essence by. Roer goed.
Gooi in 'n gesmeerde pan. Laat staan vir 2 minute.
Sny in blokkies en geniet!
(Opsioneel: kan ook neute/ rosyntjies/ Rice Krispies/ gebreekte beskuitjies bygooi of smelt sjokolade en smeer bo-oor; heerlik!)

Mikrogolf Sjokolade Koek

1 k Bruismeel
1 t Bakpoeier
knippie sout
4 e kakao (jy kan ook 2 e koffie [opgelos in baie min water] en 1 t vanilje byvoeg)
Klits die volgende:
1 k suiker
2 eiers
½ k olie
½ k warm water
Voeg alles bymekaar en klits
Bak 5 minute by 100% krag.
Laat staan 10 minute in pan voor jy dit uit gooi.
Voer pan met waspapier uit om te voorkom dat dit vassit.
Versiersuiker:
Maak jou gewone sjokolade botter versiersuiker - net baie slap en loperigm Voeg kersies en neute by die versiersel.

Mostert en Tamatiesous (Worsbroodjies)

2 k bruinsuiker
4 t mostert
8 e maizena (vat minder)
2 k asyn
4 e gesmelte margarien
4 k tamatiesous
Kook alles saam & verdik met maizena.

Mostertsous

2 eiers
driekwart koppie suiker
1 koppie wit asyn
1 teelepel mostert
1 teelepel maizena meng met bietjie asyn
Meng alles en kook oor lae hitte en roer aanhoudend.
Ook vir aartapelslaai en broodslaai kan ook room byvoeg by broodslaai.

Noedelslaai

3 koppies gekookte Noedels
1 Soetrissie in repies gesny
1 ui – gekap
Sous
250 ml Tamatiesous
125 ml Asyn
125 ml Olie
200 ml Suiker
25 ml Cartwrights Kerriepoeier
Knippie Sout
Meng sous deeglik en gooi oor afgekoelde noedels.
Meng alles weereens deeglik
Verkoel oornag in yskas.


Lekker Noedelslaai

1 pak noedels
1 koppie tamatiesous
1 koppie olie
1 eetlepel chillie sous (tabasco)
2 uie gekap
1 'greenpepper' gekap
2 tamaties (gekap)
Kook noedels soos gewoonweg.
Meng al die ander bestanddele saam en meng met noedels.
Laat in yskas vir ± 1 uur
Heerlik saam met 'n braai ens.


Oats Koekies

2 k meel
4 k oats
2 k klapper
2 k suiker
250 g margarien
3 t stroop
2 t koeksoda
Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)
Voeg koeksoda by. Meng die droeë bestanddele saam
Gooi stroop by droë bestanddele
Gooi in 'n oondpan en druk vas.
Bak vir ± 10 - 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik

Ongekookte Vla

150 ml Vlapoeier
bietjie koue water
1 L kookwater
1 blik kondensmelk
10 ml vanielje essens
Gebruik water om die vlapoeier mee te meng tot 'n loperige pasta.
Gooi kookwater ook net nadat dit gekook het by en roer tot mengsel egalig is.
Gooi blik kondensmelk by en roer.
Voeg nou die essens by en meng goed.

Onwerklike Tert

(ongeveer 12 skywe)
4 eiers 50 ml margarien
250 ml suiker 125 ml koekmeelblom
2 ml sout 3 ml bakpoeier
500 ml melk 250 ml klapper
5 ml vanielje
Plaas bestanddele in 'n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed gemeng is.
Giet in 'n gesmeerde oondvaste 24 cm tertbord en bak sowat 45 - 55 min. by 180°C of totdat die bo-kors goudbruin is en die vlavulsel gestol is.

Orrelpoeding

Deeg:
2 Koppies meel
125 gm Margarien
4 Eetlepels appelkooskonfyt
1 Desertlepel koeksoda
Knippie Sout
Smelt margarien en voeg koeksoda en konfyt by.
Meng met meel en sout. Gooi nou stroop in 'n groot bak, bv. oondpan.
Skep groot lepelsvol deeg in die stroop. Bedek met foelie. Bak 25 min. By 180°.
Stroop:
6 Koppies water
2 Koppies suiker
2 Teelepels margarine
2 Teelepels vanielje
Meng die stroop se bestanddele in 'n kastrol en kook vir 5 minute.
Hou dit daarna warm.

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

Gebruik jou tyd reg

Dit is hierdie tyd van die jaar dat die dae vol belofte raak van 'n naderende lente - hoewel die Kaap onder stormweer, sterk winde, reën en koue deurloop, terwyl ek hier skryf.

