http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

 

 

Nommer 142

Besoek my Webwerf

15 November 2009

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!

Dis nou haas tyd vir Kerspartytjies by die werk. Die resepte hierdie keer is 'n versameling southappies. Hierdie is net 'n paar van die lipleklekker resepte uit een van Anna Eksteen se resepteboeke. gaan kyk gerus hier en bestel vir jou 'n paar, hulle maak ideale Kersgeskenke en jy betaal nie posgeld nie wat jy stuur hulle sommer na vriende en familie wêreldwyd per epos!

Die pasella hierdie keer is 'n resepte eBoek met hoender resepte, gaan laai dit hier onder af.

Ons is sopas trug van 'n lekker vakansie by Caribbean Estates aan die Natalse Suidkus asook by Hole in the Wall in die Transkei, klik hier om fotos te sien: http://peterjasie.shutterfly.com

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Kinderstories op CD

Een van die hoofdoelstellings van my webwerf en nuusbrief is om Afrikaans te bevorder. Hier is nog 'n besonderse manier, kinderstories op CD.

STORIEKLUB lede ontvang 2 nuwe storie cds elke maand! Versamel al 48 CDs oor 2 jaar, of kanselleer jou lidmaatskap wanneer jy wil (minimum lidmaatskap-periode van 3 maande). Laai die intekenvorm af en betaal met gerieflike maandelikse debietorders.

As jy dalk sou belangstel, klik net hier.

Ideale gratis Kersgeskenke

Posgeld is duur, geskenke is duur en die geldjies is maar skraps. Hier is van my resepteboeke wat jy gratis kan aflaai en dan aan familie, vriende of kollegas kan pos. Jy kan die boeke ook verpersoonlik deur eenvoudig die naam te varander na bv. "Aan Ma van Sarie". Regs klik net op die naam, klik op "Rename" en tik die nuwe naam in. Hier is die eBoeke, regs klik net op die naam en klik "Save target as

Wille Samies

Kampkosresepte

Peterjasie se Feesresepteversameling

Skermbeeld

Regs klik hier om 'n skermbeeld vir jou rekenaar af te laai, dis 'n foto wat ek by Hole in the Wall geneem het.

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

Koot Brits

Koot is een van ons jonger spelers wat hom goed tuis gemaak het onder die veterane. Hy speel alle musiek op die konsertina en maak deurentyd gebruik van vol akkoorde. Koot was ook 'n suksesvolle deelnemer aan die Roodepoort Eisteddfod in die afdeling Volksmusiek in Oktober 1995. Koot was ook vir geruime tyd Voorsitter van die Pretoriatak van die Boeremusiekgilde.

 

 

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com

VERANTWOORDELIKE OUERS GEE HUL KINDERS PLIGTE

Terwyl ek onlangs lees aan ‘n genotvolle en inligtingryke boek genaamd “Raising Boys” geskryf deur Steve Biddulph, herinner dit my aan ‘n baie belangike aspek van kindgrootmaak, naamlik dat ouers wat omgee toelaat dat hulle kinders verantwoordelik is vir pligte en takies in die huis.
Die redes is:

1. Dit maak kinders gereed om vir hulle self te kan sorg. Nie net sal jou kind leer om na homself om te sien nie, maar hy sal ook leer hoe om in ‘n span saam te werk. Kook, maak skoon en aan die kant agter jou kind slegs as jy wil hê hy moet verewig in jou huis bly! Begin vandat hulle kan speelgoed optel en sokkies in pare kan sorteer-dit raak ‘n derde wêreldoorlog as jy eers begin as hulle tieners is-dan kry hulle ernstige aanvalle van ‘kombuis blindheid’ en ‘vuil wasgoedia’ wat later oorsit in die dodelike ‘dikbekmania’.

2. Dit versterk ‘n kind se selfbeeld. Die afgelope 50 jaar of so het die grootste deel van die wêreld gedink die beste manier om ‘n kind se selfbeeld te verbeter is ‘n vermaaklikheidprogram met die naam “I got talent”. Montesorri skole het ontstaan juis uit die beginsel dat dit wat ‘n kind vir homself kan doen hom beter laat voel oor homself. Dit verbreed ‘n kind se vermoëns en bied nuwe vaardighede. Om die tafel te kan dek, aartappels te skil, gras te sny bied verdere groei na die liefde om skeppend te wees, die waardering van styl en ‘n belangstelling in meganiese dinge.

3. Dit bied geleenthede aan jou om in hulle harte en lewens te kyk. Deur ‘n kind touwys te maak in ‘n vaardigheid en sy-aan-sy te werk, skep geleentheid vir gesprek. Wanneer hande besig is, gaan harte makliker oop. Of dit was-en-afdroog van skottelgoed is, plantjies plant of die opvou van wasgoed-min dinge bied soveel onforseerde geleentheid vir die vorm van emosionele bande as die saamdoen van takies. ‘Sylangse gesels’ is nie so intimiderend as ‘n ‘aangesig-tot-aangesig’ nie. Dit is sulke tye wat jy terloops sal uitvind van onderwysers, maats en vrese van jou kind. Hou jou mond toe en jou ore oop-behalwe as jy wil hê sy moet soos boek toeslaan en ophou praat.

