http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

 

Nommer 149

Besoek my Webwerf

15 Junie 2010

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!  

Ons is sopas terug van 'n wegbreek na Ukuthula Lodge by Rooiberg asook Modumela Lodge in Botswana. Volgende maand gaan ons St Lucia toe en in Augustus na Kagga Kamma. Dis harde werk, maar iemand moet dit doen :-)

Hierdie uitgawe se pasella is 'n Vrouekeur resepte eBoek wat en van die intekenare vir my gestuur het.

My nuwe resepte eBoek CD is nou beskikbaar, 60 resepteboeke sowel as Boererate op een CD, sien verder ondertoe vir besonderhede en lys van boeke. Gaan kyk gerus na die verskeidenheid van boeke wat op die CD is verder ondertoe.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Custom Search

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Vadersdag geskenk

Pa se Boek - een van Anna Eksteen se boeke, (dit word per epos gestuur so nog in tyd vir Vadersdag volgende naweek). Sien verder na onder hoe om te bestel en ook 'n volledige lys van al haar boeke

Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag

Baie dankie aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie reeks te gebruik

Die rolprente van JAMIE UYS

Hy is in 1921 in Boksburg gebore. Na skool word Jamie Uys ‘n onderwyser en gee wiskunde aan die plaaslike hoërskool waar hy vir Hettie, ook ‘n wiskunde-onderwyseres, ontmoet. Hulle raak verlief, trou en trek bosveld toe, 140 km noordwes van Potgietersrus of vandag se Lepalale. Hy boer langs die Palala rivier en saam met Hettie bedryf hy enkele bosveldwinkeltjies voordat hy as magistraat diens doen. 
Jamie vertel dat hy selfs deur ‘n rivier moes swem en deur die bosse moes loop om by die hof uit te kom, en dit is hier waar die idee gebore is vir ‘n doodgewone kêrel, nes Jamie, wat in die bosveld boer en dan ‘n nuwe onderwyseres moet oplaai. Al wat die arme vrou weet, is dat die man wat haar moet kom oplaai DAAR DOER IN DIE BOSVELD woon!

‘n Bok kyk nuuskierig na die kamera, bome koester die loom bosveld-dag rustig langs die rivier, bobbejane baljaar en ‘n miskruier stoot sy kosbare vrag desperaat teen ‘n wal uit terwyl DAAR DOER IN DIE BOSVELD se musiek in 1951 speel. Die publiek was besete oor hierdie rolprent waar ‘n lomp Afrikaner, wat net trekkers en beeste ken, skielik deur sy vriend gevra word om die mooi nuwe onderwyseres by ‘n bushalte in die bosveld te gaan haal.....

En oor die weer praat Hans Botha so dikwels met Martie dat haar hoed skoon platval daarvan. Maar voordat Hans by die verlate Martie by die bosveld bushalte uitkom, ry hy met sy tjor oor ruwe bosveldpaaie en probeer ‘n hek oopmaak. Maar o wee, die tjor het nie brieke nie.... Dit gly agteruit, Hans pak klippe en maak dit elke keer NET-NET deur die hek! Hierdie hek oopmaak-toneel in DAAR DOER IN DIE BOSVELD in 1951 was tot in daardie stadium, en selfs vandag nog, die snaaksste toneel nog in ‘n Afrikaanse rolprent en het gewys dat Uys ons eie Charlie Chaplin was met ‘n genialiteit vir die sg deadpan of klipgesig visuele komedie wat min hom kon nadoen. En dan ontmoet Hans die pragtige juffrou du Toit wat grimmig op ‘n klip sit en wag.

En so hinke-pinke hulle met die 19-voertsek tjorrietjie tot op die dorp. Hier dra Hans die mooie juffrou met stoïsynse geloof deur vol riviere, ry met haar deur slaggate en trotseer bobbejane en wilde diere voordat sy veilig by haar bestemming aankom. Net haar hoed se veer het geknak. En dan ‘n stukkie onvergelyklike Afrikana. Die bosvelders hou piekniek, speel kennetjie en ander boerespeletjies en die mooie Martie sing: Groen doringbome as ‘n soort liefdeslied aan die bosveld. Maar uiteindelik kan Hans dit nie meer hou nie. Dán is sy hoed op, dán is sy hoed af, dán struikel hy, dán val hy, maar hy MOET vir Martie vertel hoe hy oor haar voel.

Maar al wat oppas, is Hans. En uiteindelik wys hy haar waar Dawid die wortels gegrawe het en verklaar sy liefde. Hy vra haar om met hom te trou. En blosend aanvaar Martie sy liefdesverklaring. Maar Jamie wil nie hê jy moet loop nie. Want aan die einde van die fliek wys hy gou wat alles met Hans en Martie gebeur het ná hul troue... met twee kinders wat NET soos Hans lyk en Marietjie wat net so lomp is soos hy... en die ou tjor wat uiteindelik ‘n rusplek langs die pad gekry het... Terloops, dit lyk steeds na reën daar doer in die bosveld. 
Jamie het self die kamerawerk gedoen, die storie uitgedink, die draaiboek geskryf, die kontinuïteit gedoen asook die rolprent geredigeer en vervaardig. En soos gerugte dit wil hê moes Jamie ‘n klein swart seuntjie gebruik om agter die kamera te staan terwyl hy deur die rivier geswem het of ander waaghalstoertjies gedoen het om dop te hou wat deur die lens gebeur! Hy volg DAAR DOER IN DIE BOSVELD op met DAAR DOER IN DIE STAD en toe in 1955 GELD SOOS BOSSIES!!

Dié slag sluit Jamie se broer Jok by hom aan. In GELD SOOS BOSSIES werk die twee manne hulle besimpeld... daar is uitgrawings en geordende chaos, dit terwyl hul baas hoegenaamd nie vir hul sjarme val nie en die broers summier in die pad steek. Een van die snaaksste motorjaagtogte nog vind plaas waar die 2 broers op twee wiele om die draai skuur voordat hulle nuwe planne beraam!

Die twee tawwe tienies gaan werk in die meule, maar o wee: met die masjiene wat skud en die lawaai wat loei, begin hul koppe later aankap... en besef die twee broers: geld kan nie geluk koop nie. Geluk lê in jouself.
In 1961 volg nog een van Jamie se grootste treffers: HANS EN DIE ROOINEK. Jamie was ‘n meester om die spanning tussen boer en Brit te ontgin, maar op so ‘n onskuldige manier dat die een nooit verkleineer is nie. Uys se humor was ook nie venynig nie, maar eintlik vol deernis met ‘n tikkie naïwiteit as ‘n stoere Afrikaner, wat skaars YES kon sê, en ‘n Brit, gespeel deur Bob Courtenay, wat nie ‘n enkelte woord Afrikaans wou praat nie, mekaar uitdaag om alles beter as die ander te doen. Dan daag hulle mekaar uit om Johannesburg toe te stap. 
Terwyl hulle stap, het Hans die sigarette maar nie die vuurhoutjies nie. Die Rooinek het die vuurhoutjies, maar nie die sigarette nie. En so vertoorn hulle mekaar op pad Johannesburg toe en plaas onwerklike struikelblokke in mekaar se pad. Padtekens word omgedraai en Hans ry saam met ‘n dronkie wat hom amper verongeluk, net om agter te kom dat die dronkie aller yl met sy mankoliekerige motor voor ‘n aankomende trein probeer verbyjaag... Hans probeer uitkom, maar die deur wil nie oop nie, die dronkie klou aan die stuurwiel en die trein kom nader en nader!!

