Ek staan op vir Afrikaans!

 

 

Nommer 136

Besoek my Webwerf

15 Mei 2009

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! Die pasella die keer is een van Anna Eksteen se besonderse boeke, Die 5 Beste van Alle Geregte. Ek noem haar die Koningin van Internet Resepte, sy het al 'n hele rits resepte eBoeke saamgestel en het goedgunstiglik toestemming gegee dat ek hierdie een hier kan weggee. Baie dankie, Anna.

Daar is weer 'n verskeidenheid lekker resepte verder ondertoe.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Die beste Moedersdag (en enige ander dag) geskenk ooit!

Ek raak nie sommer opgewonde oor iets nie, maar hiede boek het my op en af hoppende van opgewondenheid. My vriendin, Anna Eksteen, ek noem haar die internet eboek resepte  koningin, her hier 'n trefferboek saamgestel. Dit maak ook die ideale geskenk uit vir familie en vriende wat vêr weg woon, as jy eers die boek gekoop het word dit per epos aan jou gestuur en jy kan dit dan as geskenk per epos aanstuur, dink net, geen posgeld om te betaal nie!

Hier is hoe Anna self die boek beskryf:

Moedersdag is om die draai en vir sommige van ons is dit lelik kopkrap om die ideale geskenk vir die spesiale vrouens in ons lewe te koop. Daarom wil ek jou vertel van 'n baie spesiale samestelling resepte in die vorm van 'n e-Boek.  Hierdie boek bevat nie net resepte nie, maar ook gesegdes, waarhede en allerhande verrassingtjies.  Maar net voordat jy vir my laat weet jy het nie meer 'n mammie nie, lees asseblief die volgende aanhaling uit die voorwoord. 

Hierdie e-boek is vir ALLE vroue, en nie net diegene wat die titel ma, moeks, mammie of moeder dra nie. My beskeie mening is dat elke vrou met natuurlike moederinstink gebore word, en dus in haar wese die moederlike rol op een of ander stadium in haar lewe vertolk. Of dit is dat jy kinders van jou eie het, of dit is dat jy peetma is, of voog is, of dit is dat jy toe jy klein dogtertjie was vir jou poppe ma-ma gespeel het en of dit is dat jy vir die hondjies, katjies of voëltjies kos gee. Die moederinstink sal daar altyd wees, so ook die behoefte om te versorg, te bederf, te beskerm en te vertroetel. Al hierdie dinge, is ma-wees dinge, en alle vroue het 'n begeerte daartoe. 

Die prys van die boek is slegs R70 en buiten die 200 of meer resepte, glo ek die res van die boek baie spesiaal

Nou toe, moenie huiwer nie, kontak vir Anna direk en bestel jou eBoek sommer nou: 
 anna@minimax.cc of 082 294 6799

Moedersdag

Hierdie is een van daardie juweeltjies wat op die internet rondswerf en het my bereik net betyds vir Moedersdag

Met erkenning aan Die Sarie tydskrif en geskryf deur Marisa Haasbroek.

"Jy kannie 'n T-hemp aantrek na 'n gradeplegtigheid nie" kla ek Erik hou die toga styf toe, maar ek kanmos sien daar is g'n boordjie nie. "En op hoeveel gradeplegtighede was Ma al?"
Dis 'n lae hou; hy weet goed hoe pla my min geleerdheid my.
Die jaar toe Erik veertien geword het, het sy pa besluit hy ruil my in vir 'n jonger model, een sonder rekmerke op haar maag. Toe ek bel om te vra of hy na die gradeplegtigheid wil kom, sê hy net:
"ek het 'n ander afspraak".

Eintlik wou ek hom nie genooi het nie; dis nie asof hy 'n sent bygedra het tot Erik se geleerdheid nie. Die jaar toe Erik veertien geword het, Het hy na daardie musiek begin luister. Liedjies wat wysieloos aantjommel; al wat
jy hoor, is doef-doef-doef. Partykeer was ek spyt sy pa het nie maar die hoëtrou ook gevat nie.

Is jy klaar?" vra ek. "Oor 'n uur begin die storie en ons moet nog parkeerplek soek".

"Relax, ek gaan eers gou vir my 'n paar eiers in die pan gooi".
"Nee, netnou mors jy op jou klere! Drink koffie en eet beskuit"

En in sy veertiende jaar het hy daardie vriende begin kry. Knape met lang kuiwe wat jou nooit in die oë kyk nie en altyd swart dra. Waaroor rou die tieners so? Oor hul eie of hul ouers se verlore lewe?

Sy maats se ouers is almal baie ryker as ek en toe hy sê hy wil ook universiteit toe, het ek bang geraak. Erik het vir ouditeur gestudeer.
Dis een ding: hy het my kop vir syfers geërf. Van die debiteureklerke by die werk is ek die akkuraatste.

Vir ekstra geld het ek begin om koeksisters vir die tuisnywerheid te bak. Elke aand tot twee in die oggend. Erik het sowaar werk gekry as 'n kelner So tussen ons het ons elke jaar die universiteit se rekening net-net betaal
gekry.

Minder het ons nie baklei nie. Oor meisies, oor hy te min leer, oor hy nie wil kerk toe gaan nie, oor die oorbel, oor die tatoeërmerk op sy arm wat hy afgewas het net toe ek die stuipe wou kry...

Nes ons vandag baklei.

"Moenie vir Ma 'overdress' nie. Netnou dink die mense ons is niks gewoond nie. En moet Ma daai pienk 'outfit' dra? Dit laat Ma se wange so rooierig lyk".

"Ek sê nog 'n mens dra net nie 'n T-hemp onder 'n toga nie!".
"Sharrup, Ma!" Ongeërg. Ons baklei oor wie moet bestuur. Hy wen. Ons baklei oor die roete, oor hy op ander motors se sterte sit. Toe ons by die groot grys gebou inloop, bekyk ek die ander studente met hul swart togas goed.

"Sien jy,al die mansstudente het boordjiehemde aan".

Ek kry maklik plek omdat ek alleen is; daar is mos altyd een-een-sitplekke oop. Iemand speel orrelmusiek soos in die kerk. Die mense praat ook net so saggies soos in die kerk.

Ek soek Erik se naam in die program, kry hom daar tussen die Grovés.
Ek soek hom tussen die rye en rye studente; ek kry hom omdat hy van agter net soos sy pa lyk. Ek sluk aan 'n knop in my keel.

Almal staan op toe 'n lang ry professore van agter ingestap kom. Net twee van hulle loop tot op die verhoog. Die studente beweeg soos 'n lang ry miertjies teen die sytrap op, verdwyn agter die gordyne en kom een-een
uitgestap soos hul name geroep word. Hulle gaan staan eers tot die fotograaf se flits geflits het en stap dan na die man wat hul name uitgeroep het.

