http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

 

Nommer 150

Besoek my Webwerf

15 Julie 2010

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!  Ons trek nou al by nommer 150 en hier is sommer 'n paar pasellas ingesluit vir julle. Gaan kyk maar net na ondertoe en laai na hartelus af.

Ons ry oor 'n paar dae vir 'n week na 'n oord in St Lucia. Daar is 'n hele nuwe omgewing om te gaan verken, storie en fotos in die volgende brief.

Reisgeleentheid van 'n leeftyd. ACT Travel het nou 'n 7 dag pakket, alles ingesluit na Mnarani oord in Kenia vir net R5500. Ek was self al by die oord en kan dit aanbeveel. Teen die prys is dit fantastiese waarde. Skakel hulle nou op 0878052500.

Boerekalkoen? Gaan kyk hieronder vir die resep.

Kry inligting oor al die Bokke se wedstryde hierdie jaar. Loot Eksteen het dit mooi saamgevat, gaan kyk ondertoe en laai dit vir jou af.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Custom Search

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Pasella 1

Ek wou na my onlangse vakansie vinnig  bietjie gewig verloor, gaan toe op die 3 dag hartstigtingsdieet en na drie dae is ek drie kg ligter. Regs klik hier om die dieet af te laai. As jy enige medikasie neem vra maar liwer eers jou dokter vie toestemming.

Judith se Boerekalkoen

Ons Suid Afrikaners is mos nie juis kalkoeneters nie, ons los dit maar vir die Amerikaners met hulle "Thanksgiving". My vriendin, Judith Steynberg, se kinders woon in Amerika en sy reken hierdie resep van haar lewer die lekkerste en sappigste kalkoen, probeer dit gerus:

Boerekalkoen vir Kersfees
Thanksgiving Turkey

Bestanddele:

Kalkoen
Speserye om in te spuit (eie keuse)
Olie
Termometer om olie temperatuur te meet
Groot ysterpot (net groot genoeg vir jou kalkoen)
Gasbraai om die olie warm te kry

Metode:

1 Weeg die kalkoen. Vir elke lb moet die kalkoen 4min “kook” (2.2lb is 1kg = omtrent 9 min per kg)
2 Om te bepaal hoeveel olie nodig is, sit die kalkoen in die pot en gooi water in tot die kalkoen bedek is,
Gooi water af en meet, nou kan jy sorg dat jy genoeg olie beskikbaar het.
3 Berei kalkoen voor, vryf die speserye op of spuit die mengsel van jou keuse in die kalkoen met ‘n groot plastiek spuit.
4 Verhit die hoeveelheid olie wat jy bepaal het in die ysterpot tot – nie warmer as 375 grade (anders brand jou kalkoen) en nie kouer as 340grade (anders absorbeer die kalkoen te veel olie)
5 (kalkoen van 14lb sal dus 14 x 4 minute in die olie “kook” = 56 minute)

Wenke:

Ons het met ‘n draadhanger ‘n tipe mandjie gemaak sodat ons die kalkoen maklik in die olie kon laat sak en uithaal
Kontroleer die hitte die hele tyd, alhoewel die hitte redelik konstant bly as jy die temperatuur reg het.
Die hitte seël die sappe in en die kalkoen is glad nie droog nie, inteendeel Heerlik!
Die kalkoen kan met jou vulsel wat jy vir hoender gebruik, gevul word 
Ons eet groenboontjies, pampoen en gebraaide aartappels en rys (ook in ysterpotjies gaargemaak) saam met die kalkoen

Toets dit met ‘n hoender. Hy gaan soos blits gaar wees en heerlik

Metroblitz

Ek kry 'n koerantuitknipsel in my epos oor 'n trein, die Metroblitz wat op 11 Januarie 1984 in gebruik gestel was. Dit was in staat om teen 160 km/h tussen Johannesburg en Pretoria te ry  in 42 minute teen 'n kaartjie prys van R2.50 enkel.

My vraag nou is, wat het van die trein geword? Hoekom nou biljoene aan die Gautrein spandeer as ons alreeds so 'n trein het? Ek verstaan die kaartjieprys op die Gaitrein tussen Sandton en OR Tambo is R100, Pretoria toe gaan dit seker veel meer wees. Wie gaan op die trein daagliks week toe ry? Neem nou myself 'n paar jaar gelede. Ek woon in Alberton en het in die Menlyn omgewing gewerk. Daar is geen manier dat ek die Gautrein kon gebruik nie. Nee wat, ek dink die Gautrein is doodgebore.

Ek sal hom eenkeer ry net as 'n foefie, nooit weer nie.

Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag

Baie dankie aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie reeks te gebruik

Rolprente van die jare 60
Die sestigerjare het die Afrikaanse rolprent in sy hordes op die land losgelaat. En, kan jy glo: temas soos seks, buite-egtelike kinders en selfs dwelms word aangeraak met ‘n ondeunde gewaagdheid. Watwo gewaagdheid! Die bitterbek sensors het ‘n stewige greep op die vervaardigers se sagter dele gehad. Want in daardie jare is alles wat net na seks verwys of wat naaktheid geïmpliseer het gulhartig uitgesny. 
Tog het dit sekere groot rolprentmakers nie afgesit nie. EMIL NOFAL het die rolprentbedryf in die vroeë jare sestig stormerhand verower. Hy het selfs lig die draak gesteek met Afrikaner konserwatisme en alter ego’s in HOU DIE BLINKKANT BO in 1960. So daar was ‘n vrolike Freudiaanse hupstappie in hierdie vrolike komedie waarin daar gespot is met naïwiteit en onskuld. 
Hier het die karakters Afrikaans en Engels gepraat – Boer en Brit het swaarde gekruis en maagseerlag-kaskenades ervaar. Ou Miesies Goldberg met haar moesie-mondjie en reuse-handgebare het ‘n losieshuis gehad waarin die manne mekaar maar moes verdra ten spyte van verskille. Een van hulle het ‘n lekker boepie gehad en is gespeel deur Frederik Burgers. Natuurlik is sy huur lank ágter die tyd en is mev. Goldberg die josie in! Klaas Haasbroek is die versinnebeelding van Afrikaner-onskuld as hy speelgoed moet toets en in die proses ‘n nuwe Klaasman laat ontpop: sy alter ego. Want sien, in hierdie hoogskop-lekkerlag-komedie was die humor meer gesofistikeerd as in vorige Pierre de Wet klugte. Klaas Haasbroek se flink idees word gekaap deur ‘n kollega. Maar wie het die moed om Klaas wakker te skud oor sy bleeksieligheid? Sy eie spieëlbeeld.
Klaas se alter ego, ‘n eerste in Afrikaanse rolprente, hits hom aan om sy man teen wrede base te staan! En dit veroorsaak dat Klaas se pragtige sekretaresse van hom begin hou en besluit om met hom te trou. Maar wag. Daar’s ‘n ander naam in HOU DIE BLINKKANT BO wat later in prominente breë letters sou verskyn. So breed soms dat my TV dit afgesny het na MO DE W. En dit is: ELMO DE WITT wat as deel van die redaksie ‘n titel of krediet kry in HOU DIE BLINKKANT BO. Maar hier was Emil nog die baas. Die talentvolle filmmaker het as ‘n redigeerder begin by AFRICAN MIRROR se nuusfilms. Hy het ook ‘n paar groot Afrikaanse flieks gesny en staan toe pa vir Voor Sononder, Kimberley Jim met Jim Reeves en sy grootste treffer, THE WINNERS. In HOU DIE BLINKKANT BO bevat sy draaiboek meer speelbare dialoog as die elokusie-stram-boekerigheid wat sommige flieks in daardie jare gekniehalter het. Die spel was ook sommer beter. Natuurlik speel baie Klaas Haasbroek se ongemaklikste tonele in die badkamer af wat deur al die manne in die losieshuis gedeel word – natuurlik met maagwerk-seerlag-gevolge. En dan daag ou miesies Goldberg altyd op die mees onmoontlike tye op!

Maar na Emil Nofal se HOU DIE BLINKKANT BO het veteraan Pierre de Wet die vonk by die kruitvat gebring in EN DIE VONKE SPAT. In daardie jare verskaf Eskom krag aan stoere boere op die platteland. Jan M Perold skryf die draaiboek waarin ‘n tradisionele befoeterde plaasboer, Frederik Burgers, agterkom dat sy plaas se grensdraad nog al die jare verkeerd geloop het. Nou bak sy kluitjies! Toe die vervlakste landmeter opmetings doen om te bepaal waar die kragdrade moet loop, beland die windpomp op sy BUURMAN se plaas... en dit nogal ‘n vrou! En die sewe soorte duiwel bars los as die boer, en nie Eskom nie, bots oor kragdrade! 

Ek wonder wat vandag se boere sou gemaak het as hulle EN DIE VONKE SPAT sien. Want hier wil ‘n koppige ou plaasboer NIE elektrisiteit hê nie. Hy kom goed genoeg oor die weg met sy parafienstofie en opsitkers en flikkerende lampe, baie dankie. Visuele slapstick bereik hier ‘n hoogtepunt as Frederick Burgers oordrewe verhoogspel lewer soos die groot handgebare wat hy maak en sy lomp probeerslae om na sy buurvrou te vry. ‘n Jong Marie du Toit, wat later diep spore in die Afrikaanse rolprent sou trap, is sy dogter wat hom probeer oortuig dat elektrisiteit die regte ding is om te doen! Jan Cronjé is ‘n verteenwoordiger van Eskom met meet as sy oog op die oom se pragtige dogter. Maar die oom dink net windpomp! Pa praat hier soet woordjies met die vervlakste koei wat nie ordentlik melk wil gee nie, terwyl sy dogter na hom soek om hom te oortuig om die elektrisiteit te vat!

