|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Gaan laai jou gratis resepteboek af, by Pasella
hieronder.
En daar is
Januarie van die nuwe jaar ook verby, ongelooflik hoe vinnig die dae
verbyvlieg. Dan is die lang verwagte sokker ook net om die draai. Ek
sien daar is reisagentskappe wat "ontsnap die sokker" toere aanbied. Die
mense wat aan die paaie hier om Johannesburg werk sal moet vinger trek
om klaar te wees en ek persoonlik sien so daarna uit om weer te ry
sonder vertragings met die padwerke. As hulle tog nou net begin werk aan
die slaggate op ons paaie. Ai, toggie!
My nuwe resepte
eBoek CD is nou gereed, 60 respteboeke sowel as Boererate op een CD,
sien verder ondertoe vir besonderhede en lys van boeke. Die pasella
hieronder is 'n voorbeeld van die boeke wat op die CD verskyn.
Op RSG lees hulle
uit die boek "Fees van die Ongenooides" deur P G du Plessis voor. Ek het
dit sopas aangeskaf en kan nie wag om dit te begin lees nie.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die
ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die
minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër!
Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen,
dis 'n stewige R1,050,000,000!!!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
“Sien jy, ek het jou gesê”
- Peter Thomas |
Toe ek so ‘n paar jaar met
kierieverlof gegaan het, was een van ek en vroulief se voornemens om
soveel moontlik van ons mooi land te sien. Dit het natuurlik beteken dat
ons noodwendig baie sou moes rondry en met die prys van brandstof, kon
dit ‘n duur speletjie word. Hotelle is veels te duur en selfs
selfsorgoorde is al amper buite bereik van pensionarisse.
Ons sou dus op een of ander manier moes probeer om onkoste te besnoei en
net daar besluit ons om ‘n tent aan te skaf en dit op die goedkoop
manier te doen. Of altans so het ons gedink.
Ons het alreeds ‘n bakkie gehad, so ons sou al die kampeergereedskap
agterop kon laai, geen probleem.
Die verkoopsman by die winkel wys vir ons een van die nuutste tente op
die mark, een persoon kan dit glo in vyf minute opslaan. Die prys het my
egter skoon die bewerasie gegee.
Ons skaf toe ‘n meer tradisionele tent aan, een van daardie koepeltente
met ‘n aanhegstuk wat ‘n tweede vertrek maak. Ons sou slaap in die
koepel gedeelte en die ander deel sou as kombuis dien. Hoe moeilik kan
dit dan wees om ‘n tent op te slaan?
Die koop van die tent blyk toe net ‘n klein deel van ons aanvanklike
onkoste te wees. Ons besef toe dat as ons die kampeergoed eenkeer het,
sal daar nie verdere onkoste in die verband wees nie. Ek het nooit
geweet soveel goed kan binne in ‘n tent pas nie, veral nie toe vroulief
eers begin dink wat ons alles sou benodig om gemaklik te kon kampeer nie.
‘n Hele paar duisend Rand later het ons ‘n vrieskas, koelkas, opvou
klerekaste, opvou tafels, opvou stoele, opvou wasbak, opvou kampbedjies
en opvou groenterak. Ook maar goed dat alles kan opvou, anders sou dit
nooit ingepas het nie.
Ons kon skaars wag om te begin pak vir on eerste uitstappie. Nogal
Skukuza toe, ons gaan wild leef in die wildtuin!
Ek was van plan om die bakkie so te pak dat ek nog na agter kon kyk deur
my truspieeltjie binne in die bakkie. Groot was my ontnugtering toe ek
vensterhoogte kom en helfte van die goed nog nie gepak is nie. Ek pak
toe maar tot teen die dak van die kappie en berus dat ek nog die twee
kantspieeltjies het om na agter te kon sien.
Een ding het ek op die uitstappie geleer, ‘n mens se verhouding met jou
wederhelf moet baie sterk wees om ‘n tent oplslaan en afslaan te oorleef.
Ek is oortuig dat so ‘n gekampeerdery meer huwelike laat verbrokkel as
enigiets anders. Moet tog nooit verwag dat dinge seepglad gaan verloop
op die eerste uitstappie nie, selfs nie op die tiende uitstappie nie,
dit kom eers veel later, na baie opslane en afslane.