Elkeen kry 'n rolletjie papier

Daar is baie studente wat B.Com.-grade kry. As die professor "cum laude" na die naam sê, klap die mense 'n bietjie harder.

Toe die G's begin, voel ek my maag draai. Sê nou Erik val of iets?

"Erik Grové!" roep die professor.

Erik wag vir die foto se neem, stap dan verder. Toe gaan staan hy in die middel van die verhoog en ruk sy toga oop.

Die mense trek hul asems in . .

Toe begin hulle hande klap en een vir een staan hulle op. . .
Tot die professor klap hande. .

Ek bly sit .. .

Ek byt my lip tot hy bloei, maar die trane wil nie ophou nie. .

'DANKIE, MA! 'sê die vet, swart letters op die T-hemp. . .

Aan alle moeders, ook aan my eie ma wat nie meer met ons is nie - BAIE DANKIE, MA - Peter

Uitkamp by Bakgatla

Ons is sopas terug van 'n lekker naweek se uitkamp by Bakgatla in die Pilanesberg Nasionale Park. Bo en behalwe die skoonste ablusiegeriewe wat ek nog teëgekom het, kampeer jy in 'n regte bosveld atmosfeer. As jy moeg is van swem in die yslike groot swembad, klim in jou voertuig en gaan besigtig die wild in die park. Ek kan die kamp regtig aanbeveel, en die susterskamp, Manyane is net so lekker.

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Boeremusiek Baanbrekers

Tom Senekal

In die 15 jaar wat die Gilde bestaan het Tom nie een byeenkoms gemis nie. Buitendien het hy die tradisionele afdeling al 6 keer gewen en was hy 4 keer aangewys as beste konser-tinaspeler in sy afdeling! Daarbenewens speel hy gereeld by basaars en ouetehuise ter wille van die behoud van Boeremusiek. Tom het natuurlik die Tweery tot 'n ander dimensie geneem en speel enigiets op die Boerekonsertina.
 




 

 

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com

Hierdie maand bring ek vir jou DEEL 1 van ANKERS EN SEILE vir FAMILIES.
‘n Seilboot het ‘n anker vir veilighed en seile om dit voort te dryf. Dit is ‘n feit dat as ‘n seilboot se seile sterk is, dit selfs téén die wind kan seil. Die anker hou dit veilig as die stormwinde dreig om dit te verwoes.
Wie weet watter woeste water jou gesin, en veral jou kinders, in 2009 sal ervaar? Hierdie uitdagings wat jou kind moet trotseer, gee jou ‘n kans om hom/haar te bemagtig met vaardighede en ook om ‘n bondgenootskap met hom/haar te vorm.
Vandag wil ek jou graag herinner aan die volgende waardes wat jou kinders kan help en inspireer. Ek noem hulle die ankers van gesinne. Dit is betroubaarheid, konsekwentheid en sagtheid.
Om sekere waardes deel te maak van jou kind se karaktereinskappe moet dit konsekwent toegepas word.
Dit bied ‘n soort voorspelbaarheid en gevoel van veiligheid vir kinders. Waardes kan jou gesin help om ‘n eie identiteit te hê deur mekaar gereeld te herinner dat ander gesinne is dalk openlik oneerlik, geniepsig, skinder of vloek maar in ONS gesin doen ons dit nie.
Ons verkies om dit anders te doen.
Gesinstradisies wat gereeld en konsekwent toegepas word skep ‘n samehorigheidsgevoel. Verjaarsdae, Kersfees of selfs die einde van die eksamens kan so gevier word. Dit kan in die vorm wees van ‘n gesinsspeletjie, spesifieke manier om vakansies deur te bring, stories lees of vertel teen bedtyd of ietsie kleins soos ‘n roomys. ‘n Vriendin van my noem hierdie soort aktiwiteite die “gom” van gesinne.
Deel van konsekwentheid is betroubaarheid. Die Bybel sê laat jou ja jou ja wees en jou nee jou nee. Ek vermoed ‘n makliker manier om dit te verstaan is om te sê dat ‘n ouer sy beloftes moet hou. Vermy dus om te vinnig beloftes te maak, jy mag dalk jou kind teleurstel of in die steek laat as jy nie die belofte kan nakom nie. En wanneer jy wel ‘n belofte maak moet jy jou uiterse bes doen om dit na te kom. Betroubaarheid gee aan jou (en jou kind) ‘n reputasie van geloofwaardigheid.
Sagtheid is soos ‘n koelte boom op ‘n warm dag. Dit behoort van ma’s en pa’s te kom. Dit kan ietsie kleins soos oogkontak en ‘n glimlag wees wanneer jy hom/haar by die skool optel. Dit kan ‘n drukkie of ‘n sagte aanraking wees wanneer julle langs mekaar staan. Dit kan ‘n rugkielie of in-die-bed-invou wees. Of dit kan beteken dat wanneer jy hom ‘n vraag vra, jy stil wag vir die antwoord. Sagtheid is veral belangrik wanneer jy jou kind dissiplineer of betig. As jy jou kind wil laat skrik, skree op hom. Maar as jy verandering wil teweegbring of seker maak hy luister mooi, dan moet jy sagter praat. Sagter en stadiger.
As jy ook ‘n Groot Navigator het wat duidelike en betroubare riglyne gee, sal dit baie verligting aan jou en jou gesin verleen. Dan het jy ‘n Bron om jou te lei en te onderskraag.
Slegs dan kan jy die hawe wees waar jou kind glo sy is veilig – maak nie saak watter storm dreig nie.

Gedig

Ek loop die volgende raak op 'n Nederlandse webwerf, www.smulweb.nl

VERSTEEKTE KAMERA

Haar aansoek was indrukwekkend, volledig -
sy het ons eenjarige kleuter weeksdae opgepas tot 2 nm.
Die outjie het onderbroke geslaap en was knieserig,
ons kon nie vasstel hoekom was hy so huilerig!
Die Kinderarts se dis natuurlik - hy kry tande - moenie kwel!
maar toe ek sy doek omruil sien ek die blou kneusplekke op sy vel!
Ek vra haar daarna en sy antwoord ontwykend,
hy het homself in sy loopring gestamp toe sy hom vind!
Ons vermoed onraad en installeer n versteekte video-kamera in ons huis,
die aand kyk ons na die dag se gebeure - ons vermoed alles is nie pluis!
Toe ons baba huil, slaan sy hom met haar plathand,
blatante kindermishandeling - so word die kleintjie aangerand!
In die strafhof is sy skuldig bevind,
weens wrede mishandeling van ons kind!
Hierdie gedig is gerig aan alle werkende ouers,
n groot verantwoordelikheid rus op julle skouers!
Julle kind is n Godgegewe geskenk -
as julle twyfel, neem hierdie wenk!
Vertrou liewer julle kind toe aan betroubare Dagmoedersorg,
gemoedsrus en veiligheid is n kosbare waarborg!

