http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

 

Nommer 154

Besoek my Webwerf

30 November 2010

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!  Daar is 'n hele paar resepte eBoeke om te gaan aflaai ondertoe. By die resepteafdeling is daar 'n aantal welbekende resepte om jou versameling mee aan te vul.

Daar is ook 4 pasella resepte eBoeke om te gaan aflaai, hoop hulle kom handig te pas.

Hierdie sal die laaste brief van die jaar wees, ek gaan bietjie tyd spandeer om die webwerf op te gradeer, dis nogal tydsaam. Dankie vir die ondersteuning oor die afgelope jare, ek waardeer dit regtig baie. Hoop julle het ook die briewe geniet, net soos ek dit geniet het om hulle saam te stel.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Kry inligting oor al die Springbokke se wedstryde hierdie jaar. Loot Eksteen het dit mooi saamgevat, gaan kyk ondertoe en laai dit vir jou af.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Foto kompetisie - stem asseblief?

Ek het ingeskryf vir Bush Warriors se Foto Kompetisie. My foto, die klein apie, het nou al foto van die dag, toe foto van die week gewen en staan nou in lyn vir Foto van die Maand.

Klik hier om na die fotos te kyk en as jy dink die apie is oulik, klik asseblief die blokkie langs my naam (Peter Thomas) en kom ons kyk of ons die foto kan laat wen.

By voorbaat dankie!

Custom Search

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Die Ideale Kersgeskenk

Ja, dis alweer sulke tyd. Die finansies knyp en daar is soveel mense om voor geskenke te koop, familie, vriende, kollegas, die lys hou net nie op nie. Hier is die antwoord. Peterjasie se Boek, 'n resepte eBoek spesiaal saamgestel vir my deur Anna Eksteen. Ek kan jou waarborg dit bevat die lekkerste resepte. Wat jy doen is koop die boek vir R60, en stuur dit dan per epos as geskenk vir net wie jy wil. Hulle sal dit waardeer, en dit kos jou net R60. As jy belangstel, stuur vir my 'n epos, sodra ek dit ontvang heg ek die boek aan en epos dit vir jou tesame met my bankbesonderhede. Ek vertrou dat jy die geld sal deponeer.

Klik hier om die boek aan te vra.

Tuiswerk/Tuisinkomste

Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis an ek kyk die kat uit die boom.

Yes, out of curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have joined immediately after I  read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as Silver), the others are bound to join during November and they are jumping around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on the rear window of my car, do you think it could shake some people out of their dreams and make them joining us?

Klik hier vir meer besonderhede

Treknature

Ek stuur elke nou en dan fotos in na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons reise geneeem het en al opgelaai het:  http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/

Resepte - Resepte - Resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R50 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted

Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag

Baie dankie aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie reeks te gebruik

Die Jare 70 se propaganda-rolprente

In hierdie episode van DIE AFRIKAANSE ROLPRENT GISTER EN VANDAG die propaganda-rolprente van die jare sewentig en ʼn paar slim rebelle....

Vir my was Bertrand Retief se SES SOLDATE ʼn ironiese ervaring, want dit was veronderstel om ons troepe in die sewentigerjare te motiveer om te gaan veg. Dit wou ook wys hoe “lekker” die kameraderie in die weermag eintlik is of veronderstel is om te wees. Dit is verfilm in die Danie Theron Krygskool duskant Kimberley waar ek pas my Weermagopleiding voltooi het. Ek het my vergaap aan hoe rolprente die waarheid kan verdraai, want my weermag-opleiding in dieselfde bungalow waar die film geskiet is en op dieselfde paradegrond waar ons byna doodgedril is, was nooit so snaaks, lekker, bemoedigend, prettig of vrolik soos SES SOLDATE dit gemaak het nie.

SES SOLDATE bevat 6 stereotipe Afrikaanse en Engelse ouens. Richard Loring is die slap, koel Engelsman Soutie, Lieb Bester is die militaristiese Afrikaner boerseun Liebling, Ken Hare is die hardekwas Tiny, Friedrich Stark die lieftallige Poepies en Barry Trengrove ʼn sagte, genuanseerde en gesensureerde weergawe van wat veronderstel is om ʼn sersant te wees. Ek het nooit met so ʼn simpatieke en vriendelike sersant te doen gehad in my Weermagdae nie. Inteendeel! Maar die ma’s en pa’s in die teaters het goedig gelag vir die sersant se kwinkslae. Aanvanklik is die manne rou rowe, die weermag wag om hulle in te breek, hulle moet veg vir hulle land en hulle word geïnisieer... ai, hoe lekker is die eerste drilsessie in SES SOLDATE met die ER ene tog nie.

Natuurlik beland die manne, o.a. Sydney Chama as Chico op die Grens en moet hulle hul opleiding nou toepas. Na ʼn skermutseling of twee vier hulle die lekkerte van die Weermag en nog ʼn veldslag wat gewen is. Die enigste ligpunt: was ʼn WÊRELD SONDER GRENSE wat jare daarna eers gewaag om aan die hand van Scott Scott en Marcel van Heerden die Weermag en die gruwels van die stryd op die Grens te wys soos dit werklik was. SES SOLDATE is geregisseer deur BERTRAND RETIEF, self met Weermag-verbindings. Die Weermag hou ʼn stewige ogie oor die verfilming en gee hul volle samewerking. Mens sou dus aanneem dat hulle ook die draaiboek sou goedgekeur het. Ek weet van min van my weermag-kamerade wat SES SOLDATE geglo of waardeer het. Maar toe begin Regardt van den Bergh regie doen en vat nog ʼn

Die taalgebruik raak los en ontspanne, die redigering vinnig en byderwets, die spel natuurliker en die karakters meer geloofwaardig. Dit is mense hierdie met wie almal kan identifiseer.
Regardt vd Bergh het van kleins af saam met rolprente grootgeword, want sy ouers, Gert van den Bergh en Dulcie van den Bergh, het gereeld in films opgetree, en Regardt self het skitterende vertolkings in rolprente soos Die Kandidaat gelewer. Hy vat toe die Weermag met ʼn siniese grinnik en draai hom op sy kop met ʼn gemaklik wip in sy straatwys stap. Hy kon nie die weermag kritiseer nie, want dan het die sensors die film verbied. Hy kon ook nie afkeurend daaroor frons nie, want dan sou dit geen silwerdoek gehaal het nie. Hy wys net die paradokse in die Weermag in ʼn hardekwas-fliek wat eintlik ʼn satire op die lewe in die Weermag is: BOETIE GAAN BORDER toe met ʼn jong, parmantige Arnold Vosloo as ʼn verwende Afrikaner-seun wat nie ʼn uniform wil aantrek nie. Dié slag kon troepe lag, herken en identifiseer. Hier maak Boetie se stiefpa hom ʼn aanbod wat hy nie kan weier nie.