Dit het begin toe ons by ons staanplek in Skukuza aankom. Die eerste
fout wat ek gemaak het was om die tent heel eerste in te pak. Ek sweer
ek sal dit nooit weer doen nie. Met alles uitgepak kon ons uiteindelik
by die tent uitkom. Dit lyk nou al soos ‘n moremark om die bakkie. Ek
kon nie glo alles het ingepas nie.
Dis warm in Skukuza en die gevoel tussen ons word ook nou al warm.
‘n Koepeltent is gewoonlik maklik om op te slaan. Ek sê gewoonlik, want
ons doen dit in stilte, ek het mos die tent eerste ingepak. Nou praat
ons vir ‘n rukkie nie.
Na ‘n gesukkel staan die koepel en die lug is effens suiwerder tussen
ons.
Nou kom die kombuisgedeelte. Dié is veel moeiliker. Dit bestaan uit ‘n
raamwerk wat uit ‘n aantal penne bestaan. Die penne lyk vir my almal
dieselfde, maar my gesonde verstand sê vir my dat mens eers die boonste
deel aanmekaar sit en dan die pote aansit. Party mense dink egter anders
en ek besef ek moet nou baie diplomaties wees. Ook moet ek onder geen
omstandighede lag of enige opmerking soos “Sien jy, ek het jou gesê” as
sy haar fout agterkom nie.
‘n Paar van die ander kampeerders het blykbaar besef dat ons groentjies
was en staan die petalje op ‘n afstand en gade slaan. Pleks dat hulle
kom hand bysit.
Ek kan sien vroulief besef nou dat ek reg was en ek onderdruk ‘n glimlag
en help liewer om die dakgedeelte aanmekaar te sit. Van toe af gaan dit
redelik maklik en sommer gou-gou staan ons tent tuiste.
Ek vou al die opgevoude kampgoed oop en ons het meubels ook. Nou kan ons
ontspan en die kampeer begin geniet. ‘n Koppie boeretroos en ‘n lang
anysbeskuit plaas ons albei sommer vinnig in ‘n vakansiestemming.
Beide van ons hou van die natuur en ons geniet die kampeerdery. Ons maak
vriende met ons mede kampeerders en lag lekker saam oor ons
onbeholpenheid. Almal moet tog leer en ons leer vinnig.
‘n Week later is dit weer sulke tyd.
Ek sou graag die ou wou ontmoet wat by die tentfabriek die tente in
sakke sit. Ek is oortuig ‘n tent is gemaak om net eenmaal in daardie sak
te pas, en dit is in die fabriek.
In alle geval, ons trek die kombuisgedeelte van die raamwerk af en vou
dit op. Natuurlik pas dit nie in die sak nie, maar gladnie.
Net daar leer ek nog ‘n les, twee mense kan nie gelyk een tent opvou nie.
Die maklikste is as een die praatwerk doen en een die vouwerk, as dit
nog nie werk nie, ruil om en die ander een praat. ’n Huwelik sal nie ‘n
gelykopvouery oorleef nie.
Die raamwerk is maklik, maar daar is absoluut geen manier wat dit saam
met die tent, soos oorspronklik, in die sak sal pas nie.
Die koepeldeel slaan maklik af en word weer soos bogenoemde prosedure
opgevou. Ons kom nou al mooi reg en al pas die tent nie in sy sak nie,
kan ons al halfhartig skerts daaroor.
Toe is dit weer tyd om die bakkie te pak en dis al of ons nou meer goed
het as waarmee ons hier aangeland het. Met die kappie weer tot teen die
dak gepak is daar nog heelwat goed wat wag om gepak te word.
Geen genade, pak uit en begin van voor, die keer gee vroulief aanwysings
oor wat waar moet kom. Dit was ‘n bitter pil om te sluk toe alles inpas
en sy selfvoldaan in die bakkie klim.
Sy kan haar sterre dank dat sy nie gelag het of “Sien jy, ek het jou
gesê” kwytgeraak het nie.
Ja-nee, dis lekker om te kampeer. Pasop net vir die opslaan en afslaan,
dit kan dinge net effe omvêrgooi!
Ek kan nie wag vir die dag wat iemand ‘n tent gaan ontwerp wat met die
druk van ‘n knoppie oopspring en met die druk van ‘n ander knoppie weer
self opvou nie.
My nuwe
resepte eBoek CD - 60 boeke op een CD |
Ek het besluit
om al die Afrikaanse resepte eBoeke wat ek het op en CD te sit, dis
omtrent al die resepte wat mens ooit sal nodig hê. Nou hoef jy nooit
weer 'n resepteboek te koop nie en teen minder as R1.70 per boek is dit
baie billik.