Jakkalsgif

Soos ek heel bo aan genoem het, enigiets wat ek per epos ontvang en wat nie baie duidelik stel dat daar outeursreg op is nie, behou ek die reg voor om hier te gebruik, veral as dit goeie lekkerlees Afrikaans is. Hier is 'n voorbeeld:

Jakkalsgif - My kombers en jou matras
(Skrywer onbekend) As jy dit geskryf het, laat my weet asb.

NÁ die seisoen van konfetti en trou-albums en katelbreektyd ontwaak 'n nuwe Seisoen in die grootste gros huwelike. Dis die tyd wanneer kinders inbars en alles omgedolwe word. Geld, tyd en rus is min. Vurige twiste en
Noord-suid-opinies is volop. Wat eens lekker geruik het, word 'n stank. Wat mooi was, word afskuwelik. Wat slim geklink het, word beterweterigheid. Soetlemoene verander in bitterappeltjies.

Dan, so 20 of wat jaar ná die konfetti-dag, wanneer die kuikens hoenders word en in hul eie weiland begin skrop, daag 'n ander seisoen op. Jeuktyd, kraptyd, byttyd, skaaftyd. Dis dan wanneer die huweliksbed se voeë begin meegee en die wiekelende konstellasie dreig om vloer toe te tuimel.

Ná jare van geldstryd en kinders grootsukkel, sit die eens uitspattig-gelukkige huwelikspaar met mekaar opgeskeep. Bykans vreemdelinge. of vyande. Buitentoe lyk alles wel. Almal glo dit gaan góéd met ons.
("Ons" is 'n versamelnaam vir wie ook al aan die versameling wil behoort).
Ons hét alles en ons lag en kuier, sing kerkkoor, stap met die hond, hou vakansie, koop saam-saam kruideniersware. Oënskynlik die perfekte verbintenis.

Maar agter die voordeur waar niemand sien of hoor nie, staan die pitsweer 'n goudgeel punt. Barstens gelade met sarkasme, sinisme, ondankbaarheid, erbarmloosheid, humorloosheid. Ons is áltyd gereed om te verskil en te
beskuldig; te pik en te amputeer. Ysstiltes en 'n vrot atmosfeer is aan die orde van die dag.

En daar hang ons in die slagyster. Skei kan ons nie, want dis 'n geval van my kombers en jou matras en daar lê die ding. 'n Huweliksberader wíl ons nie, want niemand het energie vir 'n ellelange dermuitrygery nie. Dan maar
deurdruk, hoe gallerig ook al. Solank niemand ontdek wat agter die gordynvoerings aangaan nie. Om te kompenseer vir die yskaslewe, Pak ons allerhande vernietigende handvuurtjies aan vir hitte. Affairs, drank,
pille, pornografie, koopsiekte, vreetsiekte, verenigings, oorgodsdienstigheid, werkoholisme. En noem maar op.

Ek en die ou gryse het al deur baie driwwe geswem. Enkeldiepte, borsdiepte, en soms watergetrap. Dat ons mekaar nie jakkalsgif ingegee het nie, bly 'n mirakel. En toe, tydens een van ons doodbliksem-gevegte, kom ons op die kwessie sowel as die oplossing af. Ek sê nie dit sal vir almal werk nie, maar vir ons het dit.

Die kwessie: Spasie. In sy wese bly die mens 'n eenling. Hy wil 'n sirkel om hom kan trek; 'n spasie waaroor hy, en hy alleen, baasskap het. En die huwelik het 'n rare manier om die mens sy eenlingskap te ontneem. Dis 'n
cliché om te sê die huwelik is 'n eenwording van twee mense. Want twee mense kan nooit één word as elke eenling nie 'n heel mens op sy eie is nie. En as die mens van sy spasie beroof word, raak hy soos 'n hondsdol hond wat alles byt.

Die oplossing: spasie. Só baklei ek en die ou gryskop doerie tyd amper tot by die bottel jakkalsgif. Uit beboosdheid trek hy met klere, boeke, lessenaar en spanners na die spaarkamer op die boonste verdieping. En dáár bly hy vandag nog. Wat destyds 'n ek-bliksem-jou-sommer-dood-aksie was, het
geblyk die antwoord te wees.

Sy kamer is syne. My kamer is myne. Hy kan snork en poep en televisie kyk wanneer hy wil. Ek kan snags my bedliggie aansit en slaapkouse brei as iets my ry. Ek kan dwars oor die bed slaap, en hy kan besluit hoeveel komberse hy oor hom wil hê. Niemand besweet niemand, en daar is nooit 'n nagtelike gestry nie. En dis salig om uitgerus wakker te word sonder 'n kierie teen jou rug. Of sonder 'n redeloos beneukte vrou langs jou. Die saligste bly die op- en afsluipery met die trap. Soos outydse court. Sondagmiddag gaan lê ek in sy arm. Of ek skrik middelnag wakker as hy fluistervra of hy agter my rug kan lê, want hy verlang na my. Om boontoe te SMS dat ek my man in my kooi soek, of om sy brekfis trapop te dra en te gaan sê hy's my koning.

Nou se dae kan nie ek óf hy onthou waar ons die jakkalsgif gebêre het nie.

Want ek het my kombers en hy het sy matras. En nêrens lê 'n ding nie 

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf Ek het onlangs nog fotos bygesit.

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.

Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!

Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Pasella

Regs klik hier om Anna Eksteen se resepte eBoek, Die 5 Beste van Alle Geregte af te laai.

Die Danville Hulpgroep 

Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.

Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Hier is die nuustste  brief van Elsabé af:

Goeiemôre vriende,

Na groot kruispaaie en moeilike tye vir die projek en ook vir my persoonlik– is ek dankbaar om te kan sê dat deur die genade van ons Hemelse Vader ons daardeur is en gaan ons nou alweer met nuwe moed en ywer vorentoe!

Sedert my laaste nuusbrief het dit werklik rof gegaan – wat verkeerd kon gaan het.

Die weerlig het my faksmasjien en rekenaar hardeskyf geheel en al verwoes – al my e.posse en omtrent al my data verloor! – en net toe ek redelik herstel daarvan vernietig ‘n virus alles van voor-af! Ek was redelik moedeloos hiermee. Maar na groot onwelkome kostes is ons nou weer besig om van voor af al die data terug te sit.
Groot genade was, dat net sodra die nood werklik hoog begin word het met die kruideniersware, het daar donasies ingekom wat weer gehelp het om die wa deur die drif te trek! Dit is ook baie moeilik vir my om in moeilike ekonomiese tye en veral in die begin van die jaar te moet vra vir donasies – almal trek maar swaar! MAAR soos altyd het ons Hemelse Vader op die regte tyd wanneer die nood so groot was voorsiening gemaak sonder dat ek hoef te gevra het! - Is dit nie hoe wonderwerke lyk nie? Al die eer aan God! Weet net asb dat ons altyd donasies nodig het om kos op die tafel vir BAIE mense te sit.

