Ek staan op vir Afrikaans!

 

 

Nommer 137

Besoek my Webwerf

15 Junie 2009

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!

Daar is weer 'n verskeidenheid lekker resepte verder ondertoe. Die pasella die keer is 'n Boererate eBoek, gaan laai dit gerus af.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Hettie Etikettie

Ek hoor mos nou die oggend 'n insetsel oor hettie op RSG. Ek kontak haar toe en sy gee toestemming dat ek van haar stories hier kan gebruik. baie dankie, Hettie, jou raad is baie leersaam. Gaan loer gerus na Hettie se webwerf: http://www.etikettie.co.za/

Hettie Etikettie se Etiketswenke vir ‘n betaamlike bruilof

Sorg te alle tye dat u ‘n betaamlike en uiters aantreklike metgesel na die bruilof neem, sodat u metgesel al die ander hubare jong dames besig hou terwyl u kies en keur onder die goeie boerseuns.

Die belangrikste om te onthou vir wanneer u ‘n bruilof reel is om die skoonma so ver as moontlik weg te hou van die reelings. Onthou die moederfiguur probeer altyd die bruilof reel wat sy nooit kon bekostig nie. Indien u wel die skoonma toelaat om oor te neem sal u buffet hoofgereg bestaan uit gedroogde perskes en roompoffers en u rok sal met die dag van die troue verwar word met die babapienk merinque koek op die poedingtafel.

Dit is belangrik om te alle tye ‘n persoon met ‘n baie goeie humorsin of swak gehoor op die gastelys te he. Sodoende verseker u dat daar altyd ‘n betrokke persoon is wat vir die flou grappies van die besope seremoniemeester sal lag.

Sorg te alle tye dat die bruilof uitnodigings dit duidelik maak dat kinders onder 10 jaar eerder nie die bruilof moet bywoon nie. Indien wel staan u dalk die kans om later die aand die troukoek te verloor wanneer soetwyn betremelde snuiters dit aansien vir ‘n springkasteel.

Dit is belangrik om die bruidegom te verhoed by die wynvat tot en met formaliteite soos die kousband-gooi afgehandel is. Die bruidegom mag dalk net met ‘n wynhand en wynoog die afstand verkeerd skat en die bruid se kant g-stringetjie vroeer die lig laat sien.

Dit is uiter smaakloos vir die bruid\bruidegom om seksuele aktiwiteite te beoefen met een of meer van die strooijonkers\blommemeisie in die konsistorie voor die seremonie.Dieselfde geld ook vir die bruid\bruidegom se ouers of die predikant.

Dit is ook uiters smaakloos om voor die seremonie te veel sjerrie te nuttig en op alle vrae wat gevra word “I do” te antwoord en uitbundig te lag.
 

Die Besembestuurder

Dankie, Nandi, dat jy hierdie vir my gestuur het:

Die Besembestuurder

'n Ware storie daar vanuit Bethlehem , Vrystaat, se wêreld....

Ek kom vanoggend so 07:15 by die werk, sluit my werkswinkel oop en dank my Hemelse Vader vir die werkswinkel, gesondheid en omdat ek SY vrede en vreugde ervaar.

Die eerste kliënt kom vinnig nader en klim uit sy motor met 'n koppie Wimpy koffie in sy hand en kla dis nie meer die koffie van ouds nie.. 'n Ander persoon wat ek ken kom van die slaghuis af opgestap met 'n pakkie
vleis en al kouende aan sy biltong grom-groet hy so asof dit 'n stryd is om te lewe.

Ek besluit vandag wil ek luister en ek het goed geluister...

Dit is nou 18:00, en ek wil jou vertel wat ek vandag gesien en ervaar het.

Ouens met baie geld kla oor pryse wat te hoog is. Die biltong man sê daar is amper geen vleis op die rakke nie. Die ander ou kla oor ou brood en 'n ander oor 'n koue hamburger wat hy wil vat en in Steers se manager
se dinges wil opdruk. My suster kla oor haar CD speler wat skoongemaak moet word en dit kos R 80-00 wat sy nie kan betaal nie, want sy het nie geld nie.

Ek vertel jou kortliks wat ek vanoggend gesien en ervaar het. Die mense kla en kla en ek wens hierdie klakouse met wie ek net vandag te doen gehad het kon sien en ervaar wat ek vroegoggend gesien het - ek wonder
waaroor hulle dan sou kla. Terwyl die ou oor sy koue hamburger kla, vang my oog 'n ou kleurling wat in die slaghuis se vullis sakke krap. Die ou krap tussen die sakke en ek hou hom dop. Hy krap iets uit, ruik daaraan,
hap en sluk sonder om te kou.

Ek stap nader na hom. Môre, groet ek. Wat is jou naam?
My naam is Abraham my lanie, antwoord hy.

Nou wat doen jy so vroeg hier tussen die ou vrot goed ou Abraham?
Ek is honger my lanie.

Maar ou Abraham, die goed is vrot.
Ek weet my lanie, maar die Jere het nog nie vandag vir my 'n ietsie afgegooi nie, maskien Hy is kwaad vir my.

Ou Abraham, hoekom vra jy nie vir geld as jy iets wil koop om te eet nie?
Ek het my lanie, maar daardie man, (en hy wys na die biltong eter,) hy het my amper netnou gaslaan, hy sê ek moet voetsek!

Hoe oud is jy Abraham?
78 my lanie.

Waar bly jy Abraham?
Daar bo teen die berg. (Dis 8 km).
En jou mense, ou Abraham?
Net my vrou bly by my, mar sy bene kan nie meer werk nie nou kan sy nie uit die huis kom nie.