4. Skuif af die bekommernis en deel die vreugde. Verhoudings word gebou op menslike verbintenis, wat geskep word deur gedeelte tyd en ondervindinge. Leer jou kinders deur take met vreugde te doen, saam met hulle te doen en die vreugde van gesinwees sal volg. Jy en jou kinders sal almal hierby baat.
Vreugde van hart tot hart.

Rowwe rate

Hier is paar "anderster" Boererate met tong-in-die-kies kommentaar van my kant af:

ASEM…1lb heuning, 1/2 bottel brandewyn…2 botteltjies gliserien..meng en drink een eetlepel wanneer nodig. (wanneer nodig? dit kan gevaarlik wees -hik-)

ASMA…Neem ‘n aartappel..sny dit oop en…met permissie..spu van die slym daarin en begrawe dit. So gou dit groei…verdwyn die asma. (hoe lank vat so 'n aartappel om te groei?)

ASMA…Sny 1 pakkie droë vye in helfte en sit in ‘n konfytfles en gooi 1 bottel droë jenewer oor. Laat trek tot die vye swart is en eet nou die vye na verlang. (klink na 'n baie lekker raat hierdie - hik-)

ASMA…Vat die gal van ‘n geslagte bok en gooi dit in ‘n groot bottel roulynolie. Skud dit goed en sit dit in die son sodat dit kan trek…jy moet dit so af en toe weer gaan skud. As dit ‘n warm gal is dan los jy dit net 3 dae om te trek…maar as dit reeds koud is dan moet jy dit 8 dae los om te trek. Drink elke oggend 1eetlepelvol op die nugtermaag en weer saans voor bedtyd. Sodra jy die bottel opgebruik het …dan is jy genees van asma.
(nou goed, waar kan ek 'n bok in die stad kry?)

BABELAAS…Maak gerus vir jou ‘n piesang melkskommel as jy kwaai babelaas het. (hmmm, mens sal babelaas raak net om die melkskommel te kry!)

BEDNATMAAK…Vang 'n streepmuis, slag af en braai hom, gee vir die kind om te eet, moenie vir hom se dis 'n streepmuis nie, hy sal nie meer bednatmaak nie. (teen die tyd dat mens 'n streepmuis gevang het is die probleem al opgelos!)

BEDSERE…Laat die persoon op ‘n gelooide vel le. (maar as jy die pasient se vel gaan looi gaan dit mos nog seerder wees)

BLOED…Gooi 1 vingerhoedvol buskruit in 1 glas water. Roer goed en drink op jou nugtermaag om die bloed suiwer te maak. (moet net nie in die omgewing rook nie!)

BLOED…Hoë bloeddruk….Rasper 1 groot beet en gooi dit op ‘n bottel goeie wyn en laat trek vir ‘n week. Drink ‘n kelkievol voor etes. (hierdie klink na een van Manto se idees)

BLOED…Hoë bloeddruk…Maak vir jou ‘n toebroodjie van knoffel en eet dit as jy voel jou bloeddruk is te hoog. (dit mag jou bloeddruk verlaag maar jou vriendekring verklein)

Strokies

Ek het 'n jaar of so gelede die idee gekry om strokies te maak, omdat ek nie kan teken om my lewe te red nie het ek toe maar besluit om dit met fotos te doen. Dis eerste pogings en kan baie verbeter. Ek dink tog sketse sal beter lyk as fotos, as daar dus iemand is wat nou hier lees wat kan skets/teken en betrokke wil raak by die skep van strokiesprente, stuur asseblief vir my epos en kom ons kyk wat ons kan doen. Daar ie honderde situasies wat mens so kan uitbeeld.

Gratis oorsese Lotto kaartjie

Elke eerste keer registreerder kwalifiseer vir 'n gratis kaartjie in een van die groot oorsese Lotto trekkings, as jy dus nog NIE voorheen geregstreer het nie, gaan as volg te werk:

Om te begin, gaan na:

http://ads.playukinternet.com/tracking/go/urlid/345/afftxtid/48/affid/343

Nou moet jy eers registreer, klik Register/Registreer
Vul die vorm in.
Jy sal ‘n epos ontvang waarop jy moet bevestig.
Nou is jy geregistreer en kan begin speel.

Gaan weer na die skakel hierbo, klik op Sign in/ Teken in
Klik dan aan die regterkant op Account Balance/Rekening Saldo en jy sal sien in watter Lotto jy ‘n gratis kaartjie of “voucher” het. As daar nog niks wys nie, byt net vas, hulle laai elke voucher met die hand.
As jy dan een ry op daardie Lotto speel sal jy sien dat jy niks verskuldig is nie.
Jy sal die dag na die trekking ‘n epos ontvang met die nommers wat getrek was asook jou nommers.

Gedig

Afrikaans is so 'n mooi taal om in te dig!

Ek dra hierdie op aan vriendin, Zalome, wat onlangs 'n seun aan die dood moes afstaan

O, DIE PYNGEDAGTE
(Totius)

O Die pyn-gedagte: My kind is dood!...
dit brand soos 'n pyl in my.
Die mense sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.

Die dae kom en die nagte gaan;
die skadu's word lank en weer kort;
die drywerstem van my werk weerklink,
en ek gaan op my kruisweg vort.

Maar daar skiet aldeur 'n pyn in my hart,
só dat my lewe se glans verdwyn:
Jou kind is dood met 'n vreeslike dood!
en - ek gryp my bors van die pyn.