Baie dankie aan almal wat gehelp het om die nood te verlig – dit het ‘n reuse verskil gemaak – elke keer net op die regte tyd!!!

Belastingkwitansies vir donasies
Sal die persone wat kwitansies nodig het my asb kontak per e.pos met die volledige detail.
Volle voorletters en Van - Posadres - Datums en bedrae van donasies gemaak.

In die verlede het ek self die kwitansies gestuur maar ongelukkig het ek nie nou meer al die inligting nie en is dit nie moontlik nie. Gelukkig het die donateurs hulle eie rekords.

Sodra ek dit kry pos ek dadelik die kwitansies – die tyd is ook nou min hiervoor.

Baie dankie aan almal wat reg deur die jaar gehelp het om die nood van ons minderbevoorregtes te verlig.

Skryfbehoefte Terug Skool Toe projek
Hierdie projek het baie goed afgeloop – almal het gekry wat hulle nodig het. Baie dankie aan die persone wat bygedra het en dit moontlik gemaak het.

Matriekafskeid
Ons het ‘n baie oulike dogter in Danville wat nou hulp met haar afskeidsfunksie gaan nodig hê. Dit is vir die hele okkasie van naels en hare tot rok en vervoer na en van die funksie weer terug.

Help asb om haar droom ook waar te maak. Ons benodig borge hiervoor asb

Kruideniersware
Ons kaste loop nou weer leeg – sal dringend weer kruideniersware moet inkry. HELP asb! Enige kruideniersware is meer as welkom, al is dit ‘n pakkie mieliemeel of ‘n pakkie sop. Gevriesde gaar sop is ‘n wenner – kook maar so 2 koppies of wat meer en vries dit vir ons asb.

Die winter maak die honger soveel erger!

Andeon (Bethlehem) Projek
Dit gaan relatief goed op die plot – Die land word nou bewerk en voorberei terwyl die spinasie nog geil groei in die tonnels! Ek koop meeste van die spinasie wat dan na die ouetehuise en kinderhuis as ook individuele gesinne voorsien word.

Arnold werk baie hard en maak ‘n groot verskil in die mense op en om die plot se lewens!

Ouetehuise
Dit gaan maar moeilik – die nood word groter onder die bejaardes. ‘n Boer en sy vrou van Malelane skenk weekliks vir Bloudakkies se bejaardes groente vir die Dinsdag etes. Dit maak ‘n groot verskil en help werklik baie – ons is baie dankbaar daarvoor. ‘n Tydjie terug was aartappels R47 per sak – watter bejaarde kan dit bekostig?

Tannie Martie was baie ernstig siek Hart en Nierversaking asook ‘n kankergewas in haar been! – ons het gedink ons gaan haar verloor! Maar ek glo dat al die gebede gehelp het om haar weer gesond te maak. Sy is nog swak, maar sy is weer in beheer van die etes daar – waarvoor ons baie dankbaar is.

Skoolfonds en Registrasiegelde
Ons kon vir 12 kinders betaal. Daar is nog 6 wat uitstaande is. Dit is R400-00@.

Nuwe aflewerings adres in Queenswood
Erica Storm het haar huis tot ons beskikking gestel – vir die aflewer van klere en huishoudelike artikels. Ek wil vra dat die mense wat daar gaan aflaai asb sal seker maak dat die goed in ‘n goeie kondisie is en werklik bruikbaar is. Skakel haar asb eers voor die tyd. Sel nr 0794908036. Baie dankie Erica

WARM WINTERS – Kombers en warmklere projek
Ja die winter is hier! Ons het dringend HONDERDE KOMBERSE nodig! Warm truie, jasse en baadjies is ook meer as welkom.

Ons mikpunt hierdie jaar is om tenminste weer 3000 komberse onder die minderbevoorregte bejaardes en kinders te versprei! Soos in die verlede weet ek dat ons dit sal kan doen met die ongelooflike hulp wat ons altyd van besighede en individue gekry het!

Ek glo dat almal nou weer vol energie is (want ons het dan die eerste kwartaal van die jaar oorleef!) en sal help om die nood te verlig waar dit werklik saak maak!

Tot volgende keer
Mooi Loop
Elsabé

Huis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za

Peterjasie se Boererate eBoek

eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur sommer per epos en jy betaal dan die bedrag in my rekening in, so maklik soos dit. Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate en Verbruikerswenke" eBoek

Wapadrand Boeredansgroep
 

 

Vir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n epos na danna.smith@resbank.co.za
 

 

Dial Direct Insurance

 

 
Glimlag

Kaalvoet Jannie vertel hierdie kostelike storie uit die Boland:

Die Bolandse platteland was 'n interessante plek om op groot te word. Ek was eintlik so op die rand van die Boland en die Swartland, met die een helfte van die plaas onder wingerd en die ander helfte onder koring.
Braaie was dus interessant in die sin dat die koringboere almal KWV en kouk gedrink het en die wingerdboere meestal wyn. Daar was dus gereeld allerhande onderstrominge en dan moes daar vervaard bidure gehou word en hard gepreek raak van die kansel af. Maar die kwaaivriendskap het gewoonlik nie die week oorleef nie.

Daar was wel 'n oom, Oom Vaaljan, wat soos my oupa telkens gese het, skuins teen die grond bedonnerd was. Die Agter Paarl was vol Janne, Oom Langjan, Oom Bruinjan, Oom Rooijan, Oom Jantooi (my oupa), Oom Jan Baadjiepunte, Oom Jan Testament, Oom Jan Baaipaas en Oom Jan Omkyk. Dis die dat my ma my Kaalvoet genoem het, en nie Jannie nie.

Maar, ek dwaal af, Oom Vaaljan het geweier om vir die sending te gee. Want hy gee nie vir mense wat plase afbrand en vee steel nie. Die kerkraad het dit maar later so aanvaar, want hy het wel ruim geskenk vir die armes.

Tot een oggend, toe my pa-hulle staan en basaargeld tel, stap oom Vaaljan in die konsistorie in en se dat hy besluit het om drie skape en 'n melkbees vir die sending te gee. Die dominee was natuurlik verheug oor dit en het dadelik verneem oor wanneer hulle die lewende hawe kan kom haal.
Nee se oom Jan, hulle het dit klaar kom haal gisteraand, dominee moet dit net deur die boeke sit.

