http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

 

Nommer 152

Besoek my Webwerf

30 September 2010

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!  Daar is 'n lekker pasella om te gaan aflaai ondertoe.

Ons het darem nog tweekeer rondrye oor vir die res van die jaar. In Oktober en November  gaan ons weer na ons naasgunsteling bestemming toe, Kruger Nasionale Park. Ons gunstelingplek? Kgalagadi natuurlik!

Kry inligting oor al die Currie beker en wedstryde hierdie jaar. Loot Eksteen het dit mooi saamgevat, gaan kyk ondertoe en laai dit vir jou af.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Custom Search

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Die Ideale Kersgeskenk

Ja, dis alweer sulke tyd. Die finansies knyp en daar is soveel mense om voor geskenke te koop, familie, vriende, kollegas, die lys hou net nie op nie. Hier is die antwoord. Peterjasie se Boek, 'n resepte eBoek spesiaal saamgestel vir my deur Anna Eksteen. Ek kan jou waarborg dit bevat die lekkerste resepte. Wat jy doen is koop die boek vir R60, en stuur dit dan per epos as geskenk vir net wie jy wil. Hulle sal dit waardeer, en dit kos jou net R60. As jy belangstel, stuur vir my 'n epos, sodra ek dit ontvang heg ek die boek aan en epos dit vir jou tesame met my bankbesonderhede. Ek vertrou dat jy die geld sal deponeer.

Onderaan by die resepteafdeling is 'n paar voorbeelde uit die boek.

Klik hier om die boek aan te vra.

Boererate - 'n Nuwe eBoek is beskikbaar.

Boererate is deel van ons kultuur en as dit nie bewaar word nie is die kans goed dat die geslagte wat na ons kom niks daarvan gaan weet nie en dit sal 'n groot jammerte wees. Ek self versamel al vir 'n hele rukkie Boererate, maar nou die dag stuur Annette Hayward my haar boek en dit is regtig indrukwekkend. Dit is 'n eBoek in pdf formaat en sou jy dit wou betsle sal sy dit dadelik vir jou epos, jy betaal sodra jy die boek ontvang het. Die prys is R80 wat 'n winskoop is vir die moeite wat sy in die samestelling van die boek gesit het. Die boek is mooi uiteengesit en dis maklik om te kry waarna jy soek. Ek dink nie daar is 'n kwaal wat sy nie 'n raat voor het nie.

Ek kan dit regtig aanbeveel. As jy die boek bestel heg Annette ook nog 'n gratis boek aan.

Kontak vir Annette per epos by annette@jenny.co.za en bestel die boek sommer vandag. Natuurlik maak dit ook die ideale geskenk!

Treknature

Ek stuur elke nou en dan fotos in na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons reise geneeem het en al opgelaai het:  http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/

Korslose kaastert

Hierdie klink besonder lekker:

Korslose kaastert

15ml botter of margarien
6 eiers, geklits
125ml gerasperde Cheddarkaas
2 tamaties, geskil en grof gekap
5ml sout
1ml varsgemaalde swartpeper
12.5ml vars gekapte pietersielie
1 spekvleisrepie, swoerd verwyder & gekap

Voorverhit die oond tot 180C. Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboombraaipan. Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die gesmelte botter of margarien. Meng alles goed saam. Gooi die mengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel en bak dit 35-40 minute lank op die middelste oondrak totdat dit ferm is.

Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag

Baie dankie aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie reeks te gebruik

Die Jans Rautenbach era

So tussen die musiekprente, lawwe komedies en rillers van die jare sestig maak ‘n man sy verskyning op die Afrikaanse rolprenttoneel en bevestig hom as dié grootste, dapperste en mees vindingryke regisseur van ons tyd. JANS RAUTENBACH.

“Ek is maar net ‘n mynsand verwaaide flentergat seuntjie van gister,” sê Jans Rautenbach. Hy het in Boksburg grootgeword in myners-ellende. “Ek het weggeeklere en gestopte skooldrag gedra en op ‘n klein kateltjie in ‘n klein kamertjie met ‘n klein venstertjie geslaap. Ek het in die snerpende hoëveld-winter weggooikoerante op my matras gepak teen die koue.”
Maar dit het Jansen Delarosa Rautenbach nie gekeer om sy drome te verwesenlik nie. Al het sy pa gedink rolprente is sonde en al het hy sy seuns verbied om bioskoop toe te gaan, het die droom bly hunker. Hy het begin wyd lees en radio luister, en matrikuleer aan die Hoërskool Voortrekker in Boksburg wat ook Jamie Uys, Jan Scholtz en Tommie Meyer opgelewer het. Hy studeer teologie aan die Universiteit van Stellenbosch maar los dit na 3 jaar en begin as klerk by die Departement Lande in Bloemfontein werk. Hy studeer saans kriminologie aan die Universiteit van die Vrystaat, en speel intussen amateur toneel. Op 24 trou hy met Almeri Strydom, sy groot liefde en onvervangbare steunpilaar. Hulle het 4 kinders. Hy word later hoof van die Witbankse gevangenis. Maar op 12 Februarie 1963 gee hy 24 uur kennis om te gaan films maak. Hy stig in 1964 ‘n rolprentateljee saam met Emil Nofal en maak KING HENDRIK. Hierna kom WILD SEASON saam met Emil Nofal. En toe maak Jans sy meesterstuk. DIE KANDIDAAT met befondsing deur Nederlanders.

Volgens Martin Botha se boek oor Jans Rautenbach, Dromer, Baanbreker en Auteur, het Jans totale vernuwing in die Afrikaanse rolprentbedryf gebring, veral in sy hantering van spelers. Hy het ‘n sogenaamde “sleutel” aan akteurs gegee om emosie mee oop te sluit. Spelers het hul woorde geleer maar moes nie hul vertolkings vooraf uitwerk nie. Jans sou dan ‘n oomblik skep waarin die woorde, volgens Botha, sinvol gaan wees en naturalisties gaan voorkom. Spelers het dus karakters VERTOLK en nie VOORGEDRA soos in ander Afrikaanse flieks nie. In DIE KANDIDAAT vra Jans indringende vrae oor wat dit beteken om Afrikaner te wees en hoe apartheid die Afrikaner op ‘n roete na selfvernietiging geplaas het. ‘n Vrydenkende jong man, Jan le Roux, voortreflik gespeel deur Roelf Jacobs, wat minderbevoorregte kinders help by ‘n verbeteringskool, word voorgestel as direkteur van die stigting Adriaan Delport – ‘n organisasie gewy aan die uitbou van die Afrikaner se taal en kultuur. Maar Jan se verloofde is Engels en boonop Katoliek. ‘n Ernstige debat bars los oor die aard van Afrikanerskap.

Die raadsaal vir die debat-tonele is spesiaal gebou, ‘n eerste vir ‘n Afrikaanse rolprent, en Jans het 5 weke aan die tonele geskiet. Gert vd Bergh as die hoof van die organisasie is oorlede die aand voordat sy laaste toneel geskiet sou word en Jans moes net sy stem gebruik vir die toneel die volgende dag. Na ‘n sensuur-debakel en ‘n herrie in die pers, is DIE KANDIDAAT met enkele dialoog-snitte deur Jannie Kruger, hoofsensor, goedgekeur. Nou was daar geen keer aan Jans nie. Hy maak ‘n rolprent oor ‘n vrou wat haarself as wit voordoen maar in werklikheid bruin is. Dan daag KATRINA se seun, gespeel deur Ian Strauss op en werk onder bruinmense sonder om te besef dat hy ook bruin is.

Jannie Kruger, hoofsensor, wou die film verbied, maar toe N.P. van Wyk Louw die rolprent verdedig, het hy dit langtand goedgekeur vir verspreiding, maar wou dit voos sny. Maar verligtes in die pers het ingespring. Na nog ‘n polemiek wys Katrina met Jill Kirkland en Joe Stewardson. “Katrina,” sê Jans Rautenbach, “het ‘n sambreel geword vir al die vrae en vrese wat die heeltyd in die wit Afrikaners se koppe gesit het.” Ek onthou; vir my as skoolkind wat die rolprent in standerd 8 gesien het, was KATRINA ‘n openbaring, veral in sy meesterlike en ironiese gebruik van CRY TO ME.

Na KATRINA volg die vernuwende baanbrekersrolprent JANNIE TOTSIENS wat Rautenbach só beskryf. “Jannie Totsiens het ‘n soort tapyt geword waarheen die Afrikaners op pad was. Hulle was besig om hulself tot kranksinnigheid te dryf. Die humor was van ‘n galge aard. Katinka Heyns se karakter is die simbool van Afrikaners wat net wil ontsnap van die malhuis wat onsself geskep het.” Terwyl marionette in ‘n donker speelkas gemanipuleer word, dui hierdie prikkelende musiek reeds die surrealistiese aard van die rolprent aan.

Hier het Jans surrealisme gebruik wat ongelukkig rolprentgangers vervreem het wat gewoond was aan verstrooiingsvermaak op die doek. Maar as ‘n ope-hart-operasie op die doodloopstraat waarin die Afrikaner destyds beland het, was JANNIE TOTSIENS eweneens ‘n meesterstuk met spelers soos Jacques Loots, Hermien Dommisse, Don Leonard en Phillip Swanepoel. ‘n Grafstil Cobus Rossouw daag in die gestig op saam met sy ouers wat aan die hoof verduidelik hoekom hulle seun hier opgeneem gaan word.

Na slegs 3 rolprente het hierdie geniale regisseur ‘n onthutsende vernuwing na die Afrikaanse rolprent gebring. Aan die begin van die are 70 maak hy PAPPA LAP met Katinka Heyns en Gordon Vorster oor die verhouding tussen ‘n brandarm pa en sy dogter wat ‘n rok vir haar matriekafskeid soek. “Met PAPPA LAP wou ek die wêreld uitbeeld waar ek wortel geskiet het. Dit was ‘n droomstorie. ‘n Dogter het ‘n droom gehad. Sy wou net vir een dag in haar lewe iemand besonders gewees het.” PAPPA LAP stel ook nog ‘n nuwe opwindende rolprenttalent bekend: Kameraman Koos Roets wat van die Karoo-tonele ‘n visuele fees met subteks maak. PAPPA LAP het R105,000 gekos....