O Die bliksemgedagte! ... Ja, lieflingskind,
één straal het jou skone liggaam verskroei,
maar bliksemstrale sonder tal
laat my binneste brand en bloei.

Sy was so teer soos 'n vlindertjie,
sy't lugtig omheen gesweef;
'n asempie wind kon haar vlerkies breek
en - kyk watter dood moes sy sterf!

Hoe weinig die kinders wat so moet sterf,
dis één uit tienduisend-tal,
en ag! dat dit sy was en ek moes sien
dat sy dood in my arms val!

O, Die pyn-gedagte: My kind is dood!...
dit brand soos 'n pyl in my;
die mense die sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.

Teken in op Zalome se besonderse Afrikaanse nuusbrief by:
afrikaans-op-die-net2+subscribe@googlegroups.com

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.

Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!

Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Tuiswerk/Tuisinkomste

Ek sal graag wil hoor wie van ons kan met eerlikheid sê dat 'n ekstra geldjie nie handig te pas sal kom nie. Ek het 'n rukkie terug 'n bladsy saamgestel met wat ek dink werkbare idees is om so 'n ekstratjie te verdien, sonder 'n groot aanvanklike uitgawe. Klik hier http://www.peterjasie.co.za/tuiswerk.html om na die bladsy te gaan. As jy nog idees het, laat weet my asseblief en ek las dit by.

Ek is egter nog heeltyd op die uitkyk na moontlike werkbare idees. Is dit nie snaaks dat meeste van die mense wat met sulke "skemas" vorendag kom altyd eers 'n bedrag geld wil hê alvorens hulle hul "groot geheim" met jou sal deel nie.

Ek het myself belowe dat ek nooit in sulke skemas belang sal stel nie, as die ou sou sê, maak eers jou geld en dan betaal jy my, wel, dis 'n ander saak.

Ek kry nou die dag iets per epos wat effens anders is, daar is 'n gratis toetstydperk, koste is minimaal as jy sou besluit om aan te sluit met 'n 100% geld terug waarborg as jy oortuig is dat dit nie gaan werk nie. Dit het dus an my persoonlike kriteria voldoen en ek het sonder huiwering aangesluit.  As niks gebeur nie, kanselleer ek net en kry my geld terug. Aan die ander kant, wie weet?

Nou gee ek jou die geleentheid om self te gaan kyk, dis egter net vir Suidelike Afrika lande. Alles gebeur outomaties, jy kry selfs jou eie webbladsy alreeds vir jou saamgestel, stuur die skakel net uit aan jou kontakte en oortuig hulle om dit te probeer, niemand kan iets verloor nie, probeer is die beste geweer.

Hier is die skakel: http://www.BeMotivatedToday.net/23373

Ek het self nou al twee maande gelede aangesluit en sommer die eerste maand is daar R87 in my rekening inbetaal na die maandelikse koste afgetrek is. Ek sien nou uit om te sien hoeveel hulle volgende maand gaan inbetaal. Hierdie is nie 'n vinnige rykmaakskema nie maar ek kan sien dat die inkomste stadigaan gaan groei. So, klik op die skakel hierbo en gaan kyk die storie uit, dis heeltemal gratis. Jy moet egter opgradeer om te kan meemaak aan die winste. Ek het die kans gevat en sover werk dit! 

Pasella

Regs klik hier om 'n hoenderresepte eBoek af te laai

Die Danville Hulpgroep 

Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.

Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Lees asseblief die nuutste nuusbrief Klik hier

Elsabé Blignaut

Huis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za

Peterjasie eie boek

Anna Eksteen het 'n baie spesiale resepteboek vir my saamgestel "Peterjasie se Boek" - 150 keurresepte soos net Anna 'n boek kan saamstel. As jy een wil bekom, stuur my net 'n epos en ek gee jou my bankbesonderhede, Slegs R50 per eksemplaar, ek stuur dit dadelik per epos. Maak ook die ideale geskenk.

Wapadrand Boeredansgroep
 

 

Vir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n epos na danna.smith@resbank.co.za

Boeredanskamp vir Graad 6 - 12
Die kamp is van 15 - 17 Januarie 2010 by die Voortrekker monument se piekniekterrein.
Inskrywingsvorms is beskikbaar op die Transvaal Voortrekkers se webblad:
of by Hannetjie du Toit hannetjie.dutoit@sanlam4u.co.za 084 652 8061

Glimlag

Op 'n besoek aan 'n hospitaal vir verstandelik gestremdes vra 'n Besoeker een van die dokters:. "Wat presies is die kriteria wat bepaal Of 'n pasiënt opgeneem word of nie?" Hy merk ook op: "Die mense wat Ons tot dusver hier gesien het, lyk vir my so normaal soos ek en jy."

"Wel," antwoord die geneesheer, "ons maak 'n bad vol water. Dan kry Ons pasiënt 'n teelepel, 'n teekoppie en 'n emmer.

Ons sê vir hom dit is 'n baie belangrike toets. Die spoed waarmee hy dit gaan afhandel, sal Deurslaggewend wees. Ons wys hom die stophorlosie wat gebruik word om Die tyd noukeurig te bepaal en vestig ook weer sy aandag op die Teelepel, die koppie en die emmer. Hy word gevra om die bad so vinnig As moontlik leeg te maak."

"Mmmmmm . . . Ek verstaan," sê die besoeker. " 'n Normale persoon sal Die emmer gebruik, want dit is groter as die Teelepel en die koppie."