Herinner my aan die oom wat elke kermis 'n ruim bydrae per tjek gemaak het maar elke jaar het die tjek gehop. Die kerk raad praat hom toe om om 'n bees te skenk wat hulle dan op die kermis sou opveil. Groot was hulle verbasing to die einste oom die hoogste bie, en toe per tjek betaal!

HOE MAAK JY N MAN?
Meng 'n beer ..'n vis en 'n bobbejaan
Dan kry mens 'n grommerige ding, wat heeldag suip en elke nou en dan sy eiers krap

Hoe maak jy 'n vrou?
Jy kruis 'n vlinder,'n koei en 'n miskruier.
Dan kry jy 'n oulike dingetjie met mooi tieties wat heeldag rustig loop en kak soek!!!

Ek ontvang die volgende van Rosi:

Nou weet ek watse verskriklike siekte ek het! O Gaats!
Ek is onlangs gediagnoseer met O.G.A.A.T.S - Ouderdom Geaktiveerde Aandag Afleibare Teenwoordigheids Sindroom!
Dis hoe dit werk:

Ek besluit om die kar te was. Ek beweeg na die kar toe en sien die pos op die tafel. Ek besluit om net eers gou deur die pos te gaan. Ek sit die kar se sleutels op die lessenaar neer en gooi die gemorspos weg.

Ek merk toe dat die snippermandjie vol is en besluit om dit in die asblik te gaan gooi. Terwyl ek nou naby die posbus gaan verbyloop besluit ek om sommer gou die rekeninge te betaal. My tjekboek is skoonveld. Ek onthou ek het nog 'n lee tjekblaadjie in die kamer en toe sien ek die koeldrank wat ek besig was om te drink langs die rekenaar.

Ek besluit om die tjekblaadjie te gaan haal maar ek wil net eers die koeldrank op 'n veiliger plek neersit. Miskien moet ek dit op die yskas neersit. Oppad kombuis toe sien ek die potplante het water nodig. Ek sit toe die koeldrank op die rak neer en sien my bril wat ek heel oggend gesoek het. Miskien moet ek dit eers bêre. Ek maak die waterbeker vol om die plante nat te gooi en sien iemand het die afstandbeheer van die TV in die kombuis gelos.
Ons sal nooit vanaand daaraan dink om in die kombuis vir die ding te soek nie so dit moet eers terug familiekamer toe. Ek gooi water by die plante en sit die afstandbeheer in die familiekamer en stap terug kamer toe terwyl ek dink waarmee ek besig was.
Aan die einde van die dag is die kar nie gewas nie, die rekenings nie betaal nie, die vuilgoed nie uitgegooi nie, die koeldrank staan op die kombuisrak, my tjekboek is weg en kan my karsleutels nerens kry nie!
Ek wonder nou nog hoekom ek vandag niks gedoen gekry het nie want ek was tog heeldag besig! Ek besef dis 'n ernstige probleem en ek moet daaraan werk . . . maar ek wil net eers gou na my e-pos kyk!
 
st se pitkos 

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Baie dankie aan al die positiewe terugvoering, vrae en dankie-sê van lesers oor ons reeks oor finansies. Dankie ook aan elkeen wat hul diepe bekommernis oor hul finansiële posisie met my bespreek het. Ek dink nie ons besef aldag die diepte en wydte van die omvang van finansiële sorge en spanning by mense in ons land nie.

Ek is geen 'n finansiële adviseur nie en vir meer kundige advies oor enige beleggings, boekhouding, banksake, besigheidsplanne, testamente en ander finansiële raad moet jy asseblief die regte professionele kundige nader. Ek glo nogal daarin om 'n ekspert te kry wanneer jy 'n sekere diens benodig of dit nou finansies, medies, regsaspekte, jou motor, 'n kwaai krokodil in jou agterplaas of wat ookal is. In ons reeks oor finansies kyk ek as sielkundige meer na jou ingesteldheid en gesindheid teenoor jou finansies, en hoedat jy met die regte houding en handelinge jou geldelike posisie kan bevorder.

Veelvoudige strome van inkomste

Ons het die afgelope paar weke heelwat gesels oor finansiële aspekte soos spaar, skulddelging, die maak van korrekte besluite, jou begroting, beplanning en so meer. In hierdie artikel wil ek my aandag toespits op 'n ekstra inkomste. Soveel mense met wie ek die afgelopte tyd gesels en van wie ek terugvoer gekry het, vertel dat hul inkomste net eenvoudig nie meer hul uitgawes kan dra nie. Ja, dit is dan belangrik om te kyk na aspekte soos om spaarsamig te lewe en 'n persoonlike begroting op te stel. Maar dit is ook vir baie mense net so belangrik om te kyk na 'n ekstra inkomste.

Daar is 'n spreekwoord wat sê dat 'n mens nie al jou eiers in een mandjie moet sit nie. Wanneer die een mandjie iets oorkom is al jou eiers daarmee heen. Met jou eiers egter in 'n paar mandjies en een mandjie kom iets oor, is daar nog altyd ander mandjies met eiers in. Dit is dieselfde met veelvoudige strome van inkomste. Raak een stroom verstop of droog op, dan is daar nog altyd ander strome wat vir jou inkomste bring.

Byvoorbeeld 'n man het 'n wonderlike werk, maar word in die huidige ekonomiese klimaat oortollig verklaar. Indien so 'n man nie 'n ander werk kry nie is hy in die finansiële moeilikheid indien hy nie oor 'n ander stroom van inkomste beskik nie.

Mense wat op 'n vryskut- of kontrakbasis werk kan in groot finansiële verknorsings beland indien hulle net op een groot kontrak staatmaak. Word daardie kontrak beëindig, droog die stroom van inkomste op.

Jou gesondheid pak op, jy kry een of ander ernstige siekte sodat jy werklik nie meer kan werk nie. Het jy voorsiening gemaak vir 'n passiewe inkomste?

Wanneer lewenskostes hoër raak en mense kan nie meer hul verpligtinge nakom nie, gryp baie mense na hul kredietkaarte of ander tipe lenings as 'n oplossing. Gewoonlik is dit 'n duur (baie duur!) manier, want uiteindelik moet jy die skuld plus rente betaal. Hoekom wag jy nie eerder met dit wat jy wil koop nie, skep intussen vir jou 'n ekstra bron van inkomste en betaal dan kontant vir dit wat jy wil hê!? Jy gaan soveel meer in beheer van jou geldsake wees en nie soos der duisende mense net werk om die grootste gedeelte van hul inkomste te bestee om skuld te delg nie.

Daar is letterlik duisende maniere om ekstra bronne van inkomste te genereer. Dit is egter nie altyd so maklik nie, en jy moet goed die verskillende opsies deurkyk, ondersoek en kundige advies inwin. Lesers kan gerus vir my idees aanstuur vir ekstra inkomste of vir veelvoudige strome van inkomste.