Hier is die
lys van boeke:
101 Kraakvars slaaie,
101 Onweerstaanbare poedings, 110 Spyskaarte vir die werkende vrou
5 Beste van alle geregte, 217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte, Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling, Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Die CD kos R100,
geregistreerde posgeld ingesluit (dis om en by R1.60 per boek). Met Fastmail
koerier, volgende dag aflewering, kos dit R130.
As jy die Fastmail
metode verkies kan ek vir jou onmiddelik 'n spoornommer (tracking number)
gee, dit sal jou gemoedsrus gee aangesien jy 'n oorbetaling moet maak aan
iemand wat jy nie ken nie.
Klik hier om my bankbesonderhede te kry, onthou om ook jou posadres te
verskaf
Ek koop elke
nou en dan 'n kaartjie van een van die groot oorsese Lotto's. Nie dat ek
juis verwag om te wen nie, maar mens weet nooit nie. Die prys van die
kaartjie maak ook nie saak nie. Wat egter lekker is, is daardie tydperk
vandat ek die kaartjie gekoop het tot dat ek per epos die uitslag kry.
Weet julle hoe lekker dit is om daardie miljoene der miljoene sommer so
in my gedagtes te spandeer? Plekke wat ek gaan besoek, dinge wat ek gaan
koop, vir wie gaan ek almal uitdeel? Tog te lekker, probeer dit gerus. Klik
net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra
die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En
as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook!
Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis
kaartjie.
Regs klik hier om 'n foto af
te laai wat ek in in Mosambiek geneem het.
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
Boeremusiek
Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde" |
Barney van Dyk
Dr. Barney van Dyk is seker
ons beste eksponent van die 5-ry konsertina. Geen wonder dat hy
'n wenner was in die TV kompetisie nie. Onlangs het hy weer sy
bydrae gemaak in die kykNET TV Boereorkes- kompetisie. Barney is
natuurlik lid van die beroemde Langeveldt Boeremusikante en
speel ook met oorlede Nico Langeveldt se konsertina. Ons
verstaan hy is tydelik in Kanada.
|

|
|
|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier.
Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za
Mirna is ‘n
opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by
verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof
en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma,
lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en
vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com
Die strepe tussenin
Ek het ‘n paar
eiesoortighede wat ek nie eers probeer verstaan nie: een is my
belangstelling in grafstene en doodsberigte. Hierdie gedenktekens het
gewoonlik ‘n geboorte datum en sterf datum. Tussen hierdie twee datums
is ‘n strepie en alhoewel die twee datums sekerlik van die belangrikste
in enige mens se lewe is, is dit die strepie tussen in wat betekenis aan
jou lewe sal gee.
Ons staan aan die begin van ‘n wonderlike, opwindende geleentheid elke
more wanneer ons wakker word. Gedurende daardie dag kan jy jouself, jou
lewe, jou omgewing, jou verhoudings verander - ten goede of ten kwade.
Of nie.
‘n Lewe, lank of kort, bestaan uit sekondes - jy het ‘n keuse hoe jy
kies om daardie sekondes te spandeer, waarvoor jy eendag onthou sal word
en die invloed wat jy het op jou geliefdes het.
Jy kan toelaat dat die lewe maar net gebeur met jou of jy kan doelwitte
en beginsels hê wat jou nader lei waar jy graag wil eindig. Een
vaardigheid wat jou sal help om nader na enige doelwit toe te beweeg, is
om BEWUS te wees van wat NOU gebeur. Jy sal dan bewus word wat jou tyd
opvreet en waarop jy dit spandeer-ek noem om “selfbewus te lewe”. Laat
jy toe dat onverskillige bestuurders jou kwaad maak sodat jy dan lelik
is met jou huismense? Laat jy toe dat jou kind jou toonnaels laat krul
met sy/haar geneul of kyk hulle stilweg in die oë en sê dat as hulle
goeters wil hê sal hulle moet werk daarvoor, net soos jy. Jy hoef nie
toe te laat dat mense of omstandighede jou gemoedstoestand of besluite
bepaal nie. In plaas van om woedend of gefrustreerd te raak, gebruik jou
energie om in die rigting van jou droom te werk en om planne te maak om
omstandighede te verbeter of dit ten minste beter te kan hanteer. En jy
sal dit slegs maklik en goed kan doen as jy dit daagliks oefen.