En daar spat die vonke. Maar hare droogblaas is die minste van die oom se probleme... want daar is ook diewe wat kragdrade steel... nie iets waaroor ons vandag sou lag nie, maar in “EN DIE VONKE SPAT” word die diefstaltonele as grappig en slapstick uitgebeeld MET DIE BLOU VONKE WAT SPRING. Maar natuurlik, soos dit in alle goeie Afrikaanse rolprente in die vroeë sestigs kry die oom sy aster, laat sy kragdrade span, behou sy water en vind die pot goud onder die kragdraad-stellasie . EN DIE VONKE SPAT het sakke vol geld gemaak en Emil Nofal gevestig as ‘n toonaangewende rolprenttalent !

Toe word die sluise oopgedraai met aktuele temas soos die onopgeloste Die Bubbles Schroeder moord in 1961, asook Die Hele dorp weet en ‘n riller Spore in die Modder. 1961 sien nie minder nie as 19 rolprente hoofsaaklik in Afrikaans, voordat komedie in 1962 weer die botoon voer met Tom, Dirk en Herrie en Jamie Uys se LORD OOM PIET, Jy’s lieflik vanaand van Pierre de Wet, asook spanningsprente soos Stropers van die Laeveld, Man in die Donker en Voor Sononder.

Maar kom ons spring vorentoe tot by DR. KALLIE in 1968 wat vernuwing gebring het, al was dit eintlik 2 onewe rolprente in een. Elwen Morris, Franz Marx en Wena Naudé speel in die fliek oor ‘n rondloper, Siegfriedt Mynhardt, wat met gate in sy klere deur die veld stap. Ivan Hall wat ook die regisseur was, kry die idee dat ‘n klomp weeskinders ‘n bus oorneem en sleep tot in Mosselbaai waar hulle die tewerige ou juf. Siervogel aanvat en ‘n swietswinkel probeer oopmaak. June Seymour is die posbuslippie juf Siervogel wat die kinders eerder vir kompos wil gebruik.

Die toneel in DR. KALLIE hierna waar die kinders die bus deur die dorp sleep is klassiek en bewys dat Ivan Hall ‘n vars oog vir detail gehad het. Hy het selfs die ongewone jump-cuts gebruik en ‘n storie vertel wat vinniger beweeg as sy tydgenote s’n. Die toneel waar die kinders ‘n boks sprinkane in juf. Siervogel se winkel loslaat het mense in die paadjies laat rondval soos hulle gelag het. Ek onthou dat ek en my ouma my oupa omtrent moes lawe nadat hy die sprinkaantoneel gesien het. 

En dan hol die bus in DR. KALLIE met die straat af en stort oor die kranse in die see – ‘n toneel wat met ‘n allemintige 3 verskillende kameras verfilm is wat die vallende bus uit alle hoeke belig het. En die arme kinders is hul winkel en heenkome kwyt....

Dan is ons skielik in Hillbrow waar Reinet Maasdorp binnenshuise versierder speel en met Dr. Kallie kennis maak. Franz Marx is Harry, ‘n pierewaaier en die ergste is: Franz praat Engels met ‘n ander akteur se stem. Na nog ‘n paar nuwighede soos ‘n flink montage, lae kamerahoeke en vinnige redigering, blyk dit dat dr. Kallie ‘n verlore seun het. Francois van Heyningen besef later dat dr. Kallie sy pa is wanneer die rolprent van die kinders wegbeweeg en ‘n stewige greep melodrama na die doek bring, veral met die dood van ‘n dierbare brakkie genaamd Rexie. Daar is selfs ‘n kunstige swart-en-wit-montage met terugflitse uit die oorlog wat verduidelik wat met die tragiese Dr. Kallie gebeur het. Die doek word selfs in twee gedeel om al die inligting oor te dra, almal nuwighede in die Afrikaanse rolprent. Maar uiteindelik word Dr. Kallie en sy onwillige seun verewig en almal het lank en gelukkig saamgelewe....
Maar VOOR Dr. Kallie was daar in 1964 ‘n fliek wat eers ‘n streng niemand onder 21 beperking gehad het... toe verban is... en toe later ontban. My ouers het my in die inryteater ingesmokkel om te kyk waaroor al die kalawa was in DEBBIE.

Debbie kom uit die pen van Tryna du Toit wat dit as GROEN KORING geskryf het. Maar in Elmo de Wit se weergawe raak Suzanne van Oudtshoorn en Leon le Roux, wat met ‘n omroeperstem gepraat het, op mekaar verlief. Maar almal waarsku vir Deborah: Paul is ‘n rokjagter. Pasop. Maar wie luister nou as jou hormone jou pla en die lenteweer so soel oor Pretoria hang....

Elmo de Wit gebruik die room van die Afrikaanse rolprentbedryf in hierdie wyedoekproduksie, DEBBIE. Name soos Gert van den Bergh as Paul se streng pa, Cobus Russouw as ‘n ondeunde student , Emsie Botha as die pragtige Trudie wat op Cobus verlief raak en Siegfriedt Mynhardt as Debbie se pa wat nie sal toelaat dat ‘n bullebak sy dogter onteer nie. Maar, o wee, dan begin dit reën na ‘n romantiese piekniek. Dit raak erger en dit hael.... en Debbie en Paul skuil in ‘n motor.... Hulle skuif nader aan mekaar... Paul sit sy arm beskermend om Debbie, sy rus met haar kop op sy skouer. Debbie kan dit nie meer uithou nie en Paul wil net trou.

Maar dit bly nie net by mooi blommetjies en onskuldige bytjies nie. Kort voor lank is Debbie in die ander tyd en word sy opgeneem in ‘n huis vir ongehude moeders. Hettie Uys is Debbie se ma wat probeer wal gooi vir haar arme dogter wat in die ander tyd is, maar Siegfriedt Mynhardt bly onsimpatiek en bombasties oor sy dogter se flater. Die nuus van Debbie se swangerskap word rugbaar.....

Paul studeer intussen vir dokter oorsee en niemand dink dat hy sy plig gaan nakom en met Debbie gaan trou nie. Maar die rolprent DEBBIE het nog ‘n hartseer troefkaart wat dit na die vlak van intense melodrama neem met betraande gesigte, verwarde oë en bewende lippe. Wanneer Debbie se kind gebore word, word sy van Deborah af weggeneem en beland by pleegouers. 

‘n Bedroefde Debbie ry huis toe, Paul kom terug van oorsee af. Jare later beland ‘n siek dogtertjie, wat van ‘n windpomp afgeval het, onder Paul se mes... en besef die Debbie en Paul dat dit hulle kind is. Paul red die meisietjie se lewe. DEBBIE het seker die mees onbevredigende en kortaf einde in die geskiedenis van die rolprentbedryf, moontlik onder die druk van sensuur: Paul en Debbie snik hul harte uit oor hul kind, maar kom nie tot troue nie. En terwyl natgehuilde gehore sit en wag dat hulle moet versoen, doof die doek na swart met die laaste woorde: REGISSEUR: Elmo de Witt....

En so eindig Debbie op ‘n waarskuwende noot. Seks buite die huwelik word nie geduld nie en word wreedaardig gestraf. 

16 Junie - Dag van Onreg

Dankie, Adri, dat jy die volgende twee bydraes aangestuur het

16 Junie is die datum waarop een van die laakbaarste onregte in die geskiedenis van die mensdom gepleeg is.

Op dié datum in 1900 het Frederick Roberts, aanvoerder van die Britse invalsmagte in Transvaal en die Vrystaat, sy verfoeilike Proklamasie 5 van 1900 uitgevaardig.

Die proklamasie was 'n erkenning dat die Britse oormag van 'n halfmiljoen soldate nie die minder as 55 000 Boereburgers op die slagveld kon baasraak nie en dat die Engelse voortaan hulle militêre mag op 'n sagter teiken sou konsentreer: Boerevroue en -kinders.

Uiteindelik het Engeland 3 000 vroue en 24 000 kinders koelbloedig in konsentrasiekampe doodgemartel.

Hierdie kinders se enigste oortreding was dat hulle onbedoeld tussen Engeland se gulsigheid en Transvaal se goud gestaan het.

Hulle het niemand bedreig nie, hulle het niks verniel of aan die brand gesteek nie, hulle het nie klippe gegooi nie - hulle het nie eens op iemand geskel nie. Maar hulle is kil berekend vermoor; 24 000 van hulle.

Anders as die hospitale wat die Boerevolk later opgerig het om vir andere mediese dienste soos nêrens anders in Afrika te bied, was die hospitale in die Britse helkampe poorte na die dood. Dit was 'n wonderwerk as 'n kind 'n kamphospitaal oorleef het. Maar die Boerekinders het nie gevloek en geskel
en klippe gegooi nie.

Anders as die skole wat die Boerevolk later vir ander opgerig het in 'n eerlike poging om hulle te help om hulle posisie te verbeter, was die Britse konsentrasiekamp- en latere staatskole politieke manipulasiesentrums waar Boerekinders voortdurend verneder en geboelie is.

In skole wat die Boerevolk later vir andere opgerig het is Afrikaans bloot as vak aangebied soos Boerekinders nog altyd Engels, Duits, Latyn of Sotho geleer het.

Daarteenoor is Boereleerlinge in die Britse skole gestraf as hulle selfs op die speelgrond in hulle eie taal met mekaar gepraat het.