Dialoog het nog nooit so los en natuurlik in Afrikaanse geklink nie. Johan Coetzee en Cor Nortjé het die spitsvondige en, vir daardie tyd, gewaagde draaiboek met sy kwistige in-die-kol-humor geskryf, en verskeie bekendes maak hul debuut in die rolprent. Eric Nobbs is puik as die wrede Sersant Majoor, en Frank Dankert, Frank Opperman en Janie du Plessis pop op in rolle wat hulle oornag bekend maak. Regardt se regie was flink, ekonomies, vlot en opwindend. En BOETIE GAAN BORDER TOE trek die borstrok uit, noem ʼn ding op sy naam en wys ʼn Suid-Afrika en ʼn nuwe, moderne Afrikaner op die rand van verandering . Vergelyk bv. SES SOLDATE se sersant met HIERDIE woeste sersant, Eric Nobbs, wat die troepe verwelkom.

Die vervolg, BOETIE OP MANEUVERS vat die storie ʼn bietjie verder. Boetie is steeds in die weermag, nou al ʼn ouman wat nie meer rondgeneuk word nie... hy soek ʼn 7-dae pas en sy meisie, Janie du Plessis wag by die huis. Maar nie soos die suiwer astertjies van die jare 60 nie. Hierdie meisie is byderwets en moeilik. Ian Roberts doen ʼn briljante vergestalting van ʼn kwaai korporaal wat die oumanne vieslik rondfoeter. Luister na Johan Potgieter se natuurlike troepe- dialoog en die doodgewone taalgebruik wat vir sê dis regtige mense wat hier praat.

BOETIE OP MANEUVERS het die Afrikaanse rolprent na ʼn wonderlike ontspanne en moderne plek geneem waar hy nog nooit was nie.

Maar voor die Boetie-fenomeen, kom televisie en Franz Marx begin films maak. Hy skryf die draaiboek vir DIE VLINDERVANGER, waarin vroue baie geskreeu het en rondgehol het, gegrond op ʼn gewilde roman van die jare sewentig. ʼn Bekommerde ma, Marie du Toit, en haar dogter, Annelize du Toit, daag by ʼn vakansie-oord duskant Rustenburg op wat deur ʼn reeksmoordenaar geteister word.... Hulle word ingelig oor die gevaar.

ʼn Ontstelde moeder ontdek ʼn lyk langs die idilliese waterpoel. Wie kon die moord gepleeg het? Chris du Toit as die aantreklike eienaar Lourens Wiid wie se vrou in vreemde omstandighede dood is. ʼn Vleispaleis-blonde held wat maar net staan en mooi lyk en agter die jong Marina aan is? Magda Beukes, kompleet in ʼn sjoebroekie, as ʼn winkelassistente? PW Marais as ʼn stroewe en nuuskierige opsigter of Monica Breed as sy praatsieke vrou? Of Franz Marx as die stuurs Clark Ashley, die pierewaaier wat al wat vrou is in die vakansie-oord verlei en wie se vriendin vermoor is? Lourens Wiid gee hier inligting aan Ester Benade, Marie du Toit, nadat sy op die lyk afgekom het. Hier praat Chris vir die eerste keer met sy eie stem.

Almal staan onder verdenking. Koos Roets doen hier ʼn gewaagde ding as kameraman in ʼn tegniek wat nog nie so dikwels in daardie dae gebruik is nie, maar wat direk oorgeneem is van die Hollywood-rillers soos EYEWITNESS: die kamera word met die hand vasgehou en agtervolg die onskuldige meisie deur die bosse terwyl sy deur die moordenaar gejaag word. En in ʼn dramatiese ontknoping word die moordenaars ontmasker. Wie dit was? Jy sal maar self na DIE VLINDERVANGER moet kyk om vas te stel. Franz maak nog baie rolprente in hierdie jare soos Agt Vroue, PRINS VAN PRETORIA, EN DIT WAS AAND EN DIT WAS MôRE en Skaduwees van Gister. Volgende week meer oor sy rolprente.

Maar terselfdertyd maak nog ʼn gewilde fors sy verskyning: ʼn joernalis wat radioverhale begin skryf wat geweldig gewild word: Jan Scholtz.

Sy Môre Môre stel twee nuwe sterre aan die Afrikaanse rolprentfront bekend: Hans Strydom en Sybil Coetzee. Hier gebeur die onnoembare: ʼn skooldogter raak op haar onderwyser verlief, maar haar kêrel, ʼn gemene Johannes Slabbert, hou hulle dop. Uiteindelik word die skooldogter op die sportveld deur ʼn spies gedood. Maar Jan Scholtz se verhale het nie net oor wroeging gegaan nie. Hy begin ʼn reeks rolprente, en ook TV-reekse, waarin ʼn onpaar paar deur bevooroordeelde ouers verhoed word om hul liefde te vind. DIE WINTER VAN VEERTIEN JULIE, DADA EN DIE FLOWER, SNIP EN RISSIEPIT en ʼn rolprent wat ʼn jong akteur, Ryno Hattingh in KIEPIE EN KANDAS bekendstel in 1980. Hier, in ʼn tipiese Jan Scholtz-toneel, ontmoet Kandas na ʼn ligte ongelukkig ʼn ou liefde, Kiepie, gespeel deur Debbie Labuschagne.

Kiepie en Kandas. Net voor televisie begin, in 1974, word ʼn allemintige 33 rolprente uitgereik waarin vervaardigers vir oulaas probeer om die volk in die fliek te kry voordat die kassie hulle sou vaskluister. Daar is komedies soos PENS EN POOTJIES en hordes verfilmde radioverhale soos Jan ScHoltz se DIE KWIKSTERTJIE, die vervolg op Môre MôRE, ASOOK Geluksdal, Ongewenste Vreemdeling en weer ʼn Beyers Boshof-storie, Dans van die Flamink met nog ʼn nuwe rolprentheld uit AANSLAG OP KARIBA, Rod Alexander, spanningsprente soos DOOIE DUIKERS DEEL NIE met Sandra Prinsloo en Marius Weyers, Katinka Heyns en Tobie Cronjé in BABBELKOUS EN BRUIDEGOM, selfs ʼn verfilmde fotoboekie, SUSTER THERESA, die emosionele VANG VIR MY ‘N DROOM, die formidabele Babs Laker teenoor skoonheidskoningin Anneline Kriel in SONNEBLOM UIT PARYS en MET LIEFDE VAN ADELE. En tussenin sing Hans Strydom en nog ʼn opkomende jong ster, Alice Krige, onlangs in SKIN te sien in VERGEET MY NIE!

En die ligpunt en vernuwende fors tussen al hierdie strooivermaak? MANIE VAN RENSBURG in die volgende episode van DIE AFRIKAANSE ROLPRENT GISTER EN VANDAG.