Ek noem slegs 'n paar moontlikhede, want dit gaan nie hier oor die detail en die presiese soort meerstromige inkomste nie, maar eerder oor jou wat met ander oë en 'n nuwe gesindheid na moontlikhede en opsies rondom jou moet kyk:

1. Huurinkomste
Omskep die buitekamer en pakstoor of garage in 'n woonstel. Kry 'n loseerder in en skep so 'n ekstra passiewe inkomste.

2. Beleggings en aandele
Gebruik jou spaargeld of ekstra geld (soos van jou huurinkomste) om 'n belegging te doen wat vir jou ekstra geld voorsien in die vorm van dividende of rente.

3. Skep 'n produk
Jy het sekere talente wat jy kan inspan om 'n sekere produk te skep. Jy kan dalk terte en koeksisters bak, of sjokolade vervaardig, 'n boek skryf, of 'n musiek CD maak. Dalk is jy 'n ekspert in die plant van groente en nou maak jy 'n DVD oor die ABC van groentetuine. Ontleed jou vaardigheide, kennis, belangstelling en talente en omskep dit in 'n produk of diens wat jy kan verkoop. Dit is iets wat jy deeltyds kan doen. Groot besighede het al so by huise en in motorhuise ontstaan - wie weet, dalk is jy volgende!

4. Multivlak bemarking
Dis 'n uitstekende manier om binne 'n sisteem (en op 'n deeltydse basis) sommer 'n goeie besigheid op te bou. Die voordeel is dat jy baie ondersteuning, aanmoediging en ekspert leiding kry wat om te doen. In hierdie tipe besigheid hoef jy nie die wiel te herontdek nie - alles is reeds in plek. En baie mense maak werklik baie geld hiermee en skep vir hulself 'n groot passiewe inkomste vir die res van hulle lewe. [Iindien jy hierin belangstel en in die Kaap-omgewing bly, kontak my en ons kan 'n afspraak maak en ek sal jou meer inligting gee oor hoe ek dit doen. Dan kan ons dalk lekker in 'n span saamwerk - hoe is dit nou vir 'n great idee!]

5. Gee klas
Veral in groter plekke is daar vele kolleges, opleidingsinstansies en selfs skole wat dosente in een op ander vak soek. Jy kan dalk op 'n na-uurse en deeltydse basis klas gee in 'n vakgebied waarin jy goed is. So het ek 'n paar jaar gelede op Saterdae klas by 'n kollege gegee en daarmee 'n paar broodnodige ekstra rande verdien.

6. Gebruik die internet
Hieroor wil ek nie veel sê nie, want ek dink die internet self gee letterlik honderde maniere en beloftes van rykword deur middel van die internet. So jy kan op die internet na moontlikhede gaan kyk. Pas egter op om nie al die wonderlike beloftes sondermeer te glo en jou geld te verloor nie, want baie van die internet beloftes en inligting kan jy eers kry nadat jy 'n betaling gedoen het. Vele mense wat met duisende sterre in hul oë oor die miljoene wat hul gaan maak, het 'n paar maande later (en met 'n baie rande minder) nie meer so opgewonde geklink oor al die beloftes nie. Ek glo daar daar is uitstekende moontlikhede, maar wees asseblief versigtig om nie vir al wat 'n "scheme" is, te val nie.

7. Konsulteer
Konsulteer van jou huis af. Rig 'n kantoor (of jou sitkamer) in en sien mense daar vir wie jy as konsultant optree oor enigiets waarin jy vaardig is. Jy kan mense leer hoe om tuisgemaakte kaartjies te maak, hoe om troukoeke te maak, hoe om finansiële beplanning te doen, hoe om geld uit eiendom te maak, opleiding met rekenaarprogramme ens ens.

8. Eiendom: verhurings
Jy kan vanuit jou huis 'n eiendom verhurings besigheid begin. Begin deur huurhuise en -woonstelle in jou omgewing te lys en dit in die plaaslike koerant te adverteer. Kry huurders in die huise, stel die kontrak op en vorder die huurgeld in. Met slegs 'n paar huise in jou portefeulje kan jy reeds 'n handige inkomste verdien. Onthou om kers op te steek by mense wat dit reeds doen en sorg asseblief dat jy aan al die regsaspekte voldoen.

9. Ander produkte: verhurings
Doen 'n bietjie navorsing - wat benodig mense wat hulle graag sal wil huur. Dalk 'n paar langerig opvoutafels vir wanneer hulle 'n funksie aanbied. Wat van messegoed, tafeldoeke, servette, kandelare vir mense, verenigings, sportklubs wat 'n konferensie wil aanbied. Doen ondersoek wat in jou omgewing sal werk, gesels met mense en kyk na moontlikhede.

10. Huisbesigheid
Miskien oorvleuel dit met wat ek reeds gesê het, maar vanuit jou huis kan jy 'n goeie besigheid bedryf. Jy kan 'n klankstudio inrig by jou huis waar jy opnames doen vir CD's en DVD's - 'n paar jaar terug was dit tegnologies baie moeiliker om te doen. Jy kan jou garage inrig waar jy meubels (en antieke meusbels) herstel en verkoop. Jy kan dalk boktiek aandrokke of trourokke maak. Maak net seker wat jou munisipaliteit se regulasies hieroor sê. Menige groot besigheid het as 'n tuisnywerheid begin.

Jy weet nie met duidelike sekerheid wat jou toekoms inhou nie. Ons het nie 'n kristalbal om vooruit te sien nie. Daarom kom afdankings, skommelings in maatskappye, likwidasies, beëindigde kontrakte, negatiewe marktendense, ekonomiese insinkings, siekte en rampspoed, ongelukke soms as 'n groot skok. En jy as individu word so geaffekteer deur al hierdie veranderinge - waaroor jy meesal geen beheer het nie - dat jy emosioneel en finansieël uitgemergel voel. Jou geldkraantjie droog op en jy raak paniekgevange en weet nie waarheen nie, want jy het nie voorsiening gemaak vir 'n moontlike gebeurtenis wat alles holderstebolder omkeer nie.

Maar wanneer jy veelvoudige strome van inkomste het, kan een stroom opdroog en kry jy steeds inkomste uit jou ander bronne. Een mandjie met eiers kan verwoes word, maar in die ander mandjies is steeds eiers tot jou beskikking.

Die huidige tyd en ekonomiese klimaat vra 'n objektiewe en nugtere kyk na jou omstandighede. Die toekoms vra beplanning. Meervoudige strome van inkomste skep meer gemoedsrus vir die onsekere tye en teëspoed wat mag voorkom. Dit hoef ook nie net een ekstra stroom van inkomste te wees nie, maar jy kan vier of vyf strome van inkomste hê. Jy het 'n keuse om te maak.