Maar die Boerekinders het nie klaskamers verniel, skole afgebrand, klippe gegooi, waansinnig die strate ingevaar en die lewe van dié wat die orde probeer bewaar het bedreig nie.

Die Boerekinders het geleer en gewerk en gevorder tot 'n volk wat op alle gebiede net so goed of beter presteer as die beste in die wêreld.

Die Boerevolk het nooit sy kinders tot wandade en geweld aangehits en dan lafhartig agter hulle geskuil nie. Die Boerevolk het sy kinders eerder geleer om te werk en te presteer; om beskaafd en eerbaar op te tree; om te verdien eerder as om te eis.

Met sy plunderoorlog en barbaarse slagting van vroue en kinders kon Engeland nie daarin slaag om die Boerevolk se prestasie te stuit of om sy beskaafheidspeil te laat daal nie. Dit is maar net nog 'n bewys dat die Boerevolk in 'n klas van sy eie is.

Geloof, werk, prestasie en beskaafdheid het daarvoor gesorg dat die Boerevolk vandag steeds eervol voortbestaan, sodat ons vandag, op 16 Junie, met trots en dankbaarheid kan verklaar dat ons burgers is van 'n volk wat nie afbreek nie, maar opbou.

Mag ons volk nog harder werk om ons nog verder van die ander te onderskei.

Clifford A Clarkson 

Viva FIFA

Die nuwe Fifa-regering wat die land oorgeneem het, lyk glad nie meer na so 'n slegte idee nie. Dink net daaraan, drie rowers wat by 'n gastehuis inbreek en mense aanhou en beroof, is twee dae later reeds gevonnis. Nie sommer net gevang of aangekla nie - nee, klaar gevonnis. En twee van hulle kry sowaar 15 jaar tronkstraf, en dit sonder dat iemand verkrag of selfs beseer is.

Die soort van geregtigheid is merkwaardig vreemd aan Suid-Afrika. Dit moet dus iets te doen hê met die Fifa-greep op die land.

Vantevore het ons verwys na die beddens in hospitale wat glo eenkant gehou word vir blitsige mediese reaksie tydens die sokkertoernooi, nou blyk dit dat daar tot blitsgeregtigheid beskikbaar is.

Die rowers is op 'n Vrydagaand in Soweto verhoor en gevonnis. Dit sal interessant wees om te weet of die bykomende koste vir die bedryf van hierdie howe, soos oortydbetaling, ook ingereken is by die miljarde wat die sokker vir Suid-Afrika uit die sak jaag, en of dit maar net tussen die krake deurval.

Daar is glo 56 howe opsy gesit vir strafsake wat met die wêreldbeker verband hou.

Ondertussen het die polisiehoof bietjie keel skoon gemaak oor die buitelanders wat die toernooi misbruik om misdade te pleeg. Diewe en rowers wat aangekeer is, is onder andere van Zimbabwe, Nigerië en Brasilië.

Maar hoor net wat sê die polisiehoof wat veronderstel is om wet en orde in die land te handhaaf. Volgens hom misbruik die misdadigers die geleentheid wat deur Suid-Afrika se hoë misdaadvlakke geskep word. As dit nou nie 'n erkenning van eie mislukking is nie...

Oor die algemeen, soos blyk uit gespreksgroepe op die Internet en briewe aan koerante, voel die publiek, en veral die Afrikaansprekende publiek nie juis ontsteld oor die buitelandse joernaliste wat besteel en beroof word nie.

Daar is blykbaar 'n houding van: "Dis goed, laat die wêreld uitvind wat hier aangaan."

Eintlik glo ons het die wêreld 'n redelike goeie idee wat hier aangaan, anders sou hier nie net 200-duisend van die verwagte 400-duisend besoekers opgedaag het nie. Die probleem is net, as hulle weg is dan gaan daar nie meer spesiale taakspanne wees om boewe voor te keer en vas te vat nie, en daar gaan ook nie meer spesiale howe wees wat kan toesien dat geregtigheid blitsig geskied nie.

Die polisiekommissaris behoort eintlik die lesse wat hy nou leer vir die toekoms in te span, dan sal dit baie beter met Suid-Afrika gaan. Die eerste les is, hou die buitelanders wat nie hier hoort nie, anderkant die grens.
Die tweede les is, vang die misdadigers en sluit hulle toe.

Dit is eenvoudig, maar ondervinding het ons geleer dat dit te veel gevra is.
As Fifa by die voordeur uitloop, gaan die swak toepassing van wet en orde weer by die agterdeur inloop. En dan is dit maar net weer ons wat hier moet veg en oorleef.

Clifford A Clarkson 

Ma in die middel

Deur Marthie Taylor

Saterdag….Rugby, Vodacom Super 14. Ons sit in die familie kringetjie, anders as gewoondlik, is alles net so bietjie…… anders. My dogters, nie so seksie soos altyd aangetrek nie, Bloubul en Stormer toppies verberg van die beste bates. Die manne , ewe oordenlik ook so aangtrek, sit en gluur vir mekaar. Vader van genade wroeg ek, is dit vandag die einde van die familiejie?
Ek ken my kinders, die gemaklikheid waarmee een boetie so om die braaivleivuur sy arm op sy ouboet se skouers sit, sien jy daai tjoppie? Boeta, dis myne, braai hom spesiaal vir my….net om te sien as sy vrou so soetjies met haar bord naderskuif, hy dit baie onopsigtelik vir haar inskep.
Vlae baniere, baie ministers, en vreemd… die enkele kere dat ‘n kamera per ongeluk? Op een van die baie bekende figure fokus…Winnie Mandele, Desmond Tutu…sit hulle met ‘n bordjie eetgoed op die skoot. Rugby maak ou honger né!
Dan verskyn die woorde groot op die skerm….Once in a lifetime………..
Any words of encouragement to the nation?....”Yes “ antwoord Mnr. Jacob Zuma.” This is making history.”
A once in a lifetime experience…..
“Geagte leser, die geleentheid, bied hom slegs eenkeer in ‘n leeftyd” In die eindelose gang van tyd is Soweto vir een oomblik wit!

Flink en vars draf die manne op die veld…. Ek kan rêrig nog baie goed sien, so op die lang afstand. …. Dis net as ek wil lees, dat ek eers die bril moet loop soek Ek kyk en kyk, wat roer tog nou so wild hier in my binneste? Fris bene …….. my oë gly oor die skerm, vreemd soos in my jongmeisie dae is dit die sterk hande en onverskrokke oë wat my hart laat vlinder, ou vergete emosies wild aan ‘n geslote deur laat hamer. 
Die wedstryd begin…… Ma is ‘n regte bloubul… raas my jongste seun. Kyk net hoe bly is ma as Morné die bal deur die pale skop. Verleentheid kol rooi op my wange. … Is nie, Mornë is net ‘n mooi seun. Hoe moet my moederhart dit hou as hy die bal so sekuur stel en oor skop?
Ma ia ‘n regte Stormer verwyt my een dogter, ek sien hoe bars ma van vreugde as daai witkop Schalk Burger die ouens so lak. Is nie verweer ek, die mannetjie is onverskrokke en doelgerig…. Jy verbeel jou sommer allerhande goeters wat nie waar is nie.
Dinge word warm, baie warm in die vertrek. Daai flippen sot van ‘n skeidsregter het oogklappe aan. Ek het mos van die begin af gesê die Stormers speel vandag teen die skeidsregter ook. Ek swyg, het mos knaend die manier om woorde te verdraai…. Veral as dit nie vir my aanvaarbaar is nie…… verwar dan maklik flippen met ‘n ander f-woord.
Later voel ek hoe die angs my keel laat toeknyp….in ons jonger dae het my man die seuns kort gevat, woeste vuisgevegte is net daar in die kiem gesmoor voordat dit in iets ernstig kon ontaard……. Nou sit hy doodstil op sy stoel, swyg grafstil as sy span? Watter span? ‘n drie druk of oorskop.
Ek wil opvlieg en ietsie gaan haal om aan te knibbel, ietsie te drinke….koffie of tee, melktert of biltong…. Maar, wat as ek net voor die skerm ingly as ‘n span ‘n drie druk, of skepskop deur die pale…die tyd loop uit en die spanning ondraaglik. Watter span ookal nou gaan punte aanteken, sal my in groot moeilikheid laat beland….. Ek bly sit en soos altyd in my lewe, laat ek dit oor aan die een wat my hart ken… wat hoor as ek vra,, Here bewaar tog my familietjie, gee U vrede en versoening vandag. 
Sms’e vlieg heen en weer tussen Pretoria en die Weskus waar my ander kinders bly. Sus is flippen moedswillig vandag…. Haar lucky day sy sit so ver van my af…… 
Dan as die wedstryd verby is, word die vuur aangesteek. Stilte daal onheilspellend op die klomp neer. Uit een mond, Bloubul ondersteuners en Stormers….. Ma is seker nou bly nê…. ma se span het mos gewen!
Klein Benjamin so amper drie jaarjies oud kom klouter op my skoot…. Taai handjies en mondjie van al die lekkers en koekies en goeters wat hy vandag moes opeet. Ek meen so tussendeur het ek gesien hoe die ooms hom met allerhande eetgoed probeer omkoop om Bloubulle te skreeu……Sodra hy die laaste happie ingeluk het, het hy dan tot ergernis van elke Bloubulondersteuners, reg voor die skerm gaan staan en met sy sterk armpies in die lug WP geskreeu.
Nou hoor ek die een oom se…. so ‘n klein swernoot. Luister vir g’n grootmens nie. Het nie respek vir wat ek hom probeer leer nie. Sy pa en ma sal nog les opsê, eendag …….met sy moedswilligheid en beterweterigheid!
Ek hoor hoe sy vrou saggies antwoord… Hy is nog so klein, hy weet niks van rugby af nie. Dis nou verby…. Kom ons gaan braai saam.
Ek staan op dra die moeë seuntjie in my arms . Een oomblik gly sy groot bruin ogies vraend oor my gesig. Ouma ons het verloor né….Hy nestel sy witkoppie teen my skouer aan, ek streel saggies met my hand oor sy klein lyfie…..die wit en blou getreepte Wp hempie wat hy die oggend so versigtig uit sy klerelaai gesnuffel het. Ja ouma se kind, maar volgende keer, troos ek saggies, as die ref ‘n nuwe bril op het, wen WP!

