Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Hier is sommer baie leesstof, so sit terug en geniet jouself.
Ek probeer die
brief kort hou, maar as ek eers begin sit ek maar net by en kyk hoe lank
is dit nou. Maar dis ideaal vir die van julle wat tuis is of nie veel
werk het nie, ten minste kan julle nou besig lyk as julle niks het om by
die werk te doen nie.
Ons gaan bietjie
met vakansie na Egipte en ook Engeland, sal om en by die 6de Desember
terug wees, hopelik met hope fotos en stories. Die volgende brief sal
dus eers later in Desember uitgaan, ek wil darem eers al die fotos
uitsorteer en oplaai. As iemand onlangs in Egipte was,
laat my weet asseblief, ek kan doen met al die wenke wat ek kan kry
Ek gaan verder
met die alfabet met die resepte, gaan kyk maar verder na onder na
Resepte.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Ek het 'n verskeidenheid skrywers
wat bydraes lewer, gaan lees gerus ondertoe.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum
boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis
heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Estelle is werksaam by die
Republikein,
die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Sy het spesial versoek dat ek
die volgende plaas, ek doen dit met graagte:
Beroemde Paartjies
Nou die aand voor die TV sit en
grêns ek 'n “tissue-“boks dolleeg oor die fliek Tristan & Isolde.
Hoekom is al die mooiste liefdesverhale so hartseer? Dit wil-wil vir my
lyk of die groot liefdes oor die millennia, hetsy geskiedkundig of
legendaries, tot tranetrekker eindes gedoem was.
Kyk nou maar vir Lancelot en Guinevere; Mark Anthony en Cleopatra;
Abelard en Heloise; Romeo en Juliet; Simson en Delila en Salomo en die
koningin van Skeba wat nie een 'n "en hulle het lank en gelukkig
saamgeleef"-einde beskore was nie. Dieselfde met die arme Tristan en
Isolde.
Hulle leef in ons letterkundige herinneringe voort as tragedies. Ons is
saam met hulle bly dat hulle mekaar ten minste ontmoet het en die liefde
beskore was, al was dit nie tot in lengte van dae nie. Dis juis die feit
dat hulle sogenaamde "star crossed lovers" was, wat hulle so besonder in
ons kollektiewe geheue maak. As dit nie vir hul noodlottige liefdeslewe
was nie sou ons net aan Lancelot as dapper gedink het, Guinevere as mooi,
Mark Anthony 'n politikus by uitnemendheid, Cleopatra wat in donkiemelk
gebad het, Abelard en Heloise wat albei slim en wysgerig was, Simson wat
sterk was en Delila wat geslepe was, Salomo wat slim was en die koningin
van Skeba wat mooi was. Wat sou ons oor Romeo en Juliet kon sê behalwe
dat hulle tienderjariges was wie se ouers vyande was?
Met ander bekende paartjies uit die verlede, werklik of fiktief, het dit
darem skynbaar bietjie beter gegaan. Die Bybel vertel nie die
besonderhede van hul latere lewes nie, maar dit lyk darem of Adam en Eva
se huwelik nie in die egskeidingshof geëindig het na hulle uit die
paradys geskop is nie. Barbie en Ken is nou al vir amper 40 jaar saam en
lyk nie 'n dag ouer as toe hulle winkelrakke die eerste keer getref het
nie.
Bonnie en Clyde het saam-saam in Mei 1943 die tydelike met die ewige
verwissel toe hulle in 'n lokval in Louisiana doodgeskiet is, arme
Bonnie 'n skamele 23 jaar oud. Robin Hood en sy Maid Marian was so
verlief dat sy haar by sy bende rowers, The Merry Men, aangesluit het.
Klaarblyklik het hulle saam oud geword daar in die woude van Nottingham.
Lady en haar Tramp leef steeds gelukkig saam op die silwerdoek soos
Tarzan en Jane.
Hoewel koningin Victoria van Engeland haar geliefde Albert vroeg aan die
dood afgestaan het en tot haar dood swart gedra het as teken van rou vir
haar geliefde, het hulle darem 21 gelukkige jare saam gehad waarin die
egpaar nege kinders gehad het.
En wie kan die passievolle dog stormagtige huwelik van Napoleon en
Josephine vergeet. Ondanks albei wat verskeie ander buitemuurse
verhoudings gehad het, was hulle onafskeidbaar. Sy het uiteindelik
ingestem om van hom te skei sodat hy weer kon trou om kinders te hê.
