|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Gaan laai jou gratis resepteboek af by
Resepte
hieronder. Sommer 'n hele klom kampkosresepte!
My nuwe resepte
eBoek CD is nou beskikbaar, 60 resepteboeke sowel as Boererate op een CD,
sien verder ondertoe vir besonderhede en lys van boeke. Gaan kyk gerus
na die verskeidenheid van boeke wat op die CD is verder ondertoe.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die
ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die
minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër!
Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen,
dis 'n stewige R1,050,000,000!!!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Die
Afrikaanse rolprent - gister en vandag |
Baie dankie
aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie
reeks te gebruik:
Die Afrikaanse rolprent het in 1916 begin met DE VOORTREKKERS. Dit is
gevolg deur Sarie Marais en Moedertjie in 1931.
Die mense het swaargekry in daardie dae. Dit was die dae van Die Groot
Depressie en armoede. Rolprente het weerspieël wat gebeur het, en
VADERTJIE LANGBEEN in 1953, gegrond op Jean Webster se DADDY LONGLEGS,
het die tragiese, maar ook inspirerende verhaal vertel van ‘n weeskind
wat in ‘n weeshuis beland het en toe die kans gekry het om haar slag te
bewys.
Rita Bornman, Yvonne Theron en Esther Mentz het die vroulike hoofrolle
gespeel asof hulle vir die verhoog speel met weinig kamera-bewegings
waar die kamera nie geïnterpreteer het nie, maar net waargeneem het.
Pierre de Wet se regie was uitbundig en flambojant.
Patrick Mynhardt is die ywerige Barrie Cilliers, wat op Gertruida
verlief raak, maar haar hart is by Vadertjie Langbeen wat sy nog nooit
gesien het nie. Ons weet egter wie hy is. Dan doen die rolprent iets
baie gewaagd, wat beslis oorgeneem is uit die Amerikaanse rolprente van
daardie tyd. Wanneer Vadertjie Langbeen op ‘n oorsese reis vertrek, is
daar ‘n montage waar sy reis van een eksotiese plek na ‘n ander meng om
sy reis binne 2 minute af te handel. ‘n Stap vooruit vir die Afr
rolprent van daardie tyd.
En uiteindelik moet Vadertjie Langbeen bieg wie hy is... en hy en
Gertruida, ONTMOET uiteindelik en raak verlief. Die arme weeskind het
met sy hulp, verander in ‘n pragtige swaan op universiteit wat nou
gereed is om die lewe aan te durf. VADERTJIE LANGBEEN was een van Pierre
de Wet se mees suksesvolle rolprente.
Maar die volk het genoeg gehad van lyding en lang gesigte. Vóór
VADERTJIE LANGBEEN het PIERRE DE WET besef:
die mense wil vermaak word. Hulle wil ook lag nadat hulle gehuil het. En
toe maak hy DR. KWAK, gegrond op KNOCK van Jules Romains in 1948. Die
musiek wys presies watter rolprent om te verwag.
‘n Nuwe dokter kom op ‘n idilliese plattelandse dorp aan met Pierre de
Wet self in die hoofrol. Maar niemand op die dorp word ooit siek nie!
Maar die dokter laat hom nie van stryk bring nie. Teenoor bekende
spelers soos Gert van den Bergh, pa van Regardt vd Bergh, neem hy die
dorp op horings! En skielik die groot uitpeul-oë van nog ‘n fors in die
Afrikaanse rolprent van daardie dae: Al Debbo in een van sy eerste
rolprentrolle as ‘n hakkelende inwoner wat nie herwaarts of derwaarts
weet nie. Hier is Dr. Kwak besig om die mense van die dorp te organiseer
en te mislei.
Hier doen Pierre de Wet iets nuuts. Hy maak meer staat op visuele humor,
nie net dialoog nie. Dr. Kwakdoen liggaamsoefeninge. In ‘n eerste vir
daardie tyd word ‘n geraamte in ‘n lae kameraskoot tussen sy bene
deurgesien terwyl hy ‘n stuitige dans met die gebeente uitvoer. Gehore
was histeries. ‘n Vrou in die gehoor moes gelawe word so het sy gelag.