In 1970 skryf CF Beyers Boshoff ‘n Springbokradiovervolgverhaal: ONGEWENSTE VREEMDELING. Dit is Jans se volgende film. In hierdie gewilde rolprent, wat weer geld vir Jans gemaak het na die loket-mislukking van Jannie Totsiens, slaag hy daarin om veilige verstrooiingsvermaak te verhef na die verhaal van ‘n buitestaander wat na ‘n afgeleë vallei, Duiwelsvallei, vlug van sy verlede en betrokke raak by ‘n matriarg en haar drie dogters. Manie van Rensburg was aanvanklik die regisseur, maar Jans het by hom oorgeneem. Jans verfilm toe nog ‘n Springbokradiostorie: Naomi van Niekerk se Die Rosseaus van La Rochelle as EENDAG OP ‘N REëNDAG met Katinka Heyns en Regardt van den Bergh. Die verhaal is gestruktureer rondom die liedjies an Jacques Brel en Koos Roets het meestal met ‘n handbeheerde kamera geskiet wat die rolprent ‘n natuurlike aanslag gegee het. ‘n Meisie wat roomys verkoop raak verlief op ‘n bedorwe rykmanseun. Hy dobbel en sy ouers is gekant teen die verhouding. Jans het van EENDAG OP ‘N REENDAG ‘n liriese sprokiesverhaal gemaak waarin die karakters ook soos mense uit ‘n sprokiesverhaal praat. Die meisie is besig om haar roomyskar te wag as die pierewaaier, Regardt vd Bergh opdaag.

Na EENDAG OP ‘N REENDAG was daar ‘n ses-jaar stilte van Jans voordat hy ‘n lekkerkyk intelligente film gemaak, BLINK STEFAANS, waar hy die leisels van ‘n ander regisseur moes oorneem wat skynbaar nie die mas kon opkom nie. BLINK STEFAANS was die alter ego van FANUS (Regartd vd Bergh) ‘n klankman by 'n platemaatskappy. Die bestuurder van die ateljee steel Fanus se idees, maar Fanus raak verlief op Linda (Jana Cilliers) ‘n sangeres en dogter van die baas. BLINK STEFAANS was ‘n parodie op die reklame-industrie en op alter ego’s en het inderdaad herinner aan EMIL NOFAL se HOU DIE BLINKKANT BO van 1960 waaroor ek in ‘n vorige program gepraat het. Die temaliedjie voorspel ook reeds ‘n sprokiesverhaal wat nie heeltemal in die Jans Rautenbach-kader pas nie.

Maar BLINK STEFAANS was nie so gewild as wat verwag is nie. Televisie het ook in daardie jare begin, maar die klein skermpie was vir Jans te beperkend en hy het hom nie op hierdie gebied begeef nie. Toe maak Jans sy laaste film in die middel tagtigs, BROER MATIE met Paul Lückhoff in die hoofrol. Jans verduidelik: “Broer Matie handel oor die skynheiligheid in een NG Kerkgemeente. Op die ou einde is ons Afrikaanse tradisionele kerordes ook medeverantwoordelik vir die hartseer wat ons in hierdie land geskep het. Hulle het dit geöorden, hulle het dit geseën,” aldus Jans Rautenbach.

BROER MATIE speel in 1961 af, die jaar van die Sharpeville-slagting en Cottlesloe-beraad waarop verteenwoordigers van die NG kerk hulle skerp uitgelaat het teen die apartheidsideologie se ondermyning van Christelike eenheid. Die kerkraad van ‘n kerk moet besluit ‘n ‘n bruin predikant, Simon Bruinders, die begrafnisdiens van ‘n gemeentelid mag waarneem. Die rolprent gaan dan oor die twis tussen die kerskraadslede en vind hoofsaaklik in ‘n raadsaal plaas, nes groot dele van Jans se DIE KANDIDAAT. Die predikant verduidelik aan ‘n jong boerseun wat ‘n soldaat wil word, (Paul Luckhoff) wat die nuwe Suid-Afrika verteenwoordig, hoe bitter jy teenoor rassisme en apartheid is. BROER MATIE het ongelukkig by die loket misluk en dit was dan ook Jans Rautenbach se laaste rolprent. As Jans uitgevra word oor hoekom hy opgehou rolprente maak het, sê hy: “Vandag is ek JANS, die ouman wat in die berge woon. Iemand sonder ‘n etiket. Ek het nooit die behoefte gehad om voor op die wa te sit nie of om touleier te wees nie. Vandag is ek ‘n dromer. Sonder ‘n droom is daar nie ‘n toekoms nie. As ek terugkyk na my lewe, kan ek sê dit was een lang helse droom gewees. Ek het vir my kinders gesê: as julle ooit vir my ‘n grafskrif wil gee, skryf maar net daarop: hy was ‘n dromer.”

Haarsny - Peter Thomas

Dit gaan maar moeilik. Die wêreldekonomie het in duie gestort. Almal moet maar mooi werk met hulle geldjies om kop bo water te probeer hou.
Met ons ouens op kierieverlof gaan dit ook maar broekskeur. Elke sent word tweemaal omgekeer voor ons dit spandeer.
Maar elke ramp het ook sy humoristiese kant, soos die volgende storie sal bewys.

“Wanneer gaan jy weer hare skeer?” vra vroulief. “Jy begin al toerank!”
Ek hou net niks daarvan as sy kommentaar lewer oor my hare nie. Ek sal dit tog nie waag om iets oor haar hare kwyt te raak nie. Mens leer so oor die jare.
“Ja, ja” mor ek, gladnie lus vir die haarsny storie nie. Die enigste haarsnyplek in ons omgewing is een van daardie “unisex” salonne. Daar word jy gewas, gesjampoe en geblaas vir ‘n vale, en alles moet jy natuurlik voor betaal. Dan moet jy ook sit en luister na al die vroumense se geskinder, ek wonder partykeer of hoe hulle kan eet met daardie monde. Waar is die goeie ou dae van die doodgewone manshaarkapper wat net sny en klaarkry, en dit nogal teen ‘n billike prys.

Buurman, Piet, kom kuier. Ek sien sy hare is netjies en kort geknip.

“Seker ‘n fortuin gekos?” vra ek hom.

“Nooit gesien nie” antwoord hy. “Ansie het dit sommer self gedoen, ons het ‘n knipper aangeskaf en woerts-warts is dit klaar en netjies sonder om ‘n sent uit te haal. Die knipper het al lankal vir homself betaal.”

Ek kry ‘n blink gedagte, vroulief kan mos my hare ook sny! Ek stap kamer toe, agter, onder in my kas bring ek ‘n kartondoos te voorskyn. Binne in is twee knippers, een al gebruik en die ander een nog spilnternuut. Ek het jare gelede my baard netjies gehou met die ou een en die nuwe een was ‘n onlangse geskenk.

Saam met elke knipper is ‘n stel kammetjies, genommer van een tot vyf. Nommer een sny jou hare die kortste en nommer vyf die langste. Ansie het Piet se hare op nommer drie gesny, dit het nog bietjie kort vir my gelyk. Daar moet tog sekerlik ander kamme ook beskikbaar wees? Vroulief bel gou die haarsalon waar sy haar hare laat doen en goedgunstiglik laat hulle weet dat hulle ‘n nommer agt kammetjie vir ons sal bestel.

‘n Week later gaan haal ek die kammetjie en haas huistoe. Ek is heel opgewonde, ek maak al sommetjies oor hoeveel ek nou gaan bespaar deur my hare tuis te laat skeer.
Ek sit die nommer agt kammetjie in die ou knipper en neem sommer op die stoep plaas, handdoek om die skouers. Vroulief kom staan agter my en skakel die knipper aan.

“Wees nou versigtig” maan ek haar.

“Toemaar.” antwoord sy “jy is doodveilig, met die kammetjie in die knipper kan niks verkeerd gaan nie, sit jy nou maar net stil en ontspan.”

Heel gelukkig neurie ek ‘n deuntjie. Ek gaan mos geld spaar. Versigtig begin sy die knipper van onder af deur my hare stoot.

“Eina, demmit!”. Skree ek, “die ding maak my seer”

“Moenie so kleinserig wees nie,” raas sy. “Kom ons vat dan liewer die ander knipper, hy sal nie stomp wees nie”

So gesê, so gedaan, en sy begin weer met die nuwe knipper.

“O, koek!” hoor ek ewe skielik.

“Wat bedoel jy met o koek?” vra ek bekommerd.

“Ek is so jammer.” Sê sy met ‘n bewerige stemmetjie. “Ek het vergeet om die kammetjie in die nuwe knipper te sit”

“Wat!! “ bulder ek, “Bring die spieël dat ek kan sien.” Sy hou een spieël agter my kop en ek kyk in ‘n ander spieël wat ek voor my hou.

En daar, van my nek tot by my kroontjie is ‘n vier sentimeter lange landingstrook, ek is seker een van SAL se nuwe Airbus vliegtuie sal daar kan land as hulle net effens probeer.

Ek moet op die stadium noem dat my hare nogal my trots is. Met die jare het hulle al hoe ligter geword en nou is hulle ‘n indrukwekkende spierwit boskaas. Tot vandag, altans!

Vroulief staan effe terug, sy weet hier gaan nou ‘n ontploffing kom.

“Kyk wat de @#$%& het jy nou aangevang. Kan jy nie kyk of daar ‘n @#$%& kammetjie in die knipper is voor jy begin sny nie!” Sheba, ons Labrador, sluip om die hoek van die huis. Snaaks hoe diere ‘n ingebore instink het om pad te gee as daar gevaar is.

“Toemaar, my ou man, ek maak dit sommer gou-gou reg” probeer vroulief paai.

“Hoe dink jy gaan jy dit regkry, inplantings doen?” vra ek sarkasties.

Sy vat die nommer vyf kammetjie en sny al om die landingstrook.

“Kyk, dit lyk al heelwat beter.” Sy probeer oortuigend klink.