Haar naam was egter op sy lippe op sy sterfbed jare later op die eiland
St Helena.
Ai, die wonders van die liefde, die hartseer van 'n verlore geliefde en
die manier wat ou stories uit lank gelede, of dit nou mitologies of
werklik soos die verhaal van Tristan en Isolde, nou die aand op TV was,
'n mens steeds kan aangryp.
Ek bly maar 'n aartsromantikus!
Die Slag van Bloedrivier - 170ste herdenking |
Dit is hierdie jaar
die 170ste jaar na die slag van Bloedrivier en dit word herdenk met
spesiale feeste wat op verskeie plekke in die land gehou gaan word.
Bloedrivier Gelofte 170 begin op 21 November by die Voortrekkermonument.
Vanaf 21 November tot 6 Desember word Bloedrivier gebring na die
volgende dorpe:
* Krugersdorp
* Bronkhorstspruit
* Witbank
* Middelburg
* Standerton
* Bethal
* Ermelo
* Piet Retief
* Newcastle
* Vryheid
Die Krugersdorp been geskied op 22 November 2008 by die
Paardekraalmonument.
Die Bloedrivier Gelofte-herdenkingskomitee verskaf verskeie items vir
die program.
Gedurende hierdie fees word die gelofte herbevestig en elke feesganger
kry die geleentheid om op 'n baie spesiale manier hom/haar te
vereenselwig met die Gelofte van Bloedrivier.
Die Bloedrivier Herdenkingskomitee voorsien die die volgende items:
* 'n Kakebeenwa wat deur die dorp getrek gaan word.
* Coreen en haar orkes.
* Antieke Bybel en teologiese boeke uitstalling waarvan die oudste boek
in 1645 gedruk is.
* Perde vir optog.
* Geskiedkundige vlae vir optog en ander gebruik.
* Spreker wat ook gelofte herbevestig.
* Verkope van DVDs en boeke oor die slag van Bloedrivier.
* Verkope van historiese vlae en verskeie ander items.
Daar word 'n bus gereel vanaf Pretoria vir hierdie dag. Indien u
belangstel om met die bus te kom, kontak asb vir Johan Joubert by
louwjoubert@gmail.com
Reageer op die persoonlike boodskap
hier
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Egipte en
Engeland fotos gaan daar ook wees.
Ek glo vas dat meeste van ons ou
Boeterate regtig werk, maar daar is party van hulle wat darem 'n bietjie
dik vir 'n daalder is, in die volgende paar uitgawes gaan ek 'n paar hier
weergee. My kommentaar in blou.
Mens gaan nogal sukkel om deesdae
van die bestanddele te kry:
ASMA…Maak ‘n stukkie itermagodop
fyn en gooi dit op die kole en die sieke moet sy gesig daaroor hou en
die rook inasem…dit sal dat die bors ooptrek.
(Aan winkelier " Hou jy dalk itermago aan?")
ASMA…Knopdagga moet in koelte drooggemaak word…en dan gekook word en
getrek word soos tee (sal dit
nie beter wees as mens dit rook nie?)
ASMA…Gooi 6 eiers in ‘n ½ bottel rum en skud totdat dit dik is. Neem 3
maal per dag 1 teelepelvol daarvan.
(Ag nee! Maak die eiers gar vir ontbyt en drink dan
die rum skoon!)
ASMA…Gebruik klip dagga wat in die rantjies groei. Die kinders is gek
daarna om dit uit te trek en te suig…dit is soet…maar die blare is
bitter. Sit dit en brandewyn en laat trek en drink smorens en saans.
(Wag maar tot die kinders
uitving jy kan dit rook!)
ASMA…Eet 1 teelepelvol uitgebraaide hoendervet 3 keer per dag.
(Dan is jou asma genees, maar
dan sukkel jy met cholesterol!)
ASEM…Slegte asem…Gorrel met waterstofperoksied gemeng met water…dit sal
die reuk heeltemal vernietig. (dalk
jou keel ook!)
My Boererate eBoek
bevat bykans 2000 Boererate en kos maar net R60, ek stuur dit sommer per
epos.
Kontak my vir besonderhede
peter@peterjasie.co.za
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf Ek het onlangs nog fotos bygesit.
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans.
Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort
dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is
betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by
jou.
Klik gerus hier en kyk
na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!
Of bel sommer direk vir Anna -
0822946799
Gratis Kersfeesresepteboek met elke
bestelling
Flexi Club punte
beskikbaar |
Flexi
Club punte beskikbaar. Betaal slegs die oordragskoste en neem die
maandelikse paaiment oor van punte wat ekstra aangekoop is.