Kry jy oumens pension, Abraham?
Nee my lanie, nog nie, maar Mandela sal nog plan maak, so ek wag maar!

Abraham se broek is nie meer 'n broek nie - sy skoene het nie sole nie en daar is iets aan sy lyf wat dalk lank terug 'n hemp kon gewees het. Ek vra in my binneste 'Here, wat nou?' maar ek kry geen antwoord nie, ek
hoor niks.

Ou Abraham, ek dink regtig nie die Here het van jou vergeet nie.
Ja my lanie.

Die ou oë is glasig en dof, sy kop hang al vooroor soos hy jare lank al probeer om naby hom te sien. Die vullis wa trek in om die vullis te verwyder, en die manne verskreeu ou Abraham.

Waarnatoe gaan jy nou, ou Abraham?
Ek gaan brood soek om huis toe te vat my lanie - ek het klaar 'n kannetjie vir die water.

Ou Abraham het 'n glimlag om sy geplooide mond.
As my lanie wil kan ek 'n besem bestuur en die plek mooi skoon vee vir 'n stukkie brood.

Ek dink by myself: 'Is dit nou U HERE wat deur Abraham praat?'

Ou Abraham, is jy seker jy het 'n liksens om die besem te bestuur?
Ja my lanie, my vrou het dit vir my gagee toe sy bene siek geword het.


Dis goed so Abraham, die mense jaag jou oral maar vandag het die HERE jou 'n groot werk gegee - jy is van vandag af die 'General Manager' van die besems; jy is die Baas van die besems; hierdie besems gaan vir jou
koffie gee in die plek van water. 'n Manager moet ook mooi skoon aantrek en 'n geldjie hê vir die ou vrou by die huis. Ek sien jy is 'n man wat vir ons nog baie in die toekoms gaan leer oor die lewe, ou Abraham

Kan ek elke dag inkom my lanie?
Ja Abraham, want Vrydae kry die Besem Managers 'n lekker Wimpy ontbyt en Besem Managers werk net van 8 - 11, want Besem Managers het tyd nodig vir hulle siek vrouens.

Is reg so my lanie, ek sien nou die Jere het 'n ander plan gahad vadag en ampor dink ek Hy het my en die ou vrou gavageet. Jammer Jere omdat ou Abraham nie reg vastaan het nie.

Ek is die Here my God vandag so dankbaar vir iemand wat nie oor biltong kla nie, iemand wat nie oor leë rakke in die vleismark kla nie, iemand wat nie oor koue hamburgers en koffie kla nie. Ek is my Vader so dankbaar dat Hy ou Abraham nie vergeet het nie. Doen my, jouself en ander 'n guns - en probeer net een dag niks kla nie, want ou Abraham was vandag vir my so 'n groot inspirasie. 'n 78 jarige half blinde man met toiings aan sy lyf
wat nog steeds glimlag!!!!!!!!!!

En ek sê met trots - vandag het ek 'n waardige, my beste ooit, besembestuurder gekry!

Die Here is vir ons so goed en as ek voel dit druk, kyk ek na my besembestuurder en ek weet - ek het mos niks om oor te kla nie...

May God give you...For every storm, a rainbow, For every tear, a smile,
For every care, a promise, And a blessing in each trial.
For every problem life sends, A faithful friend to share,
For every sigh, a sweet song, And an answer for each prayer.

Touch someone with your love. Rather than focus upon the thorns of life, smell the roses and count your blessings!

Mosambiek vakansie

Ons is sopas trug van 'n lekker vakansie in Mosambiek. Hier is ietsie wat ek daaroor geskryf het:

Alternatiewe vervoer – Morrumbene toe in ‘n rubberduck!

Ons het besluit om weer vir ‘n slag Mosambiek toe te gaan en aangesien ons tyddeel punte by QVC het, het ons by hulle Morrumbene Beach oord vir ‘n week bespreek.
Ons was effe lugtig om in Mosambiek te bestuur met al die gerugte rondom korrupte verkeerspolisie en ons was verheug was toe my swaer hulle besluit het om dieselfde tyd as ons in Mosambiek te gaan vakansie hou. Ons sou dus met twee voertuie ry wat effens meer gerusstellend was.
Hulle het bespreek by Palm Grove Lodge by Praia de Barra in die Inhambane omgewing. Ons sou saam met hulle daar oornag en dan op ons eie verder ry Morrumbene toe.
En net daar was die probleem. Dit was baie duidelik in die oord brosjures gestel dat die oord net toeganklik is vir 4X4 voertuie. En ek het natuurlik net ‘n 2X4 Mazda dubbelkajuit, ook met baie min sand bestuur ervaring.
Ek was naderhand soveel keer vertel dat ek dit nie sou maak nie dat ek besluit het om die Marrumbene verblyf maar te los en saam met my swaer hulle by Palm Grove Lodge vakansie te hou.
By Palm Grove is daar ‘n duiksentrum en ek kry toe die blink gedagte om die eienaar, Alan, te vra of hy ons nie per boot na die Morrumbene oord toe sal vat nie. Alan is toe baie gaaf en se ons hoef hom net die brandstof te betaal, en daar is ons toe vroeg die volgende oggend, sak en pak op die strand en wag om opgepik te word.
Morrumbene is ‘n selfsorg oord en ons moet al ons voorraad saam neem. Vroumense pak mos gewoonlik teveel goed in, geen wonder Alan het ons skeef aangekyk toe hy die hoop bagasie op die strand sien nie.
In alle geval, ons en die bagasie is op die duck en daar gaan ons, Morrumbene toe.
‘n Goeie 45 stamperige minute later strand die duck reg voor Morrumbene se strandkroeg. Ons en ons bagasie word afgelaai en daar gaan die duck terug Palm Grove toe.
Toe ons besef watter komiese prentjie ons moes uitmaak, bars ons uit
van die lag. Verbeel jou net, twee mense met ‘n hoop bagasie op ‘n strand! Die plaaslike vistermanne het ons maar snaaks aangekyk!
‘n Paar minute later was Hutch, die oorbestuurder daar om ons op te laai en die 100 meter se stap na die oord te spaar. Hy het ons verseker dat ons die eerste gaste was wat per boot daar opgedaag het.