Dr. Kwak is trots op sy nuwe praktyk, al kom die mense hom NET met
ipekonders sien. En teen die muur waarskuwings soos PASOP VIR KIEME
terwyl Dr. Hendrikus Hermanus Kwak trots sê: ‘Ek het te veel verstand
vir ‘n politikus, daarom het ek in die medisyne gestudeer!” Hier waarsku
die fietse ontvangsdame / verpleegster vir Dr. Kwak dat hy gaan swaarkry
op Bergdal! Luister na die verfynde uitspraak, die oordrewe manier van
praat en die deklamering – als van die verhoog af geneem.
Maar, danksy die hulp van die sagmoedige onderwyser, Mnr. Kopifa die
apteker en BIE BIE BIE EN KIE-vendusie-afslaers raak die dokter tuis en
werk alles uit vir die beste!
In die laat 40’s is daar steeds kostuumdramas soos SIMON BEYERS met
Pierre de Wet en Eugene Heyns. Die Britse rolprent-tydskrif SIGHT AND
SOUND beskryf de Wet as S.A. se nuwe wonderkind. Hy maak in 1949 een van
sy grootste treffers. En die plakkaat kondig trots aan: SUID-AFRIKA SE
EERSTE MUSIEKBLYSPEL: KOM SAAM VANAAND!!
Die Vader van die Afrikaanse rolprent, Pierre de Wet, kry ‘n stewige
groep spelers bymekaar. Frans Engels skryf die draaiboek wat Pierre
terstond verwerk en aanpas. Die storie: ‘n Ryk familie word sleg deur
die Depressie geslaan. ‘n Moedige ma verduidelik aan haar dogter,
Eugenie Heyns as Louise, dat hulle vendusie sal moet hou en van hul
kosbaarste besittings afstand sal moet doen as hulle kop bo water wil
hou.
En dis net hier waar nog ‘n baanbreker-komediant kans kry om sy slag te
wys. Hy sou in feitlik elke Pierre de Wet rolprent hierna optree: Die
geliefde Frederik Burgers wat tegelyk die tragiese en die komiese, die
absurde en die geïdealiseerde saam in vertolking weergee.
KOM SAAM VANAAND wat, ten spyte van sy foute, steeds vandag gesien word
as die eerste Afrikaanse musiekblyspel met bekendes soos Betsie de la
Porte, Dirk Lourens en Hannes Uys, die pa van die bekende satirikus
Pieter-Dirk Uys. Die geliefde boere-orkesleier, Hendrik Susan, tree ook
in die rolprent op saam met die Braamfontein Jeugbondgroep olv Charles
Manning, terwyl Jan Pohl en Danie Bosman se musiek ook gebruik word.
Franz Engels skryf die draaiboek wat Pierre aanpas en die room van die
musiekbedryf soos Con Lamprecht, Anton de Waal en Nico Carstens vir
diens oproep. Hier tree Frederik Burgers voor die gehoor op en laat
hulle in die paadjies rondrol van die lag.
Tjoeksie, Louise se sussie, beland in ‘n ongeluk as ‘n vleuelklavier op
haar val en haar verlam. Sy kan net ‘n operasie bekostig as ‘n groot
konsert gehou word waar geld ingesamel word. Die konsert is ‘n reuse
sukses en skaterlag die mense vir Frederick Burgers en Al Debbo se
manewales. En ‘n mens kry die indruk dat van hulle komiese sketse
geimproviseer is. En so word Burgers gepromoveer na twee van sy
bekendste rolprente soos AS ONS TWEE EERS GETROUD IS en PIET SE TANTE,
gegrond op die klug: CHARLEY’S AUNT deur Brendan Thomas.
‘n Onnutsige student... ‘n baie volwasse Frederick Burgers kan geskors
word omdat hy “ondeund” was. Maar sy ryk tante gaan ‘n ruim skenking aan
die universiteit maak wat sal verhoed dat Piet geskors word. Die
probleem is: sy is nie tans in die land nie en Piet wil aanhou swot.
Piet fopdos as die ryk Mevrou Opperman en ontmoet die professor wat Piet
wil skorsnatuurlik raak die professor verlief op mev Opperman en erg
vatterig... Wat gewerk het met Frederick se spel was sy klipgesig, ook
genoem dead-pan in Engels, waarin hy sy spel vir die kamera begin aanpas
het en nie meer vir die verhoog nie.
Pierre de Wet het beslis geleer uit sy vorige produksies, want dié slag
word al meer moderne rolprenttegnieke gebruik soos ‘n kamera wat
krenk-bewegings uitvoer, met ander woorde dit beweeg van ‘n karakter se
voete na sy gesig, daar is ‘n inzoem na belangrike klugtige voorwerpe en
selfs ‘n sogenaamde swish pan waar die kamera vinnig van een voorwerp na
‘n ander ruk in plaas van om net in een redigering daarheen te sny. O ja...
en dan, natuurlik, moes Frederick Burgers as Piet Louw ook nog sing. Die
mense het tegelyk gelag en saamgesing. Een van die hoogtepunte uit PIET
SE TANTE.