Uiteindelik kom Hans en die Rooinek tegelyk in Johannesburg aan, maar steeds wil hulle nie vrede maak nie. Die bakleiery duur tot by die laaste raampie van die film. 
Maar toe maak Jamie ‘n rolprent wat ‘n jong Leon Schuster as kind sou sien, en wat hom sou inspireer om later self ‘n rolprentmaker te word. Dit het gegaan oor ‘n kêrel wat in 1859 gedurende ‘n oujaarspartytjie op sy nooi Rina se plaas ‘n konkoksie drink wat hom 100 jaar lank laat slaap. Arme naïewe Rip van Wyk maak terselfdertyd kennis met ‘n vriendelike oom wat ‘n ondeunde vonkel in sy oog het, gespeel deur Gert van den Bergh. Die oom praat Rip om om sommer twee keer van die konkoksie te drink.... en dit alles so kort voor 1860 se nuwejaar....

Arme ou Rip van Wyk slaap vir 100 jaar, en toe hy wakker word, ontdek hy ‘n moderne samelewing waar toeterende motors hom byna ‘n hartaanval gee, fabrieke sy plaas se lug besoedel en hy koppig met sy perd na die grootstad toe ry om die oom te soek wat hom gaan help om terug te reis na 1859. ‘n Motor is vir Rip erg genoeg en hy maak homself amper nat toe ‘n man by hom stilhou met ‘n radio waarop ‘n advertensie uitgebasuin word. Rip dink iemand praat met hom en reageer flink op die advertensie se vrae,

Rip vlug vir vliegtuie en duik weg vir motors.... net om uiteindelik by ‘n sielkundige te beland wat hom omtrent in die tronk toesluit. Hy word op ’n bed vasgemaak, maar laat hom g’n deur ‘n kooi gevange hou nie, en met die bed agter op sy rug vasgemaak, storm hy by die tronk uit. Sy pad kruis weer met dié van die geheimsinnige oom. Hy ontmoet ook die bure se blinde dogter en besef dat hy indirek vir haar blindheid verantwoordelik was. Die oom sê sy kan haar oë terugkry as Rip SYNE vir haar gee... 

Die vrolike nooi kan weer sien, maar Rip van Wyk gaan sy oë verloor. Rip vra of hy sy plaas en sy nooi net een keer weer kan sien... hy kry ook net 2 minute om sy nooi, weer genoem Rina, die jawoord te vra....

Jamie Uys se baanbrekerskomedie, een van sy heel gewildstes! Die klassieke RIP VAN WYK. In 1964 maak Jamie sy eerste internasionale rolprent met Ken Gampu genaamd DINGAKA waaruit hierdie klassieke liedjie kom....TULA BABA.
Onthou bietjie, in daardie jare het elke plattelandse dorpie nog sy fliek of bioskoop gehad en ‘n Jamie Uys-rolprent het NOOIT ‘n oop sitplek gehad nie! Voor Dingaka volg LORD OOM PIET waar oom Piet Kromhout en sy Engelse buurman, wie anders as Bob Courtenay, nie oor die weg kan kom nie. Dan ontdek oom Piet tot sy skande dat hy Engelse bloed het en boonop ‘n Lord is!! Oom Piet trek ‘n Skotse rokkie aan, nes sy oupa, maar nou is daar ‘n probleem. Oom Piet wil vir die Nasionale Party staan. Maar wat sal die stemgeregtigdes sê as hulle agterkom hy is eintlik ‘n Engelsman? 

En Boer en Brit maak dalk op die oppervlakte vrede, maar diep binne in hulle sal die Natte en die Sappe nooit deur dieselfde oë na die wêreld en die land om hulle kyk nie. Maar die goeie nuus is: Oom Piet wen die verkiesing!!

JAMIE UYS sorg vir nog vele treffers soos DIE BOSVELDER, OUPA EN DIE PLAASNOOIENTJIE, DIE PROFESSOR EN DIE PRIKKELPOP IN 1967, KING HENDRIK in 1966 en ‘n reuse-treffer met Jamie se seun in die hoofrol: DIRKIE in 1969. En daarna sy drie grootste treffers wat van hom ‘n internasionale naam gemaak het: BEAUTIFUL PEOPLE, ‘n dokumentêr oor die dierelewe van S.A. wat op die maat van klassieke musiek aangebied is en waarvoor hy die Hollywood Golden Globe wen vir beste dokumentêr. En toe... FUNNY PEOPLE. En dis hier waar ek, LVN, self vir Jamie Uys in ‘n rolprent gespeel het.
Ek was ‘n jong omroeper in 1975 en gedurende my eerste omroepersvergadering kry ek opdrag van die destydse hoof, Morkel van Tonder, om vinnig die 11-uur nuus te lees omdat die nuusleser, Daniël Kirstein, kwansuis siek geword het.
Ek gaan sit toe die stippe van die tydsein uitbasuin en word ‘n nuusbulletin in die hand gestop wat wemel van nie alleen vloekwoorde nie, maar nuus wat hoegenaamd nie sin maak nie en ‘n hele bladsy vol Russiese politici se name... Ek het moedig deur die bulletin geworstel en al waaraan ek kon dink was dat ek ‘n week nadat ek as omroeper begin het, my werk verloor het omdat ek op die lug gevloek het. Maar na die bulletin kruip Jamie uit ‘n kas waarin die kamera weggesteek was en skud my hand. “Mooi gedoen. Jy was op FUNNY PEOPLE,” was sy woorde. En die res, soos hulle sê, is geskiedenis.
Jamie bereik internasionale roem met THE GODS MUST BE CRAZY wat miljoene internasionale dollars verdien en 3 jaar onophoudelik in Amerika speel, en toe die vervolg: THE GODS MUST BE CRAZY 2. Albei die rolprente was in Engels en val dus buite die verwysingsveld van hierdie program. Maar dit het Jamie Uys bevestig as ons mees geliefde en vooraanstaande rolprentmaker.
Jamie is in 1996 aan ‘n hartaanval oorlede.

Minette

Na 'n lang afwesigheid is minette trug, ek gaan elke keer een van haar stories plaas, hulle is geskryf toe sy nog verbonde was aan 'n koerant in Namibië. Kontak Minette hier.

Mechanics 

MOET vir niemand sê nie, maar ek gaan nou aandklasse loop in ‘motor maintenance’ en ‘repairs.’
Sodra ek my pampiere in die hand het, wil ek heel dom en met fladderende wimpers my motor terugneem na die jakkals met die bombastiese snor wat my laas so ingeloop het.
Ek wil lispelend sê dat die karretjie so ‘n doef-doef geluid iewers aan die onderkant maak en dat ek sooo bly is dat die jakkals so slim is met al hierdie man-goeters. Dan sal ek wag tot sy bors tot kropduifproporsies swel en die dollartekens in sy oë flikker. Ek sal in reaksie daarop my ogies nog groter rek en skaam-skaam glimlag.
Met ‘n kordaatstappie sal hy liplekkend om die tjor wikkel, alles ter wille van die maklike en dowwe teiken wat so verwonderd na al die grote masjiene in die werkswinkel staar.
Meanwhile back at the ranch, sal hierdie doedie se tone omkrul van lekkerkry in afwagting op sy diagnose.
Die scenario:
‘Uh ja,’ maak Snorrie keelskoon terwyl hy die revs opjaag en baie diep frons. ‘Beslis ‘n nuwe silencer. Fanbelt skree ook. Pistons, brake pads, CV joints. Vervang, vervang….’ Die frons keep tot in sy brein en dan, met ‘n beswaarde sug en bewende moestas: ‘Ons kyk na so…uhh…mmmm…tweeduisend dollar, arbeid en VAT ingesluit natuurlik.’ Selfvoldaan se baas.
Doedie snak duiselig na asem en haar fyn handjie vlieg tot teen haar kloppende hartjie. ‘Oee, meneer, jy is darem goed vir my! Is dit al? Ek het regtig gedink dit gaan ‘n vreeslike duur storie wees. Jy is ‘n ou sweetheart.’
Die snor bewe aansienlik vinniger.
‘Wag ‘n bietjie,’ sê Die Kenner dan vinger in die lug. ‘Wag ‘n bietjie. Jou alignment lyk uit. Ons sal ‘n wielbalansering ook moet doen. Maar dié kan ons sommer doen wanneer ons al vier tyres vervang. Jy het net betyds hier aangekom, Juffrou. Jou karretjie is ‘n death trap.’ En hy kyk met groot wange vol afwagting vir die omhelsing waarin Doedie hom beslis nou moet werp.
Maar dan, die sweepslag.
Doedie staan terug en plant haar skielik-nie-meer-so-fyn handjies op haar heupe. Soos iets uit ‘n cowboy movie staar sy vir die vyand terwyl die temalied van ‘High Noon’ deur die werkswinkel weergalm.
‘Jou bliks.m’ sis sy. ‘Daar is NIKS verkeerd met die fanbelt, die CV joints OF die silencer nie! As jy die moeite gedoen het en jou klein ‘show’ nog meer indrukwekkend wou maak, kon jy ten minste net die bonnet oopgemaak het en na ‘n ligte inspeksie GESIEN het die manifold is effe gekraak. DIT kan jy met ‘n goeie sweiswerkie herstel wat jou nie meer as -- uhmm -- kom ons sê ‘n N$150 kos nie. In die uiterste geval sou ek aanbeveel dat jy ook kyk na die front pipe en ‘n flange of twee, maar ek twyfel…En terloops, dis vier splinternuwe Continentals wat jy daar sien. Nog iets?’
Die laaste note van High Noon sterf met ‘n blêr en ‘n stilte kom hang soos ‘n nat kombers in die lug.
Snor hap-hap soos ‘n ghappie rond vir suurstof. Klein, benoude kraakgeluidjies probeer by sy keel uitkom, maar word summier teruggedruk wanneer Doedie met skreeuende bande wegtrek en hom in ‘n vieslike petrolwalm agterlaat.
‘Tarra!’ skree sy vrolik en swiep haar blonde haarslierte met mening uit haar gesig.
En begin opgewonde soek na die volgende werkswinkel. 