Morrumbene is tipies van die Mosambiekse strandoorde, net meer luuks, aangesien dit aan Quality Vacation Club behoort en dus ‘n tyddeel oord ook is.

Hierdie is die ideale plek om met jou visstokke, boot en waterponie te kom uitspan. Of jy kan net lekker ontspan en niks doen vir ‘n week nie.

‘n Paar dae later is ons weer op die strand met ons bagasie. Die plaaslike vistermanne staar ons weer aan en ons besluit om te maak of ons duimgooi, ons kon sien hoe lag hulle vir ons.

Groot was hulle verbasing toe die rubberduck uit die see verskyn en ons oppik!

Mosambiek bly maar ‘n lekker plek om te gaan vakansie hou, ons sal vir seker weer gaan.

My fotos kan hier gesien word:

http://www.new.facebook.com/album.php?aid=115568&id=741597237&l=14a5157c45

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Boeremusiek Baanbrekers

Tiny Mey

Oorlede Tiny het as kind al in sy pa Frank se orkes gespeel. Sy ma, Anna Mey, was eintlik leier van die orkes. Tiny was 'n groot ondersteuner van die Gilde en het sy gewig by Rosa Erasmus in die Witwatersrandstreek ingegooi. Hy was ook 'n gereelde deelnemer aan die SAUK se Konsertinaklub. Hy kon altesaam 5 instrumente besonder goed speel.
 




 

 

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com

Hierdie maand bied ek jou graag DEEL 2 van ANKERS EN SEILE vir GESINNE.
Gesinne ondervind gereeld moeilike tye wat die hoof gebied kan word met behulp van sterk gesinswaardes en die warm menslike verbintenis wat dit teweegbring. Moeilike besluite om probleme te oorkom kan vergemaklik word omdat jou gesin waardes het wat julle besluite rig. Hierdie waardes noem ek die ankers en seile van gesinne. ‘n Seilboot het ‘n anker vir veilighed en seile om dit voort te dryf. ‘n Seilboot kan so selfs téén die wind seil en die anker hou dit veilig as die stormwinde dreig om dit te verwoes.
Verlede maand het ek geskryf hoe die waardes van betroubaarheid, konsekwentheid en sagtheid ‘n gesin kan anker in moeilike omstandighede. Soos die seile van ‘n seiljag, so kan speelsheid, kreatiwiteit en aanmoediging jou kind help om te versnel deur die moeilike storms van die lewe.
Met Speelsheid sluit ek beslis enige elektroniese speletjies uit. Elektronika vorm ‘n skeiding in mense-verbintenisse; alhoewel ons dit “speel” is ons gewoonlik ingesluk in individuele aktiwiteit of opwinding. Gesprekke tydens elektroniese speletjies is gewoonlik oppervlakkig en tegnies, nie vol intimiteit of ‘mense konneksies’ nie. In sielkunde sê ons altyd: “Speel is die kind se taal.” Ouers wat met hulle kinders speel verkry gewoonlik goeie invloed by hulle kinders sodat die kind later met minder baklei sy kamer netjies hou, huiswerk doen of huistakies verrig. Wanneer jy jou kind met ‘n speelse stem terregwys, kan hy nie so maklik met die gewone woede reageer nie. Menslike verbintenisse floreer in ‘n atmosfeer van Speelsheid.
Baie ouers glo dat die aanmoediging van hul kind se Kreatiwiteit is afgehandel wanneer hulle haar aflaai by musiek of kunslesse. Maar die soort kreatiwiteit moedig nie noodwendig menslike konneksies aan nie. Alhoewel alle kinders kreatiwiteit geniet, gebruik nie alle kinders dit instinktief nie-jy moet dit bietjie aanhelp. Jy kan dit vermag deur: nie te wys hoe slim jy is deur die eindelose vrae voor die voet te verduidelik nie, maar deur hulle te vra wat hulle dink; deur hulle biblioteek toe te neem en hulle aan te moedig om self uit te vind; en deur met hulle te bespreek wat julle op die TV sien. Jy kan bv. die lewenskwessies en moontlike oplossings van sepies en flieks met hulle bespreek; en kritiese en kreatiewe denke aanmoedig deur vrae en gesprekke wanneer julle dokumentêre programme kyk. Dit is nie deur TV te kyk en boeke te lees wat jou kind leer om kreatief te dink nie maar wel deur die gesprekke wat dit tussen julle genereer. Dit is nie die kunsklasse wat jy vir haar betaal nie, maar die kreatiwiteit wat julle saam beoefen wanneer julle iets saam maak of regmaak, wat die intieme verbintenisse van ‘n sterk gesin bou.
In moeilike tye moet ons moed/durf aan ons kinders gee-ons moet hulle Aanmoedig. Nie deur ‘n taak oor te neem nie, of hulle toe te laat om tou op te gooi nie, maar deur hulle te motiveer en te lei sodat hulle sukses behaal. Soms help dit om jou kind te vertel hoe jy gesukkel het met ‘n probleem, wat jou gehelp het daardeur en wat jy geleer het daaruit. Soms met (ouer) kinders is dit genoeg om hulle te herinner dat jy aan hulle kant is en dat jy ook wil hê dat hulle suksesvol sal wees, en HULLE dan te vra hoe jy kan help om daardie sukses te behaal.
Hopelik het jy ‘n eggenoot wat jou ondersteun in die rigting wat jy jou gesin wil lei. En hopelik het jy ‘n duidelik visie waarheen en hoe jy jou gesin wil lei. As jy nie het nie, mag jy dalk net vind dat enige klein onderstroming van die lewe jou gesin van koers kan stuur, met geen hoop om ooit julle drome te bewaarheid nie.
En weereens, as jy ‘n Groot Navigator het wat duidelike en betroubare riglyne bied, sal dit JOU versterk in nood. Slegs dan kan jy die hawe wees waar jou kind glo sy is veilig – maak nie saak watter storm dreig nie.

