http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

 

Nommer 144

Besoek my Webwerf

15 Januarie 2010

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!  Gaan laai jou gratis resepteboek af, by Pasella hieronder.

Uiteindelik die lang verwagte 2010! Behalwe vir die sokker, wonder ek wat die jaar nog vir ons gaan inhou. Ek hoop van harte dat dinge, veral die ekonomie nou gaan begin verbeter. Ek hoop julle almal het lekker uitgerus en dat julle almal nou al veilig tuis is en reg is vir die nuwe jaar. Ek het geen voornemens gemaak vir die jaar nie, behalwe dat ek dit soveel moontlik wil geniet en soveel rondry as wat ek kan. Mag 2010 vir almal iets besonders inhou!

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Geloftedag - 16 Desember

Soos elke jaar was ek ook weer by die Voortrekker monument op 16 Desember. Die gevoel wat mens kry deur die diens en verrigtinge saam met duisende mede Afrikaners by te woon kan nie maklik beskryf word nie. Die sing uit volle bors van al die verse van die geliefde Stem in Afrikaans is elke jaar vir my die hoogtepunt.

Na twee ure se angstige gewag het die sonstraal uiteindelik op die woorde "Ons vir jou Suid Afrika" op die senotaaf geskyn en ek kon toe 'n foto van hierdie spesiale gebeurtenis neem. Ek het soveel positiewe terugvoer oor die foto gehad dat ek besluit het om dit aan intekenare aan te bied.

Klik hier om 'n klein weergawe van my foto te sien. Die oorspronklike foto is 'n hoë resolusie weergawe waarvan ek ook 'n paar in A2 grootte laat druk het, dit sal werklik baie mooi kan raam, ek is juis besig om vir myself een te laat raam. As enigiemand dalk belangstel in of die A2 grootte foto vir R175 (ongeraam met verpakking en posgeld ingesluit) of die hoë resolusie .jpeg wat ek per epos kan stuur vir R50, kontak my asseblief.

Die goedkoopste opsie is natuurlik om die .jpeg te bestel en dan die foto self te gaan laat druk, pryse wissel tussen R65 tot R120 om 'n A2 grootte te laat druk. Kodak doen dit op die oomblik vir R65

Ou Kerskaartjies

Versoek asseblief. As jy van jou ou Kerskaartjies gaan ontslae raak, wil jy nie seblief vir my die prentjie gedeelte stuur nie? Ons kerkgroep verwerk die kaartjies vir liefdadigheid.

Stuur my 'n epos vir my posadres, baie dankie :-)

Lekker lugkastele bou

Ek koop elke nou en dan 'n kaartjie van een van die groot oorsese Lotto's. Nie dat ek juis verwag om te wen nie, maar mens weet nooit nie. Die prys van die kaartjie maak ook nie saak nie. Wat egter lekker is, is daardie tydperk vandat ek die kaartjie gekoop het tot dat ek per epos die uitslag kry. Weet julle hoe lekker dit is om daardie miljoene der miljoene sommer so in my gedagtes te spandeer? Plekke wat ek gaan besoek, dinge wat ek gaan koop, vir wie gan ek almal uitdeel? Tog te lekker, probeer dit gerus. Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, ensodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis kaartjie.

Skermbeeld

Regs klik hier om 'n foto af te laai wat ek in Desember in Kruger geneem het 

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

Hannes Viljoen

Hoewel Hannes nooit 'n lid van die Boeremusiekgilde was nie, het hy gereeld ons byeenkomste aan die Oosrand, naamlik by Tant Elsie se Kultuurskuur, bygewoon en konsertina gespeel. Oom Hannes was seker die man wat Faan Harris en sy Vier Transvalers die beste kon naspeel. Naas Willie van Wyk was hy seker een van ons bedrywigste konsertinabouers.  
 

 

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com

I Korinthiers 13 vir Ouers soos verwerk deur Terblanche Jordaan soos verwerk deur myself.

