|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Ek hoop al die intekenare het 'n aangename en rustige Feestydperk beleef
en dat julle almal veilig tuis is en reg is om volywer die nuwe jaar af
te skop..
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Die pasella is 'n resepte eBoek met
koek resepte wat jy kan aflaai. Dan is daar ook 'n 2011 Dagstukkie
almank om af te laai. Die resepte heel onder is 'n versameling van my
Peterjasie se Boek eBoek
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Foto kompetisie - baie dankie! |
Ek het ingeskryf vir Bush
Warriors se Foto Kompetisie en gevra dat julle vir my foto stem as julle
dink dit behoort te wen. Wel, dit is as foto van die maand gekies en dit
net aan julle te danke. Nogmaals baie dankie.
Klik hier om die foto te sien.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die
ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die
minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër!
Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen,
dis 'n stewige R1,050,000,000!!!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
'n Vriendin van my wil van haar
tyddeel punte ontslae raak.
Dit is R30,000 se punte by Holiday Flexi Klub wat sy vir R6000 wil
verkoop (afbetaling kan gereël word)
Die koper betaal die oordragkoste van R800 asook maandelikse Klubfooie
van R309.
Klink vir my na 'n winskoop!
Kontak Nandi by N.Mare@education.mpu.gov.za vir verdere besonderhede.
Ons hrt ook tyddeel punte en dis die beste belegging wat ek ooit gemaak
het.
Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis
an ek kyk die kat uit die boom.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem
aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!
Dit neem 'n rukkie, maar ek het
verlede maand net minder as R500 gekry. Elke bietjie help!
Yes, out of
curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only
joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have
joined immediately after I read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as
Silver), the others are bound to join during November and they are jumping
around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as
well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on
the rear window of my car, do you think it could shake some people out of
their dreams and make them joining us?
Klik
hier vir meer besonderhede
Ons kerkgroep verwerk ou
Kerskaartjies wat ons dan vir die CMR gee om te versprei. As jy dus ou
Kerskaarjies het wat jy aan ons wil skenk,
kontak my vir my posadres.
Baie dankie
Ek stuur elke nou en dan fotos in
na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons
reise geneeem het en al opgelaai het:
http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/
Resepte - Resepte - Resepte |
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te
sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy
aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R50 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag |
Baie dankie
aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie
reeks te gebruik.
Manie van
Rensburg
Manie van Rensburg was een van ons blinkste en voorste rolprent-talente.
Hy het byderwetse rolprente gemaak nadat hy as redigeerder en kameraman
begin het. Hy het met die Afrikaner op lighartige wyse gespot en het in
die proses nog die sensors, nog die publiek aanstoot gegee soos sy
voorgangers. Maar onder sy komedie was daar ‘n ligte angel wat
gesofistikeerde en intelligente rolprentgangers raakgesien het. Sy
eerstefliek as volwaardige regisseur was DIE BANKROWER in 1973, 2 jaar
voor die koms van televisie.
DIE BANKROWER was dan ook die eerste kenwysie van MONITOR. Chris Barnard
en Manie van Rensburg het saam die draaiboek geskryf. Hier was ‘n
plesierig loslit-rolprent in ‘n koel, byderwetse styl. ‘n Nuwe soort
moderne en sexy Afrikaner met lang hare en ‘n snor, (MARIUS WEYERS) vat
die lewe soos hy kom, maar stem nie saam met sy pa se ou metodes nie.
Anton wil sy eie pa se bank beroof en die geld voor die einde van die
naweek verdubbel en terugbetaal. Sandra Prinsloo help hom. Maar ‘n
gemene skurk, Cobus Russouw, kom te hore van die plan en wil die geld
inpalm.
Baie van DIE BANKROWER se tonele het in Johannesburgse strate afgespeel.
Hier sien ‘n mens rare tonele van Jhb voor die verkeer hom verwurg het
en toe die Ponte Gebou nog in wording was en Empireweg ‘n stil straat
was. Anton, Marius Weyers, beplan die volmaakte bankroof en maak vir die
voetse Rieks, Sandra Prinsloo, deel van sy plan.
Daar is hope opwinding in DIE BANKROWER. Manie van Rensburg se tempo was
seepglad, sy styl informeel en sy storie gemaklik en seepglad. Manie
maak vermaak vir die moderne Afrikaner.
Die karakters het soos mense gepraat, sonder die stram dialoog van ander
rolprente. Daar is jaagtogte, ‘n gevaarlike balanseertoneel waar Anton
en Rieks op ‘n waentjie lê wat tussen geboue rondgetrek word en Cobus
Rossouw as Beekman op ‘n hysbak vasgemaak word. Maar uiteindelik kry
Beekman op sy herrie en het Anton se pa kry sy geld terug. Maar dié slag
is Anton in beheer van die bank en belowe die rolprent dat hierdie jong,
viriele Afrikaner die bankindustrie gaan regruk. En toe maak Manie DIE
SQUARE waarin ‘n stoere, regse en konserwatiewe Afrikaner ‘n bulderende
toespraak afsteek oor die morele verval van sy gefolterde volk.