Pasella

Hierdie keer is daar 4 eBoek om af te laai, regs klik net op die skakel en laai af na jou rekenaar.

217 Egte Afrikaanse resepte
Boerekos
Braaiplesiere
Broodresepte

Rugby inligting - Toetswedstryde

Toetse - Logs
Toetse - Statistieke
Toetse - Data

Klik hier om vir Loot 'n epos te stuur, dalk kan hy die dokumente vir jou op 'n weeklikse basis stuur

Lekker lugkastele bou

 Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis kaartjie.

Uit 'n dagboek - Emily skryf weer
 

 

Moet nou nie dink ek is ondankbaar nie, maar demit, my ma het hierdie goete gekoop by die winkel wat my veronderstel is om te laat lekker ruik maar as ek sien sy spuit, dan hol ek dat ek so klyn word in ons huis. Ek is 'n hond nie 'n dem model nie maar ma se ek stink.
Dis haar skuld sy gaan stap met my in die parkie en daar kry ek 'n ou blik vis, nogal middle cut, en daar is nog in. Toe traai ek die laastes uitkry. Gits, toe sy my gewaar het ek noggie genoeg gevreet nie, en sy gryp die blik en ek hop hop om nog te kry en sy raas man. Ma is kwaai. Toe kom ons huis toe en sy was my bek maar sy se ek stink steeds na vis. Dis toe sy die spray gryp en my bydam. Ek ruik nogsteeds vis, en sy kan maar planne maak, maar ek het 2 dooie hadeda babas gesien le in die parkie, en as sy nie kyk nie, gaan ek daar amok maak!
Sy het vanaand DRIE maal met my gaan stap sy se ek het te veel energie maar jissie ek is nog 'n jong hond en ek het 'n nuwe maatjie WILD in die parkie gekry. Ek noem hom soma MILO maar hy is Wild maar wie noem 'n hond Wild? Ek speel hom so moeg hy lê later net en kyk na my deur die lang gras. Dan gaan lê ek ook maar. Hy pie oral en ek moet net koes of hy pie op my. Hoekom los seuntjie honne oral p-mail?
Eergister het iets ergs gebeur hier loop 'n great dane hond ook maar altyd aan 'n band dan spring ek teen haar op en ek perform. Toe maak haar ma haar los, en ek skrik so, ek hol en hol en die great dane hol agter my aan ek dog die aarde skeur oop toe begin ek gil en hol ini rondte maar die hond is amper op my toe gil ek en my ma roep my en ek hol na haar. Ek was skaam want ek het myself natgepie. En toe word ek gebad en ek haat bad maar ma se ek moenie dink ek lê met pieboukies in haar bed nie. Daai nag toe trap ek ha lekker weer van die bed af en ek jaag haar gunsteling kat van die 'prinsessie kussing' want sy wil mos vir my bad!
Ek het nou net 'n hou gekry want ek los nie die katte vanaand uit nie ma se ek dryf haar na drank maar sy lieg sy drink net rooibostee ek kyk mos.
Die vaal kat het my oor Sondag stukkend gekap oor ek hom wou vertel ek gaan hom vasdruk en vrekbyt as ek hom kry. Ma se sy slaan my meer as een hou as dit gebeur. En die wit kat lag, want ek het maar nie die moed om agter haar aan te blaf nie. Sy het net nou so gestap, en ek agterna. Dan gee sy 'n tree, en ek gee ook een. Maar ma het mos 'n dem klokkie aan my nek gesit en dan hoor die wit kat ek bekruip haar en dis niks lekker nie want sy weet dan waar ek is.
Ek het vanoggend in die klein grys kat se bedjie gaan opkrul. Dan kan hy nie daar gaan lê nie en hy is maar lekker bang vir my tande! Ma se ek moet so aangaan, sy trek my tande. Nou grawe ek aspris haar simpel stukkie grasperk vol gate en ek het al haar alstromerias uitgegrawe want toe gooi sy rooipeper waar ek gate grawe lat ek kan ophou maar ek gaan grawe net op 'n ander plek sy het toggie so baie rooipeper nie.
Ek gaan nou le op haar bed. Haar top lê daar en miskien kan ek bietjie daar kou. Soos ek gisteraand die kombers op die bed gekou het!

Uit: http://skoor.wordpress.com/

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
Paul Roodt
Paul Roodt het ons so stil-stil kom verras met sy uitmuntende spel so 'n klompie jare gelede. Sedertdien is hy 'n gereelde gesig by die Boeremusiekgilde. Saam met vroulief Betsie vermaak hulle die boeremusiekliefhebbers op talle byeenkomste. Op die oomblik dra sy orkes 'n bietjie swaar want hy het swaargewig Pieter Zwart in sy orkes by gekry – swaar in die sin dat Pieter Zwart sy gewig by hom ingegooi het en nou is hulle twee gewigtige konsertinaspelers in dieselfde orkes.

 

 

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in Stellenbosch.  Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer.  Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis die hele land vol.  Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.   Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com.