Die vlakvark verstaan Afrikaans

Deur Marthie Taylor

Ons kry kuiergaste uit Australië. Naby familie, baie naby.
Eers my sus wat nou in Brisbane woon. vyf jaar lank al. Sy’s mooi vir haar jare, baie mooi en goed versorg. Jammer, sy kom eers ‘n week later kuier. Die tandarts in Vanderbijlpark moes eers help….. in Australië is tandartse onbetaalbaarbaar duur en diens swak. Kyk sê sy en glimlag breed, mooi tandjies nê, en vir die prys wat ek hier moes betaal, amper verniet.
Sy het nie eers ‘n polshorlosie aan haar arm nie. Ringe, oorkrabbertjies, alles is by die huis gelos, want hier slaat hulle jou dood vir ‘n goedkoop ring………..Sy het in die stad aan my arm geklou en trane van vrees was in haar oë. Dit slaan my dronk se my ander sus, by wie sy ook gekuier het. Sy het mos hier groot geword, meer as sestig jaar hier gebly, nou sterf sy van vrees.
Ek bly sesensestig jaar lank in die verskriklike land, voel skielik skuldig oor die trou -en verloofring aan my vinger. Oor die goedkoop tandarts, wat vir my duur is, want hier is my rand net een rand werd!
Wanneer sy gesels, hoor jy van probleme, haar seun bly in ‘n groot plaasopstal in die outbacks, sy vrou en kinders êrens in Brisbane alleen. Hy het darem werk en bly verniet in die groot huis wat hy met ander werkers deel.
Julle moet ook kom sê sy. Hier kan kinders nog speel en hoef nie heeldag oor hulle skouers te loer nie. Skool en universitydsopleiding is gratis. Staatsskole wat jou kind net kan bywoon as jy in ‘n baie lae inkomste groep val. Dwelms en swak dissipline, my dogter gee tuisonderrig, dis baie beter… alles in een asem. Dan as sy besef dat wat sy vertel nie alles goed is nie, gaan maak ons tee……

Haar dogter wat ‘n diploma in Suid Afrika verwerf het, is nou opsigter in ‘n tronk. Kom soms tien uur in die nag huistoe, karre hou ook nie lank op die grondpad nie, moes al ‘n ander een koop.
Ek luister, een swot medies, moet 9 jaar terug werk vir die staat om studies te betaal…..ek praat nie terug nie, wou haar vertel van my kleinkinders, top presteerders op skool.. Dwelms en drank is nog nie ‘n probleem nie, hulle weet daarvan, ja, maar dis ook al. Dan trap hulle nog vrolik fietse skool toe en terug! 
Honderd persent matriekslaagsyfer laasjaar. Ek swyg oor die dinge, voel dat ek darem nie die reg het om hulle te probeer oortuig van enigiets positief nie. Hulle kom immers uit die woeste land… hier waar jy instinktief oor jou skouer loer. Boetie dis leeuwereld die!

Ek groet haar op die lughawe, julle moet ook kom, snik sy nog vir oulaas. Kyk my man het tot sy dood toe nie regtig werk gehad nie, maar ons het bly leef……

Ek moet die volgende week so baie dingetjies doen,maar my hart sing….Ons kinders kom kuier! Vars beddegoed, elkeen se kamer soos dit was toe hulle nog hier gebly het. Die vliegtuig uit Perth is vroeg, het lekker saam met die wind gevlieg vertel ons kinders. Vreugde , saam kuier drie weke lank. 
Dollars word baie meer rande en die rande rol, ons word almal saamgenooi, drie heerlike dae in Martlothpark. Vir ons is so ‘n vakansie in ‘n luukse gastehuis maar net ‘n droom en dan nog een hele dag in die Krugerwildtuin! Hoe gelukkig kan mens wees? Olifante en renosters, net daar langs die pad…… pragtig, vreesaanjaend….drie meter van die karre af. Ander diere nog meer volop, alles op een dag.
Saans kampvuur en groot ryk etes.Gesels en luister na al die dinge waarvan ons bittermin weet. Hoor van hulle nuwe vriende in Perth, baie Suid Afrikaners. Die tyd gaan so gou verby, ons is al twee jaar lank daar.
Ons kleinkinders juig kreet op kreet oor die bokkies en zebras wat op die weelderige werf kom water drink. Hulle drom saam op die grasperk, voer die zebras brood en wortels, streel met lomp vingertjies oor die sagte neuse. 
Beangs hoor ek enetjie roep, oppas hiers varke, kyk die beer…..sy tande!
Moenie skrik nie, hoor ek die skoonmaker paai. Hy sal jou niks maak nie. As die kleinste enetjie benoud agter die man probeer skuil, sien ek hoe hy behendig ‘n doringtak met sy hand wegbuig sodat dit nie die kleintjie seermaak nie….Kom ek wys jou….
Ek sien die swartman op sy een knie langs my kleinkind neerhurk.Hou jou handjie so, sê hy, moenie bang wees vir die vlakvark nie. Hou die brood so vas met die vingertjies en roep hom so….. kom, kom……. Jy sien hom,hy sal kom, hy verstaan Afrikaans!

Willie se Hoenderpot

Willie van der Merwe stuur my die volgende resep, klink njammies, probeer dit gerus:

Beste Hawaian Hoender Pot
Nr.3 Pot resep vir 10 porsies

1. Bestanddele:

3kg hoender borsies (ontbeen en vel verwyder), in blokkies gesny
1 kg baba aartappels geskil en in blokkies gesny
750 gram gesnyde groenbone
500 gram gesnyde ( Julienne) wortels
500 ml (2 koppies) rys
1 teelepel fyngekapte knoffel
1 groot ui gesny
‘n halwe elk van rooi/geel en groen soetrissies opgesny
5 naeltjies
1 teelepel sout
Ina Paarman se Lemon & Black Pepper
Steak & Chops speserye
3 eetlepels olyfolie
2 blikkies suikermielies
1 blikkie pynappelstukkies
1 eetlepel Sweet Chilli Sauce

2. Metode:

2.1 Voeg die olyfolie, naeltjies, knoffel, sout en sweet chilli sauce in groot kasserolbak en plaas die hoenderblokkies daarin en sprinkel Lemon & BP, sowel as Steak & Chops oor na smaak en meng goed. Plaas oornag in yskas.