“Daar is geen verkil nie” grom ek, “ek kan nie glo dat jy so ‘n simpel ding kon aanvang nie.”

Die nommer vier kammetjie kom aan die beurt, die landingstrook is nog sigbaar. Die nommer drie kammetjie help ook nie.

“Al genade is die nommer een kammetjie” probeer sy verigtig.

“Wil jy nou wraggies hê ek moet kaalkop rondloop?” ek wil nou slange vang. Die arme hond het vlugtig om die hoek van die huis geloer en maar weer gaan wegkruip. Slim hond.

“Ek is so jammer” sê sy vir die soveelste keer. “Ek maak vanaand vir jou melkkos, is dit goed so?” Sy weet dis my gunsteling gereg.

“Ja,ja, “ mor ek nog, “sny maar met daardie nommer een, vir ‘n maand roer ek nie uit hierdie huis uit nie!”

Die knipper met die nommer een kammetjie in sny deur my hare. Ek kyk bewoë hoe die hare voor my op die grond voor my val. Nou weet ek hoe Simson moes gevoel het.

Uiteindelik is die marteling verby. Vroulief verdwyn die huis in oënskynlik iets wat op die stoof brand. Ek kyk in die spieêl. Die persoon wat my aanstaar is ‘n vreemdeling. Dalk herken die mense my nie en dan sal hulle nie vir my lag nie.

Ek haas my na die kamer en sit my mus op my kop, my gunsteling Bloubul mus.
Dankie tog dis winter en die mense sal nie snaaks dink as ek met ‘n mus op my kop rondloop nie.

Ek en vroulief het eers later die aand, na die bord melkkos, normaal met mekaar bedin praat. Ek kon selfs so half-half glimlag.

Sondag se kerkdiens was ‘n yslike verleentheid, almal het een of ander kommentaar gehad. Die kersie op die koek was toe die predikant na die diens na my aangestap kom.

“Lyk my jou vrou het jou hare probeer skeer sonder om die kammetjie in te sit?” sê hy met ‘n glimlag. “Toemaar, my vrou het dit ook eenkeer met my gedoen, ek weet presies waardeur jy nou moet gaan.” Toe voel ek sommer heelwat beter.

Nodeloos om te sê, die tuishaarskeerstorie het tot ‘n einde gekom. Ek gaan nou maar na die “unisex” salon waar ek gewas, gesjampoe en geblaas word. Ek probeer maar die vroumense se geskinder ignoreer. Wanneer dit by betaaltyd kom gee ek elke keer ‘n lang sug!

Dalk moet ek maar toerank.

Andriesie - Martie Taylor

Vroegoggend, ek staan bakhand met my eerste koppie koffie. Koester myself teen die stoepmuurtjie in die triestige wintersonnetjie. Mensig brom ek, dis vrek koud, die ryp lê wit en bros op die dooie gras.
Dan skreef ek my oë teen die flou lig, ek kan net nie glo wat ek sien nie. Voetpad langs, oor ons huiserf, kom Andries op sy fiets aan. Konsentreer die lewe uit hom uit om op die nou paadjie te bly.
Ek wil net begin raas oor hy alweer kortpad oor ons huiserf werk toe ry, toe ek die kaal kind voor op die fiets sien klou. Poedelkaal, verkluim en al wippende heen en weer oor die staalkoue raamwerk van die verweerde fiets.
Ek verstik in my laaste bietjie koffie en breek die koppie op die lae muurtjie as ek trap-af snel om die man voor te keer. In een beweging gly hy van die fiets af en raap die kleintjie op. Staangemaak op die grond, gryp hy ylings na ‘n paar stukkies droë gras en probeer vuurmaak. As ek uitasem by hom kom knetter ‘n klein vlammetjie rokerig.
Hy hou die seuntjie maag-kant vuur toe en draai hom dan weer vinnig om, rugkant word nou weer effe ontdooi. Andries gil ek, waar gaan jy met die kaal kind, wil jy hom dood hê? As hy wit was, raas ek,, was hy nou blou!
Nee, skud hy sy korrelkop, wil hom nie dood hê nie. Ek gaan werk.
Ek retireer dwars-dwars huistoe terwyl ek met my regerhand kwaai beduie dat hy net daar bly waar hy is.Ek gaan vir die kind klere haal. Ek sien vir oulaas oor my skouer hoe hy sy braaikind weer ‘n keer omdraai, maagkant vuurtjie toe.
Inderhaas gryp ek ‘n paar stukkies klere bymekaar. Dis te groot vir die kleintjie, sal maar moue en broekspype moet oprol. sokkies, tekkies en ‘n kombersie voltooi die skenking.
Terug by Andries en die kind warm aangetrek, vra ek. Waar is sy ma? Hoekom is hy kaal?….. Sy ma is laasweek dood, sê Andries. Oumies weet mos ek werk by Koos Keet. Ja sê ek maar jy’t klere aan, skoon oorpak en skoene, hoekom is die kind kaal? Gisteraand sy klere gewas, dis nog nat,verdedig hy. Ek het baie, dis my werksklere, kry elke jaar nuwes, skoene ôk.
Waarmee het die kind geslaap? Nee, oumies, net so kaalgat. Hy koes as hy my moedelose handgebaar vir ‘n klap aansien. Nee, maar, ek het hom styf vasgehou, so, beduie hy, in sy arms teen sy lyf vas.
Waar bly die kind vandag, vra ek weer. Elke dag by my sussie Katrien, oumies weet mos die geletjie. Sy werk nie.

Nou, Andries beveel ek, as die dag warmer is, so voor tjailatyd, dan sê jy vir Katrien ek soek haar. Sy moet hiernatoe kom.

Reg Oumies, ek maak so. En Andries raas ek, as hy weer die kind voor op die fiets wil tel. Nou pêpa jy die kind op jou rug. Jy’s naby Koos, jy sit hom nie weer op die fiets nie, hoor jy.
Au, brom hy weerbarstig. Waarmee maak ek hom vas, ek’s nie vrou nie. Jy maak hom vas met die kombers en jy stoot die fiets. As hy nog huiwer, dreig ek…. Ek gaan die oubaas roep, dan sal jy ‘n ding sien.
Krom vooroor gebuk tel hy die kind oor sy skouer en maak hom wydsbeen op sy rug sit. Die kleintjie klou vir sy lewe om sy pa se nek. Dan kyk Andries my vraend aan…Wat nou? Ek vou die kombers, gooi dit oor die kind se rug en beduie vir hom om dit stewig vas te trek en te knoop of die punte in te vou.
Saligheid sak saam met die wolkombersie oor die kind se moëe ogies. Loop werk nou, sê ek netnou is Koos kwaad vir my. Maar jy stuur vir Katrien. En Andries, wat is die kind se naam? Klein Andriesie antwoord hy, as hy die hek uitstap en die pad oorsteek.
Die oggend maak ek kleertjies bymekaar, party nog heelwat te groot, maar so sal die kind daarin kan groei. Laat middag kom Katrien skamerig daar aan gestap. Kind op die rug, lekker warm onder die kombers. Katrien, jy kyk beter na die kind, gehoor. Hier is klere en eetgoedjies. As julle hom weer so verwaarloos gaan julle met my te doen kry! Sallie, Ounooi, maar hy het niks klere nie.
As sy stadig met die voetpad langs wegstap sien ek haar in die sak vroetel. Die lekkergoed papiertjie word afgestroop en dwarrel stadig grond toe, waai teen ‘n graspol vas en bly lê. Ek hoor haar saggies neurie as sy die plaashek agter haar toemaak. Dan slenter sy al kouende die stofpad af.

Baie dankie hiervoor, Martie - Peter

Danville Hulpprojek

Brief van Elsabé, as julle haar op enige manier kan help, kontak haar gerus, sy doen wonderlike werk onder die armes.

Goeiemôre vriende,

Na goeie en baie swaarkry tye vir die projek moet ons nou positief wees en in alle erns begin met kos/klere insameling en die kersfeesfunksies vir die kinders en bejaardes.

Ons was ongelooflik geseën deur 2 broers wat mildelik bygedra het en gehelp het om ± 850 goeie kwaliteit komberse aan te koop en te versprei! So baie, baie dankie weereens aan hulle en al die ander persone wat gereeld bydra en help om ‘n verskil in kinders en bejaardes se lewens te maak.
Die ekonomie knyp ons projek erg, die rakke is leeg en na vandag se kospakkies het ons slegs R389-49 in die bank. Dit gaan werklik baie swaar op hierdie stadium, maar ek glo dat dit binnekort beter sal gaan. Ek probeer regtig om so min as moontlik te vra vir hulp, want ek weet dit gaan maar moeilik vir die meeste mense. Nietemin glo ek dat ons soos altyd in die verlede weer bo sal kom en ons verpligtinge kan nakom.Gou bietjie terugvoer.
KINDERKAMP – GROOTEGELUK (Laezonia)
Die “Winterkamp” vir die minderbevoorregte kinders in die Pretoria Wes area was weereens ‘n reuse sukses – baie dankie.

WARM WINTER PROJEK
Ons het ± 1200 splinternuwe komberse kon uitdeel en ± 115 splinternuwe handgebreide truitjies vir die kinders. Baie, baie dankie aan almal wat bygedra om die koue weg te jag! Sien die fotos op webwerf.

GESONDHEID
Daar is ‘n hele paar bejaardes by Danville ouetehuis oorlede – ons harte is seer want ons loop al ‘n baie lang pad saam met hulle.

BETHLEHEM PROJEK (Andeon)
Huidiglik het ons 35 mense, op die plot.Hier seën die Here ons, sommer uit ons sokkies! Arnold het ‘n houtwerk projek begin en die mans maak die mooiste tuinmeubels uit afvalhout wat ons weer verkoop vir ‘n inkomste vir die projek en ook salaris vir die manne wat dit maak!Ons het asb enige houtwerk masjinerie, gom, creosote, bore, spykers, maar veral hout, ens ens nodig. Daardie handwerk kersgeskenk van verlede jaar wat nog bo in die kas is en nooit gebruik gaan word nie – is meer as welkom asb.Die spinasie tonnels is ook nog volstoom aan die gang en daar is beet en seldery asook rape in die land. Ek sou graag nog 3 tonnels wou opsit vir “jam tamaties”Grootste blessing is dat hulle besig is met rehabilitasie programme vir drank en dwelmverslawing. Ons het alreeds manne gehad wat opgeneem was vir behandeling en nou “skoon” is! Ek hou julle op hoogte van al die lief en leed hier.