Danie

Ek deel vandag ‘n terapeutiese brief wat ek onlangs aan ‘n 14-jarige klient van my geskryf het (sommige feite is verander om die identiteit van die familie te beskerm).
Liewe Danie, ek en jy het mekaar leer ken in die weeklikse sessies by die Vaardigheidskool wat jy tans is. Jy het rerig baie gesukkel om die meeste van jou vakke en jare in die gewone skoolsisteem te slaag en hier kry jy die geleentheid om baie handvaardighede aan te leer, o.a. sweiswerk. Om te kan sweis gaan jou moontlik help om nader aan jou lewensdroom te kom, om ‘n onderwatersweiser te word. Jy woon hier in die koshuis omdat jou gesin in ‘n baie klein en afgesonderde gehuggie 158 km van hier woon.
Jy het my vertel hoe jou stiefpa ‘n dwelmgebruiker was, hoe hy jou ma se neus gebreek het en jou vingers, toe jy haar probeer beskerm het. Ek het gehoor hoe jou stiefpa se broer jou seksueel mishandel het toe jy 7 jaar oud was. En hoe verlig jy was toe jou stiefpa vermoor is deur ‘n ander dwelmverslaafde.
Ek weet dat jy jou gesin baie mis en dat jy bekommerd is oor hulle veiligheid en gesondheid. Die kommer het gemaak dat jy al drie keer weggeloop het huis toe in die afgelope 10 maande. Die laaste keer verlede week.
Ek waardeer die feit dat jou ma en jou 72-jarige oupa gister die 158km geryloop het deur die Weskus reën om te kom gesels oor voorsorg sodat jy nie meer wegloop nie. Ons het gesels oor hoe jou gesin se harte stukkend raak met bekommernis elke keer as jy wegloop-amper soos jou ouma se hart wat ses maande gelede twee hart-omleidings moes ondergaan in die Kaap. Jou oupa sê hy hou van die klein gemeenskappie waar julle bly want die mense kyk na mekaar, afgesien van die kleur van jou vel. Hulle kerk ondersteun hulle en hulle was dankbaar om op die vloer van ‘n kerksuster te mag geslaap het toe hulle jou kom besoek het.
Jou ma het eers in die naaste dorp 40 km weg van julle huis af gewerk. Maar nadat sy amper deur een van haar rygeleenthede verkrag is, het sy besluit om liewers in haar HOP huisie te bly. Nou werk sy elke week op die vuilgoedhope, waar sy artikels herwin om haar bejaarde ouers en ook haar kinders te kan versorg. Sy het ook ‘n klein huiswinkeltjie waar sy ‘n ekstra geldjie maak.
Ek het jou trane gesien toe jou niggie vroeër vanjaar aan leukemia oorlede is. Jy trotseer graag die Weskus water want swem help jou om vry te voel van jou omstandighede. Jy sukkel nou al hoe lank om op te hou rook en om uit die hande van die skollies te bly.
Gister het ek gesien hoe jou lyf klein word toe jy onder jou ma se arm in gewoel het en hoe jou lyf verdwyn in die arms van jou lang oupa toe hy jou totsiens gesoen het. Ek het gehoor dat jy jou oupa help wilde heuning uithaal en help in die groete tuin waarvan julle leef en ook verkoop. Jy het my vertel van die vis wat jy aan toeriste verkoop en hoe jou ouma kerrievis inlê vir die maer jare. Ek weet hoe jy teken en draad items maak vir jou eie plesier en vir die verkoop daarvan. Gister het jou oupa jou gevra om die woorde teen die kantoormuur hardop vir hom te lees: “Ek is nie 'n gevangene van my omstandighede nie. Net ek kan besluit wat ek met my lewe wil maak- al het ek min.”
Gister het jou oupa sy kerkbroek met ‘n klein gaatjie op die knie, ‘n das en kerkskoene aangehad. En toe hulle gaan het hy met trane in sy oë gesê: “Die Here sal ons beskerm en op Hom vertrou ons.”
Ek het gedink: there for the Grace of God goes my son, my sister, my father, and I. Geseënd is hulle wat die storms van die lewe met soveel karakter kan deurstaan.
Mag jou hart hierdie Kersfees die nood van ander raaksien en jou hande werkmaak daarvan.

Gedig

Slaap
DF Malherbe (1881-1969)

Wat is die slaap 'n wondersoete ding!
Sag op haar bloue oë daal die vaak
soos maneskyn diep waterkuile raak
om daar te droom in silwer skemering.

Vir laas beef oor haar lippe 'n fluistering:
"Nag, Pappie." Ek merk hoe langsaam hy genaak,
wat drome soet tot werklikhede maak:
in vaderarms rus my lieweling.
Sluit so my oë, God, wanneer vir my
u Engel wenk ter laaste, lange rus
en ek van wilde woeling hier moet skei;
dat my dan stille drome huis toe sus
en sterke Hand deur duisternisse lei.
Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf . Sport fotos onlangs bygelas

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Glimlag

OUPA EN OUMA SE ANTWOORDMASJIEN

Goeie môre …. Ons is tans nie tuis nie, maar laat asseblief ‘n boodskap na die toon.
As jy een van ons kinders is, druk die nommer kind wat jy is en druk dan een van die volgende nege opsies,
sodat ons by ons terugkoms kan weet wat ons moet doen:

1. As ons die kleinkinders moet kom oppas, druk 2
2. As julle ons kar wil leen, druk 3
3. As julle wil hê ons moet julle klere was en stryk, druk 4
4. As julle wil hê dat die kleinkinders by ons moet kom slaap, druk 5
5. As julle wil hê dat ons die kinders by die skool moet gaan haal, druk 6
6. As julle wil hê dat ons vir julle ‘n maaltyd moet voorberei, druk 7
7. As julle hier wil kom eet, druk 8
8. As julle geld nodig het, druk 9
9. As julle ons vir ete gaan nooi, of ons teater toe wil vat, begin praat, ons luister.


By die Royal Show in Pietermaritzburg het hulle 'n kerriekompetisie. Beoordelaar Nommer 3 is 'n kos-kritikus genaamd Frank, wat vanuit die Verenigde State op besoek is.

Sy verslag: 'Onlangs was ek by die Royal Show in Pietermaritzburg waar ek gevra is om as 'n beoordelaar op te tree tydens 'n kompetisie vir kerriegeregte, aangesien die oorspronklike beoordelaar skielik siek geword het. Ek was juis net op pad na die biertent langsaan. Ek is deur die ander twee beoordelaars (Natalse Indiërs) verseker dat die kerrie nie te sterk is nie, en ek sou in elk geval gratis bier kon kry van die biertent langsaan om die brand af te sluk. Nouja...

Kerrie Nommer 1 - Singh se MANIAC MONSTER tamatiekerrie...

Beoordelaar Nommer 1 -- 'n Bietjie swaar op die tamatie. Ligte skop.
Beoordelaar Nommer 2 -- Goeie egte tamatiesmaak. Baie matig.
Beoordelaar Nommer 3 (Frank) -- Genugtig, wat de %^&* is hierdie goed? Jy kan verf hiermee verwyder. Bring my twee biere en blaas die vlamme uit! Hierdie mense is mal.

Kerrie Nommer 2 - PHOENIX BBQ CHICKEN-kerrie...

Beoordelaar Nommer 1 -- Effe gerook, met 'n waarneembare ligte hoendersmaak. Ligte chilli-geur.
Beoordelaar Nommer 2 -- Gawe BBQ-smaak, benodig meer peper ten einde ernstig opgeneem te word.
Beoordelaar Nommer 3 -- Hou hierdie gemors buite die bereik van kinders!! Die pyn!! Twee mense moes my kunsmatige asemhaling gee. NOG BIER!!

Kerrie Nommer 3 - Shani se beroemde 'BURN the GARAGE'-kerrie...

Beoordelaar Nommer 1 - Uitstekende kerrie met 'n branderigheid. Goeie skop.
Beoordelaar Nommer 2 - 'n Bietjie souterig, goeie gebruik van chilli-peper.
Beoordelaar Nommer 3 - Skakel 911!! Ek het 'n uraanpil ingesluk. My neus brand asof ek toiletskoonmaker gesnuif het. Die SOUT!! BIER!!! Iets het oor my tong geskraap, maar was nie in staat om dit te proe nie. Vimmie, die kroegmeisie, staan my by met hervullings.

Kerrie Nommer 4 - LALL se Lipverwyderaar...