2.2 Verhit die potjie sterk. Die hoender mengsel word nou ‘n porsie op ‘n slag in die pot gebraai tot mooi ferm en amper gaar en uitgehaal en in skoon houer geplaas. Braai al die hoender so in porsies.

2.3 Voeg nou 1 eetlepel olyfolie in die warm pot, voeg uie by en verhit tot deursigtig. Bring nou die hitte effens af tot borrel temperatuur (simmer) en voeg al die hoender en die oorgeblewe marinade inhoud van die kasserolbak in die pot, plaas die deksel op die pot en laat dit stadig verhit totdat dit begin borrel.

N.B. Die hele idee is om die inhoud STADIG te laat kook, anders is dit nie meer potjiekos nie, maar fastfood!

2.4 Voeg nou die suikermielies en pynappelstukkies met hul sap sowel as die soetrissies by en roer goed. Plaas laastens al die groente in lae op die hoender. Begin met die groenbone, dan die wortels en laastens die aartappels. Maak die pot toe en laat dit vir 30 minute prut, of totdat die aartappels sag is.

2.5 Kook rys apart.

As jy regtig fancy wil raak, kan jy 15 minute nadat jy die deksel opgesit het, ‘n houertjie sampioene, heel of gesny, byvoeg en dit met 250 ml Bulgaarse joghurt bedek en gaar laat kook.

NB: Moenie enige (hoender/skaap/bees) ekstrak blokkies byvoeg nie want dit verander die hele smaak en bevat boonop hope MSG wat ongesond en kunsmatig is en vergeet ook maar sommer van die ou Aromat. Indien jy met geursel wil kook, dan kan jy liewer die hoender se borsbene wat oorbly, opkook en die aftreksel as vloeistof byvoeg.

Wees versigtig om nie ekstra vloeistof by te voeg nie anders versuip die inhoud, want die mengsel kook sy eie vloeistof af en hou die potjie se inhoud self goed klam en dien later as sous.

Lekker lugkastele bou

 Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis kaartjie.

Skermbeeld

Hier is 'n skermbeeld met 'n effense verskil, geen mooi sonsondergang of leeu wat ek in die wildtuin afgeneem het nie. Dit is vir wanneer jy voor die rekenaar sit en lus is vir iets om te eet meer nie weet wat nie.

Kyk maar net na jou skerm en die probleem is opgelos. Maar eintlik is die probleem dat jy na Harries Pancakes in Graskop toe sal moet gaan om dit daar te koop!

Regs klik hier om die foto af te laai.

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
Leon Ferreira

Behalwe sy tradisionele spel met die Tweery en die 3¾-ry konsertinas was oorlede Leon 'n bekwame administrateur van Boeremusiek. Hy was 'n stigterslid van die Vrystaatstreek en jarelange Voorsitter van die streek. Hy is ook die skrywer van die Gilde se eerste boek: Die Boeremusiekgilde, 5 Goue jare. 


 

 

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com

ADHD is die Engelse afkorting vir Aandag Tekort Hiperaktiwiteit Sindroom en is een van die mees gedebateerde kinder sindrome. Daar is twee redes vir die kontroversie: eerstens omdat die voorkoms so drasties gestyg het en tweedens as gevolg van die medikasie vir gewoonlik voorgeskryf word vir 
mense wat aan ADHD ly. 

ADHD lyers ly aan breinoordragstof tekort van dopamien en noradrenalien in dele van die brein wat impulsiwiteit en konsentrasie beheer. Die tekort van hierdie oordragstowwe maak dit vir hulle (amper) onmoontlik om te fokus op leerinhoud. As 'n leerder nie kan fokus in die leersituasie nie, mis sy leergeleenthede en ontwikkel dus leeragterstande. 
Onaangespreek word hierdie kinders se akademiese en sosiale selfbeeld geweldig gekneus, en gewoonlik behaal hulle lae prestasie of selfs herhaling. Hierdie frustrasies ly weer tot uitbarstings of ander emosionele hindernisse. En moenie vergeet nie - as ‘n mens oordrewe impulsief optree, beland jy gereeld in groot moeilikheid!

Soms presenteer kinders met emosionele trauma met simptome wat baie lyk soos iemand wat ‘n ADHD lyer is. En soms kan kinders met leerhindernisse ook simptome toon wat soos ADHD lyk.

As ‘n kind die “rerige” ADHD het kan sy gewoonlik nie akademies vorder sonder medikasie nie. ADHD is 'n mediese toestand en het mediese behandeling nodig

Ritalin is nie 'n wonderkuur nie; maar dit is 'n noodsaaklike hulpmiddel. ADHD lyers moet leiding kry tov die aanleer en toepassing van tegnieke wat hulle kan help om hul gedagtes, en ook hul lewe beter te organiseer. Ouers moet help om vaste roetines te skep, leiding te gee met huiswerk en leer om lysies te maak. Terapie tov van lees/leerprobleme (algemene probleme onder ADHD lyers) bied ook ondersteuning. Dit is ook belangrik om in ag te neem dat daar sterk navorsingbewyse is dat ADHD geneties is. Ouers het dus dikwels self leiding nodig.

Daar is ook 'n ander produkte, Concerta en Strattera beskikbaar. By die gebruik van enige van hierdie middels kan newe-effekte verwag word-soos met enige ander medikasie. Dit is ook so dat baie leerders verkeerdelik Ritalin en soortegelyke middels voorgeskryf word of dit word nie deur ‘n ervare medikus gemonitor nie. Dit is BAIE BELANGRIK dat hierdie produkte deur verkieslik 'n pediater of pediatriese psigiater voorgeskryf word. Die medikasie moet baie gereeld, ten minste 2 keer per jaar gemonitor word, omdat die dosis baie spesifiek vir elke individu voorgeskryf word.

Dieet en gestruktureerde leer is belangrik maar die verandering daarvan alleen sal nie die ware ADHD leerbehoeftes aanspreek nie. Die skade aan ‘n kind se selfbeeld is gewoonlik groter as die moontlike newe-effekte van medikasie.

Volgende maand sal ek leiding bied hoe ouers kan besluit om medikasie of nie vir hulle kinders te aanvaar. Tot dan:

Groete van hart tot hart.

Gedig

Princesse Lointaine (Prinses Van Verre)
A G Visser

Was jy ’n rosebloesem 
En ek die roos se geur,
Hoe heerlik deur die lewe
Steeds rondom jou te swewe. 
Beswymend aan jou boesem, 
Betower deur jou kleur.
Was jy ’n rosebloesem 
En ek die roos se geur. 

Was jy ’n lied se woorde 
En ek die melodie.
Hoe sou die dag verheerlik 
Jou skoonheid so begeerlik; 
Die nag tril van akkoorde 
En soetste harmonie. 
Was jy ’n lied se woorde, 
En ek die melodie.

Was jy die hoogste kranse, 
En ek die sonnegloed.
Jou wange sou dan verwe 
En op jou lippe sterwe 
My eerste moreglanse 
En laaste awend-groet;
Was jy die hoogste kranse
En ek die sonnegloed

Maar jy ’s Prinses van Verre
En ek... ’n troebadoer;
Al gloei ook my gesange
Van liefde en verlange,
- Die vuurvlieg vir die sterre -
Wat my ten hemel voer;
Jy bly Prinses van Verre
En ek... ’n troebadoer. 

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf . Sport fotos onlangs bygelas

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome, wat nou in Amerika woon, bevorder ook Afrikaans op die net, klik hier om vir haar 'n epos te stuur, vra dan sommer ook besonderhede oor haar briewe wat sy uitstuur. Kom ons ondersteun haar ook! Dit kan net goed wees vir Afrikaans. Hoe meer mense 'n passie het vir Afrikaans en dit op die internet wil bevorder hoe beter vir ons mooi taal.

