|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Die pasella hierdie keer is 'n resepteboek wat ek
sopas ontvang het en ek deel dit sommer dadelik, alles oor Wafels en
Pannekoeke, gaan laai dit af by die Pasella afdeling.
Ek stuur hierdie
brief effens vroeg uit aangesien ons weer gaan rondreis, 'n week by
Mnarani Beach Club in Kenya en dan direk daarna Hazyview Cabanas, in
Hazyview natuurlik. Wil weer bietjie gan fotos neem in Kruger. Fotos en
beskrywing volgende keer.
Daar is weer 'n
verskeidenheid lekker resepte verder ondertoe.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die
ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum
boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis
heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Ek hoor mos
nou die oggend 'n insetsel oor hettie op RSG. Ek kontak haar toe en sy
gee toestemming dat ek van haar stories hier kan gebruik. Baie dankie,
Hettie, jou raad is baie leersaam. Gaan loer gerus na Hettie se webwerf:
http://www.etikettie.co.za/
Ek sal graag wil hoor wie van ons
kan met eerlikheid sê dat 'n ekstra geldjie nie handig te pas sal kom
nie. Ek het 'n rukkie terug 'n bladsy saamgestel met wat ek dink
werkbare idees is om so 'n ekstratjie te verdien, sonder 'n groot
aanvanklike uitgawe. Klik hier
om na die bladsy te gaan. As jy nog idees het, laat weet my
asseblief en ek las dit by.
Ek is egter nog heeltyd op die
uitkyk na moontlike werkbare idees. Is dit nie snaaks dat meeste van die
mense wat met sulke "skemas" vorendag kom altyd eers 'n bedrag geld wil
hê alvorens hulle hul "groot geheim" met jou sal deel nie.
Ek het myself belowe dat ek nooit in
sulke skemas belang sal stel nie, as die ou sou sê, maak eers jou geld
en dan betaal jy my, wel, dis 'n ander saak.
Ek kry nou die dag iets per epos wat
effens anders is, daar is 'n gratis toetstydperk, koste is net R45 per
maand as jy sou besluit om aan te sluit met 'n 100% geld terug waarborg as jy oortuig is dat dit nie gaan
werk nie. Dit het dus an my persoonlike kriteria voldoen en ek het
sonder huiwering aangesluit en my toestemming gegee om die R45 per maand
te verhaal. As niks gebeur nie, kanselleer ek net en kry my geld terug.
Aan die ander kant, wie weet?
Nou gee ek jou die geleentheid om
self te gaan kyk, dis egter net vir Suidelike Afrika lande. Alles gebeur
outomaties, jy kry selfs jou eie webbladsy alreeds vir jou saamgestel,
stuur die skakel net uit aan jou kontakte en oortuig hulle om dit te
probeer, niemand kan iets verloor nie, probeer is die beste geweer.
Hier is die skakel:
http://www.BeMotivatedToday.net/23373
As
jy enigsins skepties is, ignoreer hierdie stuk en lees verder aan die
nuusbrief, as jy soos ek nuuskierig is, klik en gaan kyk wat gaan daar
aan, teken selfs in vir die proeftydperk en kyk wat gebeur. Ek self het
sopas aangesluit dus weet ek ook nie veel nie, maar soos ek altyd sê, ek
is gewillig om enigiets eenkeer te probeer. Wie weet, dalk werk dit net.
Ek is nogal beindruk deur die mense,
my glad gebel en welkom geheet, wou hoor of ek onseker was oor iets of
enige vrae gehad het. Werklik professioneel!
Nog 'n skermbeeld wat jy kan aflaai.
Ons was baie gelukkig om drie jagluiperds reg langs die pad te sien toe
ons laas in Kruger was.
Regs klik net hier om die skermbeeld af te laai.
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
George
Hughes
George het die moeilikste taak van die Boeremusiekgilde — hy is die
amptelike Hoofbeoordelaar. Nie dat dit vir George moelik is om
musiek te beoordeel nie, maar om die kritiek te hanteer. Ons Boere
is mos net tevrede as ons man as wenner aangewys word! Maar George
hanteer dit meesterlik soos hy sy konsertina speel. Hy het al op 8
jarige ouderdom sy eerste boere-musiekkompetisie gewen! Mag hy nog
lank vir ons beskikbaar wees!