Die misverstande wat plaasvind wanneer die ander studente, almal
hopeloos te oud om nog as studente deur te gaan, was die rede vir die
rolprent se groot sukses. Maar groot is Piet se vernedering as hy, nog
in vroueklere aangetrek, gekonfronteer word met die regte mevrou
Opperman. Die kwaai professor is natuurlik woedend en jaag Piet rond
sodat almal in die slottoneel, soos ‘n behoorlike klug betaam, in die
swembad beland.
Pierre de Wet maak nog ‘n klomp rolprente soos JY IS LIEFLIK VANAAND,
oom Piet se plaas , Hier’s ons weer, Altyd in My drome en ‘n Plan is ‘n
boerdery in die vroeë vyftigs.
Maar dan word die Universiteit van Stellenbosch opgehemel en dien die
swart-en-wit-rolprent MATIELAND as een van die beste advertensies nog
wat die pragtige universiteit ooit kon kry. MATIELAND het ‘n yl
verskonng vir ‘n storie gehad. Maar een ding is verseker: die
studentegees, die pragtige dorp en die natuurskoon is ten volle benut.
Hier word die skoonheid van die dorp en universiteit gewys en alles lyk
absoluut idillies. Jan Perold dink die storie uit en Pierre de Wet skryf
die draaiboek.
Die aantreklike Steyn de Jager speel die rol van ‘n boerseun, Andries,
wat Stellenbosch toe kom. Maar hy wil eintlik rugby speel. Sy pa, wie
anders as Frederick Burgers wat teen die tyd ‘n loket-naam was wat
tienduisende mense getrek het, het egter ‘n appeltjie te skil met die
professor wat Andries onder hande neem en nie daarvan hou dat hy met sy
mooi dogter uitgaan nie. Maar Andries is dol oor Stellenbosch soos hy
aan sy pa en ma per brief erken. Terwyl hierdie musiek speel word
studentebedrywighede gewys waar meisies ‘n bed in die straat dra,
verwarde eerstejaars die eerste keer op kampus aankom en geordende chaos
heers met tonele van studente wat boeke koop en by die Ou Hoofgebou
aankom. Maar elke liewe student lyk so onskuldig dat botter nie in sy
mond kan smelt nie.
Andries is oorweldig deur wat hy sien en besluit: dit was die beste
keuse nog in sy lewe. En hy kry Stellenbosch van meet af aan lief.
Luister na die noukeurige woordkeuses wat te geleerd vir ‘n rou
18-jarige is wat eerder na ‘n man van 30 lyk. Luister na die amper
blatante advertensie vir hierdie pragtige universiteitsdorp. Alles is
prentjieboekmooi en rein en onskuldig.
Gou pluk Andries sy baadjie uit en raak ‘n bobaas rugbyspeler wat die
nooientjies se fyn voetjies onder hulle uitslaan. Maar in die agtergrond
BLY sy pa se vyandskap met Andries se professor, want sien, Andries se
pa het sy nooi van die professor afgevry, en nou is die einste nooi
Andries se ma... Hier hoor Andries van sy onnutsige kamermaats hoe ‘n
wonderlike aster Vicky Potgieter is en dat sy net wag vir die regte
boerseun.
Die rolprent was naïef en suiwer... ek wonder of die studente destyds
hulleself in die fliek herken het, want selfs vir daardie tyd was die
beeld van studentelewe darem ‘n snapsie te Skitterblink. Maar
uiteindelik speel Andries vir Stellenbosch se eerste span rugby en kry
hy die nooi EN die rugbybal. Met haar handjie in sy hand stap hulle
gelukkig oor die Coetzenburg se rugbyveld pieke toe. En, wie weet, sê
die rolprent indirek: Dalk word Andries nog eendag Eerste Minister!
Na 'n lang
afwesigheid is minette trug, ek gaan elke keer een van haar stories plaas,
hulle is geskryf toe sy nog verbonde was aan 'n koerant in Namibië.
Kontak Minette hier.