‘n Makliker manier om dit te verstaan is om dit met ‘n lang reis te
vergelyk. ‘n Mens het ‘n plek en tyd van vertrek en ‘n bestemming en ‘n
geskatte tyd van aankoms. Daar is deurentyd dorpe en padmerkers as
aanduiding hoe mens vorder, en of jy steeds in die regte rigting oppad
is. Natuurlik sal daar baie dinge wees wat jou aandag aftrek.
Hindernisse, ompaaie, gevaar en selfs pret. Sommige van ons reis in ‘n
Mercedes en ander in ‘n VW Beetle; geeneen het ‘n waarborg dat hulle
veilig of suksesvol by hulle bestemming sal opdaag nie. Slegs die wat
doelbewus en selfbewus lewe het moontlik ‘n kans om te arriveer waar
hulle beplan het om te wees of darem naby die doelwit.
Besluit vandag wat jou doelwitte vir jou en jou familie is hierdie jaar
sodat jy deurentyd nader kan beweeg waar jy eintlik wil wees. Breek dit
op in haalbare doelwitte. Skryf dit neer en hersien dit weekliks sodat
jy daagliks daarop kan fokus. Teken jou hindernisse en vordering
skriftelik aan.
Ons kan weliswaar nie ons eie geboortedatum of sterfdatum bepaal nie.
Maar jy kan kies hoe jy die tyd gaan spandeer tussen daardie twee datums
om die wêreld ‘n beter plek te maak. Moenie uitstel nie, doen dit vandag
en doen dit skriftelik.
Seënwense van hart tot hart.
Hier is paar "anderste"
Boererate met tong-in-die-kies kommentaar van my kant af:
EELTE…Dra in jou skoene ‘n binnesool van teerlappies…en saans as jy gaan
slaap dan bind jy suurlemoen skywe aan die voete vas. Dit sal nie lank
duur nie dan is die eelte weg. (...en jy het vir
nagte nie geslaap nie!)
EELTE…Koop 4 bottels motorolie en smeer die voete elke oggend en aand
baie goed aarmee….sommer so dik. (Hoekom 4 bottels
en nie een op 'n slag nie?)
EETLUS…As jy aan ‘n slegte eetlus ly…moet jy ‘n snytjie roosterbrood
maak…neut daaroor rasper en dan suiker en wyn daaroor gooi…en dit eet. (Dit
sal dalk die teenoorgestelde uitwerking hê)
EKSEEM…Smeer soggens van jou nugterspoeg aan die sere. (As
jy babelaas het dan is dit dal;k dronkspoeg?)
FLOUTE…As iemand flou geword het moet jy alle stywe klere losmaak en die
persoon hard deur die gesig klap. Maak ‘n lap nat in koue water en vee
sy gesig en hande daarmee af. Geen dan ‘n ½ teelepel rooi laventel op ‘n
bietjie water in. (Laat skoonma nou net weer flou
word!)
FYT…Vat ‘n blikkie en sit vars beesmis daarin. Sit waar dit buite kan
warm word en druk dan die vinger met die fyt daarin. Hou dit in die
beesmis vir ‘n hele ruk. Herhaal die behandeling so 2 of 3 keer….dit sal
help om die fyt ryp te trek. (In die dorp het ons
net hondemis. Ek wonder.......)
Die helder
kant
Kom ons praat oor goeie dae
En gladnie oor wat sleg is.
Kom ons sing oor wat ons het,
en nie oor dit wat weg is.
Ons is nie gemaak vir klae of treur,
Of om hartseer op te soek.
Geluk en vreugde staan ons by,
Dit wag net om die hoek.
Kom soek die mens se mooier kant,
Of glo selfs net daarin.
In elke siel is daar tog lig,
Al is dit ook hoe min.
Daar is baie mense met mooie harte,
wat vreugde oral strooi.
Dank aan God vir die juwele,
Hul maak die lewe mooi.
Die lewe moet volvreugde wees,
vir almal hier op aard.
As dit anders is, is dit eie skuld
Ons reël self huis en haard,
Robert Boshoff
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Regs klik hier
en laai 'n resepte eBoek propvol egte Suid Afrikaanse resepte af.