Al sou ek die mooiste huis in die buurt hê en met die duurste 4x4 ry, maar my kinders geniet nie die weelde van my teenwoodigheid nie, dan is ek so waardeloos soos ‘n bankkrediet met ‘n nul-saldo.
Al het ek die gawe van woorde sodat ek ‘n direksie met my argument kan swaai, maar ek het nie die geduld om na my kind te luister, doen ek meer kwaad as goed. Al kan ek met diemoeilikste klient kan werk, maar ek het nie die geduld om aan die verhouding met my lewensmaat te werk deur die praktiese uitleef van konflikhantering en liefde teenoor hom/haar nie, dan is ek so nutteloos soos ‘n sigaretstompie, om dit vir my kinders te leer.
Al ken ek die geheimenisse van die Beurs en die Reserwebank; en besit ek al die kennis van elke biblioteek se boeke; en het al die geloof om ons land met geloof te verander, maar ek het nie die liefde om my kinders die gevare van die lewe te leer, langs die baan te staan as hulle speel of hulle te leer bid nie, dan het ek niks bereik nie.
Al gee ek ‘n dubbele tiende, dien op die bestuur van talle liefdadigheidsorganisasies en ek offer my vakansie en my gesondheid op om in malariagebiede sendingwerk te doen, en ek is te moeg om saans vir my kinders ‘n boek te lees, of naweke saam met hulle te speel, baat alles my niks
‘n Pa en ma se liefde is geduldig met kinder swat sukkel met skoolwerk; ‘n pa en ma se liefde is vriendelik met ‘n kind wat nie rugby of klavier wil speelnie; hulle is nie afgunstig op ander ouers met slimmer of mooier kinders nie. Hulle is nie grootpraterig en verwaand oor hul kinders se prestasies nie.
‘n Pa en ma se liefde handel nie onwelvoeglik deur op mekaar jaloers te wees nie, soek nie hul eie belang deur die ander te wil manipuleer nie; is nie liggeraak en nukkerig as ‘n kind bietjie ekstra aandag soek nie.
‘n Pa en ma wat hul kinders lief het, hou nie boek van die foute nie en bestook hulle nie met verwyte nie; verbly hulle ook nie oor ‘n kind se foute met ‘n: ”Ek het jou gewaarsku, maar jy wou nie luiser nie!” Maar hulle is verheug as hulle hul kinders die waarheid hoor praat-selfs tot hulle eie nadeel.
Daarom bedek hulle hul kinders se skande met liefde; daarom glo hul in hulle; hoop die beste vir hulle, en verdra hul kleredrag, klaery en kritiek met liefde. Nou kyk ons nog vas teen tienerrebelsheid, maar eendag wanneer hulle groot is, sal hulle vestaan dat hul ouers hulle wou leer soos op dieselfde liefdevolle manier soos God ons leer.
Dus: Geduld, aanmoediging en liefde bly, maar die waardevolste hiervan is die onvoorwaardelike liefde.
Seënwense van hart tot hart.
 

Rowwe rate

Hier is paar "anderste" Boererate met tong-in-die-kies kommentaar van my kant af:

BRONGITIS…As baba brongitis het moet jy vir hom ‘n mespunt koeksoda ingee en dan bitter koffie gee om agterna te drink. Smeer ghries op ‘n lappie en sprinkel goed met fyn steenkool en vou toe of sit nog ‘n lappie bo-oor..sit dit nou op die baba se bors. (Dis nou 'n baba wat goed ge olie is!)

BYTPLEKKE…As jy fan 'n giftige ding gebyt is, geef di lyder in: soet melk, olie, wilde dagga gekook, wyn en rou yers deur makaar geklits, goud gefyl en ingegé, menswater (urine) met asyn, boegoe brandewyn, 'n ou deurgerookte pypkop fyn gemaak ingegee. (Ek dink die ou het alreeds van sy eie wilde dagga gerook!)