George Hughes,
hoofbeoordelaar, lewer kommentaar tydens die Boeremusiekgilde se
kompetisie by Rooihuiskraal in Oktober 2003 |

|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook
eposadres is peter@funkymunky.co.za
Mirna is ‘n opvoedkundige
sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole,
o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool
vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste,
die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com
Baie dankie vir
al die briewe, vrae en kommentaar. Verlede maand het ek begin gesels oor
maniere hoe om pro-aktief oor dissipline van jou kinders te dink en te
doen. Hierdie goeie raad kry ek by Becky Bailey en dit mag selfs help om
beter met jou man of baas oor die weg te kom!
1. Moedig jou kind op ‘n positiewe manier aan in goeie en moeilike
tye. Goeie verhoudings (die basis van makliker dissipline) word nie
gebou deur jou kind af te kraak om sodoende sekere gedrag teweeg te
bring nie.
Beginsel: Aanmoediging bemagtig.
Toepassing: Wees jou kind se grootste ondersteuner. Maak hom
bewus van die feit dat hy dinge self kan doen en planne maak deur vooraf
te DINK. Vra gereeld: “Hoe het jy dit reg gekry? Watter gedagtes het jy
gedink? Hoe het jy met jouself gepraat? Watter planne het jy gemaak?”
wanneer hy suksesvol was. En wanneer hy sukkel: “Watter planne kan jy
maak? Hoe kan ek help?”
2. Neem terug die beheer.
Beginsel: Wie ook al jy en jou kinders glo in beheer is van die
verhouding en die situasie, is gewoonlik.
Toepassing: In plaas van om te sê: "Jy maak dat ek nou hierdie
kar gaan stop” sê, "Ek stop nou die kar tot al die veiligheidsgordels
vas is en almal veilig is.” En doen dit dan, kalm en beheersd. In plaas
van om te sê: "Julle maak my mal," sê, "Ek gaan diep asemhaal en myself
kalm kry. Dan sal ek weer met julle kom praat. So leer jy jou kinders
ook tegnieke om hulle self te beheer.
3. Moenie jou kind te gevolge van sy keuses, woorde en dade spaar nie.
Beginsel: Emosionele pyn help jou kind om te weet dat hy volgende
keer dit anders moet doen.
Toepassing: Help jou kind om die teleurstellende keuses te
verwerk. Bied empatie en nie lesings nie oor sy swak keuses. In plaas
van om te sê: "Ek het jou gewaarsku om nie jou CD skool toe te neem nie.
Dis jou eie skuld", sê "Ek kan net dink dat jy baie ontsteld is oor jou
CD gesteel is, sal jy dit volgende keer anders doen?” Empatie sal jou
kind toelaat om volgende keer na jou raad te luister omdat hy kan sien
dat jy omgee. Preek help net dat hy JOU kan blameer vir alles wat
verkeerd geloop het!
Belangrikste, wys jou liefde en speel met hulle! Kinders grootmaak is ‘n
reis en nie ‘n bestemming nie. Partykeer is daar baie ongelukkigheid
langs die pad, maar as jy konsekwent, liefdevol maar met duidelike reëls
en grense, dit doen, mag dit selfs ‘n avontuur wees!
Groete van hart
tot hart.
Wys My Die Plek
C. Louis Leipoldt
Wys my die plek waar ons saam gestaan het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, voor jou liefde vir my getaan het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die silwer see
Blink in die sonskyn, soos lang verlee
Dit eenmaal geblink het, 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.
Wys my die plek waar ons saam gekniel het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,
Lag soos voorheen op my en op jou;
Dit skitter nog altyd 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.
Wys my die plek waar ons saam geloop het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, toe ons harte so veel gehoop het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,
Wie van ons twee moet die meeste dra ?