Gaan kyk gerus na die webwerf
hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Lees asseblief die nuutste nuusbrief
Klik hier
Elsabé Blignaut
Huis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Dankie, Nandi dat jy hierdie vir
my gestuur het:
Die Strandlopertjie
Die verhaaltjie van die Strandlopertjie doen al geruime tyd die rondtes
op die Internet, en toe Francois Graaff dit die annerdag weer vir my
stuur, toe weet ek dat hierdie juweeltjie net eenvoudig vertaal móét
word. Die skrywer is Robert Peterson. Hy skryf:
Sy was maar 'n skamele 6 jaar oud toe ek haar vir die eerste keer
ontmoet het. Ek ry gewoonlik die 4 kilometer af strand toe elke keer as
ek voel dat die wêreld vir my te klein begin word. Sy was besig om 'n
sandkasteel of iets te bou, en toe sy opkyk, kyk ek in die pragtigste
blou ogies, so blou soos die see self.
"Hallo", sê sy.
Ek antwoord met 'n knik van die kop, nou nie juis in 'n bui om te bodder
met 'n klein dogtertjie nie.
"Ek bou", sê sy.
"Ja, so sien ek. Wat bou jy?" Ek gee nou nie juis om wat sy bou nie.....
"Aag ek weet nie, ek voel maar net lus om in die sand te speel."
Die idee trek my nogal aan, en ek trek my skoene uit. 'n Strandlopertjie
sweef verby.
"Dis 'n vreugde", sê sy.
"Dis 'n wat?"
"'n Vreugde. Mamma sê dat 'n strandlopertjie vir 'n mens vreugde bring."
Die strandlopertjie verdwyn oor die duin. "Koebaai vreugde", mompel ek
vir myself, "Hallo pyn!" Ek draai om om te loop. Depressie het aan my
geknaag - my lewe was 'n gemors.
"Wat is jou naam?" Hierdie dogtertjie gaan nie maklik tou opgooi nie.
"Robert", sê ek, "Robert Peterson."
"Ek's Wendy ..... ek is ses."
"Hallo Wendy"
Sy giggel. "Jy's snaaks", sê sy.
Ek lag, ten spyte van die donker wolk wat oor my gemoed hang, en ek stap
aan. Haar klokhelder giggel-laggie volg my.
"Kom weer meneer P", skree sy, "kom sodat ons nog 'n gelukkige dag kan
hê!"
Na 'n paar dae van onbeheerbare Boy Scouts, frustrerende vergaderings en
'n ou kranklike moeder, het die son een oggend so vrolik geskyn dat ek
die skottelgoedwater van my hande afgeskud het , en toe sê ek vir
myself: "Robert, jy het 'n strandlopertjie nodig." Die heerlike sout
seelug wag vir my, en ek gryp my jas. Die windjie is ysig, maar ek stap
aan en probeer die rustigheid van die strand indrink, daardie rustigheid
wat ek so bitter nodig het.
"Hallo meneer P," roep sy my, "wil jy kom speel?"
"Wat het jy in gedagte?" Ek voel half vies vir hierdie inbreuk op my
gedagtes.
"Aag, ek weet nie..... wat dink jy?"
"Wat van kennetjie?" vra ek half sarkasties.
Haar klokhelder laggie weerklink oor die strand. "Ek ken nie daai
speletjie nie."
"Nou maar dan loop ons maar sommer."
Ek kyk af na die lewendige klein figuurtjie, en ek kan nie help om die
delikate bleek gesiggie raak te sien nie. "Waar bly jy?"
"Daar annerkant", sê sy, en sy beduie in die rigting van 'n paar
somerhuisies. Dis baie snaaks, dink ek. Om in die winter in somerhuisies
te kom bly.... "En waar gaan jy skool?"
"Ek gaan nie skool toe nie - Mamma sê ons is met vakansie."
Sy babbel aanmekaar terwyl ons met die strand afstap, maar my gedagtes
is baie vêr weg. As ek later huistoe ry, sê Wendy vir my dat dit 'n baie
lekker dag was. Ek glimlag vir haar - snaaks genoeg voel ek ook sommer
baie beter.
Drie weke later jaag ek af na my strand toe. Dinge het nou net te veel
vir my geraak, en ek is nie in 'n bui om eers vir Wendy te groet nie. Ek
sien iemand op die somerhuisie se stoep sit - seker Wendy se ma - en ek
voel asof ek vir haar wil skree: "Hou jou dogtertjie asseblief vandag
tuis!"
Ek stap gejaag, maar Wendy haal my in. "Asseblief, nie vandag nie!",
snou ek haar toe, "Ek wil vandag alleen wees!" Sy lyk vandag onnatuurlik
bleek en uitasem.
"Hoekom?" vra sy.