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier

Pasella

Regs klik hier om 'n Vrouekeur resepte eBoek af te laai.

Glimlag

Kallie & Mike se oudste spruite het pas gehoor hulle gaan graad 3 toe.
Mike:" Ek is so trots op daai laaitie. Gisteraand vra ek hom om vir my 'n sin te maak met "bysin" en "gesegde".
Soos blits sê hy toe:" Ons was ons gesegde in die bysin."
Kallie: "Dis niks, Klein Kallie is in 'n Ingelse klas en laas nag het hy my sy tuiswerk-boek gewys. Sentences."
Mike: "Nè?"
Kallie: " Hy moes 'n sin maak met "attack, defence & quarrel".
Toe sê hy: "I climb over defence to pick attack of grapes & eat them quarrel for quarrel." En om te dink hy's net 19!"

n Boer, Piet, was in n motor ongeluk. In die hof , is die vervoer maatskappy se hot shot prokureur besig om hom te ondervra.
Het jy, op die ongeluks toneel, gese: Eks orraait! vra die prokureur.
Piet: Wel, kom ek vertel jou wat gebeur het. Ek het net my gunsteling koei, Bessie, op die sleepwa gelaai en...
Prokureur val hom in die rede: Ek vra nie vir detail nie, antwoord net die vraag.
Het jy, op die ongeluks toneel gese: Ek's orraait! Ja of nee?
Piet: Wel, ek het net vir Bessie op die sleepwa ...... 
Prokureur val hom weer in die rede en se aan die regter: Edelagbare,ek probeer net die feit vasstel, dat hierdie man, by die ongelukstoneel, aan die verkeersman gese het dat hy oraait is. Nou probeer hy my kliënt dagvaar. Ek glo vas hy is bedrieër. Se asb vir hom hy moet net die vraag beantwoord.
Teen hierdie tyd is die regter al redelik geintresseerd in Piet se storie oor Bessie, en se vir die prokureur: Ek wil graag sy storie oor die koei hoor.
Ou Piet bedank die regter en gaan voort met sy storie. Wel, soos ek gese het, ek het net vir Bessie op die sleepwa gelaai en was op die pad toe daar skielik n trok van die kant af kom, n stop straat skip en my bakkie en sleepwa binne in hulle maai in ry. Ek is eenkant toe gegooi in n sloot en Bessie anderkant toe in n ander sloot. Ek was seer, nogals erg seer en wou nie beweeg nie. In elk geval, ek het toe vir Bessie gehoor kerm en ek het geweet sy is in erge pyn .... 
Net na die ongeluk, kom daar n spietkop op die toneel en hy het ook Bessie se gekerm gehoor ..... 
Nadat hy na haar gekyk het en die toestand gesien het waarin sy was,het hy sy pistool uitgetrek en haar tussen die oë geskiet.
Toe kom die spietkop oor die pad na my kant toe, sy pistool nogsteeds in sy hand, en hy vra: Hoe voel jy?
Nou vertel vir my, meneer prokureur, wat sou jy vir hom gese het ? 

Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
st se pitkos 

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Wanneer jy alleen voel 

'n Mens se lewe is nie net een reguit lyn van emosie nie. 

Daar is die hoogtepunte en die laagtepunte; die goeie tye en die slegte tye; die vreugdes en die hartseer; die tye wat jy bemin word en die tye wanneer jy voel of almal teen jou draai. Daar is 'n tyd wanneer jy knus en veilig tussen vriende en familie is, maar daar kom ook tye wanneer jy alleen en bang voel. Dit is oor hierdie laaste tyd van alleen en bangwees wat ek 'n kort gedagte met jou wil deel. 

Soms gebeur slegte dinge in jou lewe wat jy nie voorsien het nie. Een telefoonoproep kan jou hele dag omkrap. Jy kan 'n skoktyding kry, of 'n dreigement. Of skielik 'n uitgawe wat jy nie voorsien het nie en dit dompel jou kniediep in 'n finansiële krisis. Iemand kla jou aan en dinge loop alles verkeerd. Siekte tref jou, 'n ramp slaan toe. 'n Ongeluk gebeur. En soos jy boontoe spartel om asem te skep, kom trap iemand jou verder die modder in. Dan begin almal en alles teen jou draai en jy voel ontsettend verlate. Angstig. Bang. Nikswerd. Moeg en moedeloos. 

Verlede week was ek op 'n kursus (Intermediate Training in Ericksonian Hypnosis) en ek het die storie vertel van hoedat ek as seun by geleentheid een donker nag op 'n oop pad ongeveer dertig kilometer ver op 'n fiets moes ry. Stikdonker nag, in stortreën, met weerligstrale rondom my, geen plek vir skuiling nie. 'n Woeste donker stormnag. Ek was vreeslik bang daardie nag. Maar ek het geleer dat wanneer die storms om jou toeslaan moet jy bid. Dit is egter nie al wat ek daardie nag op my fiets moes doen nie, ek moes ook trap. Toe ek nou aan die ander kursusgangers sê ek het daardie nag op my fiets geleer dat wanneer die ellende en storms van die lewe om jou toeslaan, wanneer jy alleen in die moeilikste omstandighede is, dan moet jy "Pedal and Pray" en toe lag hulle lekker. 

Dit is egter wat ek en jy moet doen wanneer die sleg met ons gaan, wanneer jy klein en bang voel, alleen en angstig is, dan moet jy nie opgee nie. Nie moed verloor nie. Dan moet jy "Pedal and Pray". God sê dat ons Hom moet aanroep in ons benoudheid, en Hy sal na ons luister en help. Jy trap en doen jy wat jy kan, bid sonder ophou, en laat God vir die uitkoms sorg. 

Partykeer voel ons so hulpeloos en bang en dan dink ons hóé kan ander mense so sterk staan ten spyte van terugslae. Wel, dit mag dalk so lyk, maar meeste mense raak maar gespanne en alleen onder die aanslae van die lewe. Die apostel Paulus is iemand na wie 'n mens regtig kan opsien; ook hy het deur die moeilikste en swaarste tye gegaan. Soms was hy maar alleen. In sy brief aan Timoteus (2 Tim 4:16-17) sê Paulus: "... niemand het my gehelp nie, almal het my alleen gelos... maar die Here het my gehelp, Hy het my sterk gemaak." 

Sien jy in jou geestesoog vir Paulus. Alleen. Verlate. In stryd teen die wêreld. In die tronk, in die hof, voor die vyandige regters waar hy sy saak moes stel, in doodsgevaar. Maar hy was nie werklik alleen nie, die Here het hom gehelp. Die Here het vir Paulus sterk gemaak. 

Wanneer jy bang is, 'n diepe onrustigheid het oor die toekoms, nie uitkoms sien uit jou situasie nie, wanneer finansies jou slaaplose nagte gee, wanneer 'n verhouding jou bedruk en bekommerd laat, wanneer jou situasie buite beheer tol... onthou jy moet aanhou trap, jy moet aanhou bid, maar jy is nooit heeltemal alleen nie, ons Almagtige Vader is daar vir jou. 