Jy wat vergeet het - of ek wat boet
Vir my liefde wat uithou en alles vergoed ?
Darem maar mooi, nê??
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans.
Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort
dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is
betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by
jou.
Klik gerus hier en kyk
na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!
Of bel sommer direk vir Anna -
0822946799
Ek kry die
volgende stukkie per epos en wil dit graag deel. Afrikaans is darem 'n
baie mooi taal, mooi stories soos hierdie klink darem so reg in
Afrikaans. geniet dit!
Die omie kom gebukkend, skuifelend
die pad afgestap, sy verkreukelde hoed styf in sy hand vasgeklem. Die
plooie trek donker dongas oor sy gesig, en sy oë is dof en blou. Sy
klere hang soos 'n meelsak om hom,
sy skoene het al beter dae gesien. Sy hare wapper in drie slierte om sy
voorkop, sonverbrand.
"Boetie! Boetie!" roep hy na my. Ek gee hom een kyk en kyk dan anderpad.
Net nog 'n boemelaar, net nog 'n bedelaar.
"Boetie! Boetie!" roep hy weer.
Ek draai my rug op hom en sluit die motordeur oop.
"Boetie, boetie! Wag, ek wil met jou praat." Sy stem is skor.
"Seker van al die drank," dink ek, klim in die motor en sluit die deur.
Hy struikel van die sypaadjie af, kom krom, oud en verwaarloos na my
aangestap. Ek skakel die motor aan, kry trurat en verlaat hom, eensaam
en alleen.
"Kry vir jou werk. Maak soos ek maak, dit bring geld, dan kan jy suip
tot jy omval," gaan deur my gedagtes. Ek kry eerste rat, wikkel die
petrolpedaal en laat hom in 'n stofwolk agter. Ek sien in die truspieël
hy beduie, hande omhoog.
"Ja, f*k jou ook," sê ek hardop, "net soos jou soort is - as jy nie
iets kry nie, is ek altyd die skuldige."
By die huis vertel ek vir Vroulief van die voorbarige bedelaar, van wat
ek dink ek gesien het. Vroulief is dadelik Moeder Hen: "Waar slaap die
arme man vanaand? Dit lyk asof dit gaan reën."
"Moenie oor hom worrie nie, sy soort het altyd 'n plan, hy wurm hom met
'n sak wyn iewers in 'n kombers toe en verdrink die dag van môre. Plaas
dat hy karre oppas, dit sal daai drankgeldjies meer kosbaar maak."
"Swerwer, jy is 'n harde man. Wat daarvan as hy drink? Hy is ook net 'n
mens, net soos jy," berispe Vroulief.
"Wat, 'n man soos ek? Se gat, vrou! As hy 'n man was, het hy 'n manier
gesoek om 'n geldjie te verdien vir sy lustigheid. Nou wil hy my geld
bedel, dit waarvoor ek gewerk het, met my sweet, my arbeid .. Se dinges,
vrou! Kom ons vergeet nou die episode, ek is klaar spyt ek het jou
vertel."
Vroulief stap kop onderstebo kombuis toe, ek maak my gemaklik op die
stoep, bier in die hand. "Kan ook nie jou bek hou nie," mompel ek. My
hond kom lê onder die stoel en ek voer hom 'n stukkie biltong. Hy lek my
hand dankbaar.
Eensklaps staan vrou in die deur. "Swerwer, ek het vir die man 'n
pakkie kos gepak, ons vat dit nóú vir hom. Een van die kinders se
komberse is ook oor die muur, ons vat dit ook."
Ek ken die stemtoon, onverbiddelik: "Vrou, is jy mal? Die man is seker
lankal weg. Gaan skep op, ek is honger," probeer ek walgooi.
"Swerwer, as jy nie wil ry nie, sal ek," druk sy dit uit.
Ek weet teëpraat gaan nie help nie, my mooi van môre se dag hang
hiervan af. Ek staan op, vat die motorsleutels, en draai half vermakerig
na haar: "Nou kom, as jy hom wil kos gee, doen dit self."
