|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Gaan laai jou gratis resepteboek af by Pasella
hieronder. Hierdie keer is dit 'n eBoek met mikrogolf resepte.
Hierdie uitgawe
se resepte is sommer net 'n mengelmoes van lekker resepte, gaan kyk
gerus hieronder.
Die sokker kom
nou al nader, dit kom al by my ore uit en gaan nog erger word. Ek hoop
maar alles werk mooi uit en dat dit nie net 'n groot verleentheid vir
ons sal wees nie. Ek hoop maar as alles verby is dat al die
stadions onderhou word en dat hulle nie ten gronde sal gaan nie. Ons
praat weer oor 'n paar jaar!
My nuwe resepte
eBoek CD is nou beskikbaar, 60 resepteboeke sowel as Boererate op een CD,
sien verder ondertoe vir besonderhede en lys van boeke. Gaan kyk gerus
na die verskeidenheid van boeke wat op die CD is verder ondertoe.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die
ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die
minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër!
Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen,
dis 'n stewige R1,050,000,000!!!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Die
Afrikaanse rolprent - gister en vandag |
Baie dankie
aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie
reeks te gebruik:
Die
mense sit ademloos in Parys en wag vir een van die eerste bewegende
rolprente om te begin. Die ligte verdof... en dan gebeur dit... Mense
stroom uit ‘n fabriek, ander mense loop in die straat verby. Oulik, maar
nutteloos, sê die geldmanne. Wie wil nou na ‘n fliek kyk oor mense wat
van links na regs oor ‘n rolprentdoek loop?
Maar toe die rewolusie. Die regisseur van THE GREAT TRAIN ROBBERY, Edwin
S. Potter, laat ‘n trein in 1903 donderend op die kamera afstoom sodat
dit lyk of die lokomotief die gehoor gaan plattrap. Pandemonium bars los.
Mense vlug, vroue word flou, ander storm uit. En toe weet die
vervaardigers: die era van die Groot Verbeelding is hier. Die nuwe
uitvindsel sou ‘n rewolusie veroor-saak! En toe rig ‘n skurk sy rewolwer
op die kamera rig en trek ‘n skoot af!
Mense in die teater kap om en die era van die fliek word gebore waar
mense hulle so inleef in wat op die doek gebeur, dat hulle nie tussen
werklikheid en illusie kan onderskei nie... Die kleinboet van die
kunsvorms word ook die mees kragtigste en geliefde.... En in Suid-Afrika
word die eerste rolprent op ‘n baie vreemde plek gebore.... agter... op
‘n ossewa.....
Die Anglo-boere-oorlog breek uit. En die publiek, honger vir nuus oor
veldslae, soek inligting. En William Dickson is daar met die eerste
kameras om die oorlog geskiedkundige oomblik vas te vang... Reuse, lomp
kameras word agter op ossewaens geplaas en reis deur die slagvelde op
soek na die stories agter die geweerskote. Mense sterf, kanonne skiet,
soldate sterf en die kamera sien dit.
Dickson se ambisie as rolprentmaker dryf hom om CNN met dekades vooruit
te loop, en die eerste nuusfilm ter wêreld te skiet en die eerste
Suid-Afrikaanse rolprent word op film verewig. THE ANGLO BOER WAR begin
in 1899 ‘n tradisie maak van film in S.A. wat ons een van die eerste
lande te maak om ‘n logiese opeenvolging van beelde te verfilm, ‘n sg
dokumentêr as jy wil wat sin maak. Dit word as een van die eerste
rolprente ter wêreld gesien. William Dickson was Thomas Eddison se
assistent.
En Eddison is hoeka die vader van die eerste rolprentbeweging. Drie dae
nadat die oorlog uitbreek, ry hy met loodsware toerusting oor die 200
kilogram swaar, wat op ‘n ossewa staangemaak is, kyk hy deur die lens,
sien die oorlog en verfilm boer teen Brit maar met ‘n simpatieke oog na
Brittanje.
Hy reis van die slagvelde van Ladismith na Kaapstad, van Bloemfontein na
Pretoria... En dis hier waar hy die statige hysing van die Union Jack
met groot respek en eerbied verfilm. En waar hy die vordering van die
Britse magte met ‘n skerp kamera-oog dophou.
Die eerste rolprente in S.A. was stilrolprente sonder klank. Jy kon ‘n
speld hoor val in die reuse ou teaters. Soms het iemand klavier of orrel
gespeel om die emosie van die beelde te probeer weergee. Een van die
eerste aksieprente in 1910 was Rufe Taylor se opruiende storie oor wat
toe in Suid-Afrika gebeur het: THE KIMBERLEY DIAMOND ROBBERY...
Die diamantstormloop na Kimberley is uitgebeeld as skurke probeer om die
diamante te kaap en van die delwers af te vat. Die kamea was staties en
die mense stokkerig, maar die beelde was daar. Terwyl hy aan THE
KIMBERLEY DIAMOND ROBBERY gewerk het, het Taylor ook kort aktuele
programme gemaak wat vandag bekend is as NUUSFILMS.
Dit was die voorloper van AFRICAN MIRROR, nuusfilms wat weekliks in
teaters gewys is en wat die politiek en ander gebeure van die dag
vasgevang en aan ‘n honger publiek gewys het... Mense kon eerstehands
kyk na nuusprogramme oor die ontstaan van Johannesburg, die
Johannesburg-staking van 1914 en die woeste heerskappy van die Foster-bende,
alles in wit en swart, maar die beelde beweeg. Die mense waai vuis,
skreeu kamera toe en gooi hul hoedens in die lug. En Rufe Taylor vang
dit wys en vertoon dit aan die publiek wat skielik voel: Hulle is DAAR!!.
Terwyl D.W. Griffith se meesterstuk THE BIRTH OF A NATION in 1915 in
Amerika opslae maak, pak Suid-Afrika een van sy eerste epiese rolprent
aan. Dingaan moor die Trekkers uit. En die slag van Bloedrivier verander
die rivier in rooi water. Die magnaat Isadore William Schlessinger gee
geld vir DE VOORTREKKERS in 1916. Die doek was in twee verdeel met
Afrikaanse titels aan die een kant en Engelse titels aan die ander kant.