'n Sprankie wysheid vir die dag 

"Daar is geen wapen op aarde of in die hel wat die magtige heining van beskerming kan binnedring wat God rondom Sy kinders oprig nie." - Ron DiCianni - 

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 

 
Resepte

GEMENGDE MIELIEPAP

125 g mushrooms
2 blokkies hoender aftreksel
250 ml gemengde groente
50 ml margarien
750 ml water
625 ml mieliemeel
125 ml gerasperde cheddar kaas

 Kook gekapte mushrooms, gemengde groente en hoender aftreksel in die water, voeg dan botter by
 Voeg mieliemeel by en laat prut vir 20 minute
 Voeg kaas by en roer deur – dien dadelik op

MIELIEPAP GENOT

1 blik (410 g) ingedampte melk
500 ml water
10 ml sout
500 ml mieliemeel
50 g botter
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 blik (410 g) blik heelpitmielies gedreineer
½ x 250 g pak spek – grofgekap en brosgebraai

 Verhit melk, water en sout tot kookpunt ~ voeg mieliemeel by sodat dit in middle ‘n hopie vorm, maar moenie roer nie
 Verlaag hitte, plaas deksel op en laat pap 5 minute prut
 Roer liggies en laat nog ‘n uur prut
 Roer ¾ van kaas, heelpitmielies en spek by
 Strooi res van kaas bo-oor en plaas deksel op sodat dit kan smelt of
skep pap in oondskottel, skep 1 blik (410 g) blik tamatie-en-uie-smoor oor, strooi res van kaas bo-oor en bak vir 30 minute by 

KNOFFEL KAAS BOTTERBROODJIE

500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
1 eier
25 ml olie
fyngedrukte knoffel
75 g botter gesmelt
125 ml Cheddar kaas gerasper

 Voorverhit oond tot 240°
 Sif droë bestandele saam
 Klits eier, melk en olie saam
 Meng eier mengsel met droë bestandele en knie liggies
 Deel mengsel in 10 balle en plaas in gesmeerde oondvaste skottel sodat balle aanmekaar raak
 Bak +/- 15 minute of tot goudbruin
 Verwyder uit oond en sprinkel kaas, gesmelte botter met knoffel oor
 Bedien warm

CHAKALAKA BROODJIE
(kan ook muffins maak)

500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout & peper na smaak
4 eiers
410g Chakalaka (matige geur / 
sterker geur indien verkies)
125 ml Cheddar kaas gerasper

 Voorverhit oond tot 180°
 Sif droë bestandele saam
 Klits eier & chakalaka
 Meng eier mengsel met droë bestandele
 Plaas deeg in gesmeerde broodpannetjie en strooi gerasperde kaas bo-oor
 Bak +/- 45 minute

ROL~BROODJIE

¾ pak deeg (ready made doug)
1 blikkie tamatie puree
250 g spekvleis
1 ui
375 ml gerasperde cheddarkaas

 Voorverhit oond tot 200°
 Rol deeg uit
 Smeer tamatie puree oor deeg
 Braai spek en ui en smeer oor
 Sprinkel kaas oor
 Rol deeg in lengte op soos swiss rol
 Plaas in gesmeerde broodpannetjie en laat rys eers bietjie voor bak
 Bak half +/- 30 minute
Kan ook enige vulsel soos verkies gebruik

TAMATIE-EN-UIE BROODJIE

1 x 500 g bruismeel
1 pakkie tamatie-en-uie-sop of
tamatieroomsop
2-3 repe swoerdlose spekvleis, gekap
1 ui gekap
15 ml kookolie
1 x 500 ml houer karringmelk

 Voorverhit oond tot 180°
 Meng bruismeel en soppoeier
 Braai spek en ui in verhitte kookolie
 Voeg spek mengsel en karringmelk by droë bestandele en meng goed
 Skep deeg in gesmeerde broodpan en bak +/- 50-60 minute of tot gaar

MIELIE~BROODJIE

500 g bruismeel
5 ml sout
1 blik (410 g) blik ingedampte melk
1 blik (410 g) blik roomsoort mielies

 Voorverhit oond tot 180°
 Sif bruismeel en sout saam
 Voeg ingedampte melk en mielies by en meng goed
 Skep in gesmeerde broodpan en bak +/- 60 minute of tot gaar

“SWEET & SPICY” NOEDELS

500 g noedels
1 greenpeper (blokkies)
1 blik gedreineerde appelkooshalwes in blokkies gesny
“Sweet & Spicy” sous van Knorr

 Berei noedels volgens aanwysings op pak
 Meng greenpeper, appelkoos stukkies en sous by noedels


KERRIE NOEDEL SLAAI

500 g noedels
1 groot ui (gesnipper)
1 groot greenpeper (blokkies)
(kan ook rooi en geel peper insit vir meer kleur)

sous:
250 ml tamatiesous
200 ml wit suiker
125 ml olie
125 ml wit asyn
25 ml kerriepoeier (matig)
7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tabascosous (opsioneel)

 Berei noedels volgens aanwysings op pak
 Voeg ui en greenpeper by noedels
 Meng sous bestandele saam en voeg by noedels

Wenk ~ Meng sous by noedels terwyl dit nog warm is (moenie noedels afspoel nie) ~ die sous trêk dan lekker in die noedels in, roer kort-kort deur
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder ~ die slaai kan ook gebottel word

Skakels/Advertensies

My nuwe resepte eBoek CD - 60 boeke op een CD

Ek het besluit om al die Afrikaanse resepte eBoeke wat ek het op en CD te sit, dis omtrent al die resepte wat mens ooit sal nodig hê. Nou hoef jy nooit weer 'n resepteboek te koop nie en teen minder as R1.70 per boek is dit baie billik.

Hier is die lys van boeke:

101 Kraakvars slaaie, 101 Onweerstaanbare poedings, 110 Spyskaarte vir die werkende vrou
5 Beste van alle geregte, 217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte, Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling, Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Die CD kos R100, geregistreerde posgeld ingesluit (dis om en by R1.60 per boek). Met Fastmail koerier, volgende dag aflewering, kos dit R130.

As jy die Fastmail metode verkies kan ek vir jou onmiddelik 'n spoornommer (tracking number) gee, dit sal jou gemoedsrus gee aangesien jy 'n oorbetaling moet maak aan iemand wat jy nie ken nie.

Klik hier om my bankbesonderhede te kry, onthou om ook jou posadres te verskaf


Anna se Kombuis
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.
Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Die volledige lys van al Anne se boeke is onderaan, bestel gerus Pa se Boek as Vadersdag geskenk, daar is nog tyd oor, die boek word per epos gestuur.

Ek kan die boek PA SE BOEK aanbeveel as ‘n ideale Vadersdag geskenk wat  die 20ste Junie gevier word. Dit is iets heel anders as die gewone "soap on a rope" of nog ‘n paar sakdoeke. Menige mans het al in die verlede vir my terugvoering gegee oor hierdie boek wat hul beskryf het as uitsonderlik.

 

My versameling eResepteboeke is besonder gewild as klein geskenkies, vir die buurvrou, jou kind se dagmoeder, jou kollega by die werk of sommer om jouself te bederf. Ek kry goeie en positiewe terugvoering. Daar was ook al 'n artikel oor 2 van my boeke in Rapport, wat bewys is dat hierdie nie 'n sogenaamde "scam" of "foefie" is nie. Baie mense kan getuig en hul tevredenheid uitspreek oor die boeke wat hul al van my bestel het. 

 

LEES HIER AS JY WIL WEET WAT OM TE DOEN OM TE BESTEL

Om 'n resepteboek by my te bestel, is baie eenvoudig. Stuur  ‘n e-pos met jou keuse van boek/e aan my by anna_se_kombuis@yahoo.com

 

Ek sal die boek/e in Microsoft Word-formaat stuur, tesame met besonderhede van die bankrekening waarin die inbetaling gedoen kan word. Ongelukkig kan ek nie enige bestellings stuur as daar nie behoorlike kontakbesonderhede saam gestuur word nie.

 

Met die druk van 'n knoppie kan jy nou 'n resepteboek bestel wat vóór aandete per e-pos in jou INBOX afgelewer word. Jy kan dit dan uitdruk of stoor op CD of op jou rekenaar.

 

Sommige mense liaseer dit in 'n "flip file" vir maklike gebruik en om die kosspatsels maklik af te vee na gebruik. Let asseblief daarop dat die boeke NIE AFGELEWER of GEPOS word nie, en is nie beskikbaar in HARDEBAND nie. Die boeke is ongelukkig nie beskikbaar in Engels nie, tensy so aangedui.

 

Ek werk op 'n absolute eerlikheidsbasis en vertrou dat jy dieselfde sal doen.