Kontak Nandi by 0724604717
Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Ek het hulle Oktober katalogus
sopas ontvang. Regs klik hier om dit af te laai.
Daar is ook 'n groot versameling Africana te
kry by
www.abebooks.com . Tik net Africana in die soekblokkie
Ek word ook
gereeld gevra of ek weet van 'n dieet wat werk. Meeste diëte werk, die
probleem is om die gewig af te hou sodra jy verloor het wat jy wou
verloor. Die beste wat ek van weet is Weight Watchers. Jy verloor stadig
maat seker en jy word ook gemonitor. Sodra jy jou teikengewig bereik het
verminder jou maandelikse lidmaatskap. Jy is teen daardie tyd in 'n
gesonde eetgewoonte en jy kan dus jou gewig behou en beheer. As dit
regtig so belangrik is dat jy gewig verloor is die die weg om te
vat.
Hier is drie
diëte wat ook werk, regs klik op die skakels en laai hulle af.
Baie belangrik! Raadpleeg egter eers jou dokter voor jy met
enige van hulle begin, ek aanvaar geen verantwoordelikheid as iets sou
skeefloop as gevolg van die gebruik van enige van die diëte nie.
Hartstigtings dieet
Sop dieet
3-dag-dieet
Sterkte!
Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die
Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....
Marius Louw
Marius Louw
kom 'n lang pad met Boeremusiek. Sy loopbaan het in die Vaaldriehoek
begin waar hy bevriend geraak het met Frikkie de Bruyn, 'n kranige
kitaarspeler. In Mosselbaai speel hy in Allen Green se orkes en saam
neem hulle aan verskeie TV kompetisies deel. Marius stig later sy
eie orkes en wen 'n TV kompetisie. Marius is 'n man met vlugtige
vingers maar sê 'n man mag nie die note so rol dat jy die wysie
verloor nie. Deesdae speel hy en Manie Bodenstein die pragtigste
duette saam en maak beurte om te harmoniseer! Pragtige musiek om na
te luister. |

|
Bron: 15 Goue
Jare: 1989-2004 Boeremusiekgilde
Regs klik hier om
die resepte eBoek Delicious Diabetic Recipes af te laai. Ek word gereeld
gevra vir diabetiese resepte, so hier is die boek weer.
Elsabé en haar
span vrywilligers doen wonderlike werk onder ons minder bevoorregtes,
lees gerus haar brief:
En help asseblief as jy enigsins kan? Hulle het enige hulp wat hulle kan
klry broodnodig, en dis vir ONS mense!
Goeiemôre
vriende,
Oor slegs 56 dae is dit Kersfees!!
Die tyd raak min en alles word nou op ‘n drafstappie gedoen! Heerlik,
Heerlik! Met 'nklein bietjie moeite gaan daar letterlik honderde kinders
en bejaardes se harte bly gemaak gaan word! Is dit nie die beste gevoel/gedagte
op aarde nie?
Die reëlings vorder fluks en die eerste 15 geskenkpakkies het ingekom! –
Lekker om sommer Kersfees in Oktober te hê!
Daar is baie beloftes gemaak en ek glo dat dit sal realiseer. Dit is 'nenorme
taak en organisasie om alles betyds gedoen en in te kry - maar net soos
die vorige 6 jaar sal ons Hemelse Vader voorsien, want wat gedoen gaan
word is tot voordeel en vreugde van so baie oues en kinders! BAIE DANKIE
aan almal wat bereid is om te help en ook BAIE DANKIE aan die persone
wat alreeds bygedra het.
Net gou weer die verloop en benodighede vir hierdie funksies:-
Kersgeskenke:- Kontak ons gerus in vir 'nwenslys of twee. Geskenk se
waarde moet asb R80-00 wees. Artikels word net in 'nplastieksakke met
die persoon se wenslys of naam daarop geplaas. Ons plaas dit in
eenvormige geskenksakke. Geskenke moet asb so gou as wat moontlik is
afgelewer word – sodat ons kan sien wat nog benodig word. Die eerste
funksies begin op die 21ste November 2008 (Sien funksie datums heelonder
aan brief)
Lekkergoedpakkies (kinders):- Ons benodig 2000 lekkergoedpakkies vir die
kinders asb!!!! In elke pakkie sit ons:- 'nKoeldrank, pakkie skyfies,
pakkie springmielies, gemende lekkergoed en koekies asb.