Beoordelaar Nommer 1 - Vleiserig, met 'n volronde kerrie. Cayennepeper vars gemaal, effense skop. Baie indrukwekkend.
Beoordelaar Nommer 2 - Gemiddelde biefkerrie, kon meer tamatie gebruik het. Moet erken die chillipeper maak vir 'n afgerondheid. Tog is die kerries in hierdie kompetisie nie so sterk soos gewoonlik nie.
Beoordelaar Nommer 3 - My ore sing, my kop jeuk, sweet stroom van my gesig af, ek kan nie langer fokus nie. My maag maak woeste draaie. Vimmie het die bloeding op my tong laat ophou met nog BIER!! My lippe het blase.

CHILLI Nommer 5 - VERISHNEE se vegetariese VERSKEIDENHEID...

Beoordelaar Nommer 1 - Yl, maar tog robuuste vegetariese gemengde kerrie. Goeie balans van speserye en peper. Beoordelaar No. 3 toon tekens van ongemak.
Beoordelaar Nommer 2 - Die beste nog. Aggressiewe gebruik van peper, uie en knoffel. Werklik smaaklik.
Beoordelaar Nommer 3 - Kloppende pyn in my mond! My binnegoed is nou 'n reguit pyp gevul met plofbare swael. Bring 'n brandblusser! Gee pad agter my, almal behalwe Vimmie. Kan nie meer my lippe, mond en keel voel nie. Jy kon 'n handgranaat in my mond gesit het en die pennetjie uitgetrek het. My ore sing. Daar's lawa in my maag.

CHILLI Nommer 6 - NAIDOO se toonnaelkrulkerrie...

Beoordelaar Nommer 1 - Die perfekte slot. Hierdie is 'n goeie gemengde kerrie. Nie te sterk nie, maar volrond genoeg om homself te handhaaf.
Beoordelaar Nommer 2 - Hierdie laaste inskrywing is 'n goeie, gebalanseerde kerrie. Nie matig nie, maar ook nie warm nie. Ongelukkig het beoordelaar No. 3 flou geword en die kerriepot oor hom omgetrek. Arme man, wat gaan met hom gebeur as hy 'n warm kerrie teekom?
Beoordelaar Nommer 3 - Geen Verslag...

Met dank aan Gerhard Griesel. Om in te teken op hierdie graplys, stuur 'n e-pos aan
grapkas @ skoongrappies.com en maak die onderwerp 'Stuur'. Jy sal outomaties op die lys geplaas word.

Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
st se pitkos 

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

25 maniere om jou woede te hanteer

Ek wil vandag kortliks 'n paar gedagtes met jou wissel oor die bestuur van jou woede. Ons almal ervaar een of ander tyd woede soos wanneer iemand teenoor jou verkeerd optree of jou inloop met een of ander saak. Maar dis nie oor hierdie woede waaroor ek in hierdie artikel wil praat nie.

Daar is 'n sekere tipe mens wat voorturend woedend is. 'n Mens wat loop met 'n knorrige geaardheid, met 'n humeur wat kort-kort ontplof en wat voortdurend aan die baklei is. Dit is vir hierdie mense wat ek vandag skryf.

Hoekom moet 'n mens met 'n knorrige ingesteldheid, met 'n smeulende innerlike woede, met humeurige uitbarstings, iets aan sy / haar woedebuie doen? Wel, ek kan sommer aan 'n hele klompie redes dink soos: dit doen jou gesondheid skade, verhoog jou bloeddruk, vergroot jou kans op 'n hartaanval, berokken skade aan jou menseverhoudinge. Daar is sekerlik nog veel meer redes.

Mense regverdig soms hul woede-uitbarstings en buffelagtige optredes deur te meen dat:
· hulle reg en ander verkeerd is
· niemand hulle verstaan nie
· hulle eerlik is oor hulle emosies en slegs maar uiting gee aan hul gevoelens.

Of hulle mense in die proses seermaak en afkraak is van minder belang. Dink maar aan die skade wat so 'n persoon aan sy gesin doen. Of die negatiewe impak van so 'n persoon in die werkplek. Mense wat hulle woede uitstort, ongeag wie hulle seermaak, se eiebelang is gewoonlik vooropgestel: "Ek is kwaad en nou sal ander dit ontgeld." Laat mens nogal dink aan die narcistiese persoonlikheid: verlief op die eie ek.

Die volgende riglyne kan jou help indien jy iemand is wat gereeld woede-uitbarsting het en dit graag wil verander:

