Onbeskaamd Afrikaans!

 

 

Nommer 132

Besoek my Webwerf

15 Januarie 2009

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!

Hier is ons weer aan die begin van 'n nuwe jaar. 'n Ligpunt is dat die brandstofprys afkom, net jammer dat alles wat as gevolg van die stygende pryse opgegaan het, ook nie afkom nie. Iemand rens maak nou baie geld! Die wyse manse het te voorspel dat die ekonomie eers teen die derrde kwartaal van die jaar gaan verbeter, intussen is dit maar vasbyt. As dinge werklik rof raak, gaan kyk na st se artikel hieronder en kontak vir Marie Smit wat dalk kan help met skuld konsolidasie.

Wat ookal gebeur, laat ek julle almal 'n Gesende 2009 toewens.

Ek gaan verder met die alfabet met die resepte, gaan kyk maar verder na onder na Resepte.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hor! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Lens vir Canon kamera

Ek het die Canon EOS 400D kamera en het spesiaal vir ons oorsese vakansie vir my 'n Sigma 18-125mm lens (3.5-5.6) gekoop. Dis naastenby dieselfde grootte as die oorspronklike 18-55mm maar die ekstra zoem (125 teenoor 55) was net die ding. Dit kan as standaard lens gebruik word en werk soos 'n droom.

Ek is nou gereed om aan te beweeg na groter dinge en wil van die lens ontslae raak voordat ek 'n plaasvervanger koop. Ek neem aan dit sal meeste van die Canon DSLR's pas  en dis ook 'n ideale portretlens. Toe ek onlangs 'n troue afgeneem het , het die lens uitstekend gewerk. Dis ook 'n ideale portretlens. Ook in die wildtuin werk dit goed.

Hy is einlik nog net vir die vakansie gebruik (waarvoor dit natuurlik meer as ideaal is), het nuut 'n hele entjie oor die R3000 gekos, ek wil nou graag R2500 daarvoor h. Kontak my as jy sou belangstel

 

1000 albasters

Die volgende artikel sweef toe ook rond op die internet en beland in my posbus, glo geskryf deur Corn Grundling. Ek hoop nie jy gee om as ek dit gebruik nie.