Cobus Russouw speel die rol van ‘n konserwatiewe Afrikaner met ‘n
pragtige vrou, vertolk deur Rika Sennet, vars van die sukses van Snip en
Rissiepit teenoor Rod Alexander. Sy verlaat Hannes Kruger en sy
verkramptheid en bly by Nic de Jager as ‘n sjarmante fotograaf. Cobus
Visser maak sy verskyning as Hannes se handlanger wat komedie heerlik
onderspeel. Hannes word tot voorsitter van Die Nuwe Afrikaner Party
gekies, maar durf nie vir die verkrampte ooms sê dat sy vrou hom verlaat
het nie. Haar foto pryk op al wat plakkaat is in Jhb en Hannes probeer
om dit te verwyder en beland in skreeusnaakse situasies. In ‘n nuutjie
vermom Nic de Jager hom as Dracula in ‘n rolprent waarna ons held en
heldin gaan kyk... dit word voorafgegaan deur S.A. Spieel. Onthou julle
nog hierdie nuusfilm wat elke rolprent voorafgegaan het?
Maar hier is geen Pierre de Wet slapstick of Jamie Uys boertige grappe
nie. Hier, in DIE SQUARE, was die geboorte van ‘n verligte, loslit humor
wat ons nog nie tevore gesien het nie. Uiteindelik kry Hannes weer sy
vrou Anele en probeer haar oortuig om terug te kom, want hy het verander.
Sy glo hom nie.
Hannes maak Anele van voor af die hof, sit ‘n afro-pruik op, wikkel sy
lyf saam met haar en oortuig haar dat hy nie meer ‘n konserwatiewe,
verkrampte square is nie, maar ‘n nuwe Afrikaner gereed vir nuwe
uitdagings. DIE SQUARE. Manie van Rensburg maak ook een van die beste
TV-reekse in S.A. met ‘n jong Ian Roberts en Elize Cawood, VERSPEELDE
LENTE. Daarna volg sy meesterstuk THE FOURTH REICH, ‘n televisiereeks
met Ryno Hattingh, en toe sy laaste rolprent TAXI TO SOWETO met Elize
Cawood voor sy dood in die vroeg jare 90.
Nog ‘n nuwe byderwetse Afrikaanse fliek in 1975, gegrond op Cor Nortje
se SENDING VIR ‘N VOORTVLUGTIGE, is DIE REBEL deur Daan Retief met Will
Roberts as die rebelse RAMMETJIE UITNEK Fritz Dercksen.
Daan Retief staan pa vir DIE REBEL met wilde jaagtogte, eksotiese plekke,
mooi meisies soos Tani de Lange, ‘n politiese gekonkel en woeste aksie.
DIE REBEL wen die Rapport Oscar in 1975 as beste Afrikaanse rolprent. ‘n
Rebelse jong man se ouers sterf in ‘n ongeluk. Fritz wil die moordenaars
straf. Hy swerf Durban toe waar hy ‘n pragtige meisie in ‘n eina-klein
bikini ontmoet, Tani de Lange... Luister na die dialoog wat veel anders
en natuurliker is as bv. Willie van Rensburg se dialoog vir DIE
WILDTEMMER. Fritz red die meisie van verdrinking in DIE REBEL en hulle
maak nader kennis.
Die stemme van Will Roberts en Roelf Jacobs in Daan Retief se
baanbrekers-aksierolprent: DIE REBEL. Fritz beland in die weermag, maar
is kort-kort in die moeilikheid omdat hy nie maklik gesag hanteer nie.
Gou raak hy betrokke by ‘n geheimsinnige informant, Nigel Vermaas as
Sharples, wat vir hom inligting gee en eise stel...
Die REBEL maak ‘n draai in Duitsland waar hy besef dat die S.A.
Veiligheids-polisie hom as lokaas en agent gebruik. Maar Fritz slaag
daarin om lewend anderkant uit te kom. Hy red ‘n Suid-Afrikaanse
wetenskaplike, Professor Verdruten, Richard Daneel van Stadig oor die
Klippe-faam. Daar is vurige en oortuigende aksie-sekwensies voordat dit
uitkom dat Fritz se geheime informant deel van die Veiligheidspolisie
is. En daar staan Fritz se pragtige meisie, Tani de Lange, vir hom en
wag nadat sy avontuur verby is.
Ons draai die horlosie gou terug vir 1946 se GEBOORTEGROND, gemaak in
dieselfde jaar as Die Wildsboutjie, Die Skerpioen en Pinkie se erfenis.
Hier is ons terug in die Pierre de Wet dae met Pierre wat sy lyf
regisseur en akteur hou. Joseph Albrecht het die draaiboek geskryf. Ons
het hier te make met ‘n tipiese outydse verhaal waar die grootstad as
verderflik gesien word en die platteland as ‘n utopia. ‘n Seun, Pierre
de Wet, wat vir sy streng pa, Jan Brill, op die plaas werk, besef hy
word nie na waarde geskat nie. Wanneer die verwaarloosde seun saam met
sy ouers nagmaal toe gaan, lag die mense vir sy verslete klere. Boonop
probeer Jan sy pa oortuig om nuwe boerderymetodes toe te pas, maar dit
veroorsaak stewige konflik.