Wat kan jy doen met 'n drie duisend rand ekstra per maand. Of dalk tien duisend of meer. Besluit, dink, ondersoek, win advies in, beplan en gaan tot aksie oor.

Ek hoor graag van jou vir wyse raad en planne.

'n Sprankie wysheid vir die dag

"Beplan jou werk en werk jou plan. Indien jy misluk om te beplan, dan beplan jy om te misluk." - ou gesegde -

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 

 
Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier
 

 
Resepte

Pekanneut Tert

3 eierwitte
1 koppie grof gekapte pekanneute
1 koppie strooisuiker
16 grof gekapte Salti Cracks beskuitjies
kaneel
Klop eierwitte styf en voeg strooisuiker stadig by. Klop soos vir meringues.
Voeg kaneel by. Vou pekanneute en beskuitjies by.
Giet in gesmeerde tertbak en bak teen 180 Grade C.vir 30 minute. Laat afkoel.
Smeer 'n laag geklopte room oor tert net voor bedieningm Rond af met 'n bietjie kaneel.


Peppermint Crisp Tert

1 x Boks Orly Whip - 2x sakkies
1 x caramel kondensmelk
1 x tennis beskuitjies
2 x pepperment crisp sjokolade
Rasper 1 sjokolade.
Klits nou die orly-whip en kondensmelk saam. Voeg gerasperde sjokelade by en roer.
Pak bak met tennis beskuitjies en gooi mengsel oor.
Rasper ander sjokolade bo-oor en verkoel tot styf.


Peri-Peri Pastaslaai

1pk 500g Pasta [Gnocchi]
1k Tamatiesous
1k Suiker
1k Olie
1k Druiwe Asyn
2 van 250ml bottels Knorr Peri-peri Sous
4 Groot uie [fyn gekap]
6 Groen/Rooi Rissies [gekap]
Kook pasta vinnig in diep water met sout en 1E Olie, dreineer en spoel af
Smelt bestandele saam oor medium hitte
Roer Uie en Rissies saam en roer goed deur
Voeg Pasta by en roer liggies deur
Laat staan oornag
Bedien warm of koud
[Hou lank in die yskas]


Perske Piekels / Blatjang

kg Geel perskes
4 gekerfde groot uie
1 groot gekerfde groenrissie
1 koppie sultanas of pitlose rosyne
25 ml kerrie
15 ml sout
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn koljander
7 ml “crushed” knoffel
15 ml borrie
3 koppies suiker
50 ml mielieblom
12.5 ml mosterd
1 bottel asyn (750 ml)
Sny die perskes in snippers en kook in mikrogolf tot matig sag.
Kap uie en rissie - moet dit nie te fyn kap nie dit moet grof wees.
Meng die speserye met 'n bietjie water.
Gooi suiker by asyn en verhit. Roer tot die suiker begin oplos.
Voeg nou die speserymengsel by. En kook vir 15 minute. Voeg die rosyne by.
Voeg perskes, gekapte uie en rissie by. Kook tot sag in die bogenoemde mengsel.
Voeg die mielieblom, wat met die sap van die gekookte perskes aangemaak is, by. Kook tot piekels/blatjang verdik.
Gooi in gesteriliseerde bottels of flesse terwyl dit nog warm is en maak dit dadelik toe.

Pienk Tert

250 ml Room
500 ml Aarbei Yougurt
1 Pakkie aarbei Jellie
1 Blik Kondensmelk
1 Houer Maaskaas
1 Pakkie aarbei instant poeding
1 pakkie tennisbeskuitjies
Botter 1 eetlepel Vlapoeier
1 koppie warm water
Klits room styf en voeg kondensmelk, yougurt en maaskaas by.
Voeg droë instant poeding by en meng goed deur.
Verkrummel tennis beskuitjies met botter en plaas in bak as kors. Voeg mengsel in bak.
Begin eers met die volgende stappe as die tert gestol het.
Maak jellie aan met 1 k warm water.
Voeg vlapoeier by.
Kook in mikrogolf tot gaar.
Gooi oor gestolde tert.

Piesangbrood (1 Pannetjie)

60 g Botter
125 g Strooisuiker
1 Groot Eier
15 ml Stroop
3 Fyngedrukte piesangs
½ teelepel sout
250 g Bruismeel
3 eetlepels melk
Smeer die pannetjie.
Klop botter tot sag, voeg strooisuiker by.
Meng piesangs met stroop en eier, gooi dit by bottermengsel.
Meng meel en sout en voeg by die piesangmengsel.
Meng alles goed, en gooi in pannetjie.
Bak ± 90 minute in voorverhitte oond van 180°C .

Piesangslaai 1

6 - 8 redelike groot piesangs
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie pitmielies
1 blikkie gekerfde pynappel
mayonnaise
Sny die piesangs in die mengsel van die kondensmelk, pitmielies, pynappel en mayonnaise en laat staan so 'n rukkie in die yskas (+/- 'n uur voor opdiening).
Jy moet maar liefs nie probeer wanneer op dieet nie!!! Jy sal nie kan ophou nie!

Piesangslaai 2

Piesangs
room
suurlemoensap
kondensmelk
pietersielie
Sny piesangs in skyfies, voeg genoeg suurlemoensap by.
Voeg kondensmelk en room by, net genoeg om piesangs te bedek.
Strooi gesnipperde pietersielie bo-oor.

Polonie-vetkoekies

2 koppie meelblom
1 teel sout
1/2 teel peper
1 eier
1 koppie melk
1 koppie gerasperde knoffelpolonie
Sif die droë bestanddele saam en voeg die geklitste eier en melk by.
Voeg die polonie by en meng deeglik.
Skep lepelsvol in warm vlak olie en braai bruin aan albei kante.

Pynappel Kaaskoek

1 blik fyn pynappel
1 pakkie pynappel of suurlemoen jellie
1 koppie smeerkaas
1/2 kop suiker
2 teel. vanilla
1 blik Ideal melk
1 teel. suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies
Bring pynappel tot kookpunt. Gooi jellie by en sit eenkant om af te koel.
Room kaas, suiker en vanilla. Klits melk met suurlemoensap tot styf.
Voeg pynappel-mengsel en kaasmengsel by die melk en klits baie goed. Pak tennisbeskuitjies in 'n tertbak en gooi mengsel in. Gooi krummels bo-oor en laat vir een uur in koelkas

Pynappel Maaskaas Tert

1 Konfytrol in skywe gesny
1 houertjie maaskaas 250g
1 blikkie kondensmelk - 397g
80 ml suurlemoensap
1 blikkie pynappelstukke - 410g
12.5 ml vlapoeier
Voer tertbord met die rolkoekskywe uit - meng roomkaas, kondensmelk en suurlemoensap en skep dit bo-op die rolkoeklaagm
Dreineer die pynappelstukke en behou die stroop.
Maak die vlapoeier en bietjie van die stroop aan tot gladde mengsel.
Verhit die res van die stroop en roer die vlamengsel by totdat dit verdik en helder word. Mikrogolf 3 minute.
Rangskik die pynappelstukke op die roomkaaslaag - en gooi die stroop oor - verkoel in yskas.