Alles oor die Springbokke

Loot Eksteen was gaaf genoeg om die volgende dokumente saam te stel, regs klik op elke skakel en laai die dokument af. Dit sal met elke brief opdateer word

Springbokke 1

Springbokke 2

Springbokke 3

Springbokke 4

Klik hier om vir Loot 'n epos te stuur, dalk kan hy die dokumente vir jou op 'n weeklikse basie stuur

Lekker lugkastele bou

 Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis kaartjie.

Pasella 2

Ek word gereeld gevra vir 'n metrieke omskakelingstabel, regs klik hier en laai die tabel af, druk dit sommer uit en hou in die kombuis

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
Eddie Edwards

Eddie is 'n man wat stil-stil sy ding onder die jeug doen. Hy het begin met die Swartspruit Boereorkes wat later Die Bredell Juniors geword het en hulle is nog steeds aan die gang! Eddie, hoe lyk dit met 'n nuwe Swartspruit? Afgesien van sy betrokkenheid by die opleiding van kinders is Eddie ook 'n bekwame konsertinaspeler.
 

 

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com

Riglyne ter ondersteuning van AAS/AAHS

In die laaste artikel het ek basiese inligting omtrent Aandag Afleibaarheid en Hiperaktiwiteit Sindroom (AAHS) gedeel en gemotiveer hoekom ouers dit sterk moet oorweeg om hulle AAHS kind met Ritalin te ondersteun. 

Na aanleiding van ‘n leser se vraag verduidelik ek kortliks die verskil tussen AAHS en AAS (in Engels - Attention Deficit Disorder). Aandag Afleibaarheid Sindroom (AAS) verwys na afleibaarheid wat meer na binne gefokus word-die medici praat van “nie-aandaggewend”. Hierdie is gewoonlik die kind wat as ‘n “dromer” of “verstrooid” beskryf word. Hierdie kinders is selfs meer in gevaar as die hiperaktiewe kind omdat haar leerhindernisse “onder die radar” van ouers en onderwysers beweeg maar die impak kan net so erg op haar akademiese vordering wees.

In AAHS (die mediese term is die hiperaktiewe-impulsiewe tipe) is daar twee tipiese gedragpatrone te sien: die een is die “orkaan” en die ander die “vroetelaars”. Mens moet nooit hierdie gedrag met ouderdom-gepaste gedrag verwar nie, byvoorbeeld , ‘n vierjarige sal en moet van tyd tot tyd soos ‘n gomlastiekballetjie aangaan.

Enige van bogenoemde gedragstipes kan ernstige negatiewe impak hê op ‘n kind se akademiese sukses en sosiale verhoudings. AAS/AAHS se simptome word gewoonlik duidelik wanneer die kind skool toe gaan. Wanneer die kind se aandagafleibaarheid ‘n hindernis tot leer of negatief op die kind se sosiale verhoudings werk behoort ouers dit raak te sien en te oorweeg om ‘n kenner te raadpleeg. 

Voor ouers medikasie hoef te oorweeg moet ‘n neuro-sielkundige assessering gedoen word met die kind deur ‘n bekwame opvoedkundige sielkundige en psigiater/pediater. Die sielkundige behoort ‘n omvattende assessering oor die kind doen en met haar onderwysers konsulteer. Die sielkundige sal ook ‘n neuro-sielkundige assessering met die kind doen en met die ouers konsulteer. Die sielkundige sal bepaal of die kind lei aan ‘n hindernis tot leer, sielkundige en emosionele trauma of AAS/AAHS (Sien die vorige artikel oor AAS/AAHS). Medikasie, soos Ritalin, word dikwels verkeerdelik voorgeskryf omdat kinders simptome toon wat baie soos AAS/AAHS voorkom. 

As die sielkundige vind dat die kind ly aan “rerige AAS/AAHS” sal sy die kind verwys na ‘n betroubare psigiater of pediater. Die psigiater of pediater sal dan sy eie verkorte neuro-assessering doen, geondersteun deur die omvattende assessering van die sielkundige en ‘n moontlike aanbeveling vir die gebruik van medikasie maak. 

AAS/AAHS gaan gewoonlik gepaard met ‘n paar ander probleme, soos Opponerende Sindroom, Gedragssindroom, Leerhindernisse of Gemoeds- en Angsstoornisse, wat ook aangespreek moet word. 

AAS/AAHS kan nie genees word nie maar kan effektief bestuur word. Navorsing toon dat medikasie alleen, nie sal waarborg dat AAS/AAHS hindernisse oorkom sal word nie. Die kind het lewensvaardighede, tegnieke en strategieë nodig om optimaal funksionerend te word. Die opvoedkundige sielkundige sal die kind kan ondersteun met lewensvaardighede, leiding aan die ouers kan gee t.o.v. tegnieke en strategieë aan onderwysers. Daar is wonderlike ondersteuningsgroepe waar kenners en ouers kennis en raad kan deel om sodoende die kind beter te ondersteun. 

Groete van hart tot hart. 

Gedig

Vergewe en vergeet
Totius

Dat gij niet vergeet de dingen die uwe ogen gezien hebben (Deuteronium 4:9)

Daar het 'n doringboompie 
vlak by die pad gestaan, 
waar lange ossespanne 
met sware vragte gaan. 

En eendag kom daarlanges 
'n ossewa verby,
wat met sy sware wiele 
dwars-oor die boompie ry. 

"Jy het mos, doringstruikie, 
my ander dag gekrap; 
en daarom het my wiele 
jou kroontjie platgetrap." 

Die ossewa verdwyn weer 
agter 'n heuweltop, 
en langsaam buig die boompie 
sy stammetjie weer op. 

Sy skoonheid was geskonde; 
sy bassies was geskeur; 
op een plek was die stammetjie 
so amper middeldeur. 

Maar tog het daardie boompie 
weer stadig reggekom, 
want oor sy wonde druppel 
die salf van eie gom. 

Ook het die loop van jare 
die wonde weggewis - 
net een plek bly 'n teken 
wat onuitwisbaar is. 

Die wonde word gesond weer 
as jare kom en gaan, 
maar daar die merk word groter 
en groei maar aldeur aan.

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf . Sport fotos onlangs bygelas

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome, wat nou in Amerika woon, bevorder ook Afrikaans op die net, klik hier om vir haar 'n epos te stuur, vra dan sommer ook besonderhede oor haar briewe wat sy uitstuur. Kom ons ondersteun haar ook! Dit kan net goed wees vir Afrikaans. Hoe meer mense 'n passie het vir Afrikaans en dit op die internet wil bevorder hoe beter vir ons mooi taal.

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier

Pasella 3

eBoeke is deesdae die in ding. Dit is maklik om 'n eBoek saam te stel en ook te versprei en te bemark. 
Regs klik hier en laai 'n eBoek af wat jou alles sal vertel wat jy nog altyd oor eBoeke wou geweet het. Ongelukkig is dit in Engels maar dit bevat nogtans baie inligting. Die boek het ook herverkoop regte, jy kan dit ook veerkoop, registreer net as 'n herverkoper, inligting binne.

Glimlag

Dit was onthaal-aand by die ouetehuis, en Klaas die hipnotiseur is genooi om die ou mensies te vermaak.

Hy verduidelik: "Ek gaan julle almal in 'n beswyming laat verval en julle gaan dan presies maak soos ek sê."

Die opgewondenheid loop hoog en Klaas haal sy pragtige antieke sakhorlosie uit sy sak en begin dit heen-en-weer swaai op die verhoog.

"Hierdie horlosie is al 200 jaar in ons familie. Ek wil hê julle moet stip na die horlosie kyk. Sien hoe dit heen-en-weer beweeg. Links en regs, heen-en-weer, voel hoe julle julself oorgee aan die beweging, heen-en-weer, heen-en-weer"

Die oumense raak vasgevang in die heen-en-weer beweging van die horlosie. Honderde oë volg die heen-en-weer beweging en verval in 'n beswyming totdat die horlosie per ongeluk uit Klaas se vingers glip en op die vloer stukkend val.

"Shit" skree Klaas

Dit het drie weke gevat om die ouetehuis weer heeltemal skoon te kry. 

Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
st se pitkos 

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Die ouer persoon in die werkplek (1) 

Die wêreld van werk is 'n voortdurende veranderende omgewing. Een van hierdie transformasies is toenemende ouderdom in die werkplek. Hier is veral twee aspekte wat 'n invloed op hierdie tendens uitoefen, naamlik: 

· Die lewensverwagting van mense neem toe. 
· Baie ouer mense kan nie bekostig om af te tree nie. 

Verskillende ander redes kan aangevoer en ontledings gedoen word vir die neiging van al meer ouer mense in die beroepswêreld, maar die feit is dat dit vandag 'n realiteit in ons samelewing geword het. Dit geld nie net vir Suid-Afrika nie. Ook in ander dele van die wêreld kry die belangrikheid van die ouer persoon in die werkplek erkenning. 