Ek gaan staan, draai om na haar toe en skree: "Want my ma is dood!" En
skielik wonder ek waarom ek dit vir hierdie kind vertel.
"O", sê sy saggies, "dan is dit 'n slegte dag."
"Ja", sê ek, "én gister, én eergister, en ... aag gaan tog net weg!"
"Was dit seer?" sy kan net nie ophou nie.
"Was wát seer?" ek is moedeloos, met die dogtertjie en met myself.
"Toe sy dood is?"
"Natuurlik was dit seer!" kap ek terug, sonder om die bedoeling agter
haar vraag te verstaan. Ek draai om en stap haastig weg, versonke in my
eie seer gedagtes.
'n Maand of wat later, toe ek weer op die strand kom, was sy nie daar
nie. Ek voel skuldig en skaam oor my gedrag, en ..... ek het haar nogal
gemis. Ek stap na die strandhuisie toe en klop aan die deur. 'n Vrou
maak oop.
"Ek is Robert Peterson", sê ek, "ek mis jou dogtertjie só vandag, en ek
het net gewonder waar sy is."
"O ja, meneer Peterson, kom in asseblief. Wendy het so baie van jou
gepraat. Ek is so jammer dat ek
toegelaat het dat sy jou pla. As sy 'n oorlas was - dan vra ek om
verskoning"
"Aag nee wat, sy is so 'n borrelende klein dogtertjie." En skielik besef
ek dat ek werklik bedoel wat ek sê.
"Wendy is verlede week dood, meneer Peterson. Sy het bloedkanker gehad -
het sy jou nie gesê nie?"
Skielik draai die wêreld om my, en ek gryp haastig vir 'n stoel. Ek is
sprakeloos.
"Sy was so lief vir hierdie strand, en toe sy vra dat ons hierheen kom,
toe kon ek nie nee sê nie. Sy het soveel beter hier gelyk, en hier het
sy baie gelukkige dae gehad. Maar die laaste paar weke het sy baie
vinnig agteruit gegaan." Haar stem bewe. "Sy het iets vir jou gelos
..... as ek dit net kan opspoor. Sal jy omgee om 'n bietjie te wag - ek
soek dit net gou?"
Ek knik my kop - ek soek vir woorde - maar hulle ontbreek. Wat sê ek vir
hierdie pragtige jong vrou?
Sy gee vir my 'n vuil koevert met "MR. P" op geskryf in groot
kinderletters. Binne is 'n tekening in helder kleure - 'n geel strand;
'n blou see en 'n bruin voël, en onderaan die woorde: "'n
Strandlopertjie om geluk te bring"
Ek kan die trane nie keer nie, en hierdie klip-hart van my wat lankal
vergeet het wat dit is om lief te hê, kraak en breek. Ek neem Wendy se
ma in my arms: "Ek is so jammer, so bitter, bitter jammer", is al wat ek
kan uitkry, oor en oor, en saam huil ons.
Daardie kosbare prentjie is geraam, en hang in my studeerkamer. Ses
woorde - een vir elke jaar van haar kort lewetjie - sê vir my van
harmonie, dapperheid en 'n onvoorwaardelike liefde. 'n Geskenk van 'n
dogtertjie met see-blou oë en hare die kleur van die seesand - sy het my
geleer van die geskenk van ware liefde.
Hierdie ware verhaal is opgeteken deur Robert Peterson. Dit het meer as
20 jaar gelede afgespeel, en hierdie insident het sy lewe onherroeplik
verander. Ons kan hieruit leer dat ons tyd moet maak om die lewe te
geniet, en tyd moet maak vir mekaar.
Die lewe is so gekompliseerd - die gejaag en elke dag se probleme en
traumas kan maak dat jy fokus verloor en van die dinge wat rêrag
saakmaak vergeet.
Gaan gee vir die mense in jou lewe waarvoor jy lief is vandag 'n ekstra
drukkie, net om te sê dat jy omgee en vir hulle lief is. En gaan stap 'n
draai in die tuin, en ruik aan die blomme. Drink die skeppingswonder van
God in, en gee aan Hom die eer.
Wendy het nie maar toevallig op Robert se pad gekom nie - daar is nie so
'n ding soos toeval nie. Sy was daar met 'n doel. So bring die Here
dinge op ons pad met 'n doel - soms is dit nie lekker nie, soms raak dit
daar diep binne in jou bors, waar 'n waslap nie kan was nie, aan jou
hart. Maar sien die hand van God daarin, en dank Hom daarvoor.