"Hoe ouer ek word, hoe meer geniet ek Saterdagoggende. Miskien is dit die stil alleenheid wat daarmee kom om eerste op te staan, of miskien die uitbundige vreugde om nie werk toe te gaan nie. Hoe dit ookal sy, die eerste
paar ure op 'n Saterdagoggend is die lekkerste.
"'n Paar weke gelede was ek op pad na die motorhuis met 'n stomende koppie koffie in die een hand en die oggendkoerant in die ander hand. Wat as 'n tipiese Saterdag begin het sou draai in een van daardie lesse wat die lewe van tyd tot tyd vir 'n mens gee. Laat ek vir jou hiervan vertel.
"Ek is 'n radioamateur en het my ontvangstoestel ingeskakel op die telefoniese band om na die Saterdagoggend gesprekke te luister. Met die luister na die gesprekke kom ek af op 'n man wat ouerig klink, met 'n sterk
sein en 'n goue stem. Jy weet 'n stem wat klink of hy in die uitsaaiwese hoort. Hy was besig om te vertel, wie ookal wou luister van 'n ding met 'n duisend albasters. Ek was skielik genteresseerd en besluit om te luister na
wat hy te s het.
"'Wel Tom, dit klink sekerlik dat jy baie besig is in jou werk. Ek is seker dat hulle jou goed betaal, maar dit is hartseer dat jy soveel weg is van die huis en jou gesin. Dit is moeilik om te glo dat 'n jong man sestig tot
sewentig uur 'n week moet werk om deur te kom. Dit is hartseer dat jy jou dogter se dansopvoering gemis het. Maar laat ek jou iets vertel wat my gehelp het om my prioriteite reg te hou.'
"Dit is toe wat die man sy teorie van 'n duisend albasters verduidelik.
"'Jy sien, ek het eendag gesit en 'n bietjie somme gemaak. Die gemiddelde persoon leef 75 jaar. Ek weet, sommige leef meer en sommige minder, maar gemiddeld, leef mense ongeveer 75 jaar.
"'Wat ek toe doen is om 75 te vermenigvuldig met 52 en ek het die getal 3900 gekry - dit is die aantal Saterdae wat die gemiddelde mens in sy hele leeftyd het. Hou nou net 'n bietjie uit Tom, ek kom nou by die belangrike deel. Ek het eers op die ouderdom van 55 jaar begin dink aan hierdie detail, en by daardie tyd het ek reeds deur meer as 2800 Saterdae geleef. Ek had nog ongeveer 'n duisend Saterdae oor om te geniet. So het ek na die speelgoedwinkel gegaan en al die albasters in die winkel gekoop. Uiteindelik moes ek by nog twee speelgoedwinkels ingaan om by 'n 1000 albasters uit te kom. Ek het die albasters huis toe geneem en hulle in 'n groot, helder deursigtige plastiese fles geplaas - alles hier in my stoorkamer langs al my goed.
"'Van daardie dag af het ek elke Saterdagoggend een albaster uitgehaal en weggegooi. Ek het agtergekom soos ek die albasters sien minder raak, ek al meer gefokus het op die regtige belangrike dinge in die lewe.
"'Daar is niks soos om te sien hoe jou tyd op die aarde besig is om uit te hardloop, om jou te help om jou prioriteite reg te kry nie.
"'Wel, laat ek jou vertel voordat ek van die lug afgaan om my lieflike vrou vir ete uit te neem. Vanoggend het ek die laaste albaster uit die fles gehaal. Ek reken indien ek dit volgende Saterdag maak, is ek 'n klein
bietjie ekstra tyd gegun. En die een ding wat ons almal kan gebruik is 'n klein bietjie ekstra tyd.
"'Dit was lekker om met jou te kon gesels, Tom, ek hoop jy spandeer meer tyd met jou gesin, en ek hoop ons ontmoet weer hier op die lug. Dit is 'n 75-jarige ou man, K9NZQ wat groet, oor en uit.'
"Jy kon 'n speld op die lug hoor val toe die man van die lug afgaan. Ek reken hy het vir ons almal iets gegee om oor na te dink. Ekself het beplan om die oggend te werk aan die antenna van my radio, en daarna was ek van
plan om met 'n paar van die ander radioamateurs saam te werk aan ons klub se nuusbrief.
"Ek het egter - instede daarvan om dit te doen - die trappe opgeklim na ons slaapkamer en my vrou met 'n soen wakker gemaak. 'Komaan my vroutjie, ek neem vir jou en die kinders vir ontbyt. Sy het regop gesit met 'n glimlag: Wat het gemaak om dit mee te bring?' Ek het na haar gekyk en gedink hoe gelukkig ek is. 'Ag wat, niks besonders nie, dit is slegs 'n lang tyd gelede dat ons 'n Saterdagoggend saam met mekaar en met die kinders spandeer het.
En terwyl ons nou uitgaan, kan ons stop by die speelgoedwinkel? Ek het nodig om albasters te koop.'"
   

Lepelsteeltjies 

Hierdie baie lekker, ek kan dit aanbeveel, klik hier vir foto

500ml koekmeelblom
2ml sout
knippie rooipeper (na smaak)
1ml bakpoeier
625ml gerasperde cheddar kaas
1 eetlepel melk
250gram botter/margarine (kamertemperatuur)
+/- 60ml fyn appelkooskonfyt

Sif dro bestanddele saam. Voeg kaas by en meng. Voeg smeer en melk by en meng tot 'n deeg. Rol okkerneut-grootte balletjies en druk effens plat. Druk 'n gaatjie met steel van houtlepel (pasop vir deursteek). Skep 'n mesapuntjie konfyt in elke holte. Bak by 200C vir +/- 15 minute, laat afkoel. Net voor bediening kan die gaatjies weer vmet konfyt gevul word.  Lewer ongeveer 60 koekies.

Lekker smul! 

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za

Gedig

Gebroke Wreld
Charmaine van der Merwe

Wanneer ek om my rondkyk en al die dinge sien,
Van mense verlore, mishandel en ook verniel.
Vra ek myself wat die mensdom dan tog besiel.
Is hulle te blind om God te dien?

Satan en sy magte het algehele beheer,
Oor die dinge waarvan God ons in sy Woord leer.
Ek sien verwoesting, pyn en smart,
Maar elke een bekommerd oor sy eie hart.

Wat kan ek as mens daaraan doen,
Om al die mense met hulle Redder te kan versoen.
Dit breek my hart as ek net daaraan dink,
Wat gaan gebeur met almal wat sink.