Arme Jan vertrek Johannesburg toe, kry ‘n goeie werk en raak op ‘n
pragtige kelnerin, Eugene Heyns, verlief. Hulle trou en daar is ‘n baba.
Maar Jan smag, nes sy vroutjie, Bettie, na die vryheid van die plaas.
Jan se ma raak ernstig siek en hy en sy vroutjie vertrek plaas toe. Maar
sy ma is reeds dood. Jan bely hy het ‘n fout gemaak in hierdie
melodramatiese bekentenis aan die einde van GEBOORTEGROND in 1946.
Die boereseun is terug op sy plaas met sy vrou en sy seuntjie. Die
seuntjie dien as katalisator wat pa en seun weer bymekaarbring. Die nooi
gaan die huis versorg, pa gaan nuwe boerderymetodes toepas en die
seuntjie word grootgemaak om ‘n ordentlike jong Afrikanerseun te wees
wat die plaas in die toekoms gaan invat met die kennis van 2 geslagte
Afrikaners uit wie se foute hy kan leer.
Hierdie maand se pasella is 'n
resepte eBoek met koek resepte. Lekker bak en brou!
Regs klik hier om die boek af te
laaai.
Regs klik hier
om 'n 2011 Dagstukkie almanak af te laai.
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik
net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra
die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En
as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook!
Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis
kaartjie.
Uit 'n dagboek - Emily skryf
weer |
|

|
|
Tannie Krista van oom Jaco en
tannie Krista het kom blikke skud en kluppe ini bosgoi om te sien wat
vlieg daaryt, mar yntlik wou ek net lat ma vani leptop wegkom dat ek kan
kom vertel van hoe ek gehol het die vakansie. Ek het yt my nate yt gehol!
Ma se dit lyk of iets jaag my!
Sy het ook begin om my by die hys te los vir klyn rikkies want sy se dis
te warm vir my om ini Lendie te sit terwyl hulle iewers eet, mar eendag
het ek saamgegan na die restoerant en toe het ek stil opi stoel gele
want daar was fyn spykies wat koelte gemaak het. En ek het baie stil
gele toe kry ek 'n stikkie tramosienie. Of so iets.
Mar ek het gehol! As ma hulle gan dyk, dan bly ek by tannie IedieErkie
en tannie Trillie en dan hol ek op daai strand en deerie dyne en ek het
visvinne gevreet en ou kreefdoppe en ek was net mal van malligyt! Ek was
'n paar keer by die see.
En ons was op oupa en ouma se karooplaas en toe hol ek ook amekaar want
daar is die wereld oop en wyd mar ma se sy wili lat ek ini somer soontoe
gan nie oorie slange en skrepijoene mar toe kom 'n skilpat sowaar
angestap na waar ek biekie le en ek skrik eers want hier ini Boland loop
die klippe nie toe blaf ek en my hare staan daar ma se ek kan gel insit
dan lyk ek altyd op standaart en paraat toe kom sy kyk wat gan aan toe
trek die klip sy stappers in! Toe lag ma en se dis 'n skilpat.
Dit was warem die vakansie ma het vir ons die laaste dag lat erkon insit
want sy se mens kan nie sleg werk en sleg slaap en 'n goeie mens wees
nie. Nou moet ek heeltyd hoor van die erkon wat R7 per nag kos. Mar ek
le lekker. As die erkon te kout is kryp ek sommer woeps onir die doewei
in ek sukkil nie nog nie.
Ek kan nog baie vertel mar ma het gese ek moet stukkies hou vir as die
dae borieng raak ook anirs gan mense dink ons lewes is vaal.
Van Emily hont met die spiere van ronthol
Uit:
http://skoor.wordpress.com/
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
Boeremusiek
Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde" |
Neels Ackerman
Gemoedelike Neels. 'n Mens sien Neels net in een bui — 'n goeie
bui — en natuurlik weerspieël dit in sy pragtige musiek! Neels
was ook die heel eerste wenner van die Moderne Afdeling van die
Gilde se Boeremusiekkompetisie toe die Gilde in 1989 gestig is.
Meer nog! Neels is steeds 'n Gildelid en neem ywerig deel aan
byeenkomste.
|
 |
|
|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier.
Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za
of kry my by www.facebook.com/Peterjasie
Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in
Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool
Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders
met hindernisse tot leer. Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis
die hele land vol. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.
Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com.
Seksuele
mishandeling
7d Laan is een
van Suid-Afrika se gewildste televisie sepies. Ons word hier deel van
die lief en leed van die mense wat in 7de Laan, êrens in Johannesburg,
woon . Onlangs het een van die karakters, Christelle, baie vreemd begin
optree. Sy het nagvrese gehad dat iemand haar wil kwaad aandoen-sy het
selfs haar ma aangeval. Sy was verward en onseker van waar werklikheid
en delusies aanmekaar vloei-sy het amper ‘n tweed persoonlikheid
ontwikkel. Die geluid van ‘n ou man wat hoes het haar in ‘n bondel angs
en haat laat verander. Geleidelik het kykers agterkom dat Christelle
besig was om terugflitse te ervaar van die tyd as klein dogtertjie toe
haar oupa haar seksuele gemolesteer het-en dat sy vermoed het dat haar
ma deurentyd bewus was van die vreeslike ding wat met haar gebeur.