Generaal Louis Botha was een van die eerstes om die rolprent te sien. Hy
was aangedaan en meegevoer en verklaar: “Dit is hoe dit gebeur het. DE
VOORTREKKERS is historiese akkuraat!”
Schlessinger knap die EMPIRE TEATER op as een Johannesburg se
fliekpaleis waar DE VOORTREKKERS kan wys. Gustav Preller skryf die
draaiboek en tegnici plaas flitskaarte tussen gevegstonele en moedelose
mense wat oor die Drakensberge trek en die sweep klap. ‘n Ervare Britse
regisseur wat na S.A. verhuis, Harold Shaw wys die moedige stryd van die
Voortrekkers teen die natuur, die Britte en die impi’s. Duisende ekstras
word gebruik in van die grootste massatonele wat ooit in S.A. verfilm
is.
Dick Cruikshandks met Tom Zulu as Dingaan was die eerste spelers wat
opgetree het. Mense het verstom gekyk hoe reuse-skares krygers die
Voortrekkers bestorm en omsingel en hoe hulle terugveg. Al was daar nie
klank nie loop die emosies hoog. Mense skreeu aanmoedigings in teaters,
vroue huil, kinders kyk met verstarde oë en die Groot Trek herleef weer.
DE VOORTREKKERS beleef sy premiere op 16 Desember 1916 in die
Krugersdorpse stadsaal waar duisende mense saamtrek. Die reaksie was
oorweldigend. Mense sing en gee applous vir die eerste groot Afrikaanse
rolprent. Die Paardekraal Monument word terselfdertyd in gebruik geneem.
DE VOORTREKKERS word uit die perspektief van die Voortrekkers vertel en
kritici vra: “Maar waar is die ander perspektief? Hoekom sien ons net
die een kant van die saak?” Maar die publiek stroom na ons eerste
lokettreffer: DE VOORTREKKERS. Skielik kry tam woorde in
geskiedenisboeke viriele en potente BEELD wat beweeg.
Schlessinger, ‘n Amerikaner wat via Ierland Suid-Afrika toe gekom het,
stig ons eerste rolprentmaatskappy African Amalgamated Theatres en bou
ons eerste rolprentateljee waar die KILLARNEY WINKELSENTRUM duskant
Houghton vandag staan: Die Killarney Rolprentateljees. En hier is vele
Afrikaanse rolprente gebore.
Schlessinger dink: Maar sal dit nie nog beter wees as mense kan tee
drink en toebroodjies eet terwyl hulle na nuus- en ander films kyk nie,
en die vlooifliek of tearoom cinemas begin in 1925. En toe dink
Schlessinger: Hoe gaan ek mense trek om terug te kom? Hoe prikkel ek
hulle nuuskierigheid en:
Hy kry die idee om kort uittreksels en hoogtepunte uit films te wys wat
nog kom. En daar’s hy: die lokfilm word in S.A. gebore.
Wat mense aan DE VOORTREKKERS geraak het en in twee kampe verdeel het,
was die woeste baarde van die mans, die uitspattige voortrekkerrokke van
die vroue en die wreedheid van die Zoeloes wat glo oordoen was. So erg
was die gevegte oor die kostuums op stel dat van die spelers die
kostuums uitgetrek het en geweier het om verder aan DE VOORTREKKERS te
werk omdat dit hul voorouers kwansuis sou verkleineer.
DE VOORTREKKERS was asemrowend suksesvol en baan die weg vir ander
soortgelyke rolprente. THE SYMBOL OF SACRIFICE volg in 1931. Maar dit
was die storie van ‘n nooi onder ‘n groen doringboom in die ou
Transvaal, SARIE MARAIS in 1931, wat saam met MOEDERTJIE kop en skouers
uitstaan as ‘n baanbrekerrolprente wat ‘n trotse Afrikaanse
rolprentkultuur laat ontstaan het. Hier was Afrikaanse stories oor
Afrikaanse mense wat die Afrikaanse kultuur bevorder het.
ESTELLE: O Johan. Ek het jou lief en ek sal jou altyd liefhê. Ek sal
altyd net jou Sarie wees.... En toe... ‘n wagkamer... ‘n stasie... twee
bedroefde ouers.... ‘n vrou van skynbaar losse sedes... ‘n polisieman...
en die verlore seun wat terugkom... almal wag vir.... DIE TREIN....
Hennie-Boet het geld gesteel.... hy is uit die tronk vrygelaat... en hy
keer terug na sy ou grysaard van ‘n pa en sy moedige ma om ‘n bekentenis
te doen.
MOEDERTJIE het die volk aangegryp met sy tragiese uitbeelding van ‘n
ouerpaar wat in ‘n stasiewagkamer katkisasies met die verlede hou. En
skielik is sy daar.... ‘n vrou met kaal arms en te veel grimering wat
doelloos voor haar uitstaar. Hennie Boet is nog nie daar nie... Die pa
stap nader en spreek die dame versigtig aan.
As ek nog ‘n jongkêrel was ----
Die spel in Moedertjie, veral van Stephane Faure as die ma en Joan du
Toit as die meisie was oordrewe, oorgeartikuleer en met ‘n deklamering
vir die agterste sitplekke in ‘n leë teater. Die handgebare was groot en
oordrewe. Die gesigte in profiel vir die kamera, die uitdrukkings
oordadig pynlik. Maar hulle het AFRIKAANS gepraat en het die feit
betreur dat ‘n boereseun deur die stad en bendes verlei is om die spoor
byster te raak, geld te steel en in die tronk te beland.
MOEDERTJIE word ingelei deur ‘n flitskaart wat sê:
‘n Klankrolprentverwerking van IN DIE WAGKAMER deur J F W Groskopf.
1914. Weggeskuil in die harjie van die Bosveld staan die huisie van
Tante Koester...