 

Ek stuur eers die boeke, tesame met my bankbesonderhede, waarna jy my betaal wanneer jy dit ontvang het en tevrede is daarmee. Soos ‘n tipe van COD – Cash on delivery. Jy hoef nie bang te wees dat ek jou geld gaan vat en laat waai nie, want jy ontvang mos eers die boeke en dan betaal jy my. Jy sal dus verstaan dat ek nie vir lang periodes kan wag vir betaling nie.  Indien jy nie nou kan betaal nie, dan vra ek dat jy eerder nie nou sal bestel totdat jy weet jy die nodige betaling kan maak nie.

 

Geniet die dag verder en groete tot ons dalk weer gesels.

Anna

0822946799(Hierdie foon is ongelukkig nie altyd aangeskakel nie - Laat asseblief 'n boodskap)

 

anna_se_kombuis@yahoo.com

 

 

LYS VAN BESKIKBARE BOEKE

 

KOM ONS PAK ‘N PIEKNIEKMANDJIE R60

Die boek handel oor vriendskap en liefde en 'n piekniekmandjie en al die lekker eet wat daarmee gepaard gaan. Dit bevat verskillende kossoorte (soet en southappies) (sosaties) (doopsouse) (koue soppe) (verskeidenheid brode) (lekkernye) (drankies en vele meer) vir  20 verskillende piekniekmandjies en sommer net allerhande mooi en besonderse sêgoed oor vriendskap, en 'n idee of wat om vir die spesiale persoon as geskenkie te gee.

 

SOMER, SON EN BAIE SLAAI R60

Is presies dit wat die naam aandui. Dit is nie net gewone "bokkos" nie. Dit is 'n fees van slaaie. “Slaaie galore”. Hierdie eBoek bevat meer as 200 resepte wat nie net heerlike slaaie insluit nie, maar ook smoothies, skommels en allerlei dorslessers.

 

VROU VAN SPREUKE 31 R80

Hierdie boek was spesiaal saamgestel vir Moedersdag, maar is nie net bedoel vir Moedersdag nie. Hierdie is ‘n “elke dag boek. Let asseblief egter dat hierdie boek redelik groot is (2MB) alvorens jy bestel.

 

Hierdie e-boek is vir ALLE vroue, en nie net diegene wat die titel ma, moeks, mammie of moeder dra nie. My beskeie mening is dat elke vrou met natuurlike moederinstink gebore word, en dus in haar wese die moederlike rol op een of ander stadium in haar lewe vertolk. Of dit is dat jy kinders van jou eie het, of dit is dat jy peetma is, of voog is, of dit is dat jy toe jy klein dogtertjie was vir jou poppe ma-ma gespeel het en of dit is dat jy vir die hondjies, katjies of voëltjies kos gee. Die moederinstink sal daar altyd wees, so ook die behoefte om te versorg, te bederf, te beskerm en te vertroetel. Al hierdie dinge, is ma-wees dinge, en alle vroue het 'n begeerte daartoe. Hierdie samestelling bevat nie net resepte nie, maar ook gesegdes, waarhede en allerhande verrassingtjies. Dit is inderdaad een van my samestellings waarop ek die trotste is en ek glo jy sal dit ook net so geniet. 

 

MAMMA MIA – LEKKER PASTA R60

Pasta is wonderkos: Dis baie gerieflik, goedkoop, altyd beskikbaar, vinnig gaar en lekker saam met enigiets. En die beste van alles, as jy pasta met die regte bestanddele meng, kry jy ’n voedsame gereg propvol energie. Hier is ’n verskeidenheid watertand-maaltye waarvan die meeste sommer tjop-tjop gemaak kan word – en só meer rusbanktyd vir die kok verseker! Sommige bekend, ander ‘n avontuur om iets nuuts op te tower. 

 

SMULGEREGTE OPGETOWER UIT MAALVLEIS R60

Maalvleis is een van dié mees veelsydigste kossoorte. Selfs die mees onervare kok kan iets daarmee uitrig. Met 'n bietjie verbeelding en moeite kan 'n mens sommer smullekker geregte hiervan voorberei. Hierdie is ‘n samestelling van die sulke resepte. Die meeste van die geregte word 1-2-3 voorberei ander met bietjie meer moeite. Maalvleis bly ’n staatmaker, want jy kan dit op soveel maniere voorsit. Jy kan kerrie, frikkadelle of moesaka daarmee maak of dit by rys inroer vir ’n vinnige eenpotgereg. 

 

HOENDER VIR ELKE DAG SE EET R60

Hoera vir hartlike, vullende hoendergeregte! In hierdie samestelling is daar vele maniere hoe om KIEP-KOS perfek gaar te maak en op splinternuwe maniere voor te sit. Moeg vir altyd dieselfde ou hoendergeregte? Beproef dan van hierdie opwindende nuwe maniere om dié klassieke gunsteling voor te sit, en is dit tyd om nuwe dinge te beproef. 

 

RECIPES FOR VEGETARIANS R60

As jy besluit het om te leef met 'n groentekebab in plaas van 'n Karoo-tjoppie op die rooster, of ewig tevrede wees met 'n muesli-ontbyt, terwyl die res van jou gesin hulle aan spek-en eiers verlustig.Dié tipe leefwyse kan baie gesond wees, mits die voedselprodukte wat uitgeskakel word, met 'n plaasvervanger vervang word, en dus is hierdie boek dan vir jou, aangesien dit bondige samestelling is van Vegetariese disse. Beskikbaar in Engels.  

 

ALWEER OP DIEET? R70

Hierdie is egter 'n boek met 'n verskil. Dit is nie 'n dieetboek nie. Dit is 'n boek oor GESONDE KOS en alles wat gepaard gaan met 'n gesonde eetpatroon. Hierdie boek bevat resepte en eetgoed wat goed is vir jou en jou gesondheid. Van die bestanddele word uiteengesit en word daar vir jou vertel hoekom dit noodsaaklik is dat jy dit moet inneem om gesond te kan lewe.Om 'n voorbeeld te noem: Watter voordele hou  roosmaryn, knoffel, neute en sade in vir jou gesondheid as jy dit in jou resepte gebruik? Die boek bevat baie resepte oor vars slaaie, groentes, varkvleis, visgeregte, pasta geregte, ligte etes ens. ens.  

 

EET JOU GROENTE R60

Word in dieselfde formaat as al my ander boeke aangebied. Dit is presies wat die titel sê.  'n Boek oor groente. Groente van A-Z. Verskillende maniere van groente voorberei. Kom ons erken dit nou maar. Groente is groente is groente en veral kinders dink die meeste van tyd JUGGGH.Miskien sing hulle en selfs jy 'n ander deuntjie as jy moontlik die kool, pampoen, brusselse spruitjies op 'n ander manier as die gewone voor te berei.  

 

PA SE BOEK (Soos beskryf in artikel in Rapport en ideaal vir Vadersdag) R80

Hierdie baie spesiale boek bestaan uit heerlike BRAAIVLEIS, POTJIEKOS, WILDSVLEIS en “COCKTAILS” resepte en sommer net allerhande lekker sêgoed, grappies en interessanthede. Hierdie boek is opgedra aan alle mans wat 'n spesiale plek in iemand se hart besit. Dit was oorspronklik saamgestel vir Vadersdag 2006, maar het nog nie ophou belangstelling lok nie, en neem nog steeds toe in gewildheid. ‘n Ideale geskenk. 

 

ONTHOU JY NOG? (Soos beskryf in artikel in Rapport ) R80

Hierdie boek is propvol resepte uit ons kinderjare.Onthou jy nog? Hertzogkoekies, mosbolletjies, gemmerbier, repelsteeltjies? ens ens.Ek glo dat as jy deur hierdie boek begin blaai, die meeste resepte jou ‘n “ TRIP DOWN MEMORY LANE ” sal gee. 