Kettingbriewe
DIE anderdag kry ek weer een van daai kettingbriewe wat ek binne twee
sekondes vir ‘n halfmiljoen mense moet aanstuur anders gaan my rekenaar
ontplof/ek vir ewig sonder liefde wees/my toonnaels ingroei.
Ek wil heeltemal crack as dit gebeur, want al is ek nie vreeslik bygelowig
nie, is daar tog altyd die krapperige gewonder dat ek wel die ridder kan
ontmoet/tien miljoen pond van 'n wildvreemde tannie in Skotland kan erf/die
Nobelprys vir letterkunde kan wen.
Pure simpelgeit.
En laat ek nou net een keer dit waag om die gemors aan te stuur aan al die
kontakte op my adreslys, DAN reageer al die pêlle oor die aardbol skielik
met vreeslike drif. Vir maande sal jy niks van hulle hoor nie, maar stuur
net een gemorspossie en kyk wat is die reaksie. Hulle verwens jou tot in
ewigheid.
Gewoonlik is hierdie kettingbriewe vol geluk twee duisend jaar gelede deur
'n monnik onder in die kelder van die een of ander obskure kasteel begin.
Die betrokke brief is ook al nege en tagtig keer om die wêreld (hoe weet
hulle dit?) en as jy dit durf waag om die ketting te breek -- oee, -- wees
bang, wees baie bang.
Dan het die 'skrywer' van die brief nog die vermetelheid om goed te sê soos
'een man in die VSA het die brief as gemors afgelag en die ketting verbreek.
Twee minute later is sy kar gesteel, het sy vrou hom gelos, is hy afgedank,
het hy masels gekry en uit 'n hoë gebou geval. Gelukkig kon hy onthou in
watter vuilgoeddrom hy die kettingbrief gegooi het en het hy met koorsagtige
haas tienduisend kopieë gemaak en almal in sy onmiddellike omgewing daarmee
lastig geval. Binne 'n uur was sy vrou terug, is hy heraangestel, maar as
besturende direkteur met 'n splinternuwe Volvo, die masels het opgeklaar en
die beheerliggaam van die gebou waaruit hy geval het, het buite die hof
geskik vir twee miljoen dollars.'
Hoe kan hulle 'n mens so bang praat? Natuurlik gaan jy aan die bewe as jy
dink watter ellendes jou alles kan tref as jy nie dadelik begin afdrukke
maak nie.
Deesdae dwing ek myself om dadelik die delete-knoppie te druk as dit lyk
soos een van daai briewe. Wat die hart nie van weet nie, kan hy nie oor
treur nie, of so iets.
Amper net so erg soos die geluksbriewe is die soppy mense wat vir jou 'n
slide show stuur van wollerige diertjies wat deur koringlande rol, spekwang
babatjies met vlerkies wat op pienk wolkies sit en kwyl, plate en plate vol
wuiwende kosmosse en die diep, diep boodskap by elke prentjie soos: 'Daar
sal weer 'n kwetterende gelag wees na die trauma' of 'Ek is altyd daar vir
jou, al praat ons nooit en as ek dood is, sal jy in my hart wees.'
Die ergste van alles is dat jy en die afsenders van die diep woorde mekaar
beswaarlik ken en jy het ook geen idee waarom die persone jou gekies het as
die teiken van hulle emosionele ontlading nie. En behoede jou as jy weier om
die hele bedryf weer terug te stuur na die afsender (dit het weer iets te
make met die skakel wat nie gebreek moet word nie), dan kry jy sulke skreef
ogies en 'n 'hmf, wil mos nie my vriendin wees nie' wanneer julle verby
mekaar in die gang skuur. Nee, regtig.
Sou hulle die moeite gedoen het om my eers te leer ken, sou hulle baie
vinnig geleer het dat ek altyd my oë begin rol as iemand lostrek met woorde
van wysheid. (So gebore, ek het regtig geen beheer daaroor nie.)
Ek weet die skattige prentjies word seker met die beste bedoelings gestuur
maar hou nou asseblief op. Dit maak my briesend as ek by my werkies probeer
uitkom en tussen al die hordes e-posse eers vir 'n halfuur moet wag vir 'n
verwerkte weergawe van Psalm 23 met byklanke en lugfoto's om klaar te speel.
En raai wat, ek SAL baie geluk hê van nou af. Al het ek in die afgelope week
vyf geluksbriewe in vlamme laat opgaan.
Geduld is 'n gawe.