Here gee my as U kind die reg op wysheid,
Om hulle te leer van U liefde en getrouheid.
Ek weet U koms kom vinnig nader,
Te bespeur aan die tye en seisoene wat reeds verander.

God wees ons as bemiddelaars genadig,
Skenk ons U leiding en krag mildadig.
Trane vloei wanneer U afkyk op die aarde,
Maar nog wy mense hulle toe aan die wreld se waardes.

Stort nou U Gees op ons uit,
Gee ons n voorsmaak van U Majesteit.
Maak ons meer en meer toegewyd,
Want ons is slegs op geleende tyd.
 

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf Ek het onlangs nog fotos bygesit.

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.

Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!

Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Gratis Kersfeesresepteboek met elke bestelling  

Pasella

Regs klik hier om 'n boek met drinkgoedresepte af te laai.

Die Danville Hulpgroep 

Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.

Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Peterjasie se Boererate eBoek

eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur sommer per epos en jy betaal dan die bedrag in my rekening in, so maklik soos dit. Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate en Verbruikerswenke" eBoek
 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

Dial Direct Insurance

 

 
Glimlag

Een oggend na pouse toe die sub-b klas terugkeer vind die juffrou iemand het gebollie op die vloer voor die swartbord. Na 'n lang gegiggel kry sy die klas om te kalmeer en vra wie dit gedoen het. Niemand antwoord nie.

Sy vra toe vir al die kinders om op hulle arms te l en dan maak sy ook so. Die een wat die bollie gelos het moet dan vorentoe stap, dit optel en "jammer klas" op die bord skryf. Sy belowe dat sy ook nie sal kyk wie dit is nie.

Na so 2 minutes met almal se koppe op hul arms hoor die juffrou hoe iemand se stoeltjie stadig uitskuif, voetstappe tot by die swartbord, 'n gegriffel met kryt, 'n gegriffel op die vloer, voetstappe terug en 'n stoeltjie wat terug skuif.

Met hoop maak sy haar o oop en kyk met skok na die vloer na 'n tweede bollie en op die bord staan: "Die skim k*k weer"
 
st se pitkos 

Probleme het vervaldatums
Die jaar 2008 was vir meeste mense 'n intens moeilike jaar. Finansile markte wat ineenstort, banke wat hul deure sluit, sekwestrasies, hor rentekoerse maak dat hierdie jaar 'n dramaties uitputtende jaar was.

Vir myself was dit sekerlik een van die mees ingrypende en traumatiese jare van my lewe op feitlik alle lewensterreine en weet ek nie eintlik nie hoe ek deur die storms gekom en oorleef het nie. [Ek weet ja, dit was maar net groot genade van die Here].

Ons voel soms totaal oorweldig met alles wat met ons en rondom ons gebeur. Jy beland in een krisis na die ander, dit spoel oor jou en jy word verswelg deur probleme. Sodra jy opkom om asem te skep, kom die volgende golf en spoel oor jou. Jy word omgekeer en heen en weer geruk. Net wanneer jy meen n verdrink jy, dan breek ietsie oop en kry jy darem kans om asem te skep.

Twee dinge in hierdie lewe is seker:
1. Jy sal probleme en krisisse in jou lewe ervaar.
2. Elke probleem het 'n vervaldatum.

Oor die eerste punt wil ek nie te veel s nie, maar weet dat probleme, hartseer, krisistye en moeilikhede jou pad sal kruis. Jy kan h 'n goeie mens wees, maar een of ander tyd sal daar in jou lewe probleme en hartseertye wees. Jy kan dit nie vermy nie. Dis deel van menswees en dis deel van jou lot.

Daar is sekerlik vele maniere hoe om dit te hanteer, maar ek wil nie in hierdie nuusbrief hierop fokus nie, maar net vir jou die gerusstelling gee dat elke probleem 'n vervaldatum het. Jou probleem sal doodgaan, jou probleem sal verander - dit is inderdaad 'n gegewe feit. Veranderinge is 'n sekerheid en ook jou probleem is nie permanent nie.

Storms kom oor die aarde, woed dit self uit en dan skyn die son weer. In die hart van die winter mag alles vir jou koud en dood voel, maar drie maande later bring die lente groei en lewe in die natuur. Jy kan jou arm breek, maar 'n paar weke in gips en dan is jy weer reg. Jy kan in bankkrotskap gaan en voel jou lewe is oor, maar geleidelik begin jy opstaan en nuwe moontlikhede ontdek. Jy kan in die toestand van 'n terminale siekte verkeer, ook dit gaan verby en oor in 'n nuwe liggaam en ewige lewe. Alle probleme gaan weg f die probleem verander. Maar jou huidige situasie en jou spesifieke probleem is nie vir altyd konstant nie.