1. Dit begin by 'n besluit dat jy wil verander. Die bestuur en beheer van jou woedebuie is 'n keuse wat jy maak.
2. Jy moet besef dat jy steeds woede sal ervaar, maar dat jy sal moet leer hoe om dit reg te bestuur en jou reaksie te verander.
3. Leer om na 'n situasie uit 'n ander perspektief te kyk en jouself in iemand anders se skoene te plaas. Vind 'n verduideliking waarom iets gebeur het. Dit sal jou help om te kalmeer en nie uit te bars in jou gewone ontploffings nie.
4. Begin met fisiese oefening. Wanneer jy oefeninge doen, lekker moeg raak en sweet, is dit 'n uitlaatklep vir jou opgekropte emosies en woede.
5. Eet gesond. Bly weg van stimulante soos suiker en kafeïen. Vermy alkohol wanneer jy in stresvolle situasies inbeweeg.
6. Woede is 'n natuurlike reaksie wanneer dinge verkeerd loop. Vind alternatiewe maniere om onaangename en moeilike situasies te hanteer. Skryf hierdie alternatiewe neer.
7. Doen aangename dinge in stede daarvan om uit te bars in woede. So kan jy vir 'n massering gaan of 'n ent langs die see gaan stap. Dit gee jou die geleentheid om rustiger oor 'n saak na te dink en ander maniere te vind vir die hantering van die probleem.
8. Skryf is 'n goeie manier om jou gevoelens uit te kry sonder om iemand direk aan te val. Dit gee jou ook die geleentheid om jou gedagtes agtermekaar te sit en 'n situasie behoorlik te ontleed. Skryf oor jou gevoelens, skryf waarom jy kwaad is en skryf die oplossings tot die probleem. Om 'n gedig of lied te skryf kan ook wonderlike terapie vir jou gees en gemoed wees.
9. Raak kreatief. Skilder iets, skryf 'n gedig, maak 'n beeld uit klei. Nelson Mandela het gesê: "Woede is 'n tydelike gevoel - jy vergeet dit gou, veral as jy besig is met positiewe aktiwiteite en houdings."
10. Luister na musiek. Onthou jy hoe Dawid vir Saul op die harp gespeel het om hom te kalmeer.
11. Vind die oorsaak van jou woede. So byvoorbeeld kan 'n slegte situasie by die werk jou kwaad maak, maar dan haal jy dit by die huis op jou gesin uit. Dit help immers nie om die mense wie vir jou lief is aan te val wanneer hulle nie die oorsaak van die probleem is nie.
12. Wanneer iemand jou kwaad maak, is dit goed om vir die persoon te vra dat jy daaroor wil praat. Hanteer die gesprek op 'n kalm wyse en verduidelik waaroor jy ongelukkig is sonder om in beskuldigings, hewige argumente en in bitterheid te verval. Probeer oplossing vind eerder as om tot 'n venynige uitbarstings oor te gaan. Matthew Henry het gesê: "Wanneer woede op die troon gaan sit, verlaat redelikheid die vertrek."
13. Vergewe die mense wat teen jou oortree het. Wanneer jy dit doen, heel jy die breuk wat ontstaan het. 'n Geskel en geskree vererger die situasie en verbrokkel verhoudinge verder. Fokus daarop om in vrede en harmonie 'n geskil op te los, sodat mense steeds vir jou respek sal hê.
14. Moenie ou koeie uit die sloot haal nie. Sommige mense sal in hul woede dinge uit die verlede ophaal om die ander persoon by te kom. Moenie dit doen nie. Fokus op die huidige situasie en hoe om dit te hanteer. So byvoorbeeld het James Dobson gesê: "Aanhoudende woede kan 'n huwelik doodmaak, veral wanneer dit spruit uit oënskynlike onreg uit die verlede wat nooit vergewe is nie."
15. Wanneer jy woedend wil reageer op 'n situasie, dink na oor die volgende woord: OORREAKSIE. Miskien kan jy 'n voorval herroep waar iemand teenoor jou oorgereageer het. Miskien jou onderwyser of 'n vriend of jou ouers. Hoe het jy gevoel toe iemand jou met 'n oorreaksie gekwets het. Bedink hoe jy die persoon, wat jou kwaad gemaak het, op 'n beskaafde en ordentlike manier kan benader, sonder dat jy jou selfrespek verloor, maar jy steeds wys dat jy ongelukkig is oor sy optrede en dit onaanvaarbaar is. Kry dus perspektief op saak, kry al die feite en beplan dan hoe jy dit gaan hanteer. Oorreaksie en impulsiewe optrede mag dalk net verdere skade doen en kan jy spyt wees daaroor.
16. Wanneer jy voor 'n situasie of persoon te staan kom en jy weet jy sal dit nie kan hanteer nie, onttrek jou eers. Hierdeur skep jy vir jouself die geleentheid om asem te skep en die saak te deurdink hoe jy dit gaan aanpak. Iemand het by geleentheid gesê: "Moet nooit 'n vuuroond só warm maak dat jy jouself skroei nie."
17. Plaas jouself in 'n ander persoon se skoene. Wanneer jy kwaad is, wil jy nie regtig weet wat die ander mens dink of voel of wat sy motivering is nie. Jou eie woede en emosies is dan prioriteit. Indien jy dit egter wel regkry om jou in die ander mens se plek te stel, verleen dit soms 'n perspektief aan jou wat 'n sekere voorval in 'n ander konteks plaas. Begrip vir 'n situasie / mens kan jou woede laat bedaar.
18. Kyk vir die positiewe in 'n gebeurtenis wat jou ontstel en kwaadmaak. Gewoonlik is die slegte en negatiewe aspekte skreeuend in jou gesig. Wanneer jy egter uitkyk vir die positiewe kan dit nuwe deure en geleenthede vir jou oopmaak.
19. Moenie die ou bekende waarheid vergeet hoe om jou woede in toom te hou nie. Haal asem met diep teue en tel tot by twintig.
20. Gesels met 'n vriend oor iets wat jou kwaad maak of 'n situasie wat jy nie hanteer nie. Kry sy mening en advies op die saak.
21. Terapie kan ook 'n goeie opsie wees. Soms is dit nodig om professionele hulp te kry vir byvoorbeeld depressie of angstigheid.
22. Kom weg uit die situasie. Was jou gesig, dit help om jou te kalmeer. Neem 'n stort indien dit moontlik is. Kom uit jou posisie. Indien jy sit, staan op en stap. Doen iets anders en kom in beweging.
23. Self praat. Praat met jouself in 'n situasie. Jy kan byvoorbeeld sê: "Ek is kwaad vir wat gebeur het, maar ek sal dit kan hanteer. Ek het nie nodig om in woede uit bars nie, want ek is in beheer van myself en die situasie."
24. Dink dink dink. Verander jou gesindheid van impulsiewe reaksie na: ek dink oor die situasie en sal besluit wat my respons sal wees. Jy is nie oorgelewer aan jou onbeteulde instinkte nie, maar jy is 'n denkende mens wat verantwoordelikheid aanvaar vir wat jy dink en hoe jy optree.
25. Bid en vra die Here om jou te help met die hantering van jou woede. Met Hom is jy tot alles instaat.

Iemand het eenkeer gesê: Vir elke minuut van woede, verloor jy 60 sekondes van geluk." Mag die bostaande punte jou help om op 'n sinvolle wyse jou woede onder beheer te kry. Mag jy in die proses jou selfrespek herwin en ook die respek en liefde van ander wen. Jy moet gemotiveerd wees om jou woede onder beheer te kry. Bostaande wenke en riglyne sal nie help indien jy nie in jou hart en siel oortuig is dat jy dit wil en sal doen nie.

Daar is 'n Latynse spreekwoord wat sê: "Hy wat sy woede oorwin, oorwin sy grootste vyand." Mag die jy die genade hiertoe ondervind.

'n Sprankie Sielkunde vir die dag
"Dit maak nie saak in hoe 'n mate iemand jou woede verdien nie - jou ergerlikheid kan daardie persoon nooit soveel skade berokken soos dié negatiewe emosies jóú aandoen nie." - John Wesley -

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 

 
Resepte

BEESSTERT
1 beesstert
1 ui in skywe gesny
1 wortel opgesny
6 kruienaaltjies
Paar peperkorrels
1½ eetlepel meelblom
1 eetlepel margarine
1 lourierblaar
1 blikkie botterbone
Voeg vleis in goeie kastrol en laat lank prut met al die speserye totdat been sag word. Skep oortollige
vet af. Plaas wortels en bone by en laat deurkook.

SAMPIOEN-SOUS
250 g sampioene in klein stukke
Rasper klein ui by
Verhit op stoof met bietjie botter tot sag
Voeg 250 ml vars room by
Kook liggies vir ongeveer 20 mininute
Geur met swartpeper, sout en knoffel na smaak
Verdik indien nodig.

BLATJANGHOENDER
1 koppie blatjang
1 desertlepel bruinsuiker
1 teelepel kerriepoeier
1 eetlepel olie
1eetlepel suurlemoensap
1teelepel gemmer
Meng bestanddele en gooi oor hoenderporsies. Bak totdat hoender gaar is.