'n Piekniekmandjie vir
Moedersdag |
Ek het die volgende ontvang van
vriendin Anna Eksteen. Soos ek haar ken gaan dit weer 'n uithaler boek
wees en ideale geskenk vir Moedersdag, of selfs vir enigiemand anders.
Hier is wat sy skryf, kontak haar gerus. Die boek is 'n eBoek en word
per epos gestuur, dus kan jy dit reeds voor Moedersdag al ontvang.
Soos julle weet is dit eersdaags
die 9de Mei Moedersdag.
Ek is tans besig met die samestelling van 'n oulike resepteboek met die
titel LIEWE VRIENDIN, KOM ONS PAK 'N PIEKNIEKMANDJIE en wil ek by jou
hoor of jy my nie asseblief sal ondersteun deur een van dit te bestel
vir Moedersdag nie?
Nou sal julle my vra hoe bring ek Moedersdag en Liewe vriendin bymekaar,
en my antwoord is as volg:
1. Baie keer is 'n mens se beste vriendin jou eie moeder of jou
skoonmoeder.
2. Baie van ons het nie meer 'n mammie nie en sal ons dit graag aan
iemand wil gee wat hul plek ingeneem het.
3. Dalk wil jy jou vrou net bederf vir die spesiale moeder wat sy vir
jou kinders is.
4. Dalk is daar net iemand van wie jy weet wat 'n opkikkertjie nodig het,
al is sy nie 'n moeder nie en al het sy nie 'n moeder nie, Hierdie e-boek
is vir ALLE vroue, en nie net diegene wat die titel ma, moeks, mammie of
moeder dra nie. My beskeie mening is dat elke vrou met natuurlike
moederinstink gebore word, en dus in haar wese die moederlike / vriendin
rol op een of ander stadium in haar lewe vertolk. Of dit is vir jou eie
kinders, vir jou lewensmaat , of toe jy ‘n klein dogtertjie was vir jou
poppe ma-ma gespeel het en of dit is dat jy vir die hondjies, katjies of
voëltjies kos gee. Die moederinstink / vriendin sal daar altyd wees, so
ook die behoefte om te versorg, te bederf, te beskerm en te vertroetel.
Al hierdie dinge, is ma /vriendin wees dinge, en alle vroue het 'n
begeerte daartoe.
5. Dalk wil jy jouself net bederf want jy is jou eie beste vriendin.
Niemand ken jou so goed soos jy jouself ken nie.
Die boek handel oor vriendskap en liefde en 'n piekniekmandjie en al die
lekker eet wat daarmee gepaard gaan. Dit bevat verskillende kossoorte (soet
en southappies) (sosaties) (doopsouse) (koue soppe) (verskeidenheid
brode) ( lekkernye ) (drankies en vele meer) vir 20 verskillende
piekniekmandjies en sommer net allerhande mooi en besonderse sêgoed oor
vriendskap, en 'n idee of wat om vir die spesiale persoon as geskenkie
te gee.
Die boek sal voltooi wees die 5de Mei en sal die 6de vir jou aangestuur
word. Die prys daarvan is R60 elk.
Anna Eksteen
Epos:
anna_se_kombuis@yahoo.com
My nuwe
resepte eBoek CD - 60 boeke op een CD |
Ek het besluit
om al die Afrikaanse resepte eBoeke wat ek het op en CD te sit, dis
omtrent al die resepte wat mens ooit sal nodig hê. Nou hoef jy nooit
weer 'n resepteboek te koop nie en teen minder as R1.70 per boek is dit
baie billik.
Hier is die
lys van boeke:
101 Kraakvars slaaie,
101 Onweerstaanbare poedings, 110 Spyskaarte vir die werkende vrou
5 Beste van alle geregte, 217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte, Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling, Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Die CD kos R100,
geregistreerde posgeld ingesluit (dis om en by R1.60 per boek). Met Fastmail
koerier, volgende dag aflewering, kos dit R130.
As jy die Fastmail
metode verkies kan ek vir jou onmiddelik 'n spoornommer (tracking number)
gee, dit sal jou gemoedsrus gee aangesien jy 'n oorbetaling moet maak aan
iemand wat jy nie ken nie.
Klik hier om my bankbesonderhede te kry, onthou om ook jou posadres te
verskaf
Klik
net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra
die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En
as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook!
Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis
kaartjie.
Regs klik hier om 'n
skermbeeldfoto af te laai. Ek het dit onlangs by Lochvaal geneem.