Hoe lyk jou probleem waarmee jy worstel? Voel jy daar is nie uitkoms nie? Voel jy soos 'n Job van ouds waar alles van hom weggeneem is? My wekroep aan jou is om nie tou op te gooi nie, maar uit te hou en te weet jou probleem sal verander.

In watter rigting jou probleem verander, hang tot 'n groot mate van jouself af. Ja, ek weet omstandighede speel 'n bepaalde rol, maar jou keuses en gesindheid h jy die probleem hanteer maak 'n groot verskil. Job het in die ellendigste van toestande steeds op God bly vertrou en sy geloof behou. Hy kon net sowel baie kwaad vir God geword en sy rug op Hom gekeer het. Die uitkoms vir Job en sy probleme sou dan waarskynlik anders gewees het. Job is eventueel ryklik gesen as gevolg van sy gesindheid en die keuses wat hy in sy krisistyd gemaak het.

Jy kan navorsing doen h mense hulle probleme aanspreek en hanteer. Dan sal jy opmerk mense benader op verskillende maniere en met verskillende gesindhede hul probleme. Die keuses wat jy maak, stuur jou probleem in 'n bepaalde rigting. En dis iets wat jy elke dag rondom jou waarneem - dis nie bloot 'n teoretiese gedagte nie, maar 'n praktiese werklikheid wat 'n geweldige verskil in mense se lewens maak.

Dit laat my dink aan die verhaal van die twee broers. Die een broer was 'n alkoholis. Die vraag word aan hom gestel waarom hy 'n alkoholis is. Sy antwoord: "My pa was 'n alkoholis en dis die voorbeeld wat ek as kind gekry het. Hoe kan jy iets anders van my verwag as om ook 'n alkoholis te wees." Die ander broer was 'n sober man met goeie gewoontes, die vraag word toe aan hom gestel waarom hy nie 'n alkoholis is nie. Sy antwoord: "My pa was 'n alkoholis en dis die voorbeeld wat ek as kind gekry het. Hoe kan jy ooit van my verwag om my mond aan drank te sit, nadat my moeder, en ek en my broer deur die hel van my pa se drinkery gegaan het." Twee broers wat as kinders met die geweldige probleem van hul alkoholis pa te kampe gehad het. Geen probleem bly vir altyd nie, en hul krisis sou verbygaan en hulle kon die huis verlaat. Die keuses wat die broers ten opsigte van die probleem gemaak het, het egter die groot verskil in hul lewens gemaak.

Daar is baie probleme waarmee ons gekonfronteer word. Finansile probleme, krisis by die werk, verhoudinge wat versuur het, huweliksprobleme, 'n afknouerige baas en kollegas, bekommrnis oor jou kind, 'n drank- of dwelmprobleem en so meer. Die probleem sal een of ander tyd wel verander, maar jou hantering van die probleem en die keuses wat jy maak, sal 'n groot impak h op die uitkoms van die probleem.

Jy ervaar probleme in jou lewe. Jou probleem sal nie vir altyd voortduur nie, maar hoe dit gaan verander, hang tot 'n groot mate af met watter gesindheid en watter keuses jy dit aanpak.

Mag jy in die nuwe jaar die genade en wysheid ontvang om jou probleme in perspektief te sien, met 'n positiewe gesindheid dit te benader en die regte keuses te maak. Mag die genade van die Here met jou wees tot ons weer gesels.

'n Sprankie wysheid vir die dag

"Niks duur vir altyd nie, selfs nie eers jou moeilikhede nie." - Arnold H. Glasow -

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

In hierdie moeilike finansile omstandighede het 'n mens soms die leiding van iemand nodig wat jou met professionele kennis en hulp kan bystaan. Skakel gerus vir Marie Smit (Verbande konsultant - Quantro Tygervalley) wat die volgende gratis dienste bied: konsolidasie van skuld, opstel van koopooreenkoms indien u privaat wil verkoop, eerste verbande asook verdere verbande, onderhandel met prokureurs vir afslag op kostes. Marie het my baie gehelp met my sake en ek het vertroue in haar. Jy kan haar kontak by 021 9817733 of 082 803 1359.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 