In die rol van die tragiese Hennie Boet is die vader van die Afrikaanse
rolprent. ‘n Akteur wat later talle rolprente as regisseur sou
vervaardig EN DIE Afrikaanse rolprent na ‘n volgende vlak van vermaak
sou neem: PIERRE DE WET. Sy karakter, Hennie, sou aan die einde van
Moedertjie, soos Anna Karenina, hom uit skaamte voor die trein werp .omdat
hy sy ouers en nooi wat hy in die steek gelaat het en wie se hart hy
gebreek het.... nie langer in die oë kon kyk nie. Stephane Faure in
swart rok en Voortrekkerkappie treur oor die onregverdigheid van die
lewe en die tragedie van ‘n verlore seun wat deur die stad en bendes
verlei is.
Sarie Marais, sê die destydse filmmakers, was die naaste wat die
Boerevolk aan ‘n tweede volkslied sou kom. Sarie, wat so ver van my af
woon nog voor die oorlog het begin se tragiese verhaal moes vertel word.
In beeld en in Afrikaans.
Destyds het die storie gegaan oor ‘n Krygsgevangene Jan ( William
Matthews, wat terugkom S.A. toe na die Anglo-Boere-oorlog. Joan du Toit,
ook in Moedertjie, is die treurende Sarie. Jan droom van die dag wat hy
na sy eie Sarie Marais sou teruggaan wat onder ‘n doringboom by ‘n
idilliese waterval, suiwer in haar liefde en verlatenheid, op hom sou
wag.
Jare later, in 1949, sou C FRANCIS COLEY dieselfde storie neem en dit
“moderniseer” met Helen Faul as Sarie, Johann Nell as die boereseun
Johann, Anna Cloete as Aletta en ‘n jong Wena Naude as tant Annie.
Musiek deur Hendrik Susan en sy orkes en die draaiboek: C J Hattingh.
Terwyl hierdie musiek speel wys die kamera die skoonheid van S.A. tot
dit stop by die groen doringboom in die Ou Transvaal.
Die mees gewaagde deel van die rolprent was Helen Faul wat kaal in die
rivier geswem het en per ongeluk deur ‘n geskokte maar aangenaam
verraste Johann gesien is. Na verskeie misverstande en liefde wat nie
wil sterf nie, sterf Johann in ‘n skermutseling met die vyand en Sarie
word blind.
Nasietrots moet versterk word, sê die Afrikaner. In 1938 voltooi AFP
PRODUCTIONS DIE BOU VAN ‘N NASIE. Dit sou ons beeld in die buiteland
versterk en word gemaak ter viering van die inwyding van die
Voortrekkermonument. Geld is geskenk deur die S.A. Spoorweë en Hawens.
Die rolprent begin met Bartolomeus Diaz se besoek in 1486 en eindig met
Uniewording in 1910. Die eerste titels spel presies waaroor die rolprent
sou gaan:
“Hierdie is a sage van hoë ideale en stoere deursettingsvermoë, die storie
van die mak maak van ‘n woeste land, die tem van woestaards en die bou
van ‘n nasie.”
Die rolprent beleef sy glanspremiere vol hoogwaardigheidsbekleërs op 29
Mei 1939 in die Empire Teater. Dit word gevolg deur “‘n Nasie hou koers”
in 1940 deur Dr. Hans Rompel toe 8 nabootsings van Groot Trekke
uitgebeeld is. Die plakkaat wys ‘n trotse boer met ‘n veldhoed,
gespierde arms en ‘n fakkel wat opkyk na die toekoms en aankondig: ‘N
NASIE HOU KOERS.
In hierdie dae word nog reuse-teaters gebou soos die Colosseum in Jhb en
die Alhambra in Kaapstad. Die eerste advertensies word in 1938 geskiet
toe William Boxer die Alexander Rolprent ateljees stig en advertensies
verfilm. Hier kon mense in gerief kyk na die volgende Afrikaanse
rolprent: J Sinclair se DOGTER VAN DIE VELD in 1933 oor ‘n
Voortrekkermeisie, Sannie Grobbelaar en haar ouers wat in die wrede
Afrika probeer oorleef teen die aanslae van die natuur.
Nog rolprente oor die Voortrekkers volg soos ONS STAAN ‘N DAG OOR in
1942, gegrond op die ware verhaal van twee kinders wat in die wildernis
verdwaal en deur ‘n Boesman gered word. C.J. Langenhoven se DONKER SPORE
met Gideon Roos en Esther Mentz volg in 1944, en daarna kom PINKIE SE
ERFENIS in 1946 en DIE WILDSBOUDJIE in 1946.
Maar het Afrikaanse rolprente net bestaan uit snuif en trane? VADERTJIE
LANGBEEN het ook ‘n tragiese agtergrond gehad, maar hier word ‘n
ontroerende storie vertel van die Sonskynweeshuis waar Gertruida
Adendorff deur ‘n weldoener, Vadertjie Langbeen gered word wat sy nooit
ontmoet tot aan die einde nie. Hy help haar om koers te kry....
Na 'n lang
afwesigheid is minette trug, ek gaan elke keer een van haar stories plaas,
hulle is geskryf toe sy nog verbonde was aan 'n koerant in Namibië.
Kontak Minette hier.
Jan Rabie
se huis
IN Strandloperstraat op Onrusrivier staan ‘n verlate huisie geduldig en wag.
Nie ‘n opvallende huisie nie, inteendeel, ‘n huisie so toegegroei en
toegemaak dat ‘n mens hom maklik in die verbyloop sal verbykyk in ruil vir
die indrukwekkende woning oorkant die straat.
Maar vir die gelukkiges was dié ‘n huisie vol weet, van woorde, van
herinneringe, van tye wat vir ewig verby is.
Jan Rabie se huis.
Ek leun ongenooid oor die skewe tuinhekkie en probeer met oë toe en ander
sintuie oop om ‘n stukkie van die wonders wat daarbinne was, te voel.
Te luister na die gesprekke wat oor bottels rooiwyn, bakke seekosse en
ryprooi tamaties, uit hierdie tuin, tussen die legendes van ons menswees
gevoer was.