SKAAPAFVAL
1 skaapafval, skoon gemaak
1 liter water (4k)
12,5 ml botter of margarien (le)
2 uie, gekap
10 ml kerriepoeier (2t)
5 ml borrie (1t)
5 ml sout (1t)
10 ml suiker (2t)
12,5 ml asyn-opsioneel (le)
mielieblom, aangemaak met 'n bietjie water
Plaas die afval in 'n kastrol, voeg die water by en plaas die deksel op. Laat die vleis opkook en skep
dan die skuim wat bo-op vorm, af. Kook die afval ongeveer 4 tot 6 uur oor lae hitte. Vul die water
aan, indien nodig. Voeg die sout en asyn, asook die uie en aartappels by, en laat dit met die deksel op
315
prut totdat die aartappels gaar is. Skep die oortollige vet af. Verdik die sous met aangemaakte
mielieblom. Kook ongeveer 45 minute lank in 'n drukkastrol. Die gaarmaaktyd van afval hang af van
die ouderdom van die skaap. Kyk liewer gereeld hoe sag die afval al is, ook wanneer dit in die
drukkastrol gaargemaak word, anders kook dit dalk te pap. Smelt die botter of margarien en soteer die
uie daarin totdat dit deurskynend is. Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai dit effens. Voeg die
uie en aartappels by die afval, strooi die sout oor en voeg die suiker by. Roer dit goed deur. Kook dit
totdat die aartappels gaar is. Proe, en voeg nog geurmiddels na smaak, asook die asyn, by. Verdik die
sous met mielieblom (indien nodig).

POTBROOD
375 ml louwarm water
15 ml suiker
30 ml botter
10,5 ml korrelgis
6 x 250 ml meel
10,5 ml sout
Meng water, suiker en gis in bakkie met deksel en maak warm toe. Laat staan tot die mengsel good
skuim. Sif meel, sout saam in 'n groot mengbak. Voeg gismengsel by meel en genoeg louwarm water
by en knie goed. Bedek met 'n bottergesmeerde plastiek. Maak deeg warm toe met kombers. Laat vir 1
uur op warm plek staan om te rys. Wanneer dubbel gerys het, voeg botter by en knie deeglik af. Vorm
'n rondebrood en plaas in gesmeerde swart platboompot. Plaas gesmeerde plastiek bo-op deeg, dan
die deksel. Maak weer warm toe en laat weer vir 1 uur lank rys tot dubbel. Stel intussen die oond op
200. Haal die plastiek af, sit dan gesmeerde deksel op. Bak brood in vooraf verhitte oond vir 1 uur.
Haal uit, plaas op tafeldoek en smeer die hele brood met botter. Maak die brood dan toe en laat vir 'n
ruk toe staam. Wanneer koud sit in plastieksak.

BRUINPOEDING
Mengsel:
1 eier
2 eetlepels olie
½ koppie magarien
1 koppie suiker
5 teelepel sout
1 eetlepel stroop
Meng bestandele goed
1½ koppie meel
1 teelepel gemmer
½ koppie melk voeg 1 teelepel koeksoda en laat staan vir ‘n rukkie
Meng bestandele al die bogenoemde
Vir stroop:
3 koppies kookwater
1 koppie suiker
½ teelepel vanilla / lemoengeursel
Kook vir 5 minute
Voeg mengsel in stroop en bak vir 30 minute teen 180 grade.

HOENDERLEWER PERI-PERI
2 x 250g Hoenderlewers, gewas en skoongemaak
125 ml suurlemoensap of asyn
125 ml olie
10 ml wostersous
2 eetlepels tamatiesous
2 teelepels paprika
½ teelepels droë mosterd
1½ eetlepel peri-peri
2 tot 3 knoffelhuisies
Sout peper en suiker na smaak
Giet oor die hoenderlewermengsel, roer goed deur en laat vir eendag, prut oor lae hitte vir ongeveer 7
minute of totdat die sous lekker dik is. Bedien onmiddellik saam met vars broodrolletjies - as 'n
voorgereg, of saam met rys en 'n mengelslaai as hoofgereg.

HOENDERPASTEI
Genoeg hoender vir gesin
Gemengde groente en sampioene
Ui
Sout en peper
Bestanddele - Kors
1 eier
1 koppie meel
1 t bakpoeier
Sout en peper na smaak
Kruie en speserte
Kook die hoender en ui saam tot hoender sag is. Skep hoender uit die water en laat afkoel. Vlok die
hoender en hou eenkant. Kook nou die groente sommer in die hoender aftreksel. Gooi die meel en
bakpoeier in 'n mengbak. Gooi nou sout, peper en kruie en speserye na smaak in. Maak gaaitjie in
middel en breek die eier daarin. Meng goed en begin om melk stadig by te voeg. Die mengsel moet
slap wees maar nie te loperig nie. Meng die hoender en groente in 'n ander mengbak. Plaas nou die
hoender mengsel in 'n oondbak. Gooi die deeg nou oor die hoender en bak in 'n matige oond tot
mooi bruin.

BESTE VLEIS MARINADE
250 ml Tamatiesous
250 ml Blatjang
50 ml Olie
30 ml Stroop
5 ml Tobasco
5 ml Worcestorsous
5 ml Suurlemoensap
5 ml Sout
5 ml Aromat
5 ml Paprika
5 ml Peper
Meng al die bestanddele saam. Marineer vleis (hoender, sosaties of steak) oornag. Braai vleis en geur
na smaak.

KLUITJIES
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien/botter
1 eier
100 ml melk
Sous
500 ml kookwater
25 ml margarien/botter
kaneelsuiker
Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Klits eier en
melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig. Verhit
water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat
kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie. Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n
diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg
kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.

PYNAPPELBIER
Een pynappel en gooi so 3 liter warm water daaroor.
Versoet na smaak. So word bepaal wat die hoeveelheid suiker gaan wees wat bygevoeg gaan word.
Dan laat 'n mens dit gewoonlik vir sowat 3 dae staan sodat dit nou kan gis. Versnel die proses
gewoonlik deur so 'n halfteelepel kitsgis oor te strooi. Dan is dit sommer binne 'n dag gereed om te
drink. Plaas in yskas om koud te word.

BOBOTIE
500 gram maalvleis
2 snye brood geweek in ½ koppie melk
¼ pakkie fyn spek
1 ui gekap
Handvol rosyne
1 teelepel kerrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 piesang
1 appel in blokkies gesny
½ pakkie sampioensop - droog
1 koekie vleisaftreksel
2 eiers
1 koppie melk
Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk brood in vleismengsel, gooi die res
van die bestandele by. Roer tot rooi van vleis weg is. Skep in gesmeerde bak. Meng eiers met melk
en gooi bo-oor. Bak ± 30 minute tot bruin.