'n Natuurlike vraag is: waarom sal 'n ouer persoon wat eintlik moet aftree nog wil werk? Van die redes hiervoor is: 

· Finansies: Sommige mense het eenvoudig nie genoeg fondse om te kan aftree nie. Hulle het nie voorsiening vir aftrede gemaak nie of behoort nie aan 'n pensioenfonds nie. Daar is bejaarde mense wat spartel om kop bo water te hou en gedwing word om te werk. Dit kan ook wees dat 'n ouer persoon sy pensioen wil aanvul met 'n paar ekstra rand om voorsiening te maak vir onvoorsiene uitgawes. Sommige ouer mense werk om 'n luuksheid, soos 'n oorsese vakansie, te kan bekostig. 

· Verveeldheid en vrees: Dit kan wees dat 'n man nog te jonk voel om by die huis te sit en niks te doen nie. Hy vrees die eentonigheid van 'n pensioenaris se leefstyl en meen dat hy nog 'n produktiewe bydrae kan maak. Die sosiale aspek en interaksie met kollegas en kliënte is belangrik. 

· Liefde vir sy werk: Daar is heelparty mense wie se werk so deel is van hul lewe en wat dus nie wil ophou werk nie. Hulle vind betekenis vir hul lewe in hul werk. Hier kan ek dink aan skrywers wat dikwels tot op hoë ouderdom nog werksaam was. Ek lees onlangs ook van Johnny Cash, beroemde sanger, wat feitlik tot op sy laaste asemtog nog aangehou sing het. 

'n Belangrike vraag is egter of die ouer persoon werklik nog 'n sinvolle bydrae te maak het in 'n werksomgewing. Myns insiens het die ouer persoon nog 'n daadwerklike rol te speel. Dikwels beskik die ouer persoon oor kennis en praktiese ervaring, oor jare bekom en verwerf, en waarvoor daar 'n aanvraag is. Soms is dit gespesialiseerde kennis wat nie sommer vervang kan word nie. 

Ouer persone word dikwels gewaardeer vir hul goeie werksetiek, lojaliteit en betroubaarheid. Met hul kennis en ervaring verleen hulle 'n stabiliteit in 'n werksomgewing. Die ouer man of vrou tree op as rolmodel en leermeester vir die jonger werker. Wanneer 'n krisis opduik, kan op die ouer persoon se jare lange ervaring en kennis gereken word. 

Nog 'n rede vir indiensneming van 'n ouer persoon is die ouer wordende bevolking. 'n Ouer werker kan dalk die ouer kliënt beter verstaan en by hom aanklank vind. 

'n Belangrike punt is om dit nie as vanselfsprekend te aanvaar dat daar vir jou werk sal wees wanneer jy aftree-ouderdom bereik nie. Voorbereiding en beplanning is nodig. Ek verwys kortliks na enkele aspekte: 

· Onderhandel met jou huidige werkgewer om dalk na aftrede steeds op 'n deeltydse basis of op kontrakbasis te werk. 
· Ondersoek die moontlikheid om as konsultant vir jou firma of vir ander besighede op te tree. Baie firmas sal eerder van 'n konsultant gebruik maak as om iemand voltyds in diens te neem. Jou ervaring en kennis kan dalk net wees wat 'n firma benodig. 
· Gee jouself op as 'n tydelike werker. Jy kan instaan wanneer 'n besigheid iemand vir 'n korter tyd benodig. 
· Ontwikkel jou belangstellings en aanlegte waarvoor jy nooit gedurende jou beroepslewe werklik tyd gehad het nie. Dalk wou jy nog altyd 'n sjef wees en nou kan jy dalk die geleentheid gebruik om dit te doen. Miskien is dit nou die tyd om die werk te doen wat jy nog altyd wou en wat jou lewe betekenis sal gee. 
· Die tyd na formele aftrede is dalk jou geleentheid om die entreperneur te wees wat jy nog altyd in hart en siel was. Wees egter versigtig en kry net eers goeie advies en hulp. 
· Begin met verdere studie wat vir jou nuwe deure kan oopmaak. 
· Ondersoek die poste wat vir senior burgers bestaan. Doen aktief navorsing oor spesifieke werksgeleenthede vir die ouer persoon. 

'n Belangrike aspek in die hele scenario waar 'n ouer persoon belangstel om verder te werk, is die ingesteldheid van hierdie persoon. Ek verwys kortliks na vyf aspekte wat vir my belangrik is: 

· Pas jou gesondheid op - meer as ooit tevore. Handhaaf 'n gesonde leefstyl, eet gesond, vermy slegte gewoontes, doen oefeninge, versorg jou voorkoms. 
· Wees bereid om steeds te leer en bly op die voorpunt van nuwe ontwikkelinge. 
· Moenie met 'n negatiewe gesindheid optree nie, maar wees positief, blymoedig en 'n bron van inspirasie vir ander. 
· Moenie jouself geringskat nie, want jy beskik oor wonderlike ervaring en kennis wat jy oor jare opgedoen het. Handhaaf 'n positiewe selfbeeld. 
· Wees bereid om ander te help en as 'n leermeester op te tree. 

Daar is beslis plek en ruimte vir die ouer persoon in die beroepswêreld. Jy het nog altyd 'n bydrae te maak. Dit was Ted O'Neal wat gesê het: "Hou aan met droom en om vir jouself doelwitte te stel. 'n Mens word net oud wanneer jy jou entoesiasme en ideale verloor." 

In ons volgende nuusbrief bespreek ons verdere aspekte van die ouer persoon en die werkplek. 

'n Sprankie wysheid vir die dag : "Ek voel nooit oud nie. As jy kreatiewe werk het, is jy nie oud nie en het jy ook nie tyd nie." - Louise Nevelson - 

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 

 
Resepte

Hier is 'n verskeidenheid resepte uit Peterjasie se Boek wat Anna Eksteen vir my saamgestel het, die eBoek is teen R50 beskikbaar indien jy sou belangstel, stuur my net 'n epos en vra vir bankbesonderhede.

peter@peterjasie.co.za

KOFFIE-EN-AMARULA-NAGEREG

20ml koffiepoeier                                                           125 ml kookwater

300g malvalekkers                                                          1 blik (410 ) verkilde, ingedampte melk

30ml Amarula-room                                                        125ml gekapte neute

Los die koffie in die water op. Giet in groterige kastrol en plaas die malvas daarin. Laat eenkant tot die lekkers feitlik heeltemal gesmelt is. Klits intussen die koue melk tot styf. Roer die koffie-malvamengsel deur om seker te maak dat al die lekkers opgelos is. Roer die mengsel dan by die styfgeklitste melk in. Voeg Amarula en neute by en roer deur. Skep in individuele glase of in 'n groot bak. Plaas in yskas om te stol. Dien op met room en enige vars vrugte na keuse.

KORINGSLAAI MET EIER

250g gekraakte koring                                                   2 groot agurkies

1 ui                                                                               2 ryp tamaties, ontpit

4 selderystingels                                                           2 wortels, geskil

1 rooi soetrissie                                                            25ml vars pietersielie, fyn gekap

25ml vars koljanderblare, fyn gekap                               25ml mentblare, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper                                 100ml slaaisous van jou keuse

2 eiers, hard gekook en fyn gekap

Kook die koring tot net gaar, dreineer en hou eenkant. Sny die agurkies, ui, tamaties, seldery, wortels en rooi soetrissie in baie klein blokkies. Meng met die koring, pietersielie, koljanderblare, kruisementblare, sout, peper en slaaisous. Meng alles goed en garneer met fyn gekapte eiers. Lewer 4-6 porsies.

KRUISSKYF MET UIE EN PEPERSOUS

1 groot ui, opgekap                                                       10ml olyf of avokado-olie

1 knoffelhuisie, gekneus                                                50ml witwyn

150ml room                                                                   4 kruisskywe

10ml peperkorrels, rofweg in in stamper en vysel fyngemaak

Sauté die uie in die olie. Voeg die knoffel, peperkorrels, witwyn en room by. Prut vir 5 minute en laat dit effens wegkook totdat dit verdik. Verhit intussen ‘n roosterpan. Smeer die vleis met ‘n bietjie olie en rooster dan vir 4 minute per kant, of na smaak. Bedien die kruisskywe met die warm sous bo-oor.

LAMSTJOP EN BONE GEBAK

100 ml olyfolie                                                              4 preie, in skywe gesny

6 heel knoffelhuisies                                                      3 wortels, in klein blokkies gesny

3 blikke botterbone, gedreineer en afgespoel                 1 blik gekapte tamaties

250ml rooiwyn                                                               250ml hoender-aftreksel

10ml droë origanum                                                       2 lourierblare

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak                   8 lamstjops

sap van 1 suurlemoen                                                    400g fetakaas, in stukke gebreek

groot hand vol vars basiliekruidblare

Verhit jou oond tot 180C. Gooi sowat 80ml van die olyfolie in ’n groot oondroosterbak. Verhit die olie en braai die preie, knoffel en wortels daarin vir sowat 10minute. Voeg die botterbone, tamaties, rooiwyn en hoender-aftreksel by. Geur met origanum, lourierblare, sout en swartpeper. Maak die bak toe met tinfoelie en bak vir sowat 45 minute. Sit intussen die tjops in ’n bak en gooi die res van die olyfolie en die suurlemoensap oor. Verhit ’n swaarboompan. Braai die tjops weerskante bruin. Geur met sout en swartpeper. Haal die groente ná 45minute uit die oond en rangskik die tjops en fetakaas bo-op. Plaas terug in die oond vir sowat 20 minute. Sprinkel vars basiliekruidblare oor.