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
Boeremusiek
Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde" |
Hennie
Cilliers
Hennie se boeremusiek kom al van skooldae af — eers met die
mondfluitjie en daarna die konsertina. Hennie het vir baie jare
die Boeremusiekvlae aan die Oosrand laat wapper en sy huis was
'n afsaalplek vir baie van ons voorste Boeremusikante want sy
oorlede vrou, Nonnie, was baie gasvry en 'n uithaler kok.
|
 |
|
|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier.
Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za
Mirna is ‘n
opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by
verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof
en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma,
lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en
vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com
Laingsburg
Ek moes al deur
baie trauma en persoonlike verliese strompel in my kort lewe, insluitend
om vir die dood te knipoog. Die een ondervinding wat my lewe so
aangrypend verander het dat ek altyd aan my lewe in terme van “voor” en
“na” hierdie episode dink is die feit dat ek die groot vloed van
Laingsburg in 1981 oorleef het. Om op ‘n dak te sit wyl mense voor jou
oë verdrink en onseker is of al jou geliefdes veilig is, is ‘n
ondervinding wat ‘n mens se verwysingsraamwerk 360 grade verander. Ek
het elke enkele besitting binne 24 uur te verloor, uitsluitend my lewe,
‘n Bybel en ‘n sak vol onderklere! Eendag sal ek vertel van daardie dag
maar vandag wil ek graag deel wat ek uit daardie skrikwekkende
ondervinding kon leer.
Daardie dag het ek geleer dat ‘n mens kan die dood in die gesig staar en
totaal rustig daaroor wees. Hieruit het ek geleer om die dood nie langer
te vrees nie, maar te respekteer.
Om alles wat jy het te verloor en om slegs ‘n paar badkamerteëls oor te
hê van wat jy eers jou tuiste kon noem, leer ‘n mens dat wat jy het,
eintlik genoeg is. Jy het nie eintlik meer en meer en meer nodig nie. Jy
het eintlik net nodig om dit wat jy het, meer en meer te waardeer. Jy
leer dat wat onontbeerlik in die lewe is, is werklik die dinge wat jy
nie kan sien nie-soos ons lees in The Little Prince. Liefde, gesondheid,
verhoudings en geluk-onder andere.
Ek het geleer dat die Dood definisie gee aan die Lewe. Sonder die Dood
sou ons ‘n ongemotiveerde lui lot gewees het, met geen dryf om elke dag
tot die volste te lewe nie.
Ek het geleer om die lewe in sy volheid te omhels-soos Thoreau gesê het:
“to suck out the marrow of life”. Eenvoudig omdat elke dat regtig jou
laaste kan wees.
Die filosofiese knyptang is natuurlik dat dit menslik onmoontlik is om
elke dag voluit te lewe, want ‘n mens raak so opgevang in elke dag se
kleinighede. Ek het wel ‘n manier ontdek hoe ek elke dat “amper voluit
kan lewe”. Ek beskryf dit in ‘n frase wat gereelde lesers nou al sal
herken: “selfbewuste lewe”. In die sielkunde word dit in verskillende
terme beskryf, meestal in die term “mindfulness living”. Dit beteken om
elke minuur van die dag te weet waarheen jou tyd gaan, sodat jy daardie
minuut kan laat tel, al is dit net in volkome “niksdoen”. Dit beteken
ook om te weet wat jy voel en wat andere moontlik voel. Toevallig is dit
ook die basis van wat ons vandag ken as “emosionele intelligensie”.
Ek het geleer om genot te put uit selfs die kleinste plesiertjie terwyl
jy kan, om vir die meeste mense life te bly solank as wat jy kan, om
sterk maar sag te wees, om elke situasie en elke mens met soveel humor
as moontlik te hanteer en dat sagtheid meer regkry as aggressive. Ek
probeer om meestal te lewe vanuit hierdie persoonlike waarhede. En ek
slag. Meestal.
Seënwense van hart tot hart.
HONDBYT…As ‘n hond jou gebyt het
moet jy van sy hare afsny en op die bytplek sit…dit sal dat die kwaad
uittrek
HOOIKOORS…Meng bloed met dieselfde hoeveelheid bitterappelsap en ruik
daaraan.
HOOIKOORS…Snuif 'n bietjie tafelsout soos gewone snuif.
INFLAMMASIE…Prik 'n hond se oor, neem 10 druppels bloed saam met suiker
om inflammasie te breek
INFLAMMASIE…Verbrand 'n bokhoring in die vuur, maal fyn en gee vir die
persoon 1/2 teelepelvol in.