BOEREWORS
5kg beesvleis
1kg varkvleis
1,5kg varkspek
60ml sout
15ml peper
45 ml fyn koljander
15ml fyn naeltjies
318
25 ml fyn piment
7,5ml fyn neutmuskaat
190ml asyn
worsderm
Sny die vleis in blokkies van sowat 2cm x 2cm. Verwyder al die senings en meng die vleis. Sny die
spek in dobbelsteentjies Bedek die tafel of werkoppervlak met plastiek en sprei die vleistukkies daarop
uit. Meng die sout, peper en speserye en strooi dit oor die vleis. Sprinkle die asyn oor. Sit die mengsel
in ‘n vleisskottel en laat dit 10 tot 15min staan. Maal al die vleis en voeg die varkspekblokkies by. Laat
dit nog 30 min staan en stop dan groot, goed skoongemaakte worsderm daarmee. Rooster of braai die
wors oor kole of in ‘n braaipan oor matige hitte.

PEPPERMINTTERT
1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 pak Orley Whip
1½ koppie melk
3 teelepels versiersuiker
1 pakkie kits Karamelpoeding
Soet wyn of sjerrie
Peppermint Crisp
Klits versiersuiker en orley whip goed saam. Klits die poeding en melk ook. Voeg die twee mengsels
bymekaar. Doop beskuitjies in wyn en pak 'n laag in bak. Skep 'n laag van die vulsel bo-oor en rasper
sjokolade oor. Herhaal die lae. Laat in yskas om goed styf te word.

POTBROOD
375 ml louwarm water
15 ml suiker
30 ml botter
10,5 ml korrelgis
6 x 250 ml meel
10,5 ml sout
Meng water, suiker en gis in bakkie met deksel en maak warm toe. Laat staan tot die mengsel goed
skuim. Sif meel, sout saam in 'n groot mengbak. Voeg gismengsel by meel en genoeg louwarm water
by en knie goed. Bedek met 'n bottergesmeerde plastiek. Maak deeg warm toe met kombers. Laat vir 1
uur op warm plek staan om te rys. Wanneer dubbel gerys het, voeg botter by en knie deeglik af. Vorm
'n rondebrood en plaas in gesmeerde swart platboompot. Plaas gesmeerde plastiek bo-op deeg, dan
die deksel. Maak weer warm toe en laat weer vir 1 uur lank rys tot dubbel. Stel intussen die oond op
200°. Haal die plastiek af, sit dan gesmeerde deksel op. Bak brood in vooraf verhitte oond vir 1 uur.
Haal uit, plaas op tafeldoek en smeer die hele brood met botter. Maak die brood dan toe en laat vir 'n
ruk toe staam. Wanneer koud sit in plastieksak.

MELKTERT
Kors:
250 g Margarien
1 Dessertlepel suiker
2 Koppies meel
Sout
Smelt margarien.
Voeg suiker en sout by.
Roer meel in (die deeg moet sag wees om in die tertbakke te smeer - as te sag, voeg nog meel by).
Smeer baie dun in tertbakke. Bak tot ligbruin teen 180°C.

Vulsel:
8 Koppies melk
1¾ Koppies suiker
4 Groot eiers, wit en geel geskei
2 Groot lepels margarine
1½ Koppies Maizena
1 Dessertlepel meelblom
¼ Teelepel bakpoeier
2 Teelepels vanielje geursel
Kaneel
Meng suiker, maizena, meel en eiergele eers met 'n bietjie van die melk. Klits dan die res van die melk
by. Plaas in kastrol en roer met houtlepel. Voeg margarien, vanielje en bakpoeier by. Roer en kook tot
dit dik is. Voeg dan styfgeklitste eierwitte by. Sprinkel met kaneel. (Vulsel genoeg vir 3 terte).

KERRIEHOENDER
1 hoender, gekook en ontbeen
20 ml paprika
1 appel, gerasper
1 ui, gerasper
1 blik (283 g) room van sampioensop
1 blik (283 g) knopies sampioene
250 ml room
25 ml warm kerriepoeier
Sout en peper
Braai ui en appel gaar en voeg kerriepoeier by. Voeg ander bestanddele by en laat stadig kook vir ± 10
minute. Pak hoender in bakskottel en gooi kerriemengsel oor. Bak in oond van 180 °C tot gaar.

MIELIETERT
60 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
40 ml suiker
2 blikke (410 g) geroomde suikermielies
60 ml gesmelte margarien
4 eiers geklits
Voorverhit oond tot 180° C. Smeer 'n oondvaste bak met margarien. Meng al die bestanddele goed en
gooi in bak. Bak vir 1 uur of tot gaar. Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis.

VETKOEK
500 ml lou water
10 ml suiker
10 ml droëgis
250 ml (5 x) meelblom
10 ml sout
25 ml olie
Roer suiker in lou water en gooi gis by. Laat rys tot gis bo dryf. Sif meelblom en sout saam. Voeg olie
by gis, meng met meelblom en knie goed. Laat rys vir 50 minute. Maak op in vetkoeke. Plaas op
oliegesmeerde blad. Sit plastiek oor en laat weer vir 20 min rys. Braai in diep olie.


BOERE BESKUIT:
3 koppies melk
3 koppies suiker
3 eiers
3 eetlepels botter hoogvol (marg)
1 ½ koekie suurdeeg
3 teelepels sout
2,5 kg meelblom
Neem groot glas vrugtefles (canned fruit bottle) ¾ vol lou water. Los suurdeeg daarin op
Kook melk, suiker en botter saam en laat afkoel.
Klits eiers goed en voeg by suurdeegmengsel.
Voeg gekookte mengsel ook by
Voeg meel en sout by
Roer met had tot taamlike slap deeg – moenie knie nie.
Meng deeglik
Laat oornag rys in warm plek(pak komberse bo-op om warm te hou)
Knie volgende oggend af, maak balletjies en sit in panne
Laat staan in panne tot dubbel gerys.
Bak 1 uur 10 min 300° C of 160° C.

MIN MOEITE BESKUIT
7 koppies meel
7 hoogvol teelepels bakpoeier
3 eiers
sout
1 koppie suiker
1 koppie margarine
1 ½ koppie ryk melk
Sif meel, bakpoeier en sout saam
Vryf botter in
Klits eiers en suiker saam
Roer meel om beurt met melk en eier mengsel by
Meng deeglik
Bak 15 min 400° C

MELKPAP
3 eiers
1/2 t sout
1 k koekmeelblom
water
kokende melk
2 stukke kaneel
kaneelsuiker
Klits eiers en sou effens
Voeg koekmeelblom by en meng goed
Voeg water by om stywe deegte vorm
Skep in borde en strooi kaneelsuiker oor.

Skakels/Advertensies

Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.