Nee," sê die dokter. "Enige normale persoon sal die prop uittrek. Wil Jy 'n bed naby die venster hé? "

ONTHOU NOU OM EERLIK MET JOUSELF TE WEES. HET JY DIE TOETS GESLAAG, OF SOEK JY DIE BED LANGS MYNE ??

 
Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.
 

 

 

 

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
C. Louis Leopoldt

Ek kry die volgende van Marthie Taylor af:

Kan iemand help?
Kas van den Bergh het geskryf van ‘n oomblik van ewigheid. Alles wat voorheen gebeur het, het gelei na hierdie oomblik toe en hierdie oomblik bepaal alles wat vorentoe met jou gaan gebeur.
Was hy ooit die wenner van een of ander letterkunde prys? Ek weet nie. Maar ek lees sy boeke oor en oor, partykeer verloop maande tussenin, partykeer lees ek dieselfde boek die volgende dag alweer.
Ek ken die name van die karakters op die stofomslag. Party boeke het nie meer een nie, want ek koop dit op vlooimarkte en in pantjieswinkels. Tien rand of vyf……. Soos digbundels kan ek dit net nie los nie. Ek het soms duplikate van een boek, dan gee ek dit weg, net vir iemand vir wie ek baie lief is. Mens los nie ‘n goeie boek in ‘n stowwerige mandjie nie. Dis amper soos doodsonde.
Ek weet van ‘n paar oomblike van ewigheid in my lewe….soos die dag in Clanwilliam by die graf van Leipoldt. Die gevoel van byna tasbare heiligdom wat so oorweldigend was. Die soliede rots wat sy rusplek is. Dis lank gelede maar ek kan onthou dat ek gewonder het hoe op aarde grawe mens ‘n graf in so ‘n plek.
Terug by die huis in Vredenburg het ek ‘n dag of wat later deur ‘n ou Huisgenoot geblaai. Hoe oud? Drie weke, sesmaande, ‘n jaar? Nee agt en veertig jaar oud. Uitgegee op 26 Mei 1961. Weer kry ek die gevoel van byna tasbare verwondering,so oud, groot vergeelde bladsye, elkeen netjies in plek
Ek blaai daardeur, tydsaam, lees elke sin, kyk na elke foto en opskrif. Ongeloof en verwondering en waardering vir iemand wat dit so mooi opgepas het. Dan gly my vingers oor bladsy 40, “In Leipoldtland is dit nooit stil nie. “ Artikel en fotos deur Louw Pretorius. Aanhalings uit Leipoldt mooiste en bekendste gedigte. Sy slampamperliedjie… “Ek sing net vir myself: uit puur verstrooing maak ek slampamperliedjies net soos dié.’n Mens moet huil of lag, moet loop of sit, En ek moet versies maak of praat, met wie?“
Fotos van sy berge, Hantam, Sederberge Die sendingkerkie op Wupperthal (1834) Ek lees die drie bladsye, lees dit weer.
Dan die opskrif by die foto van sy rusplek. “Ek wil nie tot duister kerkers keer: die noue graf vir ewig om my voel: Verbrand my liewers,dat ek boontoe rys; In vuur en vlam kan opklim tot die Heer…..”
Verbystering, beklemming Ek weet waarvan hy geskryf het. Vryheid na die dood, soos hy geleef het in sy eie mooi eensame wereld. Ek lees baie boeke, maar my vermoeens is beperk tot bekostigbaarheid en ‘n verweerde biblioteek.
Is hy veras? En ek weet dat ek sal soek totdat ek die waarheid gehoor het. Hy moes nie begrawe geword het nie, hoop iemand het toe geweet van sy hartsbegeerte.
Nog later lees ek ‘n gedig wat nuut is vir my….nog ‘n oomblik van ewigheid;.’n genadetjie so op my oudag……. Bang vir die blits…… Hy verwoord my vrees vir ‘n hulpeloosheid, wanneer ek nie meer my medisyne kan sluk nie, of nie meer die blits sal sien blink nie, bang dat die dood sy vinger sal wink as ek byna te oud is om op te staan.
Sy vrese is vandag ook myne;”Kan ek jou vasklou, teen jou sterkte leun As alles swig waarop verstand nog steun?”

Hoe het Leipoldt gesterf op 12 April 1947? Kan iemand my se? Dis so nodig dat ek weet.

Skryf aan Martie by: solace@lantic.net

st se pitkos 

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Wanneer jy broos en onseker voel

'n Mens se lewe is nie net een gelyk lyn van emosie en gevoel nie. Dit is soos die deinings in die oseaan, daar is tye wanneer dit goed gaan en jy 'n uitbundige gevoel ervaar en op die toppunt van 'n golf ry. Daar is egter ook tye wanneer jy meer swartgallig en broos voel en jy die onderste punt bereik.

Hoe maak 'n mens wanneer jy onseker en bang is? Wanneer jy angstig is en wanneer dinge maar net nie wil regkom in jou lewe nie? Hoe maak jy wanneer jy voel om net moed op te gee?