Ek bid vir jou 'n Strandlopertjie-dag toe!!!
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Hierdie is en
van daardie stories wat op die internet rondsweef, so ek versprei dit
dan maar net verder. Soos ek heelbo genoem het, as daar nie duidelik
staan dat daar kopireg op is nie, eien ek my die reg toe om dit te
gebruik. Verskoon die taalgebruik, ek gaan niks verander nie, ek sien
waar nodig is die * alreeds mildelik gebruik. Lekker lees. As die
skrywer dit dalk lees, gee my jou besonderhede en ek plaas dit hierby.
Die Lekka
Ingelsman
Oom Otley vertel my dié staaltjie oor hulle wildtuintoer:
As jou water na dr*l stink en jy sien nie een dryf nie, moet jy
selfinspeksie doen en seker maak jy is nie dalk self die een wat almal
se water g*tterig laat smaak nie.
Sommer met die intrapslag hou ek niks van die Ingelsman wat my
kleindogter Kleinpop hier by ons kom aansleep nie. Vir weke al sien ons
uit na haar kuiertjie uit London en aan die begin kon ons nie fout sien,
dat sy nou haar Ingelse boyfriendjie wou saamnooi op ‘n onvergeetlike
toer saam met Oupa en Ouma deur die Kruger Wildtuin nie. Uiterlik nie ‘n
onaangename seun nie, maar toe die bleeksiel sy bek oopmaak en my met
“Hello Gramps” groet, is my moer klaar suur. Sulke voorbarige
vermetelheid. Met die pap handjie waarmee hy bladskud, skud ek hom amper
uit sy oorbel en hy het reeds een verloor.
Maar opgedress vir die okkasie hoor. Leerstewels wat amper tot by sy
knieë kom, sy khakibroek al die pad ingedruk. Met sy dik belt se gespe
sal mens ‘n olifant met twee houe kan doodslaan. Wat die man als gelees
het oor Suid-Afrika weet ek nie, maar aan die belt is ‘n waterbottel, ‘n
mes wat amper sy stewels raak, ‘n moonbag met ‘n rooi kruis op en een
van daai kanariegeel selfone met die baie knoppies. Die man dra ‘n swart
t-shirt wat sê rook is verbode en iets van die aardbol wat warm word.
Maar ek weet, die Wildtuin is nie speletjies oor Desember nie. Warm gaan
die man beslis warm kry en rook gaan ek beslis rook, al het Kleinpop my
agteraf gewaarsku dat die man so bietjie opgewonde oor tabakgebruik kan
raak.
Die man is goed in tale ook. Al drie Afrikaanse woorde by Kleinpop
geleer. ‘Dankie, k*k en lekka.’ Alles is k*k of lekka. Kleinpop is lekka.
Ons paaie is k*k. Die son is k*k. Ouma se koeksisters is lekka. Vreeslik
puntenerig oor kos ook, die mannetjie. Eet nie vleis nie, eet nie dit
nie, eet nie dat nie, daai moet eers gekook word voor hy sal drink ens,
ens.
Ek kon dit nog vat toe die man iets van “k*k SUV” sê toe hy in die kombi
klim, maar toe die man “k*k music” op my Klipwerf mompel, steek ek
summier my pyp op. Sommer so in die ry, soos ek altyd maak. Kleinpop
probeer nog verbouereerd keer, maar Oupa leer die man nog bietjie
Afrikaans:
“F*k jou, in my van rook ek, broer.”
Die man leer vinnig en maak sy eie Afrikaanse kombinasies:
“F*k, this rook is lekka k*k, dankie.”
Maar met ‘n man wat nie vleis eet nie, gaan dit maar lekka k*k in die
wildtuin. Teen dag drie is die man se slaaiblare wat hy in Phalaborwa se
Spar gekoop het al heel vrot. Sy dieet bestaan uit Ouma se
padkoskoekisters, Nik-Naks en braaivleispap sonder sous. Teen aand vier
is hy honger genoeg om sy vegetariese geloof te verloën. Natuurlik nie
openlik nie. Vang ek vir Kleinpop uit, toe sy ongemerk ‘n tjop of drie
na die man se tentjie toe smokkel.
Dag vyf ruik ons al vroegoggend vegetariese maagreaksies op vleis. Net
mooi in die middel van nêrens en op die dag se hitte kom klop die man op
my skouer hier voor in die kombi, so in die ry.
“I MUST go!” beduie die man na sy poephol asof ek nie lankal kon ruik
wat hy wil doen nie.