Om te probeer sien wat Marjorie Wallace kaalvoetig onder die gedruis van Uys
Krige en Chris Barnard se stemme geskilder het. Om André P. Brink se bydraes
te probeer verwerk en te wonder, waar is die betowering van woordsamesyn nou
heen?
Om te leer hoe om net een keer met die intensiteit van ‘n Ingrid Jonker lief
te hê en die moed te kan kry om Breytenbach se woorde te steel en vir ‘n man
in ‘n ver, ver land te sê, ek mis jou so, ek stik vir jou ‘n brief.
Maar die vensters bly stom en al wat beweeg is die swart waghond wat huil.
En ek wil huil omdat ek niks ooit kan vashou nie, omdat ek nie die agteruit
vooruitgang van die mensdom kan terughou nie. Want die towenaars van toé is
almal hier weg.
En ek is seer omdat ek nie deel kon wees en met kindsbene die kans gehad het
om onder tafelpote daarbinne te lê en kennis van die aand vir die donker
vorentoe op te doen nie. Omdat dit nooit weer só mens sal wees nie.
Sewe dae by die Silbersteins was nie lank genoeg nie, mnr. Leroux, en
waarheen moet ek heen met al Breytenbach se boenks om die druppende
waterkraan in my tuin?
Het ek die geld gehad sou ek die huisie wou betaal en hom net so laat staan
vir vorentoe se onthou. Uit dankbaarheid vir hulle wat my lewe met woorde
vol boeke en boeke vol drome kon vul.
Want weldra sal die stootskrapers van ontwikkeling ingestoot kom en plek
maak vir knophuise vol nikswetende vakansiegangers en niemand sal ooit glo
dat dit heiligskennis is nie.
En aan die straatkant van die tuinhekkie is daar net die skerp lig van
realiteit en die waghond se blaf en al wat ek kan doen is om te vra, seën
my, Jan Rabie, seën my met insig om jou huisie se spoke myne te maak, sodat
ek in ‘n laaste poging wél eendag die kans kry om my eie woordhuis te bou.
En wanneer die tyd aanbreek om my vleeshuis te verlaat, mag ek die eer van
my eerste glas rooiwyn saam met jou aan die anderkant kry?
Tot dan sal ek elke kans benut om jou en jou vriende lewend te hou en al
julle woorde in my hart bewaar, want ek kan die stootskrapers van alle kante
hoor kom.
In Strandloperstraat op Onrusrivier staan ‘n verlate huisie geduldig en wag
en toe ek die skewe tuinhekkie onder my arms loslaat, kon ek sweer ek het
iemand hoor fluister: my hand van stof kan die rotse nie trotseer nie, maar
die meeue kan…
Paypal is
seker die populêrste manier om veilige betalings deur middel van die
internet te stuur en ontvang. Meer as 200 miljoen mense maak van Paypal
gebruik om betalings te ontvang en aankope te doen. Alles sonder dat jou
kredietkaartnommer of bankbesonderhede ooit bekend gemaak word.
Mens kan aankope maak van handelaars in 76 lande en betalings ontvang
van mense in om en by 190 lande. Tot onlangs kon Suid Afrikaners wel 'n
Paypal rekening hê maar daar was geen manier om fondse van jou
tjekrekening na Paypal oor te plaas of geld vanaf jou Paypal rekening
oor te plaas nie. Nou het FNB egter 'n ooreenkoms met Paypal aangegaan
en nou is dit moontlik om fondse oor en weer oor te plaas.
Dit maak die
internasionale mark nou beskikbaar vir Suid Afrikaners. Nou kan mens jou
produkte oor die internet wêreldwyd oor die internet adverteer en
verkoop en die koper kan gerus wees dat sy bankbesonderhede veilig is.
Kontak FNB vir
verdere besonderhede of gaan na hulle
webwerf.
Hand aan hand
met die beskikbaarheid van Paypal aan Suid Afrikaners is nou ook die
beskikbaarheid van eBay. eBay wat sover ek weet die grootste veilings
weberf op die internet is. Mens kan letterlik enigiets op eBay koop of
verkoop. Mense wat ek ken in Amerika maak 'n bestaan uit eBay wat 'n
versamelaars mekka is. Hier is nou geleentheid om van alles wat jy nie
meer wil hê nie, ontslae ta raak. Glo my, iemand, êrens sal daarin
belangstel en op jou item bie. Paypal is die voorkeur betaalmeganisme
van eBay.
Kortliks werk
dit so. Sluit aan by eBay. ( www.ebay.com
) Besluit watter item jy op veiling wil sit. Omdat jy in Suid Afrika is
en jy die item aan die koper sal moet pos, stel ek voor dat jou item
klein en lig is om posgeld te bespaar en daardeur die posgeld asook die
prys laag te hou. Kom ons neem aan die item het jou R20 gekos. Jy wil
ten minste R40 daarvoor hê plus jou posgeldonkoste, kom ons neem aan die
posgeld is R10. Jou reserwe prys moet dus R50 wees om R20 wins te maak.
Neem 'n foto van jou item en plaas dit op eBay, veilings hou gewoonlik
'n week. Jy kan daagliks dophou wie op jou item bie en wat die huidige
bod is. Aan die einde van die week kontak jy en die koper mekaar, hy
betaal die bedrag in jou Paypal rekening is en jy pos die item. As jy
gelukkig was, is die hoogste bod veel meer as die reserwe prys en jy
maak 'n lekker wins.
eBay werk op
'n vertroue basis. Sodra 'n transaksie afgehandel is, plaas jy 'n
kommentaar op die koper se eBay en hy plaas 'n kommentaar op joune. As
alles glad verloop het is albei kommentare positief en jy begin so 'n
rekord opbou van positiewe verslae. Dit sal toekomstige kopers gerusstel
dat jy eerlik en betroubaar is.
Voorbeelde van
items wat ek al suksesvol op eBay verkoop het: seëls , muntstukke,
"comics", boeke, gaan kyk gerus self op die eBay webwerf wat alles daar
op veiling is. Ek kan jou verseker dat as jy eers in die ding is, is dit
vet pret en dit kan winsgewend ook wees!