Dalk is hierdie nuusbrief nie vir jou nie. Dit is maar 'n skrywe vir mense wat partykeer voel soos 'n gebore verloorder; mense wat partykeer bang en benoud is en nie weet of hulle die wedloop van die lewe sal kan voltooi nie. Mense wat in 'n krisis beland en groot onsekerheid en vrees in hulle harte ervaar. Mense wat bang is vir die toekoms, wat voel hulle verloor alles en gaan iewers as 'n armlastige opeindig onder 'n brug. Sommer maar net vir mense wat moeg en moedeloos voel. Ek skryf hierdie paar gedagtes neer vir mense soos ek.

1. Weet God is in beheer. Dit is maklik om dit te weet en so te sê wanneer dit met jou goed gaan. Wanneer jy egter in 'n krisis gedompel word en jy bid en bid en niks gebeur nie, begin 'n mens soms twyfel. Maar ons hoop lê uiteindelik tog daarin dat ons sal weet dat, ondanks alles, is God in beheer. Selfs Satan moes by God toestemming gekry het om aan Job te kon raak. Ja, in krisistye en ellende moet ek en jy vashou aan die wete dat God in beheer is. Ook in beheer van jou lewe en omstandighede is. Ook in beheer is van die mense en dorp en land waarin jy leef.

2. Bid sonder ophou. Dit is 'n opdrag in die Bybel en ons moet dit gehoorsaam wees. Daar is baie plekke en verse wat handel oor die krag van gebed en vir ons leiding gee rondom gebedsaspekte. Dit sal miskien goed wees indien jy tyd maak om dit in die Bybel te gaan ondersoek. Onthou wel die krag van gebed lê nie by jou wat bid nie, maar dit lê by God. So jy kan maar stamelend bid, jy hoef nie die mooiste woorde kies nie - die Here verhoor sulke gebede. Die Heilige Gees sal jou help wanneer jy opreg bid.

3. Verminder jou angstigheid. Wanneer jy regtig in 'n paniekfase ingaan, wanneer dit voel of die hel se ellende oor jou toesak, dan is dit moeilik om jou angstigheid onder beheer te kry. Die probleem is angs en paniek raak aansteeklik. Fokus dus eerstens op jouself, probeer kalm bly, haal diep asem, en dink wie is daar wat jou kan help. In 'n paniekgevange toestand is dit moeilik om rasionele en goeie besluite te neem. Kry jouself onder beheer en vra hulp. Soms wanneer die paniek bedaar, verbeter jou uitkyk op die rampspoedige gevolge van jou krisis.

4. Kry berading. Wanneer jy regtig angstig en benoud is, kan dit help om vir berading of terapie te gaan. Dit help jou om verligting te kry, met iemand daaroor te praat en moontlik 'n ander perspektief op jou situasie te verkry. Soms is dit ook nodig om 'n dokter te konsulteer wat medikasie kan voorskryf om angstigheid of depressie onder beheer te kry.

5. Fokus op wat jy kan doen. Mens voel soms so radeloos met die gevoel van alles stuur op 'n ramp af. Wanneer jy hulp en inligting vra en planne maak kan jy begin fokus op wat jy moet doen. Fokus dus op konkrete stappe wat jy kan verrig. Die feit dat jy daarop fokus ontbrand 'n positiewe energie en gedagtegang in jou. Dit gee vir jou hoop dat jy iets kan doen aan jou omstandighede. Anders bly vasgekeer in die hopeloosheid van jou situasie

6. Elke probleem het 'n einde. Elke probleem het 'n einde. Daar gaan tye kom dat dit weer beter gaan. Een of ander tyd skyn die son weer. Behou die geloof, weet die deinings van die oseaan van die lewe bring weer nuwe dimensies en tye. Jou situasie sal verander. Jou gesindheid en houding is egter belangrik in die uitkoms van hierdie verandering.

7. Probeer gesond bly. Mens is soms geneig om midde-in 'n krisis nie jou gesondheid op te pas nie, want jy mag voel al jou aandag is nodig om die probleme te hanteer. Wanneer jy broos en bang voel het jy buitendien nie krag en lus om te oefen nie. Maar dit bly belangrik om na jou gesondheid om te sien, sover dit moontlik is. Al gaan stap jy net 'n ent is dit beter as om niks te doen nie.

8. Verander jou lewe. Moenie beloftes maak dat eendag wanneer die krisis verby is jy verandering sal maak in jou lewe nie. Doen dit midde jou krisis (hou dit ook vol wanneer dit weer met jou goed gaan). Wanneer jy ongehoorsaam is, word gehoorsaam. Wanneer jy op skuld lewe, hou op skuld maak. Wanneer jy humeurige geaardheid het, word bedagsaam en leer om vir mense om te gee. Jy het as mens nodig om in 'n krisis te verander - dis moontlik een rede hoekom die krisis oor jou pad gestuur is - maar dit moet 'n egte verandering wees wat jou radikaal 'n beter mens maak.

9. Leef eenvoudig: Soms maak ons die lewe te gekompliseerd. Wanneer die wêreld se druk vir jou te veel raak, soek 'n mens weer na die stiltes en die eenvoudige dinge van die lewe. Ek dink ons leef te veel met "hang-ups" en allerhande fieterjasies wat verdere spanning en druk op jou plaas. Keer terug na die basiese beginsels van 'n lewensbestaan. Wanneer jy in oorvloed en weelde leef is dit soms moeilik (omdat jy partykeer te verwaand raak) om die wonder van eenvoud te waardeer. Wanneer jy egter broos is en breekpunt bereik, is dit ook die regte tyd om jou prinsiepe terug te skaaf na die gesonde, eenvoudige lewensbeginsels van menslike bestaan.