DIEET… Ek het die perfekte 100% verseker dieët ontdek. Resultate is gewaarborg en dit kos jou nie geld nie. Dit word genoem die VDHM dieet. VDHM staan vir; Vreet die helfte minder. (Ek dink dit kan werk)

DORINGS…Vang ‘n klompie vlieë en bind hulle in ‘n skoon lap toe…druk hulle dan fyn en maak die lap oop en sit die vlieë op die plek waar die doring ingegaan het …met die lap daar om te verhoed dat die vlieë afval. Laat so of plak met pleister vas. Die vlieë laat die plek sweer en dan kan jy die doring met ‘n tangetjie uittrek. (Nou soek ek 'n rat om die sweer gesond te maak)

DORINGS…Vir ‘n doring in die hand kan jy net ‘n stukkie volgraan brood kou en die dan op die plek vassit met pleister…na ‘n paar dae kan die doring sommer baie maklik uitgedruk en verwyder word. ('n Paar DAE?? Veels te lank!

DRONKENSKAP…Gee die persoon een druppel perdesweet en een druppel varkmelk in. (Nou moet hy seker eers adverteer vir 'n perd en 'n vark? Dan drink hy liewer!)

EELTE…Koop 4 bottels motorolie en smeer die voete elke oggend en aand baie goed aarmee….sommer so dik. (4 bottels? Jy gaan darem baie lank smeer!)

EELTE…Smeer elke aand na jy gebad het tandepasta aan. (Nie met jou tandeborsel nie!)

Gratis oorsese Lotto kaartjie

Elke eerste keer registreerder kwalifiseer vir 'n gratis kaartjie in een van die groot oorsese Lotto trekkings, as jy dus nog NIE voorheen geregstreer het nie, gaan as volg te werk:

Om te begin, gaan na:

http://ads.playukinternet.com/tracking/go/urlid/345/afftxtid/48/affid/343

Nou moet jy eers registreer, klik Register/Registreer
Vul die vorm in.
Jy sal ‘n epos ontvang waarop jy moet bevestig.
Nou is jy geregistreer en kan begin speel.

Gaan weer na die skakel hierbo, klik op Sign in/ Teken in
Klik dan aan die regterkant op Account Balance/Rekening Saldo en jy sal sien in watter Lotto jy ‘n gratis kaartjie of “voucher” het. As daar nog niks wys nie, byt net vas, hulle laai elke voucher met die hand.
As jy dan een ry op daardie Lotto speel sal jy sien dat jy niks verskuldig is nie.
Jy sal die dag na die trekking ‘n epos ontvang met die nommers wat getrek was asook jou nommers.

Gedig

Hier is een van die Volksliedere wat ons op Geloftedag by die Voortrekker Monument gesing het.

Ken jy die land

Ken jy die land waar die Boerevolk woon:
land met sy berge, terrasse gekroon;
land met sy ruimtes so wyd en so vry?
Ai, dis die land, dis die wêreld vir my!

Refrein
Ken jy die land? Ken jy die land?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Ai, dis die land, dis die wêreld vir my

Ken jy die land waar die springbokke bly:
land met sy troppe, sy kuddes aan wei,
land met sy gasvrye wonings daarby?
Ai, dis die land, dis die wêreld van my.

Ken jy die land met sy sonlig, sy veld;
land met sy spore van Voortrekkerheld,
land met sy stemme, diep stemme wat vra?
Ai, dis my land, dis my Suid Afrika!

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Tuiswerk/Tuisinkomste

Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Klik hier vir meer besonderhede

Pasella

Die gratis resepteboek hierdie keer het die titel "Kinderlekkerte" Die naam sê dit alles, regs klik hier om die boek af te laai

Die Danville Hulpgroep 

Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.

Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Lees asseblief die nuutste nuusbrief Klik hier

Elsabé Blignaut

Huis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za

Peterjasie eie boek

Anna Eksteen het 'n baie spesiale resepteboek vir my saamgestel "Peterjasie se Boek" - 150 keurresepte soos net Anna 'n boek kan saamstel. As jy een wil bekom, stuur my net 'n epos en ek gee jou my bankbesonderhede, Slegs R50 per eksemplaar, ek stuur dit dadelik per epos. Maak ook die ideale geskenk.