 
Resepte

Hier is resepte van 'n Word dokument wat iemand my lank gelede gestuur het, ek begin sommer heel voor en werk deur die alfabet:

Spaghetti met Tamatiesous

2 uie
2 eeteel Botter of margarien
4 of 5 ryp tamaties
Sout en peper na smaak
1 teelepel suiker
2 koppies gekookte spaghetti
kwart tot half koppie gerasperde kaas
Sny die uie in dun skywe en braai dit in die warm botter of margarien in 'n kastrol tot dit effens bruin is.
Voeg die tamaties, in skywe gesny, by en kook totdat dit sag is.
Voeg sout, peper en suiker by en vryf die sous met 'n houtlepel deur 'n draadsif.
Sit die spaghetti in 'n plat skottel, sit die kaas in die middle bo-op en gooi die tamatiesous oor die kaas en spaghetti.

Speel-Deeg

Meng saam:
2 koppies koekmeel
koppie sout
30ml kremetart
Meng saam:
2 koppies water
30ml olie
5ml kleursel
5ml geursel
Voeg nou alles bymekaar en meng goed.
Plaas in mikrogolf (op hoog) vir 4 tot 5 minute. Roer na elke minuut.
Die deeg word ligter in kleur soos dit gaar word.
Dit hou vir maande (buite die yskas) as dit dig toegemaak

Spek-en-Kaas Spaghetti

1 Pak Spaghetti
2 Pakke gekapte spekvleis
500 g Gerasperde Cheddarkaas (Hoe meer kaas hoe lekkerder)
2 Pakke Gekerfde Sampioene
Braai die spekvleis en sampioene saam tot heerlik bruin en bros.
Kook die spaghetti tot gaar en dreineer.
Roer die warm spaghetti tussen die spekvleismengsel in.
Roer al die kaas tussenin en laat dit smelt.

Spinasiekoekies

Klits 3/4 koppie water en 1 groot eier saam.
Voeg 1 en 1/2 koppie meel, 1 teelepel sout, peper en 1 teelepel bakpoeier by en meng.
Was spinasie af en sny in repe. Meng met deegmengsel.
Skep met 'n lepel in pan met voorafverhitte olie.
Bak aan elke kant tot bruin (net 'n paar minute aan 'n kant - dis vinnig gaar).
Dit lewer so 15+ koekies, afhangende hoe groot skeppe jy skep.

Stampkoringslaai

250 ml stampkoring
1 x 410 g blik perskeskywe
1 soetrissie
2 ml mosterdpoeier
125 ml mayonaisse
sout
peper
1 kookappel
1 uitjie
Kook stampkoring sowat 45 min of tot sag - gooi in vergiettes en spoel met koue water af. Laat goed dreineer
Meng mayonnaisse en mosterd. Kap ui - sny appel in dobbelsteentjies en ontpit - sny soetrissies in repe
Dreineer perskes en sny kleiner. Plaas alle bestanddele in slaaibak. Geur met sout en peper en meng met twee vurke.

Suurdeeg

Om nuwe plantjie te maak
Gebruik 'n vrugtefles en plaas so min of meer koppie rosyne (met pitte) daarin. Maak fles so met sterk lou water vol en sit half eetlepel sout, 2 eetlepels suiker en 1 eetlepel koek meel by. Meng goed en laat staan op 'n warm plek om te gis.
Gooi na 2 dae die meeste water af (so ongeveer ). Sit weer dieselfde hoeveelhede sout, suiker en meel by en weer sterk warm water (moet nie kook warm wees nie anders sal dit die platjie doodbrand).
Laat staan so 2 dae of tot dit gis. Die meel sal opkom.
Haal rosyne uit en bre tot jy dit wil gebruik dan gooi jy die meeste water af en suur dit weer in met eetlepel sout, 2 eetlepels suiker en 3 eetlepels meel.

Suurlemoen Yskastert

1 blikkie kondensmelk
1 koppie suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies.
1,5 liter vla (lekker dik aangemaak met genoeg suiker om dit soet te maak)
Meng die kondensmelk met die suurlemoensap. Pak 'n ry tennisbeskuitjies onder in 'n vierkantige glas/platiek bak.
Giet helfte van die vla oor en laat 'n rukkie afkoel, giet nou weer die helfde van die kondensmelk mengsel oor, en smeer eweredig oor vla.
Pak weer 'n ry tennisbeskuitjies en giet die res van die vla daaroor, laat weer bietjie afkoel.
Gooi nou die res van die kondensmelk mengsel oor die vla - eweredig gesmeer en krummel 'n paar fyngemaakte beskuitjies bo-oor.
Plaas in yskas en laat stol.