 

110 SPYSKAARTE VIR DIE WERKENDE VROU R60

Na baie navrae het ‘n boek saamgestel vir die werkende vrou wat saans nie ure voor die kospotte wil staan na ‘n dag se werk nie.  Die geregte is beplan vir Maandae tot Vrydae.Naweke verander ‘n mens se roetine as in die week en spyskaarte vir Sondag etes, ens is nie hierby ingesluit nie. 

Hierdie boek bevat die volgende:

‘n Uitgewerkte spyskaart, met volledige resepte wat betrekking het tot die spyskaart.

‘n Lys van bestanddele wat daagliks benodig word vir die spesifieke dag se geregte.

‘n Verskillende toebroodjie vulsel elke dag. + Ekstra's !  

 

MAKING DIABETIC COOKING EASY R60

'n Diabetiese boek in Engels wat bestaan uit 175 resepte.  Resepte dui voedingstabelle aan, bv. vesel, proteine ens. Wye verskeidenheid van onderwerpe vanaf peuselhappies tot poedings.  Alhoewel die boek in Engels is, is dit maklik verstaanbaar.  

 

JAPTRAP ETES SONDER DIE SJLEP R60

Dis 'n fyn kuns om saans ná werk by die huis te kom en binne 'n kort rukkie kos gereed en op die tafel te hê. Om gou by 'n supermark te stop vir voorbereide etes, is nie altyd 'n opsie nie - definitief nie elke aand van die week nie.  Is jy ook soms in hierdie situasie?    

 

SOUSE, DOOPSOUSE, SMERE EN BOTTERS  R60

Daar is dinge wat maar eenmaal bymekaar hoort - soos die regte sous by die regte kos. En doen jy 'n bietjie ekstra moeite in die sous-afdeling, is dit die maklikste manier om nuwe woema aan ou gunstelinge te gee.  

 

'n  BORDVOL PEUSELHAPPIES R60

Southappies is nie noodwendig 'n makliker manier van onthaal nie, juis omdat daar soveel moeite in die maak van southappies ingaan. Die voordeel daarvan is egter dat die gasvrou alles vooraf kan maak en heerlik en ontspanne saam met haar gaste kan kuier.   

 

Hier is kortliks hoe dit werk met die kleiner samestellings:

Elkeen van die onderstaande samestellings bevat ongeveer 100 of bietjie meer resepte. Elke samestelling se prys is R30 elk.

MAAR. indien die koper meer as 4 boeke neem verlaag die prys na R25 per samestelling, en meer as 10 verlaag die prys na R20 per samestelling.

 

1.AFSKEEP KOS

Stampmielies, mielierys, mieliemeel, koeskoes, koring, gort.

 

2. BEESVLEIS VERRASSINGS

Allerhande lekker beesvleis geregte, insluitende “steak”

 

3. BREDIES EN KASSEROLGEREGTE

Maw. Stews en oondstowe geregte 

 

4. BYKOSSE

Alles en nog wat om by etes te bedien o.a souffles

 

5. DRIE RRR’e

Rys, Risotto en Roerbraai geregte 

 

6. EENBAK/EENPOT

Alle eenbak etes, hetsy oondgebak of bo-op die stoof in ‘n pan 

 

7. ELKE DAG AARTAPPELS

Elke dag ‘n ander aartappeldis. 

 

8. GROENTE RONDOMTALIE1

Aspersies, Broccoli, Ertjies, Groenboontjies, Blomkool, Knoffel Wortels, Preie en Patty Pans 

 

9. GROENTE RONDOMTALIE2

Beet, Botterskorsie, Patats, Murgpampoentjies, Brusselse spruitjies, Avokado(eintlik ‘n vrug), Komkommer, Pampoen en gemengde groente. 

 

10.GROENTE RONDOMTALIE3

Sampioene, Skorsies, Spinasie, Eiervrug, Kool, Mielies, Tamaties(eintlik ‘n vrug), Selderye en Soetrissies, Uie en een en ander onbekendes. 

 

11.GROOT KOEKE TE KIES EN TE KEUR

Allerhande soorte en smake 

 

12.HERINNERING AAN OUMA SE SPENS

Konfyte en piekels en ‘n paar ander verrassings.

 

13.KOEKBLIKKE VOL KLEINKOEKIES

Die naam sê dit als 

 

14.KONINGSKOS

Beesstert, Skenkels, skaapnek, Beesnek

 

15. KOS UIT DIE SEE

Jy kan jouself indink- Garnale, calamari, mossels, koningklip en baie meer. 

 

16.MENGELMOES

Alles wat nie iewers ingepas het nie, insluitend kaas en eier geregte. 

 

17.OTTERTJIE OT

Allerhande lekker varkvleis geregte, insluitende ribbetjies en vele meer.”

 

18.PEULGROENTE

Ideal vir die vegetariers. Bone, lensies, spruitjies ens.

 

19.RUIK DIE GEUR VAN SPESERYE

Kerries en brandkos – Geure van die Ooste en nog meer.

 

20.SKAAP EN LAM TREFFERS

Allerhande lekker skaap en lamsvleis geregte.

 

21.SOET SOETER SOETSTE

Soet terte en kaaskoeke.

 

22.SONDAG SE VLEIS

Duurder vleissnitte, soos skaapboud, tong, skof en “roasts”

 

23.SOUTTERTE EN QUICHE

Die naam sê als.

 

24.TEETYD TREFFERS

Verskeidenheid muffins, skons en poffertjies.

 

25.VIR DIE SOETTAND

Lekkernye en allerhande soetgoed soos malvalekkers, noga, fudge en baie meer.

 

26. VIS EN VLEIS UIT’N BLIK

Tuna, salm, makriel, sardiens, slakke en ander.

 

27.WEESKINDERS

Lewer, afval, niertjies, hoenderlewertjies en een of twee ander.

 

28.WORS EN WORSIES

Boerewors, frankfurthers, Russians, varkworsies en allerhande ander wat lyk soos wors.

 

Kontak my asseblief by anna_se_kombuis@yahoo.com indien jy sou besluit om my moontlik te ondersteun.

 

Vriendelike groete en seënwense

Anna

0822946799


Kletskous
Ons nooi almal hartlik uit om te kom klets by www.kletskous.co.za Ons het veral 'n groot tekort aan aandkletsers. Almal wat Afrikaans kan praat is baie welkom ons sien graag nuwe gesiggies in die kamer. Groete Moggy


Kinderstories op CDEen van die hoofdoelstellings van my webwerf en nuusbrief is om Afrikaans te bevorder. Hier is nog 'n besonderse manier, kinderstories op CD.STORIEKLUB lede ontvang 2 nuwe storie cds elke maand! Versamel al 48 CDs oor 2 jaar, of kanselleer jou lidmaatskap wanneer jy wil (minimum lidmaatskap-periode van 3 maande). Laai die intekenvorm af en betaal met gerieflike maandelikse debietorders.As jy dalk sou belangstel, klik net hier.


Wapadrand BoeredansgroepVir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n epos na danna.smith@resbank.co.za


Gratis oorsese Lotto kaartjie
Elke eerste keer registreerder kwalifiseer vir 'n gratis kaartjie in een van die groot oorsese Lotto trekkings, as jy dus nog NIE voorheen geregstreer het nie, gaan as volg te werk:

Om te begin, klik hier:
Nou moet jy eers registreer, klik Register/Registreer
Vul die vorm in.
Jy sal ‘n epos ontvang waarop jy moet bevestig.
Nou is jy geregistreer en kan begin speel.
Gaan weer na die skakel hierbo, klik op Sign in/ Teken in
Klik dan aan die regterkant op Account Balance/Rekening Saldo en jy sal sien in watter Lotto jy ‘n gratis kaartjie of “voucher” het. As daar nog niks wys nie, byt net vas, hulle laai elke voucher met die hand.
As jy dan een ry op daardie Lotto speel sal jy sien dat jy niks verskuldig is nie.
Jy sal die dag na die trekking ‘n epos ontvang met die nommers wat getrek was asook jou nommers.


Tuiswerk/Tuisinkomste Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Klik hier vir meer besonderhede


Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.