10. Leef dankbaarheid. Leef weer in dankbaarheid. Wees dankbaar vir elke gawe en geskenk wat jy kry. Soms is ryk mense so ontevrede met alles, is niks na hulle sin nie, is hulle foutvinderig met alles. Raak net weer bewus van die groot genade om te kan lewe, om te kan asemhaal, om te kan sien en te hoor. Krisistye leer mense om weer dankbaar te wees vir die klein dingetjies in die lewe. Om nie so puntenerig te wees oor alles nie. Sê weer dankie vir die mense om jou, en sê dankie vir die goeie Vader wat vir jou sorg al voel jy eensaam en verlore in hierdie groot, wye wêreld.

Wanneer dit met jou goed gaan, verstaan jy soms nie werklik waardeur iemand gaan wat met 'n groot krisis worstel nie. Daarom is dit hartseer dat mense wat broos en onseker voel, smeek om hulp, soms nie nodige begrip en deernis kry vir hulle probleme nie. Die sterk en positiewe mense se oplossing is: "Hou moed ou maat, dinge sal beter gaan." Die laaste ding wat 'n angstige mense wil hoor is 'n aangeplakte positiewe cliché. Of wanneer jy om hulp roep in jou radeloosheid en jy kry die volgende antwoord: "Ek dink jy is oorwerk, hoekom gaan jy nie op 'n lekker lang vakansie nie?" Dit, terwyl jy nie eers weet of jy die einde van die maand jou huishuur sal kan betaal nie.

Iemand in nood het 'n dringende behoefte om verstaan te word, vasgehou te word, om konkrete hulp en daadwerklike leiding te kry. Wat maak jy wanneer iemand, broos en bang en radeloos, by jou kom aanklop om hulp?

Mag jy, wanneer jy in groot paniek verkeer, wanneer jy bang en broos is, die groot genade van die Here ondervind om jou deur krisistye te dra.

'n Sprankie wysheid vir die dag

"Wanneer jy verdrietig is, kyk weer in jou hart en jy sal sien dat jy in werklikheid ween oor daardie dinge wat jou vreugde was." - Kahlil Gibran -

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier
 

 
Resepte

GEMARINEERDE SAMPIOENE MET MAALVLEIS

15 bruin sampioene
250ml Franse slaaisous

VULSEL
250g gaar gemaalde beesvleis
100g roomkaas
15ml suurlemoensap
50ml mayonnaise
3ml sout
1ml varsgemaalde swartpeper
5ml droë kruie
30ml gekapte pietersielie
1knoffelhuisie, gekap
15ml gerasperde ui
kropslaaiblare

Marineer sampioene vir 3 uur in Franse slaaisous. Meng al die vulsel bestanddele en skep in die gemarineerde sampioene. Sit voor op 'n bed bros kropslaaiblare.

KAASBESKUITJIES

250g gerasperde kaas
250g koekmeel
250g margarien
appelkooskonfyt

Meng alles goed saam en rol balletjies. Druk 'n gaatjie in die middel van elke balletjie en vul met appelkooskonfyt. Plaas op bakplaat wat gespuit is met kleefwerende kossproei. Bak tot gaar by 180C.

DIEPGEBRAAIDE MOSSELS MET BRANDRISSIESOUT

125ml broodkrummels
sout en gemaalde swartpeper
24 mossels - gestoom en skulpe verwyder
1 eierwit, liggies geklits
olie vir diepbraai
suurlemoenskywe vir opdiening
brandrissie gegeurde sout of enige ander geurige soutmengsel (kyk op supermark rakke)

Meng broodkrummels, sout en swartpeper in middelslag mengbak. Doop die mossels in eierwit en rol in broodkrummel mengsel totdat mossels heeltemal bedek is. Verhit die olie in 'n middelslag kastrol oor matige hitte. Diepbraai die mossels vinnig, vir ongeveer 1 minuut, of tot goudbruin en krakerig. Sit voor met suurlemoenskywe en brandrissiesout.

AARTAPPELBALLETJIES

4 aartappels
1 ui (fyn gekap)
12,5ml margarien
sout en peper na smaak
fyn biltong
grondboontjiebotter na smaak

Kook die aartappels en ui tot sag en druk fyn. Voeg margarien by, asook die sout peper en grondboontjiebotter. Vorm klein balletjies en rol in die fyn biltong.

SPESIALE TOEBROODJIES

Neem drie snye korslose brood en plaas ham en 60g gerasperde kaas tussen lae. Druk saam. Doop in 1 eier geklits met 20ml melk. Braai in ‘n bietjie warm olie vir 2-3 minute en draai net een keer om. Dit moet bros en goudbruin wees.Sny in driehoeke.

AARTAPPEL POFFERS

375ml koekmeelblom
knippie sout
12ml bakpoeier
1 eier, geklits
4-6 aartappels, geskil en in dun skyfies gesny
1 ui, in ringe gesny
olie vir diepvetbraai
genoeg water om ‘n stywe beslag te vorm (ongeveer 200ml)

Meng die koekmeelblom, sout en bakpoeier saam en voeg die eier en net genoeg water by om ‘n stywerige beslag te vorm. Laat staan. Kook die aartappelskyfies in ‘n bietjie kookwater tot sag maar nie stukkend nie. Dreineer. Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepvetbraai. Plaas ‘n uiering tussen 2 aartappelskywe. Plaas op ‘n lepel en doop in beslag tot goed bedek. Plaas versigtig in die olie en braai tot goudbruin buite-om en totdat die aartappels heeltemal gaar is. Dreineer op handdoek papier.