Daar is 'n
geringe koste by die plasing van jou item en nog 'n geringe koste as die
item verkoop, geen verdere koste as die item nie verkoop nie.
Vra my maar as jy meer wil
weet.
Dankie vir
Loot Eksteen vir die volgende interessante inligting oor die Super 14
rugby.
Regs klik op
die skakels om die dokumente af te laai:
Super 14 - 2010
Super 14 -
Franchises
My nuwe
resepte eBoek CD - 60 boeke op een CD |
Ek het besluit
om al die Afrikaanse resepte eBoeke wat ek het op en CD te sit, dis
omtrent al die resepte wat mens ooit sal nodig hê. Nou hoef jy nooit
weer 'n resepteboek te koop nie en teen minder as R1.70 per boek is dit
baie billik.
Hier is die
lys van boeke:
101 Kraakvars slaaie,
101 Onweerstaanbare poedings, 110 Spyskaarte vir die werkende vrou
5 Beste van alle geregte, 217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte, Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling, Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Die CD kos R100,
geregistreerde posgeld ingesluit (dis om en by R1.60 per boek). Met Fastmail
koerier, volgende dag aflewering, kos dit R130.
As jy die Fastmail
metode verkies kan ek vir jou onmiddelik 'n spoornommer (tracking number)
gee, dit sal jou gemoedsrus gee aangesien jy 'n oorbetaling moet maak aan
iemand wat jy nie ken nie.
Klik hier om my bankbesonderhede te kry, onthou om ook jou posadres te
verskaf
Klik
net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra
die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En
as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook!
Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis
kaartjie.
Regs klik om 'n
foto af te laai wat ek onlangs in Mosselbaai geneem het
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
Boeremusiek
Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde" |
Johnny
Booyse
Die Engelsman van Rhodesië wat oor die telefoon geleer
konsertina speel het! Johnny kom gereeld al die pad van Natal af
om aan die Gilde se byeenkomste te kom deelneem. Hy is 'n
steunpilaar van die Gilde in Natal.
|
 |
|
|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier.
Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za
Mirna is ‘n
opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by
verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof
en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma,
lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en
vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com
Lewensles in karakter
Baie dankie vir
almal wat so positief gereageer het op die vorige brokkie . Dit het
lesers geraak op verskeie vlakke: party is herinner aan hulle eie
waarhede, party het nuwe insigte verkry en party het ‘n slag positiewe
besluite geneem tov hulself en hulle gesinne.
Vandag wil ek ‘n ware verhaal en les in karaktervolle
lewensingesteldheid met julle deel. Baie dikwels hoor mens dat daar nie
meer rolmodelle vandag nie. Maar die waarheid is dat ons nie meer die
helde raaksien nie, miskien omdat ons waardes so versmelt het met die
breë samelewing dat ons nie meer eerbare gedrag herken nie. Maar
inderwaarheid is daar navolginswaardige gedrag elke dag te vinde.
Die een skool se se laaste naelloper in die aflosresies het die stokkie
sowat 20 meter voor die volgende skool se kampioen ontvang-die agteros
was lank, gespierd, aantreklik en vinnig. Die hele pawiljoen was op
hulle voete. Die spoed waarmee die tweede hardloper die spasie verkort
het, was asemrowend. 10 meter voor die eindstreep het hy die voorste
hardloper verbygesteek en terwyl hy dit doen, sy hand opgesteek en ‘n
nare handgebaar vir hom gewys. Een skool snak na hulle asems en die
ander skool vier fees. Na die tyd het die verloorder deur die gemaal
gebeur om die wenner geluk te wens-maar die wenner het sy rug op
ordentlikheid en die gelukwensing gekeer-en verder die respek van baie
toeskouers verloor.
Alhoewel die storie effens interessant is, is wat die volgende dag in
een van die skole gebeur het insiggewend. Die “verloorder” het die
kampioen in die oë van sy skool geword, en die “wenner” is met minagting
geheen. Kinders het tuis gekom met ‘n mondvol oor hoe om eervolle lewens
te lei-die skool het die geleentheid aangegryp om kinders op te voed en
nie net te leer nie.
Gryp jy sulke geleenthede aan om karaktervolle en eerbare keuses te
onderstreep vir jouself en gesin ? Herinner jy jouself gedurig dat jy
lewe in diensbaarheid tot ander- om die wêreld ‘n beter plek te maak?
Alhoewel die kampioen die wedloop gewen het, het hy die respek van die
toeskouers verloor - het hy die toets van karakter verloor. Jy kan wen
en nog steeds ‘n “loser” wees .
‘n Ryk sakeman, ‘n kliënt van my, kla ander dag by my dat hy die respek
van kollega’s en die vrees van werknemers gewen het , maar die een ding
wat van kristal gemaak is-sy familie-verloor het. Deur te dink dat hulle
hom sy ontrouheid en afwesigheid sal vergewe, is hy nou ‘n
gerespekteerde, ryk en EENSAME ou man.
Ongelukkig leer ons sulke lesse soms eers wanneer dit laat is. Ons lewe
net een keer op aarde-besluit binne watter reëls en waardes jy van nou
af sal leef. En leef elke dag eerbaar en “self-bewustelik” volgens hulle.
Seënwense van hart tot hart.
Vir al die
hikkers onder ons, na dese sal julle nooit meer hik nie:
HIK...Gooi
asyn oor 1 teelepel suiker sodat dit net nat is...en eet dit..die hik
sal dadelik stop.
HIK… Maak die persoon skrik en die hik gaan weg.
HIK…7 handevol water sonder om asem te haal stop hik onmiddelik
HIK…As jy hik drink een teelepeltjie asyn en die hik verdwyn dadelik.
HIK…Drup so 20 druppels wit dulcies in 1 eetlepel suiker en eet dit.
HIK…Gooi 1 teelepel koeksoda in ‘n ½ glas water en roer..drink dit….
herhaal elke 2 uur solank jy nog hik.
HIK…Laat die persoon wat hik sy vingers in sy ore sit teryl jy vir hom
‘n glas water ingee om te drink…die hik sal weg wees.