Ek stop maar die kombi naby ‘n laagte boompies. Dit is in elkgeval so
warm, geen dier sal dit in die omgewing waag nie.
“There,” beduie ek hom na die boompies.
“No ways!” protesteer die mannetjie toe.
Ek beduie vir die mannetjie in my beste Engels dat daar “no ways” is dat
hy verder my kombi se binnelug met sy buikwinde gaan ontsier. As hy nie
nou sy ding gaan doen nie, gaan hy verder stap.
“Gee vir die man k*kpapier,” beveel ek vir Kleinpop.
Die man weet nou al genoeg van Afrikaans om te smeek “No, k*k paper. I
want nice paper please!”
Eers dink ek ag f*k jou, maar besluit toe om Samaritaan te speel en stop
hom ‘n rol singleply k*kpapier in die hand en sê “Here, dis is wherry
nice papier.”
Soos iemand wat oor duwweltjies stap, benader die Ingelsman sy
natuurtoilet. Na ‘n rukkie verdwyn hy agter die boompies. Ons kyk maar
almal versigtig in die omgewing om die man darem betyds te waarsku, sou
daar dalk ongediertes nader sluip.
Nou een ding van die Wildtuin. As een kar stop, stop almal agter hom om
te kyk watse diere kyk die voorste kar. Veral so op die middaghitte as
daar min is om te sien. Die Ingelsman het skaars gehurk, voor die Land
Rover agter ons stop. Die gesinnetjie bespied die rigting wat ons kyk.
Hulle wil ook sien wat ons sien. Verkykers word uitgehaal. Nog voertuie
stop. Een ou klim uit met ‘n groot kamera op ‘n driepoot. Nog karre
stop. Na vyf minute lyk dit soos die Dakar Rally wat wil afskop.
Groepies brawes staan teen die reëls orals buite hul karre en kyk met
lang lense. Party klim bo-op hul voertuie se dakke vir ‘n beter uitsig.
Wild was besonders skaars hierdie jaar.
Nou of daar werklik een was, weet ek nie, miskien was dit ‘n oorywerige
verbeelding in ‘n desperate soeke na diere. Maar toe die ou so ses karre
van ons af skree “Leeu, ek sien ‘n leeu met k*kpapier!” weet ek die
Ingelsman verstaan meer Afrikaans as wat ons gedink het. Met al die
mense wat so staan en kyk na die veld agter hom, kry die kreet nog
eerbaarheid ook.
Soos ‘n lus f*ksterriër wat hitte geruik het, peul die man uit sy
bostoilet en hardloop vir die kombi. Die broek om die enkels fnuik hom
egter en laat hom so paar keer neerbliksem, maar sy herstel is elke keer
merkwaardig. Sy roete na die kombi se skuifdeur is een stofbol soos die
man beweeg. Die gegil, gehol, neermoer, opstaan en weer probeer het die
Ingelsman minder helderheid van verstand gemaak, want hy’t maak dit toe
vir die handle van my deur ipv die skuifdeur s’n aan die annerkant van
die kombi. Seker gedink hy’s in sy f*kken land waar hulle kombis se
skuifdeure aan duskant sit. Met die ooppluk van die deur wis hy toe ek
sit klaar waar hy wil wees en dat die kombi se paneel agter my nie ‘n
duim sal oopskuif nie al beskyt hy hom ook hoe erg. Hy verlê toe maar
voor om die kombi na die plek waar die skuifdeur eintlik sit. By die
kombi ingeval sien ek die Ingelsman se broek is darem min of meer al
heuphoogte, maar in die veld lê ‘n lang mes en ‘n kanariegeel selfoon.
Die Ingelsman soek dit klaarblyklik nie terug nie. En plek plek ook ‘n
bolling karnivoriese str*nt wat ewenwel ‘n leeu s’n kon wees. Kompleet
met stukke heel ingeslukte tjopvleis. Die konvooi karre agter ons, ry
stadig verby, terwyl die Ingelsman sy broek en asem op die regte plekke
kry. Te oordeel aan die hoeters en gesigte het die mense waarde vir geld
in die wildtuin gekry.
Na die vakansie is Kleinpop heel uit haar Ingelsman uit. Dié het sommer
vroeg ‘n vlug London toe gevat. Sy wil hom nie weer sien nie. Miskien
was dit die nagedagte aan die ongebruikte toiletpapier. Miskien was dit
die klein, bleek, swaaiende voorgedagte……
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|