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier

Glimlag

Hi,
Ek sweer ek het dit nou gehad met die honde... Ek gaan hulle nog een kans gee. Die ding is, ek weet rerig nie meer wat om to doen nie want dis elke dag lets anders. En dit mask nie saak as ek goed hoog ophang of wegsteek nie, want Johnson kan at meer as 'n meter hoog spring. So dalk as iemand weet van mense met 'n plaas wat 2 Jack Russels soek, laat weet my. Ek wil rerig nie die honde weg gee nie, maar ek raak nou moedeloos.
Die fotos aangeheg is 'n f@#$%& R700 boksak wat hulle gister bygekom het.
Behalwe die boksak, het hulle at die volgende goed ook at opgevreet:
'n R450 Rugz honde mandjie wat die veearts my belowe het sal ten minste 1 jaar hou (wel, by het dit net net verby die 3 weke merk gemaak)
2 Kamp stoele. (Nie eers myne nie, maar mense wat by my gebraai het).
20 m tuinslang is in 400 vyf cm stukkies gekou.
Hulle kom nie meer in die huis nie, maar ek dink die honde kan teleport soos op Star Trek, want daar is nou at 3 handoeke, 20  onderbroeke, kombuis vadoeke, en 'n remote opgevreet.
2 Besems
1 Rubber hark..
3 Sakke charcoal (hulle skeur nie net die sak nie, hulle vreet actually die charcoal. Dan moet mens 2 dae lank pik swart honde k*k optel) --- En vir die wat wonder, ek bere die charcoal binne in my Weber onder sy deksel. Die hond spring op die weber, balanseer op een of ander onverklaarlike manier homself, stamp die deksel of en trek die sak charcoal uit die weber en vreet dit op.
Al die sif draad, mesh grid en enige ander ding wat ek opgesit het om hulle uit die tuin te hou. En ja, hulle sluk actually stukke sif draad in. Jy sien dit in hulle mis twee dae later.
Klein boompie wat by my agter deur gestaan het. Hulle het actually 'n hele f@#$%& boom opgevreet!
My potplant binne die huis is moer toe. Weereens, dis asof Johnson vinnig in hardloop as die deur oop is en voor jy hom kan vang of moer, byt hy alles, gryp 'n speaker draad en spring op al die beddens en banke.
'n Grasperk --- Hulle myn vir steenkool of goud. Die rede hoekom ek dit se, want hulle soek definitief nie vir krieke nie, want geen normale kriek bly 20 m onder die grond nie. Dis gevaarlik om na donker op my grasperk te loop, want jy mag dalk net in 'n skag in donner.
2 Honde bakke. Weereens, as dit nie vir die feit was dat ek stukkies plastiek in hulle k*k gesien het wat die selfde kleur as die bakke is nie, sou ek gedog het my bure het die bakke gesteel, want hulle was gone.
Johnson het nou die aand al die honde in die omtrek gaan byt. Hy het uitgeglip, en van hek tot hek gehardloop, die hond aan sy neus gegryp en aan hom geruk asof hy 'n kombers is. Voor ek by hom kom, hardloop hy na die volgende hek. Die wetter is moer rats en my 100m sprint spoed is ook nie te wonderlik nie. Ek moes hom eventually tackle en het my vir 2 dae lank styf geval.
Nou die aand het hulle klein bietjie alcohol in gekry (Moet my nie kom dreig met die SPCA of sulke goed nie, ek is klaar uitgevreet en ek weet alcohol is baie sleg vir honde en ek sal dit nie weer doen nie, maar ek was raad op en wou net kyk of dit nie help nie!!!) Wel, dit het nie... Johnson het soos 'n bok begin spring en heeltyd op sy
kop geval. Hy het ook volspoed in die garage deur vas gehardloop. En toe later... wel, kom ons steldit so, Molly is nie meer 'n onskuldige klein hondjie nie.
Die enigste goed wat nog splinternuut en sonder enige skade is, is die chewing toys wat ek vir hulle gekoop het. Ek dink hier is 'n consumer complaint, want die mense wat die chew toys maak het OBVIOUSLY
geen f@#$& idee waarvan 'n Jack Russel hou nie. Dalk kan die honde gedagtes lees, en hulle vreet net die goed wat mens nog actually soek.
Danie het juis gister gesé hy is oortuig daarvan dat satan homself dalk in Johnson manifesteer...
Dis waaraan ek nou kan dink, maar onthou, ek het die honde nou maar vir 4 maande, en apparently leef Jack Russels nogal lank. Dis 'n vonnis, ek sweer! EN, moenie terug mail en se ek moet hulle bliksem nie, want ek doen
Ek het hom gister met 'n stuk van die tuinslang wat hy gevreet het gemoer, hard, en al wat gebeur het is dat hy vir my begin blaf en onder 'n struik gaan wegkruip. Vanoggend is die struik en die stuk tuinslang weg.
So ek het gedink ek sal hulle nog een kans gee of dalk twee, maar dit kan nie so aangaan nie. So, hartseer en als, ek begin rerig dit oorweeg om hulle dalk weg to gee. Hulle is nog bale jonk, Molly is 6 maande en Johnson
is 9 maande. Altwee is opreg en Johnson het papiere.
Thanx
Frans

Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

 

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
st se pitkos 

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Platgeslaan deur die lewe

Dit gebeur in 'n mens se lewe dat dinge verkeerd loop. Dit kan wees dat jy jou werk verloor, nie die bevordering kry waarvoor jy hard gewerk het nie, jy kan in 'n finansiële krisis beland, jou verhouding kan in skerwe spat, jy kan verraai word deur 'n geliefde of vriend, jy kan baie geld in 'n transaksie verloor.

Soveel dinge kan gebeur wat jou plat teen die grond slaan. Hoe maak 'n mens dan? Ek bespreek kortliks enkele gedagtes met jou:

· Behou die geloof: Dit is so maklik om mismoedig te voel en moed op te gee wanneer die storms van die lewe dreig om jou vernietig. Die woorde in Psalm 69:2-3 vat treffend die verslaentheid saam waarin 'n mens kan verkeer: "Verlos my, o God, want die waters het tot by my siel gekom. Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my." Soms is die oorsaak van jou ellende ander mense se handelinge en besluite. Soms is dit egter die keuses wat jy gemaak het wat jou in 'n verknorsing en moeilikheid laat beland. Maak egter nie saak wat die oorsaak is nie, die Here is altyd daar om jou te vergewe wanneer jy daarna vra en jou op te help wanneer jy daarvoor bid.

· Familie en vriende is belangrik: Wanneer jy platgeslaan en vermorsel word, wanneer jy hoop opgee en nie meer uitkoms sien nie, dan is dit familie en vriende wat jou deur kan dra. Moet dus nooit neersien op jou familie of vriende nie. Hierdie is 'n netwerk wat jou in die moeilikste van omstandighede ondersteun en kan bemoedig. Na 'n groot probleme wat Richard Branson ondervind het, sê hy die volgende: "If anyone asks me what I believe in above all else, I would say my family. I firmly believe in the family. I know that sometimes they spilt up, and I have been through some of that myself. And I know that some people don't have anyone. But close friends can be like a family. We all need a strong support network. Even though I was taught to stand on my own feet, without my loyal family and friends I would be lost."