Lekkergoedpakkies (bejaardes/volwassenes):- Ons benodig 1000
lekkergoedpakkies vir die volwassenes asb!!!! In elke pakkie sit ons:- 'nKoeldrank,
pakkie skyfies, pakkie springmielies, gemende sagte lekkergoed en
koekies asb.
En net wanneer ons dink ons het alles is in en gedoen - is dit tyd vir
die Kersfeeskospakke!
Hierdie is ook groot werk – maar dit is baie belangrik dat almal in ons
minderbevoorregte groepe Oukersdag, Kersdag en die dag daarna 'nheerlike
bord kos sal hê !!
Kersfeeskospakke:-
'nKospak gaan ons vanjaar ± R400-00 kos – en dit is werklik min as jy in
ag neem dat dit vir 'ngemiddelde gesin van 5 mense - vir 3 dae eetgoed
gaan voorsien. (Wat kos een maaltyd vir ons eie gesinne?)
Voorstel vir inhoud van kospak
2.5kg Suiker
2kg Rys
5kg Mieliemeel & 2.5 kg Koekmeel
1 x Macaroni / Spaghetti
Koffie
Tee
2 liter Langlewe melk
500gr Ultramel vla
Beskuitjies
Jellie
Konfyt
1 liter olie
Aanmaak Koeldrank
Lekkergoed
1 Blikkie tamatie en uie sheba
2 Blikkies boeliebeef
1 Blikkie Pilchards in tamatiesous
2 Blikkies suikermielies
1 Blikkie ertjies
1 Blikkie gemengde groente
1 pakkie beet
2 Hoenders
1 x 500gr margarien
Vars groente
'n Lag en 'n Traan!
'n 60 jarige man vra:- Ruikweerder onder die arm –of 3 paar kouse – of
skoene nr 12 asb.
'n 72 jarige man vra:- Skeerroom –of aftershave en reukweerder –of Vleis
vir 'nbraai asb
'n 67 jarige man vra:- Muur oorlossie wat op hang – of Ruikgoed wat
onder arm spuit asb
‘n 66 jarige man vra:- Skeer items –of Koekies en lekkers –of 1 stel xl
nagklere asb
‘n 79 jarige man vra:- Toiletware – of Biltong en droeë wors – of Vleis
‘n 71 jarige man vra:- Skeerseep –of sakdoeke –of kouse asb
‘n 80 jarige man vra: Biltong –of enige iets wat lekker is –of spuitgoed
asb
‘n 78 jarige man vra:- Toaster (2 snytjies) –of Gerrie Pretorius DVD –of
Huisgenoot skouspel DVD – Dit kan maar ge-copy wees !!!! asb
‘n 77 jarige man vra:- Nescafe Classic –f Big weggooi skeermesse –of
sokkies groot asb!
‘n 65 jarige vrou vra:- Handoek – of kruideniersware –of Room en ‘n
sepia –of iets lekkers asb
‘n 63 jarige vrou vra:- Hand menger –of plat koekpan –of bad olie asb
‘n 65 jarige vrou vra:- Duvet of lankens vir ¾ bed –of bread toaster –of
Rose spuitgoed of lekker biltong asb.
‘n 77 jarige vrou vra:- Deken of lakens vir dubbelbed en spuit goed asb
‘n 76 jarige vrou vra:- Oil of Olay produkte –of enige Queensize
beddegoed veral ‘n duvet asb
‘n 69 jarige vrou vra:- Pirex middelslag ronde glasbak –of Helderrooi
mat om voor zink te gooi –of somer slippers nr 6 asb
‘n 72 jarige vrou vra:- Body lotion –of hand lotion –of pink lipstiffie
asb
‘n 77 jarige vrou vra:- Reukwater –of biltong –of lekkers asb
‘n 84 jarige vrou vra:- Lekker eetgoed –of droeë wors en biltong asb
‘n 79 ½ jarige vrou vra:- Dove shower gel Dove body cream Dove seep asb
‘n 90 jarige dame vra:- Huisplant –of koekies –of toilet iets asb!
Nou daar het ons dit! My keel trek toe – en joune ? ? ?
Tot volgende keer - Mooi Loop
Elsabe
Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926
Aflewerings adres:- (of kontak Elsabé vir alternartiewe afleweringsadres)
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
PS Bel asb voor jy ry
Peterjasie se
Boererate eBoek |
eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur
sommer per epos en jy betal dan die bedrag in my rekening in, so maklik
soos dit.
Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat
my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate
en Verbruikerswenke" eBoek
|