LAMSVLEIS IN TAMATIESOUS

300g gaar penne pasta                                                  30ml avokado olie

4 x 180g lamsboudtjops                                                sout en varsgemaalde swartpeper

1ui, fyn gekap                                                               2 knoffelhuisies, gekneus

615ml (1½ blikkie) heel gesnyde tamaties, fyn gedruk     200g kersie tamaties

2 roosmaryntakkies                                                       2 wiggies fetakaas

swart olywe                                                                   handvol vars basiliekruidblare

30ml botter

Draai ‘n rolstok met kleefplastiek toe en slaan die tjops effens platter of gebruik ‘n vleishamertjie. Sny in blokke van 3cm. Verhit die olie in ‘n groot pan oor hoë hitte. Braai die tjops in sarsies tot goudbruin aan albei kante. Werk vinnig anders word die vleis taai. Geur met sout. Haal uit die pan. Sit die uie, knoffel en kersietamaties in dieselfde pan en braai tot die tamaties begin oopbars. Voeg die fyn gedrukte tamaties en roosmaryn by en bring tot kookpunt. Geur na smaak. Voeg die vleis by en laat deurwarm word. Krummel die fetakaas oor en roer deur. Strooi die olywe en basiliekruidblare bo-oor. Meng die botter deur die warm pasta en sit met die lamsvleis voor. Lewer 4 porsies.

LAMSVLEIS MET APPELKOSE EN PIETERSIELIE-KLUITJIES

30ml sonneblomolie                                                      700g ontbeende lamsboud, in blokkies gesny

350g klein uitjies                                                            2 knoffelhuisies, fyngedruk

250g klein sampioene                                                    175g gedroogde appelkose

250ml beesvleisaftreksel                                                250ml rooiwyn

15ml tamatiepuree                                                         10ml suiker

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

PIETERSIELIE-KLUITJIES

115g bruismeel                                                              50g wit margarien

1 eetlepel gekapte pietersielie                                        5 eetlepels koue water

Verhit die sonneblomolie in ’n groot kasserol. Braai die lamsvleis (’n bietjie op ’n slag) tot goed bruin. Haal die vleis uit die kasserol en hou dit eenkant. Voeg die sampioene, uitjies en knoffel in dieselfde kastrol. Braai vir so 5 minute. Sit nou al die vleis terug in die kastrol saam met die sampioene, knoffel en uitjies. Voeg die res van die bestanddele by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Bring tot kookpunt en plaas in ’n oond teen 160C vir 1½ - 2 uur. Intussen kan jy die kluitjies maak. Meng die wit margarien en meel saam in ’n voedselverwerker totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg die gekapte pietersielie by. Voeg water lepel vir lepel by totdat dit ’n stywe deeg vorm. Sit nog ’n bietjie meel in jou hande en rol klein balletjies deeg. Maak sowat 8 - 10 kluitjies. Sit die kluitjies op bakpapier en bedek met kombuispapier. Wanneer die lamsvleis vir sowat 2 uur in die oond was, plaas die kluitjies bo-op die vleis, sit deksel op en plaas terug in die oond vir nog sowat 20-30 minute. Die kluitjies sal verdubbel in grootte. Lewer 6 porsies.

LEMOEN EN BOTTERKARAMELDOOPSOUS

160ml bruinsuiker                                                          30ml botter

160ml room                                                                   100g witsjokolade, fyn gekap

fyn gerasperde skil en sap van 1 klein lemoen

Roer die bruinsuiker, botter, room, lemoenskil en sap in ‘n medium kastrol oor matige hitte tot die suiker opgelos is en bring dan tot kookpunt. Laat kook vir sowat 3 minute. Haal af en laat sowat 5 minute afkoel. Voeg die sjokolade by en roer tot al die sjokolade gesmelt en goed met die res van die bestanddele gemeng is. Lewer 6 porsies.

LOLLIE SE VRUGTETERT

KORS

2 pakkies Marie beskuitjies, fyn gerol                             250ml klapper

250ml margarien

VULSEL

410g blik ingelegde perskes                                          410g blik ingelegde appelkose

410g blik ingelegde pynappelstukkies                            410g blik ingedampte melk, verkoel

397g blik kondensmelk                                                  2 pakkies suurlemoenjellie

gekapte neute, kersies of dadels soos verkies

Meng beskuitjiekrummels, klapper en margarien goed en druk in 2 tertborde vas. Dreineer vrugte en verhit sap. Los jellie in sap op en laat koud word. Snipper vrugte fyn. Klits ingedampte melk tot dik. Voeg kondensmelk daarby, dan vrugte, dadels, kersies en neute en heel laaste jellie. Meng goed en gooi in tertborde. Laat stol en sit met vars room voor indien verkies. Lewer 2 terte.

MAALVLEIS EN GROENTE PILAF

bietjie olie                                                                     1 ui, gekap

500g beesmaalvleis                                                       250ml rou rys

10ml gekapte vars pietersielie                                        1 ¾ koppie hoenderaftreksel

5 murgpampoentjies, in diagonale skywe gesny              sout en gemaalde swartpeper na smaak

1 elk geel, groen en rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

Verthit olie in kastrol. Soteer ui tot net sag. Voeg maalvleis by en roer tot vleis gaar en los van mekaar is. Voeg rys, pietersielie en aftreksel by en laat vir 20 minute kook. Voeg soetrissies en murgpampoentjies by en laat nog 10 minute kook of tot rys gaar is. Geur met sout en peper. Sit warm saam met slaai voor. Lewer 4 porsies.

MAALVLEISBREDIE

25ml olie                                                                        1 ui, fyn gekap

250g sampioene, gehalveer                                            1 rooi of geel soetrissie, in blokkies gesny

500g maalvleis                                                               5ml sout

2ml peper                                                                      1 vleisekstrakblokkie

225ml kookwater                                                            2 aartappels, geskil en in blokkies

410g (1 blik) roomsoort suikermielies                              geroosterde tamatieskywe

Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol. Soteer die ui, soetrissie en sampioene in die olie totdat dit ligbruin en deurskynend is. Voeg die maalvleis by en verbruin dit. Roer dit gereeld om sodat dit nie aanbrand nie. Geur met sout en peper. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater en voeg dit saam met die aartappel blokkies en suikermielies by die vleis. Plaas die deksel op en stowe dit 20-25 minute lank oor lae hitte. Roer af en toe om. Skep die bredie uit in ‘n warm opskepskottel. Garneer die gereg met geroosterde tamatieskywe. Bedien warm. Lewer 4 porsies.

MAASKAASSOUFFLE

60g margarien                                                               ½ ui, fyngekap

45ml koekmeel                                                              190ml melk

250ml gladde maaskaas                                                5-8 peppadews, grof gekap

4 eiers, geskei                                                               1ml sout

vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 220C. Smelt die margarien in ‘n kastrol en soteer die uit tot sag. Roer die meel by en voeg dan die melk geleidelik by terwyl gedurig geroer word. Laat prut tot die mengsel glad en dik is. Roer af en toe. Verwyder van die hitte en voeg die maaskaas, peppadews en eiergele by en geur met sout en peper. Meng goed. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit dan by die maaskaasmengsel in. Giet dit in ‘n ongesmeerde soufflébak of 4 individuele ramekins. Bak vir 20 minute of tot uitgepof en gaar. Lewer 4 porsies.

MACARONI-EN-KAAS-SOP

30ml kookolie                                                               250ml gekapte seldery

1 middelslag-ui, gekap                                                  1 groen soetrissie, ontpit, gekap

1 groot wortel, gekap                                                    250ml rou elmboogmacaroni

1,5liter hoenderaftreksel, gemaak van 3 ekstrakblokkies

WITSOUS

125ml margarien                                                            90ml koekmeel

750ml melk                                                                   500ml gerasperde sterk kaas

50ml gekapte vars pietersielie                                        sout en peper na smaak

Verhit die olie en soteer die groente tot sag. Voeg die hoenderaftreksel en macaroni by en kook tot sag. Hou eenkant. Vir die witsous: Smelt die margarien en roer die meel geleidelik by. Voeg die melk by om ´n gladde witsous te vorm. Voeg die kaas en pietersielie by. Roer tot die kaas gesmelt is. Voeg die witsous by die sop en geur met sout en peper. Laat prut sowat 5 minute en dien op.

MACARONI MELKKOS

250ml macaroni stukke                                                  1 liter melk

60ml wit suiker                                                              5ml sout

50ml vlapoeier                                                               25ml botter of margarien

kaneelsuiker

Kook die macaroni stukkies volgens die aanwysings op die verpakking in kokende soutwater tot sag. Dreineer die macaroni. Verhit 950ml van die melk in ‘n middelslag kastrol met ‘n dik boom tot kookpunt. Voeg die suiker en sout by. Meng die vlapoeier met die oorblywende 50ml melk tot ‘n pasta. Roer dit vinnig by die kookmelk. Verlaag die hitte, roer die macaroni by, sit die kastroldeksel op en laat die melkkos ‘n rukkie prut. Roer die botter of margarien net voor opdiening by en strooi kaneelsuiker oor. Sit warm voor. Lewer 4 porsies.