Ons ry in stilte, met slegs die geruis van bande. Vroulief klou die
pakkie op haar skoot vas.
Voor die koöperasie stop ek op dieselfde plek. In die lig van die
voertuig sien ek hom op die sypaadjie sit, sy kop op sy knieë, hande wat
hang tot op die grond.
"Sien jy, wat het ek jou gesê? Klaar dronk." Vrou ignoreer my, maak die
deur oop en skud die omie aan sy skouers. Stadig lig hy sy kop; trane
stroom oor sy wange.
"Nog donnerse dronkverdriet ook", dink ek.
"Omie, ek het ietsie gebring om te eet", praat Vroulief sag en vat sy
hande in hare.
Die omie se lyf begin ruk, hy huil nou openlik, trane stroom deur die
dongas.
"Nooientjie, dis nie ek nie. Die tannie by die huis het in die bad
geval. Sy kan nie opstaan nie. Ons foon werk al twee weke nie meer nie.
Ek het asma, ek kon nie verder nie. Ek het 'n kêrel probeer stop, maar
hy het weggejaag ... sonder om te luister. Al wat ek kon doen, was om te
bid.
God het vir my 'n engel gestuur. Asseblief, gaan help die tannie ..
asseblief, gaan help haar."
Ek sit met 'n knop in my keel, trane wil oor die walle stroom, die
hartseer is diep en skerp. My gemoed is stukkend, my siel in opstand.
Waar en wanneer gaan ons besef: "Ek is my broer se herder"?
Skrywer onbekend
Al lankal lus vir lekker wafels of pannekoeke? Geen
probleem, regs
klik hier en laai die resepteboek af. (1.75MB)
Gaan kyk gerus na die webwerf
hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Lees asseblief die nuutste nuusbrief
Klik hier
Elsabé Blignaut
Huis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Peterjasie se
Boererate eBoek |
eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur
sommer per epos en jy betaal dan die bedrag in my rekening in, so maklik
soos dit.
Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat
my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate
en Verbruikerswenke" eBoek
Vir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n
epos na danna.smith@resbank.co.za
|
|
|
Koos werk by 'n Dokter
.Die Dr. sou die
dag uitstedig wees en vra toe vir Koos om 'n ogie
te hou oor die pasiënte. Die volgende dag kom die Dr
terug en vra vir Koos hoe dit toe gegaan het met die pasiënte. Koos
sê
daar was drie pasiënte wat hy gehelp het en die Dr vra toe hoe hy hulle
gehelp het en hy sê :
"Die eerste pasiënt het ingekom met 'n
lelike hoes en toe gee hy vir hom Benelyn
vir die hoes. Die tweede pasiënt het ingekom met
'n vreeslike allergie en toe gee ek vir hom Allergex. Die
Dr was baie beïndruk en vra wat van die derde een. Nee, sê Koos daar
het 'n dame ingekom, haar kaal uitgetrek en op die ondersoek tafel
gaan lê en vir hom gesê : 'Ek het vier jaar laas 'n man gesien
''O Hel' sê die Dr 'En wat doen jy toe, Koos?
''Nee', sê Koos 'Toe gooi ek vir haar Eyegene in
haar oë'!!!
HOE OM POSITIEF TE BLY!!
1. Probeer alles tweekeer:
'n Grafskrif het gelui:
"Tried everything twice...both times were moerse nice!"
2. Behou jou grapgat vrinne
Die suurgatte trek jou onder.
(Sorg dat JY nie daai suurgat is nie!)
3. Hou aan leer..
Leer meer oor skete, etiket, enigiets.
Moenie toelaat dat jou brein muf nie!
4. Geniet die eenvoudige dinge.
5. Lag dikwels, lag lank en lekker.
Lag tot jou blaas lek!
En as jy 'n pel het wat lekker nonsens praat,
spandeer meer tyd saam met haar/hom.
6. Trane kom.
Tjank dat die snot spat, en beweeg dan aan.
Die enigste mens wat ALTYD regdeur jou lewe by
jou is, is jyself.
LEWE terwyl jy nog lewe het.