BOELIEBIEF EN RYSPASTEITJIES

125ml rou rys
200ml beesvleisaftreksel
knypie sout
15ml botter
300g (1 blik) soutbeesvleis, in blokkies gesny
30ml gekapte pietersielie
45ml gekapte uie
30ml blatjang
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30ml tamatiesous
5ml suurlemoensap
1 eier, geklits.
250g gekoopte, onversoete brosdeeg

Plaas rys in 'n kastrol. Voeg aftreksel, sout en botter by. Verhit tot kookpunt, bedek en laat saggies prut vir sowat 15 minute of tot rys sag is en al die vloeistof geabsorbeer is. Meng vleis, pietersiele, uie, sout, peper, suurlemoensap, blatjang, tamatiesous en gaar rys. Rol deeg uit en sny in vierkante van 10cm x 10cm. Plaas van die rysmengsel op elke vierkant. Bestryk die kante liggies met geklitste eier en vou oor om 'n driehoek te vorm. Verseël die rante deur liggies met 'n vurk daarop te druk. Plaas pasteitjies op 'n gesmeerde bakplaat en bestryk met geklitste eier. Bak in 'n voorverhitte oond by 220C vir 12-15 minute of tot goudbruin. Bedien warm.

GEKRUMMELDE SAMPIOENE

500g sampioene
500ml karringmelk
5ml droë tiemie
15ml fyn gekapte pietersielie
4 knoffelhuisies(fyn gedruk)
vars gemaalde swartpeper
vars broodkrummels
olie vir diepvetbraai

Vee sampioene af met ‘n klam lap. Meng die karringmelk, tiemie, pietersielie en knoffel goed saam in ‘n groot mengbak. Marineer die sampioene 2-3 ure lank. Skep die sampioene uit met ‘n gaatjies lepel, geur met swartpeper en rol in die broodkrummels. Rangskik op ‘n bakplaat en plaas vir 30 minute in yskas. Braai in diep olie tot bruin van buite of rooster onder die oond se element tot goudbruin. Dien dadelik op. Bedien 6 mense.

HOENDERSKONS

400ml koekmeelblom
15ml bakpoeier
30ml botter
200ml fyn, gaar hoendervleis
1 eier
100ml melk of vars room
2ml groente ekstrak(Marmite)

Sif die koekmeelblom en bakpoeier saam. Vryf die botter by die koekmeelblom in en voeg die hoender by. Klits die eier by en melk of room saam en vermeng dit met die meelmengsel tot ‘n sagte deeg. Rol die deeg 10 mm dik uit en druk sirkels met ‘n koekiedrukker af. Plaas die deegsirkels op ‘n gesmeerde bakplaat en bak dit 12 minute lank in ‘n vooraf verhitte oond by 220C.

HOENDERBROODTERTJIES

6 dun snye vars brood (gebotter)
85g Nestlé Cheddar kaassmeer
5ml voorbereide mosterd
250ml gaar hoender (gekap)
1 pakkie sampioensap opgelos in 300ml melk

Sny korsies van brood af. Druk elke sny met gesmeerde kant na onder in muffinpanne. Bak teen 180C vir 10 minute. Voeg kaas en mosterd by die sampioensous en laat smelt. Roer hoender in. Laat sous opkook in kastrol, en roer elke nou en dan. Vul tertjies met mengsel en bak teen 180C vir 10-15 minute.

TUNAPOFFERTJIES

1 blik tuna (gedreineer)
sout
peper
2 eiers (geklits)
5ml suurlemoensap
12,5ml pietersielie(gekap)
5ml bakpoeier
120ml meelblom
30ml melk
paprika
olie om in te braai

Vlok tuna en voeg oorblywende bestandele, behalwe olie en paprika by. Skep opgehoopte teelepels vol van mengsel in warm olie en braai tot goudbruin. Dreineer poffertjies en besprinkel met paprika. Dien warm op.

SALAMI-POFFERS MET 'N EFFE BRANDSOUS

250ml koekmeel
'n knypie borrie
¼ teelepel Tabascosous
1 blokkie hoenderaftreksel
2 geskeide eiers
1/3 koppie olyfolie
½ koppie water
250ml baie fyngekapte salami
½ soetrissie, fyngekap olie vir diepbraai

Meng alles (behalwe die olie vir diepbraai en die eierwitte) goed deur en laat die geure meng vir 'n halfuur. Klop die eierwitte mooi styf en vou liggies in die mengsel in. Diepbraai eetlepels van die mengsel tot goudbruin en dreineer op absorberende papier.
BRANDSOUS.
Kombineer die volgende: 1 koppie gewone jogurt, 1 koppie suurroom, 2 teelepels wynasyn, 2 fyn toontjies knoffel, 1 fyngekapte rooirissie (sade verwyder), 6 fyngekapte salotte of grasuie en 'n handvol fyn pietersielie.