Navorsing toon dat slegs 2 uit elke 10 seksuele wandade met kinders ooit
bespeur word. Alhoewel statistiek toon dat die misbruik meestal vanaf ‘n
manlike oortreder teenoor ‘n vroulike slagoffer plaasvind, dit ook waar
is dat seuns baie meer seksueel gemolesteer word as wat ons vermoed.
Kinders sal selde oor die wandade praat omdat hulle te jonk is om dit te
verwoord, bang is vir dreigemente of omdat hulle self skuldig voel.
Ongelukkige is dit ook waar dat kinders die aaklige geheim vir hulle
self hou omdat hulle iemand probeer vertel het, maar dat hulle nie geglo
is nie.
Suid-Afrikaanse wetgewing verplig mediese personeel, sielkundiges,
maatskaplike werkers en onderwysers om enige mishandeling teenoor
kinders te rapporteer as hulle dit enigsinds vermoed. Enige landsburger
wat ‘n vermoede het dat ‘n kind seksueel, emosioneel of fisiese
mishandel word moet dit aan die polisie of maatskaplike werke rapporteer.
Moenie redeneer dat dit tog niks sal help nie; ons moet die geweldenaars
laat weet dat dit verkeerd is en dat die samelewing dit nie sal duld nie.
Die volle waarheid is dat ons nie slegs ons seuns en dogters moet
beskerm en weerbaar maak teen seksuele misdrywe nie, maar dat dit amper
belangriker is om ons seuns te leer en te lei hoe om vroue te respekteer
en hulle eie seksualiteit positief te bestuur. Ons moet hard en baie
praat oor mishandeling, die tekens en die negatiewe impak wat dit het in
die samelewing. Landsburger moet bewus wees van hulle plig om te beskerm,
te rapporteer en deur hulle eie mishandeling te werk. Dit is die enigste
manier hoe die samelewing die geweldadige sirkel kan breek.
Liewe Leser, as jy ‘n slagoffer van seksuele of enige ander mishandeling
was-kry hulp by maatskaplike werk, kerke, FAMSA of ‘n sielkundige.
Moenie toelaat dat die sonde van ander jou potensiaal en vreugde bind
nie.
Daar is hulp vir slagoffers van mishandeling en daar is hoop vir diegene
wat die vernedering deur gemaak het-verander jou toekoms en reik uit na
die hand wat jou wil ophelp.
Alhoewel die lit-teken altyd sal bly, sal die pyn verwater sodat jy vry
van woede en wrokkigheid jou toekoms tegemoet kan stap.
Seënwense van my hart aan joune.
Wanneer dit reën op
Rietfontein
Eugene N Marais
Wanneer dit reën op Rietfontein
en deur die stof 'n straal van groen verskyn...
dan sit oom Gysbert op die stoep alleen
Hy adem sag die geur
gemeng van stof en reën...
Van agter uit die groot kombuis
Kom daar aanhoudend die gesuis
Van kole op die vuurherd aangeblaas
Van pot en pan die klinkende geraas -
Dis net so seker as die boek,
Tant Malie bak nou pannekoek!
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf . Sport fotos onlangs bygelas
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Helena was nou die Saterdag op
RSG se Vat 5 waar sy noem dat sy onder andere skryf ook. Ek kontak haar
toe en sy stuur vir my die onderstaande verhaal, dankie, Helena.
My nadoodse ervaring
Helena Graham
Daardie aand het ek lekker gaan slaap, moeg van die voorbereidings van
alles wat en vir my man en die kinders in die vrieskas moes los, maar
dankbaar dat die doodgewone operasie uiteindelik gedoen gaan word. Amper
elke tweede vrou kry tog die operasie en ek het gedink ek sou na drie
dae tuis wees. Min het ek geweet wat sou gebeur. Niemand in die gesin
was juis bekommerd oor die operasie nie, want Ma sou nie meer so
verskriklik huil en dan weer raas nie. In my tassie was maar net die
gewone paar goedjies, want ek sou tog nie lank in die hospitaal bly nie.
Dit het 13 Januarie 1982 geword en is hospitaal toe met n dankbare hart
omdat alles oor sou wees na vandag. Ek het n gewone histerektomie
ondergaan en die steke wat na die baarmoeder gaan, het losgekom. Langs
my bed het n Nederlandse vrou gesit en my dopgehou. Sy het baie mense in
die 2de Wêreldoorlog sien sterf . Sy het gesien hoe my gesig begin inval
soos n sterwende. Sy het my pols in my nek probeer voel, niks gekry nie,
toe het sy dit in my lies probeer voel en toe sy die lakens aftrek, was
dit net bloed waar jy kyk. Sy het die verpleegsters dadelik geroep en
hulle is met op die bed en al weer teater toe. Die hele gedoente moes
toe skoongemaak word en die steke vervang word. Gelukkig was die
narkotiseur en die ginekoloog nog in die teater en kon dit doen.
Ek het daar in die dak gehang en alles gesien. Hulle het my toe in n
kamer gesit en niemand het ooit vir my man laat weet nie, hoewel ons
telefoonnommer aan my toon gebind was.
Die ginekoloog het net verdwyn en n ander ouer ginekoloog het oorgeneem.