Pynappel Tert

2 pakkies tennis beskuitjies
2 pakkies suurlemoen jellie
1 blikkie ideal melk
3 koppies kookwater
1 blik pynappelmoes
Verkoel die ideal melk tot goed koud, maar moet nie laat ys nie.
Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie.
Klop ideal melk tot styf, voeg by jellie en pynappelmoes en klop goed.
Pak beskuitjies en ideal melk mengsel in lae en eindig met 'n laag beskuitjies gefrummel bo-op.

Pynappelhoender

(4 porsies)
1 ui, gehalveer en in skyfies gesny
25 ml (2 e) sonneblom- of olyfolie
1 kg hoenderporsies
50 ml (4e) blatjang
250 ml (1k) rou rys
750 ml (3 k) sterk tee
1 pakkie sampioensoppoeier
1 x 440 g-blik pynappelstukke
1 elk rooi en groen soetrissie, pitte verwyder en in driehoeke gesny
Braai ui en hoenderporsies in warm olie tot verbruin. Gooi blatjang en rys by en meng deur.
Meng tee met soppoeier en gooi oor hoender.
Dreineer pynappelstukke en gooi sap by. Prut vir 30 min. Roer af en toe.
Gooi pynappelstukke en soetrissie by.
Laat prut vir 10 min. tot net sag en geur na smaak met sout en swartpeper. 'n Vullende maaltyd in een gereg.

Pynappel-Yskastert 1

2 pakkies tennis beskuitjies
2 pakkies suurlemoen jellie
1 blikkie ideal melk
3 koppies kookwater
1 blik pynappelmoes
Verkoel die ideal melk tot goed koud, maar moet nie laat ys nie.
Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie.
Klop ideal melk tot styf, voeg by jellie en pynappelmoes en klop goed.
Pak beskuitjies en ideal melk mengsel in lae en eindig met 'n laag beskuitjies gefrummel bo-op.

Pynappel-Yskastert 2

1 blikkie kondensmelk
1 pakkie suurlemoen jellie
1 blikkie fyn pynappel
1 room
1 pakkie tennisbeskuitjies
Pak tennisbeskuitjies in tert bak (nie kleiner as "bord" grootte nie)
Maak jellie soos gewoonlik aan en gooi blikkie kondensmelk by en roer
Dreineer pynappel tot droog en gooi by mengsel
Gooi bogenoeme mengsel oor tennisbeskuitjies klits room tot styf en smeer oor mengsel
Sit oornag in yskas
PS: Jy kan sjokelade oor die room rasper vir afronding

Roly Poly

'n Gunsteling nagereg vir die soettand
Stroop:
1 koppie suiker
2 koppies water
1 teelepel bottter
½ teelepel vanielje essens
Kook tot stroop.
Koek:
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1 eetlepel botter
2 teelepels suiker
1 eier
Vryf botter in droë bestanddele. Maak aan met geklitste eier - deeg moet rolbaar wees - voeg bietjie melk by indien te styf
Rol deeg uit in reghoek en smeer appelkooskonfyt oor. Rol op soos rolkoek
Gooi stroop oor en bak by 180grade vir 40 min of tot bruin en gaar
Bedien met vla.

Romerige Hoenderlewerpasta

Soteer 2 gesnyde uie en 1 knoffelhuisie in botter tot sag
Voeg 300 g hoenderlewers by en soteer tot effe bruin
Voeg 250 ml hoenderaftreksel by en laat prut 20 minute lank
Voeg 1 buisie uitgedrukte spekvleissmeer by
Verhit tot deurwarm
Meng liggies met gaar penne-pasta

Roomtert

Kors:
1 pakkie Marie Beskuitjies (Gooi in plastiek sak en rol dit fyn)
Meng krummels met 125 gram gesmelte margarien en druk dit eweredig vas in 'n 2 liter Pyrex bak.
Vulsel:
125 ml Vars room
1 Orley Whip met 2 sakkies kunsroom in
2 x blikkies kondensmelk
125ml suurlemoensap
Klits 1 en 2 saam totdat punte begin vorm.
Vou die kondensmelk se inhoud daarin, moenie klits nie.
Gooi nou die suurlemoensap by en roer liggies totdat alles mooi gemeng is.
Plaas in yskas vir ongeveer 12 ure.

Rum-en-Rosyne Tert

1 pakkie tennis beskuitjies
1 Blik kondensmelk
2 sakkies orley whip
7ml rum geursel
½ koppie pitlose rosyne
Bedek rosyne met warm water en laat staan vom uit te swel.
Klits Orley Whip styf en voeg kouer kondensmelk, geursels en rosyne by. Pak laag op laag en plaas in die yskas. Bedien koud.

Skakels/Advertensies

ALLEENLOPER SAMEKOMS in Centurion 24 Mei
Kuier gesellig saam met ander Enkelinge van oral. Ontmoet nuwe vriende en vriendinne met dieselfde belangstellings. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
012 667 5317
076 105 7747 nie pcm/sms asb
cotie@telkomsa.net

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans - Klik hier

Lees alles oor Bloedrivier: Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop @ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus Roelof of Ronel by 012-3332932
Skoorkos is 'n blog wat resepte in geselsvorm, in Afrikaans, vir die gretige kosmaker bevat. Besoek ook netresepte (http://www.netresepte.wordpress.com) vir eet idees sonder pretensie.
Ons gaan gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek, uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en probeer dan die regte ding. Probeer gerus,
 Klik hier  en geniet.
Boeredanse -
Verdere inligting oor die dansgroep: Danette Smith, Danna.smith@resbank.co.za
Sel: 082 923 6177
Oorvloed - klik hier

Blitz Boontjiekerwer
Logos Christelike Boekruildiens.

Agtergrond: Boekruildiens daargestel vir gemeenskap. Slegs christelike boeke, cd's, dvd's en video's.
Konsep: Bring 'n boek en ruil dit vir 'n ander. Geen kostes - slegs donasies. Indien jy nie 'n boek het vir ruil kan jy nog steeds deelneem.
Versoek: Finansieële donasies (vir aankoop van nuwe literatuur), sowel as donasies van literatuur (boeke, cd's, dvd's) is baie welkom
Skakel: www.rietfontein-suid.ng.org.za E-pos adres: frieda2@mtnloaded.co.za

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.