Gedig

Een van my gunstelinge van skooltyd af.

Die vlakte
Jan F E Celliers

Ek slaap in die rus van die eeue gesus,
ongesien, ongehoord,
en dof en loom in my sonnedroom,
ongewek, ongestoord.
Tot die yl-bloue bande van die ver-verre rande
skuif my breedte uit,
wyd-kringend aan die puur al-omwelwend asuur
wat my swyend omsluit.

Jong aarde se stoot het my boesem ontbloot
bo die diep van die meer;
en volswanger van lewe 't oor die waat're geswewe
die gees van die Heer.
Uit die woelende nag van haar jeugdige krag
brag die aarde voort
Lewiatansgeslagte, geweldig van kragte -
storm-ontruk aan haar skoot.
Diep in my gesteente berg ek hul gebeente -
die geheim van hul lewe en lot;
maar gewek uit die sode herleef uit die dode,
na die ewig hernuwingsgebod,
die van d' verlede in vorme van d' hede,
in eindeloos komme en gaan;
wat die dood my vertrou 't, ek bewaar dit as goud,
en geen grein sal 'k verlore laat gaan.

As die son oor my vloer in die more kom loer,
en die dou van my lippe kom kus,
dan kyk ek net stom met 'n glimlag om
en ek le maar weer stil in my rus.
Hog bowe die kim op sy troon geklim,
is hy heer van lewe en dood;
na wil of luim gee hy, skraal of ruim,
verderf of lewensbrood.

Uit die gloeiende sfeer brand hy wreed op my neer,
tot my naaktheid kraak en skroei,
en my koorsige asem in bewende wasem
al hygend my bors ontvloei.
In sy skadetjie rond om sy stam op die grond
staat 'n eensame doringboom,
soos die Stilte op haar troon, met dorings gekroon,
wat roerloos die eeue verdroom.
Geen drop vir die dors aan my stofdroe bors:
my kinders* versmag en beswyk,
en die stowwe staan soos hul trek en gaan
om my skrale dis te ontwyk.

Soos 'n vlokkie skuim uit die sfere se ruim
kom 'n wolkie aangesweef,
maar hy groei in die blou tot 'n stapelbou
van marmer wat krul en leef -
kolossaal monument op sy swart fondament,
waar die bliksem in brul en beef.
En o, met my is die windjies bly:
hul spring uit die stof orent
en wals en draai in dwarrelswaai
oor my vloer, van ent tot ent:
die gras skud hul wakker om same te jakker,
tot hy opspring uit sy kooi
en soos mane en sterte van jaende perde
sy stingels golf en gooi.

Met dof-sware plof, soos koeels in die stof,
kom die eerste drupples neer,
tot dit ruis alom soos deur die gebrom
en gekraak van die donderweer.
Met kloue vooruit om te gryp en te buit
jaag 'n haelwolk langs verby,
soos 'n perde-kommande wat dreun oor die lande
vertrap en gesel hy-
en sy lyke-kleed sien ek ver en breed
in die awendson gesprei.

Stil in die duister le 'k so en luister
hoe die spruite gesels en lag;
maar bowe die pak van my wolkedak
het die maan al lank gewag:
nou breek en skeur hy 'n baan daardeur
om te deel in my vreug benede;
hy sprei die waas van sy romig-blou gaas-
en ek lag so stil-tevrede.
Plek op plek, soos die wolke trek,
sweef die skaduwees onder mee,
soos eilande wyd oor die waat're verspreid
op die boesem van die grote see.
Met 'n afskeidskus gaan die maan ook ter rus,
en ek wag op die daeraad-
so skoon en so mooi soos 'n fris jong nooi
wat lag in haar bruidsgewaad.

Oor die bukte se rug slaat die gloed in die lug
van die brande wat ver-weg kwyn,
en doringbome fluister in rooi skemerduister
van gevare wat kom of verdwyn.
Uit slote en plas, uit die geurende gras,
styg 'n danklied op ten hemel;
en dis net of ek hoor hoe die kriekies se koor
weergalm uit die sterre gewemel,
waar werelde gaan op hul stille baan
tot die einde van ruimte en tyd.
So, groots en klaar, staat Gods tempel daar,
wyd - in sy majesteit.

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.

Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!

Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Pasella

Regs klik hier om Annette e Boererate eBoek af te laai.

Die Danville Hulpgroep 

Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.

Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé Blignaut

Huis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za

Peterjasie se Boererate eBoek

eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur sommer per epos en jy betaal dan die bedrag in my rekening in, so maklik soos dit. Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate en Verbruikerswenke" eBoek

Wapadrand Boeredansgroep
 

 

Vir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n epos na danna.smith@resbank.co.za
 

 

Dial Direct Insurance

 

 
Glimlag

Twee vroumense is aan die golf speel. Die 1ste een slaan af en kyk in afgryse hoe haar bal reguit na 'n ander groepie mans trek daar naby.
Die bal tref die een man en onmiddellik slaan hy sy hande tussen sy bene saam en val grond toe.
Die vrou hardloop onmiddellik oor en begin sommer al op 'n afstand verskoning aan te bied vir die ongeluk.
"Ek is jammer, Ek is 'n Fisio en as jy my toelaat kan ek probeer om die pyn te verlig"
"Dit is OK ek sal oor 'n paar minute dalk weer reg wees" kreun die man, terwyl hy steeds opgekrul lê met sy hande tussen sy bene.
Die vroutjie voel baie sleg en op haar aandrang laat hy haar toe om te help. Sy neem versigtig sy hande weg, maak sy gulp oop en sit haar hand in. Sy gee hom 'n baie sagte, lekker massering en vra hom later:
"Hoe voel dit nou?"
"Ek voel baie beter, maar ek dink nog steeds my duim is gebreek"

Van iewers af dreun 'n prediker se waarskuwende stem oor die omstanders se koppe:
"Djulle moet djulle bekeer! Djulle moet djulle se verkeerdighede laat staan!
En as djulle nie wil luister nie, sal djulle hel toe gaan!
En die hel, sê ek vir djulle, is 'n vreeslike plek. Die Woord sê daar sal 'n geween wees en 'n gekners van djulle se tanne!"
Iemand lag en die prediker kyk stip in sy rigting.
"En djy, met die haasbek daar annerkant - die manne wat nie tanne het nie, vir hulle sal tanne gesupplaai word!
Maar kners sal djulle kners!"

Eendag sit Oupa op die stoep toe Ouma van die kombuis af skree: 'Oupa, daar is fout met die kleinhuisie!'
(In daardie tyd was dit mos die buitetoilet of longdrop.)
Oupa sê: 'Daar is niks fout met die kleinhuisie nie.
Maar Ouma sê: 'Daar is. Gaan kyk.'
Nou, in daardie tyd was die man veral baie bang vir sy vrou gewees, so oupa staan maar op en brom-brom al na die kleinhuisie toe.
Hy kom daar aan en sê: 'Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie nie.'
Ouma sê: 'Daar is. Gaan in,' en Oupa gaan toe maar in.
Toe hy binne is kyk hy rond, maar sien niks verkeerd nie en sê: 'Ouma, ek is in die kleinhuisie. Daar is niks verkeerd nie.'
Ouma sê: 'Daar is. Steek jou kop in die gat in...'
Oupa sê: 'Ouma, ek gaan nie my kop in die gat insteek nie.'
Dis daardie tyd wat Ouma haar stem redelik dik maak en sê: 'Oupa, steek nou jou kop in die gat in' en arme Oupa doen dit nou maar so...
Nou is Oupa se kop redelik in die longdrop in om te kyk wat fout is.
Oupa skree toe: 'Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie nie!'
Ouma sê: 'Trek jou kop uit' en oupa trek toe sy kop uit, maar toe haak sy baard in die gleuwe van die gekraakte houtplank sitplek vas en hy gil verskrik: 'Ouma, kom help! My baard sit vas!'
Waarop Ouma antwoord:
'Dis baie seer, né?'
 
st se pitkos 

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Jy moet kan aanpas

Dinge het nou eenmaal 'n manier om nie altyd so te loop soos jy beplan het nie. As ek terugkyk op my planne en idees, sien ek hoe sekere omstandighede, gebeure, mense en insidente dit heel dikwels in 'n ander rigting stuur.

Die ekonomiese krisis wat ons en die wêreld verlede jaar getref het, het soveel mense se beplanning in die war gestuur. Ek gesels met baie mense en dit is interessant (en ook dikwels hartseer) om te hoor wat die gevolge hiervan is op individue en gesinne. Ons is inderdaad nie gevrywaar van enigiets in hierdie lewe nie. Ekonomiese resessies, siektes, ongelukke, ellende, rampe en noem maar op, kan ons tref, enige dag. Wanneer dinge reg verloop, is dit net genade.

Die feit is jou aanvanklike idee en beplanning van die verloop en uitkoms kan verander. Die vraag is, kan jy aanpas en die nodige koersaanpassing doen of klou jy halsstarrig vas aan jou oorspronklike idees? Die kampioen swemmer wat haar been in 'n ongeluk verloor, moet aanpassings doen. Die sanger wat verlam is na 'n motorfietsongeluk, moet aanpassings doen. Jou eggenoot wat 'n egskeiding vra, die kontrak wat jy verloor, die koop wat deur die mat val - ons word in ons lewe gekonfronteer met dinge wat nie altyd verloop soos ons gehoop het nie. Daar sal ook tye in jou lewe kom waar aanpassings gevra word.

Sukses verg dikwels buigsaamheid en 'n aanpassing van jou kant af. Jy sal ondervind dat die dikwels moeilik is om 'n verandering te doen, want jy glo in jou manier van doen. Wanneer jy met 'n motor ry en jy kry 'n pap wiel, moet jy stilhou en die wiel omruil. Word 'n spyker in jou planne gesteek, moet jy stop, sake in heroorweging noem, en 'n ander band opsit.

Dis is belangrik om te weet jy kan verander, en jy mag verander. Die wenner is 'n strateeg wat weet om in die stryd nodige aanpassing te doen om bo uit te kom. So sal 'n besigheidsman wat net op een manier fokus, tred met die marktendense verloor en skade as gevolg daarvan ly. Dieselfde geld vir jou beroep. Jy het dalk jou plan vir jou loopbaan uitgewerk, maar nuwe probleme en uitdagings vra egter van jou 'n aanpassing en verandering.

Tye, omstandighede, mense, produkte, politiek, kompetisie, nuwe uitvindsels en so meer verander die wêreld waarin ons leef. Vir jou en my om werklik op die voorpunt te bly en munt te slaan uit nuwe tendense, vra buigsaamheid. Vra van ons 'n nuwe uitgangspunt, 'n ander plan van aksie, 'n nuwe weg uit 'n doodloopstraat.