Toe ek sy stem hoor, het ek gevra wie hy is. Sy antwoord was: “Ek is net
iemand wat jou help terugkom van n ver, ver reis. “ Hy het oor en oor my
naam genoem en gevra of ek kan voel dat ek voet, hande, ensovoorts het.
Ek was eintlik jammer om weer terug te kom, want dit was heerlik aan
“die ander kant”.
Terwyl ek “weg’ was, was dit heerlik, heerlik, heerlik. Daar was iemand
by my en in my wat my so lekker styf vasgehou het en die gevoel was
heerlik. Ons het gestap oor sulke voetoorgange soos oor n pad en êrens
was mans met lang swart hande en vingers wat my probeer aftrek het, maar
die “iemand” het my styf vasgehou. Ek het net die begin van die tonnel
gesien ,maar nie geskrik nie. Ek veronderstel in my eenvoud dat dit my
beskermengel was.
Toe my man na werk die aand die kinders versorg het, het hy die eerste
keer kans gehad om my te besoek. Ek was met bed en al weg en die ander
pasiente het gedink ek is dood en vir hom gesê hy moet vir die
verpleegsters vra. Die verpleegsters het weer gesê hy moet die
ginekoloog skakel, maar hy het nie tyd gehad nie. Daar was ook nog nie
selfone nie. Hy het soos n besetene deur die gange gehardloop en na my
gesoek. Uiteindelik het hy verby n kamer verbygekom en iemand gesien wat
baie gelyk het soos my pa toe hy dood is. Ek lyk nogal baie na my pa en
toe sien dis regtig ek.
Hy het daar gesit tot ek hom kon erken, maar hy was te geskok om met my
te praat en ek kon ook nog nie veel praat nie.
Wat vir ons baie snaaks was, is dat daar geen non, Jehova Getuie,
Priester of iemand van ons kerk ons kom besoek het in die hospitaal nie.
Ek het agterna my frustrasie daaroor met ons predikant van destyds
bespreek en hoewel almal daarvan geweet het, het niemand my besoek nie.
Net n paar baie goeie vriendinne het soms by my kom sit, maar ek was ook
maar nie heeltemaal bewus van hulle nie.
Ek en my man kon nie bid nie en ek het soms net sover gekom soos: “Liewe
Jesus” en weer weggeraak. Toe ek uiteindelik dit kon regkry om uit die
Bybel te lees, moes ek maar oopmaak op enige bladsy en lees uit die
destydse Die Blye Boodskap. Elke keer was daar n boodskap vir my. Ek
gaan hulle opnoem.
1. Die heel eerste een was’ Hoeveel is n mens nie meer werd as n skaap
nie?’
2. As ek gaan lê, slaap ek goed. Ek word ook wakker, want Die Here sorg
vir my.
3. Maar Jesus sê vir die vrou: ‘Jou geloof het gered: gaan in vrede.
4. Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig sodat niemand kan
sien dat jy vas nie, want die verborge Vader wat jy nie kan sien nie,
Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.
Net daar het ek die verpleegsters gevra om my hare te was en my man het
vir my n lipstiffie gebring en ek het sommer baie beter gevoel.
En net daar het ek kans op n tweede lewe gekry. God se doel daarmee, is
vir my onbekend, maar dit was n ondervinding wat ek nooit sou wou mis
nie. Miskien sal dit vir elke mens goed wees om so n ondervinding te hê.
Dit is heerlik om dood te gaan. Ek is nogtans bang vir fisiese pyn wat
dalk my dood sal veroorsaak, maar daar sal Hy ook met my wees. Miskien
het ek teruggekom om nog my drie jong kinders groot te maak. Hoe sal ek
nou weet, want God se werke kan ons nie verstaan nie.
Dis nou nog vir my wonderlik om elke dag te leef, blare om te draai en
na die agterkante te kyk, die son op my plante te sien skyn, tuin te
maak, te dig, skilder,te skryf en n volle lewe kan leef. Ek het n
ingeboude sin vir humor en daarsonder beteken die lewe vir my niks.
Al wat ek oorgehou het van die episode, is temporale lob- epilsie, want
die laaste bjietjie bloed bly mos in n mens se brein agter en so het ek
n bietjie skade opgedoen. Ek het egter geen probleme daarmee nie,want ek
neem getrou my medikasie en min mense weet daarvan. Daar bly egter n
stigma aan iets soos enige soort van epilepsie. Mense dink gewoonlik jy
is dom of gaan enige tyd neerslaan met n grand mal episode en die meeste
onkundige mense weet nie hoe om jou te aanvaar nie. Gelukkig is my gesin,
vriende, predikante en almal wat my goed ken, bewus daarvan dat ek niks
makeer nie
Ek het ook soms getwyfel of ek goed genoeg sal wees om hemel toe te gaan,
maar nou weet ek dat die sondigste mens wat aan God glo, hemel toe sal
gaan, want hy het mos klaar vir ons sondes betaal.
Verlede jaar het ek weereens n kans gehad om nog n keer te oorleef. Ek
het Varkgriep in Engeland opgedoen en was baie, baiesiek, maar ek is
weer fiks en gesond. Ek doen elke oggend op my eie yoga, hardloop ons
huis se trappe op en af, dra my eie kruideniersware, mooi gebalanseerd
na albei kante toe. Ek pas my enkels, knië en heupe goed op, want op my
ouderdom moet n mens jou goed oppas. Ek versorg myself goed, dra graag
mooi klere en juwele en leef voluit.