JIG…Bedel by iemand 3 klein aartappeltjies en dra dit in ‘n sakkie op
jou heup…manspersone dra dit sommer in die broeksak.
JIG…Sny ‘n bandjie van ‘n likkewaanvel en sit ‘n gespe daaraan. Dra dit
waar die pyn is.
KANKER…Slag ‘n slang af en sny die vel in repe en sit op die kankerplek…vervang
soos nodig tot die kanker gesond is.
KANKER…Vat skilpadlewer..sny oop en sit net so op die kankerplek.
Dwaalster
Deur Eugène Terre'Blanche
Tussen volmaakte sterre
Hang ’n goudkleur maan
En ek grawe na herinneringe diep gebore
Na die dwaalster se ontstaan
In watter vreemde nag
Het die skitter ster uit sy baan
Met groter glimkrag
Sy eie koers gegaan
Dwarsoor die melkweg se wit
Het hy gillend en glimmend gegly
In sy afdraande rit
By planete en sterre verby
Op die rand van die afgrond
Het Hy gestaan
Met hande deur spykers verwond
En Hy gryp my, want ek wou saam
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf . Sport fotos onlangs bygalas
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome, wat nou in Amerika woon, bevorder ook Afrikaans op die net,
klik hier om vir haar 'n epos te stuur, vra dan sommer ook
besonderhede oor haar briewe wat sy uitstuur. Kom ons ondersteun haar
ook! Dit kan net goed wees vir Afrikaans. Hoe meer mense 'n passie het
vir Afrikaans en dit op die internet wil bevorder hoe beter vir ons mooi
taal.
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Gesprek tussen Gatiep en Gammat
laas week in Kaapstad:
“Dja Broe, die niewe S.A. es darem nie so sleg. Nie,
Die petrol gaatOP ...
Die brood gaat OP ...
maar die krag gaat darem AF”
Die satan besoek Kaapstad en loop Gatiep raak.
“Hallo Gatiep, weet jy wie ek is sê ou Niek
"Nay", sê Gatiep, "gie my a hint"
Satan sê, "ek is die Prins van Darkness"
"Djislaaik" sê Gatiep, "djy's dan seker die CEO van Eksdom"
Gatiep word deur 'n verkeerskonstabel afgetrek,
Verkeerskonstabel: Gatiep ek sien net een van jou hoofligte werk.
Gatiep: Ja konstabel dit is load shedding ek sal later die ander enetjie
aanswitch.
U word uitgenooi na 'n "knyp die kat innie donker" partytjie.
Met trots geborg deur Eksdom.
Tyd: Sien Eksdom Beurt Krag Skedules.
Plek: Sien Eksdom Beurt Krag Skedules.
Voel jou daar!
Baba beer sit in sy klein stoel by die tafel. En kyk na sy klein pap
bordjie:
"Wie het my pappies ge-eet?”
Pappa beer kyk na sy groot pap bord:
"Wie de duiwel het my pap ge-eet?" Grom hy.
Mamma beer se kop verskuin om die kombuis deur.:
"Ek het nog nie die blerrie pap gemaak nie. Want die krag is al weer af!“
Die volgende dringende aankondiging gister in ’n persverklaring deur
Eksdom uitgereik:
“In ons voortgaande veldtog om enerie te bespaar is die lig aan die
einde van die tonnel afgeskakel en sal hy so bly tot verdere
kennisgewing.
Sal u dus so gaaf wees om alle drome en hoop op die toekoms op eis te
plaas
Ons vra omveskoning vir enige ongerief wat deur hierdie situasie
veroorsaak is
Van:
http://www.eksdom-jokes.co.za/
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
st
se pitkos
Klik hier
om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
'n Boer is dood
Op sy plaas, vandag, lê die Boer Eugene Terblanche begrawe, in die grond van
die land wat hy so vuriglik liefgehad het. Vermoor.
Op die verhoë, en dit word gewys oor die televisieskerms van die land, het
die leier van die jeugbeweging van die regerende party sy gewraakte lied
"kill the boer" gesing.
Dit stem mense onrustig, sommiges praat van 'n rasse aardbewing (op die
televisieprogram Fokus Sondagaand) wat in Suid-Afrika kan plaasvind. Daar is
onsekerheid; daar is vrees vir 'n groter rassekonflik wat oor die land kan
spoel. Meer as 3000 boere reeds vermoor. Sommige op die aakligste denkbare
wyse. 'n Gespannendheid in die lug oor al die dinge wat rondom ons gebeur.