In 1943 het die voorsitter van IBM Thomas Watson gesê: "Ek dink in die wêreldmark is daar plek vir ongeveer vyf rekenaars." Waar sou IBM gewees het indien hulle daarby sou staan? Sedert hierdie uitspraak het IBM sekerlik hul siening verander en derduisende rekenaars vervaardig en verkoop.

In 1985 het Coca-Cola se voorsitter Roberto Goizueta van New Coke gesê: "New Coke is die belangrikste ontwikkeling in koeldrank in die maatskappy se geskiedenis. Die beste is selfs beter gemaak." Die New Coke was egter 'n mislukking en kort daarna is dit van die rakke gehaal. Dit getuig van die vermoë van een van die wêreld se grootste maatskappye om te verander en aan te pas.

Wees realisties, niemand kan die toekoms voorspel nie. Daar is altyd determinante en veranderlikes wat intree. Wees dus daarop voorberei. Wanneer die situasie dit vereis, verander strategie, hou alternatiewe planne oop en wees aanpasbaar. Jy moet die vermoë ontwikkel om te kan aanpas by verandering, want daardeur bekom jy die potensiaal vir groei en om nuwe geleenthede aan te gryp.

Let wel dit gaan nie om die verandering van beginsels nie, maar wanneer die gety draai, jy planne kan maak om die verandering ten beste te benut. Dit word in besigheid gevra, dit is deel van krygsvernuf, in die politieke en ekonomiese ommeswaai in 'n land, maar ook in jou persoonlike lewe.

Verandering en aanpassing is heel dikwels nie lekker nie, en mense bied daarteen weerstand. Raak bang. Onseker. Berei jou egter voor. Hou jou opsies oop. Neem die veranderinge in omstandighede en die wêreld waar, en maak die nodige aanpassings tot jou voordeel. Die teendeel om nie buigsaam te wees en nodige veranderinge te doen nie, kan jou in 'n cul-de-sac laat wat tot jou skade en nadeel is.

Met die nodige navorsing, kennis, waagmoed, positiwiteit en gebed kan jy verandering suksesvol aanpak en deurvoer.

'n Sprankie Wysheid vir die Dag
"Die vraag moenie 'Gaan ons ooit verander?' wees nie, maar 'Wanneer en hoeveel gaan ons verander?' Niks bly dieselfde nie behalwe die feit dat alles voortdurend verander. Selfs in die begin het Adam, toe hulle by die paradys uitgelei is, herhaaldelik vir Eva gesê: 'My skat, ons leef in 'n oorgangstyd.'" - John C. Maxwell -

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier
 

 
Resepte

Rysslaai

250 ml Rou rys
15 ml Matige kerriepoeier
2,5 ml Sout
750 ml Dun hoendersop
1 Tamatie
1 Groen soetrissie
250 ml Ingemaakte geelperskeskywe
30 - 45 ml Perskestroop
30 ml Fyn gekapte ui
30 ml Mayonnaise
5 ml Suiker
Slaaiblare
Kook rys, kerriepoeier en sout in die sop tot gaar.
Skil tamatie, haal pitte uit en kap res van tamatie op.
Doop soetrissie 1 minuut lank in kookwater ontpit en kap in stukkies.
Sny perskeskywe in stukkies.
Meng nou al die bestanddele by die res en skep op slaaiblare.

Sagopoeding

1 koppie sago
4 eeteel suiker
2 eeteel margarien
5 koppie melk
3 eiers
Kook sago in melk tot gaar. Gooi suiker en margarien by, dan geklitste eiers. Bak tot bruin.

Seekos en Pastagereg

Gemengde seekos, hoeveelheid afhangend van hoeveel persone.
Visspeserye - genoeg!
Thai speserye
knoffel
sout en peper
tobascosous (ops, of iets anders, tobasco sous ongelooflik duur)
pietersielie
"Spring onions"
uie
tamatie
sjerrie
room
pasta (ops)
Braai uie, tamatie, pietersielie, sampioene en seekosmengsel saam, roeg gedurig.
Voeg al die geurmiddels en sjerrie by en prut so vir 'n halfuur.
Voeg room by en prut vir 5 minute.
Meng met gaar pasta of bedien net so as 'n voorgereg.

Semelroombeskuit

1 kg Bruismeel
8 x 250 ml Semels
500 ml Witsuiker
5 ml sout
500 gr Margarien of Bottter
1 liter Room (of ½ room en ½ ingedampte melk)
Verhit oond tot 180°C. Smeer twee rolkoekpanne van 40 x 27 x 2
Meng die bruismeel, semels, witsuiker en sout saam en frummel die smeer daarin. Voeg die room by en meng goed
Druk deeg eweredig met spaan in panne
Sny die deeg in vierkante van ongeveer 4 x 6cm
Bak beskuit ongeveer 45 minute tot gaar en effens bruin
Keer versigtig uit op draadrak en laat afkoel Wanneer koud, sny stukke los deur vurk in snymerke te steek
Droog beskuit uit in koel oond
(Voer panne uit met waspapier of bakpapier want die beskuit is baie bros en geneig om vas te sit.
As die deeg bietjie droog is, kan bietjie ekstra melk bygevoeg word)

Sjokolade Krakelinge

2 e Kakao
2 k suiker
1 t essens
½ k melk
125 g botter
2 k oats
1 k klapper
Sit neute, kers, ens by (opsioneel)
Gooi 1st 5 bestanddele bymekaar. Sit in mikrogolf smelt & roer kort-kort
As dit kook - kook vir 5 minute
Gooi res by en meng. Skep op waspapier telepels vol.