· Hou jou oog op jou droom: Wanneer jy in krisistye beland en deur swaarkry gaan, is die makliker uitweg dikwels om jou drome af te skryf. In die stryd om oorlewing kan 'n mens neig om jou roeping en doelwitte te vergeet. Maar bly aanhou in die stryd met jou oog en hart gerig op jou drome. 'n Terugslag mag jou weg versper en jou tydelik verhinder om jou drome te volg, maar moenie hoop opgee nie. Jaco Thom het gesê: "'n Hindernis in jou lewe kan óf 'n struikelblok wees óf 'n aansporing om nóg harder te probeer. Ons grootste struikelblok is dikwels nie die probleem waarmee ons te make het nie, maar ons hantering daarvan." Behou dus jou fokus en moenie dat struikelblokke en probleme jou verhinder om jou roeping na te volg nie.

· Deursettingsvermoë: Wanneer die aanslae teen jou hewig raak en jy nie meer watter kant toe nie, leer om aan te hou en uit te hou. Deursettingsvermoë is wonderlike karaktereienskap in die donker tye van 'n mens se bestaan. Moenie net handdoek ingooi nie. Soms in die donkerste uur is die uitkoms op sy naaste. Calvin Coolidge het gesê: "Niks ter wêreld kan deursettingsvermoë vervang nie. Met deursettingsvermoë en vasberadenheid kan jy berge versit."

· Kry kundige advies: Wanneer jy platgeslaan is deur die lewe en jy lê op die grond is jou uitsig nie baie goed nie. Immers kan 'n mens nie veel sien as jy plat op die grond lê nie. Maar kundige mense kan vanuit hul staanplek vir jou 'n ander perspektief gee, vir jou advies verskaf en weer rigting aandui hoe om op te staan. Moenie verswelg in jou eie klein donker wêreld nie, maar reik uit na kundiges wat kan help. Moenie egter sommer enigeen vra nie, maar vra werklike kundiges, 'n spesialis op sy terrein, om vir jou leiding te gee. Indien nodig, kry meer as een mening, en onthou die keuse wat om te doen is steeds jou keuse.

Ek vertrou dat bogenoemde vyf punte jou sal help, vir jou rigting sal gee wanneer jy platgeslaan word, wanneer hoop min is, en jy nie weet watter kant toe nie.

'n Sprankie wysheid vir die dag

"Krisisse in 'n mens se lewe kan rampe of geleenthede wees. Geloof in die nabyheid van God kan die verskil tussen dié twee moontlikhede maak." - Ferdinand Deist -

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 

 
Resepte

Karamelsous 1

Hierdie sous maak van ‘n eenvoudige sponskoek ‘n heerlike nagereg. Dit smaak ook baie lekker saam met roomys.

30ml botter
375ml suiker
750ml melk
Knippie sout
15ml mielieblom

Metode
Karameliseer die botter en suiker oor lae hitte totdat dit mooi bruin is. Voeg melk en sout by en laat opkook totdat alles gesmelt is. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en voeg dit by die suikermengsel. Kook dit totdat dit verdik.

Vrugtesous vir Roomys

Met hierdie sous maak mens van gewone roomys ‘n feestelike nagereg. Die vrugte kan oornag in brandewyn geweek word.

250g vrugtekoekmengsel
250ml suiker
250ml water
Gekapte neute
Fyngesnyde kersies
5ml vanielje
15ml brandewyn sjerrie
10ml mielieblom

Metode
Kook die vrugte, suiker en water saam totdat die vrugte sag is. Voeg die neute, kersies en geurmiddel by. Indien nodig, kan die sous met die mielieblom verdik word.

Sjokoladesous

250ml suiker
125ml water
50ml kakao
knippie kremetart
12,5ml margarine
knippie sout
3ml vanieljegeursel

Kook die suiker, water, kakao en kremetart goed saam. Roer deeglik. Verwyder van hitte en roer die margarine, sout en geursel in. Sit die sous warm voor saam met roomys.

Mikrogofmetode

Volg dieselfde metode en mikrogolf die sous 4 minute by 100% krag. Roer goed na 2 minute en daarna elke minuut.