HIK…Meng 1 groot eetlepel koffie en 1 eetlepels wit teesuiker in ‘n
koppie en gooi dan kookwater op en laat trek. Neem 1 eetlepelvol elke 2
ure tot die hik gestop het…dit kan so 12 ure neem.
HIK…Neem ‘n paar druppels terpentyn op suiker en die hik sal verdwyn.
HIK…Neem ‘n swart hoenderveer en stop dit in papier en rook dit. Sluk
bietjie van die rook en die hik sal weg wees.
HIK…Neem 9 slukkies water agtermekaar sonder om asem te haal en die hik
sal weg wees.
HIK…Neem een eetlepel wit asyn en hik sal ophou
HIK…Neem sagte…groen koringblare en sit in ‘n skoon lap en stamp baie
goed. Druk die sap goed uit en drink daarvan.
HIK…Rook hoendervere
HIK…Se die rympie op terwyl jy jou asem inhou. Se dit 7 keer…so vinnig
as jy kan. Ek en die hik gaan oor die see…Die hik bly daar…En ek kom
weer.
HIK…Sit ‘n groot teelepel wonderkroonessens in ‘n ¼ koppie warm water en
roer en drink elke 1 ½ uur.
HIK…Sit 1 teelepel heuning in ‘n ½ glas water en drink dit sonder om
asem te haal.
HIK…Sit so ‘n ¼ teelepeltjie fyn neut op jou tong en suig dit as jy hik.
HIK…Stamp ‘n knoffelhuisie fyn en suig die sap deur ‘n skoon lappie en
drink dan 1 teelepelvol. Dir hik sal weg wees.
Die
Oorwinnaars
Eugene N Marais
By die kindergrafte uit die Konsentrasiekamp van Nylstroom
Oorwinnaars vir ons volk,
bly u vir al wat beste in ons is 'n ewig' tolk;
nooit weer sal vyandsvoet u stof so diep vertrap en smoor
dat ons u langer nie kan sien - en hoor.
Nie onse Helde, wat die magtig' leër
op glansryk' velde kon weerstaan en keer;
nie onse Seuns, wat aan die galg en teen die muur
die diepe liefde vir hul eie moes verduur;
nie onse Moeders, wat met bloeiend hart en seer,
in swart Getsemane die ware smart moes leer;
nie onse Generaals, vereer met krans en riddersnoer;
- was waardig vir ons volk die hoë stryd te voer
en te oorwin.
Nie ons, met vuile hand en hart ontrou was waardig
om die vaandel hoog te hou.
Maar u, o bleke spokies, in U kermend', klagend' wee,
staan voor ons ewiglik beskermend - uit die lang verlee.
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf . Sport fotos onlangs bygalas
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Regs klik hier om
'n resepte eBoek met Mikrogolf resepte af te laai.
Gaan kyk gerus na die webwerf
hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome, wat nou in Amerika woon, bevorder ook Afrikaans op die net,
klik hier om vir haar 'n epos te stuur, vra dan sommer ook
besonderhede oor haar briewe wat sy uitstuur. Kom ons ondersteun haar
ook! Dit kan net goed wees vir Afrikaans. Hoe meer mense 'n passie het
vir Afrikaans en dit op die internet wil bevorder hoe beter vir ons mooi
taal.
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Paramedic word tydens 'n
kragonderbreking geroep na 'n huis waar 'n vrou in kraam is.
Daar aangekom is die enigste bron van lig 'n flits wat die 3-jarige
Jannie vir hom moet vashou.
Groot oog kyk Jannie na alles tot waar die paramedic die baba aan sy
voetjies oplig en sy boudjies hard slaan.
Die paramedic vra, "en wat dink jy hiervan Jannie?".
Jannie antwoord, "die klein donnel moeth ini eethteplek nie daa
ingekluip het nie, MOEL hom wee!!!"
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
APPELKOOS
PAASBROOD
1 pakkie gis
250ml louwarm water
100ml louwarm melk
25g suiker
20g botter gesmelt
5ml sout
400g broodmeel
100g gedroogde appelkose
50g amandels, gerooster, gekap
10ml suurlemoenskil
30ml heuning
Meng gis, water, melk, suiker en botter. Sif sout en broodmeel saam en
voeg by gismengsel. Knie deeg totdat dit elasties word. Laat deeg rys in
‘n louwarm plek vir 30 minute. Meng appelkose, amandels, suurlemoenskil
en heuning. Rol verdubbelde deeg uit en skep appelkoosmengsel bo-op. Rol
deeg op en plaas in langwerpige broodpan. Laat rys vir 30-45 minute. Bak
teen 190C vir 20-30 minute of totdat die brood ligbruin en uitgerys is.
Verwyder uit oond en laat afkoel. Lewer 4 porsies.
BAHAMA RUMKOEK
KOEK
315g koekmeel
270g suiker
15ml bakpoeier
1ml sout
110g botter, gesmelt
250ml melk
2 eiers, liggies geklits
60ml rum
5ml vanieljegeursel
250ml gemengde, gekapte neute
RUMSOUS
125g botter
250ml suiker
65ml water
125ml rum
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n ringkoekpan van 22cm. Sif die
meel, suiker, bakpoeier en sout saam. Plaas die botter, melk, eiers en
rum in ‘n mengbak van ‘n elektriese menger, gebruik die menger se spaan
om die mengsel te verroom. Voeg die meelmengsel by en klop tot die
beslag goed gemeng is. Roer die vanielje geursel en neute by. Giet die
beslag in die voorbereide pan en bak 30-40 minute of tot die koek
terugwip wanneer jy liggies in die middel daarop druk. Smelt die botter
en suiker vir die sous in die water in ‘n klein kastrol. Bring tot
kookpunt, verwyder van die hitte en voeg die rum by. Giet oor die warm
koek – laat heeltemal wegsink voor jy die koek uitkeer.