Sjokolade Mouse (ook lekker by sjokolade koek as versiersuiker)

50 ml vla
50 ml Kakao
175 ml suiker - meng bogenoemde saam met bietjie melk van die 500 ml
500ml melk - kook die melk
15 ml gelatien
30ml kouewater - meng dit en hou eenkant
510 g Idealmelk
Meng vla, kakao, suiker en voeg van 500 ml melk by
Kook res van die melk Gooi by vla mengsel, en gooi terug in kastrol en kook dit net op. Roer aanhoudend.
Meng gelatien en kouewater en laat staan om dik te word.
Gooi dan die gelatien by melkmengsel. Roer to dit opgelos is.
Laat afkoel. Klop Idealmelk styf en vou in die mengsel.

Koue Sjokoladepoeding

Plaas op stoof: 4 koppies melk en 1 Eetlepel margarien
Meng:
4 Eetlepels vlapoeier (hoogvol)
3 Eetlepels kakao
1 teelepel koffiepoeier
1 Koppie suiker
½ teelepel sout met klein bietjie melk
Roer hierdie mengsel by kokende melk. Laat weer kook. Verwyder van stoof.
Klits 2 eiers goed en klits vinnig in by mengsel.
Gooi in bak en laat koud word in yskas. Bedien met vla.

Sjokolade Vrieskastert

45 ml (3 e) botter
45 ml (3 e) strooisuiker
250 m (1 k) fyngekapte gemmerkoekies
15 ml (1 e) kakao
45 ml (3 e) water
310 ml (1 ¼ k) dik room styf geklop
15 ml (1 e) brandewyn
1 groot eier
Smeer 'n 1 kg broodpan liggies met botter of bespuit. Voer uit met bakpoeier en smeer weer
Smelt botter en suiker in kastrol. Verwyder van plaat en voeg beskuitjieskrummels by. Roer deur en laat afkoel
Druk die helfte van die mengsel op die bodem van die broodpan vas en verkoel.
Los die kakao in die water op en vou by die room in. Roer brandewyn by
Klits die eierwit tot dit stywe punte vorm en vou in
Giet die mengsel oor die beskuitjies in die pan. Maak gelyk en strooi die orige krummelmengsel bo-oor
Bedek en bevries ongeveer 2 - 3ure verkieslik oornag tot hard
Keer uit en bedien met sjokoladesous (Genoeg vir 6 mense )

Sjokoladekoek

6 eiers, geskei
1½ koppies koekmeel
1½ koppies strooisuiker
¾ koppie kookolie
¾ koppie kookwater
3 eetlepels kakao
1 teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanieljegeursel
Klits geel van eiers, voeg suiker by en klits goed. Los kakao op in kookwater, voeg olie by en voeg dit dan by die eiermengsel en meng goed.
Voeg meelblom, sout, bakpoeier en vanielje by en meng alles goed. Klits eierwitte styf en vou in. Bak by 180 grade vir 35 minute in groot oondpan.
Kook die volgende bestanddele saam en gooi warm oor die koek:
2 koppies suiker
2 koppies koue water
1 teelepel vanieljegeursel
2 groot eetlepels koffie
Laat die koek nou heeltemal afkoel. Smeer 1 blik karamelkondensmelk bo-oor. Klits 2 sakkies Orley Whipp styf en smeer oor koek. Strooi 'flake' oor.

Sjokoladekoek met sous

Meng:
1 k koekmeel
1 k suiker
½ t sout
2 t bakpoeier
Meng:
¼ k kakao
½ k kookwater
½ k kookolie
4 eiers (geel alleen)
4 t vanielje-essens
Meng bestanddele no. (A) en (B)
Klits eierwitte styf, vou by die mengsel in.
Bak vir 30 min by 180º in 'n glasbak.
Sous:
Smelt: ½ k suiker
¾ Blik Ideal melk
Gooi oor warm koek.
Laastens:
Meng ¼ blik Ideal melk met sjokolade en smelt. Gooi dan oor koek.

Slaaisous 1

1 teel. mosterdpoeier
1/2 teel. sout
1/4 teel. peper
1/2 koppie kondensmelk
1 eiergeel
1/4 koppie slaaiolie
1/4 koppie asyn
Meng droë bestanddele, en voeg by kondensmelk.
Klits eiergeel en voeg by. Voeg eers olie en laastens asyn by en meng goed.
Laat staan 'n rukkie en voeg by slaai.

Slaaisous 2

1 eetl meelblom
1/4 teel. sout, peper
2 eetl suiker
3/4 teel. droë mosterd
2 eiers, effens geklits
3/4 koppie melk
1/4 kop botter
1/2 koppie asyn
Sif droë bestanddele. Voeg res stadig by. Roer oor kokende water tot mengsel begin dik word. Laat afkoel. Gooi oor slaai.

Slakke & Room Gereg

2 blikkies slakke (in pekelwater) (by enige supermark te koop)
1 groot ui gekerf
½ houertjie Ultraroom (100 ml)
1 pakkie Pasta Sauce (kaas, sampioene & knoffel geur) aangemaak met water soos op pakkie aangedui
Klein bietjie sout
Aromat na smaak
1 pakkie vars sampioene
Vars fyngekapte knoffel na smaak
Braai uie, gekerfde sampioene en knoffelvlokkies in botter.
Spoel slakke BAIE GOED af in vars water
Meng slakke met uie en sampioene in braaipan
Gooi pakkie Pasta Sauce en room by
Gooi aromat en sout na smaak by
Braai alles saam vir ±15 minute
Bedien saam met repies bruin brood
(Genoeg vir ±4 persone)

Smoorkool

1 middelslag ui
30ml sonneblom olie
2 tamaties
400g gesnipperde kopkool
2 ml sout
growwe swart peper
Skil die ui en sny in ringe. Soteer uieringe in sonneblom olie.
Skil die tamaties en sny in blokkies. Voeg dit by die uieringe en smoor 'n paar minute saam.
Voeg die kopkool by en roerbraai die mengesel oor stadige hitte net totdat die kool sag is.
Geur met sout en swart peper. Bedien warm.