ALGEMEEN / KOS
By al die projekte gaan dit nogsteeds broekskeur. Ons beleef werklik ‘n krisis met donasies die afgelope 6 maande. Deur die genade kon ons nog altyd net-net die vure doodslaan maar nou is dit weer kritiek.Ons het dringend kos en ander lewensmiddele nodig asb. Ons benodig nog steeds goeie, gebruikte klere en huishoudelike items asb. Maar kruideniersware is nou werklik ‘n groot krisis.

KERSFEES 2010
Oor bietjie meer as 3 maande is dit Kersfees! Tyd om vreugde en geluk te bring vir die wat minderbevoorreg is! Liefde en vreugde om die seer in party se harte so bietjie minder te maak! Elende en hartseer so bietjie te verdoof en miskien ook ‘n klein bietjie hoop vir die toekoms te bring! Ek glo dat al ons ondersteuners van die afgelope 9 jaar weereens hierdie jaar sal saamstaan en hierdie vreugde bewerkstelligDit maak egter nie saak wat/hoeveel 'n persoon skenk nie - elke geskenkie is bitter welkom en gaan 'n hartjie baie bly maak. Ons verpak die geskenke in groot gekleurde plastiese dra-sakke. Dit is baie handig en ons vul dit meeste van die tyd nog met lekkers en somtyds ook kruideniersware op. Die bedrag per geskenk is R80-00 asb. (dieselfde bedrag as die 2 vorige jare asb) Ek glo dat mens hiermee 'n lieflike geskenk vir elkeen kan koop. Ek wil nie graag skryfboehoeftes vir die kinders gee nie, dit doen ons aan die begin van die nuwe skooljaar. 'n Kersgeskenk moet 'n heerlike bederfie wees!!! 'n lekker "nice to have"!!! Ons gaan ook massas eetgoed, lekkernye, koeldrank ens. moet insamel. Bystand hiermee sal ook waardeer word.
Ek gaan weer individuele funksies hou. Verlede jaar se funksies was 'n reuse sukses en baie meer persoonlik omdat daar kleiner getalle was. Ons het ook 'n hele paar Kersvaders nodig!? Indien u 'n geskenk wil borg, kan die betaling direk in ons rekening gemaak word met die vewysing: Kersfees 2010 asb . Dan weet ons waarvoor om dit aan te wend.Ek wil vra dat die geskenke nie toegedraai moet word nie asb. Ongelukkig is dit so dat party items wat inkom nie altyd geskik is nie. Party geskenke kos baie meer as die bedrag wat ons voor vra en dan is daar weer geskenkies wat baie minder kos - want almal gee volgens dit wat hulle kan bekostig. Op die manier kry party kinders dan baie meer as ander. Ek weet dat emosies soms oorneem wanneer die geskenke gekoop word. Maar dis belangrik dat almal regverdige geskenke kry. So kan een artikel genoeg wees en by ander kan ons 'n paar items inpak om dit op dieselfde bedrag te kry. Geld is ook nodig om aan te vul waar nodigBaie belangrik is dat ons asb weer individue nodig het wat bereid sal wees om ‘n kersfunksie in geheel te hanteer. Verlede jaar se borge/koordineerders het ongelooflike funksies gereël – maar dit is harde werk en ons sê weereens baie dankie vir ieder en elk.

Met die volgende nuusbrief sal ek die datums deurgee. Ons begin hierdie week die wenslyste uitdeel en sal binnekort weer lekker kan lag met ‘n traan in die oog!

Die volgende persone het hulle huise beskikbaar gestel vir die aflaai van artikels wat hulle dan weer na my toe sal bring.
AFLAAIPUNTE - Elsabe Blignaut – 286 Cliffendale rylaan Faerie Glen – Sel: 082 8282 551
Annelien Alberts - Boekenhoutstr 232 Wierda Park - na ure
Sally Koekemoer – Denyssenlaan 377 Mountain View –Tel:082 6658 518Ronel Pienaar – Kuruman laan 302 Sinoville - Tel: 084 965 4574
Danie en Annatjie – Tooks corner 1 Pierre v Reyneveld Sel: 082 445 6453

Ek wil vra dat almal hierdie mense asb sal konsidereer en eers skakel voordat aflewerings gedoen word.
Groete
Elsabe

Bank Besonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Branchcode:- 251345
Account No: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Pasella

Hierdie keer is daar 'n baie spesiale pasella, iemand stuur vir my die SA Jagtersresepte eBoek per epos en ek deel dit graag. Regs klik hier om die boek af te laai.

Rugby inligting

Loot Eksteen was gaaf genoeg om die volgende dokumente saam te stel, regs klik op elke skakel en laai die dokument af. Dit sal met elke brief opdateer word.

Currie beker - Wedstryde
Currie beker - Logs
Currie beker - Data
Currie beker - Punte
Currie beker - Statistieke

Klik hier om vir Loot 'n epos te stuur, dalk kan hy die dokumente vir jou op 'n weeklikse basie stuur

Lekker lugkastele bou

 Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis kaartjie.

As jy dronk is

Dinge wat MOEILIK is om te sê wanneer jy dronk is

1. Innoverend
2. Preliminêr
3. Verspreiding
4. Kaneelsuiker

Dinge wat BAIE MOEILIK is om te sê wanneer jy dronk is

1. Spesifiseer
2. Anti-konstitusionalisties
3. Passief-agressiewe afwyking
4. Transubstansieer

Dinge wat FLIPPENMOONTLIK is om te sê wanneer jy dronk is

1. Nee dankie, ek is getroud.
2. Nee, niks meer vir my om te drink nie.
3. Jammer, jy is nie my tipe nie.
4. 'n Hamburger?? Nee dankie, ek is nie honger nie.
5. Goeienaand offisier, heerlike aand né?
6. O nee, ek kan nie. Niemand wil my hoor karaoke nie.
7. Ek stel nie belang om met jou te baklei nie.
8. Dankie, maar ek wil nie dans nie. Ek het nie ko-ordinasie
nie en wil nie soos 'n gek lyk nie.
9. Waar's die naaste toilet? Ek weierom in die parkeer
terrein of langs die pad te piepie.
9. Nee, ek bel nie my vriende die tyd van die aand nie.
10. Ek moet nou huistoe gaan. Ek werk more.

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
Eddie Wilkinson


Eddie is een van ons onderskatte konsertinaspelers en moes lankal 'n kompetisie gewen het! Hoewel hy nog nie 'n groot kompetisie gewen het nie is Eddie egter 'n wenner as dit by werk kom. Hy gooi sy gewig deeglik in by die Westelike Provinsietak van die Gilde.
 

 

 

 

 

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in Stellenbosch.  Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer.  Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis die hele land vol.  Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.   Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com.

Volwasse ADD ADHD

Ons ken hulle: die warrelwind tipe of die persoon wat selde iets klaar maak wat hulle begin, die mense wie se lewens of werk of gedagtes ongeorganiseerd is en diegene wat kronies take uitstel. Miskien is jy selfs een van die “tipes”!
Ons dink gewoonlik aan Aandag Afleibaarheid Sindroom (AAS) as iets wat met kinders te doene het, maar die waarheid is dat ‘n groot persentasie mense - tussen 30 en 70 persent – daaraan ly as volwassenes.
Vir ‘n volwassene om as ‘n lyer van Aandag Afleibaarheid gediagnoseer te word moet die simptome reeds tydens die kinderjare begin het en deurlopend tot in volwassenheid aanwesig wees. Moontlike simptome is byvoorbeeld rusteloosheid, impulsiwiteit en fokus afleibaarheid wees. Die lewens geskiedenis van die persoon sal geneem word en inligting sal van ‘n familielid, kollega of vriend verlang word. Die sielkundige sal ook seker maak of daar enige ander ongediagnoseerde klagtes is (byvoorbeeld leerstoornisse, angs, of gemoedstoornisse wat gewoonlik saam met AAS persenteer). Die diagnostiese proses sal gewoonlik ‘n mediese ondersoek asook sielkundige assessering insluit.
Volwassenes wat gediagnoseer word met AAS ervaar gewoonlik ‘n gevoel van verliging omdat hulle skielik sin kan maak van die simptome wat al vir so lank hulle en hulle families se lewens negatief beinvloed. Dit kan hulle help om skuldgevoelens en ‘n lae selfbeeld te begin omswaai. Dit help ook hulle families omdat dit klarigheid gee aan die onverklaarbare gedrag. Om hierdie groeiproses aan te help kan die persoon begin met psigoterapie.
Medikasie help baie om die simptome van AAS te beheer, maar lyers kan ook baat by psigoterapie en die versameling van inligting. Om meer van die sindroom te weet, bemagtig lyers en hulle families. Gesamentlik kan tegnieke en nuwe lewensstylle aangeleer word wat die negatiewe simptome van ASS kan teëwerk.
STRATEGIEE VIR VOLWASSE LYERS VAN AAS

Natuur

- Wees aktief ‘n paar keer per dag (minimum van 4 keer per week teen ‘n hartklop ritme van 80-90%,
45-60 minute)
- Omegas 3, 6, 9 twee keer per dag.
- Verminder koolhidraat inname en vermeerder proteiene met lensies, groente en eierwit.
- Vermy nikotien, alkohol en kaffeine.

Leefstyl
- Lewensafrigting is belangrik om uitstel en ongeorganiseerdheid te verminder.
- Slaap gemiddeld 8 uur per nag.
- Menslike kontak is belangrik. Drukkies help
- Moenie probeer redekawel as hulle honger of moeg is nie. Rus en eet voor jy konflik aanpak.
- AAS lyers het lae selfbeelde en voel gereeld alleen. Laat weet hulle dikwels hulle is geliefd.
- Meditasie, gebed of joga vermeerder die nodige neuro-oordragstowwe.