7. Omring jouself met dit waaroor jy mal is,
Of dit nou pelle, familie, diere, sentimentele junk, musiek,plante, of kitch
is.
Jou huis is JOU plek!
8. Bewaar jou gesondheid:
As jy OK is, moenie nonsens aanjaag nie,
As jou kop raas, sluit by 'n 'support group' aan,
As jy nie lekker is nie, kry hulp.
9. Moenie op loop gaan met skuldgevoelens nie..
As daar te lope is, doen dit in die winkels, in jou tuin, in die bosveld,
langs die see of selfs in vreemde lande.
10. Sê vir jou mense dat jy vir hulle lief is, gee drukkies op strepe ....
more trek jy dalk jou hout-jas aan, dan's dit te laat!
Ouers wat duidelik nie gereeld
kerk toe gaan nie, beland met kinders en al in 'n Nagmaal diens.
Met die bediening van die wyn, sê die seuntjie:
"Jislaaik Pa , hulle het shooters"
st
se pitkos
Klik hier
om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Bekommernis
Vandag se nuusbrief wil ek geensins uit 'n akademiese hoek of van 'n
sielkundige kant benader nie. Ek gaan ook nie eers probeer slim wees omtrent
hierdie onderwerp nie. Ek wil net 'n paar gedagtes mens tot mens, en, hart
tot hart met jou wissel oor bekommernis. Ja, bekommernis kan inderdaad in
jou gemoed kom lê soos 'n blok beton.
Nie alle mense gaan gebukkend onder finansiële stres en spanning nie. Daar
is mense wat geredelik dinge onder beheer het; daar is diegene wat tydens
die resessie steeds goeie geld maak. Maar daar is baie mense wat werklik
swaarkry in hierdie slegte ekonomiese tye, en wie snags met groot angs en
kommer in hul harte gaan slaap. Daar is mense wat in die donkerte van die
nag wakker skrik, die swartheid instaar sonder hoop en uitkoms. Mense wat
skrik wanneer die telefoon lui, wat te bang is om pos te gaan uithaal, wat
loop in 'n waas van paniek en bekommernis. In ons land Suid-Afrika gaan dit
inderdaad sleg met 'n groot klomp mense. Ja, bekommernis vreet jou op en
wanhoop oor jou situasie en jou gesin se toekoms neem skrikwekkende
afmetings aan.
Dit is ook nie net finansiële nood wat bekommernis in harte meebring nie.
Daar is ook 'n swaarmoedigheid oor die talle verkeerde dinge in ons land.
Dikwels lyk die toestand hopeloos, daar hang 'n donker onrustigheid oor die
korrupsie en onreg wat ons waarneem. Ons lees dit in die koerante en sien
dit in televisieprogramme. Soms kom die gedagte by 'n mens op: "Het ek nog
werklik enige kans in hierdie lewe? Alles loop verkeerd, is daar uitkoms?"
Wanneer dit met 'n mens goed gaan, voel jy "on top of the world" en in volle
beheer van sake en dinge. Wanneer jy vir iemand in voorspoed vra hoe dit
gaan, antwoord hy: "Dit kan nie beter nie. Die lewe is 'n lied." Dit is juis
hierdie kontras wat maak dat mense perspektief op die lewe en die sinvolheid
van die lewe verloor. Jy sukkel om te oorleef; ander floreer in oordadigheid.
Ek sien nou die aand op televisie in 'n program 'n vrou wat in haar kaia net
'n bed met nat komberse het. Sy het nie borde, koppies, eetware, bedkassie,
stofie in haar kaia nie. Sy het niks. Net 'n enkelbed met nat komberse. Dis
al. Dan hoor ek van regeringslui wat motors koop van miljoene rande.
Partytjies wat der duisende rande beloop en oorvloei van milddadigheid.