Tamatieblatjang

2 pond tamaties
half pond bruin suiker
1 k asyn
half pond sultanas
1 e mosterd
1 e fyn gemmer
1 e sout
2 uie, in dun skyfies gesny
kwart t rooipeper
Skil die tamaties af (dompel hulle 'n paar minute lank in kookwater en daarna in koue water om die skilletjies los te maak) en sny hulle fyn.
Meng al die bestandele en kook dit stadig in 'n emaljekastrol tot dit die regte dikte het. Roer dit af en toe om te voorkom dat dit brand.
Bottel terwyl dit warm is en versel dit sodat geen metal met die blatjang in aanraking kom nie.

Tamatiesous

10 pd ryp tamaties
2 uie
2 tot 4 huisies knoffel
1 pint asyn
1 e naeltjies
1 e piment
1 e peperkorrels
1 e stukkies pypkaneel
2 e sout
1 e mosterd
1 k suiker
Verwyder die skille van die tamaties. Skil die uie. Rasper of maal die tamaties, die uie en die knoffel
Kook oor stadige hitte tot dit sag is en vryf dit met 'n houtlepel deur 'n sif om al die pitte te verwyder
Voeg die asyn, die suiker, die sout en die mosterd by en knoop die speserye in 'n kaasdoekie toe. Voeg dit ook by
Kook die mengsel en roer af en toe tot die volume omtrent een derde verminder het en die sous die dikte van witsous het. Verwyder die speserye
Gooi dit in 'n skoon, dro, warm bottles en versel hulle terwyl hulle nog warm is.

Tamatiesap

Was gesonde, ryp tamaties en sny die stingelkante en alle groen deeltjies wegm Sny die tamaties in stukke.
Druk die tamaties effens stukkend in 'n kastrol om 'n gedeelte van die sap uit te druk en verhit dit stadig met die deksel op tot dit kook. Daar word nie water bygevoeg nie.
Kook dit 5 minute lank stadig of tot die tamaties sag maar nie pap is nie. Dit kan ook gestoom word tot dit sag is, indien verkies.
Vryf die sap met 'n houtlepel deur 'n draadsif. Voeg half teelepel sout en 1 teelepel suiker by elke pint tamatiesap.
Gooi die sap in skoon bottles.
Tamaties kan ook so heel bevries word. Ek bre gewoonlik tamaties in die vrieskas en indien ek nodig kry vir souse of soppe, plaas ek die gevriesde tamaties in koue water en die skilletjies kom baie maklik af.

Tamatiesop

2 koppies room
1 teelepel suurlemoensap
teelepel peper
koppie uiegras roomkaas
1 blik tamatiesop
bietjie gerasperde uie
2 teelepels 'horse raddish' (Opsioneel)
1 t sout
Klits alles saam - verkoel voor bedien.
Genoeg vir 4-6 persone.
(Gerasperde komkommer kan ook bygevoeg word).

Lemoenpatats

1 kg patats
500 ml lemoensap (2 koppies)
100 g bruinsuiker
50 ml mielieblom (2 eetlepels)
2 ml sout
gerasperde lemoenskil
Kook patats tot sagm Sny in skywe en pak in bak. Meng bietjie lemoensap en mielieblom.
Voeg res van die sap en suiker by.
Verhit tot dik. Bak 30 minute by 160C. 

Skakels/Advertensies

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, di mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans - Klik hier

Lees alles oor Bloedrivier: Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop @ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus Roelof of Ronel by 012-3332932
Skoorkos is 'n blog wat resepte in geselsvorm, in Afrikaans, vir die gretige kosmaker bevat. Besoek ook netresepte (http://www.netresepte.wordpress.com) vir eet idees sonder pretensie.
Ons gaan gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek, uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en probeer dan die regte ding. Probeer gerus,
 Klik hier  en geniet.
Boeredanse -
Verdere inligting oor die dansgroep: Danette Smith, Danna.smith@resbank.co.za
Sel: 082 923 6177
Oorvloed - klik hier

Blitz Boontjiekerwer

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.