BEENMURGSOUFFLE
125g botter
125ml koekmeel
5ml Dijon mosterd
500ml volroommelk
150ml room
5 ekstra groot eiers geskei
sout, peper en neutmuskaat na smaak
125ml gerasperde parmesaankaas
beenmurg van 5 gesaagde murgbene, sowat 3cm dik
Smeer 8 ramekinbakkies goed met botter. Smelt die botter. Roer die meel
stadig by en roer sowat ‘n minuut oor ‘n lae hitte. Geur met mosterd.
Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word. Maak seker dat
die mengsel glad en sonder klonte is. Voeg dan die room by en bring tot
kookpunt terwyl gedurig geroer word. Geur met sout, peper en neutmuskaat
en roer die kaas by. Laat effens afkoel. Klop die eiergele deeglik en
voeg dit by afgekoelde witsous mengsel. (tot hier kan jy dit 2 uur voor
die tyd berei en laat staan – bedek dan met ‘n vel waspapier om te
voorkom dat dit ‘n velletjie vorm. Vou egter die eierwitte teen die
einde in.) Voorverhit die oond tot 190C. Klits die eierwitte styf. Vou
dit liggies by die witsous in. Skep in die voorbereide bakkies en druk
‘n paar stukkies beenmurg in elk. Bak sowat 15-20 minute of tot
goudbruin en gepof. Sit onmiddelik voor.
BIERBREDIE
60ml olie
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
80ml koekmeel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250ml bier
1kg stowe beesvlleis, in 15mm blokkies gesny
250ml rooiwyn
375ml beesvleisaftreksel
50g tamatiepasta
15ml gekapte vars of 5ml droë gemengde kruie
3 wortels in ringe gesny
3 aartappels, geskil en in kwarte gesny
Verhit 2 eetlepels van die oli in ‘n groot kastrol oor matige hitte en
braai die ui en knoffel tot sag en bruin. Skep dit met ‘n gaatjieslepel
uit en hou eenkant. Geur die meel met sout en peper en rol die
vleisblokkies in die meel om dit te bedek. Die meel kan ook in ‘n
plastieksak gesit word en dan kan die vleisstukkies daarin geskud word.
Braai die vleisblokkies in kleiner hoeveelhede in dieselfde kastrol as
waarin die ui gebraai is tot bruin. Voeg nog olie by indien nodig. Nadat
al die vleis gebraai is, skep dit terug in die kastrol saam met die
gebraaide ui en knoffel. Voeg die bier, rooiwyn, aftreksel, tamatiepasta
en kruie by. Sit die deksel op, bring tot kookpunt, verlaag die hitte en
laat dit 30 minute prut. Voeg die wortels en aartappels by en laat nog
50-60 minute prut tot die vleis sag is. Sit voor saam met rys. Lewer 4-6
porsies.
BYBELKOEK
50ml melk (Rigt 4:19)
15ml heuning (1Sam 14:26)
1 koekie vars of 10ml droë suurdeeg (Matt 13:33)
850g koekmeelblom (Matt 13:33)
5ml kaneel (Hoogl 4:14)
1ml sout (Lev 2:13)
500g gedroogde vye (Hah 3:12)
250g rosyntjies (1 Sam 30:12)
100g gepelde amandels (Num 17:8)
250g botter (Spr 30:33)
300ml suiker (Jer 6:20 in Engelse Bybel)
3 eiers (Jer 17:11)
100ml water (Gen 8:3)
Smeer ‘n diep koekpan van 23cm in deursnee en voer die boom en sye met
waspapier uit. Plaas die oondrak op die tweede posisie van onder af en
voorverhit die oond tot 160C. Verhit die melk en heuning saam tot sterk
lou. Voeg die suurdeeg by en laat dit staan totdat dit ‘n skuimbol bo-op
vorm. Sif die koekmeelblom, kaneel en sout saam. Sny die vye fyn. Sny
die rosyntjies en amandels ook fyn en meng dit met die helfte van die
vye. Meng hierdie vrugtemengsel met die meelmengsel. Verroom die botter
en suiker saam. Roer die eiers een vir een hierby en klop goed na elke
byvoeging. Voeg die vrugte-en-meelmengsel by en meng. Voeg die suurdeeg
by en roer tot gemeng. Skep die deeg in die pan en maak dit gelyk. Bak
dit vir 90 minute of tot gaar. Laat dit effens in die pan afkoel en keer
dit dan versigtig uit. Kook die oorblywende vye en water saam tot ‘n
smeerbare pulp. Smeer dit oor die koek en laat dit afkoel.
DONKER GEMMERKOEK
125g margarien
125g strooisuiker
2 eiers, geklits
10ml gouestroop
15ml melasse
220g meelblom
3ml gemmerpoeier
3ml bakpoeier
125g verglansde gemmer, grof gekap
30g gekapte okkerneute
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n ronde koekpan liggies en voer die
boom met bakpapier uit. Verroom die margarien en suiker deeglik. Klits
die eiers, stroop en melasse by. Sif die meel, gemmer poeier en
bakpoeier saam en roer by die mengsel in. Vou laastens die
gemmerstukkies in en skep die mengsel in die voorbereide koekpan.
Sprinkel die gekapte neute oor en bak 60-70 minute of tot ‘n toetspen
skoon uitkom. Keer die koek uit en laat op ‘n draadrak afkoel. Lewer 1
klein koek.
DOZI SE BROODJIE
500ml witbroodmeel
12.5ml bakpoeier
5ml koeksoda
2ml sout
125ml sagte botter
185ml sagte bruinsuiker
2 eiers, goed geklits
5ml amandelgeursel
2ml vanieljegeursel
80ml pynappelsap
185ml geblikte fyn pynappel, gedreineer
250g droëvrugte koekmengsel
125ml rooi of groen glanskersies, gekap
Sif die witbroodmeel, bakpoeier en sout saam. Room diie botter, suiker
en eiers. Voeg die amandel en vanieljegeursel by en meng. Roer die
meelmengsel by die eiermengsel in. Giet die pynappelsap by en vou die
pynappel, koekmengsel en kersies in. Giet dit in ‘n voorbereide broodpan
en bak 1 uur of tot deurgaar by 180C. Laat die koek eers heeltemal in
die pan afkoel voor jy dit uitkeer.