Mense verloor dikwels hul empatie en begrip vir die mede-mens met wie dit
nie so goed gaan nie. Mense, wie leef in welvarendheid en goeie seën,
verstaan nie regtig die probleme van 'n ander nie. Die bedelaar sal jou kan
vertel van die harde oog en afjak van ryk mense. Dit is eers wanneer jy deur
die meule self gaan dat jy werklik in jou hart begrip vorm vir ander se
swaarkry. In jou nood en diep angs oor jou eie situasie verstaan jy nie hoe
die land se pawiljoene juigend volgesit word, terwyl die rampspoed dreig om
jou huishouding te oorspoel nie. Verstaan jy nie hoe mense bekommerd kan
wees oor die beuselagtigheid van 'n kleurskema vir hulle nuwe kombuis,
terwyl koskaste in menige huishoudings leeg staan nie. Onverstaanbaar hoe
mense kan kla met 'n wit brood onder die arm, maar jy wonder waar jou brood
môre vandaan gaan kom.
Een van die kenmerkende eienskappe van 'n mens is die stryd om selfbehoud.
Ek moet so werk en lewe dat ek nie ondergaan nie. My lewensbootjie moenie
wegsink in die stroom van die lewe nie. Nog meer - ek veg ook vir die behoud
van my gesin. Maar dan kom storms wat dreig om die behoud en welstand van
die familie te vernietig. Dit is 'n skrikwekkende gedagte wanneer jy besef
ek en my familie is besig om die lewenstryd te verloor. Wanhopige
bekommernis neem jou lewe oor.
Jy mag diep en werklik bekommerd wees oor jou situasie. Jy mag voel jy het
die einde van jou kragte bereik. Daar is nie veel hoop oor nie. Benoudheid
oorheers jou daaglikse bestaan en jou denke. Ek ken nie jou situasie nie,
weet ook nie presies in watter situasie jy jouself bevind nie. Maar ek wil
graag die volgende stappe voorstel:
· Maak 'n opsomming van jou situasie. Ontleed jou probleme en skryf dit neer.
· Bid ernstig tot die Here en vra Hom om jou te help. Al kan jy net een
kreet gee: "Help Here!"
· Probeer die oorsaak van jou probleme bepaal. Dikwels moet 'n mens onder
die oppervlak delf vir die werklike oorsaak van die probleem.
· Watter dinge in jou lewe moet jy laat gaan? Aan watter aspekte kan jy nog
iets doen? Kom uit by essensie van jou bestaan.
· Gaan praat met iemand wat jou van raad en advies kan voorsien.
· Kry al die moontlike oplossings vir jou situasie.
· Neem 'n besluit (al is dit 'n moeilike besluit) en gaan tot aksie oor.
Ja, bekommernis dryf inderdaad die hoop en die lewenslus uit jou uit. Jy is
bang tot die dood; jy weet nie watter kant toe nie. Bekommernis verlam jou
dat jy later geen perspektief oor het op uitkomste en oplossings nie. Volg
asseblief bostaande stappe, fokus daarop met alles wat jy het, en miskien
gee dit weer vir jou rigting en hoop op die toekoms.
Die wêreld daar buite is taai en moeilik. Jy vrees dalk die skuldeisers wat
buite rondloop om jou te verslind. Jy vrees die toekoms en is bekommerd oor
die dag van môre. Kom ons wees daar vir mekaar. Kom ons dra mekaar se laste,
ons reik uit na ons naaste en ons vra die Here vir bystand en genade.
Ek dink aan jou.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek
is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my
reddende hand." - Jesaja 41:10-
My Praktyk
Een van die aspekte waarop ek fokus in my praktyk is beroepsvoorligting.
Soveel studente beland in verkeerde studierigtings en beroepe wat hulle
uiteindelik jare en der duisende rande kos. Beroepstoetsing en voorligting
kan baie help om die regte keuse te maak. Ek sien ook volwassenes met
betrekking tot beroepe. Dikwels voel 'n persoon vasgelope en gefrustreerd in
sy / haar huidige beroep. Dan is goed dat 'n mense daaroor gesels, besin en
kyk na ander moontlikhede. Volgende keer gesels ek oor 'n volgende aspek van
my praktyk.
Die artikel oor multivlak bemarking is steeds in die pyplyn - ek het nog nie
vergeet nie.
Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis
en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf
beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
|