Skakels/Advertensies

My nuwe resepte eBoek CD - 60 boeke op een CD

Ek het besluit om al die Afrikaanse resepte eBoeke wat ek het op en CD te sit, dis omtrent al die resepte wat mens ooit sal nodig hê. Nou hoef jy nooit weer 'n resepteboek te koop nie en teen minder as R1.70 per boek is dit baie billik.

Hier is die lys van boeke:

101 Kraakvars slaaie, 101 Onweerstaanbare poedings, 110 Spyskaarte vir die werkende vrou
5 Beste van alle geregte, 217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte, Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling, Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Die CD kos R100, geregistreerde posgeld ingesluit (dis om en by R1.60 per boek). Met Fastmail koerier, volgende dag aflewering, kos dit R130.

As jy die Fastmail metode verkies kan ek vir jou onmiddelik 'n spoornommer (tracking number) gee, dit sal jou gemoedsrus gee aangesien jy 'n oorbetaling moet maak aan iemand wat jy nie ken nie.

Klik hier om my bankbesonderhede te kry, onthou om ook jou posadres te verskaf


Anna se Kombuis
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.
Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Die volledige lys van al Anne se boeke is onderaan, bestel gerus Pa se Boek as Vadersdag geskenk, daar is nog tyd oor, die boek word per epos gestuur.

Ek kan die boek PA SE BOEK aanbeveel as ‘n ideale Vadersdag geskenk wat  die 20ste Junie gevier word. Dit is iets heel anders as die gewone "soap on a rope" of nog ‘n paar sakdoeke. Menige mans het al in die verlede vir my terugvoering gegee oor hierdie boek wat hul beskryf het as uitsonderlik.

 

My versameling eResepteboeke is besonder gewild as klein geskenkies, vir die buurvrou, jou kind se dagmoeder, jou kollega by die werk of sommer om jouself te bederf. Ek kry goeie en positiewe terugvoering. Daar was ook al 'n artikel oor 2 van my boeke in Rapport, wat bewys is dat hierdie nie 'n sogenaamde "scam" of "foefie" is nie. Baie mense kan getuig en hul tevredenheid uitspreek oor die boeke wat hul al van my bestel het. 

 

LEES HIER AS JY WIL WEET WAT OM TE DOEN OM TE BESTEL

Om 'n resepteboek by my te bestel, is baie eenvoudig. Stuur  ‘n e-pos met jou keuse van boek/e aan my by anna_se_kombuis@yahoo.com

 

Ek sal die boek/e in Microsoft Word-formaat stuur, tesame met besonderhede van die bankrekening waarin die inbetaling gedoen kan word. Ongelukkig kan ek nie enige bestellings stuur as daar nie behoorlike kontakbesonderhede saam gestuur word nie.

 

Met die druk van 'n knoppie kan jy nou 'n resepteboek bestel wat vóór aandete per e-pos in jou INBOX afgelewer word. Jy kan dit dan uitdruk of stoor op CD of op jou rekenaar.

 

Sommige mense liaseer dit in 'n "flip file" vir maklike gebruik en om die kosspatsels maklik af te vee na gebruik. Let asseblief daarop dat die boeke NIE AFGELEWER of GEPOS word nie, en is nie beskikbaar in HARDEBAND nie. Die boeke is ongelukkig nie beskikbaar in Engels nie, tensy so aangedui.

 

Ek werk op 'n absolute eerlikheidsbasis en vertrou dat jy dieselfde sal doen.

 

Ek stuur eers die boeke, tesame met my bankbesonderhede, waarna jy my betaal wanneer jy dit ontvang het en tevrede is daarmee. Soos ‘n tipe van COD – Cash on delivery. Jy hoef nie bang te wees dat ek jou geld gaan vat en laat waai nie, want jy ontvang mos eers die boeke en dan betaal jy my. Jy sal dus verstaan dat ek nie vir lang periodes kan wag vir betaling nie.  Indien jy nie nou kan betaal nie, dan vra ek dat jy eerder nie nou sal bestel totdat jy weet jy die nodige betaling kan maak nie.

 

Geniet die dag verder en groete tot ons dalk weer gesels.

Anna

0822946799(Hierdie foon is ongelukkig nie altyd aangeskakel nie - Laat asseblief 'n boodskap)

 

anna_se_kombuis@yahoo.com

 

 

LYS VAN BESKIKBARE BOEKE

 

KOM ONS PAK ‘N PIEKNIEKMANDJIE R60

Die boek handel oor vriendskap en liefde en 'n piekniekmandjie en al die lekker eet wat daarmee gepaard gaan. Dit bevat verskillende kossoorte (soet en southappies) (sosaties) (doopsouse) (koue soppe) (verskeidenheid brode) (lekkernye) (drankies en vele meer) vir  20 verskillende piekniekmandjies en sommer net allerhande mooi en besonderse sêgoed oor vriendskap, en 'n idee of wat om vir die spesiale persoon as geskenkie te gee.

 

SOMER, SON EN BAIE SLAAI R60

Is presies dit wat die naam aandui. Dit is nie net gewone "bokkos" nie. Dit is 'n fees van slaaie. “Slaaie galore”. Hierdie eBoek bevat meer as 200 resepte wat nie net heerlike slaaie insluit nie, maar ook smoothies, skommels en allerlei dorslessers.

 

VROU VAN SPREUKE 31 R80

Hierdie boek was spesiaal saamgestel vir Moedersdag, maar is nie net bedoel vir Moedersdag nie. Hierdie is ‘n “elke dag boek. Let asseblief egter dat hierdie boek redelik groot is (2MB) alvorens jy bestel.

 

Hierdie e-boek is vir ALLE vroue, en nie net diegene wat die titel ma, moeks, mammie of moeder dra nie. My beskeie mening is dat elke vrou met natuurlike moederinstink gebore word, en dus in haar wese die moederlike rol op een of ander stadium in haar lewe vertolk. Of dit is dat jy kinders van jou eie het, of dit is dat jy peetma is, of voog is, of dit is dat jy toe jy klein dogtertjie was vir jou poppe ma-ma gespeel het en of dit is dat jy vir die hondjies, katjies of voëltjies kos gee. Die moederinstink sal daar altyd wees, so ook die behoefte om te versorg, te bederf, te beskerm en te vertroetel. Al hierdie dinge, is ma-wees dinge, en alle vroue het 'n begeerte daartoe. Hierdie samestelling bevat nie net resepte nie, maar ook gesegdes, waarhede en allerhande verrassingtjies. Dit is inderdaad een van my samestellings waarop ek die trotste is en ek glo jy sal dit ook net so geniet. 

 

MAMMA MIA – LEKKER PASTA R60

Pasta is wonderkos: Dis baie gerieflik, goedkoop, altyd beskikbaar, vinnig gaar en lekker saam met enigiets. En die beste van alles, as jy pasta met die regte bestanddele meng, kry jy ’n voedsame gereg propvol energie. Hier is ’n verskeidenheid watertand-maaltye waarvan die meeste sommer tjop-tjop gemaak kan word – en só meer rusbanktyd vir die kok verseker! Sommige bekend, ander ‘n avontuur om iets nuuts op te tower. 

 

SMULGEREGTE OPGETOWER UIT MAALVLEIS R60

Maalvleis is een van dié mees veelsydigste kossoorte. Selfs die mees onervare kok kan iets daarmee uitrig. Met 'n bietjie verbeelding en moeite kan 'n mens sommer smullekker geregte hiervan voorberei. Hierdie is ‘n samestelling van die sulke resepte. Die meeste van die geregte word 1-2-3 voorberei ander met bietjie meer moeite. Maalvleis bly ’n staatmaker, want jy kan dit op soveel maniere voorsit. Jy kan kerrie, frikkadelle of moesaka daarmee maak of dit by rys inroer vir ’n vinnige eenpotgereg. 

 

HOENDER VIR ELKE DAG SE EET R60

Hoera vir hartlike, vullende hoendergeregte! In hierdie samestelling is daar vele maniere hoe om KIEP-KOS perfek gaar te maak en op splinternuwe maniere voor te sit. Moeg vir altyd dieselfde ou hoendergeregte? Beproef dan van hierdie opwindende nuwe maniere om dié klassieke gunsteling voor te sit, en is dit tyd om nuwe dinge te beproef. 

 

RECIPES FOR VEGETARIANS R60

As jy besluit het om te leef met 'n groentekebab in plaas van 'n Karoo-tjoppie op die rooster, of ewig tevrede wees met 'n muesli-ontbyt, terwyl die res van jou gesin hulle aan spek-en eiers verlustig.Dié tipe leefwyse kan baie gesond wees, mits die voedselprodukte wat uitgeskakel word, met 'n plaasvervanger vervang word, en dus is hierdie boek dan vir jou, aangesien dit bondige samestelling is van Vegetariese disse. Beskikbaar in Engels.  

 

ALWEER OP DIEET? R70

Hierdie is egter 'n boek met 'n verskil. Dit is nie 'n dieetboek nie. Dit is 'n boek oor GESONDE KOS en alles wat gepaard gaan met 'n gesonde eetpatroon. Hierdie boek bevat resepte en eetgoed wat goed is vir jou en jou gesondheid. Van die bestanddele word uiteengesit en word daar vir jou vertel hoekom dit noodsaaklik is dat jy dit moet inneem om gesond te kan lewe.Om 'n voorbeeld te noem: Watter voordele hou  roosmaryn, knoffel, neute en sade in vir jou gesondheid as jy dit in jou resepte gebruik? Die boek bevat baie resepte oor vars slaaie, groentes, varkvleis, visgeregte, pasta geregte, ligte etes ens. ens.  