GARNAALPANNEKOEKIES

Die garnale kan met enige smaak van jou keuse vervang word, soos tuna, kerriemaalvleis, artisjokke, songedroogde tamaties of aspersies.
Verhit olie in 'n pan en roerbraai 1 fyn ui, 'n handvol pietersielie en 'n knyp paprika tot die ui sag is. Klits 2 eiers en voeg dan stadig by 'n ½ koppie meel en 'n ½ koppie water. Roer tot glad. Voeg by die uiemengsel, plus 250g fyngekapte, uitgedopte garmale. (Of een van die ander smake wat jy verkies. Los die pietersielie uit by soet smake en vervang die paprika met kaneel.) Braai eetlepelsvol van die mengsel in 'n pan tot mooi goudbruin. Dreineer op absorberende papier. Jy sal ongeveer 2 dosyn hê.

SOUTERIGE HAMHAPPIES

6 dun skyfies gaar ham (fyn gemaal)
125ml Cheddarkaas (gerasper)
1 hardgekookte eiergeel
3ml aangemaakte mosterd
sout en peper na smaak
pietersielie (fyn gekap)

Meng al die bestanddele, behalwe die pietersielie, en vorm balletjies. Rol dit in die pietersielie en verkoel dit. Bedien dit met peuselstokkies.

KRAPSTOKKIE- EN GROENTE-LENTEROLLETJIES

10 krapstokkies (crabsticks)
1 baie fyn ui
2 grasuie (met die groen dele)
4 fyn toontjies knoffel
12.5ml bruinsuiker
'n pinkie fyn, vars gemmer
125ml sjerrie
375ml fyn rooikool
250ml spruite
2 suurlemoene se sap,
125ml witwyn
125ml ligte sojasous
1 pak (500 g) fillodeeg
kookolie vir smeer
sesamsaad

Kook die krapstokkies 'n minuut lank. Dreineer en hou eenkant. Braai die uie, grasuie en knoffel tot net-net sag in 'n titsel olie. Voeg die suiker en gemmer by en roerbraai nog 'n minuut lank. Nou kom die sjerrie, kool en spruite by. Prutroer alles saggies vir 3 minute. Voeg die suurlemoensap en witwyn by. As alles begin borrel, sit die krapstokkies by. Voeg die sojasous geleidelik by en roer tot alles met 'n dun lagie bedek is. Laat koel die mengesel eenkant af. Sny 10 fillo-velletjies in die helfte deur en verf elk liggies met olie. Plaas hulle twee-twee opmekaar. Verdeel die mengsel in 10 en plaas 'n porsie in die lengte van elk, met 'n krapstokkie in elk. (Plaas die mengsel 5 cm van jou af en begin alles weg van jou oprol tot in die middel). Vou nou die kante oor en rol dan heel op. Seël die laaste deel met olie. Plaas die rolletjies op 'n gesmeerde oondplaat, verf liggies met olie. Bak teen 180C vir 15-20 minute totdat die deeg goud en krakerig is. Sit warm voor met suurlemoenwiggies en bakkies doopsous soos sojasous, soet-en-suursous of 'n brandsousie, alles kommersieël te kry.
NOTA
Die krapstokkies kan vervang word deur ander lekker goed soos kreef, garnale, hoender, enige ferm vis of selfs as jou begroting dit toelaat, gerookte salm of kaviaar. So nie, gebruik bloot groente.

MAALVLEIS POFFERTJIES

1 sny brood
bietjie water
375g maalvleis
sout en peper na smaak
10ml Worcestersous
50ml meelblom
3ml bakpoeier
1 geklitste eier
bietjie melk
olie

Week brood in water, druk oortollige water uit en krummel. Voeg vleis en geurmiddels by en vorm dun, plat koekies. Sif droë bestanddele saam en meng tot 'n pasta met eier. Voeg net genoeg melk by om 'n loperige beslag te vorm. Doop vleiskoekies in beslag en bak tot goudbruin in warm olie.

HAM-EN-KAAS-POFFERTJIES

30ml olyfolie
1 middelslag ui, fyngekap;
175ml natuurlike jogurt
50ml melk
5 groot eiers
1ml gemengde kruie
2ml sout
varsgemaalde swartpeper
6 snye vierkantige piekniekham
250ml Cheddarkaas, gerasper
paprika.

Verhit olyfolie in klein kastrol en soteer ui daarin tot sag en deurskynend. Plaas eenkant. Klits jogurt, melk, eiers, kruie, sout en peper goed saam. Voeg 6 oondvaste, gesmeerde bakkies (met 'n volume van 250ml elk) met 'n sny ham uit. Verdeel gesoteerde ui in ses en plaas in bakkies wat met ham uitgevoer is. Sprinkel die helfte van die kaas eweredig in elke bakkie. Giet jogurtmengsel oor. Sprinkel oorblywende kaas eweredig oor. Plaas bakkies op bakplaat, sprinkel paprika oor en bak in voorverhitte oond van 180C, sowat 25minute of tot goudbruin en gestol. Keer onmiddellik uit op opdienborde en sit voor. Die poffertjies kan 'n paar uur voor die tyd berei word en kan net voor opdiening gebak word. Die poffertjies is geneig om ietwat plat te val as dit afkoel.

Skakels/Advertensies

Kletskous
Ons nooi almal hartlik uit om te kom klets by www.kletskous.co.za Ons het veral 'n groot tekort aan aandkletsers. Almal wat Afrikaans kan praat is baie welkom ons sien graag nuwe gesiggies in die kamer. Groete Moggy

 
Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.