Karamelsous 2

125ml suiker
5ml botter of margarine
250ml warm melk
5ml mielieblom
knippie sout
koue melk
3ml vanieljegeursel

Verhit die suiker en botter of margarine tot ligbruin en voeg die warm melk by. Roer goed tot die suiker gesmelt is. Meng die mielieblom en sout met ‘n klein bietjie koue melk tot ‘n pasta en roer by die melkmengsel in. Laat 2 minute kook. Verwyder van stoof en voeg die geursel by. Sit warm of koud voor.

Papajapuree

1 klein papaja
15ml varsgekapte kruisement
5ml suurlemoensap
5ml suiker
1ml sout

Metode
Versap al die bestanddele in ‘n versapper. Verkoel voor opdiening. Heerlik saam met vark- en lamsvleis

Roomsous vir Vleis

200g sampioene gekap
2 uie gekap
1 knoffelhuisie gekap
50ml margarien
50ml koekmeelblom
300ml melk
100ml room
50ml pietersielie
10ml sout
50ml muskadel

Metode
Sorteer die sampioene, ui en knoffel in die margarien. Roer die meelblom by, dan die melk en dan die room. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Giet oor enige gaar vleissnit.

Vingerlek-lekker Papsous

2-3 uie gekerf
2-3 tamaties gekerf
1el chutney
3el tamatiesous
1tl suiker
1 beefblokkie
Sout en peper na smaak

Metode
Braai uie tot bruin / gaar.
Voeg tamaties by en braai tot sag.
Voeg res van bestanddele by.
Kook alles saam
Sout en peper na smaak.

Tamatiesous by pap

250ml fyngekapte uie
90ml suiker
125ml asyn
5ml mosterdpoeier
5ml kerriepoeier
250ml tamatiesous

Metode
Sorteer die uie liggies in ‘n bietjie olie. Voeg die res van die bestanddele by en kook vir 15 min.

Marinade vir tjops, steak en hoender.

350ml sonneblomolie
250ml tamatiesous
125ml asyn
30ml Worcestersous
10ml braaivleisspeserye
10ml Zeal
2,5ml Tabascosous
5ml paprika
15ml sout
1 gerasperde ui

Metode
Meng alles saam en marineer die vleis hierin vir 24 tot 48 uur.

Marinade vir hoenderbraai

250ml tamatiesous
125ml olie
125ml wit wyn
10 ml suiker
5 ml paprika
Sout en peper
Gedroogde pietersielie

Metode
Voeg alles bymekaar en marineer die hoeder daarin vir 3 ure.

Kaassous bêremengsel

250g cheddarkaas poeier
400g melkpoeier
500ml koekmeelblom
500g margarien

Metode
Plaas al die droë bestandele in ‘n bak. Rasper die margarien en voeg dit by. Meng goed.
Plaas in ‘n lugdigte houer in die yskas. Die bêremengsel kan ook vir 2-3 maande gevries word.

Medium Kaassous

150ml Kaassous-bêremengsel
200ml Water
Geurmiddels na smaak.

Dik Kaassous

200ml Kaassous-bêremengsel
200ml Water
Geurmiddels na smaak

Metode
Maak ‘n pasta met ‘n klein biejie van die water en die mengsel. Verhit die res van die water en roer dit by die pasta. Roer goed.
Verhit verder en roer tot begin kook. Laat prut. Voeg die geurmiddels by.
Gebruiksoos gewone kaassous.

Tamatiesous

15ml kookolie
3 uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1kg ryp tamaties, geskil en fyngekap
15ml suurlemoensap
15ml bruinsuiker
15ml varsgekapte of 5ml droë basiliekruid
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Verhit olie in ‘n pan en braai uie en knoffel totdat uie deurskynend is. Voeg res van bestanddele by en prut nog 15 minute. Heerlik saam met beesvleis, lamsvleis, hoender en vis.

Basiese braaisous

100ml olyfolie of kookolie
1 ui, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
250ml tamatiepuree
125ml suurlemoensap of asyn

Metode
Verhit olie in ‘n klein potjie en braai ui en knoffel liggies totdat ui deurskynend is. Voeg tamatiepuree en suurlemoensap by en prut 15 minute. Heerlik saam met bees-, lams- en varkvleis, hoender en wildsvleis.