Ek is van mening dat die meerderheid mense in ons land vredeliewend is en
met hulle gewone lewe en werk wil voortgaan. Daar is egter aanhitsers wat om
'n politieke rede, magslustige rede, of watter rede ookal, dinge sal opstook
en mense sal opsweep. Die meeste mense, van alle rasse en kultuurgroepe, wil
in liefde met hul naaste lewe, vir hulle familie sorg en vir hul kinders 'n
veilige land gee waarin hulle kan woon en werk. Waar jy in vryheid kan leef,
waar jy kan lag en sing, en jou godsdiens kan beoefen, waar jy 'n toekoms
het. Dis waarskynlik waarom mense in hul duisende Suid-Afrika verlaat,
omrede hulle nie meer 'n toekoms vir hulself hier aan die suidpunt van
Afrika sien nie.
Ek is seker die meeste soldate in die Tweede Wêreldoorlog was ook
vredeliewende mense wat 'n normale lewe wou voer, vir hulle familie wou sorg.
In vrede en rustigheid vir hul kinders 'n toekoms wou skep. Nie
oorlogsugtige mense nie. Maar iewers het, agter duistere skerms, 'n klompie
mense gesit en gedink en oorlog beplan. En mense is in hul honderdduisende
opgeroep na die slagveld toe. Miljoene is doodgeskiet, doodgemaak en vermink,
gesinne is uitmekaar geskeur, stede en lande is verwoes. Die skade aan
menselewens onberekenbaar.
Wat gaan in Suid-Afrika gebeur? Ek weet nie.
Is daar iets wat ons kan doen? Moet ons die wapen opneem? Onsself gereedmaak
vir die oorlog? Wel, ek dink dis altyd 'n goeie (noodsaaklike) idee om
jouself en jou gesin en huis en haard te beveilig. Die misdaad en moord en
doodslag vra dat jy dit doen. Ek sê nie jy moet oorlog maak nie, glad nie,
maar dis nodig om veiligheidsbewus en paraat te wees [dis egter nie nuwe
nuus nie, 'n mens hoor en lees gereeld van die beveiliging van jouself en
jou mense]. Mag ons 'n burgeroorlog gespaar bly. Mag ons vrede in ons land
kry.
Maar is daar meer wat ons kan doen? Eposse en gesprekke doen die rondte vir
gebede vir ons land en sy mense. Ek wil hierby aansluit. As ons nog nooit
tevore gebid het nie, is dit verseker nou die tyd om dit te doen. Ek sê nie
jy moet saamtrek op groot sportstadions nie (jy kan dit ook doen), maar in
jou binnekamer moet jy jou verootmoedig voor die God wat hemel en aarde
gemaak het. Doen dit elke dag, dit moet deel word van jou lewenspatroon. Bid
tot die God wat steeds in beheer van die heelal is. Daar in jou binnekamer
kan jy intree vir jouself, vir jou dierbares, vir jou volk, vir jou land,
vir hulle wat in nood en ellende verkeer. Jy kan daar inskakel en aanklop by
die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde, die Eerste en die Laaste.
In Jesaja 41:13 staan: "Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan,
Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou."
Psalm 50:15: "En roep My aan die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en
jy moet My eer." Of dit nou angs en vrees is vir jou persoonlike
omstandighede, finansiële probleme, benoudheid oor jou verhoudinge,
bekommernis oor jou land en volk, of watter probleem ookal, jy kan die Here
aanroep in jou benoudheid. Jy voel soms onder in die put van moedeloosheid.
Bang, want jy weet nie wat die toekoms inhou nie. Soms lyk dinge so donker
vir jou. Hy sal jou uithelp. En jy moet die Here eer.
Ja, dis onstuimige tye, daar was al voorheen moeilike situasies, en daar sal
sekerlik in die toekoms weer wees, maar die Here ons God is altyd, deur die
eeue en geslagte heen, daar vir Sy kinders. Ook vir jou.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in
die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die
aarde op die proef te stel." - Openbaring 3:10 -
'n Laaste gedagte oor Eugene Terblanche. Hy was 'n man wat onverskrokke
geglo het vir die saak waarvoor hy staan. Noudat hy fisies vermoor is word
in die pers karaktermoord op hierdie man gepleeg - noudat hy nie meer daar
is om homself te verdedig nie. My medelye en goeie wense vir sy gesin,
familie en vriende.
Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis
en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf
beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
|