Al hartseer wat ek het, is dat my drie kinders met my kleinkinders oral
oor die wêreld versprei is: Australië, Engeland en Duitsland. Ons is
gedurig met hulle in kontak en het al verskeie kere vir hulle gaan kuier.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
* In die land van die blindes
.... kan jy nie ligte verkoop nie.
* Meng jou met semels .... dan stink jy die volgende oggend
* Slaan twee vlieë ... terwyl hulle naby is.
* Jy kan 'n perd na die water toe bring maar ... hoe?
* Geen nuus is ... onmoontlik.
* Ledigheid is .... die beste manier om te ontspan.
* Waar 'n rokie trek, ... is besoedeling.
'n Koalabeer sit in 'n bloekomboom en rook dagga. 'n Klein akkedissie
loop verby, kyk op en sê, 'Haai Koala! Wat doen jy?' Die koala sê, 'Ek
rook 'n daggazol, klim op en geniet een saam met my.' So klim die
akkedissie toe op en sit langs die koala waar hulle 'n paar trekke maak.
Na 'n ruk sê die akkedissie dat sy mond nou baie droog is en dat hy wil
gaan water drink uit die rivier.
Die akkedissie was egter so gekoring dat hy sy balans verloor en in die
rivier val. 'n Krokodil sien dit en swem toe nader en help hom kant toe.
Toe vra hy die akkedissie, 'Wat op aarde makeer jou?' Die akkedissie
verduidelik aan die krokodil dat hy saam met die koala in 'n boom gesit
enzol rook het, wou kom water drink het en toe sy balans verloor het
omdat hy te onvas op sy pootjies was. Die krokodil sê toe dat hy nog
nooit 'n koala gesien het wat rook nie, en dit wil bekyk. Hy waggel toe
uit die water uiten kom by die boom waar die koala sit en boom rook. Die
krokodil kyk op en sê, 'Haai Jy!' Die koala kyk af, skrik so groot dat
hy amper uit die boom val, en sê: 'Genugtig, hoeveel water het jy
gedrink!?'
Die oliesjeik se seun gaan studeer in Londen. Elke oggend word hy by die
universiteit afgelaai deur 'n chauffeur in 'n Rolls-Royce. Na 'n week of
twee bel hy sy pa en dié vra hom hoe dit gaan. 'Dit gaan goed Waardige
Vader,' sê hy, 'Maar ek voel uit, want die ander studente en die dosente
kom almal hier aan per trein. Ek is die enigste wat deur 'n chauffeur in
'n Rolls afgelewer word.' 'Maar Seun, dit moenie vir jou 'n probleem
wees nie,' antwoord sy pa, 'Hoekom koop jy nie vir jou ook 'n trein nie?'
Uit: Griesel se Grapkas
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
HOENDER EN BABA-UI KERRIE
1.8kg hoenderstukke
1kg piekeluie
25ml matige kerriepoeier
5ml gemaalde komyn
3 lourierblare
3 selderystingels, opgekap
2 x 410g blikke opgekapte tamaties
4 wortels, opgekap
hoenderaftreksel vir kook
handvol vars koljander
Verbruin die hoender aan albei kante in ‘n bietjie olie. Verwyder en plaas
eenkant. Braai die uie en speserye in dieselfde pot. Plaas die hoender terug
in die pot, roer om te meng, en gooi dan die tamaties by. Prut vir 5 minute.
Gooi die groente by en bedek met hoenderaftreksel. Prut, bedek vir 45 minute
– 1 uur. Haal die deksel af en kook vir nog 25 minute, tot die sous verdik.
Geur na smaak met sout en peper en roer die vars koljander by. Bedien warm
saam met gestoomde basmatirys. Lewer 6 porsies.
HOENDER EN BILTONG RYSSLAAI
SLAAISOUS
250ml suurroom
30ml vars lemoensap
gerasperde skil van een lemoen
sout en peper na smaak
3ml fyn komyn
SLAAI
500ml gaar rys
1 avokado, in repies gesny
500g hoenderbors-repies, in botter gebraai
250ml biltong, dun gekerf
6 stingeluie, gekap
handvol vars koljanderblare vir garnering
Meng die slaaisousbestanddele. Klam die rys liggies met die sous aan en skep
die res in ‘n bakkie om apart voor te sit. Skep die rys op ‘n dienbord en
rangskik die res van die bestanddele bo-op. Rond af met koljanderblare.
Lewer 6 porsies.
HOENDERROL MET FETA EN DRAGON
'n Geurige én kleurige gereg wat warm of koud voorgesit kan word.