Sneeupoeding

(Hier is 'n resep wat in Kook en Geniet, 15de volledig hersiene uitgawe, tweede druk 1993 op bl 117 verskyn:)
22,5 ml (1½ e) gelatien
60 ml (¼ k) koue water
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) suiker
60 ml (¼ k) suurlemoensap
gerasperde geel skil van ½ suurlemoen
2 eiers, geskei
vla poeier
Week die gelatien vir 5 minute of langer in koue water en los dit op in die kookwater.
Voeg suiker, suurlemoensap en -skil by.
Syg mengsel deur 'n sif en laat op 'n koel plek afkoel.
As die mengsel feitlik gestol is, klits dit met 'n vurk of klitser tot lig en sponserig.
Klits eierwitte styf en vou in.
Giet in 'n nat vorm om verder te stol.
Maak vla van die eiergele en sit voor saam met die poedingm (As u nog weet hoe om vla op die ou manier te maak!!) Lekker eet!

Snoektert

Kors:
1½ k meel
1 ½ t bakpoeier
sout
3 e gesmelte botter
Meng & voeg koue water by indien nodig (sagte deeg). Smeer in 'n bak
2 k melk
60 ml meel
sout
1 e botter
Maak 'n witsous daarvan
Haal van die stoof af
1 Blik snoek
1 k gerasperde kaas
1 eier (kan gekookte eier insit - in stukkies gesny)
½t papirka
1 t pietersielie
Meng en gou op kors & bak by 180° C. Versier met kaas & uie chips bo-oor

Soet-Suur Hoendervlerkies

12 hoendervlerkies
½ koppie kookolie
1 gerasperde ui
1 teel vars knoffel
1 teel vars gemmer
1 koppie tamatiepuree
1 koppie tamatiesous
½ koppie asyn
¼ koppie Worcestershire sous
½ koppie bruinsuiker
1 teel chilli pasta
1 teel suurlemoenpeper
2 teel vars suurlemoensap
1 koppie water
sout na smaak
Verhit die olie in 'n pot
Soteer ui, knoffel en gemmer vir 4-5 minute
Roer oorblywende bestanddele by (behalwe hoendervlerkies) en prut vir 20 minute. Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel.
Gooi oor hoendervlerkies en marineer in yskas oornag.
Bedrup kort-kort terwyl vlerkies gebraai word.

Soetsuur Varkroerbraai

500g varkfilet, in dun repies gesny
1 knoffelhuisie gekneus
50 ml (4 e) tamatiesous
25 ml (2 e) sjerrie
12.5 ml (1 e) heuning
12.5 ml (1 e) witwynasyn
25 ml (2 e) sojasous
25 ml (2 e) sonneblom olie
1 wortel, geskil en in repe gesny
225 g preie, ontpit en in repe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny
200 g sampioene, afgevee en in kwarte gesny
100 g babamielies, gehalveer
410 g blik pynappelstukke
2,5 ml (1 e) mielieblom, opgelos in 12,5 ml water
Marineer varkfilet vir 30 minute in die mengsel van knoffel, tamatiesous, sjerrie, heuning, asyn en sojasous.
Verhit olie, haal vleis uit marinade en roerbraai vir 5 minute.
Voeg wortels, preie, soetrissie, sampioene en babamielies by en roerbraai vir 5 minute.
Meng res van die marinade, pynappelstukke met sap en mielieblom saam.
Giet in pan en kook vir 5 minute tot sous effens verdik. Sit dadelik voor op rys.

Sop-resep

Lekker groot sopbene (beesskenkels ) met vleis aan (1kg)
4 groot wortels.
halwe pakkie sop ertjies (droë ertjies)
4 groot aartappels.
2 groot uie
3 groot tamaties.
1 pakkie soppoeier enige soort
bietjie meel
sout
Week ertjies oornag in water, kook volgende dag tot sag. Kook sopvleis tot sag.
Rasper groente of verpulp dit. Gooi alles in vleismengsel saam met genoeg water.
Laat kook totdat die groente gaar is, en meng dan soppoeier en meel en sout saam en verdik die sop met die mengsel. Laat goed deurkook totdat dit verlangde dikte is.
Om dit nog lekkerder te maak, gooi bietjie spaghetti ook by.
Ek hou van my sop lekker dik, en die een is gewoonlik 'n treffer. Gewoonlik kook ek baie en vries dan in bakke die wat oorbly, vir die dae wat dit koud is, en tyd min.

Skakels/Advertensies

Creative Laser Blast bied jou die volgende dienste:

- Laser gravering
- Lasersny en lasergravering van Perspex, dun hout, leer en sommige metale sowel as 'n verskeidenheid ander mediums
- Sandblasting van 'n groot verskeidenheid persoonlike geskenke sowel as unieke promosiestukke vir jou besigheid
- Vinielpakkers in verskeie kleure en groottes
- Spookasem in verskeie kleure, verpakkings en groottes om jou volgende partytjie in te kleur

Maak nou seker jy trek voordeel uit Creative Laser Blast se dienste deur met Kobie te gesels by:
Epos: clb@sukijaki.co.za
Tel: 0832891796
Alt Tel: 0827719532
Faks: 0865698954

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.