Volgende keer sluit ons hierdie tema af met spesifieke strategiee vir ‘n gladder lewe-wat ook mense sonder ASS sal help.

Tot dan, seënwense van hart tot hart.
 

Gedig

Weskus
Martie Taylor

Die Here het vir Wes-Transvaal
niks meer oorgehad.
Hy kon net vaal verlatenheid
en Sý vrede agterlaat.

Ses dae Heer, was bitter min
Om alles uit te meet.
Het U nie dalk(ek vra maar net)
Die Weskus skoon vergeet?

Hier strek sover ‘n mens kan kyk,
duin op duin van vuil-wit grond.
Skuimend skommel see-bamboes
verottend in die poele rond.

Hier skarrel geelbleek brandertjies,
futloos oor die sand
en laat ‘n strokie modderskuim,
soos grofgeweefde kant.

Hier sien ek mensehande
bome plant en water lei.
Net totdat ‘n verwoede wind
als breek en oor die veld versprei.

Aan die Suidkus (juig my hart)
Pols branders wit teen rotse vas.
Dankie, dat u elders Here
In ons mooi land was!

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf . Sport fotos onlangs bygelas

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome, wat nou in Amerika woon, bevorder ook Afrikaans op die net, klik hier om vir haar 'n epos te stuur, vra dan sommer ook besonderhede oor haar briewe wat sy uitstuur. Kom ons ondersteun haar ook! Dit kan net goed wees vir Afrikaans. Hoe meer mense 'n passie het vir Afrikaans en dit op die internet wil bevorder hoe beter vir ons mooi taal.

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Glimlag

Die klein dogtertjie sit agter in die kar oppad huistoe van die skool af . Sy is stout, kriewelrig en werk op ma se senuwees! Haar ma gee haar 'n geniepsige raps en sê,
"Nou sit jy tjoep stil - Ek wil nie 'n woord verder van jou hoor nie."
Na 'n rukkie vra die dogtertjie of sy iets mag sê . . .
Haar ma sê, "Jy’t mos gehoor wat ek nou nou vir jou gesê het, maar wat is dit nou weer?"
Die dogtertjie sê met bewende lippies, "Ek wil net vir mama sê, vanaand sal Liewe Jesus hiervan hoor!"

Een koue wintersoggend is die tante doenig in die tuin, met langbroek onder die rok, toe die predikant voor die deur stilhou.
Sy draf vinnig die huis binne en sê vir die huishulp: "Die maruti (predikant) is hier. Sê vir hom ek gaan gou-gou die broek uittrek. Ek kom nou."
Haar lippe rooi gemaak, hare gekam en langbroek uitgetrek kom sy in die sitkamer, maar dominee is nie daar nie.
Sy vra die huishulp waar hy is, en die sê: "Ek het hom gasê djy gaan jou broek uittrek. Hy sê for my hy gaan gou die bybel by die kar bêre!"

'n Man stop langs 'n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool.
"As jy inklim sal ek jou 'n suigstokkie gee."
Die dogtertjie hou net aan loop.
Die man ry stadig agter haar aan. Weer sê die man
"As jy inklim Dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!"
Die dogtertjie hou nogsteeds net aan loop.
Die man ry weer stadig agter haar aan. Weer sê die man
"As jy inklim dan gee ekJou hierdie hele sak suigstokkies en sjokolade!"
Die dogtertjie draai om en sê:
"Pa, Ek het al hoeveel keer vir jou gesê, ek ry nie in die ou Cortina nie!!".

Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
st se pitkos 

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Hoe om vriende te maak
Heelwat mense eindig op by 'n sielkundige met die probleem van eensaamheid en 'n gebrek aan vriende. Mense soek raad by 'n terapeut hoe om vriende te maak en sosiaal vaardig te raak.

Ek dink nie ons besef altyd hoe baie mense daar is wat in eensaamheid leef en smag om 'n goeie vriend in sy of haar lewe te hê nie. 'n Vriend is nie 'n vanselfsprekende saak nie. Dit is dikwels eers wanneer jy 'n vriendskap verloor dat jy werklik die waarde besef van 'n vriend. Of jy verhuis na 'n ander dorp en skielik is jy 'n vreemdeling en oorweldig die alleenheid jou.

Hoe maak 'n mens vriende? Ek bespreek kortliks enkele wenke en idees:

1. Gaan uit en ontmoet mense: Jy gaan nie vriende maak deur in jou huis te bly sit nie. Jy moet uitkom om mense te ontmoet. Die spreekwoord lui vreemdelinge daar buite is vriende wat jy nog net nie ontmoet het nie. Sluit aan by 'n klub of vereniging, want dit bied jou geleentheid om op 'n meer gestruktueerde wyse mense te ontmoet wat jou belangstellings deel. Skakel byvoorbeeld in by 'n stapklub, of 'n praatklub soos Toastmasters, of watter klub ookal binne jou belangstellingsveld val.

2. Praat met mense: Dis deur te praat met mense wat jy vriende maak. Wanneer jy nie jou mond oopmaak en kommunikeer nie gaan jy nie vriende maak nie. Ek is 'n introvert en daarom weet ek hoe moeilik dit kan wees om met 'n vreemdeling te kommunikeer. Maar al is dit hoe moeilik, jy moet waag om met 'n vreemdeling kontak te maak en te gesels. Jy kan nie vriendskappe vorm en ontwikkel wanneer jy nie wil praat nie. Leer die basiese vaardighede aan soos om jouself voor te stel, 'n gesprek aan die gang te kry, goeie gespreksmaniere en so meer.

3. Wees 'n goeie luisteraar: Baie mense dink jy moet baie praat om 'n vriendskap te behou. Maar dis nie waar nie. Daar is weinig dinge so vervelig en oninteressant as 'n mens wat net aanmekaar oor homself praat. Stel eerder vrae aan die ander persoon wat hom sal prikkel om meer van homself te vertel. En dan luister jy met opregte belangstelling en delf nog 'n bietjie dieper in op wat hy sê. Dit wys vir die ander persoon dat jy werklik in hom belangstel. Dale Carnegie het gesê dat jy meer vriendskappe sal maak deur in ander mense belang te stel as om jouself interessant te probeer maak.

4. Wees betroubaar: Sommige mense maak vinning vriendskappe, maar verloor dit net so vinning. Die rede is dat hierdie soort mense dikwels nie betroubaar is nie. Laat jou woord jou eer wees. Sê wat jy bedoel sodat jou vriend weet hy kan op jou staatmaak. Ek het vriendskappe in my lewe opgegee, omrede dit onbetroubare mense was op wie ek nie kon staatmaak nie. Dis vir my beter om van hulle ontslae te raak as om verder met hulle aan te sukkel. Wanneer iemand onbetroubaar teenoor jou is as vriend, is dit nie 'n ware vriend nie. So 'n persoon minag jou en respekteer jou nie. Raak ontslae van sulke mense want hulle is jou nie werd nie. Goeie vriendskappe vereis betroubaarheid.

5. Wees daar: Sommige vriende is mooiweers vriende. Wanneer jy 'n vriend is vir iemand moet jy daar wees vir die persoon deur dik en dun, deur goeie en deur slegte tye, deur vreugde en trane. Staan by jou vriend deur sy probleme en jy sal 'n vriendskap vorm wat lewenslank sal hou.

6. Behou jou vriendskappe: Een van die hartseerste aspekte van vriendskap is wanneer iemand 'n nuwe vriendskap sluit en sy rug op sy vorige vriend keer. Wat 'n aaklige streep om op jou vriend te trek. Moenie jou ou vriende verwerp nie. Sulke mense het nie veel van 'n integriteit nie. Mense met karakter sluit wel nuwe vriendskappe, maar behou hul ou vriende.

7. Wees 'n aangename persoon: Ja, dis reg. Wanneer jy met 'n lang gesig rondloop, nors en stuurs voorkom en net altyd reg is, maak jy nie sommer maklik vriende nie. Mense hou van iemand met 'n oop en gemaklike persoonlikheid, wie lag en humor gebruik, en ruimte gee vir ander se menings. Op so 'n wyse wil ander graag met jou gesels en vriende wees.

8. Moenie uitnodigings afwys nie: Jy word uitgenooi na 'n funksie of geselligheid. Gou dink jy 'n verskoning uit waarom jy nie kan gaan nie, want in jou verbeelding sien jy reeds hoe vervelig en oninteressant dit gaan wees. Moenie uitnodigings afwys nie, dit bied jou ideale geleenthede om nuwe mense te ontmoet. Stop jou nonsens redes en gaan uit en ontmoet mense. Al is dit ongeleë, doen moeite en aanvaar daardie uitnodigings.

9. Behou kontak met jou vriende: Hou kontak met vriende. Daar is 'n Skotse spreekwoord wat sê: "Vriende word verloor as jy hulle té veel of té min gebruik." Vind die balans tussen te veel en te min. Gee jy al jou energie en tyd net aan een vriend kan jy hom oorweldig en hom vasgedruk laat voel. Aan die anderkant het 'n vriendskap ook 'n sekere hoeveelheid aandag en tyd nodig om die vriendskap te laat groei. Behou kontak met jou vriende deur saam uit te gaan, te kuier, en met die telefoon, smse en epos in verbinding te bly.

10. Geen vriendskap is perfek nie: In elke vriendskap is daar maar soms dingetjies wat haper. Aanvaar jou vriend se maniere en dinge van doen, sy perspektief op sake en self sy gewoontes wat jou somtyds maar irriteer. Moenie jou wil en jou siening op jou vriend afdwing nie. Elke vrienskap het sy grense. Respekteer die grense van julle vriendskap, want indien jy dit oorsteek mag jy die vriendskap daardeur vernietig.

Daar kan heelwat meer gesê word rondom vriendskap. Ek vertrou egter hierdie paar gedagtes jou sal inspireer om meer aandag en vertroeteling aan jou vriendskappe te gee.

'n Sprankie wysheid vir die dag
"Drie dinge is nodig om 'n vriend te behou: respekteer hom in sy teenwoordigheid, prys hom in sy afwesigheid en help hom in sy nood." - Italiaanse spreekwoord -


Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 

 
Resepte

Hier volg 'n paar resepte uit Peterjasie se Boek, 'n respte eBoek spesiaal vir my saamgestel deur Anna Eksteen.

KAPOKAARTAPPELS MET HEEL KORRELMOSTERD

12 groot aartappels, geskil
100 g botter
30 ml korrelmosterd
sout en vars gemaalde swartpeper
sowat 250 ml warm melk (die hoeveelheid gaan afhang van hoe groot jou aartappels is)

Verhit genoeg water (wat die aartappels sal bedek) tot kookpunt in 'n groot kastrol. Plaas die aartappels versigtig in die kokende water. Kook tot sag - gebruik 'n dun pennetjie om die aartappels te toets. Sit intussen die bak waarin jy die aartappels gaan voorsit, in die lou-oond. Druk die aartappels fyn in die warm bak. Voeg onmiddellik die botter by en bedek die botter met van die fyn aartappel. Dit sal die botter laat smelt. Wag so 1 minuut en roer die botter deur. Maak intussen die melk in die mikrogolfoond warm. Gooi die melk bietjie-bietjie by tot die gewenste dikte verkry is. Voeg die korrelmosterd by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Skep die kapokaartappels in 'n bak of borde en bedien saam met gebraaide uie en varkworsies. Lewer 6 porsies.

KARRINGMELK-KNOFFELBROOD.

Meng 750ml bruismeel met 10ml gekneusde knoffel, 5ml origanum, 5ml marjolein, 10ml gedroogde
pietersielie, 5ml tiemie en 5ml sout. Klits nou 1 eier en voeg dit by 500ml karringmelk. Meng
karringmelk mengsel by droë bestanddele om ‘n deeg te vorm en gooi in gesmeerde broodpan. Strooi
‘n dik laag gerasperde kaas oor. Bak vir ± 60 minute teen 180C.


KERRIEVISPASTEI

Die resep is amper soos bobotie maar het sy eie unieke lekker smaak. smaak ook lekker as snoek gebruik word maar onthou om al die grate uit te haal.
Kook 400-500g witvis in water tot gaar maar nie pap nie, onthou die vis word nog gebak ook. Skep die vis uit en maak fyn. hou die water. Week ‘n dik (2,5cm) sny witbrood in die viswater. Braai 2 gekerfde uie tot sag. voeg 12,5ml kerriepoeier, 125ml sultanas, 25ml asyn, 125ml water, 2 eetlepels apelkooskonfyt, 1 teelepel gerasperde suurlemoenskil en sout en peper na smaak by. Laat prut tot dik terwyl aanhoudend geroer word. Druk brood uit, maak fyn en voeg by vis. Meng vis en kerriesous goed met ‘n vurk. Plaas in ‘n gesmeerde oondskottel. Klits 2 eiers en 375ml melk saam. giet oor vis en bak teen 160C tot melk gestol is.


KOFFIE EN PEKANNEUTROLKOEK

4 groot eiers, geskei
100ml strooisuiker
5ml vanieljegeursel
60ml koekmeel
20ml bakpoeier
15ml koffiepoeier
'n knippie sout

VULSEL EN VERSIERSEL
1 blik karamel kondensmelk
2 stafies Cadbury's Flake-sjokolade
125-250ml room (vars of Orley-Whip)
15ml strooisuiker
125ml gekapte pekanneute

Stel die oond op 180C. Klits die eierwitte styf en hou eenkant. Klits die eiergele, strooisuiker en
geursel saam tot lig en donsig. Sif die meel, bakpoeier, en sout saam. Vou koffiepoeier in. Vou dit by
die eiermengsel in. Vou laastens die eierwitte versigtig met 'n metaallepel in. Giet die mengsel in 'n
gesmeerde rolkoekpan van (20 - 27cm) wat met waspapier uitgevoer is en maak beslag gelyk bo-op.
Bak sowat 10 minute lank. Keer versigtig uit op 'n klam doek wat met suiker bestrooi is. Trek die
waspapier af. Rol die koek met die klam doek op en laat so afkoel. Rol weer die koek oop en
verwyder die klam doek. Klop die karamel effens en smeer oor die koek. Breek die sjokolade in
stukkies en strooi die helfte oor die karamel. Strooi ook die helfte van die neute oor. Rol die koek op.
Klits die room en suiker saam tot styf en bedek die koek daarmee. Strooi die res van die sjokoladestukkies
en neute bo-oor. Verkoel goed voor opdiening.

KOFFIE-EN-AMARULA-NAGEREG

20ml koffiepoeier
125 ml kookwater
300g malvalekkers
1 blik (410 ) verkilde, ingedampte melk
30ml Amarula-room
125ml gekapte neute

Los die koffie in die water op. Giet in groterige kastrol en plaas die malvas daarin. Laat eenkant tot
die lekkers feitlik heeltemal gesmelt is. Klits intussen die koue melk tot styf. Roer die koffiemalvamengsel
deur om seker te maak dat al die lekkers opgelos is. Roer die mengsel dan by die
styfgeklitste melk in. Voeg Amarula en neute by en roer deur. Skep in individuele glase of in 'n groot
bak. Plaas in yskas om te stol. Dien op met room en enige vars vrugte na keuse.

KORINGSLAAI MET EIER

250g gekraakte koring
 2 groot agurkies
1 ui 2 ryp tamaties, ontpit
4 selderystingels
2 wortels, geskil
1 rooi soetrissie
25ml vars pietersielie, fyn gekap
25ml vars koljanderblare, fyn gekap
25ml mentblare, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
100ml slaaisous van jou keuse
2 eiers, hard gekook en fyn gekap

Kook die koring tot net gaar, dreineer en hou eenkant. Sny die agurkies, ui, tamaties, seldery, wortels
en rooi soetrissie in baie klein blokkies. Meng met die koring, pietersielie, koljanderblare,
kruisementblare, sout, peper en slaaisous. Meng alles goed en garneer met fyn gekapte eiers. Lewer 4-6 porsies.


KRUISSKYF MET UIE EN PEPERSOUS

1 groot ui, opgekap
10ml olyf of avokado-olie
1 knoffelhuisie, gekneus
50ml witwyn
150ml room
4 kruisskywe
10ml peperkorrels, rofweg in in stamper en vysel fyngemaak
.
Sauté die uie in die olie. Voeg die knoffel, peperkorrels, witwyn en room by. Prut vir 5 minute en laat
dit effens wegkook totdat dit verdik. Verhit intussen ‘n roosterpan. Smeer die vleis met ‘n bietjie olie
en rooster dan vir 4 minute per kant, of na smaak. Bedien die kruisskywe met die warm sous bo-oor.


LAMSTJOP EN BONE GEBAK

100 ml olyfolie
4 preie, in skywe gesny
6 heel knoffelhuisies
3 wortels, in klein blokkies gesny
3 blikke botterbone, gedreineer en afgespoel
1 blik gekapte tamaties
250ml rooiwyn
250ml hoender-aftreksel
10ml droë origanum
2 lourierblare
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
 8 lamstjops
sap van 1 suurlemoen
400g fetakaas, in stukke gebreek
groot hand vol vars basiliekruidblare

Verhit jou oond tot 180C. Gooi sowat 80ml van die olyfolie in ’n groot oondroosterbak. Verhit die olie
en braai die preie, knoffel en wortels daarin vir sowat 10minute. Voeg die botterbone, tamaties,
rooiwyn en hoender-aftreksel by. Geur met origanum, lourierblare, sout en swartpeper. Maak die bak
toe met tinfoelie en bak vir sowat 45 minute. Sit intussen die tjops in ’n bak en gooi die res van die
olyfolie en die suurlemoensap oor. Verhit ’n swaarboompan. Braai die tjops weerskante bruin. Geur
met sout en swartpeper. Haal die groente ná 45minute uit die oond en rangskik die tjops en fetakaas
bo-op. Plaas terug in die oond vir sowat 20 minute. Sprinkel vars basiliekruidblare oor.

LAMSVLEIS IN TAMATIESOUS

300g gaar penne pasta
30ml avokado olie
4 x 180g lamsboudtjops
sout en varsgemaalde swartpeper
1ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
615ml (1½ blikkie) heel gesnyde tamaties, fyn gedruk
200g kersie tamaties
2 roosmaryntakkies
2 wiggies fetakaas
swart olywe handvol vars basiliekruidblare
30ml botter

Draai ‘n rolstok met kleefplastiek toe en slaan die tjops effens platter of gebruik ‘n vleishamertjie. Sny
in blokke van 3cm. Verhit die olie in ‘n groot pan oor hoë hitte. Braai die tjops in sarsies tot goudbruin
aan albei kante. Werk vinnig anders word die vleis taai. Geur met sout. Haal uit die pan. Sit die uie,
knoffel en kersietamaties in dieselfde pan en braai tot die tamaties begin oopbars. Voeg die fyn
gedrukte tamaties en roosmaryn by en bring tot kookpunt. Geur na smaak. Voeg die vleis by en laat
deurwarm word. Krummel die fetakaas oor en roer deur. Strooi die olywe en basiliekruidblare bo-oor.
Meng die botter deur die warm pasta en sit met die lamsvleis voor. Lewer 4 porsies.

LAMSVLEIS MET APPELKOSE EN PIETERSIELIE-KLUITJIES

30ml sonneblomolie
700g ontbeende lamsboud, in blokkiesgesny
350g klein uitjies
2 knoffelhuisies, fyngedruk
250g klein sampioene
175g gedroogde appelkose
250ml beesvleisaftreksel
250ml rooiwyn
15ml tamatiepuree
10ml suiker
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

PIETERSIELIE-KLUITJIES
115g bruismeel
50g wit margarien
1 eetlepel gekapte pietersielie
5 eetlepels koue water

Verhit die sonneblomolie in ’n groot kasserol. Braai die lamsvleis (’n bietjie op ’n slag) tot goed bruin.
Haal die vleis uit die kasserol en hou dit eenkant. Voeg die sampioene, uitjies en knoffel in dieselfde
kastrol. Braai vir so 5 minute. Sit nou al die vleis terug in die kastrol saam met die sampioene, knoffel
en uitjies. Voeg die res van die bestanddele by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Bring
tot kookpunt en plaas in ’n oond teen 160C vir 1½ - 2 uur. Intussen kan jy die kluitjies maak. Meng die
wit margarien en meel saam in ’n voedselverwerker totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg die
gekapte pietersielie by. Voeg water lepel vir lepel by totdat dit ’n stywe deeg vorm. Sit nog ’n bietjie
meel in jou hande en rol klein balletjies deeg. Maak sowat 8 - 10 kluitjies. Sit die kluitjies op bakpapier
en bedek met kombuispapier. Wanneer die lamsvleis vir sowat 2 uur in die oond was, plaas die
kluitjies bo-op die vleis, sit deksel op en plaas terug in die oond vir nog sowat 20-30 minute. Die
kluitjies sal verdubbel in grootte. Lewer 6 porsies.

Skakels/Advertensies

My nuwe resepte eBoek CD - 60 boeke op een CD - Ideale Kersgeskenk.

Ek het besluit om al die Afrikaanse resepte eBoeke wat ek het op en CD te sit, dis omtrent al die resepte wat mens ooit sal nodig hê. Nou hoef jy nooit weer 'n resepteboek te koop nie en teen minder as R1.70 per boek is dit baie billik.

Hier is die lys van boeke:

101 Kraakvars slaaie, 101 Onweerstaanbare poedings, 110 Spyskaarte vir die werkende vrou
5 Beste van alle geregte, 217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte, Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling, Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Die CD kos R100, geregistreerde posgeld ingesluit (dis om en by R1.60 per boek). Met Fastmail koerier, volgende dag aflewering, kos dit R130.

As jy die Fastmail metode verkies kan ek vir jou onmiddelik 'n spoornommer (tracking number) gee, dit sal jou gemoedsrus gee aangesien jy 'n oorbetaling moet maak aan iemand wat jy nie ken nie.

Klik hier om my bankbesonderhede te kry, onthou om ook jou posadres te verskaf


Anna se Kombuis
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.
Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Die volledige lys van al Anne se boeke is onderaan, bestel gerus Pa se Boek as Vadersdag geskenk, daar is nog tyd oor, die boek word per epos gestuur.

Ek kan die boek PA SE BOEK aanbeveel as ‘n ideale Vadersdag geskenk wat  die 20ste Junie gevier word. Dit is iets heel anders as die gewone "soap on a rope" of nog ‘n paar sakdoeke. Menige mans het al in die verlede vir my terugvoering gegee oor hierdie boek wat hul beskryf het as uitsonderlik.

 

My versameling eResepteboeke is besonder gewild as klein geskenkies, vir die buurvrou, jou kind se dagmoeder, jou kollega by die werk of sommer om jouself te bederf. Ek kry goeie en positiewe terugvoering. Daar was ook al 'n artikel oor 2 van my boeke in Rapport, wat bewys is dat hierdie nie 'n sogenaamde "scam" of "foefie" is nie. Baie mense kan getuig en hul tevredenheid uitspreek oor die boeke wat hul al van my bestel het. 

 

LEES HIER AS JY WIL WEET WAT OM TE DOEN OM TE BESTEL

Om 'n resepteboek by my te bestel, is baie eenvoudig. Stuur  ‘n e-pos met jou keuse van boek/e aan my by anna_se_kombuis@yahoo.com

 

Ek sal die boek/e in Microsoft Word-formaat stuur, tesame met besonderhede van die bankrekening waarin die inbetaling gedoen kan word. Ongelukkig kan ek nie enige bestellings stuur as daar nie behoorlike kontakbesonderhede saam gestuur word nie.

 

Met die druk van 'n knoppie kan jy nou 'n resepteboek bestel wat vóór aandete per e-pos in jou INBOX afgelewer word. Jy kan dit dan uitdruk of stoor op CD of op jou rekenaar.

 

Sommige mense liaseer dit in 'n "flip file" vir maklike gebruik en om die kosspatsels maklik af te vee na gebruik. Let asseblief daarop dat die boeke NIE AFGELEWER of GEPOS word nie, en is nie beskikbaar in HARDEBAND nie. Die boeke is ongelukkig nie beskikbaar in Engels nie, tensy so aangedui.

 

Ek werk op 'n absolute eerlikheidsbasis en vertrou dat jy dieselfde sal doen.

 

Ek stuur eers die boeke, tesame met my bankbesonderhede, waarna jy my betaal wanneer jy dit ontvang het en tevrede is daarmee. Soos ‘n tipe van COD – Cash on delivery. Jy hoef nie bang te wees dat ek jou geld gaan vat en laat waai nie, want jy ontvang mos eers die boeke en dan betaal jy my. Jy sal dus verstaan dat ek nie vir lang periodes kan wag vir betaling nie.  Indien jy nie nou kan betaal nie, dan vra ek dat jy eerder nie nou sal bestel totdat jy weet jy die nodige betaling kan maak nie.

 

Geniet die dag verder en groete tot ons dalk weer gesels.

Anna

0822946799(Hierdie foon is ongelukkig nie altyd aangeskakel nie - Laat asseblief 'n boodskap)

 

anna_se_kombuis@yahoo.com

 

 

LYS VAN BESKIKBARE BOEKE

 

KOM ONS PAK ‘N PIEKNIEKMANDJIE R60

Die boek handel oor vriendskap en liefde en 'n piekniekmandjie en al die lekker eet wat daarmee gepaard gaan. Dit bevat verskillende kossoorte (soet en southappies) (sosaties) (doopsouse) (koue soppe) (verskeidenheid brode) (lekkernye) (drankies en vele meer) vir  20 verskillende piekniekmandjies en sommer net allerhande mooi en besonderse sêgoed oor vriendskap, en 'n idee of wat om vir die spesiale persoon as geskenkie te gee.

 

SOMER, SON EN BAIE SLAAI R60

Is presies dit wat die naam aandui. Dit is nie net gewone "bokkos" nie. Dit is 'n fees van slaaie. “Slaaie galore”. Hierdie eBoek bevat meer as 200 resepte wat nie net heerlike slaaie insluit nie, maar ook smoothies, skommels en allerlei dorslessers.

 

VROU VAN SPREUKE 31 R80

Hierdie boek was spesiaal saamgestel vir Moedersdag, maar is nie net bedoel vir Moedersdag nie. Hierdie is ‘n “elke dag boek. Let asseblief egter dat hierdie boek redelik groot is (2MB) alvorens jy bestel.

 

Hierdie e-boek is vir ALLE vroue, en nie net diegene wat die titel ma, moeks, mammie of moeder dra nie. My beskeie mening is dat elke vrou met natuurlike moederinstink gebore word, en dus in haar wese die moederlike rol op een of ander stadium in haar lewe vertolk. Of dit is dat jy kinders van jou eie het, of dit is dat jy peetma is, of voog is, of dit is dat jy toe jy klein dogtertjie was vir jou poppe ma-ma gespeel het en of dit is dat jy vir die hondjies, katjies of voëltjies kos gee. Die moederinstink sal daar altyd wees, so ook die behoefte om te versorg, te bederf, te beskerm en te vertroetel. Al hierdie dinge, is ma-wees dinge, en alle vroue het 'n begeerte daartoe. Hierdie samestelling bevat nie net resepte nie, maar ook gesegdes, waarhede en allerhande verrassingtjies. Dit is inderdaad een van my samestellings waarop ek die trotste is en ek glo jy sal dit ook net so geniet. 

 

MAMMA MIA – LEKKER PASTA R60

Pasta is wonderkos: Dis baie gerieflik, goedkoop, altyd beskikbaar, vinnig gaar en lekker saam met enigiets. En die beste van alles, as jy pasta met die regte bestanddele meng, kry jy ’n voedsame gereg propvol energie. Hier is ’n verskeidenheid watertand-maaltye waarvan die meeste sommer tjop-tjop gemaak kan word – en só meer rusbanktyd vir die kok verseker! Sommige bekend, ander ‘n avontuur om iets nuuts op te tower. 

 

SMULGEREGTE OPGETOWER UIT MAALVLEIS R60

Maalvleis is een van dié mees veelsydigste kossoorte. Selfs die mees onervare kok kan iets daarmee uitrig. Met 'n bietjie verbeelding en moeite kan 'n mens sommer smullekker geregte hiervan voorberei. Hierdie is ‘n samestelling van die sulke resepte. Die meeste van die geregte word 1-2-3 voorberei ander met bietjie meer moeite. Maalvleis bly ’n staatmaker, want jy kan dit op soveel maniere voorsit. Jy kan kerrie, frikkadelle of moesaka daarmee maak of dit by rys inroer vir ’n vinnige eenpotgereg. 

 

HOENDER VIR ELKE DAG SE EET R60

Hoera vir hartlike, vullende hoendergeregte! In hierdie samestelling is daar vele maniere hoe om KIEP-KOS perfek gaar te maak en op splinternuwe maniere voor te sit. Moeg vir altyd dieselfde ou hoendergeregte? Beproef dan van hierdie opwindende nuwe maniere om dié klassieke gunsteling voor te sit, en is dit tyd om nuwe dinge te beproef. 

 

RECIPES FOR VEGETARIANS R60

As jy besluit het om te leef met 'n groentekebab in plaas van 'n Karoo-tjoppie op die rooster, of ewig tevrede wees met 'n muesli-ontbyt, terwyl die res van jou gesin hulle aan spek-en eiers verlustig.Dié tipe leefwyse kan baie gesond wees, mits die voedselprodukte wat uitgeskakel word, met 'n plaasvervanger vervang word, en dus is hierdie boek dan vir jou, aangesien dit bondige samestelling is van Vegetariese disse. Beskikbaar in Engels.  

 

ALWEER OP DIEET? R70

Hierdie is egter 'n boek met 'n verskil. Dit is nie 'n dieetboek nie. Dit is 'n boek oor GESONDE KOS en alles wat gepaard gaan met 'n gesonde eetpatroon. Hierdie boek bevat resepte en eetgoed wat goed is vir jou en jou gesondheid. Van die bestanddele word uiteengesit en word daar vir jou vertel hoekom dit noodsaaklik is dat jy dit moet inneem om gesond te kan lewe.Om 'n voorbeeld te noem: Watter voordele hou  roosmaryn, knoffel, neute en sade in vir jou gesondheid as jy dit in jou resepte gebruik? Die boek bevat baie resepte oor vars slaaie, groentes, varkvleis, visgeregte, pasta geregte, ligte etes ens. ens.  

 

EET JOU GROENTE R60

Word in dieselfde formaat as al my ander boeke aangebied. Dit is presies wat die titel sê.  'n Boek oor groente. Groente van A-Z. Verskillende maniere van groente voorberei. Kom ons erken dit nou maar. Groente is groente is groente en veral kinders dink die meeste van tyd JUGGGH.Miskien sing hulle en selfs jy 'n ander deuntjie as jy moontlik die kool, pampoen, brusselse spruitjies op 'n ander manier as die gewone voor te berei.  

 

PA SE BOEK (Soos beskryf in artikel in Rapport en ideaal vir Vadersdag) R80

Hierdie baie spesiale boek bestaan uit heerlike BRAAIVLEIS, POTJIEKOS, WILDSVLEIS en “COCKTAILS” resepte en sommer net allerhande lekker sêgoed, grappies en interessanthede. Hierdie boek is opgedra aan alle mans wat 'n spesiale plek in iemand se hart besit. Dit was oorspronklik saamgestel vir Vadersdag 2006, maar het nog nie ophou belangstelling lok nie, en neem nog steeds toe in gewildheid. ‘n Ideale geskenk. 

 

ONTHOU JY NOG? (Soos beskryf in artikel in Rapport ) R80

Hierdie boek is propvol resepte uit ons kinderjare.Onthou jy nog? Hertzogkoekies, mosbolletjies, gemmerbier, repelsteeltjies? ens ens.Ek glo dat as jy deur hierdie boek begin blaai, die meeste resepte jou ‘n “ TRIP DOWN MEMORY LANE ” sal gee. 

 

110 SPYSKAARTE VIR DIE WERKENDE VROU R60

Na baie navrae het ‘n boek saamgestel vir die werkende vrou wat saans nie ure voor die kospotte wil staan na ‘n dag se werk nie.  Die geregte is beplan vir Maandae tot Vrydae.Naweke verander ‘n mens se roetine as in die week en spyskaarte vir Sondag etes, ens is nie hierby ingesluit nie. 

Hierdie boek bevat die volgende:

‘n Uitgewerkte spyskaart, met volledige resepte wat betrekking het tot die spyskaart.

‘n Lys van bestanddele wat daagliks benodig word vir die spesifieke dag se geregte.

‘n Verskillende toebroodjie vulsel elke dag. + Ekstra's !  

 

MAKING DIABETIC COOKING EASY R60

'n Diabetiese boek in Engels wat bestaan uit 175 resepte.  Resepte dui voedingstabelle aan, bv. vesel, proteine ens. Wye verskeidenheid van onderwerpe vanaf peuselhappies tot poedings.  Alhoewel die boek in Engels is, is dit maklik verstaanbaar.  

 

JAPTRAP ETES SONDER DIE SJLEP R60

Dis 'n fyn kuns om saans ná werk by die huis te kom en binne 'n kort rukkie kos gereed en op die tafel te hê. Om gou by 'n supermark te stop vir voorbereide etes, is nie altyd 'n opsie nie - definitief nie elke aand van die week nie.  Is jy ook soms in hierdie situasie?    

 

SOUSE, DOOPSOUSE, SMERE EN BOTTERS  R60

Daar is dinge wat maar eenmaal bymekaar hoort - soos die regte sous by die regte kos. En doen jy 'n bietjie ekstra moeite in die sous-afdeling, is dit die maklikste manier om nuwe woema aan ou gunstelinge te gee.  

 

'n  BORDVOL PEUSELHAPPIES R60

Southappies is nie noodwendig 'n makliker manier van onthaal nie, juis omdat daar soveel moeite in die maak van southappies ingaan. Die voordeel daarvan is egter dat die gasvrou alles vooraf kan maak en heerlik en ontspanne saam met haar gaste kan kuier.   

 

Hier is kortliks hoe dit werk met die kleiner samestellings:

Elkeen van die onderstaande samestellings bevat ongeveer 100 of bietjie meer resepte. Elke samestelling se prys is R30 elk.

MAAR. indien die koper meer as 4 boeke neem verlaag die prys na R25 per samestelling, en meer as 10 verlaag die prys na R20 per samestelling.

 

1.AFSKEEP KOS

Stampmielies, mielierys, mieliemeel, koeskoes, koring, gort.

 

2. BEESVLEIS VERRASSINGS

Allerhande lekker beesvleis geregte, insluitende “steak”

 

3. BREDIES EN KASSEROLGEREGTE

Maw. Stews en oondstowe geregte 

 

4. BYKOSSE

Alles en nog wat om by etes te bedien o.a souffles

 

5. DRIE RRR’e

Rys, Risotto en Roerbraai geregte 

 

6. EENBAK/EENPOT

Alle eenbak etes, hetsy oondgebak of bo-op die stoof in ‘n pan 

 

7. ELKE DAG AARTAPPELS

Elke dag ‘n ander aartappeldis. 

 

8. GROENTE RONDOMTALIE1

Aspersies, Broccoli, Ertjies, Groenboontjies, Blomkool, Knoffel Wortels, Preie en Patty Pans 

 

9. GROENTE RONDOMTALIE2

Beet, Botterskorsie, Patats, Murgpampoentjies, Brusselse spruitjies, Avokado(eintlik ‘n vrug), Komkommer, Pampoen en gemengde groente. 

 

10.GROENTE RONDOMTALIE3

Sampioene, Skorsies, Spinasie, Eiervrug, Kool, Mielies, Tamaties(eintlik ‘n vrug), Selderye en Soetrissies, Uie en een en ander onbekendes. 

 

11.GROOT KOEKE TE KIES EN TE KEUR

Allerhande soorte en smake 

 

12.HERINNERING AAN OUMA SE SPENS

Konfyte en piekels en ‘n paar ander verrassings.

 

13.KOEKBLIKKE VOL KLEINKOEKIES

Die naam sê dit als 

 

14.KONINGSKOS

Beesstert, Skenkels, skaapnek, Beesnek

 

15. KOS UIT DIE SEE

Jy kan jouself indink- Garnale, calamari, mossels, koningklip en baie meer. 

 

16.MENGELMOES

Alles wat nie iewers ingepas het nie, insluitend kaas en eier geregte. 

 

17.OTTERTJIE OT

Allerhande lekker varkvleis geregte, insluitende ribbetjies en vele meer.”

 

18.PEULGROENTE

Ideal vir die vegetariers. Bone, lensies, spruitjies ens.

 

19.RUIK DIE GEUR VAN SPESERYE

Kerries en brandkos – Geure van die Ooste en nog meer.

 

20.SKAAP EN LAM TREFFERS

Allerhande lekker skaap en lamsvleis geregte.

 

21.SOET SOETER SOETSTE

Soet terte en kaaskoeke.

 

22.SONDAG SE VLEIS

Duurder vleissnitte, soos skaapboud, tong, skof en “roasts”

 

23.SOUTTERTE EN QUICHE

Die naam sê als.

 

24.TEETYD TREFFERS

Verskeidenheid muffins, skons en poffertjies.

 

25.VIR DIE SOETTAND

Lekkernye en allerhande soetgoed soos malvalekkers, noga, fudge en baie meer.

 

26. VIS EN VLEIS UIT’N BLIK

Tuna, salm, makriel, sardiens, slakke en ander.

 

27.WEESKINDERS

Lewer, afval, niertjies, hoenderlewertjies en een of twee ander.

 

28.WORS EN WORSIES

Boerewors, frankfurthers, Russians, varkworsies en allerhande ander wat lyk soos wors.

 

Kontak my asseblief by anna_se_kombuis@yahoo.com indien jy sou besluit om my moontlik te ondersteun.

 

Vriendelike groete en seënwense

Anna

0822946799


Kletskous
Ons nooi almal hartlik uit om te kom klets by www.kletskous.co.za Ons het veral 'n groot tekort aan aandkletsers. Almal wat Afrikaans kan praat is baie welkom ons sien graag nuwe gesiggies in die kamer. Groete Moggy


Kinderstories op CDEen van die hoofdoelstellings van my webwerf en nuusbrief is om Afrikaans te bevorder. Hier is nog 'n besonderse manier, kinderstories op CD.STORIEKLUB lede ontvang 2 nuwe storie cds elke maand! Versamel al 48 CDs oor 2 jaar, of kanselleer jou lidmaatskap wanneer jy wil (minimum lidmaatskap-periode van 3 maande). Laai die intekenvorm af en betaal met gerieflike maandelikse debietorders.As jy dalk sou belangstel, klik net hier.


Wapadrand BoeredansgroepVir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n epos na danna.smith@resbank.co.za


Gratis oorsese Lotto kaartjie
Elke eerste keer registreerder kwalifiseer vir 'n gratis kaartjie in een van die groot oorsese Lotto trekkings, as jy dus nog NIE voorheen geregstreer het nie, gaan as volg te werk:

Om te begin, klik hier:
Nou moet jy eers registreer, klik Register/Registreer
Vul die vorm in.
Jy sal ‘n epos ontvang waarop jy moet bevestig.
Nou is jy geregistreer en kan begin speel.
Gaan weer na die skakel hierbo, klik op Sign in/ Teken in
Klik dan aan die regterkant op Account Balance/Rekening Saldo en jy sal sien in watter Lotto jy ‘n gratis kaartjie of “voucher” het. As daar nog niks wys nie, byt net vas, hulle laai elke voucher met die hand.
As jy dan een ry op daardie Lotto speel sal jy sien dat jy niks verskuldig is nie.
Jy sal die dag na die trekking ‘n epos ontvang met die nommers wat getrek was asook jou nommers.


Tuiswerk/Tuisinkomste Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Klik hier vir meer besonderhede


Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.