1 hoender (so 1,5 kg)
1 groot ui, gekap
125 ml wit wyn
kruiesakkie: tiemie, vinkel en dragon
sout en swart peper
15ml botter
15ml vermicelli
15ml sago
1 eiergeel
sap van een suurlemoen
handvol vars dragon, grof gekap
1 rol (400 g) blaardeeg
geel van 1 eier, gemeng met melk
8 dun jong worteltjies, geskraap
6 klein agurkies
1 skyf fetakaas, in repe gesny
Sny hoender in stukke en plaas saam met gekapte ui in 'n swaarboompot. Voeg
wyn by. Bind kruie in 'n moeseliensakkie en plaas by vleis in pot. Kook
stadig tot vleis sag is en maklik van die been afval. Voeg botter,
vermicelli en sago by en roer versigtig om te voorkom dat dit aanbrand.
Verwyder sakkie kruie, haal al die groot bene uit en voeg een eiergeel en
suurlemoensap by. Roer dragon by. Stel oond solank op 180CC. Rol deeg uit en
smeer hoendervulsel dik daaroor. Rangskik worteltjies, agurkies en fetakaas
bo-op. Rol op en smeer deeg met eiergeel en melk. Maak dwarssnitte in die
deeg. Bak 30 minute tot goudbruin. Sny in skywe sodat groente in elke skyf
sigbaar is. Sit warm of koud voor met slaai of roerbraai-groente.
HOENDER-EN BOTTERSKORSIE LASAGNE
LASAGNE
20ml kookolie
1 ui, gekap
4 hoenderborsie, in blokkies gesny
750g botterskorsie, in blokkies gesny
400ml hoenderaftreksel
5ml paprika
5ml gedroogde knoffelpoeier
sout en pepper, na smaak
125g wit lasagne-velle
500ml witsous
250ml cheddarkaas, gerasper
WITSOUS
25ml margarien
25ml koekmeelblom
knippie sout
250ml melk
Voorverhit oond by 180C. Verhit kookolie in ‘n groot pan en braai die uie en
hoender tot goudbruin. Hou eenkant. Kook die botterskorsie en
hoenderaftreksel in dieselfde pan tot gaar en die vloeistof letterlik
weggekook het. Voeg die hoender by die botterskorsie saam met die
geurmiddels. Skep ‘n derde van die hoendermengsel in ‘n gesmeerde oondbak en
pak ‘n laag lasagne-velle op, gevolg deur nog ‘n derde van die
hoendermengsel. Giet die helfte van die witsous oor en pak nog ‘n laag
lasagne op. Skep die orige hoendermengsel en die res van die witsous oor,
sprinkel kaas bo-op en bak 30 minute tot goudbruin.
WITSOUS
Smelt die margarien oor lae hitte in ‘n kastrol. Voeg die koekmeelblom en
sout by en roer baie goed met ‘n houtlepel. Voeg die melk bietjie-bietjie by
en roer aanhoudend tot die sous verdik.
HOENDERKASSEROL MET PIKANTRISSIES (PEPPADEWS)
8 hoenderporsies
sout en varsgemaalde swartpeper
125ml koekmeelblom gegeur met hoenderspeserye
90ml botter
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
150g knopiesampioene, in skywe gesny
1 klein soetrissie, in blokkies gesny
100ml gekapte peppadews
250ml hoenderaftreksel
5ml bruinsuiker
200ml room
20ml pietersielie, fyn gekap
Geur die hoender met sout en peper en rol in die meel. Verhit 60ml botter in
‘n groot pan en braai die hoender tot goudbruin en byna gaar. Hou eenkant.
Verhit die res van die botter en soteer die ui, knoffel, sampioene en
soetrissie ‘n paar minute. Voeg die hoender, peppadews, aftreksel en
pietersielie by. Geur met suiker en prut sowat 20 minute of tot gaar. Roer
room by en verhit oor lae hitte tot verdik. Garneer met pietersielie. Lewer
4 porsies.
HOENDERSLAAI MET GEMMER
6 hoenderborsie filette
250ml wit wyn
250ml hoenderaftreksel
2ml swart peperkorrels
3 lourierblare
bossie gemengde kruie
2 selderystingels, gekap
45ml pietersielie, gekap
GEMMER MAYONNAISE
200ml mayonnaise
200ml suurroom
1 suurlemoenskil, gerasper
30ml suurlemoensap;
10ml heuning
1 stuk gemmerwortel, geskil,gerasper
sout en peper na smaak.
Meng alle mayonnaise bestanddele saam, geur en verkoel. Kook hoender liggies
gaar in wyn en hoenderaftreksel, asook met kruie, peperkorrels en lourier
blare. Sodra gaar, verwyder lourierblare, en sny hoender in stukkies. Meng
hoender met seldery en pietersielie. Meng met gemmer mayonnaise.
HOENDERTAGLIATELLE
250g tagliatelle
bietjie olie
250g sampioene, in skyfies gesny
2.5ml droë gemengde Italiaanse kruie
6 hoenderborsies, ontvel, ontbeen, in blokkies gesny
knippie droë salie
knypie sout en peper
45ml whisky
250ml cheddarkaas, gerasper
30ml parmesaankaas, fyn gerasper
30ml blatjang
250ml room
Kook pasta in borrelende soutwater met bietjie olie daarin tot net gaar.
Dreineer en roer bietjie bietjie olie by, sodat pasta nie aanmekaar vassit
nie. Bedek en hou eenkant. Verhit olie en soteer sampioene vir 3 minute.
Voeg hoenderblokkies by en soteer tot gaar. Voeg kruie, sout en peper by en
soteer nog bietjie. Voeg whisky by en laat kook sodat die alkohol kan
verdamp. Roer kase, blatjang en room by. Voeg pasta by. Roer deur en laat
prut met deksel op tot deurwarm. Sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.
JAMAICA HOENDER-STOWEGEREG
'n Smaaklike manier om hoender op die spyskaart af te wissel..
125ml koekmeelblom
5ml kerriepoeier
5ml droë mosterd
10ml sout
12 hoenderporsies
60ml olie
2 uie, in skywe gesny
1 groot selderystingel, in skyfies gesny
2 hoenderekstrakblokkies, opgelos in
500ml kookwater
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
125ml gedroogte perskes
Meng die meel, kerriepoeier, mosterd en sout saam. Rol die hoender in die
mengsel tot goed bedek. Verhit die olie en braai die hoenderporsies tot
goudbruin. Verwyder, dreineer en hou warm. Braai die uie en seldery in die
oorblywende olie, dreineer oortollige olie en voeg dan die voorbereide
ekstrak by. Voeg die hoender, aartappels en perskes by en prut vir 30
minute.
JASMYNRYS EN FETA KOEKIES
250ml jasmynrys
15ml botter, gesmelt
70ml droë broodkrummels
410g gekapte tamaties
3 sprietuie, fyngekap
125ml melk
6 eiers, geklits
250g fetakaas, gekrummel
250ml cheddarkaas, gerasper
handvol vars basiliekruid, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
3 mediumgrootte tamaties, gesny
Kook of stoom die rys vir sowat 15 minute. Dreineer goed en laat afkoel.
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer muffinpannetjies met ‘n bietjie gesmelte
botter en sprinkel broodkrummels in. Maak seker die broodkrummels bedek die
holtes van die muffinpannetjies. Skud die oortollige broodkrummels uit. Meng
die res van die bestanddele, buiten die vars tamaties. Verdeel die mengsel
in die pannetjies en sit ‘n tamatieskyfie bo-op elke koekie. Bak vir 35-45
minute. Toets met ‘n dun pennetjie of koekies gaar is. Laat effens afkoel in
pannetjies voor jy dit uithaal. Sit warm of koud voor. Lewer 12-14 koekies.
KAAP MALEISE GEELRYSSLAAI
250ml witrys
5ml borrie
1 klein houertjie gewone jogurt
30ml koljandersaad, gerooster
seesout en gemaalde swartpeper
50g geroosterde, gevlokte amandels
50g rosyne
60g vars koljander, grof gekap
Berei die witrys volgens die aanwysings op die pakkie en voeg die borrie by
terwyl dit kook. Laat dit afkoel sodra gaar. Vir die slaaisous, meng die
koljandersaam met die jogurt en geur met sout en peper. Gooi die
slaaibestanddele by die rys en meng goed. Jy kan die slaaisous bo-oor gooi,
of jy kan dit apart bedien. Lewer 6 porsies.
KAAS SAMOESAS
125g bloukaas, gekrummel
150g fetakaas, gekrummel
100g cheddarkass, gerasper
9 velle filodeeg
100ml gekapte okker of pekanneute
80ml gesmelte botter
60ml soet peppadew konfyt
Voorverhit die oond tot 180C en spuit ‘n bakplaat met kleefwerende kossproei.
Meng die verskillende kase liggies saam met die neute in ‘n bak. Smeer 3
filovelle met botter en plaas bo-op mekaar. Sny dit in die breddste in 5
stroke. Skep ‘n opgehoopte eetlepel vol van die kaasmengsel op die punt van
elke strook en skep ongeveer 3ml van die konfyt bo-op. Vou soos samoesas en
smeer die bokant met van die botter. Plaas dit op die voorbereide bakplaat
en bak tot ligbruin. Lewer 5 porsies.
KAAS VARKTJOPS MET OONDGEBRAAIDE BOTTERSKORSIE
6 varklendejtops,
25mm dik en vet afgerand
sout en peper na smaak
Sny ‘n sakkie in elke tjop en vul met vulsel. Steek vas met peuselstokkie en
rooster in verhitte riffelpan of oor kole vir: Medium gaar: 7 tot 10 minute
Goed gaar: 10 tot 12 minute Geur tjops met sout en peper.
VULSEL
20ml botter 1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, gekneus 100g sampioene, gekap
150ml vars broodkrummels 5ml gemengde droë kruie
knippie rooipeper sout en peper na smaak
250ml mozarellakaas (of enige ander kaas), gerasper )
Soteer ui en knoffel in verhitte botter tot deurskynend. Voeg sampioene by
en braai. Verwyder van hitte. Voeg oorblywende bestanddele behalwe kaas by.
Laat vulsel afkoel, voeg kaas by. Lewer 6 porsies.
OONDGEBRAAIDE BOTTERSKORSIE
3kg botterskorsie, geskil en in blokke gesny
vars salieblaartjies
45ml olie
sout
Voorverhit oond tot 190C. Plaas die botterskorsie in ‘n gesmeerde oondpan en
sprinkel kruie oor. Drup olie oor en geur met sout. Bak sowat 20 minute tot
gaar. Dien op saam met die varktjops en gemengde roerbraairys.
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf
hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|