GEMMER EN KANEELMADELEINTJIES
2 groot eiers
80ml heuning
80ml sagte bruinsuiker
210ml koekmeel
3ml bakpoeier knypie sout
3ml elk fyn gemmer en kaneel
125ml botter, gesmelt
kaneelsuiker om oor te strooi
kolwyntjiepannetjie
Voorverhit die oond tot 180C en spuit ‘n kolwyntjiepannetjie met
kleefwerende kossproei. Bring ‘n kastrol halfvol water tot kookpunt.
Meng die eiers, heuning en suiker in ‘n hittebestande glasbak. Sit die
bak op die kastrol met kookwater en klop die eiermengsel met ‘n
elektriese klitser tot lig en skuimerig. Maak seker die boom van die
glasbak word nie warm nie, anders kan die mengsel skif. Haal van die
hitte af. Sif die droë bestanddele by die eiermengsel en vou in. Vou die
botter in en bedek met kleefplastiek. Laat staan vir 30 minute. Skep die
mengsel in die pan en maak die bokante gelyk. Bak vir sowat 10 minute
tot goudbruin. Keer uit en laat op ‘n draadrakkie afkoel. Strooi
kaneelsuiker oor. Lewer 8 porsies.
GEMSBOK EN PATATPOTJIE
1kg gemsbokrugstring, in kleiner blokkies gesaag
50ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 groot knoffelhuisie, gekneus
sout en varsgemaalde swartpeper
1 lourierblaar
5ml droë tiemie
3 naeltjies
750ml vleisaftreksel
2 groot patats, geskil, in skywe gesny
50ml mediumroom sjerrie
Verhit 2 derdes van die olie in ‘n groot pot en braai die vleis daarin
tot goudbruin. Skep die vleis uit en hou eenkant. Verhit die res van die
olie en braai die ui en knoffel ‘n minuut lank. Skep die vleis weer
terug en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Voeg die kruie en
speserye asook vleisaftreksel daarby. Bedek, verlaag die hitte en laat
prut tot vleis sag is. Rangskik die patats bo-op die vleis, besprinkel
met die sjerrie en kook not 20-30 minute tot die patats ook sag gekook
is. Geur met sout en peper indien nog benodig. Lewer 4-6 porsies.
GRONDBOONTJIEHAPPIES
625ml Rice Crispies
125ml grondboontjiebotter
125ml gouestroop
60ml droë klapper
ekstra klapper vir bedekking
Meng al die bestanddele saam totdat dit egalig gekombineer is. Neem
opgehoopte teelepels van die mengsel en rol dit in bolletjies in die
palm van jou hand. Plaas in ‘n skottel wat ekstra droë klapper bevat en
rol die bolletjies daarin om die buitekant deeglik te bedek. Plaas
eenkant om uit te droog in ‘n lugdigte houer. Lewer 32 snoepbolletjies.
HASELNEUT PEERKOEK
375ml haselneute
10ml gerasperde lemoenskil
125ml koekmeel
125ml suiker
40g botter
1 ekstra groot eier
1 eierwit
15ml marsala of enige ander soetwyn
6 vars pere
gekapte aarbeie en skywe droëpeer vir versiering
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n reghoekige tertpan van ongeveer
32cm x 11cm en 2cm diep. Maak die haselneute goed fyn in die
voedselverwerker en voeg die res van die bestanddele, behalwe 4 van die
pere, een vir een by en verwerk tot goed gemeng. Druk vas in die pan.
Sny die orige pere in dun skywe en pak bo-op die koek. Bak sowat 50-60
minute tot stewig. Laat afkoel en sny in skywe. Versier met
droëpeerskywe en gekapte aarbeie. Lewer 1 langwerpige koekbrood.
Anna se Kombuis
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans.
Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort
dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is
betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by
jou.
Klik gerus hier en kyk
na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!
Of bel sommer direk vir Anna -
0822946799
Kletskous
Ons nooi almal hartlik uit om te kom klets by www.kletskous.co.za Ons het
veral 'n groot tekort aan aandkletsers. Almal wat Afrikaans kan praat is
baie welkom ons sien graag nuwe gesiggies in die kamer. Groete Moggy
Kinderstories
op CDEen van die
hoofdoelstellings van my webwerf en nuusbrief is om Afrikaans te
bevorder. Hier is nog 'n besonderse manier, kinderstories op CD.STORIEKLUB
lede ontvang 2 nuwe storie cds elke maand!
Versamel al 48 CDs oor 2 jaar, of kanselleer jou lidmaatskap wanneer
jy wil (minimum lidmaatskap-periode van 3 maande). Laai die intekenvorm
af en betaal met gerieflike maandelikse debietorders.As
jy dalk sou belangstel, klik
net hier.
Wapadrand
BoeredansgroepVir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n
epos na danna.smith@resbank.co.za
Gratis
oorsese Lotto kaartjie
Elke eerste
keer registreerder kwalifiseer vir 'n gratis kaartjie in een van die
groot oorsese Lotto trekkings, as jy dus nog NIE voorheen geregstreer
het nie, gaan as volg te werk:Om te begin,
gaan na:
http://ads.playukinternet.com/tracking/go/urlid/345/afftxtid/48/affid/343Nou moet jy
eers registreer, klik Register/Registreer
Vul die vorm in.
Jy sal ‘n epos ontvang waarop jy moet bevestig.
Nou is jy geregistreer en kan begin speel.
Gaan weer na die skakel hierbo, klik op Sign in/ Teken in
Klik dan aan die regterkant op Account Balance/Rekening Saldo en jy sal
sien in watter Lotto jy ‘n gratis kaartjie of “voucher” het. As daar nog
niks wys nie, byt net vas, hulle laai elke voucher met die hand.
As jy dan een ry op daardie Lotto speel sal jy sien dat jy niks
verskuldig is nie.
Jy sal die dag na die trekking ‘n epos ontvang met die nommers wat
getrek was asook jou nommers.
Tuiswerk/Tuisinkomste Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks.
Klik
hier vir meer besonderhede
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|