 

EET JOU GROENTE R60

Word in dieselfde formaat as al my ander boeke aangebied. Dit is presies wat die titel sê.  'n Boek oor groente. Groente van A-Z. Verskillende maniere van groente voorberei. Kom ons erken dit nou maar. Groente is groente is groente en veral kinders dink die meeste van tyd JUGGGH.Miskien sing hulle en selfs jy 'n ander deuntjie as jy moontlik die kool, pampoen, brusselse spruitjies op 'n ander manier as die gewone voor te berei.  

 

PA SE BOEK (Soos beskryf in artikel in Rapport en ideaal vir Vadersdag) R80

Hierdie baie spesiale boek bestaan uit heerlike BRAAIVLEIS, POTJIEKOS, WILDSVLEIS en “COCKTAILS” resepte en sommer net allerhande lekker sêgoed, grappies en interessanthede. Hierdie boek is opgedra aan alle mans wat 'n spesiale plek in iemand se hart besit. Dit was oorspronklik saamgestel vir Vadersdag 2006, maar het nog nie ophou belangstelling lok nie, en neem nog steeds toe in gewildheid. ‘n Ideale geskenk. 

 

ONTHOU JY NOG? (Soos beskryf in artikel in Rapport ) R80

Hierdie boek is propvol resepte uit ons kinderjare.Onthou jy nog? Hertzogkoekies, mosbolletjies, gemmerbier, repelsteeltjies? ens ens.Ek glo dat as jy deur hierdie boek begin blaai, die meeste resepte jou ‘n “ TRIP DOWN MEMORY LANE ” sal gee. 

 

110 SPYSKAARTE VIR DIE WERKENDE VROU R60

Na baie navrae het ‘n boek saamgestel vir die werkende vrou wat saans nie ure voor die kospotte wil staan na ‘n dag se werk nie.  Die geregte is beplan vir Maandae tot Vrydae.Naweke verander ‘n mens se roetine as in die week en spyskaarte vir Sondag etes, ens is nie hierby ingesluit nie. 

Hierdie boek bevat die volgende:

‘n Uitgewerkte spyskaart, met volledige resepte wat betrekking het tot die spyskaart.

‘n Lys van bestanddele wat daagliks benodig word vir die spesifieke dag se geregte.

‘n Verskillende toebroodjie vulsel elke dag. + Ekstra's !  

 

MAKING DIABETIC COOKING EASY R60

'n Diabetiese boek in Engels wat bestaan uit 175 resepte.  Resepte dui voedingstabelle aan, bv. vesel, proteine ens. Wye verskeidenheid van onderwerpe vanaf peuselhappies tot poedings.  Alhoewel die boek in Engels is, is dit maklik verstaanbaar.  

 

JAPTRAP ETES SONDER DIE SJLEP R60

Dis 'n fyn kuns om saans ná werk by die huis te kom en binne 'n kort rukkie kos gereed en op die tafel te hê. Om gou by 'n supermark te stop vir voorbereide etes, is nie altyd 'n opsie nie - definitief nie elke aand van die week nie.  Is jy ook soms in hierdie situasie?    

 

SOUSE, DOOPSOUSE, SMERE EN BOTTERS  R60

Daar is dinge wat maar eenmaal bymekaar hoort - soos die regte sous by die regte kos. En doen jy 'n bietjie ekstra moeite in die sous-afdeling, is dit die maklikste manier om nuwe woema aan ou gunstelinge te gee.  

 

'n  BORDVOL PEUSELHAPPIES R60

Southappies is nie noodwendig 'n makliker manier van onthaal nie, juis omdat daar soveel moeite in die maak van southappies ingaan. Die voordeel daarvan is egter dat die gasvrou alles vooraf kan maak en heerlik en ontspanne saam met haar gaste kan kuier.   

 

Hier is kortliks hoe dit werk met die kleiner samestellings:

Elkeen van die onderstaande samestellings bevat ongeveer 100 of bietjie meer resepte. Elke samestelling se prys is R30 elk.

MAAR. indien die koper meer as 4 boeke neem verlaag die prys na R25 per samestelling, en meer as 10 verlaag die prys na R20 per samestelling.

 

1.AFSKEEP KOS

Stampmielies, mielierys, mieliemeel, koeskoes, koring, gort.

 

2. BEESVLEIS VERRASSINGS

Allerhande lekker beesvleis geregte, insluitende “steak”

 

3. BREDIES EN KASSEROLGEREGTE

Maw. Stews en oondstowe geregte 

 

4. BYKOSSE

Alles en nog wat om by etes te bedien o.a souffles

 

5. DRIE RRR’e

Rys, Risotto en Roerbraai geregte 

 

6. EENBAK/EENPOT

Alle eenbak etes, hetsy oondgebak of bo-op die stoof in ‘n pan 

 

7. ELKE DAG AARTAPPELS

Elke dag ‘n ander aartappeldis. 

 

8. GROENTE RONDOMTALIE1

Aspersies, Broccoli, Ertjies, Groenboontjies, Blomkool, Knoffel Wortels, Preie en Patty Pans 

 

9. GROENTE RONDOMTALIE2

Beet, Botterskorsie, Patats, Murgpampoentjies, Brusselse spruitjies, Avokado(eintlik ‘n vrug), Komkommer, Pampoen en gemengde groente. 

 

10.GROENTE RONDOMTALIE3

Sampioene, Skorsies, Spinasie, Eiervrug, Kool, Mielies, Tamaties(eintlik ‘n vrug), Selderye en Soetrissies, Uie en een en ander onbekendes. 

 

11.GROOT KOEKE TE KIES EN TE KEUR

Allerhande soorte en smake 

 

12.HERINNERING AAN OUMA SE SPENS

Konfyte en piekels en ‘n paar ander verrassings.

 

13.KOEKBLIKKE VOL KLEINKOEKIES

Die naam sê dit als 

 

14.KONINGSKOS

Beesstert, Skenkels, skaapnek, Beesnek

 

15. KOS UIT DIE SEE

Jy kan jouself indink- Garnale, calamari, mossels, koningklip en baie meer. 

 

16.MENGELMOES

Alles wat nie iewers ingepas het nie, insluitend kaas en eier geregte. 

 

17.OTTERTJIE OT

Allerhande lekker varkvleis geregte, insluitende ribbetjies en vele meer.”

 

18.PEULGROENTE

Ideal vir die vegetariers. Bone, lensies, spruitjies ens.

 

19.RUIK DIE GEUR VAN SPESERYE

Kerries en brandkos – Geure van die Ooste en nog meer.

 

20.SKAAP EN LAM TREFFERS

Allerhande lekker skaap en lamsvleis geregte.

 

21.SOET SOETER SOETSTE

Soet terte en kaaskoeke.

 

22.SONDAG SE VLEIS

Duurder vleissnitte, soos skaapboud, tong, skof en “roasts”

 

23.SOUTTERTE EN QUICHE

Die naam sê als.

 

24.TEETYD TREFFERS

Verskeidenheid muffins, skons en poffertjies.

 

25.VIR DIE SOETTAND

Lekkernye en allerhande soetgoed soos malvalekkers, noga, fudge en baie meer.

 

26. VIS EN VLEIS UIT’N BLIK

Tuna, salm, makriel, sardiens, slakke en ander.

 

27.WEESKINDERS

Lewer, afval, niertjies, hoenderlewertjies en een of twee ander.

 

28.WORS EN WORSIES

Boerewors, frankfurthers, Russians, varkworsies en allerhande ander wat lyk soos wors.

 

Kontak my asseblief by anna_se_kombuis@yahoo.com indien jy sou besluit om my moontlik te ondersteun.

 

Vriendelike groete en seënwense

Anna

0822946799


Kletskous
Ons nooi almal hartlik uit om te kom klets by www.kletskous.co.za Ons het veral 'n groot tekort aan aandkletsers. Almal wat Afrikaans kan praat is baie welkom ons sien graag nuwe gesiggies in die kamer. Groete Moggy


Kinderstories op CDEen van die hoofdoelstellings van my webwerf en nuusbrief is om Afrikaans te bevorder. Hier is nog 'n besonderse manier, kinderstories op CD.STORIEKLUB lede ontvang 2 nuwe storie cds elke maand! Versamel al 48 CDs oor 2 jaar, of kanselleer jou lidmaatskap wanneer jy wil (minimum lidmaatskap-periode van 3 maande). Laai die intekenvorm af en betaal met gerieflike maandelikse debietorders.As jy dalk sou belangstel, klik net hier.


Wapadrand BoeredansgroepVir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n epos na danna.smith@resbank.co.za


Gratis oorsese Lotto kaartjie
Elke eerste keer registreerder kwalifiseer vir 'n gratis kaartjie in een van die groot oorsese Lotto trekkings, as jy dus nog NIE voorheen geregstreer het nie, gaan as volg te werk:

Om te begin, klik hier:
Nou moet jy eers registreer, klik Register/Registreer
Vul die vorm in.
Jy sal ‘n epos ontvang waarop jy moet bevestig.
Nou is jy geregistreer en kan begin speel.
Gaan weer na die skakel hierbo, klik op Sign in/ Teken in
Klik dan aan die regterkant op Account Balance/Rekening Saldo en jy sal sien in watter Lotto jy ‘n gratis kaartjie of “voucher” het. As daar nog niks wys nie, byt net vas, hulle laai elke voucher met die hand.
As jy dan een ry op daardie Lotto speel sal jy sien dat jy niks verskuldig is nie.
Jy sal die dag na die trekking ‘n epos ontvang met die nommers wat getrek was asook jou nommers.


Tuiswerk/Tuisinkomste Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Klik hier vir meer besonderhede


Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.