Variasies

Vir ekstra geur, voeg die volgende by : tikkie Worcestersous, tabascosous of rissiesous; ‘n knippie rooipeper, 10ml Franse mosterd of 10ml sojasous; 30ml heuning of 30ml bruinsuiker.

Monkeygland-sous : Voeg 60ml Worcestersous, 15ml blatjang en 5ml mosterdpoeier by Basiese braaisous en meng goed.

Vinnige mosterdsous

60ml aangemaakte mosterd
30ml brandewyn
125ml natuurlike jogurt
125ml mayonnaise
sout na smaak

Metode
Meng al die bestanddele. Heerlik saam beesvleis, hoender, wildsvleis, varkvleis en gerookte varkvleis.

Mosterdsous

30ml mosterdpoeier
200ml suiker
30ml mielieblom
3ml sout
witpeper na smaak
2 eiers geklits
200ml asyn

Metode
Plaas die boonste deel van ‘n dubbelkastrol oor pruttende water en giet al die bestandele behalwe asyn daarin. Roer goed. Voeg asyn geleidelik by en roer aanhoudend. Kook totdat sous dik is.

Heerlik saam met beesvleis, hoender, varkvleis, gerookte varkvleis, wildsvleis, vis, groente en slaaie. 400ml

Variasies
Vir ‘n kruiegeur, voeg 15ml varsgekapte kruie (origanum, pietersielie) of 5ml droe gemengde kruie by. Alternatiewelik, verminder mosterdpoeier na 20ml en voeg 15ml Pommery-mosterd by wanneer die sous gaar is.

Tartaresous

250ml mayonnaise
3 medium agurkies, gekap
2 jonguie, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
30ml varsgekapte pietersielie
15ml gekapte soetrissie
5ml Franse mosterd
10ml suurlemoensap
varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode
Meng al die bestanddele deeglik. Bewaar in die yskas in ‘n lugdigte houer. Heerlik saam met vis en slaai.

Skakels/Advertensies

Anna se Kombuis
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.
Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Kletskous
Ons nooi almal hartlik uit om te kom klets by www.kletskous.co.za Ons het veral 'n groot tekort aan aandkletsers. Almal wat Afrikaans kan praat is baie welkom ons sien graag nuwe gesiggies in die kamer. Groete Moggy

Kinderstories op CD

Een van die hoofdoelstellings van my webwerf en nuusbrief is om Afrikaans te bevorder. Hier is nog 'n besonderse manier, kinderstories op CD.STORIEKLUB lede ontvang 2 nuwe storie cds elke maand! Versamel al 48 CDs oor 2 jaar, of kanselleer jou lidmaatskap wanneer jy wil (minimum lidmaatskap-periode van 3 maande). Laai die intekenvorm af en betaal met gerieflike maandelikse debietorders.As jy dalk sou belangstel, klik net hier.

Zalome - Afrikans op die net
Zalome, wat nou in Amerika woon, bevorder ook Afrikaans op die net, klik hier om vir haar 'n epos te stuur, vra dan sommer ook besonderhede oor haar briewe wat sy uitstuur. Kom ons ondersteun haar ook! Dit kan net goed wees vir Afrikaans. Hoe meer mense 'n passie het vir Afrikaans en dit op die internet wil bevorder hoe beter vir ons mooi taal.

Wapadrand Boeredansgroep

Vir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n epos na danna.smith@resbank.co.za
Boeredanskamp vir Graad 6 - 12

Die kamp is van 15 - 17 Januarie 2010 by die Voortrekker monument se piekniekterrein.
Inskrywingsvorms is beskikbaar op die Transvaal Voortrekkers se webblad:
of by Hannetjie du Toit hannetjie.dutoit@sanlam4u.co.za 084 652 8061

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.