Dit is ook hierdie tyd wanneer alles en almal begin vere regskud na die einde van die jaar toe. Dit is byvoorbeeld die laaste skof vir baie leerlinge en studente voordat die groot eindeksamens begin. Dit raak dan tyd om rekenskap te gee van wat jy met jou tyd gedurende die jaar gedoen het.

Wanneer ek met leerlinge en studente gesels oor hul studies is ek dikwels verbaas oor hoe min tyd hul spandeer aan studies. Soms word die skuld vir leerprobleme en swakker akademiese prestasie voor die deur van 'n verskeidenheid van faktore gelê, maar so vele kere is die eintlike rede dat die student te min tyd aan studies afstaan.

Dis soms verstommend om te hoor hoe studente meen om sukses in hul studies te behaal sonder om werklik die nodige tyd daaraan te wy. Die hoeveelheid tyd wat 'n student voor sy boeke deurbring, is gewoonlik 'n aanduiding van hóé ernstig hy met sy studies is.

Ons kan baie dinge in die lewe bymekaar maak. Jy kan geld in die bank deponeer. Jy kan besittings versamel en soveel klere koop as wat jy wil. Sand en klippe kan opgehoop word. Maar tyd kan nie versamel en opgehoop word nie.

Tyd is nie soos geld wat jy in die bank sit om later weer te onttrek nie. Tyd kan nie opgegaar word om op 'n later dag uitgehaal te word nie.

Jy kry tyd verniet. Elke dag 'n nuwe vier-en-twintig uur. Jy het nie 'n keuse hieroor nie. Waaroor jy wel die keuse het, is wat jy met hierdie tyd maak. Jy kan dit of gebruik of vermors. Die tyd wat jy vandag vermors, is vir altyd verlore. Die ure en minute van hierdie dag tik onverbiddelik verby en sal nooit weer herhaal word nie.

Vandag kry jy weer 'n splinternuwe vier-en-twintig uur. En dis nie soos tyd wat jy koop vir 'n selfoon nie. Jy kry hierdie dag se ure gratis; dit word aan jou geskenk. Die tyd wat jy egter nie vandag gebruik nie kan jy nie laat oorstaan vir môre nie. Elke dag het sy eie tyd.

Wanneer jy voel jou dag te min ure het kan jy nie tyd by 'n vriend leen, sodat jy nou dertig ure vir hierdie dag het nie. Nee, elke persoon op aarde kry presies dieselfde aantal ure.

Die verskil kom daarin of jy tyd sinvol en nuttig gebruik, of dit mors en laat verlore gaan. Een van die grootste verskille tussen sukses en mislukking, tussen 'n wenner en verloorder, tussen akademiese welslae en gebrek aan prestasie is hoe jy as individu jou tyd gebruik of misbruik.

Iemand het by geleentheid gesê die mens wat sy tyd beheer, beheer ook sy lewe.

Tyd is kosbaar, tyd is lewe en tyd is 'n wonderlike gawe vir jou en my. Gryp jou lewenstyd van hierdie dag, sodat dit nie verlore gaan nie.

Die volgende punte kan jy oor nadink en dalk implementeer om jou tyd meer sinvol te gebruik:

· Moenie uitstel nie, doen die ding wat jy vrees vandag.
· Beplan elke vroeg-oggend vyf belangrike take en hou daarby.
· Begin betyds met 'n taak en handel dit af.
· Die sinvolle gebruik van tyd loop hand en hand met selfdissipline.
· Moenie verskonings soek vir tydmors nie.
· Die sukses van 'n projek hang dikwels af van die ekstra tyd wat jy daarin sit.
· Moenie uitstel nie, doen die taak dadelik.
'n Wonderlike sê-ding wat ek gehoor het: "Vandag sal ek... nie 'n uur in die oggend verloor en die res van die dag daarna soek nie."

'n Sprankie wysheid vir die dag

"Ek het die Switsers verslaan omdat hulle nie die waarde van vyf minute besef het nie." - Napoleon Bonaparte -

Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za

Skakels/Advertensies

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans - Klik hier

Lees alles oor Bloedrivier: Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop @ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus Roelof of Ronel by 012-3332932
Skoorkos is 'n blog wat resepte in geselsvorm, in Afrikaans, vir die gretige kosmaker bevat.
Ons gaan gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek, uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en probeer dan die regte ding. Probeer gerus,
 Klik hier  en geniet.
Boeredanse -
Verdere inligting oor die dansgroep: Danette Smith, Danna.smith@resbank.co.za
Sel: 082 923 6177
Alleenlopers - 24 September (Vakansiedag) by Celtis Dal, Centurion. Alleenlopers van oral kuier saam vir die dag. Bespreking noodsaaklik. Ligte middagete ingesluit. Cotie 076 105 7747
Oorvloed - klik hier

Teken in /Teken uit / Kontak

Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.

Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart!