http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

 

Nommer 153

Besoek my Webwerf

30 Oktober 2010

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!  Daar is 'n lekker pasella-resepteboek om te gaan aflaai ondertoe.

By die resepte afdeling is daar sommer 'n lekker verskeidenheid resepte vir Kerskoeke en koekies.

Die jaar staan nou vinnig einde se kant toe, ek sien in die winkels is die Kersgoeters al uitgepak. Van doe gelukkiges beplan die Desembervakansie, ander weer moet werk en met Jan Tuisbly se karretjie ry. Dalk maar beter om Desember tuis te bly en van die paaie af. Ons is nie lief om Desember met vakansie te gaan nie, te warm, te besig, te duur, te rof op die paaie. Ons gaan tuisbly, gelukkig kan ons buite seisoen gaan rondry en Kruger Park wag vir ons volgende jaar!

Hierdie is ook die tyd van die jaar waar duisende skoolvarlaters dalk gaan aaansoek doen vir werk. Voordat jy jou CV instuur, lees eers hieronder wat st te sê het oor die waarde van 'n dekbrief.

Kry inligting oor al die Currie beker en wedstryde hierdie jaar. Loot Eksteen het dit mooi saamgevat, gaan kyk ondertoe en laai dit vir jou af.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Custom Search

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Die Ideale Kersgeskenk

Ja, dis alweer sulke tyd. Die finansies knyp en daar is soveel mense om voor geskenke te koop, familie, vriende, kollegas, die lys hou net nie op nie. Hier is die antwoord. Peterjasie se Boek, 'n resepte eBoek spesiaal saamgestel vir my deur Anna Eksteen. Ek kan jou waarborg dit bevat die lekkerste resepte. Wat jy doen is koop die boek vir R60, en stuur dit dan per epos as geskenk vir net wie jy wil. Hulle sal dit waardeer, en dit kos jou net R60. As jy belangstel, stuur vir my 'n epos, sodra ek dit ontvang heg ek die boek aan en epos dit vir jou tesame met my bankbesonderhede. Ek vertrou dat jy die geld sal deponeer.

Onderaan by die resepteafdeling is 'n paar voorbeelde uit die boek.

Klik hier om die boek aan te vra.

Boerseep

Dankie Cora Koch vir die volgende, ek is al 'n paar keer gevra hoe mens boerseep maak

Ek het ‘n resep vir boerseep wat ek gereeld nog maak:

1,75 kg harde beesvet (uitgebraaide vet)
250 g seepsoda
1 liter koue water
50 ml sitroenella olie (om die vet se reuk te verbloem)

Geel handskoene (om jou hande te beskerm)

Smelt die vet in ‘n stainless steel kastrol en hou eenkant totdat dit redelik afgekoel het. Jy moet jou vinger vir 10 sekondes daarin kan hou sonder om te brand. Gooi die vlokkies seepsoda in ‘n erde emmertjie en gooi dan die koue water daarop en roer paar kere met houtlepel, sit die deksel bo-op en laat staan op ‘n veilige plek. Laat staan totdat dit min of meer dieselfde hitte het as die vet (as jy ‘n kook termometer het is dit ‘n pluspunt). Gooi nou die seepsodawater by die vet (en sitroenella olie) en roer totdat dit soos versuikerde heuning begin lyk ( dit vat nogals ‘n rukkie, maar moenie moedeloos word nie) gooi uit in ‘n vierkantige plastiek bak wat uitgevoer is met ‘n linnelap (die lap kan net die bodem bedek en lank genoeg wees dat jy vatplek het wanneer jy die seep uitkeer). Die mengsel behoort warmer te word as gevolg van ‘n chemiese reaksie. Sit die bak met die mengsel bo-op in hout broodplank met ‘n stainless steel skinkbord bo-oor die bak en bedek met swartsak en met ‘n kombers. Maak die seep laatmiddag en laat dit staan tot die volgende oggend. Maak die kante van die seep los van die bak en trek nou die lap aan weerskante stadig totdat dit loskom van die boom, keer die seep uit en merk die stene uit en sny met skerp mes. Laat staan vir ‘n week of wat voordat jy daarvan gebruik.

Jy behoort 12 stene uit te sny van 8 x 7 cm en omtrent 3 cm dik.

Treknature

Ek stuur elke nou en dan fotos in na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons reise geneeem het en al opgelaai het:  http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/

Die lewe het nie 'n "rewind"-knoppie nie!

"Jy mag maar jou koffie slurp of in jou piering gooi.
Jy mag met vuil voete uit die komposhoop oor ons wit mat loop.
Jy mag jou naels byt, vals sing, swak groente huis toe bring,
Die badkamer omkrap, die Nat vloer opdroog met my waslap...
Jy mag maar snags hard snork, oor koue voete brom... As jy net terug kan kom"

So lees Hester Heese se bekende gedig. Ja, hoeveel van ons het al gewens dat die lewe 'n "rewind" knoppie het. Dat ons kans kan kry om óór te leef: Om terug te gaan op ons spore en dinge ánders te doen. Dan kon ons dalk meer begrip toon, meer geduld hê en met groter deernis optree. Ons kon Dan meer aanvaar, minder kritiseer, meer luister, minder praat, meer omgee en minder ongenaakbaar wees...
Dan kon ons ons lewensspel oor speel, beter verhoudings bou en meer liefhê.

Maar nou weet ons: die lewe is toe nié 'n kleedrepetisie nie. Ons is nóú reeds besig met die finale verhoogstuk van ons lewens. Dis 'n wakker-skrik-gedagte wanneer ons besef dat ons ook in ons verhoudingslewe besig is met die finale spel. En vir ons almal is gister vir altyd verby... En môre ons dalk nie beskore nie. Tóg het
Ons vandág! Hierdie dag is aan ons gegee sodat ons positiewe deposito's kan maak in die lewens van hulle wat aan ons geleen is. Daarom kan ons kies om - ongeag al ons onperfekte gisters - 'n groter rol in die liefde tussen mense te speel. Ons kan dit doen deur:

* Minder te veroordeel en ander met groter onvoorwaardelikheid te aanvaar. Ja, ons kan dit doen deur lief te wees vir die ander vir wie en wat hulle ís. Nie vir wat ons nog van hulle wil máák nie;

* Minder krities te wees oor die kléín, onbelangrike dingetjies en meer ingestel te wees op die groot dinge wat wél reg, goed en bewonderingswaardig is;

* Minder selfsugtig en selfgesentreerd te wees en ander se belange hoër as ons eie te stel;

* Minder geïrriteerd en ongeduldig te wees en te bid vir 'n hart
Vol sagmoedigheid, nederigheid en geduld; en

* Minder humeurig, opvlieënd en haatdraend te wees omdat ons diep onder die besef is van God se sagte liefde en onverdiende genade in óns lewens.

Onthou Albert Einstein se woorde dat nie alles wat getel kan word, Tel nie. En nie alles wat Tel, getel kan word nie. Gaan leef die maand vir die dinge wat regtig Tel...

Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag

Baie dankie aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie reeks te gebruik

Die Jare 60 en 70

In DIE AFRIKAANSE ROLPRENT GISTER EN VANDAG krap ons steeds in die jare sestig rond en kyk dan hoe die koms van TV die sewentigs beïnvloed het.

In 1969, terwyl Jans Rautenbach se meesterstuk KATRINA wenkbroue laat lig het, ontplof MAJUBA met ʼn bloedige veldslag en ʼn sterrolverdeling waarin al wat manlike speler is rolle gehad het. Die gevegsekwensies wat realisties en indrukwekkend vir daardie tyd.
Die melodramatiese SIEN JOU MôRE lei die jare 70 in, terwyl nog ʼn Gé Korsten musiekrolprent, LIED IN MY HART, die slag teenoor skoonheidskoningin Mitzi Stander, skares jolig laat saamsing, en die oor-die-voete-val-klug DIE VERVLAKSTE TWEELING mense laat giggel. CHRIS DU TOIT maak nou sy opwagting. Die aantreklike rolprentheld, wie se stem elke slag oorgeklank is behalwe met DIE VLINDERVANGER, bevind hom in die fliek op universiteit. Al was SIEN JOU MôRE nie ʼn besondere goeie rolprent nie, het dit ten minste die euwels van dwelmmisbruik uitgebeeld aan die hand van die rooi gevaar. Dit is gegrond op W.A. De Klerk se DIE BELYDENIS VAN NELIA BELL, en Klasie Botha vertolk haar enigste hoofrol in die Elmo de Witt rolprent.

Twee jong studente draf klas by ʼn bose professor Tony Jay wat met Danie Smuts se stem gepraat het. Met stoere verwaandheid verlei hy studente om dwelms te gebruik sodat hulle meer ontvanklik is vir sy Kommunistiese leerstellings. Luister na hierdie geforseerde en deklamerende lesing deur Prof. Ullman, terwyl Chris du Toit as Tien Fouche bekommerd luister. Danie Smuts gebruik ʼn hoogdrawende Hollandse aksent.

Een van Nelia se ontvanklike vriendinne San, gespeel deur Maryan Johnston, raak vasgevang in ʼn dwelmhel waaruit haar verloofde, Franz Marx as Niek Coetzee, haar nie kan red nie. Hulle boek in die Mellville Hotel in sodat sy kan uitvars, maar dinge loop skeef. Sy sterf aan ʼn oordosis dwelms en haar verloofde pleeg uit smart selfmoord. Nou stel die gierige professor Ullman sy visier op die onskuldige Nelia.

In hierdie toneel gaan studente op ʼn dwelmreis soos weerspieël deur die musiek. Terloops, klassieke musiek is deur Sam Sklair verwerk om sofistikasie aan die rolprent te gee en wat probeer om die tragedie te onderstreep. Hierdie dwelmreis kompleet met kameratrieks en verwronge klank, was ʼn eerste in ʼn Afrikaanse rolprent. Sake beweeg na ʼn dramatiese klimaks. Die stoere en edel Tien is verlief op wankelrige Nelia en hy sien hoe die professor haar na ʼn dwelmhel wil lei. Die boodskap word hardhandig op kykers afgedwing in ʼn prekerige styl, en ek onthou dat ons op skoolindirek opdrag gegee is om na SIEN JOU MôRE te gaan kyk. Tien (Chris du Toit) moet Prof. Ullman keer voordat hy Nelie in die afgrond neem. Tien besoek Ullman buite sy huis en ʼn konfrontasie vind plaas waarin Tien moord pleeg....

En dis presies wat Tien doen. Die uiteinde van die saak is dat hy homself aan die polisie oorgee en in die tronk beland –die bekende skrywer Kas van den Bergh speel die regter, vir die moord op prof. Ullman. Maar al was die prys hoog, het Tien vir Nelia en talle ander studente uit die kloue van die bose kommunis en dwelm kartel gered.

Jannie TOTSIENS verwar en skok Afrikaanse rolprentgangers in 1970, terwyl verspotte slapstick sekskomedies soos Banana Beach bikini’s dubbelsinnighede kwytraak en die streng sensuurwette toets. Nog ʼn bekende Afrikaanse roman, HULDA VERSTEEG MD word as film verwerk, en DIE DRIE VAN DER MERWES laat mense in 1970 vergeet van hul sorge. Maar ʼn paar maande tevore maak RICHARD DANEEL ʼn rolprent oor ʼn lomp speurder, Boetie Flenters, wat alles verkeerd doen maar die skelms op hul herrie gee . Daneel is nie so bekend soos sy tydgenote nie, maar sorg vir OUPA FOR SALE in 1968 en VROLIKE VRYDAG in 1969 en toe STADIG OOR DIE KLIPPE.

Boetie Flenters, nogal besadigd gespeel deur Al Debbo, werk vir Wessels Privaat Speurders. Hulle probeer diamantsmokkelaars vastrek. Boetie is lomp en kom nie baie goed oor die weg met sy baas, Monica Terblanche, nie en hy verloor sy werk. Nou moet hy ʼn boef, genaamd Hans, arresteer, maar val meer oor sy eie voete as wat hy leidrade bymekaarmaak. Joe en Petro Stewardson het die draaiboek vir Stadig oor die Klippe geskryf wat eintlik lyk na ʼn rolprent op soek na ʼn styl. Dit was ook nie ʼn groot loketsukses nie ten spyte van Al Debbo se teenwoordigheid.

STADIG OOR DIE KLIPPE se dialoog was maar stram die regie verbeeldingloos. Dit het eintlik soos ʼn TV-drama gelyk. Natuurlik was daar ʼn fopdos-toneel met ʼn oordrewe kamp haarkapper omdat die mense nie soveel as wat verwag is in die fliek gelag het nie, asook middernagtelike jaagtogte en ander verskonings om Al Debbo op die verhoog saam met Nico Carstens en sy orkes te kry.

Mense het voorlopig genoeg gehad van lawwe komedies wat dieselfde resep herhaal het. Dirk de Villiers waag in 1972 om ʼn riller te maak, genaamd MY BROER SE BRIL. Cobus Rossouw vertolk die rol van ʼn geheimsinnige tweeling. Die een broer met die strak mond, Adriaan van der Bijl, weier om na sy pa se begrafnis te gaan en kyk toe hoe sy stiefma (Marie du Toit) en ʼn rare, eksentrieke vriend Freddie, ʼn soort huiskneg, gespeel Pieter Fourie, die kasteelagtige woning op Noetzie verlaat. Alles is Goties groot en donker met ʼn imposante trap en ʼn formidabele sitkamer. Wanneer die begrafnisgangers vertrek, konfronteer Adriaan se bose broer PAUL hom met geraamtes uit die van der Bijls se bloedige kas vol geheime.....

Dirk de Villiers gebruik hier krenkskote, donker, atmosferiese beligting, swaar imposante meubels en onderspeelde vertolkings, veral van Cobus Rossouw in ʼn dubbele rol. Die veronregte en blinde Adriaan hoor ʼn beweging langs hom. Hy skrik. Hy swaai om. “Wie’s daar?” vra hy kortaf. En daar staan sy tweelingbroer, die bose Paul met ʼn siniese glimlag om sy mondhoeke. ʼn Toneel soos hierdie kan net met ʼn rewolwerskoot eindig. Maar wie word geskiet?

Een van die twee broers is dood, maar wie? Ons sien ʼn blinde Paul wat sê dat die bose Adriaan hom wou aanval en dat hy hom uit die weg moes ruim. Maar in werklikheid het die siende Paul die blinde ADRIAAN van die gras af gemaak. Hy hom voor as Adriaan om die erfporsie te kry, want, dink hy, sy pa sal alles aan arme Paul nalaat. En toe... die wrede waarheid. Marie du Toit as Adriaan se stiefma erken dat sy net met sy pa getrou het vir sy geld en sy erf skaars ʼn haakspeld. En dan verrassende ontknoping. Die vrotsige Paul het die goeie ou, die blinde Adriaan doodgeskiet sodat hy, Paul, al die geld kon erf, maar in ʼn brutale kinkel erf die kamtige dooie Paul R3-mil, maar Paul doen hom mos nou voor as Adriaan en hy kan dit nie erken nie, dan word hy van moord aangekla. Dus word Adriaan met niks gelaat nie. Wal wat hy dus vir al sy verraderlike moeite gekry het, was sy broer se bril.

Die jare 70 was dan ook die era van verfilmde radioverhale. DIE GEHEIM VAN NANTES in die 60-erjare, DIE BANNELING en vele Beyers Boshoff-stories word verfilm. Maar een van die gewildstes was DIE WILDTEMMER in 1972, gegrond op ʼn klassieke radioverhaal deur Willie van Rensburg wat ons as skoolkinders gehipnotiseer het. Vir ʼn verandering het die rolprent die volledige verhaal ekonomies vertel van ʼn bokser, Kobus le Grange (Groot Ben Dekker) wat op die plaas Klipkraal aankom en hom die gramskap van die kwaai plaasboer se mooi dogter, RIKA, gespeel deur Anina Conradie, op die hals haal. Kobus met die ystervuiste maar die hart van goud verduidelik aan sy geliefde ou handlanger, Tientong, wat hy in die bosveld maak.

Die twee mooi susters op die buurplaas het albei ʼn ogie op die aantreklike, manlike Kobus, maar hy wil net alleen gelaat word. Rika, Anina Conradie, se blonde sussie, gespeel deur Annette Barnard, konfronteer die onbeskofte buffel en sy helper, Tientong, ʼn swartgesmeerde Pieter Hauptfleisch wat die rol ook op radio gespeel het. Ben Dekker praat met Johann de Kock se stem. Die vurige bosveldnooi, Annette Barnard, bestorm Kobus. Luister na die dialoog wat baie tipies van die Springbokverhale van die sestigs was.

Elmo de Witt doen die regie, en omdat Willie van Rensburg self die draaiboek geskryf het, is dit meer getrou aan sy klassieke radioverhaal wat as leerskool gedien het vir vele opkomende radio en TV-skrywers wat na hom gevolg het. Die sukses van die verhaal en die rolprent het gelê in die vuurwarm, viriele en befoeterde karakters, die woeste bosveld-agtergrond, verbode liefde en die mooi meisies wat die rowwe boer, wat wild vang vir ʼn lewe, wou inpalm. Hier vra die robuuste Kobus vir Rika se verwaande kêrel om verskoning omdat hy so onbeskof was, maar die paloeka bly verwaand. Rika dink Kobus is ʼn papperd.

Die Wildtemmer gooi ʼn wilde draai op Randall’s Ranch nadat Rika van ʼn perd afval en tydelike verlam raak. Sy sal ook nooit kinders kan hê nie. Kobus ontmoet die vurige rooikop Jenny, gespeel deur Diane Newman wat met June Seymour se stem praat wat Jenny op radio gespeel het. Hulle raak verlief en trou. Net na die baba se geboorte word Jenny deur ʼn leeu opgevreet. Tientong hou homself verantwoordelik vir die ongeluk. Kobus en die baba gaan terug na Rika en die plase word verenig.

Die vroeë sewentigs was ʼn hutspot van allerhande giere en kulture. Daar was stroperige melodramas oor die liefde tussen ʼn seun en sy hond, LIEFDE VIR LELIK, die emosiebelaaide VLUG VAN DIE SEEMEEU asook Emil Nofal se treffer THE WINNERS en ʼn klugtige herskepping van die Springbokradio-klugreeks NEXT STOP MAKOUVLEI. 1973 sien SIENER IN DIE SUBURBS met die oorspronklike verhoogrolverdeling onder Francois Swart, maar ongelukkig is die regie strak en staties – dit is baie duidelik op ʼn stel verfilm in plaas van in ʼn regte agterplaas in ʼn agterbuurt, en die spel, goed soos dit was, is steeds vir die verhoog geregisseer en nie vir film nie. ʼn Gulde geleentheid om een van die beste damas nog in Afrikaans nuwe gestalte te laat kry, gaan verlore.

DIE WIT SLUIER laat ʼn radioverhaal herleef met Marie du Toit as die kwaai suster de Leeuw en Cobus Rossouw as Charl, haar groot liefde. In dieselfde dae is daar ʼn klugtige komedie oor DIE SPOOK VAN DONKERGAT, voordat die blatante weermag-propaganda era aanbreek met AANSLAG OP KARIBA en SES SOLDATE.

Pasella

Nog 'n eBoek propvol lekker respte om gratis af te laai, regs klik net hier en laat waai!

Rugby inligting - Currie beker

Loot Eksteen stel in-diepte verslae saam oor die Currie beker, alles wat jy daarvan wil weet.

Klik hier om vir Loot 'n epos te stuur, dalk kan hy die dokumente vir jou op 'n weeklikse basis stuur

Lekker lugkastele bou

 Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis kaartjie.

Uit 'n dagboek - Emily steel my laptop
 

 


My naam is Emily*. My ma dink ek is net die moiste hond op 4 pote. Maar die katte in die hys dink ek is 'n terrooris. Ek loop skool maar daar is so baie mixed breeds, ek leer eerder vloek en sleg spel daar want hulle skryf pousis met pie teen die mure. Die mannetjies honde. Dan kyk ons wyfies wie die hoogste en langste woord kan pie.
Ek het tog laas Vrydag aand 'n groot stuk biltong gevreet en toe drink ek te veel water toe pie ek 4uur ini oggend op my ma se bed sy het eers gedink dis net biki opi mitras maar toe sien sy dis deuri kombers EN die vereduvet sy het toe gese as sy kon het sy my doodgeslaan toe het ek maar die hele Saterdag gemaak of ek siek is sy was bekommerd.
Ek kom mos van 'n plaas af van hosnok huis. Die DBV het my en my ma afgevat ek weetie of ek alleenkind was nie, dis te lank trug. Toe kom haal my ma my daar weg van my dierema. Ek is Fox en Jacx en miskien biki windhond ook. Maar almal dink ek is mooi. Die hele buurt ken al my naam ek haat die kinders onderin die straat hulle jaag my en maak my bang dit friek my so uit ek het gisteraand sommer my ma natgepie toe sy my red van hulle klein vet handjies. Vir wat is party kinders so treerig?
Ek het al vir tannie BB ontmoet toe wat ek nog baie klyn ek het ook op die stoep gepie. Ma stuur soms vir haar kiekies van hoe ek nou lyk maar ek het nie baie verander nie ek is steeds oulik maar stout.
Skoorlief woon nou vir lank nie by ons nie. Dis lekker want dan het ek die bed vir myself en ek kan uitstrek. Ma se ek moet ophou die katte van die bed afjaag want hulle was eerste daar en ek moet respekte he, maar die katte se hollies ruik sommer suur en ek wil slaap en nie gepla word deur reuke nie.
Ek moet aanmekaar hoor ek het nie ore nie. Ma kyk darem sleg, ek het ore. En o ja, ek jaag graag hadedas op die parkie. Ma se ek moet ene vang. Ja die wit kat wat my al bloednees geklap het het die ander dag 'n mol gevang toe gee ma haar 'n hele pakkie Whiskas dis unfair. 'n Mol is darim baie klyner as 'n hadeda maar eendag gaan ek nog een vang.
My beste maatjie is Alex hy het ook by die DVB gewoon vir lank die hosnoks het hom in sy kop gesteek met 'n mes hy spring baie hoog so hoog soos ma se kop amper ek kyk verstom.
Ma neem altyd kiekies van my sy stuur dit die wereld vol om met my te spog dis lekker.
Vanaand gaan ons sushi restaurant toe ek gan al daar van ek klyn is dan slaap ek net op ma se skoot en pla nie want anirs moet ek by die hys bly en disi lekkir nie want die wit kat donir my op.
Ek sal weer kom skryf. Dis lekker want ek het geleer tik in die tikklas. Ek wil nou eers pillekies vreet en gan slaap biki.
*Emily is 'n skuilnaam anirs google Alex my en spot my by die skool

Uit: http://skoor.wordpress.com/

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
Pieter Zwart

Pieter het op baie vroeë ouderdom met die musiek deurmekaar geraak en wel met die melodika want dit was al wat op daardie stadium beskikbaar was! Pieter speel al 40 klawers van die konsertina en is beloon as beste konsertinaspeler in die TV reeks van 1990. Pieter was tot onlangs Voorsitter van die Noordwestak en 'n bekende gesig by Boeremusiek-byeenkomste.

 

 

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in Stellenbosch.  Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer.  Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis die hele land vol.  Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.   Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com.

Hanteringstrategieë vir almal

Probeer hierdie tuis en by die werk (nie slegs vir AAS/AAHS)

Vra jou baas of onderwyser om instruksies te herhaal eerder as om te raai wat dit was. Soos die spreekwoord lui: “Lyk liewers soos ‘n aap omdat jy vra as wat jy verewig bewys jy is een omdat jy nie die antwoord ken nie.” Skryf die opdrag neer sodat jy later ook weer daarna kan kyk.

Breek groot take in kleiner onderafdelings om dit te vereenvoudig en haalbaar te laat lyk. Stel ‘n spertyd vir die afhandeling van elke takie en beloon jouself met elke een wat jy voltooi.

Neem 10 minute elke oggend om ‘n lys te maak van alles wat jy aan moet aandag gee-dit spaar weer op 2 uur van chaos later! Nommer dan take in volgorde van dringendheid of belangrikheid. Merk elkeen af wat jy voltooi. Die bebruik van ‘n maandkalender en ‘n dagbeplanner is noodsaaklik vir jou eie gemoedsrus.

Maak seker dat take haalbaar is-indien nodig vereenvoudig of veklein ‘n taak. ‘n Doelwit wat jy afhandel dien dan weer as motivering om die volgende een aan te pak!

Probeer fokus op een taak op ‘n keer. Neem kort pouses. En beloon jouself soos jy vorder. Byvoorbeeld: “Wanneer ek die volgende 7 bladsye ken, gaan ek ‘n kort breek neem en ‘n koekie eet.”
Sommige AAS/AAHS lyers fokus beter as daar wit geraas of agtergrond musiek speel. Verseker net dat musiek nie woorde by het wanneer hulle inhoudsvakke studeer nie, aangesien dit die vaslegging van die leerstof in die brein direk sal teëwerk.

Kies ‘n dagbeplanner met onderafdelings waar jy verskillende soorte inligting onder verskillende seksies kan neerskryf, bv. take, afsprake, telefoon nommer elkeen onder sy eie afdeling. Sorg dat jy altyd jou dagbeplanner byderhand het.

Plak herinneringsplakkertjies om jou te help onthou van belangrike take of pligte. Plak ‘n nota teen jou badkamer spieël, yskas, skoolsluitkas of jou motor se stuurwiel - waar ook al jy dit die makllikste sal raaksien

Bêre soortgelyke goed bymekaar. Sê vir jouself en jou gesin: “Elke ding het sy plek” en plak ‘n etiket op laaie en leêrs vir maklike herkenning. Bv hou al die PS3 speletjie op een plek, DVD’s en CD’s op ‘n ander. Sorteer pos, e-pos en dokumente onmiddelik in WEGGOOI, REAGEER OF LIASSEER laaie. Organiseer!

Skep ‘n roetine deur gereed te maak vir werk of skool op dieselfde tyd en manier elke dag. Kry tasse en kosblikke die vorige aand gereed. Oefen, eet gesond en slaap genoeg. Oorweeg medikasie.

Om AAS/AAHS suksesvol te bestuur verg konsekwente en daaglikse inoefening, omdat dit tyd neem om negatiewe gewoontes af te leer en positiewes aan te leer. Wees geduldig maar hou uit en hou aan.

Wense van voorspoed van my na jou. Tot volgende keer.

Gedig

Die Ou Voortrekker

AG Visser

My kinders om my bed geskaar
Ek voel die lange tog is klaar,
Die laaste uitspan daar, ---
Dank Heer, dat U aan gindse kus
Die moeë trekker gun sy rus,
Na opdraans lank en swaar.

Die ou familiebybel daar
Moet julle meer as goud bewaar;
Hy was deur al die swaar
My raad en troos in tyd van nood,
Nou in die ure van die dood
My vaste steunpilaar.

Daar aan die muur hang my geweer;
Bewaar hom goed. Hoe menig’ keer
By dreigende gevaar
Was net sy snelle, wisse lood
Ons een’ge redding van die dood
Deur roofdier of barbaar!

Majoebaberg die ken sy knal;
Die grootwild het voor hom geval,
En leeus die stof gebyt!
Mag daar nooit iemand met my van,
Wat nie kan skiet --- geen weerbaar’ man, ---
Die lewe hulploos slyt.

Besonders wil en julle vra:
Hou vir gedagt’nis my ou wa;
Wat het hy nie deurstaan?
Hy was ons huis as onweer dreig,
Ons vesting sterk in felle kryg
Met Silkats en Dingaan!

Hy kan getuig van moedermin:
Die Lewe het in hom begin;
Die kille Dood ken hy.
Wat ‘n verhaal kon hy ontvou
Van mannemoed en vrouetrou
En eerste liefde bly!

Gee aan ou Poon, my laaste perd,
Genadebrood. Hy is dit werd.
Vir hom is daar geen geld!
Hoe dikwels het ons twee gedeel
My laaste bietjie mieliemeel
Daar buite op die veld!

My kinders bly die grond behou;
Onthou julle afkoms; wees getrou!
Laat vreemde sedes staan!
Al bars die swaarste onweerswolk
Oor ons, tog bly ons nog ‘n volk
En sal ons voortbestaan.

Daar’s nog ‘n ou Transvaalse vlag ---
Bewaar . . wie weet . . miskien . . een dag ---
Ek sal daar nie meer wees ---,
Maar mag ons eie vlag weer waai,
Vat my geweer en skiet en laai ---
En . . . Heer, ontvang my gees
!

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf . Sport fotos onlangs bygelas

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Glimlag

'n Blinde ou stap per ongeluk by 'n lesbian bar in. Hy gaan sit op 'n barstoel en bestel 'n drankie .
Terwyl hy daar sit, skreeu hy vir die bartender: "Hey, wil jy 'n dom blond joke hoor?"
Tjoepstil....
In 'n diep stem fluister die girl langs hom in sy oor:
"Voor jy daai joke vertel moet ek jou vyf dinge sê pel:
*Die bartender is 'n blonde vrou
*Die bouncer is 'n blonde vrou
*Die girl langs my is 'n body builder. Sy's blond.
*Op regterhand het jy jou senior tipe blonde gewigopteller.
*Plus ek's 'n sesvoet, 120kg blonde chick met 'n doktorsgraad,
'n swartbelt en 'n bad attitude.
So dink nou mooi pel. Wil jy nog steeds daai grappie vertel?"
Die blinde ou dink so oomblik en skud dan stadig sy kop.
"Nee wat," sê hy. "Nie as ek dit vyf keer moet verduidelik nie."

Op een dag vraagt een meisje aan haar mama:
"Mama, vanwaar komen de allereerste ouders?"
"Wel," antwoordt haar mama, "God heeft de eerste mensen, Adam en Eva, op de wereld gezet.
Adam en Eva hebben dan kinderen gekregen die op hun beurt ouders geworden zijn enzovoort, enzovoort.
Het is zo dat de humane familie is ontstaan."
Twee dagen later stelt het meisje dezelfde vraag aan haar vader.
Deze antwoordt: "Kijk, miljoenen jaren geleden evolueerden de apen langzaam tot wat de mensen vandaag zijn."
Het meisje staat perplex en loopt snel naar haar mama:
"Mama, waarom zeg jij me dat de eerste mensen door God op de wereld werden gezet, terwijl papa zegt dat mensen eigenlijk van de apen afstammen?"
Haar moeder antwoordt met een glimlach:
"Dat is heel simpel liefje. Ik heb je verteld over mijn familie en papa over de zijne !"

"Hallo baas Rod. Dis Philemon, die gardenboy op jou landgoed. Ek probeer jou al dae lank innie hande kry."
"Hallo Philemon. Wat kan ek vir jou doen? Is daar probleme?"
"Um. Ek bel net om te vertel die baas se papagaai is dood."
"My papagaai? Dood? Die een wat die nasionale kompetisie gewen het?"
"Yebo. Dis hy daai."
"Deksels, dis nou jammer. Ek het 'n klein fortuin op daardie voel spandeer. Waaraan is hy dood?"
"Hy het vrot vleis ge-eet baas Rod."
"Vrot vleis? Wi'et hom vrot vleis gegee?"
"Niemand nie baas Rod. Hy het die vleis van die dooie perd ge-eet."
"Dooie perd? Watter dooie perd?"
"Die thoroughbred baas Rod."
"My pryswenner perd is dood?"
"Yebo. Hy's dood van al die harde werk om die waterkar te trek."
"Is jy nou gerrook? Watter waterkar?"
"Die een wat ons gebruik het om die vuur dood te maak, baas Rod."
"Goeie genugtig, van watse vuur praat jy?"
"Die een in jou huis baas Rod. Die kers, hy het geval en die gordyne aan die brand gesteek."
"Wat 'n ongeluk...Wil jy nou se die huis het afgebrand deur 'n kers wat omgevoeter het?"
"Yebo."
"Maar daar's mos elektrisiteit by die huis. Waarvoor het die kers gebrand?"
"Vir die begrafnis baas Rod."
"WATTER DONNERSE BEGRAFNIS?"
"Van jou vrou baas Rod. Sy het een aand hier aangekom en vir niemand vertel sy kom nie. Ekket gedog dis 'n rower, toe slaan ek haar dood met die baas se nuwe vistok."

STILTE.....


LANGER STILTE.....

EINDELIK...

"Philemon, as jy my visstok gebreek het, is jy baie diep in die k@k!!"

Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
st se pitkos 

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Die dekbrief
Wanneer jy aansoek doen om 'n betrekking moet 'n dekbrief jou aansoek vergesel.

'n Dekbrief kan jou aansoek laat uitstaan tussen die hordes ander CV's wat op die werkgewer of op die personeelagentskap se lessenaar beland.

Die doel van die dekbrief is om jou persoonlik, sowel as jou CV, bekend te stel aan die voornemende werkgewer. Dit is gewoonlik die eerste geleentheid om 'n goeie indruk te maak. Moenie jou CV instuur sonder 'n dekbrief nie.

Wat is die doel van 'n dekbrief? Kom ek verduidelik dit so: 'n CV is die dokument wat jou tegniese inligting bevat. Wanneer jy 'n televisiestel wil koop, sal die handleiding al die tegniese besonderhede en funksies van die stel omskryf en verduidelik - dit is die CV van die televisiestel. Indien jy dus wil weet presies hoe werk die televisiestel kan jy die handleiding of die "CV" bestudeer. Die verkoopsman is egter die een wat met jou gesels oor die televisiestel en die voordele inkleur wat dit vir jou inhou. Die verkoopsman bemark die televisiestel aan jou - dit is die dekbrief van die verkooptransaksie. Jou dekbrief is dus as't ware jou direkte bemarkingsinstrument van jou aansoek.

Daarom is die nodig om hierdie "verkoopsman", naamlik die dekbrief, met oordenking en sorg op te stel vir elke aansoek om 'n betrekking. Doen moeite met die die professionele uitleg, die taalgebruik en die korrekte inligting.

Die volgende paar wenke en riglyne sal jou help met die opstel van 'n dekbrief:

· Dit is belangrik om sleutelbegrippe in jou dekbrief te noem. Die werkgewer / besluitnemer sal ongeveer dertig sekondes neem om deur jou brief te glans. In hierdie kort tydjie soek hy na jou unieke vaardighede en ervaring wat tot voordeel van die firma sal wees.

· Jy moet kort en kragtig, met impak, 'n persoonlike boodskap aan die werkgewer oordra. Hierdie boodskap sal iets sê van jou professionaliteit, motivering, bekwaamheid, jou positiewe uitkyk op die lewe of wat jy ookal dink belangrik vir die werkgewer / besluitnemer sal wees. Kyk in die advertensie, waarop jy aansoek doen vir die pos, vir leidrade wat vir die werkgewer belangrik is.

· Die reël is om gewone wit A4 standaardpapier te gebruik vir jou dekbrief. Moenie kleurvolle "funky" papier gebruik nie.

· Sorg dat jou taalgebruik en spelling korrek is en dat die brief gemaklik lees.

· Volg 'n professionele uitleg wat jou naam, adres en kontakinformaksie bo-aan die brief weergee. Laat 'n reël oop en tik die adresbesonderhede van die werkgewer in.

· Poog om uit te vind wie die brief gaan lees (indien dit moontlik is) en rig die brief persoonlik aan persoon wat die aansoeke hanteer.

· Die eerste paragraaf behoort duidelik en bondig te sê vir watter posisie jy aansoek doen en waar jy die advertensie gesien het. Volg dit op met 'n enkele sin waarin jy kernagtig, maar tog met impak, sê waarom jou aansoek relevant tot hierdie betrekking is.

· Die inhoud van jou brief moet jou vaardighede, jou kennis en funksionele ervaring met betrekking tot die spesifieke pos uitlig. Moenie vaag wees nie, maar gebruik werklike voorbeelde en kwantitatiewe resultate om jou prestasies en suksesse te illustreer.

· Sluit 'n kort paragraaf in wat jou passie vir die lewe en vir jou werk uitbeeld. In hierdie paragraaf moet jy vertel hoe jy jou werk geniet en hoedat jy uitsien na die geleentheid om by die nuwe firma betrokke te raak. Sonder om te subjektief te raak kan jy noem hoe jou karaktereienskappe goed sal inskakel by die firma.

· Dit is nodig om af te sluit met jou siening en belewing van die firma. Betuig jou belangstelling om deel te word van hulle span. Dit gee aan die werkgewer die versekering dat jy die firma verstaan en dat jy met jou kennis en ervaring goed sal inskakel.

· 'n CV gee jou besonderhede weer op 'n objektiewe en feitlike manier. In die dekbrief kan jy egter jou dinamika en vaardighede op 'n interessante en lewendige manier aan die besluitnemer by die firma oordra. Uit die aard van die saak sal van die inligting ooreenstem op jou CV, maar die manier hoe jy dit stel in die dekbrief kan die besluitnemer oorreed om jou te nooi vir 'n onderhoud.

· Moenie negatiewe dinge noem in jou dekbrief nie.

· Sluit jou brief af met die gedagte dat jy graag wil inkom vir 'n onderhoud en nooi die besluitnemer uit om jou te skakel in hierdie verband.

· Die dekbrief moet nie 'n lang uitgerekte brief wees nie. Dit moenie oorlaai word met te veel detail nie. Die geheelindruk wat die besluitnemer kry, gee gewoonlik die deurslag. Dit moet 'n bondige, professionele brief wees wat die nodige inligting weergee, jou ervaring en kennis ten toon stel, jou passie uitbeeld en dit vir die besluitnemer onweerstaanbaar maak om jou nie te skakel vir 'n onderhoud nie.

In vergelyking met die sorg en tyd wat bestee word om 'n CV op te stel, kry die skryf van 'n dekbrief dikwels nie die nodige aandag nie. Die dekbrief is die geleentheid wat jy as aansoeker kry om direk met die besluitnemer in die firma te gesels, jouself voor te stel en 'n argument aan te voer waarom jy 'n geskikte kandidaat vir die geadverteerde pos is. Doen dus moeite om 'n stylvolle dekbrief saam te stel wat 'n goeie eerste indruk skep, jou laat uitstaan tussen die ander aansoekers en vertel waarom jy die beste keuse vir die betrekking is.

'n Sprankie wysheid vir die dag
"Nothing succeeds like the appearance of success." - Christopher Lasch -


Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 

 
Resepte

BLITSVINNIGE VRUGTEKOEK

2 pakkies Marie beskuitjies (grof gebreek)
2 eiers
1 koppie (250ml) sagte bruin suiker
1 koppie (250ml) botter of margarien (verkieslik botter)
3 koppies (750ml) gedroogde vrugtemengsel (fruit mix)
75g glanskersies
2 sopies brandewyn of sjerrie
Smelt botter en suiker, moenie kook nie. Voeg vrugte by en kook vir 3 minute. Voeg geklitste eiers by. Roer vinnig na elke byvoegsel en kook vir nog 2 minute. Voeg Marie beskuitjies, kersies, brandewyn of sjerrie by en roer goed. Roer goed tot alles goed gemeng is. Plaas in gesmeerde broodpannetjie wat uitgevoer is met waspapier wat ook gesmeer is. Druk mengsel stewig vas en laat afkoel.Keer uit en strooi met versiersuiker voor bediening.

SPESIALE KERSKOEK
240 g Brasiliaanse neute (375 ml)
100 g pekannneute (250 ml)
75 g amandels (125 ml)
225 g dadels (grof gekap, 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glansvrugte (grof gekap, 125 ml)
120 g rooi en groen glanskersies 9200 ML)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout
3 ml bakpoeier
105 g strooisuiker (125 ml)
3 eiers
12.5 ml brandewyn
Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif droë bestanddele daaroor. Voeg suiker by en meng goed. Voeg eiers en brandewyn by en meng weer goed. Skep mengsel in ’n gesmeerde eenbroodpan en bak in voorverhitte oond van 150ºC oneveer 2 uur 30 minute tot goudbruin en gaar.

LIGTE VRUGTEKOEK
250 g botter (270 ml)
250 g strooisuiker (300 ml)
2 ml vanieljegeursel
knypie sout
12.5 ml rum
6 eiers
350 g koekmeelblom (730 ml)
5 ml bakpoeier
400 g sultanas (665 ml)
50 g gemaalde amandels (85 ml)
100 g versuikerde lemoenskil
100 g gepelde amandels (gehalveer, 65 ml)
Voer ‘n 230 mm ronde koekpan met vetpapier uit. Verhit oond tot 150ºC. Klits strooisuiker, botter, vanieljegeursel, sout en rum tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Indien mengsel skif, voeg 12.5 ml meelblom by. Sif meelblom en bakpoeier en meng. Voeg sultanas, gemaalde amandels en gekapte skil by. Vou meelblommengsel liggies in romerige mengsel in. Giet in voorbereide koekpan, rangskik amandels bo op en bak in voorverhitte oond vir 4 uur 30 minute. Toets met ’n vleispen of koek
gaar is. Laat koek vir 15 minute in pan afkoel en keer dan uit.

BRANDEWYNKERSKOEK
225 g koekmeelblom (465 ml)
knypie sout
3 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde neut
450 g sultanas (750 ml)
350 g rosyntjies (580 ml)
225 g glanskersies (375 ml)
100 g gepelde amandels (gesnipper, 165 ml)
60 g versuikerde skil
gerasperde skil van ’n halwe suurlemoen of lemoen
180 g botter (195 ml)
180 g donkerbruin suiker (225 ml)
4 eiers, geklits
25 ml brandewyn of sjerrie
50 ml brandewyn
Sif koekmeelblom, sout en speserye goed saam en plaas eenkant. Plaas sultanas, rosyntjies, glanskersies, amandels, versuikerde en gerasperde skil in mengbak en meng liggies. Plaas eenkant. Klop botter tot romerig, voeg suiker by en klop tot lig en goed gemeng. Voeg geklitste eiers bietjiesgewys by en klop goed na elke
byvoeging. Voeg gesifte koekmeelblommengsel geleidelik by en meng. Voeg vrugtemengsel en brandewyn by en meng. Skep mengsel in voorbereide koekpan en bak in voorverhitte oond van 160ºC vir 2 uur. Verlaag temperatuur tot 150ºC en bak nog 1¼ uur. Haar uit oond, giet brandewyn oor en laat effens afkoel in pan voor dit uitgekeer word

LIGTE KERSKOEK
200 g koekmeelblom (420 ml)
2 ml sout
5 ml gemengde speserye
200 g botter (215 ml)
200 g strooisuiker (240 ml)
6 eiers
50 ml brandewyn of sjerrie
100 g glanskersies (165 ml gekap)
50 g gemmerkonfyt (gekap)
50 g okkerneute (125 ml)
200 g korente (330 ml)
200 g sultanas (330 ml)
150 g'pitlose rosyntjies (250 ml)
75 g gemengde, gesnipperde skil (125 ml)
Sif meelblom, sout en speserye. Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg brandewyn of sjerrie by en klits goed. Voeg gekapte vrugte, neute, skil en gesifte meelblom by. Giet mengsel in gevoerde koekpan en bak in 'n voorverhitte oond van 160 grade C vir 45
minute. Verlaag hitte tot 150 grade C en bak 1 uur. Verlaag hitte verder tot 140 grade C en bak nog 1 uur tot gaar. Laat in pan afkoel.

SJERRIEKERSKOEK
100 g okkerneute (250 ml)
240 g Brasiliaanse neute (375 ml)
75 g amandels (125 ml) '
225 g pitlose pruimedante (grof gekap, 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glanspynappel (125 ml)
120 g glanskersies (200 ml)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout
3 ml bakpoeier
100 g bruin suiker (125 ml)
3 eiers
12,5 ml sjerrie
Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif droë bestanddele daaroor. Voeg suiker by en klits goed. Voeg eiers en sjerrie by en meng goed. Skep mengsel in 'n gevoerde eenbroodpan. Bak in 'n voorverhitte oond van 150 grade C vir 2 uur 30 minute tot gaar. Laat koek in pan afkoel en keer dan uit.

OUMA SE VRUGTEKOEK
75 g ontpitte pruimedante (125 ml)
75 g droëvye (125 ml)
175 g droëpere
50 g rosyntjies (85 ml)
50 g korente (85 ml)
50 g gekapte, gemengde ski!
300 ml warm, swart tee
50 g suiker (60 ml)
3 ml gemaalde kaneel
knypie elk wonderpeper, sout en gemmer
25 ml rum
25 ml suurlemoensap
200 g koekmeelblom (415 ml)
50 g haselneute (fyn gekap)
50 g okkemeute (fyn gekap)
Suurseldeeg
25 ml melk
50 ml water
5 ml olie
5 ml droë gis
25 ml warm water
5 ml strooisuiker
10 ml sout
50 g koekmeelblom (100 ml)
50 g broodmeel (100 ml)
Versiering
25 g gepelde amandels (gehalveer)
glanskersies
engelwortel
Maak eers suurseldeeg. Meng melk,50 ml water en olie in 'n kastrol en verhit tot kookpunt. Laat afkoel. Meng gis met 25 ml warm water en voeg suiker by. Laat staan vir 5 minute. Voeg by melkmengsel en roer sout by. Voeg hierdie mengsel by brood-enkoekmeelblommengsel en klits goed.
Bedek en laat staan vir 12-18 uur.
Kap pruimedante, pere en vye. Plaas in 'n mengbak saam met rosyntjies, korente en gemengde skil en giet tee oor. Bedek en laat oornag staan.
Voeg suiker, speserye, sout, rum en suurlemoensap by vrugte. Klits alle bestanddele goed saam, bedek en laat staan vir nog 30 minute. Voeg vrugtemengsel by suurseldeeg saam met gesifte meelblom en neute. Meng alles goed saam en plaas in 'n gesmeerde koekpan (200 mm). Versier met amandels, kersies en engelwortel. Bak in 'n
voorverhitte oond van 180 grade C vir 1 uur 10 minute.

RYK, GEKOOKTE VRUGTEKOEK
1.2 kg gemengde droëvrugte
25 ml gouestroop
40 ml brandewyn, sjerrie of rum
187 ml water
250 g botter (270 ml)
265 g bruinsuiker (330 ml)
5 eiers
300 g koekmeelblom (625 ml)
70 g bruismeel (125 ml)
2 ml sout
10 ml gemengde speserye
2 ml gemaalde kaneel
2 ml gemaalde neut
Plaas gemengde vrugte, gouestroop, rum, sjerrie of brandewyn en water in ’n kastrol. Verhit tot kookpunt. Giet in ’n bak en laat oornag staan.
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif droë bestanddele saam en sif dan oor kokende vrugtemengsel. Meng goed. Roer bottermengsel by. Skep in gevoerde 230-mm ronde koekpan en bak in voorverhitte oond van 150ºC vir 3 uur 45 minute.

KITS VRUGTEKOEK
150 g botter
1 bottel droëvrugtevulsel
150 g sagte bruin suiker (187.5 ml)
250 g bruismeel (450 ml)
2 groot eiers
Smelt botter in kastrol en roer die res van die bestanddele daarby. Meng goed. Skep in gesmeerde, gevoerde koekpan en bak in oond van 160ºC vir 1 tot 1¼ uur of tot gaar.. Haar uit oond, laat effens afkoel en keer uit. Laat goed koud word en bewaar in lugdigte houer tot benodig

AMARULA SJOKOLADEKOEK
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade
Stel oond op 180 grade Celsius.
Beslag:
Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik. Sif res van droë bestanddele by en meng goed. Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen skoon uitkom.

Stroop:
. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by. Roer goed. . Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
Versier:
Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor. Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak). Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly. WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies.

KERSBROOD
400 g droëpere
300 g pruimedante (500 ml)
400 g droëvye (665 ml)
150 g okkerneute (375 ml)
100 g rosyntjies (165 ml)
125 g sultanas (210 ml)
75 g gemengde, gesnipperde skil (125 ml)
200 g strooisuiker (240 ml)
15 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde naeltjies
5 ml wonderpeper
3 ml sout
25 ml rum
1 kg koekmeelblom
40 g geperste suurdeeg
Brooddeeg
900g broodmeel
150 ml warm melk
25 g geperste suurdeeg
10 ml strooisuiker
5 ml sout
25 g gesmelte botter
12,5 ml olie
Week pere en pruimedante in 900 ml water. Sit deksel op en kook tot sag. Dreineer en hou vloeistof. Ontpit pruimedante en kap pere, vye en okkerneute. Voeg rosyntjies, sultanas, gemengde skil, suiker, speserye,
sout en rum by en bedek.
Klits 300 ml van warm water en 50 g van broodmeel saam om meeldeeg te vorm. Bedek en laat staan vir 1 uur 30 minute.
Voeg dan warm melk by en klits goed. Meng suurdeeg, 150 ml warm water en suiker en laat staan vir 10 minute. Voeg by meeldeeg. Voeg sout, botter en olie by. Meng res van broodmeel by. Bedek en laat staan tot uitgerys.
Sit koekmeelblom in 'n groot bak en maak 'n holte in middel. Klits 40 g suurdeeg met 400 ml koue vrugtevloeistof en suiker en giet dit in meelholte. Strooi 'n bietjie meelblom oor en laat staan tot skuimerig.
Voeg vrugte-enneutemengsel by en klits tot 'n deeg gevorm word. Laat staan vir 15 minute. Verdeel vrugtedeeg in vier ovaal brode. Verdeel brooddeeg in vier en rol elke deel uit tot 'n groot ovaal gevorm is.
Plaas vrugtebrood op uitgerolde deeg. Bestryk vrugtebrood met water en draai in brooddeeg toe. Plaas op 'n gesmeerde bakplaat en verf met water. Laat staan vir 15 minute. Bak in voorverhitte oond van 190 grade C vir 1 uur en 20 minute.
. Hierdie gereg is nie geskik om lank te hou nie. Eet dit binne 'n week nadat dit gebak is

OUTYDSE KONFYTKOEKIES
5 K Meel
2 t koeksoda
2 k suiker
2 t kremetart
¾ k melk
2 eiers
125 g margarien
sout
910 g Appelkoos of Perske Konfyt
1. Klop botter en suiker tot room
2. Roer eiers in
3. Voeg melk wat in koeksoda opgelos is by
4. Voeg res van bestanddele by
5. Rol dun uit
6. Druk met wynglas sirkels uit
7. Meng die konfyt met 'n bietjie MAZIENA dit help dat die konfyt nie uitkook as dit gebak word)
8. Plaas konfyt op deeg. Sit nog 'n deegsirkel bo-op, druk vas met vingers in die rondte
9. Bak 10 min op 180º C of tot mooi bruin

KOFFIEKOEKIES
8 Koppies meelblom,
1 pond (500 g) maizena
1 ons (30 g)koeksoda
1 Koppie stroop
1 1/2 pond margarien
2 Koppies suiker
4 eetlepels koffie essence
1/2 teelepel sout
Melk indien nodig.
Meng botter, suiker, stroop. Voeg koffie essence by. Meng koeksoda met bietjie melk. Voeg by mengsel. Voeg droë bestanddele by en maak aan tot stywe deeg. Druk deur koekie masjien en bak in warm oond 200ºC. Sit 2 - 2 opmekaar met konfyt.

KONDENSMELK KOEKIES
12 Koppies meel
4 eiers
1 pak cream of tartar
1 pak koeksoda
2 eetlepe1s stroop
1 blik kondensmelk
2 pond (1 kg )margarien
3 Koppies suiker
1 Koppie klapper
Meng Suiker en botter tot room. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop en melk by. Laaste word meel koeksoda, klapper en cream of tartar bygevoeg. Meng,druk uit en bak in oond 200ºC tot gaar.

BOERE SOETKOEKIES
15 Koppies mee1
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel .
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien
Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by, meng verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met drukkertjies. Bak in oond 200°C tot ligbruin.

LEKKER SOETKOEKIES
2 Koppies klapper
3/4 pakkie cream of tartar
1/4 pond gesnipperde kersies
1 eetlepel goue stroop
14 Koppies meel
3 Koppies suiker .
1 3/4 Koppie botter
knippie sout.
1 blik gekondenseerde melk
6 eiers
1 pakkie koeksoda
Maak koeksoda en cream of tartar met een eetlepel asyn aan. Meng meel, suiker en sout saam. Meng gekondenseerde melk, goue stroop,
koeksoda mengsel, asook geklitste eiers saam. Voeg nou alles bymekaar en werk sagte botter met hande deur mekaar. Rol uit, druk af en bak (Moenie gesmelte botter gebruik nie).

OUMA SE GEMMERKOEKIES
(Lewer sowat 100 koekies)
250 9 botter
250 ml gouestoop
400 9 geelsuiker (500 ml)
2 eiers
750 9 koekmeelblom
40 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
5 ml sout
10 ml koeksoda
85-100 ml melk
Plaas botter in kastrol en smelt oor lae hitte. Voeg stroop en suiker by en roer tot suiker opgelos het. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Klits eiers en roer by botter mengsel. Sif droë bestanddele
saam en voeg beurtelings met melk by bottermengsel. Meng goed.                  Bedek met kleefplastiek en plaas minstens 1 uur lank in yskas. Vorm okkerneutgrootte-bolletjies en plaas op bakplaat. Druk effens
met vinger en bak in voorverhitte oond by 190 grade C 10-12 minute lank lot goudbruin en gaar. Verwyder uit oond, laat afkoel en sit voor.

OBLIETJIES
500 g bruinsuiker (625 ml)
2 eiers
250 g botter (gesmelt)
15 ml fyn kaneel
10 ml droë nartjieskil (fyn gestamp)
100-125 ml volroomsjerrie
480 g koekmeelblom (4x250 ml)
Klits suiker en eiers saam lot romerig. Voeg botter, kaneel en nartjieskil by en meng. Voeg sjerrie by en meng. Voeg gesifte meelblom by en meng tot stewige deeg. Indien nodig voeg meer meel by. Vorm bolletjies en plaas in middel van oblietjiepan. Maak toe en bak sowat 30-40 sekondes aan elke Kant tot goudbruin en gaar. Rol dadelik op deur gebruik te maak van dik steel van houtlepel op roomhorinkievorms. Vul met styf geklopte gegeurde room en sit voor.

JAN SMUTS-KOEKIES
Hierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en van 1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika   was. Die resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die
koekies destyds baie gewild onder genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke opponente niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het.
Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits
Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is. Voeg die suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels, 8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes van die kolwyntjie panne met die deegsirkels uit. Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol vulsel daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.
Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.

KORENTEKOEKIES
Nog 'n resep wat dateer uit 'n 1914 resepteboek
130 g botter
400 g suiker (500 ml)
4 eiers (geskei)
375 ml melk
2 ml koeksoda
480 g koekmeelblom (4 x 250 ml)
150 g korente (250 ml)
5 ml kremetart
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een by terwyl voortdurend geklits word. Meng melk en koeksoda en voeg beurtelings met meelblom by bottermengsel. Roer korente daarby in. Klits eierwitte en kremetart saam tot stYf en vou liggies by mengsel. Skep in gesmeerde kolwyntjiepanne en bak in voorverhitte oond by 200 grade C. 20-25 minute lank tot gaar.

GEMMERKOEKIES
185g margarine
250ml stroop
700g koekmeel
20ml koeksoda
20ml kremetart
60ml gemmer
550g bruinsuiker
5ml sout
3 eiers
Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die eiers een vir een by die stroopmengsel. Gooi nou die bruinsuiker bo-oor en meng net tot die mengsel nat is. Sif dro• bestandele en voeg by
die die stroopmengsel en meng. Laat staan vir 2 ure, maak balletjies en bak 10 – 12 minute by 180• C. Die resep lewer omtrent 13 dosyn. Ek voeg maar altyd • bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die is ’n regte outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer word.

Skakels/Advertensies

My nuwe resepte eBoek CD - 60 boeke op een CD - Ideale Kersgeskenk.

Ek het besluit om al die Afrikaanse resepte eBoeke wat ek het op en CD te sit, dis omtrent al die resepte wat mens ooit sal nodig hê. Nou hoef jy nooit weer 'n resepteboek te koop nie en teen minder as R1.70 per boek is dit baie billik.

Hier is die lys van boeke:

101 Kraakvars slaaie, 101 Onweerstaanbare poedings, 110 Spyskaarte vir die werkende vrou
5 Beste van alle geregte, 217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte, Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling, Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Die CD kos R100, geregistreerde posgeld ingesluit (dis om en by R1.60 per boek). Met Fastmail koerier, volgende dag aflewering, kos dit R130.

As jy die Fastmail metode verkies kan ek vir jou onmiddelik 'n spoornommer (tracking number) gee, dit sal jou gemoedsrus gee aangesien jy 'n oorbetaling moet maak aan iemand wat jy nie ken nie.

Klik hier om my bankbesonderhede te kry, onthou om ook jou posadres te verskaf


Anna se Kombuis
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.
Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Die volledige lys van al Anne se boeke is onderaan, bestel gerus Pa se Boek as Vadersdag geskenk, daar is nog tyd oor, die boek word per epos gestuur.

Ek kan die boek PA SE BOEK aanbeveel as ‘n ideale Vadersdag geskenk wat  die 20ste Junie gevier word. Dit is iets heel anders as die gewone "soap on a rope" of nog ‘n paar sakdoeke. Menige mans het al in die verlede vir my terugvoering gegee oor hierdie boek wat hul beskryf het as uitsonderlik.

 

My versameling eResepteboeke is besonder gewild as klein geskenkies, vir die buurvrou, jou kind se dagmoeder, jou kollega by die werk of sommer om jouself te bederf. Ek kry goeie en positiewe terugvoering. Daar was ook al 'n artikel oor 2 van my boeke in Rapport, wat bewys is dat hierdie nie 'n sogenaamde "scam" of "foefie" is nie. Baie mense kan getuig en hul tevredenheid uitspreek oor die boeke wat hul al van my bestel het. 

 

LEES HIER AS JY WIL WEET WAT OM TE DOEN OM TE BESTEL

Om 'n resepteboek by my te bestel, is baie eenvoudig. Stuur  ‘n e-pos met jou keuse van boek/e aan my by anna_se_kombuis@yahoo.com

 

Ek sal die boek/e in Microsoft Word-formaat stuur, tesame met besonderhede van die bankrekening waarin die inbetaling gedoen kan word. Ongelukkig kan ek nie enige bestellings stuur as daar nie behoorlike kontakbesonderhede saam gestuur word nie.

 

Met die druk van 'n knoppie kan jy nou 'n resepteboek bestel wat vóór aandete per e-pos in jou INBOX afgelewer word. Jy kan dit dan uitdruk of stoor op CD of op jou rekenaar.

 

Sommige mense liaseer dit in 'n "flip file" vir maklike gebruik en om die kosspatsels maklik af te vee na gebruik. Let asseblief daarop dat die boeke NIE AFGELEWER of GEPOS word nie, en is nie beskikbaar in HARDEBAND nie. Die boeke is ongelukkig nie beskikbaar in Engels nie, tensy so aangedui.

 

Ek werk op 'n absolute eerlikheidsbasis en vertrou dat jy dieselfde sal doen.

 

Ek stuur eers die boeke, tesame met my bankbesonderhede, waarna jy my betaal wanneer jy dit ontvang het en tevrede is daarmee. Soos ‘n tipe van COD – Cash on delivery. Jy hoef nie bang te wees dat ek jou geld gaan vat en laat waai nie, want jy ontvang mos eers die boeke en dan betaal jy my. Jy sal dus verstaan dat ek nie vir lang periodes kan wag vir betaling nie.  Indien jy nie nou kan betaal nie, dan vra ek dat jy eerder nie nou sal bestel totdat jy weet jy die nodige betaling kan maak nie.

 

Geniet die dag verder en groete tot ons dalk weer gesels.

Anna

0822946799(Hierdie foon is ongelukkig nie altyd aangeskakel nie - Laat asseblief 'n boodskap)

 

anna_se_kombuis@yahoo.com

 

 

LYS VAN BESKIKBARE BOEKE

 

KOM ONS PAK ‘N PIEKNIEKMANDJIE R60

Die boek handel oor vriendskap en liefde en 'n piekniekmandjie en al die lekker eet wat daarmee gepaard gaan. Dit bevat verskillende kossoorte (soet en southappies) (sosaties) (doopsouse) (koue soppe) (verskeidenheid brode) (lekkernye) (drankies en vele meer) vir  20 verskillende piekniekmandjies en sommer net allerhande mooi en besonderse sêgoed oor vriendskap, en 'n idee of wat om vir die spesiale persoon as geskenkie te gee.

 

SOMER, SON EN BAIE SLAAI R60

Is presies dit wat die naam aandui. Dit is nie net gewone "bokkos" nie. Dit is 'n fees van slaaie. “Slaaie galore”. Hierdie eBoek bevat meer as 200 resepte wat nie net heerlike slaaie insluit nie, maar ook smoothies, skommels en allerlei dorslessers.

 

VROU VAN SPREUKE 31 R80

Hierdie boek was spesiaal saamgestel vir Moedersdag, maar is nie net bedoel vir Moedersdag nie. Hierdie is ‘n “elke dag boek. Let asseblief egter dat hierdie boek redelik groot is (2MB) alvorens jy bestel.

 

Hierdie e-boek is vir ALLE vroue, en nie net diegene wat die titel ma, moeks, mammie of moeder dra nie. My beskeie mening is dat elke vrou met natuurlike moederinstink gebore word, en dus in haar wese die moederlike rol op een of ander stadium in haar lewe vertolk. Of dit is dat jy kinders van jou eie het, of dit is dat jy peetma is, of voog is, of dit is dat jy toe jy klein dogtertjie was vir jou poppe ma-ma gespeel het en of dit is dat jy vir die hondjies, katjies of voëltjies kos gee. Die moederinstink sal daar altyd wees, so ook die behoefte om te versorg, te bederf, te beskerm en te vertroetel. Al hierdie dinge, is ma-wees dinge, en alle vroue het 'n begeerte daartoe. Hierdie samestelling bevat nie net resepte nie, maar ook gesegdes, waarhede en allerhande verrassingtjies. Dit is inderdaad een van my samestellings waarop ek die trotste is en ek glo jy sal dit ook net so geniet. 

 

MAMMA MIA – LEKKER PASTA R60

Pasta is wonderkos: Dis baie gerieflik, goedkoop, altyd beskikbaar, vinnig gaar en lekker saam met enigiets. En die beste van alles, as jy pasta met die regte bestanddele meng, kry jy ’n voedsame gereg propvol energie. Hier is ’n verskeidenheid watertand-maaltye waarvan die meeste sommer tjop-tjop gemaak kan word – en só meer rusbanktyd vir die kok verseker! Sommige bekend, ander ‘n avontuur om iets nuuts op te tower. 

 

SMULGEREGTE OPGETOWER UIT MAALVLEIS R60

Maalvleis is een van dié mees veelsydigste kossoorte. Selfs die mees onervare kok kan iets daarmee uitrig. Met 'n bietjie verbeelding en moeite kan 'n mens sommer smullekker geregte hiervan voorberei. Hierdie is ‘n samestelling van die sulke resepte. Die meeste van die geregte word 1-2-3 voorberei ander met bietjie meer moeite. Maalvleis bly ’n staatmaker, want jy kan dit op soveel maniere voorsit. Jy kan kerrie, frikkadelle of moesaka daarmee maak of dit by rys inroer vir ’n vinnige eenpotgereg. 

 

HOENDER VIR ELKE DAG SE EET R60

Hoera vir hartlike, vullende hoendergeregte! In hierdie samestelling is daar vele maniere hoe om KIEP-KOS perfek gaar te maak en op splinternuwe maniere voor te sit. Moeg vir altyd dieselfde ou hoendergeregte? Beproef dan van hierdie opwindende nuwe maniere om dié klassieke gunsteling voor te sit, en is dit tyd om nuwe dinge te beproef. 

 

RECIPES FOR VEGETARIANS R60

As jy besluit het om te leef met 'n groentekebab in plaas van 'n Karoo-tjoppie op die rooster, of ewig tevrede wees met 'n muesli-ontbyt, terwyl die res van jou gesin hulle aan spek-en eiers verlustig.Dié tipe leefwyse kan baie gesond wees, mits die voedselprodukte wat uitgeskakel word, met 'n plaasvervanger vervang word, en dus is hierdie boek dan vir jou, aangesien dit bondige samestelling is van Vegetariese disse. Beskikbaar in Engels.  

 

ALWEER OP DIEET? R70

Hierdie is egter 'n boek met 'n verskil. Dit is nie 'n dieetboek nie. Dit is 'n boek oor GESONDE KOS en alles wat gepaard gaan met 'n gesonde eetpatroon. Hierdie boek bevat resepte en eetgoed wat goed is vir jou en jou gesondheid. Van die bestanddele word uiteengesit en word daar vir jou vertel hoekom dit noodsaaklik is dat jy dit moet inneem om gesond te kan lewe.Om 'n voorbeeld te noem: Watter voordele hou  roosmaryn, knoffel, neute en sade in vir jou gesondheid as jy dit in jou resepte gebruik? Die boek bevat baie resepte oor vars slaaie, groentes, varkvleis, visgeregte, pasta geregte, ligte etes ens. ens.  

 

EET JOU GROENTE R60

Word in dieselfde formaat as al my ander boeke aangebied. Dit is presies wat die titel sê.  'n Boek oor groente. Groente van A-Z. Verskillende maniere van groente voorberei. Kom ons erken dit nou maar. Groente is groente is groente en veral kinders dink die meeste van tyd JUGGGH.Miskien sing hulle en selfs jy 'n ander deuntjie as jy moontlik die kool, pampoen, brusselse spruitjies op 'n ander manier as die gewone voor te berei.  

 

PA SE BOEK (Soos beskryf in artikel in Rapport en ideaal vir Vadersdag) R80

Hierdie baie spesiale boek bestaan uit heerlike BRAAIVLEIS, POTJIEKOS, WILDSVLEIS en “COCKTAILS” resepte en sommer net allerhande lekker sêgoed, grappies en interessanthede. Hierdie boek is opgedra aan alle mans wat 'n spesiale plek in iemand se hart besit. Dit was oorspronklik saamgestel vir Vadersdag 2006, maar het nog nie ophou belangstelling lok nie, en neem nog steeds toe in gewildheid. ‘n Ideale geskenk. 

 

ONTHOU JY NOG? (Soos beskryf in artikel in Rapport ) R80

Hierdie boek is propvol resepte uit ons kinderjare.Onthou jy nog? Hertzogkoekies, mosbolletjies, gemmerbier, repelsteeltjies? ens ens.Ek glo dat as jy deur hierdie boek begin blaai, die meeste resepte jou ‘n “ TRIP DOWN MEMORY LANE ” sal gee. 

 

110 SPYSKAARTE VIR DIE WERKENDE VROU R60

Na baie navrae het ‘n boek saamgestel vir die werkende vrou wat saans nie ure voor die kospotte wil staan na ‘n dag se werk nie.  Die geregte is beplan vir Maandae tot Vrydae.Naweke verander ‘n mens se roetine as in die week en spyskaarte vir Sondag etes, ens is nie hierby ingesluit nie. 

Hierdie boek bevat die volgende:

‘n Uitgewerkte spyskaart, met volledige resepte wat betrekking het tot die spyskaart.

‘n Lys van bestanddele wat daagliks benodig word vir die spesifieke dag se geregte.

‘n Verskillende toebroodjie vulsel elke dag. + Ekstra's !  

 

MAKING DIABETIC COOKING EASY R60

'n Diabetiese boek in Engels wat bestaan uit 175 resepte.  Resepte dui voedingstabelle aan, bv. vesel, proteine ens. Wye verskeidenheid van onderwerpe vanaf peuselhappies tot poedings.  Alhoewel die boek in Engels is, is dit maklik verstaanbaar.  

 

JAPTRAP ETES SONDER DIE SJLEP R60

Dis 'n fyn kuns om saans ná werk by die huis te kom en binne 'n kort rukkie kos gereed en op die tafel te hê. Om gou by 'n supermark te stop vir voorbereide etes, is nie altyd 'n opsie nie - definitief nie elke aand van die week nie.  Is jy ook soms in hierdie situasie?    

 

SOUSE, DOOPSOUSE, SMERE EN BOTTERS  R60

Daar is dinge wat maar eenmaal bymekaar hoort - soos die regte sous by die regte kos. En doen jy 'n bietjie ekstra moeite in die sous-afdeling, is dit die maklikste manier om nuwe woema aan ou gunstelinge te gee.  

 

'n  BORDVOL PEUSELHAPPIES R60

Southappies is nie noodwendig 'n makliker manier van onthaal nie, juis omdat daar soveel moeite in die maak van southappies ingaan. Die voordeel daarvan is egter dat die gasvrou alles vooraf kan maak en heerlik en ontspanne saam met haar gaste kan kuier.   

 

Hier is kortliks hoe dit werk met die kleiner samestellings:

Elkeen van die onderstaande samestellings bevat ongeveer 100 of bietjie meer resepte. Elke samestelling se prys is R30 elk.

MAAR. indien die koper meer as 4 boeke neem verlaag die prys na R25 per samestelling, en meer as 10 verlaag die prys na R20 per samestelling.

 

1.AFSKEEP KOS

Stampmielies, mielierys, mieliemeel, koeskoes, koring, gort.

 

2. BEESVLEIS VERRASSINGS

Allerhande lekker beesvleis geregte, insluitende “steak”

 

3. BREDIES EN KASSEROLGEREGTE

Maw. Stews en oondstowe geregte 

 

4. BYKOSSE

Alles en nog wat om by etes te bedien o.a souffles

 

5. DRIE RRR’e

Rys, Risotto en Roerbraai geregte 

 

6. EENBAK/EENPOT

Alle eenbak etes, hetsy oondgebak of bo-op die stoof in ‘n pan 

 

7. ELKE DAG AARTAPPELS

Elke dag ‘n ander aartappeldis. 

 

8. GROENTE RONDOMTALIE1

Aspersies, Broccoli, Ertjies, Groenboontjies, Blomkool, Knoffel Wortels, Preie en Patty Pans 

 

9. GROENTE RONDOMTALIE2

Beet, Botterskorsie, Patats, Murgpampoentjies, Brusselse spruitjies, Avokado(eintlik ‘n vrug), Komkommer, Pampoen en gemengde groente. 

 

10.GROENTE RONDOMTALIE3

Sampioene, Skorsies, Spinasie, Eiervrug, Kool, Mielies, Tamaties(eintlik ‘n vrug), Selderye en Soetrissies, Uie en een en ander onbekendes. 

 

11.GROOT KOEKE TE KIES EN TE KEUR

Allerhande soorte en smake 

 

12.HERINNERING AAN OUMA SE SPENS

Konfyte en piekels en ‘n paar ander verrassings.

 

13.KOEKBLIKKE VOL KLEINKOEKIES

Die naam sê dit als 

 

14.KONINGSKOS

Beesstert, Skenkels, skaapnek, Beesnek

 

15. KOS UIT DIE SEE

Jy kan jouself indink- Garnale, calamari, mossels, koningklip en baie meer. 

 

16.MENGELMOES

Alles wat nie iewers ingepas het nie, insluitend kaas en eier geregte. 

 

17.OTTERTJIE OT

Allerhande lekker varkvleis geregte, insluitende ribbetjies en vele meer.”

 

18.PEULGROENTE

Ideal vir die vegetariers. Bone, lensies, spruitjies ens.

 

19.RUIK DIE GEUR VAN SPESERYE

Kerries en brandkos – Geure van die Ooste en nog meer.

 

20.SKAAP EN LAM TREFFERS

Allerhande lekker skaap en lamsvleis geregte.

 

21.SOET SOETER SOETSTE

Soet terte en kaaskoeke.

 

22.SONDAG SE VLEIS

Duurder vleissnitte, soos skaapboud, tong, skof en “roasts”

 

23.SOUTTERTE EN QUICHE

Die naam sê als.

 

24.TEETYD TREFFERS

Verskeidenheid muffins, skons en poffertjies.

 

25.VIR DIE SOETTAND

Lekkernye en allerhande soetgoed soos malvalekkers, noga, fudge en baie meer.

 

26. VIS EN VLEIS UIT’N BLIK

Tuna, salm, makriel, sardiens, slakke en ander.

 

27.WEESKINDERS

Lewer, afval, niertjies, hoenderlewertjies en een of twee ander.

 

28.WORS EN WORSIES

Boerewors, frankfurthers, Russians, varkworsies en allerhande ander wat lyk soos wors.

 

Kontak my asseblief by anna_se_kombuis@yahoo.com indien jy sou besluit om my moontlik te ondersteun.

 

Vriendelike groete en seënwense

Anna

0822946799


Tuiswerk/Tuisinkomste Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Klik hier vir meer besonderhede


Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.